a p r i l 2 0 1 9 aadrat...party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie –...

16
Daar kom tye wanneer ons sien. Daar kom tye wanneer ons raaksien. Skaars drie maande gelede het ons Kersfees gevier. Die Grootste en Kosbaarste geskenk van alle tye word vir ons gegee. Wat gebeur nou? God spoor jou en my aan om jou oog op Jesus te vestig. Wat beteken dit om Jesus te sien? Die naghemel wat oopbars met ‘n Engelekoor “Ere aan God in die hoogste...”. Sien mooi die skaapwagters was nie tevrede met die Engele nie. Hulle wou die Een sien wat die Engele gestuur het. Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien...” (Luk 2:15). Wat van Simeon? Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon hou die Kind in sy arms en prys God: “Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het” (Luk 2:29 en 30). Die Wyse Manne se begeerte was: Hulle wou Jesus sien. Die lig(ster) oor Betlehem was nie goed genoeg vir hulle nie: Hulle wou die Lig oor Betlehem sien. Wat van Johannes die Doper? Johannes sien Jesus na hom toe kom – glo my hy was opgewonde en skreeu – “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem”. Verder sien Johannes die Gees soos ‘n duif. “Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop” (Joh 1:33). Daarna volg die wonderlikste woorde van Jesus aan Andreas en Johannes “Kom saam dan sal julle sien” (Joh 1:39). Mattheus en Saggeus het nie ‘n mooi CV gehad nie; hulle was belastinggaarders wat hulle eie mense bedrieg het. Tog het beide van hulle ‘n honger in hulle harte gehad om Jesus te sien. “Volg My” en Mattheus nooi Jesus om in sy huis te kom eet. Saggeus, die kort mannetjie, klim in ‘n boom met die hoop om Jesus te sien. Glo my, Saggeus se blydskap was vir ewig. Saggeus, klim gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan” (Luk 19:5). Sien jy wat ek sien? “Ete saam met Jesus – is Hy die Eregas aan jou tafel?” Die twee verslae Emmausgangers. Verdiep in hartseer is hulle oë verhinder om hulle Gas wat saam stap te herken. Die uitnodiging: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is verby”. Dié aand daar aan tafel neem Hy brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. Die wonder “ ...toe gaan hulle oë oop en hulle het Hom herken”. Die reaksie “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie”. (Lees Luk 24:13-35). Omdat ons Jesus nie soek nie, kom daar tye wat ons niks sien nie – totaal blind. >> Wapadrant April 2019 Sien jy wat gebeur het? Februarie 2019 aadrat

Upload: others

Post on 23-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

Daar kom tye wanneer ons sien. Daar kom tye

wanneer ons raaksien. Skaars drie maande gelede het

ons Kersfees gevier. Die Grootste en Kosbaarste

geskenk van alle tye word vir ons gegee. Wat gebeur

nou? God spoor jou en my aan om jou oog op Jesus te

vestig. Wat beteken dit om Jesus te sien?

Die naghemel wat oopbars met ‘n Engelekoor

“Ere aan God in die hoogste...”. Sien mooi die

skaapwagters was nie tevrede met die Engele nie.

Hulle wou die Een sien wat die Engele gestuur het.

“Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien...” (Luk

2:15).

Wat van Simeon? Party mense wil nie sterf

voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou

nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien

het nie. Simeon hou die Kind in sy arms en prys God:

“Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het” (Luk

2:29 en 30).

Die Wyse Manne se begeerte was: Hulle wou

Jesus sien. Die lig(ster) oor Betlehem was nie goed

genoeg vir hulle nie: Hulle wou die Lig oor Betlehem sien.

Wat van Johannes die Doper? Johannes sien

Jesus na hom toe kom – glo my hy was opgewonde en

skreeu – “Daar is die Lam van God wat die sonde van

die wêreld wegneem”. Verder sien Johannes die Gees

soos ‘n duif. “Die Een op wie jy die Gees sien kom en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop” (Joh

1:33). Daarna volg die wonderlikste woorde van Jesus

aan Andreas en Johannes “Kom saam dan sal julle sien” (Joh 1:39).

Mattheus en Saggeus het nie ‘n mooi CV gehad

nie; hulle was belastinggaarders wat hulle eie mense

bedrieg het. Tog het beide van hulle ‘n honger in hulle

harte gehad om Jesus te sien. “Volg My” en Mattheus

nooi Jesus om in sy huis te kom eet. Saggeus, die kort

mannetjie, klim in ‘n boom met die hoop om Jesus te

sien. Glo my, Saggeus se blydskap was vir ewig.

“Saggeus, klim gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan” (Luk 19:5). Sien jy wat ek sien? “Ete saam met Jesus – is Hy die Eregas aan jou tafel?”

