› ... › 05 › jaar-1-les-3.docx  · web viewmaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar...

11
ROODEPARK Mnr. A. Swanepoel Jaar: Prep 1 Afdeling: Houtwerk Les 3: Elektriese Handgereedskap Datum:________________ Belangrike Inligting 1. Wanneer elektriese handgereedskap gebruik word 2. Elektriese Handgereedskap Elektriese Algemene veiligheidsreëls verbonde aan elektriese handgereedskap Die kragkabel moet daagliks nagegaan word vir swak plekke. Terwyl jy werk moet die kragkabel uit die pad van die lem gehou word. Moenie met elektrisiteit werk as die vloere nat is nie. Harde skoene met rubbersole (isolerend) moet gedra word. Bewegende dele en lemme moet weg van liggaamsdele gehou word. Ontkoppel die kragtoevoer as verstellings gedoen word. Hou die masjien stewig vas op die ontwerpte vashouplekke. Gebruik veiligheidstoerusting om beserings te voorkom.

Upload: others

Post on 23-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

ROODEPARK Mnr. A. Swanepoel

Jaar: Prep 1 Afdeling: Houtwerk

Les 3: Elektriese Handgereedskap

Datum:________________

Belangrike Inligting

1. Wanneer elektriese handgereedskap gebruik word

2. Elektriese Handgereedskap

Elektriese Handboormasjien

Algemene veiligheidsreëls verbonde aan elektriese handgereedskap

Die kragkabel moet daagliks nagegaan word vir swak plekke. Terwyl jy werk moet die kragkabel uit die pad van die lem gehou word. Moenie met elektrisiteit werk as die vloere nat is nie. Harde skoene met rubbersole (isolerend) moet gedra word. Bewegende dele en lemme moet weg van liggaamsdele gehou word. Ontkoppel die kragtoevoer as verstellings gedoen word. Hou die masjien stewig vas op die ontwerpte vashouplekke. Gebruik veiligheidstoerusting om beserings te voorkom. Staan gemaklik en goed gebalanseerd as jy die masjien gebruik.

Page 2: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

Gebruike

Boor van gate

Die in- en uitdraai van skroewe

Skuurwerk met ‘n skuurskyf

Veiligheid

Hou die masjien stewig vas met albei hande. Verwyder klembussleutel uit die klembus voordat die masjien aangeskakel

word. Maak seker dat alle toerusting stewig in die klembus vasgeheg is. Klein voorwerpe wat geboor moet word, moet vasgeklem wees. Verlig die druk op die boor net voordat die gat deurbreek.

Gebruike

Om saagmerke van rowwe hout af te skaaf tot ‘n suiwer vlak of kant. Om hout af te skaaf tot die verlangde mate. Om lang, ruwe kante en vlakke reguit te skaaf. Om groot hoeveelhede oortollige hout af te skaaf.

Draagbare Elektriese Handskaaf

Page 3: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

Veiligheid

Dra veiligheidsbrille en die toepaslike oorbeskerming. Maak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen

word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor jy die skaaf indruk by die muurprop. Maak seker die skroewe wat die lemme vashou in die snyblok is stewig vas. Hou hande weg van die bewegende lemme. Maak seker dat geen krammetjies, spykers of skroewe teenwoordig is in die

plank wat geskaaf moet word.

Gebruike

Uitsaag van kurwes Uitsaag van kort reguit snitte

Veiligheid

Hou die kragkoord uit die pad van die lem. Plaas eers die masjien in die saagposisie voordat die kragtoevoer

aangeskakel word. Ontkoppel die kragtoevoer wanneer lemme vervang word Die masjien moet tot stilstand kom voordat dit neergesit mag word.

Draagbare Figuursaag

Page 4: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

Hierdie skuurders word ook die afwerkskuurmasjiene genoem aangesien hulle nie in staat is om baie hout te verwyder nie.

Gebruike

Die finale skuur van oppervlaktes Skuur tussen vernis lae

Veiligheid

Hou die kragkoord weg van die skuurkussing. Hou die masjien vas met albei hande.

Gebruike

Kloofsaagwerk Dwarssaagwerk Skuinssnywerk

Orbitale Skuurmasjien

Elektriese Kragsaag

Page 5: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

Veiligheid

Hou die kragkoord uit die pad van die lem. Plaas eers die masjien in die saagposisie voordat die kragtoevoer

aangeskakel word. Kies die regte tipe lem vir die bepaalde werk. Verstellings moet vas gesluit word voordat werk in aanvang neem. Ontkoppel kragtoevoer wanneer die lem vervang of verstellings gedoen word. Die werk moet stewig vasgesit word. Die masjien moet tot stilstand gekom het voordat dit neergesit word. Gebruik veiligheidsbrille. Hou die masjien stewig met albei hande vas

Gebruike

Lyssnywerk

Rotor

Page 6: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

Groefsnywerk

Veiligheid

Dra ‘n veiligheidsbril Ontkoppel die kragtoevoer wanneer die beitel vervang word Hou die rotor stewig met albei hande vas Maak seker dat die werk stewig vas is voordat ‘n snit begin word Die beitel moet eers tot stilstand kom voordat die masjien neerrgesit word

Leerder Aktiwiteite

1. Benoem die volgende Elektriese Handgereedskap

Gids

Groef

Rotor

Klamp Voorbeeld

Page 7: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

2. Verbind die regte term in kolom A met die regte beskrywing in kolom B. Trek ‘n netjiese lyntjie tussen die ooreenstemmende keuses.

Kolom A

a. Orbitale skuurmasjien

b. Elektriese figuursaag

c. Rotor

d. Elektriese kragsaag

e. Elektriese handskaaf

f. Elektriese handboormasjien

Kolom B

1. Om saagmerke van rowwe hout af te skaaf

tot ‘n suiwer vlak of kant.

2. Uitsaag van kurwes

3. Die in- en uitdraai van skroewe

4. Skuur tussen vernis lae

5. Lyssnywerk van tafelblad

6. Dwarssaagwerk

Page 8: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

3. Noem ses algemene veiligheidsreëls wat nagekom moet word wanneer Elektriese Handgereedskap gebruik word.

.............................................................................................................................................

.............................................................................................................................................

.............................................................................................................................................

.............................................................................................................................................

.............................................................................................................................................

.............................................................................................................................................

.............................................................................................................................................

.............................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

4. Maak ‘n mooi netjiese skets vir elk van die volgende Elektriese Handgereedskap. Een punt vir korrektheid en een punt vir netheid.

4.1 Elektriese Kragsaag

Page 9: › ... › 05 › Jaar-1-Les-3.docx  · Web viewMaak seker die kragtoevoer is ontkoppel voor daar enige verstellings gedoen word aan die lemme. Maak seker die skakelaar is af voor

4.2 Elektriese Handboormasjien