‘ephemeropolis’ · ons heg waarde aan die burgerlike samelewing. lede van die gemeenskap wie...
TRANSCRIPT
INHOUD‘EPHEMEROPOLIS’
“... ‘n Ephemeropolis, of ontluikende stad, vlugtig in die stof en rook van hul verbeelding ...” - D.S. Black
Rysend soos ‘n stowwerige mirage uit die Karoo-hitte, is daar ‘n stad wat baie hul tuiste noem. Dit is ‘n manifestasie van ons kollektiewe verbeelding en die hoogtepunt van ons kollektiewe pogings. Dit kom en gaan, dit eb en vloei. Dit is verbygaande, tydelik en vergangklik. Dis nie hier of daar nie. Dit is werklik in onwerklikheid.
RIGLYN BEGINSELS 3-4
VOOR JY VERTREK, BEREI VOOR 5-6
MET JOU AANKOMS 7-8
BASIESE INLIGTING 11
NUUT IN 2019 13-14
KAMPERING 15-16
LAAT GEEN SPOOR 21-22
KLANK 25-26
DEKOMMODIFIKASIE 27-28
PERSOONLIKE VEILIGHEID 30
MEDIESE INLIGTING 33-34
VUUR 35-40
OUERS & KINDERS 41-42
FOTOGRAFIE EN MEDIA 43-46
FIETSE 47-48
KUNSKARRE (GEMUTEERDE VOERTUIE) 49-50
SO KOM JY DAAR 55-58
VLIEGTUIE, HOMMELTUIE EN ANDER
VLIEËNDE VOORWERPE 59-60
REGSWETLIKE ASPEKTE 61-62
“Uit niks het ons alles geskep.” – Larry Harvey
Sinkende in die sand van tyd, sal elke kunswerk afgebreek of verbrand word, elke kamp weggepak, en elke kunskar afgetakel word. Hierdie stad wat ons gemanifesteer het, sal verdwyn, oorblywend net in ons gedagtes. Wat ‘n pragtige, verstommende, waardevolle ding.
Vir meer inligting oor ons 2019 tema, SIEN
WAT IS AFRIKABURN?
Jy is. Jy bou die kamp, die kunswerke en die kunskarre. Jy is kunstenaar - en gehoor. Daar is geen “hulle” nie -
daar is net “ons”. En ons is almal saam in die ding.
AfrikaBurn is ‘n streeksbyeenkoms van ‘Burning Man’ in Suid-Afrika, en vind plaas in die afgeleë en ietwat
ongenaakbare Tankwa-Karoo, in die Noord-Kaap.
Hey jy nog inspirasie nodig?
Gaan loer gerus na die Tema-bladsy op ons
WEBTUISTE
01 02
CAMPING CONT
FOTO
GEN
EEM
DEU
R H
ENN
IE N
IEM
AN
D
BURGERLIKE VERAANTWOORD-LIKHEID Ons heg waarde aan die burgerlike samelewing. Lede van die gemeenskap wie ‘n byeenkoms organiseer, moet ook verantwoordelikheid neem vir publieke welvaart, en moet onderneem om siviele verantwoordelikheid oor te dra aan die deelnemers. Hulle moet ook verantwoordelikheid neem om die byeenkoms in lyn met die nasionale en plaaslike wette te hou.
DEKOMMODIFIKASIEOm die gees van skenking te onderhou, streef ons daarna om ‘n sosiale omgewing te skep wat onbemiddeld is deur kommersiële borgskap, transaksies en advertensies. Ons is gereed om ons kultuur deur hierdie tipe uitbuiting te beskerm. Ons staan teen verbruiking as ‘n vervanging vir deelname en ervaring.experience.
ONMIDDELLIKHEIDDie onmiddellike ervaring van iets in die oomblik is op baie vlakke, die belangrikste waarde van ons kultuur. Ons streef om die grense te oorkom wat bestaan tussen ons en die erkenning van ons innerlike self, die werklikheid van die mense rondom ons, deelname in die samelewing en kontak met ‘n natuurlike omgewing wat alle menslike kragte oorskry. Geen idee kan die plek van ervaring vervang nie.
GEE VAN GAWESOns is toegewy aan die daad van gawes gee. Die waarde van ¡ geskenk is onvoorwaardelik. Skenkings verwag nie die nie die teruggee of ruil van iets van gelyke waarde nie.
LAAT GEEN SPOOROns gemeenskap respek die
omgewing. Ons is verbind om geen
spoor van ons aktiwiteite te los waar
ook al ons vergader nie. Ons maak
skoon agter onsself en streef om
waar dit moontlik is ‘n plek in ‘n beter
toestand te los as waarin ons dit
gevind het.
RADIKALE SELFSTANDIGHEIDAfrikaBurn spoor die individu aan om
sy innerlike hulpbronne te ontdek, in te
span en daarop staat te maak.
RADIKALE SELF UITDRUKKINGRadikale self uitdrukking ontstaan uit
die unieke gawes wat elke individu
besit. Niemand behalwe die individu
of ‘n samewerkende span kan bep-
aal watse vorm dit aanneem nie. Dit
word geoffer as ‘n gawe aan ander.
In daardie gees moet die gewer, die
regte en vryheid van die ontvanger ook
respekteer.
RADIKALE INSLUITINGAlmal kan deel wees van AfrikaBurn. As ‘n
doelbewuste gemeenskap, wat daartoe
verbind is om die wêreld opnuut te skep,
streef ons aktied meganismes na om
wanbalanse aan te spreek en hindernisse vir
deelname te oorkom, veral in die lig van die
verlede, huidige en sistemiese onreg.
Ons verwelkom en respekteer die
vreemdeling. Enigeen kan behoort.
ELKEEN, LEER EEN As ‘n selfstandige gemeenskap glo ons dat
die uitbreiding van ons kultuur by elk een
van ons lê. Ons is almal bewaarders van
ons kultuur en wanneer die geleentheid
hom self voordoen, dan dra ons die kennis
oor.
HIERDIE BEGINSELS IS NIE GEBOOIE OF REËLS NIE - DIT IS IDEALE WAT
RIGLYNE BIED VIR HOE ONS AS ‘N GEMEENSKAP, DIE WÊRELD EN ONSSELF KAN HERVERBEEL. IN ‘N
NEUTEDOP:
MOENIE VOL KAKWEES NIE
WEES NET LEKKER.
GEMEENSKAPLIKE POGINGOns gemeenskap stel kreatiewe samekoms en samewerking hoog op die prys. Ons streef daarna om sosiale netwerk, openbare ruimtes, kusnwerk en kommunikasie, wat sulke interaksies ondersteun, te skep, te bevorder en te
beskerm.interaction.
DEELNAME Ons gemeenskap is verbind tot ‘n radikale samewerkende etiek. Ons glo dat transformatiewe verandering, of in die individu, of samelewing, slegs te weeg gebring kan word, deur diep persoonlike deelname. Deur te doen, bereik ons “om te wees”. Almal is genooi om saam te werk. Almal is genooi om saam te speel. Ons maak die wêreld werklik deur aksies wat die hart oopmaak.
030303 RIGLYN BEGINSELS 04
SOOS JY VIR DIE WOESTYN VOORBEREI, ONTHOU JY IS TEN ALLE TYE VIR JOUSELF VERANTWOORDELIK.Gebruik jou gesonde verstand. Jy moet alles wat jy in die woestyn gaan nodig hê, saambring,
insluitende kos, water, skuiling, brandstof en basiese noodhulp. En dan moet jy alles weer
terugvat - want dit is ‘n Laat Geen Spoor-geleentheid.
Maak seker dat jy ‘n kaartjie het voordat jy by ‘Tankwa Town’ aankom. Dit kan gedruk wees of
op jou foon of toestel (met voldoende batterykrag). Maak seker jou naam is op die kaartjie
en dat jy ‘n foto-ID saamgebring het. Ons verwelkomingspan by die hek het dit nodig om
jou kaartjie te bevestig en hulle sal jou nie inlaat as jou kaartjie en ID nie ooreenstem nie.
NOODSAAKLIKHEDEAFRIKABURN IS NIE ‘N PARTYTJIE NIE. DIT
IS NIE ‘N DISCO NIE. DIT IS ‘N ERNSTIGE
WOESTYN MAKIETIE EN JY MOET DIE
VOLGENDE SAAMBRING:
Jou kaartjie en foto identifikasie (SA ID boek,
bestuurderslisensie of paspoort - maak seker
dat die naam op jou kaartjie dieselfde naam
is as in jou ID / Paspoort.
Voertuigpas (een per voertuig). Karavane en
sleepwaens het nie ‘n VP nodig nie.
liter water per person per dag
Genoeg kos en drankies vir die hele duur
van jou verblyf
Beskutting, beddegoed, warm en koel klere
Swartsakke
Brandblusser
Volledige noodhulpkissie
Enige voorskrifmedikasie (Let wel: mediese
dienste verskaf nie pyn-, hoofpynpille of
antibiotika nie)
Voldoende lig: koplamp, flits, fietslig,
feetjieligte, EL-draad (en ekstra batterye).
Sonkrag ligte rock – vind hulle en gebruik
hulle.
Duct Tape en kabelbinders (cable ties) -
want dié goed hou die heelal bymekaar
Bring jy hout saam? Brind gan ook ‘n
vuurdrom of ‘n braai - kampvure op die
grond word NIE toegelaat nie
Herwinningshouers: jy sal een nodig hê
vir nat rommel en ‘n ander een vir papier,
plasstiek en metaal/gas. Vind uit waar
die herwinnings depots is in jou area is en
gebruik hulle op pad huis toe – daar is geen
plek om rommel op die terrein te los nie.
MOENIE DIE VOLGENDE SAAMBRING NIEJa, jy kom Burn toe, maar daar is items
wat nie hier hoort nie. Dit is ‘n potensiële
brandgevaar vir die omgewing se fauna en
flora of items wat ‘n spoor agterlaat. Ons
wil dit ten alle koste vermy.
Fakkels (Flares)
Vuurwerke
Vuurlanterns
Vere
Blinkertjies (selfs bioafbreekbaar, omdat
ander nie weet of dit afbreekbaar is of nie,
en sal aanneem dat ALLE blinkertjies OK is,
wat lei tot verskriklike moeilike opruimings vir
onse Leave No Trace vrywilligers)
Vuurwapens
x
x
x
x
x
x05 06
VOORBEREIDING.
Jou kar sal by die hek deursoek
word vir verstekelinge. As jy
opdaag met iemand in jou
kar wat nie ‘n kaartjie het nie,
is dit jou verantwoordelik om
daardie person terug huis toe
te vervoer, so maak seker almal
in jou kar het ‘n kaartjie. Dit sluit
in enige iemand wat jy langs
die pad optel en vervoer na die
geleentheid aandbied.
ORIËNTEER JOUSELF‘Tankwa Town’ is uitgelê in die
vorm van ‘n perdeskoen met
twee “horings” wat daaruit
vloei. Die meeste kunswerke
word in die middel van die
perdeskoen vertoon. Dit word
die Binnekring genoem. Ons het
straatnaamborde en lamppale
om jou te help om uit te werk
waar jy is.
Die paaie word alfabetiese
name gegee soos dit van die
Binnekring af uitkring. Dit verskil
elke jaar, afhangende van die
tema. Die enigste name wat nie
verander nie, is Binnekring-pad,
Buitekring-pad, Lady Davina
Boulevard, Stofadil Pad en die
strate 2ish tot 10ish.
Hierdie is die natuurlike habitat
van die krities bedreigde
Vleihaas of Doekvoetjie, die
WEER EN KLIMAAT In die dag kan die temperature
die kwik tot in die 40’s laat
styg en in die nag weer tot
onder vriespunt laat daal.
Daar is asemrowende storms
en stormsterk winde wat
“white-outs” veroorsaak. Wees
voorbereid op enige uiterste:
die weer is onvoorspelbaar en
reën op vêrafgeleë plekke kan
blits vloede veroorsaak. In 2012
het vinnige vloed water baie
tente en voertuie beskadig.
Vermy natuurlike seleksie –
kamp in gemerkte areas of jy
staan die kans dat jou kamp
wegspoel. Nie lekker nie.
Die mees akkurate weerberig
vir ‘Tankwa Town’ is
giftige dik-sterk skerpioen
en dodelike pofadder. Ons
gemeenskap respekteer
die natuurlike omgewing,
so respekteer asseblief die
doprsrand vir jou eie veiligheid
en vir die van die Tankwa fauna
en flora.
HIER BESKIKBAAR
07 08
MET
JO
UA
AN
KOM
S
Om ‘n vrywilliger by AfrikaBurn te wees, is vet pret. Dit be-trek jou op vlakke wat jy nooit gedink het moontlik sou wees nie, en dit help die byeenkoms ontsettend baie. Gaan na die “Participation Station”-stalletjie by “Off Centre Camp” wat by 8-ish geleë is en skryf jou naam op die lys om tydens die byeenkoms betrokke te raak. Ons het altyd hulp nodig en jy
sal met ope arms verwelkom word.
Hier is ‘n lys van al die vrywillger geleenthede:
Om voor die tyd te vrywilliger,
GAAN HIERNATOE
Lughawe
Arteria
Kunswerke
Kaartjie Kantoor
Brand Inspekteurs
Clan & Temple LNT Crew
Collexodus
Die Hek (ons poort)
DMV
Vuur omtrek
Fluffers
Greeters
Green Dot
Ys Paleis
Info Booth
Kinder Registrasie
Verlore & Gevind
Media Sentrum
Kunskar/Skollie Patrollie
Rangering
Toevlugsoord
SOOP Patrollie
Verskaffershek
09 10
PARKEER DIT EN HOU DIT GEPARKEER‘Tankwa Town’ is ‘n voetganger-
en fietsryer-omgewing - slegs
KunsKarre, fietse, nood- en
administratiewe voertuie mag
rondry. Wanneer jy hier aankom
en weer vertrek, ry baie stadig
- die spoedbeperking is 10km/h
vir enigiets op wiele. Let wel:
Moterfietse en bromponies moet
omskep (gemuteer) wees om in
die Binnekring te mag ry.