Die twee verslae Emmausgangers. Verdiep in

hartseer is hulle oë verhinder om hulle Gas wat saam

stap te herken. Die uitnodiging: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is verby”. Dié aand daar aan

tafel neem Hy brood, vra die seën, breek dit en gee dit

vir hulle. Die wonder “ ...toe gaan hulle oë oop en hulle het Hom herken”. Die reaksie “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie”. (Lees Luk 24:13-35).

Omdat ons Jesus nie soek nie, kom daar tye wat ons

niks sien nie – totaal blind. >>

W a p a d r a n t

A p r i l 2 0 1 9

Sien jy wat gebeur het?

Februarie 2019

�aa�d��ra�t

Page 2: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

2

Mense soos Koning Herodes soek en wil die dood van die Kind sien.

Die godsdienstige leiers van daardie tyd het die grootste Wonderteken by hulle gehad. Hulle was blind en

het Hom verag. Planne beraam om van Hom ontslae te raak. Hulle het net hulself gesien.

Die ryk jong man: “Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die Ewige Lewe te verkry?” (Matt 19:16).

Hy sien nie eens Jesus raak nie – dit gaan net om homself. Sê net vir my hoe ek gered kan word en ek sal jou

nie verder pla nie. Sien jy die verskil raak:

Die ryk jong man wou medisyne hê en die ander wou die Geneesheer hê.

Die jong man soek ‘n antwoord op sy vraag – die ander wil die Leermeester hê.

Die jong man was haastig – die ander wou die Verlosser hê; Hulle wou Jesus sien.

Die vraag is: Waag jy enigiets om Jesus te sien? Hy is nakend, bebloed aan die Kruis gespyker. Daar was ‘n ete.

Eenvoudig van aansien maar oordadig in omvang en betekenis. Die brood en wyn. Jesus se geskenk het uit die

marteldood opgestaan as Oorwinnaar oor sonde en dood – daarom is Paasfees nie sinoniem met geswoeg en

gewroeg nie – dit is die goeie tyding van groot blydskap.

Is dit nie eienaardig dat die groei van ‘n nuwe lewe plaasvind by die Kruis nie? Dáár gebeur redding en vind ons God

se liefde “.... die wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê”. Sien jy dit ook? Die bittere

vrug van ons sonde word deur Jesus aan die Kruis gepluk. Hy kry die vergelding wat ons verdien het. Hy maai wat ek

en jy gesaai het. Dít noem ons genade.

Mag ek en jy ons oë vestig op wat in Hebreërs geskrywe staan: “ ... die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skaamte daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God” (Heb

12:2).

Paasfees; ‘n Vreugdefees; ‘n Oorwinningsfees.

Mag daar ‘n brandende begeerte wees vir jou en my om Jesus te kan sien.

Alwyn Röhrs

084 [email protected]

12 Maart 2019 †

WAPADRANT BIED AAN:

Rian SwiegersSaterdag 18 Mei 2019

17:00 - 18:00

R30 ppOns ontmoet 16:00 by die amfi

en kuier saam oor sop, sjerrie

en vetkoek.

ALMAL WELKOMRSVP Anri Kemp

Teen 14 MEI 2019Selfoon: 083 256 1508

Page 3: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

3

TOERUSTINGSGELEENTHEIDDit is reeds in die Gemeente bekend dat die Kerkraad

besluit het dat jonger kinders, reeds voor die aflegging

van die “tradisionele geloofsbelydenis”,toegelaat kan

word om nagmaal te gebruik.

Daar is wel sekere vereistes wat nagekom moet word

aleer toelating goedgekeur word:

1. Ouerbetrokkenheid by die geloofspad van die kind

of kinders.

2. Spesifieke toerus van die ouers wanneer hulle van

mening is dat hul kind/ers gereed is vir toelating.

3. Die ouers doen namens die kind/ers aansoek vir

toelating.

4. ‘n Geloofsgesprek vind dan plaas tussen die ouers,

hul kind/ers, ‘n predikant en ‘n ouderling.

(“geloofsbelydenis in die kleine”)

5. Terugrapportering en aanbeveling aan die Kerkraad.

6. Toelating van die kinders.

7. Eerste nagmaalviering vir die kinders saam met hul

ouers en die gemeente.

Graag vestig ons u aandag daarop dat hierdie proses vir

toelating nie langs die weg van jeugkleingroepe gebeur nie, alhoewel die lesmateriaal aangepas is om meer

aandag aan die verstaan van die nagmaal by die kinders

tuis te bring. Hierdie proses is veral afhanklik van ouers

se uitvoering van die doopbelofte om met hul kinders

oor die Here te praat.

