aan die hebreËrs - bybeldirektevertaling.co.za · duidelik dat hierdie gelowiges besig was om in...

40
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika AAN DIE HEBREËRS Inleiding Hebreërs is waarskynlik tussen 70 en 90 nC geskryf. Die vroeg-Christelike skrywer Klemens het immers reeds in 96 nC daaruit aangehaal. Dit is onbekend waar Hebreërs geskryf is. Aleksandrië, Rome en selfs Korinthe word as moontlikhede genoem. Ook die skrywer van Hebreërs se naam word nie genoem nie. Vir 'n lang tyd is aanvaar dat Paulus die skrywer was. Tog is sy outeurskap onwaarskynlik, omdat hy altyd sy naam in sy geskrifte noem. Ook die datering, taal en styl, asook die teologiese aksente van die geskrif, dui op 'n ander skrywer as Paulus. Luther het gemeen dat Apollos die skrywer is — 'n vermoede wat nie sonder meriete is nie. Verdere menings oor die skrywer is ook bloot vermoedens. Die identiteit van die lesers is ook onbekend. Alhoewel tradisioneel aanvaar is dat die eerste lesers “Hebreërs” was, met ander woorde, mense van Joodse afkoms, blyk uit die inhoud van die boek dat hulle eerder 'n gemengde groep was wat bestaan het uit Jode, “godvresendes”, dit wil sê heidene wat voorheen reeds by die Joodse geloof betrokke geraak het, sowel as bekeerlinge uit die heidendom. Uit Hebreërs 13:24 lei baie geleerdes af dat hierdie skrywe aan 'n huisgemeente in Rome gerig was. Dwarsdeur Hebreërs is dit baie duidelik dat hierdie gelowiges besig was om in moedeloosheid te verval en gevaar geloop het om afvallig te word van die geloof. Hebreërs is nie werklik 'n brief nie, alhoewel 'n tipiese briefslot wel aan die einde voorkom (13:23-25). Die inhoud van die boek weerspieël eerder

Upload: lynguyet

Post on 29-Aug-2019

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

AAN DIE HEBREËRS Inleiding

Hebreërs is waarskynlik tussen 70 en 90 nC geskryf. Die vroeg-Christelike skrywer Klemens het immers reeds in 96 nC daaruit aangehaal. Dit is onbekend waar Hebreërs geskryf is. Aleksandrië, Rome en selfs Korinthe word as moontlikhede genoem. Ook die skrywer van Hebreërs se naam word nie genoem nie. Vir 'n lang tyd is aanvaar dat Paulus die skrywer was. Tog is sy outeurskap onwaarskynlik, omdat hy altyd sy naam in sy geskrifte noem. Ook die datering, taal en styl, asook die teologiese aksente van die geskrif, dui op 'n ander skrywer as Paulus. Luther het gemeen dat Apollos die skrywer is — 'n vermoede wat nie sonder meriete is nie. Verdere menings oor die skrywer is ook bloot vermoedens. Die identiteit van die lesers is ook onbekend. Alhoewel tradisioneel aanvaar is dat die eerste lesers “Hebreërs” was, met ander woorde, mense van Joodse afkoms, blyk uit die inhoud van die boek dat hulle eerder 'n gemengde groep was wat bestaan het uit Jode, “godvresendes”, dit wil sê heidene wat voorheen reeds by die Joodse geloof betrokke geraak het, sowel as bekeerlinge uit die heidendom.

Uit Hebreërs 13:24 lei baie geleerdes af dat hierdie skrywe aan 'n huisgemeente in Rome gerig was. Dwarsdeur Hebreërs is dit baie duidelik dat hierdie gelowiges besig was om in moedeloosheid te verval en gevaar geloop het om afvallig te word van die geloof. Hebreërs is nie werklik 'n brief nie, alhoewel 'n tipiese briefslot wel aan die einde voorkom (13:23-25). Die inhoud van die boek weerspieël eerder

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

'n eerste-eeuse preek of leerrede. Kenmerkend van hierdie leerrede is die baie aanhalings uit die Ou Testament, veral Psalm 110. Hebreërs is geskryf om die lesers te bemoedig en aan hulle 'n nuwe geestelike visie te gee. Daarom word hierdie skrywe 'n “boodskap van aansporing” genoem (13:22). Dit bevat van die beste Grieks in die Nuwe Testament.

Hebreërs gebruik veral motiewe uit die tempelkultus en kontrasteer die offerdiens onder die ou verbond met die nuwe, hemelse erediens wat Christus gebring het. Daarby maak die skrywer ook gebruik van denkpatrone wat met die Griekse filosofie ooreenstem, maar dan vanuit 'n Christelike perspektief. Die boodskap van Hebreërs het Jesus Christus as middelpunt (vgl 13:8). Jesus Christus word geteken as die verhoogde Here in wie God sy finale woord gespreek het (1:1 — 4:13), as ons groot Hoëpriester (4:14 — 10:31), en as ons groot voorbeeld van volharding, wat nagevolg moet word (12:2-3; 13:13). Die boek kan soos volg ingedeel word:

1:1-4 Inleiding: God se openbaring deur die Seun 1:5 — 2:18 Die Seun verhewe bo engele 3:1 — 4:13 Jesus uitnemender as Moses 4:14 — 7:28 Jesus se priesterskap, soos dié van Melgisedek, beter as die Levitiese 8:1 — 10:18 Deur sy finale en volmaakte offer is Jesus bedienaar van 'n uitnemender verbond 10:19 — 13:21 Volharding en praktiese uitlewing van geloof 13:22-25 Laaste opmerkings en seëngroet

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

1 God se openbaring deur sy Seun

1 In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2 maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun.

Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge,* en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep.* 3 Hy is die uitstraling van God se heerlikheid en die ewebeeld van sy wese.* Hy hou alles in stand deur sy magtige woord; en nadat Hy die reiniging van sondes bewerk het, het Hy gaan sit aan die regterhanda van die Majesteitb in die hoogtes.c 4 Hy is hoog bo die engele verhef, net soos wat Hy 'n Naam geërf het wat uitnemender as hulle s'n is.*

Die Seun verhewe bo engele 5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê:

*1:2 Hom het Hy aangestel ... dinge: Ps 2:8; Matt 21:38 *1:2 deur Hom ... geskep: Joh 1:3; Kol 1:16 *1:3 ewebeeld ... wese: Wys 7:25; 2 Kor 4:4; Kol 1:15 a1:3 regterhand: 'n Posisie aan die •regterhand van 'n persoon is gesien as 'n posisie van voorrang. b1:3 die Majesteit: 'n Eretitel wat na God verwys. c1:3 het Hy gaan ... hoogtes: Dit verwys na Ps 110:1 as heenwysing na Jesus Christus; vgl Matt 22:44; Mark 16:19; Hand 2:34; Ef 1:20; Heb 8:1; 10:12; 12:2. *1:4 'n Naam ... s'n is: Ef 1:21; Fil 2:9

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

“Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.”d

En ook:

“Ek sal vir Hom 'n Vader wees en Hy sal vir My 'n Seun wees.”e

6 Maar wanneer Hy die •Eersgeborene weer in die wêreldf inlei, sê Hy:

“En laat al die engele van God Hom aanbid.”g 7 Oor die engele sê Hy:

“Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.”*

8 Maar vir die Seun sê Hy:

d1:5 Jy ... verwek: Aanhaling uit Ps 2:7 •Septuagint as heenwysing na Jesus Christus; vgl Hand 13:33; Heb 5:5. e1:5 Ek sal ... Seun wees: Aanhaling uit 2 Sam 7:14 as heenwysing na Jesus Christus; vgl 1 Kron 17:13. f1:6 wêreld: Verwys hier na die hemelse wêreld. g1:6 En laat ... aanbid: Aanhaling uit Deut 32:43 •Septuagint as heenwysing na Jesus Christus; vgl Ps 97:7 waar hierdie reël in die Hebreeuse teks ontbreek. *1:7 Hy ... vuurvlamme: Ps 104:4 (Ps 103:4 •Septuagint)

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

“U troon, o God, is vir ewig en ewig, en die septer van geregtigheid is die septer van u koninkryk! 9 U het •geregtigheid lief en U haat onreg; daarom, o God, het u God U gesalf met vreugde-olie, meer as u vriende.”h

10 En:

“U het aan die begin, o Here, die aarde se fondamente gegrondves, en die hemelei is die werk van u hande. 11 Hulle sal vergaan, maar U bly bestaan. Soos 'n kledingstuk sal hulle almal verslyt, 12 en soos 'n mantel sal U hulle oprol; soos 'n kledingstuk sal hulle vervang word, maar U bly dieselfde en u jare sal nie tot 'n einde kom nie.”j

13 Vir wie van die engele het Hy ooit gesê:

“Sit aan my regterhandk totdat Ek jou vyande 'n •voetbank vir jou voetel gemaak het.”m

h1:8-9 U troon ... vriende: Aanhaling uit Ps 45:7-8 (Ps 44:7-8 Septuagint) as heenwysing na Jesus Christus. i1:10 hemele: Volgens die destydse wêreldbeeld was daar verskillende hemele, waaronder die wolkehemel, die sterrehemel en die derde hemel waar God woon. j1:10-12 U het ... kom nie: Aanhaling uit Ps 102:26-28 (Ps 101:26-28 Septuagint) as heenwysing na Jesus Christus. k1:13 regterhand: Vgl voetnoot in Heb 1:3. l1:13 voetbank ... voete: Dui op die onderwerping van die vyand. m1:13 Sit ... gemaak het: Aanhaling uit Ps 110:1 (Ps 109:1 Septuagint) as heenwysing na Jesus Christus.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

