adres - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-augustus-2014.pdf · op die regte...

28
1

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 2: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

2

ADRES: h/v Southey en Brunswickstraat Adcockvale Posbus 27022 GREENACRES 6057 E-POS [email protected] WEBBLAD www.gkpe.co.za PREDIKANT: Ds. Theunis Potgieter 041 373 3447 (Pastorie) 083 366 6240 [email protected] KERKKANTOOR: (Landlyn en Faks) 041 373 9647 ADMINISTRATIEWE BEAMPTE: Martie Kruger KOSTER: Dawie Kruger [email protected] KANTOORURE: Maandae, Woensdae en Donderdae: 8:30—12:30 Vrydae: 8:30—16.30

Gereformeerde Kerk Port Elizabeth

Ons vertrou dat u hierdie uitgawe van die Pluimsaad sal geniet. Baie dankie aan ieder en elk wat ‘n artikel, foto of inligting deurgegee het. Menings hier uitgespreek, bly die verantwoordelikheid van die persoon wat die bydrae gemaak het of die artikel geskryf het. Stuur asseblief kommentaar of artikels na [email protected] of na die Pluimsaad-Kommissie ([email protected]) vir die volgende uitgawe D.V. November 2014

BANKBESONDERHEDE: ABSA Tjekrekening Nommer: 0290 340 284 Newtonpark Takkode: 511 917

Page 3: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

3

INHOUDSOPGAWE

Voetspore .................................................................................................. 4

Ek verlustig my in God se liefde ................................................................ 5

Kletskombuis ............................................................................................. 8

Bybel Woordsoek ...................................................................................... 10

C.S. Lewis on reasoning to Atheism .......................................................... 11

‘n Kleinood uit my Middelburgse kindertyd .............................................. 12

Yoti die Griekse Boertjie ............................................................................ 14

GKPE se borg ‘n bybel projek vir 2014 ...................................................... 16

Rehobot ..................................................................................................... 18

Die oog op die wederkoms ........................................................................ 19

Spyt kom altyd te laat................................................................................ 20

Vanaf die diakonie ..................................................................................... 22

Louis en Marietjie se boodskap ................................................................. 26

Kinders....................................................................................................... 27

Advertensies .............................................................................................. 28

Page 4: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

4

VOETSPORE

Een nag het ek ’n droom gehad.

Ek het gedroom dat ek op die strand loop

en gebeure uit my verlede het voor my afgespeel.

In elke toneel het ek twee rye voetspore in die sand gesien:

myne en die Here Jesus s’n.

Toe die laaste toneel voor my afspeel‚

het ek teruggekyk na die voetspore in die sand

en merk toe op dat daar soms net een ry spore was.

Dit was telkens gedurende die eensaamste en droewigste tye in my

lewe!

Dit het my gehinder en ek het gevra:

“Here‚ toe ek begin het om U te volg‚ het U beloof dat U my nooit in

die steek sal laat nie.

Hoekom was daar dan net een ry spore gedurende daardie moeilike

tye in my lewe?

Ek kan nie verstaan waarom U‚

in die tye wat ek dit die nodigste gehad

het‚ my verlaat het nie.”

Die Here het geantwoord: “My liewe kind!

Ek het jou lief en sal jou nooit verlaat nie.

Die tye wat jy net een ry spore gesien het

was die tye toe Ek jou gedra het.”

Page 5: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

5

EK VERLUSTIG MY IN GOD SE LIEFDE

Dit is waarvan my hart vol is: God het my lief. Nog voor die grond-legging van die wêreld het God my al geken. Hy ken my naam nog lank voordat ek gebore is. Toe Hy my in my ma se skoot gevorm het, was ek al deel van sy groot liefde. God is liefde, want Hy staan binne-in sy Wese in die allerheerlikste verhouding denkbaar. Hy is Vader, Seun en Heilige Gees. Die Drie-eenheid staan in verhouding met mekaar; so innig in Homself, dat Hy Een is. Dit is waarom Hy mense gemaak het. Hy wou ons deel maak van hierdie Goddelike liefde. Toe Hy die mens geskape het, het Hy sy asem in hom geblaas, Hy het as't ware sy eie Gees deel gemaak van die mens se siel, of gees. Dit laat my asemloos van verwonde ring as ek besef dat God se asem binne-in my is! Na die sondeval was dit nie God wat weggekruip het vir sy dierbare kinders nie. Nee, Hy het na hulle geroep in die sagte suising van die aandwind. Hulle was bang, want hulle het nie God se hart geken nie. Deur die eeue heen het God met soveel deernis en uitgestrekte arms na die mens toe gereik. Maar sy volk, en ander volke, was te hardkoppig om sy liefde aan te gryp. Hy moes hulle leer met aller-hande gebooie en voorskrifte, want hulle kon sy liefde nie verstaan nie. Hulle was bang vir Hom, want hulle het steeds nie sy hart geken nie. Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens het Hy ons gebrokenheid gevoel. Hy was hartseer, Hy het pyn en siektes geken, Hy het Hom onderwerp aan sy ouers, Hy het liefgehad. Hy het nie tussen die hoës van daardie tyd beweeg nie. Sy beste vriende was nie die Skrifgeleerdes nie. Nee, Hy het tussen die gebrokenes geleef....armes, verstotenes, siekes, sondaars. Hulle wat nie 'n