FIETSE IS NIE OPENBARE EIENDOM NIERespekteer asseblief ander
mense se eiendom. As dit nie jou
fiets is nie, moenie hom ‘leen’
nie, en maak seker dat jou fiets
‘n slot het. As jy van jou fiets
hou, sluit jou fiets. Jou fiets is jou
verantwoordelikheid.
NIKS WORD GEKOOP OF VERKOOP IN ‘TANKWA TOWN’ NIEBehalwe ys, en dis om jou kos en
vloeistowwe koud te hou.
LAAT GEEN SPOORDit beteken jy sal geen vullisdromme of
houers iewers sien nie, behalwe dié wat
jy saamgebring het. Wat jy saambring,
sal jy weer saam met jou moet uitneem.
Dra ‘n sak saam met jou om jou water en
jou rommel in te bêre.
GEEN TROETELDIERE NIE Dit is nie moontlik om troeteldiere saam
te bring nie. Die enigste uitsondering is vir
Gidshonde vir Blindes.
BESKERMING VAN KUNSWERKEAs jy iemand sien wat ‘n kunswerk
vandaliseer, vra hulle om op te hou. Lig ‘n
Ranger in, indien nodig. Baie harde werk
gaan in die kunswerke wat jy sal sien in
‘Tankwa Town’, en dit word met jou gedeel
as ‘n geskenk. – so respekteer asseblief
die kuns, en die kunstenaars.
GEBRUIK VAN DIE LUGRUIM?Jy mag nie enige iets na of by AfrikaBurn –
of dit nou vir ontspanning of kommersiële
redes (bv. om ‘n kamera op te monteer)
vlieg – sonder om dit met die betrokke
span te registreer nie. Sien bladsy 60 vir
verdere besonderhede.
01
02
03
04
05
06
07
BAS
IES
E IN
LIG
TIN
G
VER
SK
AFF
ER D
EPO
T
Plug & Play-kampe - wat in effek privaat
hotelle is - word nie toegelaat by ons
geleentheid nie. Om dit eenvoudig te
stel: noodsaaklike opstel dienste is OK
om uit te kontrakteer, maar betaalde
personeel (insluitend skoonmakers, sjefs
of ander personeel) is nie. Dit beteken
ook dat daar van u verwag word om
betrokke te raak en nie net ‘n toeskouer
te wees wanneer u verskaffer op die
terrein kom om die dienste / goedere
wat u gereël het te lewer nie.
Die onus is op u om te verseker
dat u verskaffer voldoen aan die
verskafferprosedure wat AfrikaBurn in
werking gestel het. Om ‘n verskaffer
te kry om vir jou ‘n diens op die terrein
te lewer, moet jy verseker dat jy die
volgende prosedure gevolg en nagekom
het:
01 Registreer jou verskaffer HIER
02 AfrikaBurn sal in aanraking kom met jou
verskaffer om vir hulle die regte informasie
te gee sodat ‘n gladde ingang na die
byeenkoms verseker kan word
03 Let op waar die verskaffer depot is
wanneer jy op die terrein aankom. Jy sal jou
verskaffer hier moet kom afhaal en vergesel
na jou kampterrein. Verskaffers word nie
toegelaat om reguit na jou kampterrein te
gaan nie.
04 Beoefen radikale selfstandigheid, en reël
‘n tyd en datum wanneer jy jou verskaffer op
terrein by die verskaffers depot ontmoet.
05 Maak seker dat jou verskaffer/s die
korrekte geloofsbriewe (“credentials”)
het om toegang te verkry tot die
geleentheid (moenie aanvaar dat hulle
dit self uitgesorteer het nie)
06 ) Reël dat te minste 2 mense
van jou kamp teenwoordig is om jou
verskaffer by te staan wanneer hul by
jou kamp opdaag om die diens te lewer
wat jy aangevra het.
07 Verseker dat te minste 2 mense van
jou kamp agterbly om die verskaffer by
te staan met die oppak van die diens
wat hulle aan jou gelewer het.
ONTHOU:
Verskaffers en
diensleweraars neig om
die verstekte wêreld
denke na Tankwa Town
te bring en daardie tipe
“diens-mentalitiet” het
geen plek op of rondom
ons geliefde Binnekring
nie.
11 12
BRING JY HOUT?
CLAN & TEMPEL BRAND SKEDULE
LET WEL! JY KAN DALK ‘N BOOM-DOODMAKENDE GEVAARLIKE KEWER DRA!
Ware verhaal: ‘n Indringende en hoogs vernietigende spesie Stompkopkewer - die “Polyphagous Shot Hole Borer (PSHB)” - besmet bome in KZN, Gauteng, die Vrystaat en Noordwes en is ook nou in die George en Knysna-gebiede gevind.
Ons wenke:
- As jy van plan is om ‘n braaiplek of kaggel in jou kamp te gebruik, gebruik houtskool – of KOOP HOUT BY JOU LAASTE STOP voordat jy die R355 slaan. Op hierdie manier kan jy seker wees dat jou vrag hout nie ‘n nuwe manier word vir hierdie vernietigende kewer om te versprei nie. Asseblief:
- As u houtstompe of gesnyde hout vir ‘n kunswerk bring, inspekteer asseblief die volle vrag vir enige tekens van PSHB-besmetting, wat voorkom as klein punt-van-balpunt-pen-grootte gate, waaruit sap of ‘saagsels’ geproduseer word. Sien die foto’s hier vir boorgate, en ‘n voorbeeld van die STOMPKOPKEWER SELF.
Ons Clan en Tempel brande beweeg terug na hul ou Saterdag (Clan) en Sondag (Tempel) skedule! Hoekom? Omdat ons Saterdag ons Clan brand, en dus Tempel op Sondag, beteken dit dat die klimaks van twee van die belangrikste strukture wat Saterdag en Sondag verbrand is, in ooreenstemming is met die laaste twee dae van ons gebeurtenis.
Versprei die woord - hier is die datums *:
CLAN: SATERDAG 4 MEI
TEMPEL: SONDAG 5 MEI
(* Soos altyd sal ons span die weervoorspelling baie noukeurig dophou, en as daar ‘n kans is dat hoë wind of reen met die skedule kom neuk, mag die tye verander. Alle dinge in Tankwa Town - insluitend groot brande - is onderhewig aan Moeder Natuur se nukke).
MOENIE HOUT VAN ENIGE GEAFFEKTEERDE GEBIED BRING NIE.
13 14
FOTO
GEN
EEM
DEU
R JO
NX
PIL
LEM
ER
GEEN PLUG & PLAY-KAMPE!Kampe wat ‘n betaalde ervaring bied waar iemand daaruit voordeel trek, word nie by ons geleentheid toegelaat nie. Maar wat is Plug & Play kampe? Dit is ‘n kamp waar ‘personeel’ betaal word om die kamp te bou, af te breek, skoon te maak, kook, ens. Hierdie soort betaalde ervaring mag by ander geleenthede beskikbaar wees, maar AfrikaBurn is nie ander geleenthede nie. Dus, as iemand jou ‘n luukse pakket aanbied, verduidelik vir hulle dis nie hoe dit werk nie.
En kampe wat ‘n fooi neem vir basiese infrastruktuurkoste? Dit is ok, solank hulle bereid is om oop boeke te wys wat daarop dui dat geen wins gemaak word nie.
DELEGEER KAMPROLLEAs julle in ‘n groot groep kamp, is dit ‘n goeie idee om vooraf ‘n vergadering te hou en aan almal take en verantwoordelikhede toe te ken. Nomineer byvoorbeeld ‘n Veiligheidsbaron om aan almal te verduidelik waar brandblussers, die mediese tent, die veiligheidspersoneel en Toevlugsoord (Sanctuary) is, en hoe om jouself te oriënteer.
Stel ‘n Rommelbaron aan wat daarvoor verantwoordelik is om die vullis te sorteer, dromme op te stel en te verwyder. Kies iemand om die Kostuums- en Grimeringdepartement te beman. Dink wie het die toertjies entalente wat kan help - dit sal die las ligter maak en sorg vir ‘n baie aangename kamp.
RV’S EN KARAVANE Het jy ‘n kampeerwa (RV) of karavaan met ‘n toilet wat jy wil gebruik by die geleentheid? Neem asb. kennis van hierdie belangrike informasie:
Tankwa Town se toilette is heeltemal organies en gebruik ‘n baie spesifieke beandeling om die kompos proses na afneem van die geleentheid te bevorder. Enige storting van chemikaliee ander as die wat ons gebruik sal die organize prosesse wat gebeur om “humanure” te skep, vernietig. Maak asb. seker dat jy die korrekte chemikalliee (evergreen elite) in jou tenk het voor jy na die terrein vertrek. Indien nie, sal ‘n stortingstenk by die ingang geplaas word vir jou gerief. Hierin kan jy jou (lee) toilet tenk vloeistof stort indien jy die verkeerde chemikaliie het by aankoms.
ASSEBLIEF: MOENIE JOU KAMPEERWA OF KARAVAAN SE CHEMIESE AFVALWATER IN ONS TOILETTE STORT NIE!
HOE WERK KAMPERING IN ‘TANKWA TOWN’?Kampering in die Openbare Kamp Sones gebeur op ‘n eerste daar, eerste gevestigde basis. As jy eerste daar is, kan jy jou kamp opslaan. Moet asseblief nie in die bespreekte areas afpak nie. Bespreekte kampeer plekke is vir geregistreerde Tema Kampe en is duidelik uitgemerk. As jy op hierdie plekke kampeer en iemand anders se plek beset het, sal jy geskuif word, selfs al het jy jou kamp reeds opgeslaan.
As jy in die nag aankom, wag asseblief tot die volgende oggend om jou vriende op te spoor of om jou rigting te kry. As jy deel van ‘n groter kamp is, en jou kampmaats het al vroeër aangekom, maak seker dat hulle vir jou ‘n boodskap, met hulle adres, op die kennisgewingbord by ‘Off Centre Camp’ of by die hek los.
Onthou, die term “stil” in ‘Tankwa Town’ is ‘n relatiewe begrip en wanneer ons ‘n voorstel maak in hierdie verband, roep ons ons geliefkoosde agtervoegsel by AfrikaBurn - “ish” (-erig) tot wese. As jy dus graag ‘n goeie nagrus wil hê, moenie in die Raserige Sones kamp nie (die word duidelik aangedui op die kaart op bladsy 19 en sal ook op die kaart in die WTF gids wees).
Sodra jy jou plekkie gekry het, sit jou sleutels op ‘n veilige plek – jy is nou ‘n voetganger of ‘n fietsryer!
15 16
FOTO
GEN
EEM
DEU
R D
UN
CA
N R
AW
LIN
SO
N
Die woestyn is warm - en wil jou doodmaak. As jy op ‘n uiters droë, warm plek wil lewend bly, benodig jy ten minste 5 liter water per persoon per dag. Dit is net genoeg om seker te maak jy is gehidreer, jouself te was en ‘n bietjie oorhet vir kook- en kampdoeleindes.
MOENIE WOESTYN TOE GAAN SONDER WATER NIE!
WAAR KRY EK WATER?
Soos u behoort te weet, is baie gebiede in Suid-Afrika, insluitend die Wes-Kaap, onder streng waterbeperkings as gevolg van langdurige droogtes. Dus, as jy uit dele van die land kom wat nie deur tekorte geraak word nie, kry jou water daar. As jy afkomstig is van ‘n gebied wat tekortkoming ervaar, probeer om water uit natuurlike bronne (of as dit druk gebottelde water) te versamel, eties verkry en afkomstig van plekke waar water nie ‘n probleem is nie. As jy glad nie water kan saambring nie, sou dit nou ‘n goeie tyd wees om met jou kampmaats te begin beplan sodat jou water toekenning in jou algemene kamp voorraad beplan en vir jou vervoer kan word.
HOE MOET EK DIT STOOR?
Plastiek 25 liter-bottels is goed, indien skoon en ‘n bietjie bleikmiddel bygevoeg om dit skoon te hou en alge te voorkom. Stoor jou water uit die son, in jou voertuig of kamp.
WENK: Moenie jou watervrag oor die agteras van voertuie pak nie - dit sal veroorsaak dat jou voertuig swaai en tot ongelukke kan lei. Balanseer altyd jou vrag in die middel van jou motor of sleepwa.
WAT MOET EK AAN DIE EINDE VAN DIE GELEENTHEID DOEN MET OORMAAT WATER?
As jy teruggaan na ‘n waterskaars gebied, is dit eenvoudig - neem dit saam met jou. Indien nie, deel dan jou spaar water met diegene wat dit kan gebruik. As jy verseëlde bottels water het, is jy welkom om dit met jou vertrek by Collexodus vir DPW te los - enigiets wat hulle nie kan gebruik nie, sal aangewend word vir liefdadigheids doeleindes in die Noord-Kaap.
WEESWATERWYS
TOILETTEMmm, ons beroemde toilette – en hulle is opgegradeer! Hierdie jaar is ons veel geliefede toilette met ‘n asemrowende uitsig herontwerp, en word nou gebou vanuit 98% herwinbare materiale, terwyl dit ons toelaat om nog minder van ‘n merk op die landskap te los. Maar… dieselfde reels geld.
AS DIT NIE UIT JOU LIGGAAM UITKOM NIE, GAAN DIT NIE IN DIE TOILET IN NIE!