14 Is hulle nie almal dienende geeste wat uitgestuur word ter wille daarvan om hulle wat die verlossing sal beërf, by te staan nie?*

2 Ernstige vermaning

1 Daarom moet ons soveel te meer aandag gee aan dit wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdryf nie. 2 Want as die boodskap wat deur engele verkondig is,* inderdaad bindend was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regmatige straf ontvang het, 3 hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot verlossing verontagsaam?* Hierdie verlossing is eers deur die Here verkondig en daarna aan ons bevestig deur hulle wat dit gehoor het, 4 terwyl God dit verder bevestig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en deur gawes van die Heilige Gees wat uitgedeel is soos Hy dit goedgevind het.*

Jesus broer van mense 5 Want Hy het die komende wêreld waarvan ons praat, nie aan engele

onderwerp nie. 6 Maar iewers het iemand dit uitdruklik bevestig en gesê:

“Wat is die mens dat U aan hom dink of die mensekind dat U na hom omsien? 7 U het hom vir 'n kort rukkien minder as engele gemaak; en hom met heerlikheid en eer gekroon; 8 U het alles onder sy voete gestel.o*”*

*1:14 wat uitgestuur ... staan nie: Ps 34:8; 91:11 *2:2 as ... verkondig is: Hand 7:38,53; Gal 3:19 *2:3 hoe ... verontagsaam: Heb 10:29; 12:25 *2:4 gawes ... goedgevind het: 1 Kor 12:4,11 n2:7 kort rukkie: Kan ook vertaal word “'n bietjie”. o2:8 onder ... gestel: Dui op die onderwerping van die vyand. *2:8 U het ... gestel: 1 Kor 15:27 *2:6-8 Wat ... gestel: Ps 8:5-7 •Septuagint

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Deur alles aan hom te onderwerp, het Hy immers niks oorgeslaan wat nie aan hom onderwerp is nie.* Nou sien ons egter nog nie dat alles aan hom onderwerp is nie. 9 Maar ons sien Jesus, met heerlikheid en eer gekroon, Hy wat deur sy lyding tot in die dood vir 'n kort rukkiep minder as die engele gemaak is,* sodat Hy, deur God se genade, ter wille van almal die dood sou ervaar.

10 Dit was immers gepas dat Hy, vir en deur wie alles bestaan, ten einde baie kinders tot heerlikheid te lei, die Leidsman van hulle verlossing deur lyding tot volmaaktheid sou bring. 11 Want sowel Hy wat heilig maak, as hulle wat heilig gemaak word, is almal uit Een. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broersq te noem nie,* 12 wanneer Hy sê:

“Ek sal u Naam aan my broers verkondig, in die byeenkoms sal Ek u lof besing!”*

13 En ook:

“Ek sal my vertroue steeds in Hom stel.”* En ook:

“Kyk, hier is Ek en die kinders wat God My gegee het!”*

*2:8 Deur ... wat nie aan hom onderwerp is nie: 1 Kor 15:27 p2:9 kort rukkie: Vgl voetnoot in Heb 2:7. *2:9 Maar ... gemaak is: Fil 2:8-9 q2:11 broers: Volgens destydse opvatting was die susters hierby ingesluit. *2:11 is Jesus ... noem nie: Matt 25:40; Mark 3:35; Joh 20:17 *2:12 Ek sal ... besing: Ps 22:23 (Ps 21:23 Septuagint) *2:13 Ek ... stel: Jes 8:17 Septuagint; 2 Sam 22:3 Septuagint; Jes 12:2 *2:13 Kyk ... gegee het: Jes 8:18 Septuagint

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

14 Aangesien die kinders dan aan vlees en bloed deel het, het ook Hy

net so aan dieselfde dinge deel gekry, sodat Hy deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die Duiwel,* kragteloos kon maak, 15 en sodat Hy hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny verkeer het, kon bevry. 16 Want Hy is vir seker nie oor engele besorg nie; inteendeel, Hy is oor Abraham se nageslag besorg.* 17 Daarom moes Hy in elke opsig gelyk word aan sy broers,* sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester kon word om as offer te dienr tot versoening van die volk se sondes.* 18 *Want omdat Hy self gely het toe Hy versoek is, is Hy in staat om dié wat versoek word, te help.

3 Jesus uitnemender as Moses

1 Daarom, heilige broers,s deelgenote van 'n hemelse roeping, let noukeurig op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis* — 2 Hy wat getrou is aan die Een wat Hom aangestel het, soos wat ook Moses getrou was in die hele huis van God.* 3 Hy is inderdaad groter heerlikheid waardig geag as Moses — soos wat die bouer van die huis meer aansien het as die huis self. 4 Elke huis word immers deur iemand

*2:14 sodat ... Duiwel: Joh 12:31; 1 Joh 3:8; Op 12:10 *2:16 oor Abraham ... besorg: Jes 41:8-9 *2:17 in elke ... broers: Fil 2:7; Heb 2:14 r2:17 om as ... dien: Letterlik ‘die dinge wat op God betrekking het’. *2:17 om as ... sondes: 1 Joh 2:2; 4:10 *2:18 Heb 4:15 s3:1 broers: Volgens destydse opvatting was die susters hierby ingesluit. *3:1 Hoëpriester ... belydenis: Heb 4:14; 6:20; 7:26; 8:1; 9:11 *3:2 Moses ... God: Num 12:7 •Septuagint

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

gebou, maar God is die Een wat alles gebou het. 5 Moses was wel as tempeldienaart getrou in God se hele huis,* tot 'n getuienis van wat verkondig sou word, 6 maar •Christus was as Seun getrou oor sy huis; en ons is sy huis as ons bly vashou aan die vrymoedigheid en hoop waarop ons ons beroem.*

Waarskuwing teen verharding 7 Daarom, soos die Heilige Gees sê:

“Vandag, as julle sy stem hoor, 8 *moenie julle harte verhard soos met die opstand in die tyd van versoeking in die woestynu 9 toe julle voorouers My versoek en beproef het nie, al het hulle my dade gesien — 10 veertig jaar lank. Daarom het my toorn ontvlam teenoor hierdie geslag en het Ek gesê, ‘In hulle harte is hulle altyd op 'n dwaalspoor, en my paaie wou hulle nie leer ken nie.’ 11 *Dus het Ek in my toorn gesweer, ‘In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie!’ ”*

12 Broers,v waak daarteen dat nie een van julle ooit 'n bose hart vol t3:5 tempeldienaar: Tegniese term vir 'n persoon wat diens doen in 'n heiligdom, soos 'n priester. *3:5 Moses ... huis: Num 12:7 *3:6 as ons ... beroem: Kol 1:23; Heb 3:14 *3:8 Eks 17:7; Num 20:2-5 u3:8 woestyn: 'n Verlate, deels onherbergsame gebied, met 'n skaarste aan plantegroei, waar kleinvee kon wei. *3:11 Num 14:21-23 *3:7-11 Vandag ... ingaan nie: Ps 95:7-11 v3:12 Broers: Vgl voetnoot in Heb 3:1.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

ongeloof kry deur van die lewende God afvallig te word nie. 13 Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. 14 Ons het inderdaad deelgenote van •Christus geword, mits ons enduit stewig bly vashou aan ons aanvanklike geloofsvertroue* — 15 soos gesê word:

“Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard soos tydens die opstand nie.”*

16 *Wie was dit wat gehoor het, maar nietemin in opstand gekom het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte uitgetrek het nie? 17 Op wie was Hy veertig jaar lank toornig? Was dit nie op hulle wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn gelê het nie?* 18 Vir wie, behalwe hulle wat ongehoorsaam was, het Hy gesweer dat hulle beslis nie in sy rus sal ingaan nie?* 19 Ons sien dus dat hulle vanweë ongeloof nie in staat was om in sy rus in te gaan nie.

4 1 Laat ons daarom versigtig wees, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog bly staan, dat dit nie mag blyk dat een van julle agtergebly het nie. 2 Want net soos aan hulle, is die goeie boodskap ook aan ons verkondig. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gebaat nie, omdat hulle nie deur die geloof verenig is met dié wat dit wel gelowig aangehoor het nie. 3 Ons wat tot geloof gekom het, gaan immers

*3:14 mits ... geloofsvertroue: Heb 3:6 *3:15 Vandag ... opstand nie: Ps 95:7-8; Heb 3:7-8 *3:16-18 Num 14:1-35 *3:17 hulle wat ... gelê het nie: Num 14:29; 1 Kor 10:10 *3:18 het Hy ... ingaan nie: Num 14:22-23; Ps 95:11; Heb 3:11

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

wel die rus in — soos Hy gesê het,

“So het Ek in my toorn gesweer, ‘Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!’ ”*

al was God se werke reeds vanaf die grondlegging van die wêreld afgehandel. 4 Hy het immers êrens aangaande die sewende dag gesê: “God het op die sewende dag van al sy werke gerus.”* 5 En in hierdie gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!”* 6 Aangesien dit dan bly staan dat sommige wel daar sal ingaan — hoewel hulle wat eerste die goeie boodskap gehoor het, vanweë ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie — 7 bepaal Hy weer 'n sekere dag, dit is “vandag”, wanneer Hy baie later, soos hierbo reeds genoem, deur Dawid sê:

“Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard nie!”*

8 As Josua hulle dan tot rus gebring het,* sou Hy nie gepraat het van 'n ander dag daarna nie. 9 Daar bly dus steeds 'n sabbatsrus oor vir die volk van God. 10 Want wie in sy rus ingegaan het, het self ook gerus van sy werke — soos God van syne.* 11 Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie.