Page 6: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

6

regmatige deel in die samelewing gehad het nie. Hulle wat deur hul medemens verag is. Jesus het juis sy liefde op hulle uitgestort. In sy eie pyn kon Hy hulle pyn en vertwyfeling voel. Hy het ervaar hoe verwronge hulle sy Vader se hart gesien het. Jesus het aan sy mense vertel dat God sy Vader is. En dat Hy die geliefde Seun van die Vader is. Trouens, dit is wat sy Vader self gesê het by Jesus se doop in die Jordaanrivier. Hy het oorgeloop van sy Vader se liefde. Vir die Jode was dit vreemd, want God was vir hulle ver. Hulle het Hom met vrees en bewing genader. En hier kom hierdie man uit Nasaret, 'n gewone timmerman, en Hy vertel dat Hy sy Vader, wat God is, se geliefde Seun is! En dis nie al nie, Hy sê dat Hy in die boesem van die Vader is....so naby, dat Hy en die Vader Een is.... Want die Vader is in Hom en Hy is in die Vader. Maar Jesus sê ook dat Hy in ons is en ons in Hom..... Ons is saam met Hom gekruisig, saam met Hom opgewek uit die dood en ons het saam met Hom 'n plek in die hemel. Daar waar Jesus sit, aan die regterkant van sy Vader! Het jy al gewonder op watter manier God na sy Seun kyk? Is dit met afkeur? En is Jesus bang vir sy Vader? Nee, ons weet dat Jesus vol liefde en verwondering en teerheid bejeën word deur sy Vader, en dat sy Vader Hom oneindig liefhet, en volmaak tevrede is met Hom. Dit is wie die Vader is. En dit is hoe Hy ons sien in Jesus, sonder veroordeling. Net met liefde. Soos die Vader Hom sien aan sy reg-terhand, so sien Hy ons. Hy het ons lief met 'n liefde sonder einde. Dit is waaroor Jesus met sy Vader gepraat het in Joh 17. Hy het Vader se hart aan ons kom bekend maak. Hy het kom openbaar wie God regtig is. Hy het sy Naam aan ons kom bekend maak.

Page 7: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

7

Die Christelike Leeu Jan, 'n gelowige man, gaan jag. In die bos storm 'n leeu hom. Hy bid vinnig en desperaat...."Here, laat dit 'n Christelike leeu wees", is al wat hy uitkry.Die leeu stop by Jan, sit sy poot op Jan se kop en sê:"Seën Heer die voedsel wat vir my voorgesit is en maak my opreg dankbaar daarvoor.”

Daarom verlustig ek my in sy liefde. Wanneer ek hartseer is of pyn het, weet ek my Vader is vir my lief, Hy is nie teen my nie, Hy is vir my. Hy ken my soos die palm van sy hand. Hy koester my en be skerm my soos die appel van sy oog. Hy fluister in my daaglikse takies dat ek sy geliefde dogter is. En wanneer dinge moeilik raak om my, ook in ons land se onder-strominge, weet ek, my Vader het my lief. Daarom is ek nie vol vrees nie. Hy sal my koester tot in ewigheid!! Rina

Page 8: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

8

Kletskombuis

Ons het 2 Kletskombuisfunksies

gehou,waarvan een die vorm van ‘n padstal aangeneem het.

Daar was ‘n groot verskeidenheid items op die tafels,o.a ge-

hekelde doilies en blomme, gebreide mussies,serpe en selfs

vetplante in mooi versierde blompotte. Ook die eetgoed het nie

teruggestaan nie.

Met fudge,kleinkoekies,skuimpies en Hollandse wafels was dit

moeilik om ‘n keuse te maak. Vir die gesondheidbewustes was

daar droë vrugte, en ingemaakte blatjang en konfyte het ook

heerlik gelyk. Die gewone lekker ontbyte en ligte etes was op

die spyskaart.

Ons volgende byeenkoms is 19 September 2014 vanaf 9-uur

in die gemeenstesentrum. Kom kuier saam met ons. Almal is

baie welkom.