Toilette is aan die buitewyke van die dorp geleë en het vlaggies en ligte sodat jy dit in die dag of nag kan vind. Hulle is meestal 100m van enige plek van die Binnekring af – insluitende die addisionele porta loos. Toilette vir gestremdes is ook beskikbaar. Inligting hieroor kan by Off Centre Camp verkry word. Of e-mail [email protected] voor die geleentheid begin.
LET WEL:
• Moenie wag tot jy desperaat is
voor jy ‘n toilet opspoor nie. Moenie kunswerke of die donker kolletjie agter iemand se tent gebruik as jou privaat toilet nie. “Free-range Toileting?” Nie lekker nie.
• TAMPONS: Kyk uit vir die toilette met die rooi driehoek vlaggies. Hulle het tampon emmers.
KRAG? GAAN GROEN!Kom nou mense, ons is in die woestyn – gebruik die beskikbare kragbronne: gaan vir sonkrag! Of kry ‘n wind turbine. Wat ookal jy doen, gaan groen en kry ‘n 12V diep siklus battery vir beligting in jou kamp – en as jy slim is sal jy ‘n inverter ook kry.
FOONSEIN? Around 12-ish on high ground you can
sometimes get a signal with an MTN phone.
This works best for SMS. Beyond this, we
don’t offer a phone service unless for
serious medical emergencies.
KAMPEER TOERUSTING BY ‘TANKWA TOWN’: DIE EVANGELIE VAN REBARRebar. Dis daai staalpenne met die groewe,
wat gebruik word om beton te versterk. Kry
daarvan dit en laat dit in lengtes sny – maar
moet niks minder as 15mm wydte kry nie.
Rebar is ‘n uitstekende manier om jou tent te
anker, veral Bedouin en ‘free-form’ tente. Dis
gevaarlik terwyl jy dit inkap en wanneer dit
in die grond is. Wanneer jy dit in die grond
het, merk dit met leë blikke, plastiekbottels,
tennisballe of ou popkoppe. Enigiets wat
been- en voetbeserings gaan voorkom.
Probeer om jou tent en enige skadu-strukture
so op te slaan sodat die kleinste moontlike
gedeelte daarvan aan die wind blootgestel
word. Die wind by Tankwa Town waai oral
- hou ‘n oog op die windrigting - maar as
ons gedwing sou wees om ‘n oorheersende
windrigting te identifiseer sal ons sê NW-SO.
Plaas gewigte in die hoeke van die binnekante
van kleiner tente of maak hulle aan jou motor
vas. Vir strektente van meer as 10m x 10m,
beveilig hulle met ‘ratchet straps’ gekruis in ‘n
X vorm.
LEDs work elke dag goekkkoper en gebruik baie min krag – gebruik hulle in plaas van gloeilampe, selfs al het jy ‘n partytjie spasie. En vir feetjieligte, ens. kies sonkrag – hulle hou langer, en jy het geen dooie batterye om van ontslae te raak nie.
Ca
mp
ing
Con
t.
17
MOMENT
LARRY
JEROME
ILLUSION
HAUPTBANHOF
FATA MORGANA
KANSAS.. NO MORE
CLAN
TOWN
EVANESCENT
FLEETINGGONE TOMORROWHERE TODAY
IMPERMANENCENOTHINGNESS
NANSEN STREET
MIR
AGE
LADY DAVIN
A BLVD.
WEL
CO
ME
RD.
DISAPPEAR
CHERRY BLOSSOM
BUTTERFLY9ISH BLV
D.ATLANTIS
EPHEMERAL
8-ISH7-ISH
6-ISH
5-IS
H
4-IS
H
3-IS
H
2-IS
H
BUITEKRING
BUITEKRIN
G
THE W
ISH RD
.
AIRPORT RD.
AIRPORT
GATE
BINNEKRING
BINNEKRING
BUITEKRING
TEMPORARY RD.
TEM
PORA
RY R
D.
BUITEKRING
STOFADIL
ARC
HEC
LAN
BLAC
K ROC
K
CITY
CH
AN
GE
DUST DEVIL ST.
10IS
H BLVD.
LOUD
ZONE
0 100ish
50ish
METRES200ish 400ish
300ish 500ish
D.M.V
O.C.C
D.P.W
19 20
11
ONS GELEENTHEID VIND PLAAS OP ‘N PRIVAAT NATUURRESERVAAT - DIT BETEKEN DAT ENIGIETS WAT NIE REEDS DAAR GEVIND WORD NIE, MOOP, OF “MATTER OUT OF PLACE” IS. MET ANDER WOORDE, ALLES WAT NA DIE TANKWA GEBRING WORD, IS POTENSIALE MOOP: sigaretstompies, gloeiestokkies en gloeistokkonneksies, tentpanne, botteltjies, sigaretstompies, as, houtafval, vuurstokkies, lemoenskilde, sigaretstompies, hout, pistache-skulpe, boa vere, tou vesels, paillette, valse wimpers - selfs verlate fietse ... o, en het ons die stompies en kabelbande genoem?
MOOP sluit ook natuurlike materiale in. Hulle is nie reg om in die woestyn te verlaat nie - in die woestyn neem dinge ouderdomme om te ontbind. Hooi, seeskulpe, mooi rotse wat jy van elders gebring het, plantmateriaal, vrugtepels, groenteskille, moerskulp, vere, koffiewinkels, ens., Is alles wat verwyder moet word.
LOS DIT SOOS JY DIT GEKRY HET.Daar is nie vullis verwydering
in ‘Tankwa Town’ nie. Alles
wat jy bring, neem jy saam
met jou terug. Elke. Enkele.
Ding.
Voordat jy na die woestyn vertrek:
Verwyder oortollige verpakking van alles (en herwin dit tuis) - stoor kos in herbruikbare lugdigte houers.
Moenie glas bring nie - koop blikkies of gooi uit in plastiek. (herwin die blikkies en plastiek)
Moet nie jou vere boa, blinkertjies, konfetti of “styrofoam” van enige aard inpak nie.
Moenie vlieënde lanterns, “flares” of vuurwerke pak nie.
Moenie te veel vars produkte bring nie - as jy dit nie eet nie, moet jy die verrottende kos huistoe ry. Niks lekker
nie.
WIL JY AGTERBLY NADAT DIE SKARE VERDWYN HET? JY KAN ALTYD BY ONS “LAAT GEEN SPOOR” (LEAVE NO TRACE – LNT) VRYWILLIGER-SPAN AANSLUIT ...
Ons Laat Geen Spoor span is
‘n toegewyde klomp vrywilligers
wat ongeveer 3 weke na die
geleentheid in Tankwa Town
aanbly om die woestyn te herstel
na sy vorige skoonheid, hul teken
die MOOP wat gevind is aan en
maak ‘n MOOP kaart.
As u wil registreer as ‘n vrywilliger
vir LNT, gaan na die Vrywilliger
Booth by OCC vir meer inligting -
almal is welkom!
21 22
LAAT GEEN SPOOR LAAT GEEN SPOOR LAAT GEEN SPOOR LAAT GEEN SPOOR LAAT GEEN SPOOR LAAT GEEN SPOOR LAAT GEEN SPOOR
DRA ALTYD ‘N SAK, EN GEBRUIK DIT!TWanneer jy klaar is met daardie
koeldrank, energie-stafie,
kougom of pakkie skyfies, hoef
jy nie die papier of blikkie vas te
hou tot jy ‘n ander plan gemaak
het nie. Die oplossing hang klaar
oor jou skouer.
AS DIT MOOP IS, TEL DIT OPAs jy MOOP op die grond sien lê, tel dit
asseblief op en vat dit saam met jou.
ROKERS: GEBRUIK ‘N DRAAGBARE ASBAK! Dra altyd ‘n klein houertjie waarin jy jou
stompies en gebruikte vuurhoutjies kan
sit. Hulle maak wonderlike geskenke,
bring ekstra en gee hulle weg.
MOET NIKS OP DIE GROND LAAT VAL NIEDit geld oral in Tankwa Town - in
jou kamp, by ‘n tema kamp, op ‘n
dansvloer, oral.
RESPEKTEER DIE WOESTYNVLOERMoenie die woestynvloer vee nie. Nie vir
jou kunswerk of vir jou, kamp nie. Jy kan
groot klippe skuif, maar moenie vee nie.
Die klippe en rotse toor hulself nie weer
terug op hul plek wanneer jy ‘Tankwa
Town’ verlaat nie. Die letsels bly vir ewig
daar.
MAAK ALLES IN JOU KAMP VASJy weet nooit wanneer ‘n
windstorm kom nie, en as alles
in jou kamp vasgemaak is, sal
niks wegwaai nie. Gebruik
vullisdromme met deksels. Baie
rooi merke op ons MOOP kaart
kom van mikro-MOOP wat in
‘n kamp gelos word. Gebruik
kleefband (duct tape) om ou
5-liter waterbottels aan jou
tentpenne vas te draai vir
gerieflike mikro-MOOP ontvangs.
MOENIE GATE GRAWE NIETensy dit help met die ondersteuning
van kunswerk. Enige gate wat deur
kunsspanne gegrawe word, moet agterna
weer gevul word.
01
07
04
0205
03 06
GEEN GEMORS IN DIE TOILETTE NIEMoet asseblief nie enige iets anders
as menslike afval - en die enkellaag
toiletpapier wat voorsien word - in die
toilette plaas nie. Enige vreemde voorwerpe
in die tenk/s kan ons toiletpompe breek
of vernietig - maak asseblief seker dat jou
serp, brille, hemp of enige ander voorwerpe
nie inval nie!
BRING JY ‘N KRAGOPWEKKER?Maak dit klankdig met behulp van nie-
vlambare materiale, en maak seker dat
jy nie die uitlaat- of inlaatpype bedek of
toemaak nie. Alternatiewelik kan jy groen
gaan (deur nie ‘n kragopwekker te gebruik
nie, maar wel sonkrag, diep siklus batterye
en ‘n ‘inverter’ – dit doen dieselfde ding).
LET WEL: Kragopwekkers mag nie tussen
07:00 en 11:00 Maandag tot Donderdag
gedurende die week van ons geleentheid
gebruik word nie.
Jou vullis, of jou kampeerwa / karavaan
se grys water, of blou water (chemies
behandelde toiletafvloei) op die
R355 stort nie. Moenie op enige plek
rommel stort nie - nie op plaaspaaie
nie, nie piekniekplekke nie, en nie eens
in die vullis nie. Die woestynwind maak
alles stukkend en stuur MOOP-myle
afwaarts. Neem jou rommel huistoe, en
gooi dit op ‘n verantwoordelike wyse
weg - en beslis GEEN bederfbare of
oopgemaakte kos in Collexodus nie. Dit is
‘n gesondheidsgevaar.
Sluit aan by jou bure die Sondag en
Maandag na die Burn, of skeduleer twee
ure om op jou eie te help om ‘Tankwa
Town’ skoon te maak. Ruim jou kamp
en doen ‘n fyn ‘MOOP swoop’ om jou
staanplek te inspekteer. Jy sal verbaas
wees hoeveel goed jy laat bly lê het.
Gaan na die Vrywilliger Stalletjie by 8-ish
as jy deel van ‘n spesifieke skoonmaak
projek wil wees.
Wil jy ‘n Groen op die MOOP-kaart kry?
Kry jou kamp afgeteken deur ‘n lid van die
LNT-bemanning by Off-Center Camp om
jou kamp reg te kry en af te teken voordat
jy vertrek.
BEVEILIG JOU VRAGWanneer jy vertrek, pak versigtig en
maak seker dat jou vullis en ander items
nie loskom op pad huis toe en die paaie
besoedel nie. Soek lekker groot voer- of
suikersakke en sit jou swartsakke daarin.
Hulle is sterk genoeg om die wind se
weerstand te oorleef in die stormloop
huis toe op die R355. Wanneer jy jou vrag
klaar gepak het, maak dit met bungee tou,
‘ratchet straps’ of gewone tou vas. Wat
ookal jy gebruik maak seker jou vrag kan
onder geen omstandighede loskom nie. Om
seker te maak dat dit in plek bly, trek elke
nou en dan af en kyk, en maak weer vas
(want die R355 is bekend daarvoor dat hy
dinge los ratel).
08
10
MOET ASB NIE:
09
1323 24
KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK KLANK______________
_____ EN STILTE.
In 2018 het ons twee groot veranderings aangebring aan hoe en waar luide klank kan mede-bestaan langs alles en almal in Tankwa Town: ‘n verpligte klank afskakel periode van Maandag tot Donderdag (van die geleentheid) vanaf 7 tot 11 uur daagliks, en The Groot Switcheroo, ‘n hervestiging van al die groot klanktuie aan die noordwestekant van ons stad - en dit het albei baie goed gewerk.
Ons stil tydperk is nou deel van die ritme van ons stad, en sluit kragopwekkers in. Dis ‘n lieflike tyd, wanneer akoestiese musiek en natuurklanke die spasie regeer - geniet dit (daar is oorgenoeg tyd opdie naweek vir geraas en versterkers).
BRING JY ‘N KLANKSTELSEL? WORD IN DIE REGTE SONE GEPLAAS
Musiek is ‘n belangrike deel van Tankwa Town vir baie mense, so as jy musiek bring, sal almal van jou hou. Maar ons terrein is relatief klein (1.6km op die langste punt), dus as jy ‘n klankstelsel het, moet jy registreer as ‘n klankkamp om in die regte area geplaas te word.
KLANKPLASINGBasbakke moet van die grond opgetel wees (op ‘n platform soos ‘n palet), en alle sprekers moet WEG van kampeerareas en die stil gebiede geplaas wees. Dit is vir stilstaande klankstelsels. As jy ‘n versterkte klankstelsel by jou tema kamp of op ‘n Kunskar gebruik, hou die volume op ‘n redelike vlak. Onredelike klankvlakke wat voortgaan na versoeke en waarskuwings sal gedeaktiveer word. Sommige kunswerke is bedoel om stil en reflekterende ruimtes te wees - respekteer dit en sny jou klank wanneer jy kuns installasies en optredes nader of die stad binnekom.