*4:3 So het ... ingaan nie: Ps 95:11; Heb 3:11; 4:5 *4:4 God ... gerus: Gen 2:2 •Septuagint *4:5 Hulle ... ingaan nie: Ps 95:11; Heb 3:11; 4:1 *4:7 Vandag ... verhard nie: Ps 95:7-8; Heb 3:7-8 *4:8 As Josua ... gebring het: Deut 31:7; Jos 22:4 *4:10 soos ... syne: Gen 2:2; Heb 4:4

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

12 Want die woord van God* is lewend* en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard.* Dit dring deur tot by die raakpunt tussen sielw en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel* die hart se voornemens en gedagtes. 13 Ja, niks wat geskape is, is vir Hom verborge nie, maar alles is oop en bloot voor sy oë. Dit is Hy teenoor wie ons ons moet verantwoord.

Jesus die groot Hoëpriester 14 Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemelex gegaan

het, Jesus,* die •Seun van God, laat ons styf vashou aan ons belydenis.* 15 *Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het. 16 Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader,* sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.

5 1 Elke hoëpriester wat uit mense geneem word, word immers ook ter wille van mense aangestel vir die offerdiens voor God,y sodat hy ter wille

*4:12 woord van God: Joh 12:48 *4:12 Want ... lewend: 1 Pet 1:23 *4:12 die woord ... swaard: Jes 49:2; Ef 6:17; Op 19:15 w4:12 siel: Die mens se bewuste, innerlike self. “Gees” dui hier op die menslike gees in sy openheid na God. *4:12 beoordeel: Joh 12:48 x4:14 hemele: Volgens die destydse wêreldbeeld was daar verskillende hemele, waaronder die wolkehemel, die sterrehemel en die derde hemel waar God woon. *4:14 groot ... Jesus: Heb 3:1; 6:20; 7:26; 8:1; 9:11 *4:14 laat ... belydenis: Heb 10:23 *4:15 Heb 2:17 *4:16 Laat ... nader: Heb 10:19 y5:1 offerdiens ... God: Letterlik ‘dinge wat betrekking het op God’.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

van die sondes geskenke en offers kan bring. 2 *Hy kan deernis hê met dié wat in onkunde dwaal, aangesien hy self ook aan swakheid blootgestel is. 3 *Juis daarom moet hy, net soos vir die volk, ook vir homself offers vir sy sondes bring. 4 Niemand eien die eer vir homself toe nie, maar hy word, net soos Aäron, deur God geroep.*

5 So ook het •Christus nie Homself vereer om hoëpriester te word nie; die Een wat Hom vereer het, was God wat vir Hom gesê het:

“Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.”z

6 So sê Hy ook op 'n ander plek:

“Jy is priester vir ewig, volgens die ordea van Melgisedek.”b

7 *Christusc het tydens sy aardse lewe smekinge en pleitbedes met harde krete en trane gebring voor God, wat in staat was om Hom uit die dood te red, en Hy is verhoor op grond van sy eerbiedige onderworpenheid aan God. 8 Alhoewel Hy die Seun was, het Hy gehoorsaamheid geleer

*5:2 Heb 2:17; 4:15 *5:3 Lev 9:7; 16:6 *5:4 hy word ... geroep: Eks 28:1 z5:5 Jy is ... verwek: Aanhaling uit Ps 2:7 •Septuagint as heenwysing na Jesus Christus; vgl Hand 13:33; Heb 1:5. a5:6 orde: Dit staan teenoor en is van 'n ander aard as die Levitiese priesterorde; vgl Deut 10:8; 18:1-5; 1 Kron 24:1-19. b5:6 Jy is ... Melgisedek: Aanhaling uit Ps 110:4 as heenwysing na Jesus Christus; vgl Heb 6:20; 7:17. *5:7 Matt 26:36-46; Mark 14:32-42; Luk 22:39-46 c5:7 Christus: Letterlik ‘Hy’.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

deur wat Hy gely het. 9 En nadat Hy tot volmaaktheid gebring is, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige verlossing geword,* 10 aangesien Hy deur God aangewys is as “Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek”.d

Waarskuwing teen afvalligheid 11 Hieroor het ons baie om vir julle te sê wat moeilik is om te

verduidelik, aangesien julle traag geword het om te luister. 12 Want terwyl julle teen hierdie tyd reeds leraars moes gewees het, het julle nou weer nodig dat iemand julle die grondbeginsels van die uitsprake van God leer, en het julle weer behoefte aan melk en nie vaste kos nie. 13 Elkeen wat melk gebruik, is immers onervare ten opsigte van die boodskap van regverdiginge, want hy is 'n suigeling.* 14 Maar vaste kos is vir volwassenes, vir hulle wat oor die aanvoeling beskik, deur gewoonte geoefen, om te kan onderskei tussen goed en kwaad.*

6 1 Laat ons dan verder gaan as die eerste beginsels van die boodskap aangaande •Christus en voortgaan na volwassenheid, sonder om weer die fondament te lê van die bekering van dooie werke, van geloof in God,* 2 van onderrig oor dope,f oplegging van hande, opstanding uit die dood en van ewige oordeel. 3 En juis dit sal ons doen as God dit toelaat.

*5:9 bron ... geword: Jes 45:17 d5:10 volgens ... Melgisedek: Dit verwys na Ps 110:4; vgl Heb 5:6. e5:13 regverdiging: Kan ook vertaal word “vryspraak”. *5:12-13 het julle weer behoefte... suigeling: 1 Kor 3:1-3; 1 Pet 2:2 *5:14 onderskei ... kwaad: Rom 16:19 *6:1 bekering ... God: Heb 9:14 f6:2 onderrig oor dope: Dit verwys na verskillende soorte en maniere van doop, bv die doop van Johannes, die christelike doop, die doop met die Heilige Gees en die doop vir die dooies.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

4 *Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, 5 en wat die goeie woord van God gesmaak, en ook die kragte van die komende bedeling, 6 en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring, aangesien hulle wat hulleself betref, die •Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak. 7 Want grond wat die reën indrink wat telkens daarop val en 'n bruikbare oes voortbring vir hulle om wie se ontwil dit bewerk word, ontvang God se seën. 8 Maar wanneer dit dorings en dissels voortbring, is dit nutteloos en naby vervloeking.* Die einde daarvan is verbranding.

9 Maar selfs wanneer ons só praat, geliefdes, is ons, wat julle betref, oortuig van beter dinge wat betrekking het op verlossing. 10 *God is immers nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet van julle arbeid en van die liefde wat julle vir sy Naam betoon het, deurdat julle die •heiliges bedien het en nog steeds bedien nie. 11 Ons begeer dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer sal toon om tot volle sekerheid van die hoop te kom, 12 sodat julle nie traag word nie, maar die voorbeeld volgg van hulle wat deur geloof en geduld die beloftes beërf.

God se vaste belofte 13 Toe God aan Abraham 'n belofte gemaak het, het Hy, aangesien Hy

niemand belangriker gehad het om by te sweer nie, by Homself gesweer.* 14 Hy het gesê: “Ek sal jou beslis ryklik seën en jou veelvuldig laat vermeerder.”* 15 En so, terwyl hy geduldig gewag het, het hy die belofte

*6:4-6 Matt 12:31; Heb 10:26-27; 1 Joh 5:16 *6:8 Maar ... vervloeking: Gen 3:17-18 *6:10 Heb 10:32-34 g6:12 die voorbeeld volg: Letterlik ‘nabootsers sal wees’. *6:13 by Homself gesweer: Gen 22:16 *6:14 Ek ... vermeerder: Gen 22:17; Sir 44:21

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

verkry. 16 Mense sweer immers by iemand belangriker as hulle, en die eed tot bevestiging beteken vir hulle die einde van alle teenspraak.* 17 Omdat God vir die erfgename van die belofte nog soveel sekerder wou aantoon hoe onveranderlik sy besluit was, het Hy dit met 'n eed gewaarborg. 18 Die doel daarvan was dat deur hierdie twee onveranderlike dinge waarvolgens dit vir God onmoontlik sou wees om te lieg,* ons wat vrygekom het, 'n kragtige bemoediging sou hê om stewig vas te hou aan die hoop wat voorlê. 19 Ons het hierdie hoop as 'n veilige en stewige anker van die •siel, wat tot aan die binnekant van die voorhangselh ingaan.* 20 Dit is waar Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan het en Hoëpriester vir ewig geword het volgens die orde van Melgisedek.i

7 Priesterskap van Melgisedek

1 *Hierdie Melgisedek, koning van Salem, 'n priester van die allerhoogste God, het Abraham tegemoetgegaan toe hy op pad terug was nadat hy die konings verslaan het, en hom geseën. 2 Aan hom het Abraham 'n tiende deel van alles gegee. In die eerste plek was hy, as sy naam vertaal word, “Koning van •Geregtigheid”,j maar daarbenewens was hy ook “Koning

*6:16 die eed ... teenspraak: Eks 22:11 *6:18 vir God ... lieg: Num 23:19; 1 Sam 15:29 h6:19 voorhangsel: 'n Gordyn wat die heilige deel van die •tabernakel geskei het van die “Allerheiligste”. *6:19 tot ... ingaan: Lev 16:2-3,12,15 i6:20 Hoëpriester ... Melgisedek: Dit verwys na Ps 110:4 as heenwysing na Jesus Christus; vgl Heb 5:6; 7:17. *7:1-2 Gen 14:17-20 j7:2 Koning van Geregtigheid: Hierdie beskrywing is 'n direkte vertaling van die Hebreeuse naam “Melgisedek”, saamgestel uit meleg (‘koning’) en tsedek (‘geregtigheid’).