Kletskombuiskomitee

Page 9: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

9

Page 10: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

10

Page 11: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

11

C.S. LEWIS ON REASONING TO ATHEISM

“Supposing there was no intelligence behind the universes, no

creative mind. In that case, nobody designed my brain for the

purpose of thinking. It is merely that when the atoms inside my

skull happen, for physical or chemical reasons, to arrange

themselves in a certain way, this gives me, as a by-product,

the sensation I call thought. But, if so, how can I trust my own

thinking to be true? It’s like upsetting a milk jug and hoping that

the way it splashes itself will give you a map of London. But if I

can’t trust my own thinking, of course I can’t trust the argu-

ments leading to Atheism, and therefore have no reason to be

an Atheist, or anything else. Unless I believe in God, I cannot

believe in thought: so I can never use thought to disbelieve in

God.”

- C.S. Lewis

Page 12: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

12

‘n Kleinood uit my Middelburgse kindertyd Hier in die laat vyftigerjare, toe ek al mooi opgeskote was, kuier ‘n mnr. Kruger van die Baai op ‘n aand by my ouers in ons gesellige Smidstraat-kombuis. Die “oom” is ‘n vriend van my pa uit hulle Steynsburg-jeug. Die aand is hy spesiaal daar om ‘n boek aan my ma te verkoop. Dis ‘n resepteboek wat die Susters van die Gereformeerde gemeente Port Elizabeth saamgestel het vir kerkboufondse. ‘n Boek! Kerksusters! Mensig, maar daardie tannies is slim, het ek gedink. Net soos ek van mnr. P J du Toit gedink het wat iets soos Onderrig van Boekhou in Suid-Afrika geskryf het. “Ou Twak”, soos hy alombekend was, was al afgetree toe ek by hom ekstra lesse geneem het, maar daar het steeds so’n aura om die man gehang omdat hy ‘n boek die lig laat sien het. En ek was nogal die besitter van een van daardie boeke. En die slim skrywer het op Middelburg gewoon en hy was so talentvol dat hy ook ons skoollied geskryf het. So voel ek toe die aand daar waar ek my huiswerk sit en doen en mnr. Kruger die boek van eenkant tot anderkant aanprys terwyl hy aan my ma se gebak smul. Soentjies, Spitzroken, Opgestopte Apies, Kondensmelkbeskuit, Schrunchies, Napoleontert, Spogtertjies en Sandkoekies was maar ‘n paar van die name wat daardie aand gebesig is uit die landskap A5-formaat boekie met KOEK en TERT RESEPTEBOEK op die buiteblad geskryf in een van die oulike tannies se drukskrif. Binne-in verneem die leser of bakster dan dat die boek (nog in koppie- en lepel-afmetings) “uitgegee” word deur die Gereformeerde Susters Organisasie. Min weet ek toe daardie aand dat ek vir ‘n groot deel van my grootmenslewe saam met daardie Organisasie sou uithaal en wys ten behoewe van allerlei fondse.

Page 13: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

13

Nou is ek die besitter van hierdie boek wat by Aarbeirolkoek begin en op bladsy 63 by Dadelbrood eindig en wat my ma gebruik het om te help dat haar kind geleerd kom. Sy was ‘n baasbakster wat sertifikate van die Gesonheidsinspekteur en die Koringraad gehad het om haar vaardigheid en integriteit te verkondig. Gerty Thompson (voorheen Labuscagne, gebore Smith) het van vroegdag gewerk om bestellings vir kleinkoekies, vrugtekoeke, rolkoeke, terte, beskuit, savouries en koeksisters te lewer. Die meeste van haar baksels in my hoërskooljare was resepte uit hierdie vergeelde boekie wat nou aan die uitmekaarval is. Haar eie beproefde resepte is tussenin met die hand ingeskryf want die boekie is net aan die een kant van die bladsye gedruk. Die optik van die boek uit die vorige eeu was sekerlik die werk van nog ‘n vaardige Gereformeerde suster. En ek kan duidelik in my geestesoog sien hoe hulle die kerk se Gestetner-afrolmasjien gebruik het, die bladsye geknip het en met ‘n monster kramdrukker vasge-maak het. Daarna die omslag aangegom het… Vandag, meer as 50 jaar na KOEK en TERT, stel die Susters van die Baai ‘n resepteboek bekend. Hierdie keer is dit veel meer as koek en tert! Weer het daar ‘n klompie vaardige vroue saamgewerk: baasbak-sters, vaardige huiskokke, proesters, keurders, woordverwerkers, proeflesers, samestellers en dies meer. Moontlik sal daar ‘n kind of twee eendag onthou hoe die 2014-boek hulle huise binnegekom het wanneer hulle die ontslape moeder se besittings oppak. Mag die Baaise Gereformeerde susters nog baie spesiale projekte met flair en vindingrykheid aanpak. - Trudie Wegner

Page 14: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

14

Nadat die susters ‘n skrywe van Yoti die Griekse boertjie ontvang

het, het ons besluit om hom uit te nooi om te kom optree.