KRAGOPWEKKERS?Jy moet werklik liewer sonkrag gebruik. As jy ‘n kragopwekker moet gebruik, moet dit geinsuleer word om geraas op ‘n mimimum te hou. Let wel: Klank-Rangersis gestasioneer by Off Centre Camp. As jy hulle nodig het, gaan soontoe en vra die Vrywilligers om hulle oor die radio te roep. Hulle sal ook dansvloere besoek om te kyk dat klanktoestelle reg geplaas is. Werk asseblief saam met ons span om te verseker dat ons die beste resultate kry vir jou en jou bure.
Let wel: GEEN
KLANKSTELSELS KAN
HARD IN OOP KAMPERING
GESPEEL WORD NIE.
As jy ‘n dansvloer het, maar niemand dans nie, skakel dit asseblief af of sagter. Môre is nog ‘n dag en die woestyn is nie jammer vir diegene wat nie slaap nie.
Daar is klank sones vir klankstelsels - moenie wrywing veroorsaak deur jou bure te blaas met harde klank nie.
Hou dit alles in gedagte wanneer jy jou plekkie kies om te kampeer. Dit is eenvoudig - wil jy relatiewe stilte in jou persoonlike kamp hê? Moenie in die harde sone kampeer nie. Wil jy harde musiek speel? Jy kan jou eenvoudig nie in die Stil Sone vestig nie. Die grootste konsentrasie van familie kampe waar ‘n goeie nag se slaap gevind kan word, is tussen 5-ish- en 7-ish-strate of in die nuwe uitgebreide kampeerareas.
STILLE SONEdit is spasies wat nie langs groot klankstelsels geleë is nie en jy sal waarskynlik meer rus kry.
HARDE SONEDit is die gebiede waar ons die kampe plaas wat musiek van die versterkte verskeidenheid aanbied.
25 26
FOTO
GEN
EEM
DEU
R S
EAN
FU
RLO
NG
tankwa Dorp is ‘n degekommodifiseerde sone. handelsmerk? handel? Beïnvloeders? Advertensies?? Allamagtig nee! Dit hoort nie in ‘tankwa town’ nie. Dit is geensins die plek, (of sal ooit wees nie) om jou loopbaan, besigheid, webtuiste of produk bekend te stel nie. ‘n Bakkie by die werk geleen wat handelsmerke ophet? Maak dit toe! het jy trok of RV gehuur? Bedek of versier die handelsmerke. handelsmerke in plek waar daar niks te koop of te verkoop is nie? Dit hoort nie hier nie.
So ook nie die werwing van besigheid, voor, gedurende, as gevolg van, of ná die byeenkoms nie.
promosie monsters? Bemarkingsaktiwiteite? nee. Daardie sort ding gebeur buite die grense van ons dorp, daar in die verstekte wêreld.
Met die styg van sosiale media-platforms soos instagram, het ons gesien hoe beïnvloeders na ons gebeurtenis kom en hul tyd gebruik om wonderlike kiekies van hulself te neem, en hul vriende, met handelsware-bykomstighede en produkte - en dan die bevordering daarvan deur die fotos te gebruik wat in tankwa town geneem is. Dit is nie oK nie, want tankwa town is nie die plek vir handelsmerke van enige aard nie. As jy fotos of film op die terrein skiet, en ‘n handelsmerk bevorder (of ‘n invloed op ons gebeurtenis maak), oortree jy die spelreëls wat ons gemeenskap se reg op privaatheid betref - en ons kreatiewe skeppers se regte op hul intellektuele eiendom.
BEINVLOEDERS, SIt NEER jOU HaNDELSMERk!
27 28
foto
gEn
EEM
DEu
R C
RAig
DE
Vil
liER
S
Rangers is ‘n groep burners (net soos jy) wat hul verbintenis tot die beginsels van AfrikaBurn bietjie meer formeel maak. As nie-konfronterende gemeenskapsmedewerkers, is hul rol by die geleentheid om ons gemeenskap te ondersteun deur die deelnemers met betroubare inligting te verskaf, die 11 beginsels te ondersteun, die openbare veiligheid te fasiliteer en deelnemers te help om geskille op te los.
Rangers werk in skofte en kan dag en nag gesien word waar hulle in pare stap en fietsry in die strate van tankwa town, met die gemeenskap meng, en die kuns geniet. hulle kan geïdentifiseer word wanneer hulle aan diens is deur hul hoogs sigbare oranje klere. Rangers is die maklikste manier om toegang te verkry tot hulp en inligting in tankwa town. Daarbenewens het Rangers die tyd geneem om opleiding by te woon, meeste daarvan het rondom mediasie gegrond om enige onenigheid wat mag ontstaan, te kan oplos. Rangers handhaaf ook gespesialiseerde spanne met addisionele opleiding. green Dots help deelnemers wat uitdagende emosionele ervarings ondervind. Soop Rangers werk om probleme van Sound out of place op te los.
Brandende kuns omtrekker word gelei deur die fire Art Safety team (fASt) - Rangers wat met kunstenaars werk om brandveiligheid te bevorder.
om meer uit te vind, gesels met enige Ranger, kom na Ranger hQ by off-Center Camp, of gaan na die Ranger-bladsy op ons WEBWERf.
• Skryf jou iD nommer aan die onderkant van jou armband; dan kan ons in ‘n noodgeval uitvind wie jy is.
• Dra altyd water saam met jou. Drink gereeld water, veral as jy alkohol ook drink. Die beste manier om jou hidrasievlakke te bepaal? ligter piepie is gesonder; donkerder nie so lekker nie. om ‘n blaasinfeksie te vermy, piepie gereeld – veral die dames!
• Bring sonskerm en ‘n hoed. gebuik albei!
• Bring stofbrille en ‘n bandana – stof storms is net pret as jy voorbereid is.
• persoonlike beligting: belig daardie lyf van jou wanneer jy in die aand uitgaan. Maak seker jy kan sien en dat jy gesien kan word. Bring ‘n flits/koplamp (of twee) en ligte vir jou kamp.
• As jy ‘n fiets het, belig dit.• Daar is slange, spinnekoppe en
skerpioene in die tankwa – kyk in
SPEEL VERSIGtIGSPEEL VERSIGtIG
Voel jy oorweldig deur alles wat rondom jou gebeur? hanteer jy nie jou situasie so goed nie? Kan jy nie jou situasie so goed hanteer nie? is dit geestelik ‘n rowwe tyd? Kies koers toevlugsoord toe by die “off-Centre Camp” (tussen 8ish en 9ish op die Binnekring) vir ‘n stil, kalm plek waar jy met iemand kan praat of selfs net ‘n blaaskansie kan neem. neem asb. kennis dat die toevlugsoord nie ‘n plek is vir beskonke mense om hulle roes te lê en afslaap nie.
As jy of jou geliefdes dink jy het dalk ‘n problem met drank of ander stowwe, is daar ondersteuning en oplossings beskikbaar op verskeie plekek, wat nie net op ’sobriety’ of onthouding staat maak nie. As jy in die verlede ‘n ongemaklike ervaring gehad het, kom na die toevlugsoord, ons wil graag help om sin te maak daarvan en help dat dit nie in die toekoms weer gebeur nie.
As jy ‘n nugter burner is, het ons ongeooflike ondersteunings netwerke wat net wag vir jou om in te skakel. As jy meer wil weet oor die nugter Burners leefspasie kamp e-mail [email protected]
As jy oor enige iets twyfel, is daar raad by die besoek die toevlugsoord of die Rangers vir enige raad. ons hou ons ore op die grond, sodat enige gesondheidsprobleme vroeg identifiseer kan word. ons help ook om moontlike persoonlike risiko’s te identifiseer en om dit te vermy.
jou skoene voor jy dit aantrek, en inspekteer jou beddegoed en tent voor jy oppak.
• Alle kampe behoort ten minste een veeldoelige (Droë Chemiese poeier) gedienste brandblusser en volledige noodhulpkissie te hê. Benoem ‘n Veiligheidbaron om die veiligheids-aspekte van jul kamp te hanteer, en maak seker alle kamplede weet waar die noodhulpkissie en die brandblusser is.
tOEVLUGSOORD
ONDERStEUNING
NUGtER BURNING
GESONDHEIDS WaaRkUWINGS
ONDERStEUNING
NUGtER BURNING
GESONDHEIDS WaaRkUWINGS & RaaD
tOEVLUGSOORD
29 30
‘n Geskenk is slegs ‘n geskenk as die
ontvanger ‘Ja’ sê - verkieslik, ‘Hel, Ja!’Vir ‘n
geskenk om of ander toenadering om almal
wat betrokke is te laat goe voel, moet die
ontvanger kan sê: “Ja, ek wil dit ontvang” of
“Nee dankie, ek wil dit nie hê nie.” As iemand
nie JA kan sê nie, mag jy nie vir hulle die
geskenk of ervaring gee nie. As hulle NEE sê,
hier is ‘n paar wenke om dit met grasie te
aanvaar:
• Geen probleem!
• Dit is nie ‘n duidelik JA nie, so ek aanvaar
dit as ‘n NEE.
• Klink goed. wil jy hê ek moet later weer
vra?
• Dankie dat jy duidelik is.
• Ek waardeer dit dat jy jousel versorg.
• Ek hou nog steeds van jou / is nog steeds
lief vir jou.
Die aanvaarding van ‘n NEE beteken nie dat
jy daarmee saamstem of gelukkig voel nie -
dit beteken net dat jy in elk geval die ander
persoon respekteer.
Beoefen altyd die konsep van “toestemming” -
nie net wanneer dit oor seks gaan nie.
Dit is nie konsensueel as ‘n persoon gedwing,
gedreig, geteister, verwar, vasgehou of voor
gelieg is om ‘n ‘ja’ te kry nie. Om hulle dronk
te maak, is ook nie konsensueel nie - en as
iemand dronk is, het hulle nie hul toestemming
kwytgeskeld nie, en as jy dronk is, het jy nie
jou verantwoordelikheid kwytgeskeld om
toestemming te verkry nie. Dit is ook nie
instemming as ‘n persoon te slaperig of eintlik
bewusteloos, stil, bang of geïntimideer, siek,
verlore of verward is nie - of te jonk. Die
wettige ouderdom van toestemming in SA is
16 - en as jy onder 18 is, het jy jou eie wette
en moet jy HIEROOR UITVIND.
Bevestigende toestemming is ‘n wetende,
vrywillige en wedersydse besluit tussen alle
betrokkenes.
Naaktheid, min klere of wulpse gedrag is
nie ‘n uitnoding om seks of enige vorm van
intieme fisiese kontak te begin nie. Die
enigste uitnodiging is ‘n duidelik uitgesproke
uitnodiging. Om iemand se onvermoë tot
instemming te ignoreer druis nie net in teen
alles waarvoor AfrikaBurn staan nie, maar
dis ook kriminele gedrag. Dis eenvoudig. Ja
beteken Ja. Nee beteken Nee. Miskien beteken
Nee en stilte beteken ook Nee.
DIE STANDAARD VIR TOESTEMMING IN ONS
GEMEENSKAP IS ‘N ENTOESIASTIESE “HEL,
JA”!!
As jy nie een kry nie, is dit jou
verantwoordelikheid om nie die geskenk te
gee nie.
Vir ‘n goeie uiteensetting van wat instemming
presies behels, kyk HIERDIE VIDEO
VERANTWOORDELIKE GEE VAN GAWES ‘GIFTING’Beplan jy geskenkdrankies of kos? As
jou geskenk alkohol of enige ander
bedwelmingsmiddel bevat, neem kennis: die
verantwoordelikheid vir diegene vir wie jy
geskenk gee rus by jou. As iemand onder 18
lyk, vra vir identifikasie. Elke persoon wat die
geleentheid betree, sal met ‘n polsbandjie
uitgereik word, en diegene onder 18 het ‘n
spesifieke kleur. Om mense drankies of kos te
gee wat iets bevat waarvan hulle nie bewus
is nie, is nie konsensueel nie, moenie dit doen
nie.
DIE TOESTEMMINGS GIDS OM WTF OOMBLIKKE TE VERMY
31 32
Die volgende en soortgelyke beserings sal gestabiliseer word en na die naaste hospitaal verwys word. Pasiënte sal hul eie vervoer moet voorsien. Ons beveel aan dat daar ‘n aangewese bestuurder in jou kamp of vriendekring is vir sulke noodgevalle.
• Matige beenbreuke
• Gestabiliseerde sagte
weefselbeserings
• Gebreekte tande
• Alle nie-
lewensgevaarlike
en gestabiliseerde
beserings
• Blaasinfeksie (UTI) –
onthou om gereeld te
piepie
Ernstige beserings (in die lys hieronder) sal volgens die diskresie van die hoof-mediese beampte, per ambulans of lug (indien nodig) na die naaste groot mediese sentrum vervoer word:
• pincet en skêr
• alkoholvrye
skoonmaakmiddels
• termometer
• veluitslagroom, soos
hidrokortisoon of
kalendula
• room of spuit om
insekbyte en steek te
verlig
• antiseptiese room
• pynstillers soos
parasetamol (of
babasparasetamol vir
kinders), aspirien (moet
nie aan kinders onder
16 gegee word nie) of
ibuprofen
• hoes medisyne
• antihistamienroom of
tablette
• gedistilleerde water
vir die skoonmaak van
wonde
• oogwas en oogbad
• Pasiënte wat bygrebring
is
• Ernstige beenbreuke
insluitend lang bene,
bekken, en skedel
• Ernstige asmatiese
toestande
• Ernstige harsingskudding
• Ernstige snywonde,
brandwonde en sagte
weefselbeserings
• All unstable life-
threatening emergencies
may need evacuation
by air
DIE WOESTYN IS
‘N GEVAARLIKE
PLEK - PAK DUS ‘N
NOODHULPKISSIE
Jou kit moet die volgende items bevat:
• pleisters in verskillende
groottes en vorms
• klein, medium en groot
steriele gaasverbande
• crêpe gerolde verbande
• haakspelde
• besteebare steriele
handskoene
DOKTER Sê...Wees verantwoordelik vir
jouself en jou mediese
toestand/e. Dink asseblief
aan medikasie wat jy moet
saambring en lees die
inligting hieronder om te
verstaan wat AfrikaBurn
se mediese personeel
voorsien en onder watter
omstandighede jy daarvoor
kan vra.
