afr62-1216 die uitmekaarval van die wêreld vgrdownload.branham.org/pdf/afr/afr62-1216 the...

47
DIE UITMEKAARVAL V AN DIE WÊR EL D Baie dankie, Broer Neville. Goeie môre, vriende. Ek het net vanmôre die bed kon inrol, betyds om weer uit te rol, so ek was ’n bietjie moeg. Het nie gekom…soort van onverwags gekom. Broer Shakarian, die Volle Evangelie Sakemanne, die president van hierdie beweging, was…Sy vrou is deur siekte getref, en toe…en sy is na die hospitaal geneem. 2 En om in die voorry te staan vir so ’n man is ’n yslike groot taak, en gister ’n konvensie gedra. 3 En Broer Arganbright het aangekom, en ons is soontoe. En, wel, ek het om vieruur opgestaan, gisteroggend, en ons het vertrek na Cincinnati. En ons was heeldag onderweg. En ek het ingekom, net in. Ons het ingekom omtreeks dagbreek, vanoggend. En so is dit uitgeput, en hees, maar ons is hier deur die genade van God. 4 Ek wonder of Broer Arganbright dit gemaak het. Is jy hier, Broer Arganbright? Hy moet steeds veilig in die arms van Morfeus wees. Julle weet nie wie Morfeus was nie; was ’n Romeinse heidense god, die god van slaap. 5 So verdra julle almal my ’n bietjie oor my hees keel vanmôre, en ek sal probeer om julle nie te lank te hou nie. 6 My doel met die diens vanoggend te hê, was vanweë…nie die mense nie. Volgende Sondag sou ek my—my Kersboodskap lewer, maar, as ek—ek het, dan sou dit mense bring wat van buite die stad kom, miskien soort van hulle Kersfees ontwrig, julle weet, om terug te gaan. En toe het ek gedink dis dalk die beste as ons byeen sou kom en die Here dien vanmôre, op hierdie manier, as my deel van die Kersdiens. En dan sou julle volgende Sondag kon wees by julle…As jy ver weg woon, sou jy by jou eie kerk kon wees van waar jy ook al is, of wat jy ook al wil doen. 7 En ek wil die broer bedank vir daardie lieflike lied. Ek het net ingekom toe dit gesing is. Dis regtig mooi. En die hele tyd het ek my vrou en hulle almal hoor spog met die broer se sang, en ek het my eerste geleentheid gehad om hom self te hoor sing, weg van die tabernakel af. Nou, is dit nie iets nie? Ons broer hier by die tabernakel, en moes tot by Shreveport, Louisiana, gaan om hom sy eerste lied te hoor sing. Hoe is dinge nie vreemd nie, is hulle nie?

Upload: others

Post on 01-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL

VA N DIE WÊR ELD

Baie dankie, Broer Neville. Goeie môre, vriende. Ek het net vanmôre die bed kon inrol, betyds om weer uit te rol, so ek was ’n bietjie moeg. Het nie gekom…soort van onverwags gekom. Broer Shakarian, die Volle Evangelie Sakemanne, die president van hierdie beweging, was…Sy vrou is deur siekte getref, en toe…en sy is na die hospitaal geneem.2 En om in die voorry te staan vir so ’n man is ’n yslike groot taak, en gister ’n konvensie gedra.3 En Broer Arganbright het aangekom, en ons is soontoe. En, wel, ek het om vieruur opgestaan, gisteroggend, en ons het vertrek na Cincinnati. En ons was heeldag onderweg. En ek het ingekom, net in. Ons het ingekom omtreeks dagbreek, vanoggend. En so is dit uitgeput, en hees, maar ons is hier deur die genade van God.4 Ek wonder of Broer Arganbright dit gemaak het. Is jy hier, Broer Arganbright? Hy moet steeds veilig in die arms van Morfeus wees. Julle weet nie wie Morfeus was nie; was ’n Romeinse heidense god, die god van slaap.5 So verdra julle almal my ’n bietjie oor my hees keel vanmôre, en ek sal probeer om julle nie te lank te hou nie.6 My doel met die diens vanoggend te hê, was vanweë…nie die mense nie. Volgende Sondag sou ek my—my Kersboodskap lewer, maar, as ek—ek het, dan sou dit mense bring wat van buite die stad kom, miskien soort van hulle Kersfees ontwrig, julle weet, om terug te gaan. En toe het ek gedink dis dalk die beste as ons byeen sou kom en die Here dien vanmôre, op hierdie manier, as my deel van die Kersdiens. En dan sou julle volgende Sondag kon wees by julle…As jy ver weg woon, sou jy by jou eie kerk kon wees van waar jy ook al is, of wat jy ook al wil doen.7 En ek wil die broer bedank vir daardie lieflike lied. Ek het net ingekom toe dit gesing is. Dis regtig mooi. En die hele tyd het ek my vrou en hulle almal hoor spog met die broer se sang, en ek het my eerste geleentheid gehad om hom self te hoor sing, weg van die tabernakel af. Nou, is dit nie iets nie? Ons broer hier by die tabernakel, en moes tot by Shreveport, Louisiana, gaan om hom sy eerste lied te hoor sing. Hoe is dinge nie vreemd nie, is hulle nie?