Kaartjies is verkoop en elkeen het sy eie piekniekmandjie gebring.

Na ‘n wankelrige begin het Yoti die gehoor betrek by sy vertoning

en het ons dit regtig geniet.

So het ons ‘n haastige stierbul gehad wat nie kon wag vir die rooi

vlag nie. Behalwe vir ons eie Griekse danseressies was daar ook

dames uit ‘n Arabiese harem.

Die hoogtepunt was egter die “troue van die aand” , Oppies en

Elsa het selfs ‘n huweliksregister geteken en elkeen het ‘n boog

gevorm en hulle met ‘n Griekse soentjie geluk gewens.

Om die aand af te sluit het Yoti ons almal die Zorba-dans geleer.

Page 15: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

15

Page 16: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

16

GKPE SE BORG-'N-BYBELPROJEK VIR 2014 Soos baie van u seker bewus van is, is daar vanaf September tot Desember 2013 'n fondsinsamelingsprojek in ons gemeente van stapel gestuur om Bybels te borg vir verspreiding deur die Bybelgenootskap van SA. Die prag-tige bedrag van R20 550 vir 342 nuwe Bybels (teen R60 elk) is toe in-gesamel, waarvoor ons die Here loof en dank! Die Borg-'n-Bybelkomitee sal baie graag hierdie jaar weer so 'n fondsinsamelingsveldtog wil loods vir die 3 maande wat strek vanaf Son-dag, 7 September tot Sondag, 7 Desember. Hierdie keer het ons egter gevoel dat ons miskien eerder vir 'n spesifieke projek geld moet insamel. Ons het toe vir ds. Ben Fourie, Streekshoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika in die Oos-Kaap, in dié verband gekontak en hy voel baie sterk oor die insameling van fondse om gratis Bybels aan Graad 7- leerders in skole in die armste dele van ons provinsie beskikbaar te stel. Die koste verbonde aan hierdie Bybels is R35 per eksemplaar. Die leerders in baie van die staatskole in arm dele van die land en ook in die Oos-Kaap moet daagliks talle uitdagings oorkom, soos bv. gebrekkige infrastruktuur, sekuriteitsprobleme, vandalisme, geweld, tienerswang-erskappe, MIV/Vigs en dwelm- en alkoholverslawing. Graad 7-leerders is die teikengroep, omdat hulle reeds met begrip kan lees. Hulle staan aan die begin van hulle tienerjare en is dikwels maklik beïnvloedbaar. Die Bybelse boodskap mag help met die vorming van 'n waardestelsel wat hulle kan help om die regte keuses te maak. Hierdie projek van die Bybelgenootskap word op 'n verantwoordelike ma-nier bestuur. Veral kerke en Christenorganisasies word gebruik om die skole wat Bybels moet ontvang, te identifiseer. In 2013 het 'n totaal van 41 800 Graad 7-leerders, hoofsaaklik in die arm dele van Suid-Afrika, 'n eie Bybel ontvang. Die Bybel bring hierdie kinders in kontak met die Lewende Woord en kan help om hulle in geloof te anker. Dit sal ook die kerke en Christenorganisasies wat met hierdie kinders werk, help as meer kinders 'n Bybel het. Vir sommige van dié kinders is die Bybel wat hulle by die skool ontvang die enigste Bybel in die huis! Vir 2014 het die Bybelgenootskap van Suid-Afrika begroot om R750 000 in te samel om aan die Graad 7-leerders in ons land wat dit nie self kan bekostig nie, 'n eie Bybel te skenk.

