adverteer gerus op ons voorblad! kontak: … · • die naskool is vanaf vry. 11 november tot di. 6...

20
Nuusbrief 37 Vrydag, 11 November 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: [email protected]

Upload: others

Post on 26-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

Nuusbrief 37 Vrydag, 11 November 2016 www.wouwtjies.co.za

Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847

AD

VE

RT

EE

R G

ER

US

OP

ON

S V

OO

RB

LA

D!

K

on

tak:

lisa

@w

ou

wtj

ies.

co.z

a

Page 2: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

2

2

ALGEMENE JAAR- EN BEGROTINGSVERGADERING

Baie dankie aan al die ouers wat die algemene jaarvergadering bygewoon het. Dit

was vir ons belangrik om die hoogtepunte van 2016 met u te deel.

Alhoewel die hele begro+ngsproses behandel is, was daar ongelukkig nie 'n

kworum gewees nie. Daarom, soos reeds vroeër aan u bekend gemaak is, sal daar

'n alterna+ewe vergadering op Dinsdag, 15 November om 18:00 in die skoolsaal.

plaasvind. Tydens dié vergadering sal 'n kworum nie nodig wees nie . Alle ouers is

welkom om die vergadering by te woon, waartydens die begro+ng aan u

voorgehou sal word vir goedkeuring.

AKADEMIESE MERIETETROFEES

Alle trofees wat aan die einde van verlede jaar aan die leerders toegeken is,

moet so gou moontlik terugbesorg word aan die skool. Plaas asb. elke trofee

in ʼn sakkie, met die leerder se naam en van duidelik daarop. Handig asb.

persoonlik by me. Anne-Marie Lubbe (Mediasentrum) in. Laaste datum vir

inhandiging: Vrydag, 4 November.

BELANGRIKE DATUMS VIR 2017

Stuur asb. dringend alle belangrike datums vir 2017 waarvan u bewus is,

aan me. Yvonne Neethling ([email protected]) met die oog op

volgende jaar se skooldagboek.

BELANGRIK: KULTUURMERIETE-AAND

Neem asb. kennis dat die Kultuurmeriete-aand se datum verander na

Woensdag, 23 November, in plaas van 24 November.

Page 3: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

3

3

JUNIORKOOR

Me. Carinda Fourie het ná deeglike oorweging besluit om uit te tree as

afrigter van ons Juniorkoor. Me. Fourie het baanbrekerswerk in die

afgelope ses maande verrig. Sy het haar kundigheid en vaardigheid met

groot sukses oorgedra. Me. Fourie beoog om onder andere volgende jaar

heelwat te reis. Ons beste wense vergesel haar op haar pad vorentoe!

Dit is dan ook met groot opgewondenheid dat ons hiermee aankondig dat

Dr. Riekie van Aswegen voortaan die juniorkoor se afrigter sal wees.

Ons deel graag ʼn kort opsomming van Dr. Van Aswegen se C.V met u:

“Riekie se voorliefde vir koorsang blyk uit haar betrokkenheid as dirigent van verskeie

kore; as student op Tukkies, onderwyser by Laerskool Constantiapark, asook musiekdosent en koorleier verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Fakulteit Opvoedkunde. Tot en met 2006, was sy vir 12 jaar die dirigent van die UP Jakaranda Kinderkoor waartydens die kinderkoor ‘n eerste plek deel in Internasionale Roodepoort Eisteddfod, in die 17e Internasionale koor-olimpiade in Duitsland twee goue toekennings verwerf en uitnodigings ontvang en optree by internasionale koorfeeste, onder ander die Internasionale Sympaati Koorfees in Finland.

Sy komponeer en verwerk kinderliedere en kinderkoorwerke en is mede-outeur van die Collage reeks musiekopvoedingboeke wat landwyd in skole gebruik word. Sy was vir 23 jaar ‘n musiekdosent, eers verbonde aan die Pretoria Onderwyskollege en daarna die Universiteit van Pretoria. Haar doktersgraad fokus op faktore wat ‘n rol speel in die keuse van repertorium vir kinderkore in Suid-Afrika asook internasionaal. Sy is tans betrokke in die gemeenskap as beoordelaar van koorkompetisies en Eisteddfods, asook as dirigent van die Oosterlig NGK se kersfeeskoor wat bestaan uit ongeveer 100 sangers tussen die ouderdomme 4 tot 82 jaar.