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

van Salem,” dit is “Koning van Vrede”. 3 Hy was sonder vader, sonder moeder, sonder stamboom; sy lewe was sonder begin en sonder einde, maar, soortgelyk aan die •Seun van God, bly hy priester vir altyd.*

4 Kyk net hoe belangrik was hierdie man dat selfs Abraham, die stamvader, 'n tiende van die beste buit aan hom gegee het! 5 Die nakomelinge van Levi wat die priesterskap ontvang, het 'n gebod dat hulle volgens wet tiendes moet ontvang van die volk,* naamlik hulle broers, alhoewel dié afstammelinge van Abraham is. 6 Maar Melgisedek, wat nie van hulle afstam nie, het tiendes van Abraham ontvang en hierdie draer van die beloftes geseën. 7 Sonder enige teenspraak word die mindere tog deur die meerdere geseën. 8 In die een geval ontvang sterflike mense tiendes, maar in die ander geval hy van wie getuig word dat hy leef. 9 Mens kan selfs sê, ook Levi, wat tiendes ontvang, het deur Abraham tiendes gegee; 10 want Levi was nog in die liggaam van sy voorvader toe Melgisedek Abraham tegemoetgegaan het.

11 As daar inderdaad deur die Levitiese priesterskap — want daaronder het die volk die wet ontvang — volmaaktheid gekom het, waarom was dit dan nog nodig dat 'n ander priester opstaan volgens die orde van Melgisedek, eerder as een wat beskryf word as iemand volgens die orde van Aäron? 12 Wanneer daar 'n verandering van priesterskap is, vind daar noodwendig ook 'n verandering van die wet plaas. 13 Want Hy oor wie hierdie dinge gesê word, was deel van 'n ander stam van wie niemand altaardiens gedoen het nie.

Christus en die orde van Melgisedek 14 Dit is tog baie duidelik dat ons Here uit Juda voortgespruit het,k 'n

*7:3 maar ... altyd: Ps 110:4 *7:5 Die nakomelinge ... volk: Num 18:21 k7:14 ons Here ... voortgespruit het: Dit verwys na Gen 49:10; Jes 11:1 as heenwysings na Jesus Christus; vgl Matt 2:6; Op 5:5.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

stam oor wie Moses niks in verband met priesters gesê het nie. 15 Dit is nog duideliker as 'n ander priester opstaan volgens die ewebeeld van Melgisedek 16 — een wat dit nie volgens die voorskrif van 'n menslike gebod geword het nie, maar volgens die krag van onvernietigbare lewe. 17 Daar word trouens getuig:

“Jy is priester vir ewig, volgens die orde van Melgisedek.”l

18 Aan die een kant is dit die opheffing van die voormalige gebod, omdat dit swak en nutteloos was 19 — die wet het mos niks vervolmaak nie* — maar aan die ander kant is dit die aanbreek van 'n beter hoop, waardeur ons tot God nader.

20 Wat hierdie saak betref, dit het nie sonder eedswering plaasgevind nie: Hulle het wel sonder eedswering priesters geword, 21 maar Hy het dit inderdaad met eedswering geword, deur God wat vir Hom gesê het:

“Die Here het 'n eed afgelê en dit sal Hom nie berou nie. Jy is priester vir ewig.”m

22 Daarvolgens het Jesus ook borg van 'n beter verbond geword.* 23 Boonop was daar baie ander mense wat priesters geword het, omdat die priesters deur die dood verhinder is om aan te bly; 24 maar omdat Hy tot in ewigheid

l7:17 Jy is ... Melgisedek: Aanhaling uit Ps 110:4 as heenwysing na Jesus Christus; vgl Heb 5:6; 6:20. *7:19 die wet ... vervolmaak nie: Heb 9:9 m7:21 Die Here ... ewig: Aanhaling uit Ps 110:4 as heenwysing na Jesus Christus; vgl Heb 5:6; 6:20; 7:17. *7:22 het Jesus ... geword: Heb 8:6; 12:24

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

bly, besit Hy 'n priesterskap wat nie tot 'n einde kom nie. 25 Dit is waarom Hy ook volkome in staat is om hulle wat deur Hom na God toe kom, te verlos — omdat Hy altyd leef om ter wille van hulle in te tree.*

26 So 'n hoëpriester was ook vir ons gepas:* een wat heilig, onskuldig, onbevlek, afgesonder van die sondaars en hoër as die hemelen verhef is, 27 wat, anders as die hoëpriesters, nie elke dag nodig het om eers ter wille van hulle eie sondes offers te bring en daarna vir die volk nie.* Want dit het Hy eens en vir altyd gedoen toe Hy Homself as 'n offer gebring het. 28 Die wet stel mense met swakhede as hoëpriesters aan,* maar die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan wat vir ewig volmaak is.

8 Hoëpriester van 'n uitnemender verbond

1 Die hoofsaak van wat gesê is, is dat ons só 'n Hoëpriester het:* Een wat gaan sit het aan die regterkant van die troon van die Majesteit in die hemele,o* 2 'n bedienaar in die heiligdom, ja, in die ware •tabernakel wat die Here, nie 'n mens nie, opgerig het.* 3 Elke hoëpriester word tog

*7:25 omdat ... tree: Rom 8:34; 1 Joh 2:1 *7:26 hoëpriester ... gepas: Heb 3:1; 4:14; 6:20; 8:1; 9:11 n7:26 hemele: Volgens die destydse wêreldbeeld was daar verskillende hemele, waaronder die wolkehemel, die sterrehemel en die derde hemel waar God woon. *7:27 die hoëpriesters ... volk nie: Lev 9:7; 16:6,15 *7:28 Die wet ... hoëpriesters aan: Heb 5:1-2 *8:1 dat ... Hoëpriester het: Heb 3:1; 4:14; 6:20; 7:26; 9:11 o8:1 hemele: Volgens die destydse wêreldbeeld was daar verskillende hemele, waaronder die wolkehemel, die sterrehemel en die derde hemel waar God woon. *8:1 wat gaan ... hemele: Ps 110:1; Matt 22:44; Mark 16:19; Hand 2:34; Ef 1:20; Heb 1:3; 10:12; 12:2 *8:2 die ware ... opgerig het: Num 24:6 •Septuagint

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

aangestel om gawes en offers te bring. Daarom was dit noodsaaklik dat ook Hy iets moes hê om te offer. 4 As Hy dan op aarde was, sou Hy nie 'n priester gewees het nie, aangesien daar priesters is wat die gawes volgens wet bring. 5 Hulle bediening is 'n afbeelding en afskaduwing* van die hemelse, net soos die goddelike opdrag wat Moses ontvang het toe hy die ware tabernakel moes oprig en God vir hom gesê het: “Let op dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat vir jou op die berg gewys is.”* 6 Maar nou het Jesus 'n meer verhewe bediening verkry, in dié sin dat Hy ook Middelaar is van 'n uitnemender verbond* wat op grond van uitnemender beloftes regsgeldigheid verkry het.

7 Want as daardie eerste een foutloos was, sou daar nie behoefte gewees het aan 'n tweede een nie. 8 Hy vind inderdaad fout met hulle wanneer Hy sê:

“Kyk daar kom dae, sê die Here, dat Ek met die huis van Israel en met die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit. 9 Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorgeslagte gesluit het op die dag toe Ek hulle met my hand gegryp het om hulle uit Egipte uit te lei nie; want hulle het nie by my verbond gebly nie, en Ek het hulle geïgnoreer, sê die Here. 10 *Dit is dan die verbond wat Ek ná daardie dae

*8:5 Hulle bediening ... afskaduwing: Kol 2:17 *8:5 Let ... gewys is: Eks 25:40 *8:6 Hy ook ... verbond: Heb 7:22; 9:15; 12:24 *8:10 Heb 10:16

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

met die huis van Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee, en op hulle harte sal Ek dit graveer. Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle sal vir My 'n volk wees. 11 Niemand sal meer sy medeburger of sy broer onderrig en sê, ‘Ken die Here!’ nie, omdat hulle almal My sal ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle. 12 Ek sal genadig wees oor hulle ongeregtighede, en aan hulle sondes sal Ek glad nie meer dink nie.*”*

13 Deur te praat van 'n nuwe verbond, het Hy die eerste een verouderd verklaar. En wat verouderd verklaar en afgeleef is, is naby aan verdwyning.