Page 17: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

17

Ons wil graag in samewerking met ds. Ben Fourie en sy span by die Bybelgenootskap hier in Port Elizabeth een of twee arm skole in ons direkte omgewing identifiseer, waar van ons gemeentelede dan self by die uitdeling van Bybels (waarvoor GKPE fondse ingesamel het) aan Graad 7-leerders betrokke kan wees. Ons sal ook weer ons kinders en jeug betrek deur aan dié wat graag by die projek betrokke wil raak, Borg-'n-Bybeldosies uit te deel, waarin hulle munte kan versamel vir 'n muntlegging wat ons vir iewers in November 2014 beplan. Die presiese datum hiervan sal later deurgegee word. Soos verlede jaar, gaan ons van die barometer voor in die kerk gebruik maak om Sondagoggende voor die diens die vordering wat ons met die fondsinsameling maak, aan te dui. Spesiale koevertjies sal weer by die deure en by my beskikbaar wees. Ons wil dus 'n vriendelike, dog ernstige beroep op die hele gemeente doen om julle harte en beursies oop te maak vir hierdie beoogde projek en om mildelik by te dra, want vir elke R35 wat ons insamel, kan ons 'n Bybel in 'n arm, jong tiener se hand plaas wat hom of haar moontlik na Jesus, ons Koning en Verlosser kan lei. Dink asseblief ook gereeld in julle gebede aan ons projek, want sonder die Here se seën daarop, sal ons niks kan vermag nie. Laat ons probeer om vanjaar nog 'n groter sukses as verlede jaar te behaal vir die uitdra van God se Woord hier op aarde. Ter afsluiting wil ek graag die volgende woorde van Nadia, 'n Graad 7-leerder wat 'n gratis Bybel ontvang het, aanhaal: “ Vir my is hierdie Bybel die allergrootste geskenk, nie net vir 'n maand of twee nie, maar vir die res van my lewe!” Baie dankie by voorbaat vir almal se bydraes en voorbidding. Anna-Marie de Waard Sameroepster: GKPE Borg-'n-Bybelkomitee

Page 18: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

18

REHOBOT

Goeie nuus! Na vele oorwegings is besluit om weer met Rehobot te begin. Dit sal elke laaste Woensdag van die maand plaasvind en slegs lekker sop en broodjies sal bedien word. Daarna sal hulle in die kerk na die bediening van die woord luister.. Hoop ons sal weer op die susters wat ons in die verlede gehelp het, se knoppies kan druk met die voorbereiding van die sop. Dit kan weer Sondae in die yskas of vrieskas geplaas word. Ek sal voor die tyd met u in kontak kom om te help, indien u u weg oop sien. Gedurende 2014 is dit die volgende datums: 27 Augustus 17 September (24ste vakansiedag) 29 Oktober 26 November. Byvoorbaat dankie vir u hulp en gesindheid met die uitreikpro-gram. Ds. Theunis en ek sal in beheer wees. Vir enige navrae kan u my gerus kontak. Liefde in Jesus Christus. Annalie Cilliers Tel: 041 397 2161 Sel: 083 650 6601

Page 19: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

19

DIE OOG OP DIE WEDERKOMS

“Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig

sal vind.” - Matteus 24 : 46.

Die Here Jesus vertel die gelykenis van die twee diensknegte met die oog op sy

wederkoms. Daar is die getroue dienskneg wat op die regte tyd voedsel aan die

diensvolk gee. Sy heer kan enige tyd kom en dan vind hy hom getrou in sy taak be-

sig om die voedsel betyds uit te deel. Hy doen dit, of sy heer naby is of nie.

Maar daar is 'n tweede dienskneg wat meen dat sy heer talm om te kom - dat sy heer

wegbly. Hy meen dat hy nou in die afwesigheid van sy heer die ander kan mishan-

del en saam met die dronkaards kan drink. Hierdie tweede dienskneg is in homself

nie getrou nie, maar slegs as daar iemand oor hom toesig hou.

Die Here verwag van ons om elke oomblik getrou te wees. Ons getrouheid om te

dien moenie afhang van die feit dat mense ons raaksien nie. As ons onthou dat Jesus

self ons Here is en dat Hy ons altyd raaksien, sal ons nie maklik ontrou raak nie.

Ons moet getrou wees ter wille van die eer van die Here en ter wille van getrouheid

self. Ons moet getrouheid aankweek as deel van ons hele lewensbestaan.

So word ons geroep om ook in ons liefde en gehoorsaamheid aan die wil van God

getrou te bly. 'n Mens kan soms met baie goeie bedoelings begin om die Here te

dien en dan later verflou. Hy roep ons op tot volharding, d.w.s. om elke oomblik

getrou te bly.

Hou in gedagte dat die Here Jesus weer kom, dat Hy enige oomblik kan kom.

Waarmee wil ons graag besig wees wanneer Hy op die wolke kom? As ons geweet

het dat Jesus beslis môre sou kom, sou ons sorg dat ons besig is met wat Hom

behaag. Omdat ons nie weet wanneer Hy kom nie en meen dat Hy talm om te kom,

verslap ons so maklik.

Leef so asof Hy enige dag kan kom, en bly dan dag vir dag getrou aan Hom. Dien

Hom heelhartig asof Hy nou kom.

Gebed: Here, vestig my oë ook op die wolke en hou my gedagtig daaraan dat U aan

die kom is.

Uit: Lig en Lewe onder redaksie van MJ Smuts.