Ons beklemtoon weer die die belangrikheid van

ouerbetrokkenheid in die geloofspad van hul kinders. In

die boek “Skokkend Positief” word duidelik uitgewys dat

die belangrikste persone ten opsigte van geloofsgroei by

kinders eerstens die ma (81%), dan die pa (66%) en

derdens die predikant (44%) is.

TOERUSTING VIR OUERS : 14 APRIL 2019

Die eerste toerustingsgeleentheid vind plaas op Sondag

14 April 2019 tussen die oggenderedienste. Meer

inligting sal in die GPS verskyn.

WIE MOET BYWOON?

1. Alle ouers wat meen dat hul kinders reeds ryp is

om toegelaat te word tot die viering van die

nagmaal.

2. Alle ouers is welkom met die oog daarop om hulself

toe te rus om beter en makliker met hul kinders

oor die Here te praat en sodoende beter betrokke

te wees by hul geloofspaaie.3. Oupas en oumas, veral die wat soms smiddae na hul

kleinkinders omsien. Jul rolle in die ontwikkeling van

hul geloofslewens mag nooit onderskat word nie!

4. Enige ander belangstellendes.

André van Niekerk

JEUGBEDIENING †

Ouers, kinders en Nagmaal

Page 4: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

4

Gebedsbediening

BEROEPE ONTVANGDr De W Saaiman (De Wet) van Krugersdorp na Rietvallei as medeleraar

BEROEPE AANVAARDs DFC Kruger (Dirk) van Zeerust na VaalparkDr PJ Venter (Petrus) van Pretoria na Postmasburg

BEROEPE BEDANKDs GP Meijer (Gerben) van Vryburg/Schweizer Reneke na Hendrina/Carolina-kombinasie

Beroepenuus

VISIE:

Om ‘n biddende gemeente te wees (van baba tot

oupa) tot eer en verheerliking van God en Sy

Koninkryk.

MISSIE:

Om ‘n gemeente te wees waar gebed die sleutel

tot die hemel is. Om gelowig te bid, want geloof

sluit die deur oop. Geloof ontvang ons deur te

luister na God se woord. Geloof is om God se

beloftes te ken en om daarop staat te maak. Om

God se wil te bid. Om na God te luister. Om in

Die Naam van Jesus Christus, ons Verlosser te bid

en dan te bevestig dat dit waar en seker is met

‘Amen’.

AKSIESTAPPE GELOWIG TE BID:

Vind God se beloftes in Sy Woord en bid dit

GPS – bied aan weeklikse gebedspadaanwysing:

Voorbidding vir predikante, leiers en dienste

Voorbidding vir siekes – name met telefoonnommers in GPS

Dankbaarheidsgebede vir huwelike, geboortes, mylpale

Weeklikse gebedsprikkel om deur gesprekke na mekaar te luister en vir mekaar te bid.

Gebeds-Whatsappgroep: word deel deur naam en nommers te SMS na 0825703025.

KLEINGROEPE – bid vir mekaar en die wêreld

GESINNE – leef, dien mekaar tot eer van God

BIDUURGELEENTHEDE: HOU GPS DOP – EERSTE GELEENTHEID 7 MEI

UITNODIGING:

Kom almal! Kom pak hierdie gebedsreis saam met ons aan. Orals waar jy is, of jy vir die bus wag, in die bus is en of

jy afklim. Oral is jou geleentheid om te bid en te luister na God se stem. Ja, die pad is vol uitdagings! MAAR

onthou, God is aan die stuur! Hy weet wat Hy vir jou beplan en waarheen jy op pad is. Kom wees 100% deel van die

reis.

ONS IS SAAM OP GOD SE PAD.

Magda Prinsloo

Gebedsbediening †

Page 5: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

5

Opsomming:

toegeskryf word aan inbetalings wat spesifiek geoormerk is vir die Basaar wat op 02 Maart 2019 gehou is.

skenkings vir 2019 is R 108 459 minder in vergelyking met dieselfde maande as in 2018. Die uitgawes vir

dieselfde vergelykende tydperk is egter R 191 987 minder.

Tot en met einde Februarie 2019

Finansiële sake van die gemeente

Dankoffer-inligting

MaandAantal

potensiële *bydraepunte

Aantal punte wat geenbeloofde bydrae

gemaak het nie

Aantal punte wat beloof het maar

geen bydrae maak nie

Aantal puntewat

agterstallig is

Getroue bydraers

Des 2018*1 133

**(1 704 )

348

30,71%

53

4,68%

159

14,03%

573

50,58%

Jan 2019*1 130

**(1 693)

393

34.78%

189

16,73%

23

2,03%

525

46,46%

Feb 2019*1 129

**( 1 685)

392

34,72%

126

11.16%

87

7.71%

524

43,41% >>

Page 6: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

6

Maniere van afdra van Dankoffer

Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank.