Page 2: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

2 DIE GESPROKE WOORD

8 En dan het ons gedink miskien dat deur dit te doen, sou dit ons ’n tyd gee in ons…van—van samesyn. En dan weer was die paaie so sleg. Ek wonder of Broer en Suster Dauch dit gemaak het van Ohio af. Het hulle aangekom? Waar is jy, Broer Dauch? Ja, ja. Ek wonder sommer. Het julle ’n klomp sneeu daar? Klomp sneeu. So, wel, hulle het nie enige in Cincinnati gehad nie. Daar’s nie eens soveel as wat hier is nie. Dis nie eens, daar’s glad geen sneeu nie. En die eerste keer wat ek ooit in Cincinnati gepreek het, was gister, en so het ons ’n groot dag gehad, ’n nuwe sakekamer nog nie ’n jaar oud nie, en dis ’n baie goeie sakekamer, ’n paar gawe mense. Ons het die samesyn geniet. Dan het hulle nou pas gebel vir my om by Colombus te wees môre, vir ’n ander sakekamer se inwyding, en, of diens, wat Broer Shakarian veronderstel was om waar te neem, maar…en ek moet eers daaroor bid. Dis ’n…9 Ek moet na Phoenix gaan direk hierna, julle weet, en ons het…Ons skop af in Phoenix op die twaalfde, sal die sakemanne se ontbyt wees. En ek weet nie presies waar dit gehou word nie. Ek dink by die Ramada, sal gehou word by die—by die Ramada. Die sakemanne se tak het hulle gereelde ontbyt daar. En dan op Sondag val ek in, en Sondag, vir omtrent twaalf dae oral rond deur die Maricopa Valley, Phoenix, Tucson. En ek het ’n banket op Maandagaand, die volgende Maandagaand, by Tucson, ’n—’n—banket met die predikers en Volle Evangelie Sakemanne by Tucson. En kom dan so terug na Phoenix, en ek dink by Glendale en verskillende plekke. En dan begin die konvensie op die twintig-…Wat is dit, Broer Fred? Onthou jy net…Vier-en-twintigste, vier-en-twintigste tot die agt-en-twintigste, of nege-en-twintigste, iets daarrond. En dan, as die Here wil, weer tuis wees. Ons sal sien hoe ons hier gevorder het, sien oor die Sewe Seëls of die…van daardie tyd af aan, en kyk waar ons daarvandaan gaan.10 Nou, ek meen iemand het my gesê ons het ’n paar babatjies hier gehad vanoggend om toegewy te word. Is dit reg? Het ’n moeder ’n baba om toegewy te word? Iets wat Doc my gesê het. Wel, dalk was ek verkeerd. O, ja. Ja. Ja, meneer, hierdie. Goed, sal julle susters of broers julle kleintjies naderbring? Dankie, suster. Dink dis ’n baie gepaste tyd om kinders te bring, dis Kersfees. Broer Neville, sal jy? Nou, waar hierdie geliefdes hulle kleintjies vanmôre bring, dis—dis sommer…11 Nou, baie mense, in klompe kerke, en—en as sommige van julle gister by konvensie was, hoe Broer Brown, Episkopaal vervul met die Heilige Gees, verskoning gevra het vir die Pinkstergelowiges, oor babas te doop, so, voor hy gesê het wat hy moes doen. So die Episkopaalse doop wel, met besprinkel, wat hulle doop noem. Doop, vir my, beteken “onderdompeling, onder gaan, ’n begrafnis.”

Page 3: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 3

12 En, maar baie van hulle doen dit. Dis ’n ou…Dis ’n vorm wat eintlik van die Katolieke kerk kom, en wat uitgebring is deur die Metodis en die Episkopaal, Lutheraan en baie van hulle doen dit. Die Metodiste doen dit. Dit was ’n skeiding tussen die Nasareense en die Metodiste kerk, was kinderdoop. Die Nasaréner is elke woord ’n Metodis, net kinderdoop, en toe kom dit uit vir daardie doel.13 Die Kerk van Christus is ’n Christelike Kerk, alles behalwe musiek in die kerk. En so, o, daardie klein kwessies wat hulle afskei en broederskap en dinge opbreek! Ons is almal een in Christus Jesus, deur…Jy kan nie by ’n kerk aansluit nie. Jy—jy sluit by ’n losie aan, maar jy kan nie by ’n kerk aansluit nie, sien, omdat jy in die kerk gebore moet word. Dis ’n geestelike geboorte. En so het verskillendes hulle idees en, ons gaan net met hulle saam, dis in orde.14 Maar vir—vir ons hier by die tabernakel, ons wil net presies bly by die wyse wat die Bybel sê doen dit. Net wat…En daar’s geen Skrif in die Bybel vir doop van ’n kind nie. Daar’s geen Skrif in die Bybel vir besprinkeling nie. En so die enigste Skrif wat daar in die Bybel is wat Jesus gesê het dat, Hy was ons voorbeeld, en toe hulle kinders na Hom gebring het, het Hy Sy hande op hulle gesit en hulle geseën, en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom, en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die Koninkryk van die Hemel.” Nou dis die manier waarop ons probeer voortgaan.15 Nou, ons weet, waar die pastoor en ek hande lê op hierdie babas, is ons hande ’n swak plaasvervanger vir ons Here, want Syne was heilig. Maar as Hy vanmôre deur die aarde moes soek om ’n heilige hand te vind, waar sou jy dit kry? Daar is nie so-iets nie, sien, op aarde nie. Maar deur Sy genade verteenwoordig ons Hom. En die kinders hier wat ons sal toewy, ons sal ons hande lê op hulle en gebed en danksegging bring vir wat Hy hulle aan die mense gegee het, en mag hulle blommetjies wees in julle huis om die pad te help verlig soos julle voortgaan. Mag hulle grootgemaak word in die vermaning van God. En mag hierdie kindertjies nou groot werkers word, as daar ’n môre is, in die Koninkryk van God, is ons opregte gebed. Goed. Mag die Here seën.16 Laat ons sien, ek meen ons sal hier begin, met hierdie swartkop kêreltjie wat so baie na my kyk. Net soort van…o, goeiste! My vrou behoort hier te wees om hierdie enetjie vas te hou. Altyd bang ek sal hulle breek, julle sien. My wêreld, watter mooi kêreltjie! Aangename kennis? Watter gepaste tyd, wanneer: “In die krip, is daar ’n Baba gevind,” ’n Kerstyd, vir toewyding van babas terug aan God. Wat is sy naam? Samuel Thomas. Nou, dis ’n baie goeie naam.