Page 20: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

20

SPYT KOM ALTYD TE LAAT - As vandag jou laaste dag was, wat sou jy anders gedoen het? (Vrouekeur 8 Augustus 2014 p67) Nadat ek die artikel van Ds. Janine Bevolo-Manders verbonde aan die NHK, Witfontein, Pretoria-Noord gelees het, het 'n groot hartseer by my opgekom. Dit is ons lidmaat-bywoning tydens die eredienste. Veral ons aand-eredienste wat bitter swak bygewoon word. Ons is op die boeke 400 lidmate. As die kerk 'vol was', was daar maar 200 lidmate. Saans wissel ons van 9 tot 25. Nou vra ek my af: waar is ons belydende lidmate dan. Kry die TV-programme werklik groter voorkeur as ons Hemelse Vader? Wonder maar net! Ons is nou 21jr in die gemeente en elke aand as ons in die Baai is by die erediens. Baie van ons bejaarde lidmate wat gereeld, vroeër kerk toe gekom het, het nou die ouderdom bereik waar hulle nie meer saans kan bestuur nie. Baie van hulle is verswak en kan nie eers meer kerk toe kom nie. Glo my baie van hulle smag in hulle harte om nog die erediens by te woon. In die somermaande wat dit nog lig is, is daar wel van hulle wat hulle weg oop sien om kerk toe te kom. Nou waar is ons jongmense, die met kinders en die sonder kinders? In 1993 toe ons hier gekom het, was die kerk saans vol, amper soos in die oggend. Mense het selfs van die strand af met hul strandklere en selfs kaalvoet kerk toe gekom. Maar hulle het gekom. Ons het tot saans elke 2de maand Nagmaal gehad. Die afgelope 8-9 jaar word ons aandbesoek al

hoe minder. Só dat daar vakansies nie eers meer 'n aanddiens is nie. Die uitkoms gaan wees, later geen aanddiens meer nie. Ds. Theunis het verlede week by Bybelstudie genoem dat as jy nie by die kerk betrokke is nie, hoe betrokke is jy nog by die Here? As jou vertikale verhouding met die Here en jouself nie gesond is nie, kan jou horisontale verhouding met jou naaste ook nie gesond wees nie. Laat mens wonder hoe is ons verhouding werklik met die Here! Elkeen moet die vraag maar vir hom/haarself beantwoord. So 5 jaar terug het ons jongmense saans almal kerk toe gekom, stuk of 20 van hulle. Nou kom 2 van hulle redelik gereeld kerk toe. Die meeste is getroud en nou sien jy hulle nooit meer in die aand in die kerk nie. Waar is julle? Wat hou julle weg van die kerk?

Page 21: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

21

Ouers met kinders, ja wat sal ek nou van julle sê! Ek het van geboorte af in die kerk groot geword en net so ook ons drie kinders. Ons het Son-daeaande kerk toe gegaan, maak nie saak of dit koud is, reën of sneeu nie. As daar geleer moet word vir eksamens, moes dit voor kerk of na kerk gedoen word. My uitgangspunt altyd was, ook as kind, môre wil jy die Here se seën op jou vraestel hê, maar vandag kan jy nie kerk toe kom om Hom te aanbid, loof en eer saam met medegelowiges nie. Verder ouers, die voorbereiding vir skool Maandag kan reeds Sondagmiddag ge-doen word. Die kerk is net 'n ¾ uur, betyds terug by die huis vir die kinders om 20:00 in die bed te wees. As kinders siek is, is dit natuurlik 'n ander saak. Ouers, julle het die Doopbelofte afgelê. Kom julle dit ten volle na? Antwoord dit vir julle self. Luister na wat die Woord sê:- Hebreërs 3:15 - "Vandag as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie." Jesaja 55:6 - "Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is." Hebreërs 10:25 - "Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die die oordeelsdag sien nader kom." 'n Laaste ding, Ds. Theunis berei die mooiste en leersaamste preke voor, juis vir die aanddiens, nou 'n reeks oor die Wapenrusting van God. Mense, vir die eerste keer in my lewe verstaan ek dit en onthou dit. As ons vra dat hy dit tydens oggenddienste moet preek, is sy antwoord: as jy nie daar was nie is dit vir jou verlore. Wat gaan julle doen as ons glad nie meer vry kan kerk toe kom of vry God se woord mag hoor of lees nie? Die tyd is be-sig om uit te loop vir ons, broeders, susters en kinders. SKRIK WAKKER EN LAAT ONS NIE LATER SPYT WEES OOR WAT KON NIE. DAARDIE SPYT SAL VIR SEKER TE LAAT WEES. - Ds Janine Bevolo-Manders Moenie uitstel nie. Hoop ons sien jou meer in die toekoms in die kerk! Liefde in Jesus Christus ons Here. Annalie Cilliers

Page 22: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

22

Vanaf die Diakonie Die diakonie het ‘n besluit geneem om die gemeente ingelig te hou aangaande die aktiwiteite van die diakonie. Ingevolge hierdie besluit het ons die vorige kwartaal ‘n aanbieding voor in die kerk gedoen. Baie dankie vir die positiewe terugvoer wat ons daarna ontvang het. Die keer het ons besluit om dit te doen deur middel van ‘n berig in die Pluimsaad.