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE

BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen ‘n

elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm

http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html

Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:

Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling

Gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies

* Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt

Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt

Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

** Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Potchefstroom (Gaan kyk na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir volledig inligting oor Ramings.)

Hou asseblief in gedagte dat die gemeente verplig is om R90 (nuutste syfer) per maand per belydende lidmaat oor te betaal aan die Administratiewe Buro te Potchefstroom, selfs al kry ons geen dankoffer vanaf

’n betrokke lidmaat nie. Daarom maak ons staat op elke lidmaat se dankoffer.

oorbetaling doen nie, beteken dit die gemeente “borg” die R90 namens lidmaat.

Moet asseblief nie die R90 in die liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes gaan nie vir dieselfde

doel nie. (Maak gebruik van dankoffervorm)

Page 7: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

7

gÜtÇáÉÜtÇ}x \Çáà|àââà ä|Ü Uâ|àxÇzxãÉÇx bÇwxÜãçágÜtÇáÉÜtÇ}x \Çáà|àââà ä|Ü Uâ|àxÇzxãÉÇx bÇwxÜãçágÜtÇáÉÜtÇ}x \Çáà|àââà ä|Ü Uâ|àxÇzxãÉÇx bÇwxÜãçágÜtÇáÉÜtÇ}x \Çáà|àââà ä|Ü Uâ|àxÇzxãÉÇx bÇwxÜãçá

Posbus 13383 Hatfield 0028 T: 012 362 0660 E: [email protected] W: www.toibo.org.za

Duxburyweg 174 (ingang 186) HILLCREST 0083

Geagte meneer/mevrou

Die sosio-ekonomiese omstandighede van baie ouers versleg by die dag. Talle ouers is werkloos. Daar is tans 760 kinders in die vyf

Instituutskole wat op een of ander manier hulp ontvang.

As een van ons belangrikste vennote het u gedurende 2018 ‘n VERSKIL in baie kinders se lewens gemaak deur ons finansieel te

ondersteun of ‘n skenking te maak van nie-bederfbare voedsel, klerasie, toiletware en skryfbehoeftes.

Dankie dat ek elke jaar kan vra vir u ondersteuning

aan ons minderbevoorregte kinders.

Vriendelike groete

TÜ|ÇtTÜ|ÇtTÜ|ÇtTÜ|ÇtARINA JOOSTEUITVOERENDE BEAMPTE

Solidariteit Helpende Hand

het vanjaar 35 skooltassies

vir minderbevoorregte graad

eentjies voorsien.

Die Help Hetta-projek

voorsien kwartaalliks 92

dogters van sanitêre ware.

Saam maak ons ‘n verskil ‘n Graad 11 seun van Transvalia-skool is erg ADHD.

Hy is in sy ouma se sorg agv sy huislike omstan-

dighede. Hy doen egter baie goed in atletiek en

dan meer spesifiek landloop waar hy saam met

hoofstroomskole deelneem en uiters goed

presteer. Hy het ook reeds sy Gauteng Noord

kleure verwerf.

Ouma het egter nie die fondse om vir hom

hardloopskoene en -klere te koop nie.

Met fondse wat TOIBO van die susterverenigings

ontvang het, is sy skoene en klere aangekoop.

Sy skoene moet egter elke 8 maande vervang

word omdat hy daagliks tussen 5 en 7 km aflê en

gereeld aan wedlope deelneem.

Transoranje Instituut

ABSA

Rekeningnommer:

020 840 145

Takkode: 632 005

2019 - Hoe kan u ons ondersteun?

Projek Volmagie – Nie-bederfbare voedsel.

Projek Warmlyfie – Truie en baadjies.

Projek Waardigheid – Toiletware en skryfbe-hoeftes.

Projek Prinses – Borgskap vir 5 matriekdogters se matriekafskeid.

Projek Skoolskoen – Finansiële ondersteuning.

2018

Meer as 200 kinders ont-vang nuwe skoolskoene.

Warm truie en baadjies is aan kinders voorsien om die Winterkoue weg te hou.

Twee dogters se matriek-afskeid word geborg.

Skole se voedselskemas word ondersteun met skenkings van nie-bederf-bare voedsel.

Toiletware word voorsien aan koshuis-inwoners.