Laat ons ons hoofde buig.

Page 4: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

4 DIE GESPROKE WOORD

17 Ons Hemelse Vader, waar hierdie gelukkige paartjie vanmôre kom met hierdie bondeltjie vreugde wat U aan hulle verbintenis toegevoeg het, klein Samuel Thomas, bid ons, Vader God, dat U hierdie kind sal seën. En soos ons hom vanmôre in U Teenwoordigheid ophef, vir U heilige onsigbare hande om hierdie kind te seën. Mag dit so wees, Here, dat die kind sal lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk van God wees. Seën sy ouers. En nou, Vader, gee ons aan U klein Samuel Thomas, in die Naam van Jesus Christus, vir ’n toegewyde lewe aan die Koninkryk van God. Amen.18 God seën jou en manlief, en mag julle geluk ondervind. En mag daar ’n helder kolletjie in julle lewe, regdeur julle reis. God seën julle.19 Nou, is dit die kleinding? [Die moeder sê: “Ja,” dan maak die baba ’n geluid—Red.] Nou, ek kan hulle taal nie verstaan nie. Ek weet wat. Ek weet wat—wat hulle doen, maar ek verstaan dit nie.20 Toe ek in Duitsland was nie lank gelede nie, kon ek nie een woord praat nie. Ek het gesê: “Maar die ding met julle Duitse mense hier,” het ek gesê: “wat ek nie verstaan nie.” Ek het gesê: “Elke…Ek is hier met die straat af, en die moeder het ’n baba gedra, en hy het in Engels gehuil.”21 Wel, ek meen sy moet iets doen. Ek sal julle heel verdraaid hê, wanneer ons by Meda terugkom. Hulle raak net verstrengel in hierdie ding, julle weet, vasgedraai. [Die moeder sê: “Alicia Kay.”—Red.] Alicia Kay. [Iemand sê: “Carlyle.”] Carlyle. Alicia Kay Carlyle, dis ’n pragtige naam. Ek hou daarvan. Sal jy die sustertjie hierheen bring? Hum! O, het ek jou hand ook daarin, suster?22 Wel, julle weet, toe Israel hulle offerhande (waaroor ek gister gepraat het) na die altaar gebring het, sien, sou hulle hulle hande daarop lê, omdat hulle hulle met hulle offerhande geïdentifiseer het.23 Jou hande op jou baba, identifiseer jou dan met die baba. Is dit in orde? En ons lê ons hande op haar, identifiseer ons in gebed tot God, vir hierdie klein Alicia Kay. Dit reg? Carlyle.24 Ons Hemelse Vader, ons hef tot U op, hierdie dametjie, God, hierdie bondeltjie vreugde wat aan hierdie familie gegee is. Seën hierdie dogtertjie, Here, hierdie mooi kleinding wat ek vanmôre hier in my arms het, waar die moeder hierdie baba bring. U het dit aan haar gegee, en nou gee sy dit oor aan U. Dit toon haar geloof en begeerte, Here, dat haar kind grootgemaak sal word in die vermaning van God. Seën haar, Here, en mag sy ’n lang gelukkige lewe hê, en ’n groot diensmaagd vir U wees in die toekoms, as daar ’n toekoms is. Seën die huis waaruit sy kom. Skenk dit, Here. Nou, ons gee aan U hierdie lieflike dogtertjie in toewyding, in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Page 5: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 5