Riekie is getroud met Ben-Carel. Hulle het ‘n dogter van 12 jaar oud en vier geliefde hondekinders.”

Koorgroete

Juf. Ané Friedrich

Page 4: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

4

4

SKOOLTYE:

11 NOVEMBER TOT 7 DESEMBER

• Die skool sal vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Desember om 12:00 vir alle

leerders (Gr. 1 tot 7) sluit.

• Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot

17:30.

• Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die Naskool ontvang met

studie-reëlings tydens die eksamen.

• ‘n Aparte wagklas sal vir alle nie-naskoolleerders in die Grondslag- en

Intersenfase vir die tydperk van 11 November tot 6 Desember vanaf 12:00 tot

13:40 beskikbaar wees. Voltooi asb. onderstaande skeurbriefie in dié verband.

• Die skool sal op Woensdag, 7 Desember om 09:45 vir alle leerders sluit. Die

Naskool sluit op Dinsdag, 6 Desember om 17:30 vir die duur van die

Desembervakansie en heropen weer op Maandag, 9 Januarie 2017 om 07:15.

• Maak asseblief seker dat u kind vanaf skoolsluitingstye, tuis onder toesig is.

..........................................................SKEURBRIEFIE..............................................

Ek, ouer van

Gr.

Gee toestemming en bevestig dat my kind(ers) vanaf Vrydag, 11 Nov.

tot Dinsdag, 6 Desember om 12:00 by die skool afgehaal sal word en tuis

onder behoorlike toesig sal wees.

Reël asb. dat my kind(ers) die wagklas bywoon vanaf 11 November tot

6 Desember.

My kind(ers) gaan die Naskool bywoon.

Ouerhandtekening Kontaknommer

Page 5: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

5

5

EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2016

GR 4 GR 5 GR 6 GR 7

Maandag 14 November

Sosiale Wetenskap

Sosiale Wetenskap

Kuns en Kultuur

Kuns en Kultuur

Dinsdag 15 November

Engels Engels LV Engels

Woensdag 16 November

Kuns en Kultuur

Kuns en Kultuur

NW en Teg. Sosiale Wetenskap

Donderdag 17 November

EBW

Vrydag 18 November

Wiskunde Wiskunde WISKUNDE Wiskunde

Maandag 21 November

LV LV ENGELS LO

Dinsdag 22 November

NW en Teg. NW en Teg. Sosiale Wetenskap

Wetenskap

Woensdag 23 November

Tegnologie

Gr. 1-6 leerders wat die skool verlaat

Hiermee versoek ons alle ouers van Gr. 1 tot 6 leerders om die registeronderwyser in

kennis te stel indien u kind Laerskool Anton van Wouw aan die einde van 2016 gaan

verlaat.

Page 6: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

6

6

EKSAMEN: NOVEMBER 2016

Alle Gr. 4-7 leerders het reeds hierdie week die vakafbakening ontvang. Die vakafbakening is ook op die Kommunikeerder beskikbaar.

Die eksamentye vanaf Vry. 11 Nov. tot Wo. 23 Nov. is soos volg:

07:25 - 07:40 Amfi

07:40 - 08:30 Leersessie

08:30 - 08:45 Pouse

08:45 - 11:00 Eksamensessie

11:00 - 11:20 Pouse

11:20 - 12:00 Leersessie

NB! Handig alle boeke in! Bring ALLE handboeke en leesboeke saam

op die dag van die eksamen. Dit word ingeneem en gekontroleer.

• Vanaf Donderdag, 24 November, sal daar ‘n spesiale rooster gevolg

word, waartydens alle vraestelle uitgedeel, behandel en gekontroleer sal

word. Dit is baie opvoedkundig om nasorg te doen... en ons finale

kontrole dat alle punte reg is. Ons versoek u dus vriendelik, dog

dringend, dat u kind wél teenwoordig sal wees.

• Alle vraestelle sal tydens die eksamensessie geskryf word.

• Leerders skryf in geallokeerde eksamenlokale - Gr. 4 en 6 en Gr. 5 en

7-leerders tesame.

• Géén storieboeke, rekenaarspeletjies of iPods word toegelaat nie!

• Leerders moet konstruktief besig wees met eksamenvoorbereiding.