Ander borge:

Page 8: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

8

Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap ontvang van:CJ en Adele Pieterse (Smith)Van NG Oosterlig: Cornelis Hendrik en Dorietha Vermooten (Pistorius) en dooplidmate Zanelle, Ferdinand Cornelis en MarghiteVan NG Debruinpark: Gerhard en Carike van der Merwe (van Eeden) en dooplidmate Karli en Lucas StreicherVan NG Raslouw: Cornelia Johanna Elizabeth Cronje (Mouton)Van NG Valleisig: Anna Susanna Keyser (Smith)Van NH Rooihuiskraal: Cornelis Johannes van SchalkwykVan NG Rooihuiskraal: Anél van Schalkwyk (Mammoszer)Van NG Kareedouw: Helena Catharina Kruger-Roux en dooplidmaat Sebastiaan RouxVan GK Keetmanshoop: Ruhan Christian BreytenbachVan GK Brooklyn: Nadia Breytenbach (Erasmus) en dooplidmate Nicolaas Lourens en RenéVan GK Centurion: Francois Bernardus de JagerVan NG Klerksdorp-Doringkruin: Tertius OelofseVan GK Klerksdorp: Wiida Oelofse (Lion-Cachet)Van NH Sionspoort: Jan Frederik PotgieterVan GK Krugersdorp: Stienemarié Bonsma PotgieterVan: GK Meyerspark: Christiaan Dawid en Elizabeth Klopper (Buchner) en dooplidmaat DawidVan NG Florauna: Joyce Phillis West (Pretorius)Van APK Pretoria-Oos: Theunis Johannes en Maryna van Tonder (du Preez)Van NG Kloofendal: Hermann Charl PostVan NG Tygerpoort: Simoné LourensVan NG Moreletapark: Michiel Frederick en Chanell Coetzer (Viljoen)Van GK Krokodilrivier: Johannes Gerhardus en Iané Maritz (Venter)

Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra van:Dirk Jacobus en Maggie Ackerman (Dansfuzz) en dooplidmate Leie Magdalena en EmmaErasmus Johannes SmitCornélea Dreyer (Hartman)Ronald en Stephne Christine van Lochem (Viljoen/Möller) en dooplidmaat Lerissa MöllerEstelle Gouws (Erasmus) en dooplidmate Roelof Daniël, Carlien en Gerbrandt NicolaasJohannes Sybrandt en Anna Susanna Franscina Steyn (Gouws) en dooplidmate Elsje en WillemEllen Pienaar (Briel).Wynand Lourens en Charné Badenhorst (Duncan) en dooplidmate Ruben Lourens en Lelani TalitaMarjorie KatzkeNicolaas Filippus en Ronell van Wyk en dooplidmate Ané, Carlie en Bea.Wllem Jan Pienaar en dooplidmaat Dillan.Jan van Tonder, Sunet, Jander en Heléne le Roux (van der Merwe)Cornelius Martinus SnymanJohan Andries RautenbachFrancois Gerhard en Aletta Petronella Wilhelmina Henning (van Straten) en dooplidmate Gérhardt en CarliseNa GK Hermanus: Jakobus Johannes en Johanna Maria Wessels (Auret)Na GK Hermanus: Valerie Magaret Cornberg (Scholtz)Na GK Alkantrant: Mathys Phillipus Vermeulen

Attestate

Page 9: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

9

Gereformeerde Kerk Wapadrant,

Graag wil ek die volgende versoek aan jul rig.

Ons kinders het vanoggend gevra vir beskuit en koekies op die gange om saans voor slaaptyd saam met ‘n

tee’tjie te geniet. Ons druk so baie op jul knoppies, maar ek wil tog vra of jul ons hiermee sal kan help.

Hierdie is inderdaad ‘n heerlike lekkerny vir die kinders.

Kontak my gerus vir enige navrae.

Met Dank

Marlene Spies BEMARKING/ FUNDRAISING PRESIDENT KRUGER KINDERHUISE/ CHILDREN’S HOMES [T] 012 332 1366/7

[E] [email protected]

www.krugerkinderhuisafr.co.za

Dis die diep water wat ons leer swem.

Dis die opdraandes wat ons fiks maak.

Dis die vashou wat ons sterk maak!

Dis die uithou wat ons wenners maak.

Dis ons geloof in die Magtige GOD wat

alles die moeite werd maak.

Verbly julle in die hoop; staan vas

in verdrukking; volhard in gebed. (Rom. 12:12)

Page 10: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

10

Wapadrant Gesinne‘n Ruk terug sien ek ‘n vriendin wat ‘n klomp foto’s op Facebook plaas; daar

is foto’s van die sussies saam, ma’s met hulle kinders, gesinne ens. Die titel

van die foto-album is “Familie is alles”. In drie woorde omvat dit alles oor

familie: familie is alles. Dis daai gom wat mense aanmekaar hou in goeie en

slegte tye.

Elkeen van ons is deel van ‘n familie, van ons familielede mag ver van ons

wees en ons kan min kontak met hulle hê, maar ons wortels bly as een. So

ook is elke Christen deel van die Christen-familie.

Die gesinnebediening gaan oor dáárdie samesyn tussen familielede. Ons

beoog hierdie jaar om lekker kuiergeleenthede te skep waar mense mekaar

leer ken, mekaar op voornaamterme groet as hulle mekaar in winkels sien

en selfs mekaar in nood te help.