25 Nou, is dit nie ’n mooi kleinding nie. Weet julle, elke moeder se baba is die mooiste een op aarde. Dis reg, is dit nie? God seën jou, ’n baie soet kleinding. Hou my dop, so in die rondte. Nou het ek my hand verstrengel.26 Nou, aangename kennis? Wel, watter mooi dogtertjie is dit nie ook nie. Wat’s haar naam? [Die moeder sê: “Letha Ann Farmer.”—Red.] Letha, ’n Letha Ann. [“Letha.”] Letha Ann Farmer. Goeiste, watter mooi meisietjie! Sal jy hierheen kom, by my wees? Sien? Dis goed. Nou, dis ook ’n mooi dogtertjie. Sy lyk ook goed. Hou jy daarvan om kerk toe te gaan, Letha? Nou, kan my voorstel, kleintjies soos hierdie wat ons Here in Sy hande opgetel het. Hierdie sustertjies? [“Ja.”] Weet julle, ek staan nou hier, hoe voel ek dit aan. Sien julle wat ek bedoel? Wat ’n huweliksbevestiging of wat ’n toewyding is? Jy staan in die plek van God. O, goeiste! Gee my bewerasie. Laat ons ons hoofde buig.27 O God, ons kom vanmôre met hierdie klein Letha. En ons bid, Hemelse Vader, dat U Letha sal seën en alles wat sy deur die lewe doen. Mag sy ’n lang, gelukkige lewe lei. Seën haar ouers. Mag sy opgroei in ’n huis, Here, om God te bewonder en te vereer. En ek bid dat as daar ’n toekoms is, daar sal, sy ’n arbeider in die Koninkryk van God sal wees. Hou siekte en dinge weg van haar waar sy op reis is. En maak haar tot groot seën in U Koninkryk. En ons gee U hierdie dogtertjie in toewyding, in die Naam van Jesus Christus. Amen. Vreeslike soet baba!28 O, ek is lief vir kleintjies. Maar ek’s net…Ek’s altyd bang hulle sal breek, julle weet. Hulle’s net so klein. En tog, vrou het my gesê, het gesê: “Wel, hulle sou moeiliker wees om te breek as—as—as wat ek sou.” So, ja, dis reg. Hulle is so rats, julle weet.29 En nou, is daar iemand siek wat voor gebid wil wees, net ’n—’n spesiale geval van gebed of iets, en ons vir julle sou kon bied? Goed, suster, as jy reg hiernatoe sou kom en staan. Goed. Uh-huh. Dis ’n…Ons wil by hierdie dinge kom, sodat as ons ’n bietjie opgehou word in ons Kersboodskap, dit in orde sou wees. Goed, meneer.30 Nou, laat ons nou ons hoofde buig. Broer Neville, sal jy vorentoe stap saam met my?31 Ons Hemelse Vader, op hierdie vooraand van Kersfees, waar die groot vergifnis van ons sonde en siekte in die wêreld gebore is, om ’n Offerhande vir ons te word. Ons bring ons suster, in die Naam van Jesus Christus, dat, lê ons hande op haar, om te doen presies wat U gesê het om te doen. “Lê hande op die siekes en hulle sal gesond word.” Dit doen ons in die Naam van Jesus Christus, vir haar genesing. Amen.32 [Broer Branham praat met iemand—Red.] Bel Broer Cauble…?…

Page 6: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

6 DIE GESPROKE WOORD

33 O, is dit reg? Aangename kennis, suster? Nou, nou, laat ons weer ons hoofde buig.34 Ons Hemelse Vader, waar ons hier staan in die Teenwoordigheid van die Almagtige, bid vir ons suster wat ’n ongeluk oorgekom het. En daar is iets gedoen wat net haar oog verblind het. Maar U, Here, soos U vir Moses gesê het: “Wie maak die mens se oog?” En daar is net Een wat kan help, en dis die groot Jehova, Skepper. So ons bid, Hemelse Vader, waar ons dit in ons harte glo, en ons bring haar na U. En ons geloof, ons—ons kom deur geloof, daar na die groot goue altaar van God, waar die bebloede Offerhande, Christus, op die altaar lê. En in die Boek van Jesaja, die 53ste hoofstuk en die 5de vers, is gesê: “Terwille van ons oortredinge is Hy deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” Nou plaas ons ons geloof saam met hare, op U altaar, en vra, in Jesus se Naam, dat hierdie blindheid ons suster sal verlaat, en dat sy in staat sal wees om te sien, tot die eer en verheerliking van God. In die Naam van Jesus Christus. Amen. God seën jou, sus.35 Broer Cauble. [Broer Wallace Cauble praat met Broer Branham—Red.] Paris Reidhead. Ja. Ja, meneer. Goed.36 Nou bid ons vir die salwing van die bediening van ons Broer Cauble, om te gaan en ’n vriend van my te besoek. Ek het saam met hom gewerk in New York. Paris Reidhead, die een wat na my huis toe gekom het om die doop van die Heilige Gees te ontvang.37 En het hy nie iets te doen gehad met die Sudansending nie? [Broer Cauble sê: “Ja. Hy is die direkteur oor Afrika. Woon in New York, daar in ’n deel van New York, werk daar in hierdie groot kerk, om te help.”—Red.] Wonderlik. Dan verlaat jy Louisville. [“Ja.”] O, goeiste! Ons haat dit om Broer Cauble te verloor, van Louisville. Seën jou hart, my broer. Goeiste!38 Ek sal Broer Cauble altyd onthou. Hierdie kosbare broer, heilige van God, ek onthou my eerste kontak met hom. Hy was aan die doodbloei. Ek—ek het geweet van sy groot naam onder die broers. Ek is soontoe. Daar het broers gestaan in die hospitaal. Ek, ’n geringe mannetjie soos ek, ek was te skaam om in te gaan, toe het ek neergekniel agter die Coca Cola ding daar in die hospitaal portaal en vir hom gebid en teruggegaan.39 Die foon het weer gelui, gesê: “Jy was nooit daar om Broer Cauble te sien nie.”40 En ek het daarheen gegaan. Hulle het iets in sy neus geopereer, iets afgesny, en hy was aan die doodbloei. Daar gekniel en gebed gehad. Dit het onmiddellik opgehou.41 Ons Hemelse Vader, hy is U dienskneg. En nou gaan hy van ons af weg, maar ons is steeds verbind, Here. Ons harte sal