Daar is mediese personeel by
die Burn, maar hulle is slegs
daar vir noodgevalle, en mag
dalk pasiënte wegwys as dit
nie ‘n noodgeval is nie.
Onthou om genoeg voorraad
van jou voorskrifmedikasie te
bring.
In geval van ernstige
noodgevalle, kan die medici
die pasiënt per ambulans of
helikopter vervoer.
Bring ‘n noodhulp kissie
en sit ekstra pleisters en
oogdruppels (vir die stof)
daarin. En Citro-Soda.
Let wel: As jy nie ‘n mediese
fonds het nie, sal jy gevra
word om die koste van ‘n
Moenie die persoon skuif nie.
Maak die persoon gemaklik,
sit ¡ trui onder sy kop ens. en
wag vir die mediese span om
op te daag.
Beheer die temperatuur: skep
skaduwee as dit warm is, en
hou dit warm as dit koud is.
Die volgende is ‘n
indikasie van watter
beserings behandel
kan word:
• Diarree
• Medisyne vir naarheid en
braking
• Kwaai hoofpyn
• Lae bloeddruk
• Ontwatering
• Koors
• Kouekoors
• Anafilaktiese toestande
• Insek-steke of byt
• Matige asmatiese
noodgevalle
• Matige sagte-weefsel
beserings
• Sonbrand en ander
geringe brandwonde
• Stabilisering van enige
breke
•
•
mediese ontruiming self te
dek.
As ons mediese span jou inlig
dat jy die terrein vir fisiese
of sielkundige redes moet
verlaat, luister asseblief na
hulle en verlaat die terrein
sodat jy die nodige hulp kan
kry.
NOODHULP! O JIRRE, WAAR IS DIE NOODHULP?
By “Off Centre Camp” tussen
8ish en 9ish by die Binnekring
geleë. KYK VIR DIE GROOT
ROOI KRUIS EN MEDICS
BORD.
IN DIE GEVAL VAN ‘N MEDIESE NOODGEVAL:
Bly by die persoon wat hulp
nodig het.
Vra vir iemand anders (enige
iemand anders) om die
medics te gaan roep.
Maak seker jy gee instruksies
van jou presiese ligging,
bv:Vb. “Sê vir hulle ons
is omtrent 10m agter die
Burning Mail-kamp op 9ish”.
MEDIESE INLIGTING +
33 34
VUUR.
BENEWENS DIE GESKEDULEERDE BRAND VAN KUNSWERKE IS DIE FOKUS VAN BRANDBEHEER IN ‘TANKWA TOWN’ VERMYDING, BEWUSTHEID EN AKTIEWE VOORKOMING.
As iets aan die brand slaan, sal ons mense na veiligheid lei en die voorwerp waarskynlik laat uitbrand. Rangers beskerm mense - nie eiendom nie. Wees voorbereid en weet wat om te doen. Bring voldoende brandblussers en weet hoe om dit te gebruik. Oefen die Engelse P.A.S.S. (pull, aim, squeeze, and sweep).
As jou tent brand, moet jy asseblief nie probeer ingaan om jou besittings te red nie Wanneer jy jou kamp-uitleg beplan, los ten minste 3m oop tussen vlambare items. Plaas jou tent 3m weg van jou kragopwekker, wat weer 5m weg van jou brandstof af moet wees. Dit geld vir jou motor en RV ook. Alle kampe wat brandstof stoor en oop vure het, moet ‘n brandblusser hê wat sigbaar en byderhand is.
Jy mag nie vuur direk op die grond
maak nie, maar jy mag een binne ‘n vuur drom of braai maak.
Vure mag nie sonder toesig gelaat word nie. Hulle moet doodgemaal word wanneer nie in gebruik is nie.
Jy mag nie kunswerke brand wat nie goedgekeur is nie. As jy iets aan die brand wil steek wat jy gemaak het, laat die Kunsspan weet deur hulle te kontak by die Arteria by Off-Centre Camp.
As jy enige struktuur brand, behou ‘n veiligheidsomtrek wat gelykstaande is aan drie keer die hoogte van die struktuur (en selfs meer as die wind waai). Meet die grens en merk dit met ligte, vasgespykerde band of enige ander veilige merkers.
Moenie te veel brandstof stoor nie, en stoor dit in die skaduwee ten minste 10m weg van die aktiwiteite in die kamp - NIE IN DIREKTE SONLIG NIE. Petrol by
die kamp moet tot ‘n minimum beperk
word en gemerk wees met ‘n bordjie wat aandui dat daar brandstof in die kamp is. Hou vuur veiligheid in gedagte.
Hou ten minste twee brandblussers gereed binne ‘n 50vkm afstand. Wanneer daar met olie gekook word, hou ‘n brandkombers byderhand. Indien jy groot hoeveelhede gas en brandstof wil stoor (vir kampe, kunswerke en kunskarre), kontak die Brandveiligheidsoffisier (by die OCC) en reël om jou brandstof veilig te stoor.
Pragtige swewende doodsmasjinerie.
Mobiele brandstigting. Hulle hou ‘n ernstige brandgevaar in wat probleme skep met die naburige plase en die Tankwa Karoo Nasionale Park.
Vlieënde lanterns word strikke vir diere, moet dit nie eens bring nie; jy sal net gevra word om hulle te blus. Eweneens geen fakkels (flares), vuurwerke of vuur
lanterns nie. As dit brand of ‘n brand kan veroorsaak, moet dit nie in die lugruim van ‘Tankwa Town’ inskiet nie, dankie.
VUUR.
35 36
BRANDVEILIGHEID.BRANDVEILIGHEID.BRANDVEILIGHEID.BRANDVEILIGHEID.BRANDVEILIGHEID.
KARAVANE EN GAS BOTTELS• Ruil altyd die silinder in die
oopte om, weg van enige
moontlike aansteekpunt.
• Verseker die verbindings is
lugdig. Die beste manier om dit
te doen is om ‘n bietjie opwas
middel in water te sit en met ¡
sagte kwas oor die verbindings
te verf: Geen lugblasies = geen
lekkasies.
• Draai die hoofklep toe wanneer
dit nie gebruik word nie.
• Hou die gas-bottels buite jou
karavaan.
• Voor jy gaan slap of as jy die
karavaan verlaat, skakel alle
toestelle af. Draai die gasbottel
toe, tensy daar toestelle
soos die yskas ontwerp is om
aanhoudend te werk.
• Moet nooit die stoof of
verhitting gebruik terwyl die
karavaan beweeg nie.
INDIEN JY ‘N LEKKASIE VERMOED:• skakel alle toebehore af
• Maak alle deure en vensters
oop
• Moenie rook nie
• Moenie elektriese skakelaars
gebruik nie.
• ANDER GEVARE• Wees versigtig as jy kook, moet
nooit plaat aan los of ‘n oop
vlam sonder toesig laat nie.
• Hou vuurhoutjies buite die
bereik van kindersIf
• As jy rook, gebruik metaal
asbakke
ONS ‘TANKWA TOWN’ VUUR VEILIGHEIDSPAN WERK VIR « VEIL-IGER BURN-GEMEENSKAP. DIE INLIGTING HIERONDER KAN JOU HELP BEWUS MAAK VAN DIE MOONTLIKE GEVARE TERWYL JY AMPEER.
OOP VURE
LET WEL: BY AFRIKABURN WORD DIT NIE TOEGELAAT OM ‘N OOP VUUR OP DIE GROND TE MAAK NIE. JA, ONS HET DIT AL DRIE MAAL GESÊ. DIS UITERS BELANGRIK!
AS JY ‘N VUUR HETTENTE• Laat ‘n veilige afstand tussen
tente, karavane en motors.
• Moet nooit ‘n kers of ¡ oop vlam
binne of naby tente gebruik nie.
Flitse is baie veiliger.
• Ontvlambare vloeistowwe en LP
Gas moet buite die tent gebêre
word.
• Die gebruik van toestelle
wat met lampolie werk, word
afgeraai. Stoor ekstra brandstof
by die regte plek – vra die OCC
waar.
• Toerusting wat olie brand is nie
‘n goeie idee nie
• Kooktoestelle moenie binne klein
tente gebruik word nie.
• Hou kooktoestelle weg van die
kant en dak van die tent waar
dit maklik omgestamp kan word.
• Moet dit op ‘n verhewe
platform wees, en minstens
10m windaf van enige tent.
• Verwyder alle hout, blare, ens.
om die vuur sodat daar ‘n oop
sirkel grond rondom is.
• Bou die vuur dat dit binnetoe
sal val terwyl dit brand. Jou
vuur moet verkieslik nie hoër
as jou vuurdrom of braai
brand nie.
• Moet nooit die vuur sonder
toesig laat nie.
• Maak seker dat alle vure ten
volle geblus is.
• Hou ‘n 5 liter emmer sand en
‘n brandblusser/s naby om ‘n
vuur te blus.
• Moet nooit in die bed rook nie
• Kinders moet nooit alleen in ‘n
karavaan gel word nie.
• Versekerlugsirkulasie in
jou karavaan. Moenie die
ventilasiegate versper nie. Dit
kan dodelik wees.
37 38
WANNEER ‘N BRAND UITBREEK
VUUR...
BRANDSTOFOPSLAG
LET WEL: Onthou, petrol is ‘n gevaarlike brandstof om vure mee te maak. Plofbare dampe kan dadelik opbou soos dit toegepas word, en as die vuur aansteek, kan dit flits en brand.
MOET DIT NET NIE DOEN NIE.
RIGLYNE VIR OOP VURE, KONKAS,
BAMBOESFAKKELS, ENS. BINNE
TEMAKAMPE
• Kontak die Rangers,
Veiligheidspersoneel, mediese
personeel en die Brand-afdeling en
gee die akkuraatste verwysing van
die brand. Indien moontlik moet jy ‘n
straatverwysing, bv. “hoek van 9ish
en straat A” gee.
• As dit nie moontlik is nie - verskaf
landmerk soos ‘n Temakamp of ‘n
Kunswerk.
• As jy dit gedoen het, en dit veilig
is, verwyder enige voorwerpe soos
tente, hout, voertuie, jou skoonma,
ens. daarvandaan.
As jy ‘n groot hoeveelheid brandstof of gas
het, gaan asseblief na Off-Center Kamp en
vra om dit in die brandstofdump te stoor.
• Oop vure op die grond word
nie toegelaat nie. Vuur in braai
dromme word toegelaat.
• Geen konkas of braaivleisvure mag
sonder toesig gelaat word nie. As
dit sonder toesig gevind word, sal
dit geblus word.
• Ten minste een kamplid moet
aangewys word as ‘Veiligheids
Hoof” en die taak van
brandveiligheid (insluitend die
plasing van brandblussers waar
hulle sigbaar en maklik toeganklik
is).
• Oop vure of brandvate moet op
versoek van enige Ranger- of
Nooddienstepersoneel geblus word, of
hulle sal dit doen.
• ‘n 7m sone rondom enige vuur moet vry
wees van enige vlambare materiale,
soos, maar nie beperk nie tot, lap,
papier, tente, plastiek, ens.
• Alle vloeibare brandstowwe moet
minstens 15m van enige oop vlam
gehou word.
• ‘n voorraad van minstens 25 liter water
(en/of ‘n brandblusser moet byderhand
gehou word om die vuur te blus in
geval van hoë winde of ander gevare.
• Brandvate moet beveilig en so gebou
word dat die brandoppervlak minstens
15 cm van die grond af is, om te
voorkom dat die woestyn oppervlak
gebak word.
nthou, petrol is ‘n gevaarlike brandstof om vure mee te maak. lofbare dampe kan dadelik opbou
soos dit toegepas word, en as die vuur aansteek, kan dit flits en brand.
E.
As jy ‘n groot hoeveelheid brandstof of gas
ff-Center Kamp en
vra om dit in die brandstofdump te stoor.
op vure of brandvate moet op
versoek van enige Ranger- of
ooddienstepersoneel geblus word, of
‘n 7m sone rondom enige vuur moet vry
wees van enige vlambare materiale,
soos, maar nie beperk nie tot, lap,
Alle vloeibare brandstowwe moet
minstens 15m van enige oop vlam
‘n voorraad van minstens 25 liter water
(en/of ‘n brandblusser moet byderhand
gehou word om die vuur te blus in
geval van hoë winde of ander gevare.
Brandvate moet beveilig en so gebou
word dat die brandoppervlak minstens
15 cm van die grond af is, om te
voorkom dat die woestyn oppervlak
39 40
FOTO
GEN
EEM
DEU
R M
AD
DA
LEN
A A
ROS
IO
BEREI JOU KINDERS VOORVertel jou kinders vooraf wat hulle dalk mag sien en/of hoor. Naaktheid, ikonoklastiese kunswerke, seksualiteit, vloekwoorde, kulturele kommentaar en vreemde gedrag is alles deel van die AfrikaBurn-ervaring. Neem hulle weg van die dinge waarmee jy ongemaklik voel, maar gesels openhartig oor die dinge waaroor hulle nuuskierig is.