Ons gaan die funskies so skep dat daar iets is om die kleuter- en laerskool-

kinders besig te hou sodat die grootmense kan kuier en die samesyn kan

ervaar. Ons weet hoe besig mense se lewens tans is, daarom gaan ons mik vir slegs drie funksies die jaar, waarvan een ‘n buitelug-fliekaand wees waarna ons verskriklik uitsien.

Dus nooi ons jou en jou gesin uit: kom geniet die funksies en maak jouself tuis in jou Christenfamilie! En kom ons

leef die woorde uit “Familie is alles”!

Pieter van der Walt

Gesinnebediening †

Die Musiekspan van

Wapadrant nooi alle

musikante om deel te word

van die kontemporêre

erediens en Straatkafee.

Oudisies sal gedoen word op

DONDERDAG 18 April. Skakel

vir Anneke Glas by

0834822750 om ‘n tyd

te bevestig.

Page 11: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

11

Van die kerkraad se tafel Die Kerkraad (KR) het weer ‘n vergadering gehou op Woensdag 6 Maart 2019. Hier volg kortliks terugvoer van

bogenoemde vergadering aan die lidmate:

Sake wat die Kerkraad (KR) hanteer het waaroor daar nou gekommunikeer kan word.

1. FINANSIËLE SAKE

a. Begroting 2019

regstellings wat gemaak moes word aan die begroting wat einde 2018 voorgelê is. Die KR het dit so

is en wat wissel tussen 3% en 9 %. (Hoogste besoldigde op 3% tot en met die laagste besoldigde op 9%). Wat

hierby in berekening gebring moet word, is dat die personeel in 2018 geen salarisverhogings gekry het nie.

b. Ouditeure aangewys vir die 2018-boekjaar

Die “Kreston” Ouditeursfirma is aangewys as die ouditeure wat die gemeente se 2018 finansiële state sal oudit.

c) Hersiening van die Finansiële Beleidsdokumente

Die FWG moes intussen die gemeente se Finansiële Beleidsdokumente hersien nav die herstrukturering en die

aanvaarding van die nuwe bedieningsplan in 2018. Die KR het hierdie gewysigde beleid ook goedgekeur by die

vergadering.

2. VORDERING MET DIE SAAK OOR DIE TOELATINGSVEREISTES VAN DOOPLIDMATE TYDENS NAGMAAL

Die betrokke werkgroep het verdere voorleggings gemaak oor die implementering van hierdie proses wat einde

2018 goedgekeur is. Die volgende 6 stappe is voorgelê en goedgekeur:

a. Ouerbetrokkenheid by die geloofspad van die kind.

b. Spesifieke toerusting van die ouers wanneer hulle van mening is dat hul kind gereed is vir toelating tot die

nagmaal. (Die eerste datum hiervoor is geskeduleer vir So. 14 Apr. 2019.)

c. Aansoek deur die ouers namens hul kind gerig aan die Kerkraad.

d. Geloofgesprek met die ouers en die kind deur ‘n Predikant en Ouderling.

e. Terugrapportering en aanbeveling aan die Kerkraad.

f. Toelating van die kind.

3. NOMINASIE VAN OUDERLINGE EN DIAKENS / TER APPROBASIE

Daar word nog heelwat nuwe Ouderlinge en Diakens benodig om effektief die betrokke ampte in die gemeente te

laat funksioneer. Die KR is voordurend besig om nominasies te ontvang en lidmate te roep tot die onderskeie

enige besware sou wees), sal binnekort weer plaasvind sodra al die genomineerdes hulle korrespondensie hieroor

kan dit aan die kerkkantoor gestuur word vir oorweging by ‘n volgende vergadering. †

Hoop Geloof Liefde

Page 12: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

12

Moreleta Plaza

Rekenaarherstelwerk Virusverwydering

Rekenaarverkope Rugsteunoplossing

UitroepdiensteNetwerke

Vir die jongspan

Help die herder om sy verlore skaap te vind

Page 13: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

13

Vanjaar vind Wapadrant se gemeentekamp plaas van 11 – 13 OKTOBER 2019. Hierdie heerlike gebeurtenis vind

plaas by Thaba Morula net anderkant Brits. Die volgende is beskikbaar:

1. 3 x chalet-tente beskikbaar (R750 per nag vir 4 persone; ten volle toegerus).

2. 50 karavaan-/tentstaanplekke (R480 per karavaan of tent per nag (voor afslag vir groepbespreking). Maksimum 5

persone en 1 voertuig per staanplek). Addisionele voertuie R20 per nag

Addisionele persoon vir kampering/tent – R70 per nag

Aktiwiteite beskikbaar:

Wildbesigtigingsrit, Begeleide 4 x 4, Jacuzzi, Putt-Putt, Tafeltennis, Pool, Veerpyltjies, Fietse, Swembaddens,

Springmat, Jungle Gym, Kleilat by die kleidam, Bos Supertube

Deposito betaalbaar? Nee, nader aan die tyd kan betalings gedoen word. Hoe groter die groep hoe groter die afslag.