Page 7: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 7

altyd klop, bid ek, soos hulle nou is, een langs die ander. Ek bid U, Vader, om hierdie, my broer, te seën waar hy daarheen gaan om U groot dienskneg, Broer Paris Reedhead, te help, wat so geïnteresseerd is in die doop van die Heilige Gees. Ongeag van wat al die fundamentaliste sê, wil hy God nogtans steeds hê. Seën Broer Cauble, en seën hulle saam in hulle werk vir U, Here, hulle pogings. Mag hulle ’n span werk soos Paulus en Silas. Skenk dit, Here.42 Gee hom die salwing van die Heilige Gees. Hy’t verlang, en het probeer, en gedruk, en gestoot, om daardie plek te vind waar U hom werklik kon vervul, Here, en groot dinge vir hom oopmaak. En mag dit die tyd wees, Here, dat U hom opgelei het en het gebid vir daardie uur, Here, want ons is aan die aandtyd. Versterk sy liggaam, Here. Hy het krag nodig. Mag die krag wat Jesus Christus uit die dood uit opgewek het, genesing bring vir sy liggaam, transformerende krag, mag hy gaan dat in die mag van die opstanding van Jesus Christus. Ons seën hom.43 Here seën jou, Broer Cauble! Groet Broer Paris vir my, en ek sal hoop om julle almal later te sien. Ek gaan oorsee, Indië. God seën jou. Aangename kennis, suster? Dankie, broer.44 Here Jesus, waar ons hierdie dametjie bring, met ons hande op haar gelê, ons aan haar verbind, soos aan die offerhande, weet dat U dit belowe het, vra ek vir haar genesing in Jesus se Naam. Amen.45 Aan hierdie moedertjie wat hier staan met ’n krom skouer en grys hare, toon sy’s geryp vir die aankomende wêreld. God, mag die krag wat ons Here Jesus uit die graf opgewek het, waar ons ons hande op haar lê, ons verbind met haar en Christus, mag die krag Hom uit die graf opgewek het, haar liggaam genees, in Jesus se Naam. God seën jou, my suster.46 Hemelse Vader, waar ons hande lê op ons suster, op dieselfde manier, in die Naam van Jesus Christus, mag sy genees word tot die heerlikheid van God. Amen.47 Genadige Vader, in die Naam van Jesus Christus, lê ons hande op ons suster. In die Naam van Jesus Christus, mag sy genees word tot die heerlikheid van God. Amen. God seën jou, suster.48 Hemelse Vader, ons lê ons hande hier op ons broer, in die Naam van die Here Jesus Christus, vir sy genesing. Mag hy genees word in Jesus se Naam.49 Ons Hemelse Vader, waar een van ons susters ver reis, om in die diens te wees, maar sy staan nou vanmôre, en ons verbind onsself, Here, in die Evangelie, soos ons hande op mekaar en op haar. Mag die God van die Hemel dit sien, waar

Page 8: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

8 DIE GESPROKE WOORD

daar geskrywe staan: “As daar twee of drie is wat saamstem op die aarde.” Hier staan ons, drie bymekaar, Here, in die Naam van Jesus Christus. Genees haar, Here, in Jesus se Naam.50 Op dieselfde manier, Here, lê ons hande hier op ons suster. En waar ons saamstem, in die Naam van Jesus Christus, mag sy genees word.51 Hemelse Vader, het gesê sy wonderlike Christelike lewe…vrou het ’n kanker gekry. O God, hy staan vir haar. Christus staan vir haar. Nou duiwel, verlaat jy haar, in die Naam van Jesus Christus.52 Glo dit, broer. Hierdie is ’n paal net hier ingedryf. Onthou hierdie dag.53 Ons Hemelse Vader, dit is ons suster wat na ons kom, Here. En ’n voorbeeldige lewe, lei sy, en sy kom vir haar genesing. En ons met ons harte en hande verbind aan U, Here, ons vra vir hierdie seëning, in die Naam van Jesus Christus.54 Ons suster Risert, Here, wat U dienares is, sy kom op hierdie Kerstyd. In die Naam van Jesus, laat haar genees word. Amen.55 Hemelse Vader, ons bring hierdie lieflike vroutjie vanmôre, in die Naam van die Here Jesus. Ons lê ons hande op haar en vra vir haar genesing, in Jesus se Naam. Amen.56 Ons Hemelse Vader, ons kom en lê hande op ons suster, in die Naam, daardie allerheiligste Naam, Jesus Christus. Mag sy genees word tot die heerlikheid van God.57 Ons Hemelse Vader, waar ons vandag ons suster na U bring, ’n—’n trofee van U genade, hoedat U teenoor hierdie vrou was. Jare en jare gelede, met net ’n paar uur om te lewe, opgevreet deur kanker, en sy het gelewe tot die Koninkryk van God. Genees haar vandag, Here, of wat dit ook al verkeerd is, in die Naam van Jesus Christus. Amen. God seën jou.58 Ons Hemelse Vader, waar ons suster, ook ’n trofee van die genade van God, ook. Ellendige en miserabele dwelmverslaafde, dronklap, en staan nou ’n lieflike vrou gesond gemaak. Watter geval van genesing, Here! En dan brand haar hart vir ander wat geteister is, want sy weet daar is ’n groot Geneser. Sy het drie verskillende name genoem so pas, Vader. Ek bid en verbind my saam met ons broer hier, ons pastoor, en—en haar, en die Here Jesus. En mag, in Sy glorieryke Naam, hierdie drie mense verlos word vir die Koninkryk van God. Amen. Dankie, broer.59 Glorieryke Vader, ons lê nou hande op ons Broer Way. Hy vra drie dinge. U ken hulle, Here. En ons glo dat daar