Wat is jou kind se gewone verwysingsraamwerk? Het hulle al voorheen kampeer? Praat met hulle oor voor die handliggende veiligheid. Raai hulle aan om versigtig te wees en nie te naby aan aggressiewe kuns, vernietigende robotte en bewegende voertuie te gaan nie. Hulle moenie in as of vuuroorblyfsels speel nie. ‘n Bietjie voorsorg strek ver in ‘n chaotiese omgewing. Alle ouers moet na hulle kinders omsien en is ten alle tye verantwoordelik vir hul veiligheid en welstand.
Jy en jou kinders moet altyd weet wie vir hulle verantwoordelik is. Gee eerder vir hulle te veel inligting, as om hulle te los sonder die nodige inligting. Ouers wat nie verantwoordelik optree ten opsigte van hulle kinders nie, kan gevra word om die byeenkoms te verlaat.
RANGER SÊ: Klein kindertjies by die Burn is ‘n wonderlike ding, maar jou deursnee tiener is dikwels ‘n nagmerrie, destemeer so in ‘n anargistiese enklawe vol musiek, drank en hope versoekings. AfrikaBurn is beslis nie die plek om jou afsydige tiener te bring in die hoop dat die ervaring julle nader aan mekaar gaan bring nie.
DIS WONDERLIK OM KINDERS AFRIKABURN TOE TE BRING, MAAR JY MOET HULLE VOORBEREI EN SELF OOK VOORBEREID WEES.
OUERS ENKINDERSOUERS ENKINDERS
01 ORIëNTEER JOU KINDERSWanneer julle by ‘Tankwa Town’ aankom, loop saam met hulle rond en identifiseer landmerke wat hulle gaan help om hulle weg te vind en om veilig te wees.
02 LEER KEN JOU BUREDie gemeenskap is een van die groot sterkpunte by AfrikaBurn. Bure help om na jou kinders, fietse en ters by jou kamp om te sien. Jy sal dieselfde vir hulle doen.
03 REEL VROEGOGGEND AKTIWITEITEKinders mag dalk lank voor jou wakker wees en dan dwaal hulle rond.
04 BESKERM HULLE TEEN DIE ELEMENTEJou kinders moet stewige skoene en ‘n hoed dra. Smeer hulle vol sonskerm in en maak seker dat hulle genoeg water saam met hulle dra waar hulle ookal gaan.
05 MERK JOU KIND SE FIETSTGebruik kleefban en ‘n permanente koki en merk jou kind se fiets met hul naam, jou naam en kampadres. As jy ‘n lang ‘vlagpaal’ met ‘n helderkleurige vlag (en ‘n lig) byvoeg, is dit maklik om jou kind se fiets van ver af te sien.
06 MOENIE JOU KINDERS BY TEMAKAMPE LOS NIEJy mag dalk graag ‘n bietjie op jou eie wil ronddrentel en jouself geniet, maar om jou kinders by ‘n Temakamp te los, veral sonder hul goedkeuring, is onverantwoordelik en onregverdig teenoor die Temakampe en jou kinders.
07 OUER KINDERSOuer kinders gaan hulle grense wil verbreed en bietjie op hul eie rondloop - stel riglyne op waarmee albei van julle gemaklik is insluitende hoe vêr hulle kan gaan en hoe gereeld hulle moet kom rapporteer.
Let wel: Temakampe mag nie alkohol aan persone jonger as 18 jaar gee nie, en kampe wat alkohol skenk, sal vir identifikasie vra indien hulle onseker voel oor ‘n persoon se ouderdom.
TOP WENKE VIR OUERS:
VIR MEER INLIGTING BY KINDRES BY DIE BURN, SOEN ONS BLOG VIR UITSTEKENDE RAAD
41 42
FOTO
GEN
EEM
DEU
R FR
AN
CIN
E N
AGAT
A
GEEN FOTO GEEN VIDEO ARMBANDEHierdie is pienk, gratis en
beskikbaar by ons Media
Booth en ook by ons Ice
Station.
‘Tankwa Town’ is een van die
mees fotogeniese plekke op
die planeet, maar onthou
asseblief jy is hier om deel te
neem en moet daarom nie
vergeet om betrokke te raak
nie. Moenie die hele ding
deur die lens waarneem nie,
jy is deel van die konsert.
Omhels die onmiddellike en
hou in gedagte dat dit in
alle belang is om mense se
reg om hulself uit te druk,
en hul reg op privaatheid te
beskerm.
Media by ons byeenkoms
gee ons kans om die wêreld
in te lig en te beïnvloed deur
te illustreer en dokumenteer
wat ons as ‘n gemeenskap
doen. Verslaggewing
en dokumentasie is
uitdrukkingsvorme wat ons
verwelkom, en diegene wat
hier verfilm het onderneem
om nie met deelnemers se
ervaring in te meng nie.
As enige iemand met ‘n kamera jou ervaring opneek
deur nie jou privaatheid te
respekteer nie, vra asseblief
hul naam en rapporteer dit
aan die Mediasentrum by ‘Off
Centre Camp’.
Groepfotos of video-grepe
word hiervan gevrywaar tensy
die kunstenaar, optreder of
meerderheid van die groep
vra dat daar geen kameras of
film betrokke is nie.
Lede van die media moet
met hul aankoms by die
Mediasentrum by ‘Off Centre
Camp’ rapporteer, waar
hulle dan registreer en hul
akkreditasie kan afhaal.
Die Mediasentrum is
daagliks oop van 10vm
tot 2nm, Maandag to
Saterdag.
As jy dit oorweeg om enige
van die fotos, video- of
klankgrepe wat jy by
AfrikaBurn geneem het, vir
kommersiële doeleindes te
gebruik, moet jy binne 90
dae ‘n kopié van jou werk
aan die organiseerders van
die geleentheid verskaf vir
die argief. Indien jou werk
naproduksie benodig, moet
jy ‘n kopié daarvan verskaf
sodra dit klaar is.
MEDIA, KAMERA EN DOKUMENTêRE INLIGTING
Een van die blywende
beginsels van AfrikaBurn is
dat deelnemers nie inmeng
met ander deelnemers se
ervaring nie. As ‘n lid van
die media, word daar van
jou verwag om altyd met
respek op te tree. Indien jy dit
doen, sal jou dekking van die
byeenkoms eerliker en meer
betekenisvol wees.
As iemand jou vra om op
te hou verfilm, respekteer
dit en stop dadelik. Indien
jy aanhou om die persone
te verfilm, loop jy die risiko
dat jy van die byeenkoms
verwyder mag word.
Jy moet toestemming vra
voor jy ‘n individu wat
herkenbaar kan wees,
kan afneem of verfilm.
43 44
En Media.
Fotografie
FOTOGRAWE, VIDEOGRAWE EN OUDIOGRAWEJy het die reg om kuns te skep deur
fotografie, videografie en/of as ’n
klankkunstenaar.
Dis jou verantwoordelikheid om mense wat jy wil afneem met die nodige respek te behandel. Jy moet ook eers toestemming vra voor jy enige persoon in klank of beeld vaslê.
Jy het ook die verantwoordelikheid om te verseker dat jou foto, beeldmateriaal of klankgreep nie die ervaring van ander nie beïnvloed nie. Wees bedagsaam van diegene wat die oomblik ervaar - hou jou kop lag en, doen jou bes om uit die lyn van sig te bly.
Beelde, beelde of klank wat vir persoonlike gebruik aangeteken is, is nie beperk nie - maar enige gepubliseerde materiaal kan slegs deur geregistreerde partye gebruik word. Om te registreer vir akkreditasie,
GAAN HIERNATOE
of gaan na die Media Sentrum op die terrein. Enige iemand wat fotos of videos neem op onverantwoordelike wyse, sal gevra word om hulle toerusting af te skakel of in ernstige gevalle om die byeenkoms te verlaat.
ORGANISEERDERS SEREGTE EN VERANTWOORDELIK-HEDEAfrikaBurn het die
verantwoordelikheid om ‘n
omgewing vir deelnemers
te skep, waar ongeskikte en
onverantwoordelike gebruik
van fotografie of video-
opnames nie geduld word nie.
Enige een wat nie die wense
van ‘n ander in terme van
fotos, video of ander opnames
respekteer nie, mag gevra
word om die geleentheid te
verlaat.
AAfrikaBurn behou die
reg voor om die gebruik
van enige beeldmateriaal
of klankopnames vir nie-
goedgekeurde kommersiële
doeleindes, te verbied, veral
as die gebruik daarvan
persoonlike uitdrukking en
privaatheid van deelnemers
skend en die integriteit van die
byeenkoms ondermyn.
KUNSTENAARS SEREGTE en VERANTWOORDELIK-HEDE
Jy het die reg om die beeld van jou kunswerk of optrede te beskerm.
Jy het die reg om iemand te vra om op te hou om jou kunswerk of vertoning af te neem as dit nie jou goedkeuring wegdra nie.
Jy het die reg om erken te word as die skepper van jou werk in enige gepubliseerde gebruik van jou werk, en moontlike vergoeding te eis.
Jy het die reg om kopié reg en handelsmerkreg op jou unieke kunswerk af te dwing. Om die grootste moonlike regtelike beskerming te geniet, moet kunstenaars vir kopié reg aansoek doen.
As beeldmateriaal van spesifieke kunswerke vir publikasie-doeleindes gebruik word, moedig ons die media aan om spesifieke kunstenaars te erken.
DEELNEMERS SE REGTE en VERANTWOORDELIKHEDE
Jy is verantwoordelik vir jou persoonlike beeld en moet vir fotograwe vra hoe fotos van jou
gebruik gaan word. Indien jy ‘n probleem ondervind, rapporteer
dit aan ‘n Ranger of by die Media Sentrum.
Jy het die reg om iemand te versoek om op te hou om beeldmateriaal van jou vas te lê, of om jou stem op te neem. Hou egter in gedagte dat die aard van radikale selfuitdrukking ook daarin lê om ekspressie vas te lê.
Jy het die reg om te weet wat iemand beplan met jou beeld.
DIE GEBRUIK VAN ENIGE BEELDMATERIAAL WAT BY AFRIKABURN OPGENEEM IS, (VIR NIE-PERSOONLIKE DOELEINDES) SONDER VOORAF GESKREWE TOESTEMMING VAN AFRIKABURN, WORD VERBIED.
Let wel: dit sluit in beïnvloeders op sosiale media: geen kommersiële hefboing van ons geleenthehid deur fotosessies word toegelaat nie. Moet asseblief nie ons gebeurtenis of kultuur kommodifeer nie - as jy dit doen, sal ons regspan verplig wees om versoeke vir afneem na te streef.
Om aansoek te doen vir akkreditasie, sien asseblief die ‘Photo/Media” page 45 46
FOTO
GEN
EEM
DEU
R JO
NX
PIL
LEM
ER
Fiet
se is
noo
dsa
akl
ik in
‘Ta
nkw
a T
own’
, wa
nt h
ulle
ma
ak
alle
s m
akl
iker
ber
eikb
aa
r.
Hou
in g
eda
gte
da
t fi
etse
nie
pub
lieke
eie
ndom
is n
ie. M
aa
k se
ker
jou
fiet
s is
in ‘n
g
oeie
wer
kend
e to
esta
nd v
oor
jy b
y d
ie B
urn
aa
nkom
en
bri
ng jo
u g
eree
dsk
ap
soo
s ‘n
dra
ad
bor
sel,
kett
ing
olie
en
ekst
ra b
inne
ba
nde
saa
m.
# DIE MEES BELANGRIKE FIETSWENK? SLUIT DIT OF VERLOOR DIT!Selfs in die kamp! Fietse
verdwyn en verskyn weer
nadat almal weg is. En
party verdwyn en word
nooit weer gesien nie.
Sluit jou fiets! Moenie jou
fiets aan ankertoue of
kunswerke vasmaak nie – dit
kan vertonings belemmer
of geskeduleerde brande
vertraag. Geen fiets word as
gesteel beskou tensy die slot
oopgebreek is nie en geen
fiets word as verlore beskou
tot na die byeenkoms nie.
BRING EKSTRA PARTEBring ekstra binnebande,
buitebande en ‘n
lekplekstelletjie (dit is ‘n baie
goeie geskenk aan iemand
wat dit dalk nodig het). Jy kry
dit dalk nodig, en indien nie,
kan jy diegene help wat dit
wel nodig het.
VERLORE FIETS PROSEDURE01 Enige verlore fietse wat op die terrein gelos word, sal
gedokumenteer en gefotografeer word.
02 Eienaars van verlore fietse het twee weke om hul fiets met
besonderhede te identifiseer. (epos:
03 Daar is geen stap 3 nie, gaan voort na punt 4.
04 Agtergeblewe fietse sal teruggebring word vanaf die Tankwa,
en die eienaars sal vie e-pos in kennis gestel word.
05 Onopgeëiste fietse, sal soos in die verlede, aan
minderbevoorregte gemeenskappe in die Tankwa geskenk word.
LAAT GEEN SPOORMoenie jou fiets by AfrikaBurn
laat lê nie. Om fietse wat
agterbly uit te sorteer,
strek ons reeds beperkte
hulpbronne tot die uiterste.
En het ons al genoem, dat
as jy dit nie sluit nie, kan jou
fiets verdwyn? As dinge woes
raak, kry fietse voete. Sluit
dit toe – veral as jy jou vriend
se R25000, ekstra spesiale,
verchroomde, beperkte
uitgawe, Himalayan bergfiets
geleen het, of jy kan die een
wees wat in jou bier sit en
huil.