• Sien asseblief toe dat leerders die nodige skoolboeke saambring sodat

hulle in die eerste sessie vir die dag se vraestel kan voorberei, en die

laaste sessie vir die volgende dag se eksamen.

• ‘n Wagklas is vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar vir leerders wat nié

vroeër afgehaal kan word nie.

Page 7: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

7

7

ENVIROUW & HERWINNING

E-waste

Ons laaste e-waste dag vir die jaar sal voorlopig op Vrydag, 25 Nov.

plaasvind. Bêre dus alle e-waste tot die 25ste!

Afluiting vir kwartaal

Ons laaste dag vir herwinning vind plaas op Vrydag, 25 November.

Glasherwinning

Ons het September tweede in die Glass Recycling kompetisie geëindig.

Kom ons probeer ons bes om weer die landswye wenners te wees!

* Onthou glas is 100% herwinbaar.

* Glas word gemaak van sand en sodium suur .

* Glas wat herwin word spaar 2 en 3 % van glasfabrieke se energie wat

hulle gebruik.

* Deur ‘n 1 000 ton glas te herwin, word 8 nuwe werksgeleenthede

geskep.

Envirouwgroete

Juffrou Anè Friedrich ([email protected]

Page 8: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

8

8

Page 9: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

9

9

KLEREBANK-WINKEL

NB: Klerebank tye verander vanaf Dinsdag, 15 Nov. na 12:00-13:00, om

eksamentye te akkommodeer.

Ons versoek u asb. vriendelik, indien moontlik, om Gr. 7-skoolklere aan die einde

van die jaar vir die Klerebank te skenk. Winterskooldrag is ook welkom!

Daar is steeds ʼn enorme hoeveelheid verlore items in die Klerebank (kosblikke,

kossakkies, skoene, huisklere). Ons wil die kinders versoek om asb. so gou

moontlik hul verlore items te kom haal (onthou... die boeteblikkiesisteem geld

steeds). Onopgeëisde verlore items word aan die einde van die jaar aan

minderbevoorregte kinders geskenk.

Beperkte voorraad nr. 6, 7 en 8 rokkies.

KOM KOOP GERUS VROEGTYDIG ROKKIES VIR 2017 GR.1 DOGTERS.

UITVERKOPING!

* Seuns grys winterlangbroeke slegs R40 vir Novembermaand.

(slegs terwyl voorraad hou).

* Hemde slegs R20 vir November maand! (slegs terwyl voorraad hou!)

(dogters wit langmou, seuns blou langmou en seuns blou kortmou).

* Kinetika kortmouhempies slegs R20 v November maand !

(slegs terwyl voorraad hou!)

* Klerebank pryse verhoog vanaf

1 Desember 2016, kom koop asb vroegtydig!

Klerebankwinkel Tye :

Maandae : 07:20 - 08:00

Dinsdae : 13:00 - 14:00

Woensdae : 07:20 - 08:00

Vrydae : 07:00 - 08:00

Page 10: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

10

10

Fotobestellings

Page 11: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

11

11

Fotobestellings

Page 12: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

12

12

BINNESHUISE HOKKIE Baie geluk aan Anrike Prinsloo wat vir die o.13 binneshuise hokkiespan gekies is.

Anrike neem gedurende Desember aan verskillende toernooie in Kaapstad deel.

Ons hou styf duim vas!

TENNIS

Baie geluk aan Wimmie Roosenschoon wat ʼn derde plek in die

Gauteng Noord Interskole Tenniskampioenskappe behaal het. Ons is baie trots

op jou, Wimmie!

HOKKIE Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die die Noord-Gauteng hokkie-

oefengroep vir 2017 gekies is. Ons is baie trots op hierdie Wouwtjies!

• Nicus van Heerden

• Kieron du Plessis

• Corné Burger

• Schalk Grobler

• Christian van Rooyen

• Mila de Flamingh

TAEKWON-DO

Baie geluk aan Christian Brink wat ʼn 3de plek in die African Open ITF Taekwon-

Do kampioenskappe verwerf het.

Page 13: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

13

13

RUITERSPORT

Baie geluk aan Amory Smith wat aan die Suid-Afrikaanse Skole Ruiterkompetisie

deelgeneem het. Sy het die volgende plekke behaal: Vlak 7 - Dresseer

(1ste plek); Vlak 7 - Dresseer (2de plek); Vlak 7 - Performance riding (3de plek).