9 Uitnemender heiligdom en offerdiens

1 Die eerste verbond het bepalings vir aanbidding gehad, asook 'n heiligdom wat aards was. 2 Die voorste tentp was toegerus met die kandelaar* en die tafel met die vertoonbrode,q en is die “Heilige” genoem. 3 *En agter die tweede tempelgordyn was 'n tent wat die *8:12 aan hulle ... dink nie: Heb 10:17 *8:8-12 Kyk ... dink nie: Jer 31:31-34 p9:2 voorste tent: Omdat dit die eerste ruimte van die heiligdom was wat 'n priester van buite af betree het, word daar ook van die “buitenste tent” gepraat; vgl Eks 26:1-30. *9:2 die kandelaar: Eks 25:31-40 q9:2 vertoonbrode: Brode wat op 'n tafel in die heilige deel van die •tempel uitgestal is. Slegs ritueel gereinigde priesters is toegelaat om daarvan te eet; vgl Eks 25:23-30; Lev 24:5-8. *9:3 Eks 26:31-33

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Allerheiligster genoem is; 4 dit het die goue reukofferaltaar bevat* en die •verbondsark wat aan alle kante met goud oorgetrek was.* Daarbinne was die goue kruik met manna* en die staf van Aäron wat gebot het,* asook die tafels van die verbond;* 5 en bo-op was die gerubs van heerlikheids wat die versoendekselt oorskadu het.* Hieroor kan ons egter nie nou in besonderhede praat nie.

6 Met hierdie dinge dan so ingerig, gaan die priesters gereeld die voorste tent binne om hulle rituele diens te verrig.* 7 *Maar by die tweede tent gaan net die hoëpriester in, en dit slegs een keer per jaar, en nie sonder bloed wat hy vir homself offer en vir die sondes wat die volk onwetend gedoen het nie. 8 Daarmee dui die Heilige Gees aan dat die weg na die heiligdom nog nie oopgestaan het solank die voorste tent nog bestaan het nie. 9 Dit versinnebeeld tot op hede hoe gawes en offers gebring is wat nie in staat was om die gewete van die een wat die offer bring, volkome te reinig nie.* 10 Dit het net gegaan oor kos* en drank en

r9:3 Allerheiligste: Die agterste vertrek van die •tabernakel of •tempel. *9:4 dit het ... bevat: Eks 30:1-6 *9:4 die verbondsark ... oorgetrek was: Eks 25:10-16 *9:4 die goue ... manna: Eks 16:33 *9:4 die staf ... gebot het: Num 17:8-10 *9:4 die tafels ... verbond: Eks 25:16; Deut 10:3-5 s9:5 gerubs van heerlikheid: 'n Spesiale groep engele wat geassosieer was met God se heerlikheid. Twee van hulle het volgens Eks 25:18-20 met oopgespreide vlerke bo-op die deksel van die •verbondsark gestaan. t9:5 versoendeksel: Die goue deksel van die verbondsark waarin die kliptafels met die Tien Gebooie gehou is; vgl Eks 25:17-22 *9:5 bo-op ... oorskadu het: Eks 25:18-22 *9:6 gaan ... verrig: Num 18:2-6 *9:7 Eks 30:10; Lev 16:2,14-15 *9:9 gawes ... reinig nie: Heb 10:1-2 *9:10 net ... kos: Lev 11:2

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

verskillende reinigingsrites* — bepalings vir die liggaam wat opgelê is tot op die bestemde tyd van regstelling.

11 •Christus egter het gekom as Hoëpriester* van die goeie dinge wat nou verwesenlik is,* en Hy het deur 'n uitnemender en meer volmaakte •tabernakel beweeg wat nie deur mensehande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie van hierdie skepping is nie. 12 Hy het ook nie met die bloed van bokramme en bulkalwers nie, maar eens en vir altyd met sy eie bloed, die heiligdom binnegegaan en 'n ewige verlossing bewerkstellig. 13 Want as die bloed van bokramme en bulle* en die as van 'n jong vers* die verontreinigdes deur besprinkeling wy met die oog op die reiniging van die liggaam, 14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees as vlekkelose offer aan God geoffer het, ons gewete reinig* van dooie werke sodat ons die lewende God kan dien?*

15 Aangesien daar 'n dood was as losprys vir die oortredinge ten tyde van die eerste testament,u is Hy juis daarom Middelaar van 'n nuwe testament, sodat dié wat geroep is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. 16 Waar 'n testament ter sprake is, is dit nodig om die dood van die een wat dit gemaak het, te bevestig. 17 'n Testament tree tog deur die dood in werking, aangesien dit nooit van krag is solank die een wat dit

*9:10 verskillende reinigingsrites: Lev 11:25; 15:18; Num 19:13 *9:11 Christus ... Hoëpriester: Heb 3:1; 4:14; 6:20; 7:26; 8:1 *9:11 van die ... verwesenlik is: Heb 10:1 *9:13 as die bloed ... bulle: Lev 16:3,14-15; Heb 10:4 *9:13 die as van ... vers: Num 19:9,17-19 *9:14 sal die ... reinig: 1 Pet 1:18-19; 1 Joh 1:7 *9:14 van dooie ... dien: Heb 6:1 u9:15 testament: Die Griekse woord kan sowel ‘testament’ as ‘verbond’ beteken, daarom kan die beeld van die testament hier, in teenstelling met Heb 8:6 en 12:24, gebruik word; vgl Gal 3:15-20 en Heb 7:22.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

gemaak het, nog leef nie. 18 Daarom is ook die eerste verbondv nie sonder bloed ingewy nie. 19 *Immers, nadat elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk bekend gemaak is, het hy die bloed van die bulkalwers en die bokramme saam met water geneem, en met rooi wol en marjoleinw* het hy die •boekrol self en ook die hele volk besprinkel, 20 terwyl hy sê: “Dit is die bloed van die verbond wat God vir julle bepaal het.”* 21 *En op dieselfde wyse het Hy die tabernakel en al die godsdienstige voorwerpe met die bloed besprinkel. 22 Feitlik alles is volgens die wet met bloed gereinig; ja, sonder bloedvergieting vind geen vergifnis plaas nie.*

Christus se volmaakte offer 23 Dit was dus nodig dat die afbeeldings van wat in die hemelex is deur

hierdie dinge gereinig word — maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie. 24 Want Christus het nie 'n mensgemaakte heiligdom, 'n nabootsing van die ware een, binnegegaan nie, maar die hemel self, om nou ter wille van ons voor God te verskyn;* 25 ook nie sodat Hy Homself herhaaldelik sou offer nie — anders as die hoëpriester, wat jaar ná jaar in die Heilige met 'n ander se bloed ingaan — 26 aangesien Hy dan dikwels van

v9:18 verbond: Ontbreek in die •bronteks, maar is duidelik uit die konteks. Vir “verbond”, vgl voetnoot by Heb 9:15. *9:19 Eks 24:3,6-8; Num 19:6 w9:19 marjolein: 'n Bossie wat teen mure groei en waarmee reinigingswater gesprinkel is. Die volksnaam hisop is 'n transliterasie van die Hebreeuse woord. *9:19 rooi ... marjolein: Lev 14:4; Num 19:6 *9:20 Dit ... bepaal het: Eks 24:8 *9:21 Lev 8:15,19 *9:22 sonder ... plaas nie: Lev 17:11 x9:23 hemele: Volgens die destydse wêreldbeeld was daar verskillende hemele, waaronder die wolkehemel, die sterrehemel en die derde hemel waar God woon. *9:24 om nou ... verskyn: 1 Joh 2:1

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

die grondlegging van die wêreld af sou moes ly. Maar nou, by die volheid van die tye, het Hy eens en vir altyd verskyn om met sy offer die sonde ter syde te stel. 27 En net soos dit bestem is vir mense om slegs een maal te sterf,* en daarna kom die oordeel, 28 so sal •Christus, nadat Hy eenmalig geoffer is* om die sondes van baie te dra,* 'n tweede maal verskyn aan hulle wat Hom verwag,* nie weens sonde nie, maar om hulle te verlos.

10 1 Die wet bevat immers net 'n afskaduwing van die toekomstige goeie

dinge, nie 'n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar ná jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie. 2 Sou hulle nie andersins opgehou het om offers te bring, omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie? 3 Maar deur dié offers word hulle nou jaarliks aan hulle sondes herinner; 4 want die bloed van bulle en bokke* kan onmoontlik sondes wegneem.