Page 9: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 9

geskrywe staan, en weet dat die Skrif sê: “Alle dinge.” En so bid ons, Hemelse Vader, dat dit, wat hy gevra het, aan hom gemanifesteer sal word, in die Naam van Jesus Christus. Amen.60 Glorieryke Vader, ons lê hande op ons broer, in die Naam van die Here Jesus, en vra vir sy genesing, tot die heerlikheid van God. Skenk dit, Vader, in Jesus se Naam. Amen.61 Hemelse Vader, op ons suster, lê ons ons hande, om die Koninkryk van God se onthalwe, in die Naam van Jesus Christus, om te gehoorsaam wat U gesê het om te doen. Mag sy genees word in Jesus se Naam. Amen. Seën jou, suster.62 Vader God, soortgelyk, op ons broer, lê ons ons hande, in die Naam van Jesus Christus, dat U hom gesond maak, om die Koninkryk van God’s onthalwe. Amen. God seën jou, my broer. Suster Arganbright.63 Hemelse Vader, ons bid vir Suster Arganbright, dat U haar sal genees. Skenk dit, Here. Haar versoek, mag dit vir haar gegee word, ons Hemelse Vader, in die Naam van Jesus Christus. Amen.64 Here Jesus, lê hande op ons broer, in die Naam van Jesus Christus, mag sy versoek toegestaan word. Amen. Glo dit, my broer.65 Hemelse Vader, ons lê hande op die seuntjie, in die Naam van Jesus Christus, en mag ons, waar ons vanmôre bymekaar staan, deur geloof, hierdie kind na U bring. En mag die seëning van God, van genesingskrag van Christus gemanifesteer word in sy liggaampie, in Jesus se Naam. Amen.66 Vader, God, op hierdie lieflike pa wat hom bring, vra ons ook dat U U genesingskrag sal manifesteer, in Jesus se Naam. Amen. Seën jou, my broer.67 Hemelse Vader, waar Suster Peckenpaugh, ons edele suster benodig, en hoe genadig was U nie teenoor haar nie, Here. Ek bid dat U voortsetting van seëninge invloei in haar hart. En al die siekte en droefheid waardeur sy gegaan het, mag die krag Christus vir haar herstel, Here, honderdvoudig, en haar volkome gesond maak, haar geliefdes, in Jesus se Naam. Amen. Seën jou.68 Hemelse Vader, ons lê hande op ons broer en vra dat die krag van Jesus Christus hom gesond maak, deur die Naam van hierdie Christuskind wat ons in hierdie tyd herdenk. Amen.69 Genadige God, waar ons ons hande lê op ons suster, U dienares, in die Naam van Jesus Christus, mag sy genees word tot U verheerliking. Amen.

Page 10: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

10 DIE GESPROKE WOORD

70 Here, ons lê hande op ons suster, in Jesus Christus se Naam. Mag sy genees word. Amen.71 Hemelse Vader, ons lê hande op ons suster hier, in die Naam van Jesus Christus. Mag die krag van God maak dat sy genees word. Amen.72 Here Jesus, skenk ons suster haar versoek, waar ons dit vra vir die heerlikheid van God, in Jesus se Naam. Amen.73 Ons Hemelse Vader, ons sien ons sustertjie is steeds met ons, al hierdie jare. Ons dank U daarvoor, Here. Ons bid dat U haar haar versoek sal toestaan, in Jesus se Naam. Here God…74 Wat? [Die suster praat met Broer Branham—Red.] En God is alomteenwoordig, om die seë, hier, oral. En glo jy, en God sal, vanoggend, in Noorweë, hom genees? [Die suster praat met Broer Branham.] Wat? Jou dogter en jou pappa, en jy wil gebed hê vir hulle, redding.75 Here, U sien die dametjie en ons weet dat U haar versoeke ken. U het haar stem gehoor. Hoe weet U sy staan hier? Wanneer, selfs nie eens ’n mossie die straat kan tref sonder dat U dit weet nie. En dan weet ek dat U hierdie versoek ken, so ons herhaal net hierdie dinge, in die Naam van Jesus Christus. Mag hulle toegestaan word vir haar, deur Jesus Christus se Naam. Amen.76 Hemelse Vader, ons bid dat, vir hierdie moeder wat oud is en op geopereer gaan word. God, help. En as daar nog enigiets is wat ons kan doen, Here, spreek dit net tot my of iemand, voor hierdie dag, om ons broer te vertroos. Skenk dit Vader. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.77 Here, ons lê hande op ons suster. In die Naam van Jesus Christus, mag U haar genees en haar gesond maak. Amen.78 [’n Suster sê: “Broer Branham, ek wil staan. Ek wil hê jy moet kom…?…”—Red.] Mag God van die Hemel haar versoek toestaan. In Jesus se Naam, bid ek. God seën jou, suster. Jy’s Suster Margeret. Ja. Goed.79 Here Jesus, ek bid vir ons—ons suster, haar man staan vir haar. Hoe sukkel hulle nie, en hoe het U nie Uself aan hulle gemanifesteer en U aan hulle vertoon nie, God! Ek’s so dankbaar. Gee, Here, dat sy vrou genees sal word, ons kosbare suster, in Jesus se Naam.80 Hemelse Vader, hierdie versoek wat hierdie broer vra, U weet alles van hierdie omstandighede, Here. Ek bid vir U dienskneg. God, skenk, en vir die genesing van die liggame waarvan hy praat. Nou, U het daardie versoeke beter gehoor as wat ek het. So ek vra net, met my hart oop op U altaar, en plaas my gebed hier by my broer s’n, in die Naam van Jesus Christus, dat hulle beantwoord sal word. Amen.