Besprekings kan nou reeds gedoen word by die kerkkantoor by 012 991 1395 / [email protected]

Wapadrant Gemeentekamp

Page 14: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

14

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 230031 MAART – 6 APRIL 2019

Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Henriëtte

Coetzer: 076 309 5855 / 012 997 5036;

7-13 APRIL 2019Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez:

(Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do):

082 900 1816 / 012 997 2678;

14-20 APRIL 2019Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Henriëtte

Coetzer: 076 309 5855 / 012 997 5036;

21-27 APRIL 2019Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez:

(Wo) 082 332 0802/012 482 2548; Bernard Tollig (Do):

082 900 1816 / 012 997 2678;

28 APRIL – 4 MEI 2019Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Henriëtte

Coetzer: 076 309 5855 / 012 997 5036;

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Henrikus Verhoef: 082 558 4450 / 012 993 0919

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Vakant

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 810031 MAART – 6 APRIL 2019

Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719;

Suzette Schoeman (Woe & Do): 076 452 3371;

Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; An-

marie Steyn: 082 562 2839);

Annemarie Bekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma)

7-13 APRIL 2019Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens);

Annemarie Bekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);

Anmarie Steyn: 082 562 2839; Elsabé Kruger (Di): 076

313 6390;

14-20 APRIL 2019Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Cora

Vorster: 012 361 6727; Aly van Hoven: 012 807 1856 /

072 275 9134; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698; Anmarie

Steyn: 082 562 2839); Annemarie Bekker: 348 0921 / 083

527 4350 (Ma)

21-27 APRIL 2019Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719;

Suzette Schoeman (Woe & Do): 076 452 3371;

Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; An-

marie Steyn: 082 562 2839);

Annemarie Bekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma)

28 APRIL – 4 MEI 2019Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens);

Annemarie Bekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);

Anmarie Steyn: 082 562 2839; Elsabé Kruger (Di): 076

313 6390; )

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465 (Oos van N1);

Rassie Smit 082 877 1482 (Wes van N1)

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAALRassie Smit: 082 877 1482; Ben Nel: 335-2411 (W) / 083

466 1264 & Miemie Mennen;

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIERassie Smit: 082 877 1482; André Sandilands: 081 205

8669 / 071 302 4593;

KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Vorster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498;

Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378

INTERCARE SUB-ACUTE HOSPITAL HAZELDEAN: TEL: 012 880 0700 Adri Gertenbach: 076 201 4412

BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616:Jan de Beer: 083 286 3960

Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel indien

jy hospitaal toe gaan vir enige operasie of mediese

prosedure by [email protected] of (012) 991

5623

Chrisante Hospitaalbediening

Page 15: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

15

By TOPIA is ons passievol oor die opleiding van kerkleiers

en wil ons ook ander inspireer om kerkleiers op te lei.

Deur God se genade is ons baie dankbaar dat TOPIA

vanjaar DV vyftien jaar oud word. In die volgende paar

weke wil ons opnuut kyk na wie en wat die TOPIA

bediening is. In hierdie beriggie kyk ons hoe TOPIA ons

ROEPING verwoord.

Vir ons as kerke staan God Drie–enig se eer en die uitbou

van God se koninkryk in Afrika voorop. Een van die groot

leemtes van die kerke in Afrika is dat 90% van die

kerkleiers min tot geen opleiding het. Dit gee aanleiding

tot kerke en lidmate wat nie altyd God se alleen-

koningskap op alle terreine van hulle lewens erken nie.

Die gevolg is dat God nie die eer en liefde wat Hom toekom, ontvang nie.

Ons is oortuig dat God ons as kerke roep om mee te werk

om die kerk se leierskapskrisis in Afrika aan te spreek. Na

biddende oorweging en in nederige afhanklikheid van die

Heilige Gees gee ons uiting aan hierdie roeping deur ’n

sendeling uit te stuur as toeruster, adviseur en

mobiliseerder van kerke, kerkleiers en die opleiers van

kerkleiers.

VOORBIDDING EN DANK:

1. Bid asseblief vir TOPIA se dienswerk in Zambië vanaf

Maart 10 tot April 7 2019: Maart 10 - 16: Vernuwing

van Bybelse dissipelskap met kerkleiers in Sinda. Maart

17 - 30: Aanbied van twee Mukhanyo diplomakursusse,

naamlik African Spirituality and Christian Apologetics by

Covenant College. April 1 - 3: Vernuwing van Bybelse

dissipelskap met kerkleiers in Petauke. April 4 - 7:

Jaarvergadering van Covenant College Zambian Trust en

terugreis.