5 Daarom sê Hy met sy koms na die wêreld:

“Offerande en offergawe wou U nie hê nie, maar 'n liggaam het U vir My voorberei; 6 ja, brandoffers en sondeoffers het U nie tevrede gestel nie. 7 Toe het Ek gesê, ‘Kyk, hier is Ek om u wil te doen, o God! Dit is in die •boekrol oor My geskryf.’ ”y

*9:27 dit bestem ... sterf: Gen 3:19 *9:28 Christus ... geoffer is: Heb 10:10 *9:28 om die ... dra: Jes 53:12; 1 Pet 2:24 *9:28 'n tweede maal ... verwag: Fil 3:20; 2 Tim 4:8 *10:4 die bloed ... bokke: Lev 16:15,21; Heb 9:13 y10:5-7 Offerande ... geskryf: Aanhaling uit Ps 40:7-9 as heenwysing na Jesus Christus.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

8 Eers sê Hy hierbo: “Offerandes en offergawes”* en “brandoffers en sondeoffers wou U nie hê* en het U nie tevrede gestel nie” — dit is wat volgens die wet geoffer word. 9 Dan sê Hy: “Kyk, hier is Ek om u wil te doen!”* Hy beëindig die eerste, sodat Hy die tweede tot stand kan bring. 10 Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus •Christus, eens en vir altyd.*

11 Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers,* wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie; 12 maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhandz van God gaan sit.a 13 Sedertdien wag Hy totdat sy vyande 'n •voetbank vir sy voeteb gemaak word.c 14 Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.

15 Ook die Heilige Gees getuig teenoor ons; want nadat Hy gesê het,

16 *“Dit is dan die verbond wat Ek ná daardie dae met hulle sal sluit, sê die Here: Ek sal my wette in hulle harte gee

*10:8 Offerandes en offergawes: Ps 40:7 *10:8 brandoffers ... nie hê: Ps 40:7 *10:9 Kyk ... doen: Ps 40:8-9 *10:10 is ons ... altyd: Heb 9:12,28 *10:11 Elke ... offers: Eks 29:38 z10:12 regterhand: 'n Posisie aan die •regterhand van 'n persoon is gesien as 'n posisie van voorrang. a10:12 het Hy ... sit: Dit verwys na Ps 110:1 as heenwysing na Jesus Christus; vgl Matt 22:44; Mark 16:19; Hand 2:34; Ef 1:20; Heb 1:3; 8:1; 12:2. b10:13 voetbank ... voete: Dit dui op die onderwerping van die vyand. c10:13 totdat ... gemaak word: Dit verwys na Ps 110:1 as heenwysing na Jesus Christus. *10:16 Jer 31:33; Heb 8:10

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

en dit op hulle verstand neerskryf,” sê Hy ook:

17 *“Ek sal glad nie meer aan hulle sondes en aan hulle wettelose dade dink nie.”

18 Waar daar vergifnis hiervoor is, word 'n offer vir sondes nie meer gebring nie.

Oproep en waarskuwing 19 Broers,d ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te

gaan na die heiligdom,* 20 langs 'n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die tempelgordyn heen, dit is deur sy liggaam, 21 en ons het 'n groot Priester oor die huis van God. 22 Laat ons daarom ingaan met 'n opregte hart, in volle geloofsekerheid, met ons harte besprinkel, vry van 'n slegte gewete,* en ons liggame gewas met skoon water.* 23 Laat ons styf vashou aan die belydenis van wat ons hoop, sonder om af te wyk,* want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou. 24 Laat ons ons ook daarop toelê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade, 25 sonder om ons eie samekoms te verwaarloos, soos sommige se gewoonte is; laat ons eerder mekaar aanmoedig, soveel te meer nog namate julle dié dag sien nader kom!*

*10:17 Jer 31:34; 38:34 •Septuagint; Heb 8:12 d10:19 Broers: Volgens destydse opvatting was die susters hierby ingesluit. *10:19 ons het ... heiligdom: Heb 4:16 *10:22 met ons ... gewete: Eseg 36:25 *10:22 ons liggame ... water: Ef 5:26 *10:23 Laat ... te wyk: Heb 4:14 *10:25 dag ... kom: Eseg 7:4 Septuagint

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

26 *Want as ons willens en wetens aanhou sonde doen nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar nie meer 'n offer vir ons sondes oor nie, 27 maar wel 'n verskriklike verwagting van oordeel en intense vuur wat God se teenstanders gaan verteer.* 28 Wanneer iemand die •wet van Moses verwerp het, het hy gesterf op grond van twee of drie se getuienis,* sonder genade. 29 Hoeveel erger straf dink julle sal iemand verdien wat die •Seun van God vertrap het, die bloed van die verbond* waardeur hy geheilig is, gering geag het en die Gees van genade uitgedaag het? 30 Want ons ken Hom wat gesê het:

“Aan My behoort die wraak; Ek sal vergeld.”* en ook:

“Die Here sal sy volk oordeel.”* 31 Verskriklik is dit om te val in die hande van die lewende God!

32 Maar onthou die vroeër dae toe julle, nadat julle verlig is, 'n geweldige stryd van lyding deurstaan het. 33 Aan die een kant is julle deur beledigings en deur verdrukking openlik bespotlik gemaak;* aan die ander kant het julle julle vereenselwig met dié wat so behandel word. 34 Ook het julle met die gevangenes medelye gehad, en die beslaglegging van julle besittings met vreugde aanvaar, omdat julle weet

*10:26 Heb 6:4-8 *10:27 intense ... verteer: Jes 26:11 Septuagint *10:28 het hy ... getuienis: Deut 17:6; 19:15 *10:29 die bloed ... verbond: Eks 24:8; Heb 13:20 *10:30 Aan ... vergeld: Deut 32:35; Rom 12:19 *10:30 Die Here ... oordeel: Deut 32:36; Ps 135:14 (Ps 134:14 Septuagint) *10:33 is ... gemaak: 1 Kor 4:9

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

dat julle 'n beter en blywende besitting het. 35 Julle moet dus nie julle vrymoedigheid prysgee nie; dit hou 'n groot beloning in. 36 *Julle het inderdaad volharding nodig, sodat julle, wanneer julle die wil van God gedoen het, die belofte kan verkry.

37 *Want nog net “'n baie kort rukkie,* en Hy wat kom, sal kom en nie talm nie. 38 Maar my regverdige een sal uit geloof leef.e As hy hom egter sou onttrek, het Ek geen behae in hom nie.”

39 Maar ons is nie deel van enige onttrekking wat tot ondergang lei nie, maar van die geloof wat lei tot behoud van die lewe.f

11 Voorbeelde van geloofsvolharding

1 Geloof egter is sekerheid van die dinge wat gehoop word; 'n bewys van die dinge wat nie gesien word nie. 2 Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar met lof aangaande die mense van ouds getuig is. 3 *Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is. Gevolglik het dit wat gesien word, nie uit die sigbare ontstaan nie.*

*10:36 Luk 21:19; Heb 6:12 *10:37-38 Hab 2:3-4 Septuagint *10:37 Want ... rukkie: Jes 26:20 Septuagint e10:38 Maar ... leef: Hierdie aanhaling uit Hab 2:4 Septuagint word hier deur die skrywer op 'n eie besondere manier weergegee; vgl Rom 1:17; Gal 3:11. f10:39 lewe: Ander vertalings lui “siel”. *11:3 Gen 1:1; Ps 33:6,9; 2 Pet 3:5 *11:3 Gevolglik ... ontstaan nie: Rom 4:17

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

4 Deur geloof het Abel 'n beter offer as Kain aan God gebring* — waardeur getuig is dat hy regverdig was toe God oor sy gawes getuienis gelewer het; en deur geloof praat hy nog steeds, al het hy gesterf. 5 Deur geloof is Henog weggeneem, sodat hy nie die dood gesien het nie, en “hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het”.* Want voordat hy weggeneem is, is van hom getuig “dat hy God behaag het”.* 6 Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag: Want wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié beloon wat Hom soek. 7 Deur geloof het Noag, toe hy die goddelike opdrag ontvang het oor dit wat nog glad nie gesien is nie, en omdat hy in eerbied gehoorsaam was, 'n ark voorberei vir die redding van sy huis.* Daardeur het hy die wêreld veroordeel en 'n erfgenaam geword van die regverdigingg volgens geloof.* 8 *Deur geloof was Abraham gehoorsaam toe hy geroep is om uit te trek na 'n plek wat hy as erfenis sou ontvang, en hy het weggetrek, sonder om te weet waarheen hy gaan. 9 *Deur geloof het hy as bywoner in die land van die belofte gaan bly, soos in 'n vreemde land, en het hy in tente gewoon saam met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die argitek en boumeester is.