HOE OM NIE JOU FIETS TE VELOOR NIEOm jou kanse te verbeter om
met jou verlore fiets herenig
te word:
• Merk dit met jou naam,
kamp- en e-posadres.
• Neem ‘n foto daarvan op
jou foon of kamera. Of
beide.
• Skryf die maak en model
daarvan iewers veilig
neer.
• As jy jou fiets tydens
die Burn verloor, stuur ‘n
beskrywing daarvan aan
• Doen dit sodra jy by die
huis kom, want daar is ¡
klein rukkie om jou fiets
te identifiseer voor die
DPW oppak en huis toe
komhome.VERSIER JOU FIETSDie kans is baie minder dat
jou fiets sonder toestemming
geleen gaan word as dit
uniek lyk. Verlig dit in die
aande. Gebruik LED’s, EL-
draad, sonkragfeetjieligte of
waarmee jy ookal vorendag
kan kom - raak kreatief!
MERK JOU FIETSMet jou naam,
selfoonnommer, e-posadres
en kamp se ligging.
SLUIT. JOU. FIETS.
47 48
JOU KUNSKAR SAL SLEGS TOEGELAAT WORD OM OP DIE BINNEKRING TE RY INDIEN JOU RYDING REEDS VÓÓR DIE BURN GEREGISTREER IS.
MAAK SEKER JY HET DIT BY DIE DMV GEREGISTREER (EN DAT HULLE DIE TOEGANGSPERMIT VIR JOU AANKOMS UITGEREIK HET).
BAIE BELANGRIK: Kunskarre wat vlamme of enige ander dodelike wapens as ‘n effek het, moet die DMV skakel voor die geleentheid,
en’n lewendige toets op die terrein doen. Stuur ‘n e-pos aan dmv@
afrikaburn.com vir meer inligting (en ook ons Fire Art Safety-span op fast@
afrikaburn.com)
Geen “quad bikes” en motorfietse
word toegelaat nie – behalwe as hulle
gelisensieër is deur die DMV (en die
enigste manier waarop hulle gelisiensieër
kan word is as hulle heeltemal omskep is
sodat hule glad nie meer soos ‘n gewone
voertuig lyk nie).
Enige en alle voertuie op soek na
DMVlisensiëring moet alle bestuurder(s)
laat afteken op ‘n terplaatse veiligheid
en vrywaringsvorm. Elke bestuurder van
die Kunskar moet vrywaring teken en
moet die voertuig vergesel om finale
registrasie en lisensiëring.
Die vrywaringsvorm moet voltooi en
onderteken word, en op jou persoon
gedra word, vanaf die oomblik wat jy
deur die hek gaan en die terrein betree.
As jy nie voldoen aan die reëls nie,
verstaan en aanvaar jy dat die voertuig
onmiddellik geïmmobiliseer kan word,
en dat DMV die voertuig se lisensie
(en/of die reg van die bestuurder om
die voertuig op die terrein te ry) kan
herroep vir ‘n tydperk van tussen 48
uur en/of die duur van die byeenkoms
(waarvan die duur bepaal deur DMV
leierskap, namens AfrikaBurn), en dat
die bestuurder kan gevra word om die
byeenkoms te verlaat..
Skollie Patrolie is ons verkeersbeamptes
op die terrein. Neem asseblief hul
advies. Provinsiale verkeersbeamptes
sal ook op die terrain wees. Normale
verkeersreëls geld. Jy mag gearresteer
word as jy onder die invloed bestuur.
KUNSKARRE
49 50
FOTO
GEN
EEM
DEU
R RA
UL
ARA
GA
O
01 JY SALElke moontlike poging aanwend om jou golf karretjie, trok of limo te versier/herskep of om te tower.
06 JY SAL NIEProbeer om op, of af, van ‘n bewegende kunskar te klim nie (indien jy dit nie die eertse keer verstann het nie).
07 JY SAL NIEEnige kunskar bestuur of enige van die effek-aan-passings gebruik sonder toestemming van die eienaar(s)/bestuurder(s) nie; insluitende die skiet van kanonne, aartappel-kanonne, saagselkanonne, gebruik van aantreklike liggaamsdele van insit-tendes, klank, ligstelsels, ens, ens.
05 DAAR IS NIE‘N REëL NO.5 NIEGaan reguit na reel 6, moet nie R200 ontvang wanner jy Begin verby gaan nie. Bly uit die tronk uit. Gooi vir jouself ‘n bier. Haal diep asem. Wees gaaf met klein diertjies en onthou om jou ma van tyd tot tyd te bel. En om vadersnaam, hou op om jou oor jou gewig te be-kommer. Jy is pragtig net soos jy is. Reg, waar was ons? O ja, hou aan lees, jy’s amper klaar.
02 JY SAL NIEEnige amptelike voertuig steel, ‘leen’ of opkom-mandeer nie. Diefstal en beskadiging van enige vo-ertuie sal nie geduld word nie – ons behou die reg voor om enige iemand wat gevang word uit te gooi.
03 JY SAL NIEProbeer om ’n bewegende kunskar, vliegtuig, lugballon, helikopter of enige ander vlieënde of bewegende voertuig te stop, belemmer of daarop te klim nie.
04 JY SAL Ronddans, jou arms swaai en mooi vra om op ‘n verbygaande kunskar te klim. Wanneer die voertuig doodstil staan, vra hulp (indien nodig) om op ‘n veilige, toepaslike manier op te klim Bedank vir die bestuurder. As die kunskar nom welke rede ookal nie stilhou nie, moet asseblief
nie probeer om op te spring of agterna te hardloop of die bestuurder vas te hou en/of te skel of kla teenoor die bestuurder nie.
bestuurder. As die kunskar
08 JY SAL NIEDie bestuurder kaap, aanhou, flous, lastig val of pla terwyl hul in beheer van die kunskar is nie.
09 JY SALJouself geniet (asof jy nie alreeds weet nie).
13 ALLE KUNSKARREMoet ‘n veeldoelige brandblusser en omvat-tende eerstehulpkissie aan boord he.
10 JY SALTen alle tye op die uitkyk wees vir die veiligheid van jou mede-‘freaks’, ruimtewesens en ander verbygaande mense – al is dit jou gewese meisie wat onlangs by jou pa geslaap het.
11 JY SALEnige voorvalle, verbreking van reëls en/of probleme dadelik by die Rangers en DMV aanmeld.
12 JY SAL ¡ Geregistreerde bestuurder vir die kunskar hê. S/hy sal ¡ gelamineerde etiket dra wat tydens registrasie uitgereik is deur die seksie DMV, asook die bestuurders polsband.
14 ALLE KUNSKARRE MET SLEEP-WAENS MOET KONDUKTEURS EN STAPPERS Hê.As jou Kunskar daar sonder gevind word, sal dit gestop word, tot jy ’n volle span het wat aan die vereistes voldoen.
15 MOET ASSEBLIEF NIE JOU VOERTUIG AGTERLAAT NIE!Indien beskadig, rap-porteer dit asseblief by Off-Centre Camp en vra hoe jy kan kontak maak met die plaasei-enaar.
DMV SE GEBOOIE VIR KUNSKARREDMV SE GEBOOIE DMV SE GEBOOIE DMV DMV SE GEBOOIE DMV SEDMV SE GEBOOIE SE GEBOOIEDMV SE GEBOOIE GEBOOIEGEBOOIEDMV SE GEBOOIE GEBOOIE VVIRVVIRIR KUNSVIRIR KUNSVIR KUNSIR KUNSKUNSKAIR KUNSKAKKAKKAARREKAARREKARREARRERREKARREKKAKKAARREKAKKA5152
Mense het al op die R355 gesterf
en baie kop-aan-kopbotsings het
al plaasgevind. As jy roekeloos
bestuur, gaan dit sleg eindig.
HIER IS DIE TIEN GEBOOIE VIR
DIE PAD:
Moet nooit verbysteek as jy nie vooruit kan sien nie. NOOIT.
Beplan vooruit om op ¡ goeie tyd te vertrek. Sondag oggend tussen 8vm en 10vm is NIE ¡ goeie tyd nie.
Kyk vir alternatiewe besienswaardige roetes huis toe (Calvinia, Koue Bokkeveld, ens.).
Om by die huis te kom, GAAN die hele dag vat, ry stadig en geniet die reis. Maak gebruik van die rusareas om af te trek en ‘n blaaskans te neem.
Moet NIE tot Sondagoggend partytjie hou en dan dadelik in die pad val om die verkeer te probeer klop nie. Ons deel almal die pad en moet veilig by die huis kom.
As jy nie vorentoe kan sien nie, ry stadiger. Dis nie “Days of Thunder” hierdie nie. Om jou lyn te hou en deur die stof te ry is nie die antwoord nie. Verminder eerder spoed tot 10km/h en hou so ver links as moontlik. MOENIE doodstil stop nie, want daar is karre agter jou wat ook nie kan sien nie.
Party mense ry REGTIG stadig, dalk omdat hulle by hulle laaste spaarwiel trek wat propvol ‘tyre-weld’ is. As jy een van daai mense is wat 20km/h ry, trek so dan en wan van die pad af (by die rusareas) en laat mense verbykom.
Ondersteun altwee die winkels langs die R355 - die Padstal en die Halfway House. Stop, ontspan ¡ bietjie en laat van die verkeer verbykom.
Indien jy moet stop om ¡ band om te ruil of wat ookal, maak seker jy is 100% van die pad afgetrek.
Wees lekker. Behandel mense soos jy behandel wil word. Ons is almal saam in die ding, en ons wil almal in een stuk daar en terug kom.
Baie dankie aan Braai Bliksem vir hierdie gebooie!
Lees meer oor sy aaklige ongeluk in hierdie
BLOG POST
01
02
03
04
05
06
07
08
09
10
53 54
FOTO
GEN
EEM
DEU
R JO
NX
PIL
LEM
ER
REEL EEN: RY STADIGER
Hou asseblief in gedagte
dat die R355 ‘n bedrieglike
grondpad is wat al baie
lewens geëis het. Ry
rustig, selfs al het jy ‘n
viertrekvoertuig. Maar veral
as jy nie een het nie. Die
laaste stukkie pad is’n nou
plaaspad – wees asseblief.
geduldig wanneer jy aankom,
want daar mag al ‘n ry karre
wees.
HOE OM DIE R355 TE OORLEEF:
• Normale
padveiligheidsreëls geld.
• Ja, ook vir RV’s en 4x4’s.
Net omdat jy ‘n 5-liter
4x4 ry, beteken dit nie
dat jou gat nie sal rol
nie, en jou bande nie
aan vlenters gesny sal
word nie.
• Ons raai ten sterkste aan
dat mense in ’n konvooi
reis
• Ry gedurende die dag,
dis baie veiliger!
• Moenie jou motor oorlaai
nie.
• Moenie jaag nie -
70km/h is oraait, maar
as jou voertuig swaar
gelaai is, verminder
spoed tot 50km/h of
minder. Geniet die
uitsig.
• Val met dagbreek in die
pad – later in die middag
word bande warm, wat
beteken jou wielvellings
faal makliker, en die
skalie-klip breek makliker
en skerper. Koeler bande
+ koeler pad = minder
pap wiele en gebarste
bande.
• Die R355 is een helse
stuk grondpad. Dit het
‘n paar slegte kolle
waar skerp klippe selfs
die sye van jou bande
deurdring. (Ja, selfs
daai moerske padvreter
Woestyn Arend 3000’s),
so ry stadig en versigtig.
Jy kom in die versoeking
om te dink jy is naby as jy
die grondpad tref - jy is
nie. Dit neem ongeveer
‘n uur en ‘n half om die
grondpad-gedeelte af
te lê, wat dit die mees
gevaarlike gedeelte van
jou reis maak. Ons maak
nie grappies nie. Let
op hoe baie opgevrete
en uitgespoegde
verpletterde bande daar
langs die pad lê. Dis
stoffadille en hulle groei
nie daar nie.
• Selfoonontvangs
langs dié pad bestaan
omtrent nie. Die laaste
betroubare opvangs
is net voor jy deur
Karoopoort gaan
vanaf die Suide, en by
Bloukranspas vanaf die
Noorde.
• As jy op die grondpad
moet stilhou, trek
heeltemal na die kant
toe af en moet onder
geen omstandighede op
‘n blinde bult stilhou nie.
PAD AANWYSINGS VOORKOM SKADE AAN JOU BANDE
Dis ‘n feit soos ‘n koei: die R355 vreet bande vir ontbyt, middag- en aandete! Hier is ‘n paar voorkomingsmaatreëls:
• Inspekteer jou bande
voor jy ry en maak
seker hulle is in ‘n goeie
toestand.
• Pomp jou bande aan die
harderige kant, sodat die
sye minder blootgestel is
aan die skerp klippe.
• Ons weet dis baie gevra,
maar moet nie jou
voertuig oorlaai nie.
• Moenie oor
die klipperige
middelmannetjie ry nie.
• Ons stel voor dat jy
twee spaarwiele saam
neem, en alles wat jy
nodig het om bande
te herstel. Neem ¡
wenk van die plaaslike
boere – ry ‘snotplugs’
en ¡ kompressor (of
bandpomp/’tyre weld’)
saam.
• Pak jou spaarwiel op ‘n
plek waar jy dit maklik in
die hande kan kry.
• AfrikaBurn patrolleer nie
die pad nie, en kan geen
ondersteuning bied buite
die Burn nie.
• Daar is ‘n plek wat
bande regmaak by
Stoney, die laaste huis
voor ’Tankwa Town’. Hier
kan jy jou bande kan laat
regmaak voor jy koers
kies na of vanaf die Burn.
• Respekteer
donkiekarretjies en diere.
Donkies beweeg nie uit
die pad uit nie!
• Wanneer jy ‘n voertuig
verbysteek, ry asseblief
stadiger om stof en
klippe wat opskiet, te
verminder.