2. Bid vir wysheid met die skryf van die Mukhanyo

fokuskursus Ministry in Afrika. (Die fokuskursusse word

ontwikkel vir kerkleiers wat nie graad 12 voltooi het nie).

3. Dank die Here vir die gawes en middele wat in 2018 aan

TOPIA gegee is.

4. Dank die Here vir medewerkers wat in die koninkryk

belê en wat binne en buite Suid-Afrika help om

kerkleiers toe te rus.

TOPIA-MEDEWERKER: Asseblief bid, help met opleiding of

maak 'n koninkryksbelegging deur Zapper, Snapscan of

die TOPIA FNB TJEKREKENING: 62769393712 Takkode:

250655

AAN GOD AL DIE EER - IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM!

Topia - Roeping

Kameeldrift Damesoggend

Saterdag, 24 Augustus 2019

8:30 vir 9:00

GASKUNSTENAARS

Touch of Class

PROGRAMMEESTER

Akteur/Sanger

Germandt Geldenhuys

VENUE St Mary’s DSG Saal

TOEGANG R180 per persoon

TAFELDEKTEMA

‘n Tikkie Styl

GASSPREKER Pretprater Elsabe Aldrich

Page 16: A p r i l 2 0 1 9 aadrat...Party mense wil nie sterf voordat hulle die wêreld gesien het nie – Simeon wou nie sterf voordat hy die Skepper van die wêreld gesien het nie. Simeon

16

Die verjaarsdae van April is op die

kennisgewingbord in die saal aangebring.

Almal se mandjieKoekverkoping 7 April 2019

Die wins van die koekverkopings word

aangewend om gestremde en getraumati-

seerde persone te ondersteun. Skenkings

welkom!

Kontak Carene by 084 516 7988.

2-Slaapkamereenheid te Huur in Equestria Estate

Eenheid te huur in gewilde Equestria Estate

met dubbele sekuriteit. Hierdie eenheid het 2

slaapkamers, 2 badkamers, ‘n dubbele

toesluit-motorhuis asook ‘n private tuin.

Hierdie eenheid is voor in die kompleks geleë

met ‘n uitsig oor ‘n pragtige grasperk en

genoegsame parkering vir besoekers. Die

eenheid is troeteldier-vriendelik (slegs 2

troeteldiere per eenheid word toegelaat). Die

groter Estate het ‘n veilige park met ‘n

speelarea vir kinders, swembaddens,

tennisbane en muurbalbane.

Datum beskikbaar: 8 April 2019

Grootte: 170 m²

Huur: R9 500 per maand (Deposito van

R8 000 word vereis)

Kontakpersoon vir besigtiging: Arthur de Kock

073 243 3065

Woordbetekenis: Paasfees

1. (t.o.v. Die Christelike geloof) ‘n Fees wat

jaarliks gevier word om die opstanding van

Christus te herdenk; sin. Pase: Paasfees moet

vir die Europeër meer beteken as vir ons. Nie

net vier hulle dan die wederopstanding van

Christus nie, maar die fees val by hulle in die

lente, wanneer die natuur nuwe lewe kry

2. (t.o.v. Die Joodse geloof) ‘n Fees ter

herdenking van die uittog van die Israeliete

uit Egipte, wat 7 tot 8 dae duur en

waartydens ongesuurde brood geëet en die

paaslam geslag word. Sin. Pasga, Pesach.

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Een van ons Reddersburg Kinderhuis kinders werk sedert

Januarie 2019 by die Protea Hotel in Menlyn. Hy het sedert

Januarie tydelik blyplek naby die werk gekry, maar kan

ongelukkig net tot einde April daar bly.

Hy is op soek na ‘n tuinwoonstel/kothuis wat hy moontlik

vanaf 1 Mei 2019 kan huur. Hy het maandeliks so R2500.00

beskikbaar vir huur. Dit is ‘n baie oulike seun, werk baie

hard en ons kan hom regtig as huurder aanbeveel.

Marlene SpiesBEMARKER/FUNDRAISERPRESIDENT KRUGER KINDERHUISE012 332 1366/7 [email protected]

vir almal wat geliefdes aan die dood

afgestaan het.

Jy is welkom om saam te kom beleef hoe dat

die Here die krag van musiek en Sy Woord

gebruik om ons te troos en te bemoedig.

Dit is nie nodig om elke geleentheid by te

woon nie, kom wanneer dit jou pas.

Woensdae 10:00 – 11:00 in die Kapel by die

kerkgebou.

Sarah 0733193075 (tans woonagtig in Faerie

Glen) is ‘n betroubare, Engelssprekende

huishulp wat op soek is na stukwerk op

Woensdae, verkieslik in Garsfontein- of

Faerie Glen omgewing.