*11:4 het Abel ... gebring: Gen 4:3-10 *11:5 Henog ... weggeneem het: Gen 5:24 •Septuagint; Sir 44:16; Wys 4:10; Henog 70:1-4 •Pseudepigrawe *11:5 dat ... het: Gen 5:24 *11:7 toe hy ... sy huis: Gen 6:13-22; 7:1; 1 Pet 3:20 g11:7 regverdiging: Kan ook vertaal word “vryspraak”. *11:7 van die regverdiging ... geloof: Gen 6:9; 7:1; Rom 3:22; 4:13; 9:30 *11:8 Gen 12:1-5; Hand 7:2-4 *11:9 Gen 23:4; 26:3; 35:12,27

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

11 Deur geloof het ook Sara, alhoewel reeds onvrugbaar en nie meer jonk nie,* krag ontvang om bevrug te word,h aangesien sy Hom wat dit beloof het, getrou geag het. 12 Daarom is daar uit een man, wat so te sê dood was,* 'n nageslag gebore, in getal so veel soos die sterre van die hemel en soos die ontelbare sandkorrels op die strand by die see.* 13 Al hierdie mense het in geloof gesterf sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit van ver af gesien en verwelkom, en bely dat hulle uitlandersi en vreemdelingej op die aarde is.* 14 Want dié wat sodanige dinge sê, gee te kenne dat hulle op soek is na 'n vaderland. 15 En as hulle nog aanhou dink het aan daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer; 16 maar nou hunker hulle na 'n beter een, 'n hemelse een. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie,* want Hy het vir hulle 'n stad voorberei. 17 *Deur geloof het Abraham, toe hy getoets is, Isak as offer aangebied en was hy op die punt om sy enigste te offer — hy wat die beloftes ontvang

*11:11 Sara ... jonk nie: Gen 17:19; 18:11-14; 21:2 h11:11 het ook ... word: Hierdie vertaling volg die •bronteks. Verskeie ander vertalings lui “het ook Abraham, alhoewel hy nie meer jonk was nie en Sara onvrugbaar was, krag ontvang vir die verwekking van 'n nageslag”. *11:12 uit een ... dood was: Rom 4:19 *11:12 soos die sterre ... see: Gen 15:5-6; 22:17; 32:12; Eks 32:13; Deut 1:10; 10:22 ; DanGr 3:36 •Septuagint; Sir 44:21 i11:13 uitlanders: Persone uit 'n ander land wat sonder enige regte in die land gewoon het. j11:13 vreemdelinge: Persone wat om politieke of ekonomiese redes hulle eie land verlaat het en tydelik in 'n ander land woon. Vreemdelinge wat tydelike verblyf by die Israeliete gekry het, het beskerming geniet. *11:13 vreemdelinge ... is: Gen 23:4; 47:9; 1 Kron 29:15; Ps 39:12; 1 Pet 2:11 *11:16 skaam ... word nie: Eks 3:6,15; 4:5; Mark 12:26 *11:17 Gen 22:1-10; Jak 2:21

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

het, 18 aan wie gesê is, “Deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag wees”* 19 — omdat hy gereken het dat God die mag het om ook uit die dood op te wek; waaruit hy, figuurlik gesproke, hom ook terugontvang het. 20 *Deur geloof het Isak vir Jakob en Esau geseën met betrekking tot toekomstige dinge. 21 Deur geloof het Jakob, terwyl hy sterwend was, elkeen van die seuns van Josef geseën* en “het hy in aanbidding gebuig oor die bopunt van sy staf”.* 22 *Deur geloof het Josef, toe hy op sy einde was, van die uittog van die Israeliete melding gemaak en het hy opdrag gegee in verband met sy beendere. 23 Deur geloof is Moses, toe hy gebore is, drie maande lank deur sy ouers weggesteek* omdat hulle gesien het dat die kindjie mooi was, en hulle nie vir die koning se bevel bang was nie.* 24 *Deur geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van die dogter van Farao genoem te word, 25 en het hy eerder verkies om saam met die volk van God sleg behandel te word as om die kortstondige genot van sonde te beleef. 26 Hy het die smaad van die •Christus groter rykdom geag as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. 27 Deur geloof het hy Egipte verlaat* sonder om bang te wees vir die

*11:18 Deur ... wees: Gen 21:12 Septuagint; Rom 9:7 *11:20 Gen 27:27-29,39-40 *11:21 Jakob ... geseën: Gen 48:15-16 *11:21 het hy ... staf: Gen 47:31 Septuagint *11:22 Gen 50:24-25; Eks 13:19 *11:23 is Moses ... weggesteek: Eks 2:2 *11:23 hulle nie ... was nie: Eks 1:22 *11:24 Eks 2:10-12 *11:27 het hy ... verlaat: Eks 2:15; 12:51

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

woede van die koning, want hy het volhard soos een wat Hom, die Onsienlike, sien. 28 *Deur geloof het hy die Pasgak ingestel en die bloed laat aansmeer, sodat die doodsengel nie aan hulle •eersgeborenes sou raak nie. 29 *Deur geloof het hulle deur die Rooiseel getrek soos oor droë land, terwyl die Egiptenare, toe hulle dit probeer doen het, verdrink het. 30 *Deur geloof het die mure van Jerigo geval nadat daar vir sewe dae rondom die stad getrek is. 31 *Deur geloof het Ragab, die prostituut, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

32 En wat moet ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek om te vertel van Gideon, Barak, Simson, Jefta, Dawid, en ook van Samuel en die profete — 33 hulle wat deur geloof koninkryke verower het, wat gedoen het wat reg is, wat beloftes verkry het, wat die bekke van leeus toegestop het,* 34 wat die geweld van vuur geblus,* die skerpte van die swaard ontvlug het, wat krag ontvang het in hulle swakheid, wat magtig geword het in oorlogvoering, wat slagordes van vreemdes afgeweer het.

*11:28 Eks 12:21-30 k11:28 Pasga: Die fees wanneer elke gesin in Israel 'n lam moes slag en dit moes eet saam met bitter kruie en ongesuurde brood. Hulle moes die fees vier op 14 •Abib of •Nisan, soos die maand later genoem is, tydens die volmaannag in Maart-April; •Feeste. *11:29 Eks 14:21-31 l11:29 Rooisee: In Eks 10:19; 13:18 en elders word die Hebreeuse pleknaam met “Rietsee” vertaal. Die Septuagint, wat deur die NT gebruik is (vgl Hand 7:36), vertaal dit met “Rooisee”. In antieke tye kon die “Rooisee” waarskynlik na sowel die Golf van Suez (Rooisee) as die Golf van Akaba verwys het. *11:30 Jos 6:12-21 *11:31 Jos 2:11-12; 6:21-25; Jak 2:25 *11:33 bekke ... toegestop het: Rig 14:6-7; 1 Sam 17:34-36; Dan 6:1-27 *11:34 wat die ... geblus: Dan 3:23-25

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

35 Vroue het hulle dooies deur opstanding terugontvang;* ander weer is gemartel toe hulle nie die vrylating wou aanvaar nie, sodat hulle 'n beter opstanding kon verkry;* 36 *nog ander het die toets van bespotting en slae verduur, en boonop van boeie en gevangenskap. 37 Hulle is gestenig,* middeldeur gesaag;* deur teregstelling met die swaard het hulle gesterf, in skaapvelle het hulle geswerf, in bokvelle, behoeftig, verdruk, mishandel — 38 die wêreld was hulle nie werd nie — terwyl hulle in verlate plekke en oor berge rondgeswerf het, en in grotte en in gate in die grond.

39 En hoewel daar oor al hierdie mense vanweë hulle geloof met lof getuig is, het hulle nie die belofte ontvang nie, 40 aangesien God iets beters vir ons voorsien het, sodat hulle nie sonder ons volmaak gemaak sou word nie.

12 Aanmoediging om te volhard

1 Daarom, terwyl ons ook so 'n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,* 2 die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het.m 3 Dink inderdaad aan

*11:35 Vroue ... terugontvang: 1 Kon 17:17-24; 2 Kon 4:25-37 *11:35 ander ... verkry: 2 Mak 6:18 — 7:42 *11:36 1 Kon 22:26-27; 2 Kron 18:25-26; Jer 20:2; 37:15; 38:6 *11:37 Hulle is gestenig: 2 Kron 24:21 *11:37 middeldeur gesaag: Die Hemelvaart van Jes 5:11-14 •Pseudepigrawe *12:1 die wedloop ... hardloop: 1 Kor 9:24 m12:2 sy plek ... ingeneem het: Dit verwys na Ps 110:1 as heenwysing na Jesus Christus; vgl Matt 22:44; Mark 16:19; Hand 2:34; Ef 1:20; Heb 1:3; 8:1; 10:12.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Hom wat so 'n vyandigheid van die kant van sondaars teen Hom verduur het, sodat julle nie geestelik moeg raak en uitsak nie.

4 Julle het nog nie ten bloede toe teenstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. 5 En julle het die aansporing wat julle as kinders aanspreek, heeltemal vergeet:

“My seun, moenie die tugtiging van die Here geringskat nie en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie; 6 want die Here tug dié wat Hy liefhet,* en Hy straf elke seun wat Hy aanneem.”*

7 Verdra dit as tugtiging, want God behandel julle as sy seuns. Want watter seun word nie deur sy vader getug nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, waaraan almal deel gehad het, dan is julle onegn en nie egte seuns nie. 9 Verder, ons het tog ons aardse vaders gehad wat ons getug het en ons het hulle gerespekteer. Sal ons ons nie baie eerder aan ons geestelike Vadero onderwerp en leef nie? 10 Want hulle het ons vir 'n kort rukkie getug volgens dit wat vir hulle reg gelyk het, maar Hy tot ons beswil, sodat ons deel kan kry aan sy heiligheid. 11 Op die oomblik lyk elke tugtiging wel nie of dit blydskap bring nie, maar droefheid. Later lewer dit egter 'n vredevolle vrug op vir hulle wat daardeur ingeoefen is: 'n vrug van •geregtigheid.*

*12:6 want ... liefhet: Op 3:19 *12:5-6 My seun ... aanneem: Spr 3:11-12 n12:8 oneg: Dit het destydse verwys dit na kinders wat nie uit 'n wettige huwelik gebore is nie en daarom nie die regte van wettige kinders gehad het nie. o12:9 geestelike Vader: Letterlik ‘Vader van die geeste’; Num 16:22; 27:16 •Septuagint. *12:11 lewer ... geregtigheid: Jak 3:17-18

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

12 Daarom, tel op die slap hande en die lam knieë* 13 en maak reguit paaie vir julle voete,* sodat wat lam is, nie dalk mag swik nie, maar eerder gesond kan word.