Nuwe Diakens Ons verwelkom op die diakonie vir Anna-Marth Goosen as diaken van wyk Uitenhage/Despatch en Sarie du Preez is ons nuwe diaken in wyk Somerstrand 3.

Vakante Wyke Die volgende wyke is vakant

Somerstrand 2 Blouwaterbaai Newtonpark 2 Sentraal 3

Indien u bewus is van lidmate, of indien u self oor die gawes beskik en die begeerte het om as diaken te dien, kontak my asb per e-pos en ek sal graag met u in gesprek tree.

Finansies Dit is met groot dank dat ons kan berig dat die diakonie se finansies deeglik bestuur word en dat ons, danksy u getroue kollektes en sken-kings, ons verpligtinge vir die jaar tot datum kon nakom. Hiermee ‘n kort opsomming vir die eerste 7 maande van die jaar (vergelyking tus-sen 2013 en 2014). Nog donasies is ontvang maar nie ingereken nie aangesien dit in Augustus ontvang was.

Page 23: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

23

Projekte Tydens die vorige aanbieding het ons u ingelig aangaande die bus-sieprojek asook die gemeentekamp. Beide hierdie projekte sal aandag geniet tydens die laaste kwartaal. Indien u enige skenking wil doen, kan dit in die diakonie se rekening inbetaal met “Bussieprojek” as verwysing, of indien u dit in `n koevertjie plaas, merk dit asb. duidelik sodat die kassier dit kan toewys. Ongelukkig lyk dit of die kamp nie die jaar sal plaasvind nie a.g.v. problem met ‘n geskikte terrein en beskikbare datums.

Diensgroepe Graag doen ons weereens `n beroep op elke persoon in die ge-meente om betrokke te raak by ons diensgroepe. Indien u belangstel, kontak my of die diensgroep-sameroeper direk.

Item 2013 2014 % Aanpassing

Kollektes Ontvang

R 76 229-00 R 92 208-00 21% verhoging

Donasies R 6 700-00 R 12 380-00 85% verhoging

Bystand aan families, insluitend be-rading en brandstof

R 61 536-00 R 79 911-58 30% verhoging

Bankkoste R 2 018-29 R 2 625-43 30% verhoging

Hunters huur-motors

R 3 371-96 R 401-00 88% daling

Etes R 416-00 R 970-00 133% verhoging

Silwerklub R 1 648-00 R 2 000-00 21% verhoging

SDDS R 4 550-00

Page 24: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

24

Algemeen Met die laaste diakonievergadering op 4 November doen ons die begroting van die diakonie vir 2015 en ons sal u ingelig hou aan-gaande die beraamde behoeftes vir 2015. Ek rig graag weereens ‘n uitnodiging om met my in gesprek te tree of ‘n e-pos te stuur aangaande enige voorstelle, vrae of versoeke wat u tot die diakonie wil rig. Ons dank God vir sy genade en vra graag dat u die dia-konie sal opdra in u gebede. Dankie vir al die liefde en ondersteun-ing wat ons van u ontvang!

U broer in Christus Jacques de Villiers

Page 25: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

25

Die

ns

gro

ep

S

am

ero

ep

er

Se

lnr

E-P

os

Uitre

ik G

KP

E

Rone

l K

otz

é

0832

333

111

ronel@

industr

yin

sig

ht.co.z

a

Silw

erk

lub

Jannes M

oo

lman

0829

557

374

dr.

moolm

an@

executivem

ail.

co.

za

Sie

kebeso

ek

Estie C

oetz

er

0834

501

608

estie

@carifr

o.c

om

Jeugbe

die

nin

g

Fra

ncois

Potg

iete

r 0732

141

819

francois

potg

iete

r86@

gm

ail.

com

Werk

skeppin

g

Gert

Kru

ger

0832

273

886

ghjk

@la

ntic.n

et

Insta

nd

hou

din

g v

an d

ie

ere

die

ns

Marius J

anse v

an V

uure

n

0824

662

515

mariusvv@

telk

om

sa.n

et

Ekste

rne S

kakelin

g

Jacques d

e V

illie

rs

0833

758

056

j.devill

iers

@lib

ert

y.c

o.z

a

Fondsin

sam

elin

g/P

roje

kte

M

art

ie R

aute

nbach

0824

458

274

Mart

ie16

04

@gm

ail.