Page 11: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 11

81 Hemelse Vader, ons lê hande op ons suster vir haar versoek. Mag dit toegestaan word vir haar in die Naam van Jesus Christus. Amen. God seën jou, suster.82 Here, ons lê hande op ons suster, vir haar versoek. In die Naam van Jesus Christus, mag dit toegestaan word.83 Vader God, op ons broer hier, sy versoek, aan hom gegee mag word, Here. Hy’t U probeer dien, al hierdie jare. Deur moeilik, staan hy nog steeds voort. God, mag hy ’n greep kry op die horing van die altaar vanmôre, die paal indryf hier aan die kant: “Hierdie is die uur wanneer dit kom.” Skenk dit. En mag sy versoek toegestaan word vir sy vrou en kleinkind, in Jesus se Naam. God seën jou, Broer Brewster. Glo dit.84 Ons Hemelse Vader, hierdie moedertjie, wat vanmôre hier staan, soos ’n moeder vir baie gewees. Nou bid sy vir haar geliefdes, Here. Sy’t versoek dat, en ons is…kan almal ons saambind, ons hande op haar sit, as ’n eenheid, dat ons dit glo. En met ons harte voor U altaar, vra ons dat hierdie versoek wat sy vra, toegestaan word in Jesus se Naam. Amen!85 God, U ken die mense vir wie hy staan, elkeen wat in sy hart is op hierdie tydstip. En ons het ons by hom geplaas, Here. In die Naam van Jesus Christus, mag sy versoek toegestaan word. Amen.86 O God, ons ken Suster Hattie. Ons bid, God, waar ons ons hande op haar lê, skenk dat die Heilige Gees met haar sal wees, en aan haar hart sal terug openbaar. Ons dink aan haar kosbare seuns, altwee van hulle. Ek dink aan gesit daar in daardie kamer daardie dag, in ’n klein, nederige tuiste. U het gesê: “Sê haar om te vra wat sy wil, sê dan net die Woord.” Sy het gevra. God, ek weet dat U vir hierdie mense omgee. So ek bid, soos ek my hande op haar lê, in die Naam van Jesus Christus, mag haar versoek toegestaan word.87 Here God, waar ons ons hande lê op ons sustertjie, gery hierheen op hierdie gladde paaie en dinge, probeer hier kom. U weet alles daarvan. Ek bid vir haar, Here, soos ek my hande op haar lê. In die Naam van Jesus Christus, mag sy ontvang waarvoor sy gevra het. Amen.88 Ons Hemelse Vader, waar hierdie kosbare broer…hoedat hy eens vasbeslote was, Here, die ou sigarette en dinge het hom vasgebind gehad. Hy sou een onderhoud kry, en sou wag en wag. En U wou ons niks sê nie. Hy sou ’n ander een kry. U sou wag en wag, en U sou ons niks sê nie. En uiteindelik, een oggend, daar gesit, hier kom dit. Dit was toe alles oor. Ons dank U, Here. U is getrou. U Woorde faal nooit. En Hy het gesê: “Hulle wat op die Here wag, ontvang nuwe krag.” Nou,