UITERS BELANGRIK: MOENIE VERBYSTEEK WANNEER DIE PAD VORENTOE VERDUISTER IS DEUR STOF NIE.. Dit WAS al die oorsaak van noodlottige kop-aan-kop botsings.
Daar was al talle kop-aan-
kopbotsings weens hierdie
roekelose en selfsugtige
gedrag. Verstaan asseblief
- dit is dodelik gevaarlik.
MOENIE!
55 56
VANAF KAAPSTAD
Aweh! Rad dat jy dit kan maak bru!
Vat die N1 Noord deur
die Paarl, Worcester en
De Doorns. 10km voor jy
Touwsrivier bereik, dis 160km
van Kaapstad af, draai jy
LINKS op die R46, rigting
Ceres. As jy moet brandstof
kry, moet jy dit nou doen,
want Worcester of Touwsrivier
is jou laaste kans.
Dié pad hou aan vir ongeveer
40 km en eindig in ‘n T-aansluiting, draai REGS op
die buiteband-vretende R355
na Calvinia en Sutherland.
Na ongeveer 100km, sal jy die
grondpad slaan.
VERMINDER SPOED.
Jy’t ‘n spaarwiel gebring, reg?
Goed. O, jy’t twee gebring?
Slimkop!
Die stuk pad – wat 113km
lank is – is gevaarlik. Soos in
psigopatiese pit-bull-met-
‘n-babelaas gevaarlik. MOET
NIE VINNIG RY NIE. Dit is ‘n
lang pad – geniet die uitsig
en lees die padtekens.
Jy gaan min of meer
nou selfoon ontvangs
verloor. Skakel dit af en
vergeet daarvan. Totsiens
telekommunikasie! Hallo
REGTE kommunikasie!
Bly op die R355 na Calvinia
(Moenie afdraai Sutherland
toe nie, tensy jy hou van reuse
radio-teleskope).
Jy sal verby ‘n klein
nedersetting genaamd
Tweefontein gaan en oor
‘n klein wit bruggie oor die
Tankwarivier. By die punt is jy
omtrent 2km van die afdraai
na die terrein. Jy sal ‘n lang
toring aan die linkerkant sien.
Bly op die R355, dis nie
meer ver nie. Sien jy die
T-aansluiting voor jou met
die borde op die regterkant?
Dis hy daai. Draai regs by
Stonehenge Plaas in.
Dit is ‘n rowwe pad, maar
vat dit rustig, jy is amper
daar. Soos jy deur die hekke
gaan, is daar ‘n paar klein
huisies aan jou regterkant
by ‘n nedersetting genaamd
Lekkerlag.
Jy sal eerste by Die Hek
aankom, waar hulle sal kyk
dat almal kaartjies het.
Daarna sal jy by Kaartjie
Kantoor van ‘Tankwa Town’
kom. Hier sal jy ingeboek
word en jou kaartjies
geskandeer word.
VANBLOEMFONTEIN
Beweeg aan na die
“Greeters” Stasie. Haal diep
asem. Stap deur die poort. As
jy’n ‘Burgin” is – lui die klok!
WELKOM!
VANAF JOHANNESBURG
Van Jozi? Hoesit!
Vat die N1 Suid na
Bloemfontein/Kaapstad. Bly
op die N1 deur Colesberg,
Hanover en Richmond.
Van Richmond af ry jy ‘n
verdere 64km op die N1 en
draai REGS op die R63 na
Victoria-Wes.
Volg die R63 deur
Victoria-Wes en volg die
rigtingaanwysers na Calvinia.
Omtrent so 2km buite die
dorp, sal jy ‘n bord sien wat
sê: Ceres R355. Draai LINKS
hier op die grondpad na
Ceres.
Moet NIE vinniger as 70km/h
onder enige omstandighede
en in enige voertuig ry op
hierdie grondpad nie.
Let wel: hierdie is die
laaste keer wat jy sal
selfoonontvangs kry, tot jy
weer op hierdie plek kom –
dit sluit die byeenkoms in.
Calvinia is die laaste plek
waar jy voorraad (water, gas,
petrol, ens.) kan kry, so as jy
dit nodig het, kry dit. Daar is
geen winkels na Calvinia nie.
Ry ongeveer 100km verder. Ry
versigtig!
Moenie afdraai na die
Tankwa Karoo Nasionale Park
nie.
Kyk uit vorentoe vir ‘n
T-aansluiting. Hier sal jy ‘n
AfrikaBurn-bord sien en ‘n
Stonehenge/Lekkerlag plaas-
bord. Draai LINKS hier boet!
Jy is amper daar.
Ry STADIG vir omtrent 5km
langs hierdie baie klein
plaaspaadjie.
Donner jy’s nou naby! Jy sal
by Die Hek na Tankwa Town
aankom. Bietje verder aan
die Kaartjie Kantoor.
Beweeg nog verder na die
“Greeters” Stasie. Haal diep
asem. Stap deur die poort. As
jy ‘n maagd is – lui die klok!
Van Bloem af, chomma? Mooi so!
Vat die N8 na Kimberley en
gaan dan voort langs die N12
na Victoria-Wes.
Draai REGS op die R63 by
Victoria-Wes (T-aansluiting),
Daarna volg jy die rigting
aanwysing hierbo vir
Johannesburg van Victoria-
Wes af.
FROM DURBAN
Kom jy van Durbs af? Hundreds bru!
Vat die N3 uit die stad uit en
mik vir Harrismith.
By Harrismith vat jy die N5 via
Bethlehem na Winburg waar
jy sal aansluit by die N1. Volg
die N1 tot by Bloemfontein.
Daarna volg die aanwysings
vir Bloemfontein hierbo.
SO RY MENS
SUID
OOS
57 58
VLIEG IN
Lucky you!
Gelukkige jy!Ons landingstrook is anders as ander vliegroetes daar buite: infrastruktuur is basies en dit is in ‘n afgeleë deel van die wêreld. Maak seker dat jy jou met ons plaaslike reëls vertroud maak voordat jy met jou vlug begin: Al die vlieënierinligting KAN HIER GEWIND WORDTankwa Town se landingstrook is ‘n toegangspunt vir AfrikaBurn en as gevolg hiervan, as jy hier land en wil toegang verkry tot die geleentheid, moet jy ‘n geldige geleentheidskaartjie hê. Jy sal ook ‘n Lugspasie-pas moet koop.Die Lugspasie-pas is nodig vir almal wat die geleentheid binnekom via die landingshek. KOOP JOUNE HIER.
OP SOEK NA ‘N VLUG NA AFRIKABURN?
Ons het baie mense wat op soek is na vliegtuigritte na die burn - as jy ‘n vlieënier is op soek na passasiers of ‘n passasier op soek na ‘n vlug, probeer ons SHARE A FLIGHT TO AFRIKABURN Facebook groep.
HOMMELTUIE?
Behalwe dat dit ‘n inval van privaatheid is, mag hommeltuie ook nie naby ‘n aktiewe landingstrook gevlieg word nie. Hiermee in gedagte, en as gevolg van regulasies van die Burgerlike Lugvaartsowerheid, WORD GEEN ONGELISENSIEERDE HOMMELTUIE BY AFRIKABURN TOEGELAAT NIE.
PROFESSIONELE HOMMELTUIE?
As u ‘n gelisensieerde UAV / RPAS-vlieënier is, en die toepaslike dokumentasie en versekering het, kan u aansoek doen om jou professionele hommeltuig binne ‘n gedefinieerde gebied te bedryf. Stuur asseblief ‘n e-pos aan [email protected] om die vereiste sertifisering te voorsien en sodat ons u aktiwiteite kan koördineer met ander lugruim gebruikers.
VRAE OF KOMMENTAAR?
Goed so! E-pos ons by: [email protected]
NIE-LUGHAWE GEBRUIKERS PASOP!
Die lughawe omgewing is heeltemal buite perke vir almal by AfrikaBurn (ja, selfs jy!) Tensy jy werk of vrywilligerswerk vir die lugruim bemanning doen, en behoorlik opgelei is of jy word begelei deur ‘n gekwalifiseerde vlieënier. Toegang is dan slegs deur ons terminaal gebou. Die area sal afgekamp word – moet asseblief nie deur die veiligheidsheining klim nie. Vliegtuie is uiters gevaarlik - botsing met ‘n bewegende vliegtuig of spinnende propeller sal tot die dood lei.
NEEM KENNISOm jou motor na die landingstrook te ry om passasiers op te laai, word nie toegelaat nie. Dieselfde reëls met betrekking tot voertuie in Tankwa Town is van toepassing: slegs kunskarre, bemannings- en noodvoertuie is OK om op ons geleentheidsterrein te ry. As jy van plan is om te vlieg, of vriende het wat wel so doen, is ‘n kunskar die enigste manier waarop passasiers op- of afgelaai kan word. Enige voertuig wat die landingstrook benader wat nie gemagtig is om op die terrein te bestuur nie, sal weggewys word.59 60
FOTO
GEN
EEM
DEU
R JO
NX
PIL
LEM
ER
afRIkaBURN GEBLEENtHEIDS VRYWaRING
Deur hierdie gebeurtenis by te woon, neem u persoonlik en vrywillig die volgende risiko’s vir uself en enige minderjariges of wyke wat u na hierdie geleentheid vergesel, of binnekom op ‘n kaartjie wat u vir hulle gekoop het: risiko van besering, ernstige skade of dood deur hierdie gebeurtenis by te woon, en risiko van skade, verlies of vernietiging van persoonlike eiendom wat deur jou gebruik word (of dit deur jou besit word of nie).jy erken en stem in dat afrikaburn geen verantwoordelikheid aanvaar vir skade of verlies aan jou persoon of jou eiendom nie, en jy vrywaar afrikaburn van enige en alle eise deur derde partye vir besering, skade of verlies as gevolg van jou deelname in die geleentheid of u breek van hierdie of enige afrikaburn beleid of terme. jy stem ook in deur al afrikaburn se toepaslike beleid, reëls en terme en voorwaardes gebind te word.
Kunskarre, kunswerke, temakampe en optredes word nie deur AfrikaBurn
gebruik of skepping van enige intellektuele eiendom onderhewig is aan die eienaarskapsgebruiksregte van AfrikaBurn of ander deelnemers en dat die bevordering of kommersiële gebruik van beelde, klank of video wat geneem word by die geleentheid, insluitend media van mense, voorwerpe en kunswerke en die gebruik daarvan in drukwerk of sosiale media, word sonder vooraf skriftelike toestemming van AfrikaBurn verbied. u stel AfrikaBurn as u verteenwoordiger aan om stappe te neem wat nodig is om u intellektuele eiendom of privaatheidsregte te beskerm, en erken dat AfrikaBurn geen verpligting het om enige aksie hoegenaamd te onderneem nie.
Alle voertuie, insluitende vragmotors, sleepwaens, karavane en RV’s wat aankom en vertrek by AfrikaBurn is, is onderworpe aan dearsoeking deur Die hek-personeel. Kaartjies kan nie terugbetaal word nie, selfs al word die gebeurtenis beëindig of gekanselleer weens swaar weer, natuurbewegings, regeringsregulasies of ander toestande buite AfrikaBurn se beheer. hierdie kaartjie is ‘n herroepbare lisensie wat deur AfrikaBurn om enige rede herroep kan word.
besit of bedryf nie. u aanvaar dus enige en alle risiko van besering, dood of verlies wat verband hou met of voortspruit uit hul werking of voorkoms. Daar word van u verwag om alle eiendom wat u na die gebeurtenis gebring het, te verseker of u sodanige eiendom besit of nie. As u mediese behandeling benodig of vir mediese redes ontruim moet word, sal van u verwag word om hierdie koste te dek en u moet dus verseker dat u voldoende mediese versekering in plek het.
Jy moet genoeg kos, water, skuiling en noodhulp saambring om vir ‘n week in ‘n moeilike omgewing te oorleef. Kommersiële handeldryf is verbode, so ook alle wapens, vuurwapens, vuurwerke, vuurpyle en ander plofstowwe. u stem in om te lees en te voldoen aan al die reëls vervat in die oorlewingsgids, asook alle geldige instruksies van alle personeellede, en om nasionale en plaaslike wette te volg. Dit is ‘n lEAVE no tRACE, pak dit in, pak dit uit geleentheid. u word gevra om twee uur se algemene opruiming by te dra bo en behalwe u eie kamp sin, voor u vertrek.
u verstaan en stem saam dat hierdie gebeurtenis ‘n privaat gebeurtenis is op privaat eiendom waar u G
EBRU
Ik V
aN
jO
U k
aa
RtjI
E BE
VES
tIG
jO
U O
ORE
ENkO
MS
aa
N D
IE V
OO
RWa
aRD
ES B
O.
61 62
DANKIE
Dat jy hierdie gids al die pad tot op die einde gelees het. Jy is ‘n rock-ster! Deel dit asseblief met enige iemand wat die inligting benodig.
Hoe meer dit gelees word, hoe beter is die ervaring vir almal wat aan
AfrikaBurn deelneem.
Die ontwerp en uitleg van hierdie pragtige
Oorlewingsgids is gedoen deur Ashleigh Pauls
Inhoud is saamgevoeg en geredigeer deur
Travis Lyle en The Tim Doyle, met bydraes van ‘n hele
groep van gewillige en bevoegde spanlede.
Alle inligting in hierdie gids is juis en korrek ten tye van
publikasie; maar is onderhewig aan veranderinge in
opeenvolgende uitgawes. Vir die nuutste weergawe,
besoek
ONS WEBWERF
63 64
FOTO
GEN
EEM
DEU
R G
RAH
AM
ABB
OTT
ERKENNINGS
65
UIt NIkS, HEt ONS aLLES GESkEP.