com

Fin

ansie

s

Gra

ham

Hall

0824

456

393

hallo

fvis

ion

@gm

ail.

com

Nu

we I

ntr

ek-

kers

/Verj

aars

dae

Fra

ncois

Potg

iete

r 0732

141

819

francois

potg

iete

r86@

gm

ail.

com

Page 26: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

26

Liewe Familie en Vriende/ Dear Friends:

In order to save time and wear of my index fingers, I shall be typ-

ing in both languages. We would thank you warmly for the serious,

interesting and often comical e-mails received during the past num-

ber of weeks. Julle mag wonder waarom ons so stil was en niks

teruggestuur het nie. Ons moes vanweë omstandighede agter-

eenvolgens die Noord-Kaap (Steynsburg, soggens -8 en 'n half

grade) aandurf, Bloemfontein (-6 en 'n half) en Krugersdorp, nie

veel warmer nie, met die oog op onderskeidelik 'n roudiens en 'n 60

-jarige verjaarsdag.

We were hyperbrave, by hindsight, to dare take the Shosholoza

Meyl to Bloemfontein, finding that the promised bedding and heat-

ing were non-existent, while the situation right above the clattering

wheels left Marietjie with sleeping not a wink and me dozing off to

the rythm of Tennyson's "Death of Arthur: " ...So all day

(night!) long the noise of battle rolled..." (Specially for the Heaths,

Ronel, Desma, Cecilia, Riona, Chrisna and those who got ac-

quainted with Tennyson during high school or later).

Om die storie kort te maak, was dit die besonder koue weer, meen

ons, wat Marietjie met die terugkeer op Bloemfontein reeds simp-

tome van moontlike longontsteking laat ervaar het, maar na me-

diese behandeling het dit beter gegaan tot die aand van die 21ste

op Uitenhage, toe die erge bladpyn hervat het en ek haar hospitaal

toe moes haas, waar sy vir longpypontsteking behandel is, 5 dae

lank. Sy's tans heeltemal beter, maar op Donderdag, die 31ste,

moes ek in P E aan albei hande, een vinger elk, geopereer word vir

snellervingers (“trigger fingers”). The bandages will be removed on

the 14th, but in the meantime they may not become wet! Imagine

that, and my having to be spotlessly clean.

Page 27: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

27

KINDERS

‘n Prentjie is in die pluimsaad gesit. Kleur dit in en gee dit in by jou

Sondagskooljuffrou voor 2 November en ontvang ‘n gelukspakkie. Nog

prentjies sal in die saal beskikbaar wees. Prentjies sal in die saal op-

gesit word vir almal om te sien. Lekker inkleur!

This brief narrative explains our lengthy silence across the ether.

Maar hopelik sal dit nou beter gaan, selfs al is my vingers half

toeverbind.

Mag dit met julle almal goed gaan en dat julle ook, soos ons,

uitsien na die lente! Francois, Ella en Paul, julle wat 'n draai op

GRO gemaak het, sal die heerlike lentedagvieringe daar onthou!.

Met liefdewense en seënbedes

Louis en Marietjie

Naskrif vir niggie Cecilia: Ons twee dink steeds met deernis aan jou

en die gesin na die groot verlies van (prof.) Petie.

Page 28: ADRES - gkpe.co.zagkpe.co.za/blog/wp-content/uploads/2016/09/31-Augustus-2014.pdf · Op die regte tyd het God sy Seun gestuur. Hy wat sy Vader se hart aan ons kom wys het. As mens

28

Akkommodasie in Sunridgepark

Geniet outydse gasvryheid by OORSTANINKIE. Bed en kontinentale ontbyt teen R150 per persoon per nag, veilige parkering ingesluit.

Skakel Brunette van Vuuren: 041 360 7651 of 082 780 4345.

Gebruikte Motorvoertuie

As u bewus is van gebruikte motorvoertuie wat te koop is, skakel asseblief vir Johan Muller by 083 435 8670

Algoa Begrafnisdienste

Worrakerstraat 1B, Newtonpark (tel: 041 363 4875) streef daarna om ‘n topgehalte diens te lewer en gemoedsrus te verseker.

DIENSTE SLUIT IN: Reëlings rakende grafstene en gedenkplaatjies. Bekostigbare begrafnispolisse (polisse van ander firmas word aanvaar) KONTAK: Ida van der Westhuizen - 082 540 4627

Jan van der Westhuizen - 082 787 9091 Kantoor (041—363 4874/5 (Alle Ure)