Datums van Kwalifiseerders, 2017

Core League

Kwalifiseerder 1: 4 & 5 Maart Kwalifiseerder 2: 1 & 2 April Kwalifiseerder 3: 13 & 14 Mei Kwalifiseerder 4: 17 & 18 Junie

Gauteng Finale : Nog nie bepaal

Nasionale Kampioenskappe: Nog nie bepaal Die datums van die addisionele dissiplines sal later gekommunikeer word.

GIMNASTIEK

Baie geluk aan Lalique Hoffman wat Noord-Gauteng by die Suid-Afrikaanse

kampioenskappe verteenwoordig het. Lalique neem voortaan in Vlak 5 deel.

SWEM Baie geluk aan Minke van Heerden wat aan ʼn Oos-Gauteng swemgala (buite-

skoolverband) deelgeneem het. Sy het soos volg presteer:

• 1ste plek (100m vryslag)

• 2de plek (50m vlinderslag)

• 2de plek (200m rugslag)

SKAAK

Baie geluk aan Ruhan Friedrich wat gekies is vir die o.8B Tshwane Skaakspan.

Page 14: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

14

14

Ultimate Kitchens Kombuise & ingeboude kaste

Studeerkamers

Dry walling & plafonne

Teëlwerk & verfwerk

3D program. GRATIS KWOTASIES

Glen Lord : 082 788 2772

Jy kan ook hier adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ultimate Upholstery Herstoffering van meubels

Maak van kussings

Ottomans en headboards

‘Pelmits’

Gordyne & Blindings

Binnehuisversiering

Christa : 082 376 7605

VOERTUIGLISENSIES

Hernuwings – Registrasies

Nommerplate

Verander van ander provinsies na Gauteng

CAS: 082 431 5073

Paulinah is beskikbaar Dinsdae en Vrydae vir

huiswerk, Baie betroubaar en hardwer-kend! Kontak Elize

vir verw. 074 272 8835

Desember / Januarie

Gaan u met vakansie?

Ek sal na u diere omsien

Cas : 082 431 5073

SOUTHBROOM SOUTHSOUTHBROOM SOUTHSOUTHBROOM SOUTHSOUTHBROOM SOUTH

2 Kamers, slp. 6 + slaapbank, DSTV wat u kan aansit, 2.6km van strand,

skottelgoedwasser/wasmasjien, R1 800/dag, vir langer as 10 dae -

R1 500 pd. Kontak eienaar vir foto’s. Marinda - 082 975 2488

Datums beskikbaar: 27/12 tot 11/1/2017

Page 15: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

15

15

Page 16: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

16

16

Kommunikasie: Redenaars, Onvoorbereide praatjies, Konflikhanter ing. Drama: Kunswedstryd Afr igting, Mimiek, Kreatiewe Denke en Konser t-optredes. NUWE GELEENTHEID: ONS MAAK IN 2017 KINDERVIDEO PROGRAMME!!

Voordele van Drama- en Kommunikasievaardighede

Selfvertroue, kreatiewe denke, konsentrasie, ruimtelike vaardighede, taalvaardighede, emosionele intelligensie en ontspanning.

Kontak: Celia vd Berg (D Phil in Neuro-Opvoedkundige Drama) 082 5655 082

[email protected] Lees meer op: http://sweefdrama.co.za

Page 17: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

17

17

KOS VIR ONS SKOOLKATTE

Ons benodig dringend kos-skenkings vir ons skoolkatte.

Enige katkos is welkom - indien u moontlik kan help, handig asb. by die Naskoolsentrum in.

Byvoorbaat baie dankie!

Page 18: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

18

18

TIKIDRAAI SNOEPIE

Baie dankie vir elke ouer, leerder en personeellid se ondersteuning deur die jaar.

Klaspartytjie-pakkies beskikbaar! 1. Burger, Slush koeldrank & lekkers R25 2. Hot Dog & Slush koeldrank R15 3. Toastbroodjie & vrugtesappie R20 4. Chips & Slush koeldrank R20 Skakel ons gerus vir enige kwotasies! Snoepiegroete Caroline Linde 082 495 0274

Page 19: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

19

19

Page 20: ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: … · • Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30. • Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die

20

20