Waarskuwing teen verwerping van die genade 14 Streef na vrede met almal* en na die heiligmaking, waarsonder

niemand die Here sal sien nie. 15 Sien toe dat niemand die genade van God verspeel nie, sodat geen wortel van bitterheid opskiet en moeilikheid veroorsaak* en baie daardeur besoedel word nie; 16 ook dat niemand sedeloos of goddeloos optree soos Esau nie — hy wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg prysgegee het.* 17 *Julle weet immers dat toe hy hierna die seën wou beërf, hy afgewys is, want hy kon nie 'n weg vind tot gesindheidsveranderingp nie — alhoewel hy dit met trane gesoek het.

18 *Julle het nie aangekom by iets tasbaars, by 'n brandende vuur en by duisternis en donkerte en stormwind nie — 19 ook nie by die klank van 'n basuin en 'n weerklinkende stem wat die hoorders laat pleit het dat nie nog 'n woord vir hulle toegevoeg word nie; 20 want die opdrag, “Selfs as 'n wilde dier die berg aanraak, moet dit gestenig word”,* kon hulle nie hanteer nie. 21 En so angswekkend was die verskynsel dat Moses gesê het: “Ek is beangs* en ek sidder!” 22 Nee, julle het aangekom by die berg

*12:12 tel op ... knieë: Jes 35:3; Sir 25:23 *12:13 maak ... voete: Spr 4:26 •Septuagint *12:14 Streef ... almal: Ps 34:14; Rom 12:18 *12:15 sodat ... veroorsaak: Deut 29:17 Septuagint *12:16 Esau ... prysgegee het: Gen 25:33-34 *12:17 Gen 27:30-40 p12:17 gesindheidsverandering: Dws by Isak; vgl Gen 27:34-40. *12:18-19 Eks 19:16-22; 20:18-21; Deut 4:11-12; 5:22-27 *12:20 Selfs ... word: Eks 19:12-13 *12:21 Ek is beangs: Deut 9:19

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Sion en die stad van die lewende God, by die hemelse Jerusalem* en tienduisende engele,* by die feestelike byeenkoms 23 en 'n •gemeente van •eersgeborenes wat opgeteken is in die hemele,q* en by God, die Regter van almal,* en by die geeste van die regverdiges wat vervolmaak is, 24 en by Jesus, die Middelaar van 'n nuwe verbond,* en by die bloed wat gesprinkel is,* en wat sterker praat as dié van Abel.*

25 Sien toe dat julle Hom wat praat, nie verontagsaam nie; want as hulle nie ontvlug het toe hulle Hom, wat hulle op aarde gewaarsku het, verontagsaam het nie, soveel te meer ons as ons die rug draai op Hom wat ons van die hemele af waarsku!* 26 Destyds het sy stem die aarde geskud,* maar nou het Hy die volgende aangekondig: “Nog een keer sal Ek nie net die aarde skud nie, maar ook die hemel.”* 27 En hierdie uitdrukking “nog een keer” wys op die verandering van die wankelbare dinge — die geskape dinge — sodat die onwankelbare dinge sal bly. 28 Daarom, terwyl ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op 'n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag. 29 Want ons God is inderdaad 'n verterende vuur.*

*12:22 hemelse Jerusalem: Gal 4:26; Op 21:2 *12:22 tienduisende engele: Op 5:11 q12:23 hemele: Volgens die destydse wêreldbeeld was daar verskillende hemele, waaronder die wolkehemel, die sterrehemel en die derde hemel waar God woon. *12:23 wat opgeteken ... hemele: Luk 10:20 *12:23 God ... almal: Gen 18:25; Ps 50:6 *12:24 Jesus ... verbond: Heb 7:22; 8:6; 9:15 *12:24 bloed ... is: 1 Pet 1:2 *12:24 as ... Abel: Gen 4:10 *12:25 want as ... af waarsku: Heb 2:1-3; 10:28-29 *12:26 Destyds ... geskud: Eks 19:18; Rig 5:4; Ps 45:7 Septuagint; 68:8; 77:19 *12:26 Nog ... hemel: Hag 2:6 Septuagint; Mark 13:25 *12:29 ons God ... vuur: Deut 4:24; 9:3; Jes 33:14

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

13 Laaste opdragte

1 Die broederliefde moet bly! 2 Moenie versuim om gasvry te wees nie, want hierdeur het sommige, sonder dat hulle dit weet, engele as gaste ontvang.* 3 Dink aan die gevangenes* asof julle medegevangenes is, aan hulle wat mishandel word asof julle dit self aan julle liggaam beleef. 4 Die huwelik moet in alle opsigte eerbaar gehou word en die huweliksbed moet onbesoedeld wees, want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.* 5 Julle leefwyse moet vry wees van geldgierigheid. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê, “Ek sal jou beslis nie verlaat nie en ook nie in die steek laat nie”,* 6 sodat ons met vertroue kan sê:

“Die Here is vir my 'n helper, ek sal nie bang wees nie. Wat sal 'n mens aan my doen?”*

7 Hou altyd julle leiers in gedagte, dié wat die woord van God aan julle verkondig het; gee ag op die uiteinde van hulle lewensloop, en neem hulle geloof as voorbeeld.* 8 Jesus •Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. 9 Moenie meegevoer raak deur allerhande vreemde leringe nie,* want dit is goed dat die hart deur genade versterk word, nie

*13:2 sonder ... ontvang: Gen 18:1-8; 19:1-3 *13:3 Dink ... gevangenes: Matt 25:36; Heb 10:34 *13:4 want ... oordeel: Gal 5:19,21; Ef 5:5 *13:5 Ek ... laat nie: Deut 31:6,8; Gen 28:15; Jos 1:5 *13:6 Die Here ... doen: Ps 118:6 (117:6 •Septuagint) *13:7 neem ... voorbeeld: 1 Kor 4:16; Heb 6:12 *13:9 Moenie ... leringe nie: Ef 4:14

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

deur eetgebruike wat dié wat daarvolgens lewe, niks baat nie. 10 Ons het 'n offeraltaar waarvan dié wat in die •tabernakel diens verrig, nie mag eet nie. 11 *Want die karkasse van die diere waarvan die bloed ter wille van die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word, word buite die laer verbrand. 12 Daarom het ook Jesus so buite die stadspoort gely, sodat Hy die volk deur sy eie bloed kon heilig. 13 *Laat ons dus uitgaan na Hom buite die laer en sy smaad verduur. 14 *Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons is op soek na die toekomstige stad. 15 Laat ons dan deur Hom voortdurend 'n lofoffer aan God bring — dit is die vrug van lippe* wat sy Naam saam bely.* 16 En moenie versuim om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want God het behae in sodanige offers.*

17 Wees gehoorsaam en onderdanig aan julle leiers, want hulle waak oor julle sieler* as diegene wat rekenskap sal moet gee — sodat hulle dit met vreugde kan doen, en nie al sugtend nie, want dit sal vir julle nie goed wees nie.

18 Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 'n goeie gewete het, omdat ons in alles daarna streef om eerbaar te leef.* 19 Veral pleit ek dat julle dit sal doen sodat ek binnekort na julle teruggebring sal word.

*13:11 Lev 16:27 *13:13 Heb 11:26 *13:14 Heb 11:10,16; 12:22 *13:15 vrug van lippe: Hos 14:2 *13:15 lofoffer ... bely: 2 Kron 29:31; Ps 50:14,23 *13:16 want ... offers: Fil 4:18 r13:17 siele: Mense se bewuste, innerlike self wat kan voortbestaan ná hulle liggaamlike dood. *13:17 want ... siele: Jes 62:6; Eseg 3:17 *13:18 'n goeie ... leef: Hand 24:16; 2 Kor 1:12

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika

20 En mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape,* ons Here Jesus, uit die dood uitgelei het* deur die bloed van die ewige verbond,* 21 julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen, terwyl Hy in ons dit doen wat voor Hom welbehaaglik is deur Jesus •Christus, aan wie die heerlikheid behoort vir ewig en ewig! •Amen!

Laaste opmerkings en seëngroet 22 Ek pleit by julle, broers,s aanvaar hierdie boodskap van aansporing,

want ek het maar kortliks vir julle geskryf. 23 Julle moet weet dat ons broer Timoteus reeds vertrek het.t As hy binnekort kom, sal ek julle saam met hom sien.

24 Groet al julle leiers en al die •heiliges. Dié wat van Italië is, groet julle.

25 Die genade bly met julle almal!

*13:20 die groot ... skape: 1 Pet 2:25 *13:20 wat ... uitgelei het: Jes 63:11 Septuagint *13:20 die bloed ... verbond: Sag 9:11; ewige verbond: Jes 55:3; Jer 32:40; Eseg 16:60; 37:26 s13:22 broers: Volgens destydse opvatting was die susters hierby ingesluit. t13:23 vertrek het: Vgl “uiteengegaan” in Hand 28:25. Kan ook vertaal word “vrygelaat is” of “weggestuur is”.