Page 12: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

12 DIE GESPROKE WOORD

hy kom vanmôre met drie versoeke, Here. En ons staan as drie, met ’n belofte van ’n—’n drie-eenheidsamp gemaak in een God. In die naam van daardie een ware en lewende God, Jesus Christus, mag sy versoek aan hom gegee word. Amen. God seën jou, broer. Here… O, goeiste! [’n Suster praat met Broer Branham—Red.]89 Here, U hoor daardie versoeke. U weet hoe om hulle te beantwoord, Here. So ons lê net hande op ons Suster Baker, in die Naam van Jesus Christus, bied ons ons versoek saam met hare, vir die genesing. Amen. Seën jou, my suster.90 [Broer Neville sê: “Enigiemand anders wat inkom, kom nou in.”—Red.]91 Hemelse Vader, waar ek my hande lê op hierdie mooi broer, lyk soos die einste prent van gesondheid vandag, maar somtyds is dit misleidend. So ek bid dat U sy versoek toestaan, wat ook al in sy hart is. Gee aan hom waarvoor hy gevra het, in Jesus se Naam. Amen.92 Hemelse Vader, ons lê hande op ons suster en vra dat, in die Naam van die Here Jesus, dat U vir haar haar versoek sal gee tot U verheerliking. Amen.93 Here Jesus, ons lê hande op ons broer en vra om sy versoek. Ons dui dit net aan, Here, waar ons hande op hom lê. Ons verbind onsself, en in hierdie eenheid bid ons in Jesus se Naam. Amen. God seën jou, my broer.94 Vader God, met ons suster ook, het ons soortgelyk gemaak. In die Naam van Jesus Christus, mag sy haar versoek kry. Seën jou, my suster.95 God, waar ons kosbare broer dood kon gewees het nou die dag, maar U was nie vir hom gereed nie. So ek bid, God, dat U hom sy versoek sal gee, in die Naam van Jesus Christus. Amen. Jy weet hoe om dit te glo.96 Ons Hemelse Vader, soos ons senuweeagtige sustertjie vorentoe kom, weet, Here, dat haar beproewinge veel was. Maar U het belowe dat: “Veel is die beproewinge van die regverdige, maar God sal hom verlos uit hulle almal uit.” Sy het groot behoefte aan hierdie verlossing, Here. Ons lê hande op haar en bestraf hierdie kwaad. Here, op U goue altaar, mag die krag van God haar oorspoel en haar gesond maak. Amen.97 Goed. Julle almal gaan bly. Het jy die hele tyd daaragter gesit? Ja. Ek het jou nie gesien nie. O, jy, hier. Geen wonder nie. Dit is ’n man wat genoem word, hulle noem hom:

Page 13: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 13

“Miner.” Dis sy naam. Maar dis een slag wat Miner ’n “major” is. [Broer Miner Arganbright sê: “Wat sê?”—Red.] Sê enigiets, wat jy ook al wil.98 Broer Miner Arganbright is een van die—die Volle Evangelie Sakemanne, een van die…help stig hierdie groot beweging, dat ons probeer saamwerk om alle mense te kry om te besef, ongeag hulle affiliasie en denominasie, dat ons almal broers is in Christus.99 Hy het ’n dingetjie gesê, nou die dag. Hy het geskryf aan ’n Senator of iets daar. Dit was absoluut subliem. En ek het gesê: “Ek wil hê jy moet dit uitskryf. Wil hê jy moet daar na die kerk kom en dit sê.” Het gesê: “Ek het dit alreeds gesê.” So ons het dit hier op band. En ek wil dit van band afgehaal hê, julle broers. Broer Jim, ek weet jy hoor my daarbinne, in die kamer. Ek wil dit hê. Dit was ’n ware stukkie van—van diplomasie, bygevoeg daarby. Sien? Goed.100 Sê wat jy lus het, Broer Arganbright. [Leë kol op band—Red.] Amen. Amen.101 [Broer Arganbright sê: “Laat ek daar sit. Dis in orde, net daar.”—Red.]102 Hoe waar! Amen. Hoe waar! Vrede kom en gaan, en plesiere, en dit vervaag sommer, maar vreugde bly.103 Wel, dis ’n—dis ’n—’n slegte dag buite, goeie dag binnekant. En, weet julle, ek het ’n man ontmoet, of ’n man wat my vertel het van ’n man onlangs ontmoet het en, en hy het gesê hy het gekla. “O,” gesê: “dit is ’n verskriklike dag.” Hy het gesê dit het gereën en tekere gegaan. Hy het gesê: “Dit is ’n wonderlike dag.”104 En die kêrel het gesê: “Wel, hoe kan jy dit ’n wonderlike dag noem?”105 Hy het gesê: “Ek sal jou vertel. Die dokter het my ’n jaar gelede gesê ek het net een week om te lewe.” Gesê: “Elke dag, wel, dis ’n wonderlike dag.” Ja.106 So dis reg, dit—dis ’n wonderlike dag, so ons almal is…Wat is…soos die broer gesê het: “Ons is almal ter dood veroordeel.” Dis reg, om te sterf en na pyniging te gaan. Maar nou is dit ’n wonderlike dag. Ons is lewend in Christus en kan nie meer sterf nie. Dis alles verby, julle sien. Ons is werklik in Christus. Nou laat ons…107 Nou, in die tabernakel, Broer Arganbright, vat ek gewoonlik sommer my tyd. So as jy honger word teen aandete, kan jy uitglip…Ek voel so moeg vanmôre, ek moes net een of ander ding sê om my ’n bietjie aan die gang te hou totdat ek kan…die Gees van die Here op my kom.

Page 14: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

14 DIE GESPROKE WOORD

108 So laat ons nou ons hoofde buig en bid voor ons die Woord lees. Hoeveel versoeke vir ander dinge wat julle het waarvoor julle miskien nie gebid is nie, laat dit net bekend word soos julle julle hande ophef. Nou laat—laat ons vanoggend staan as ons bid. Dit sal julle ’n verandering in posisie gee en sal miskien ’n bietjie help. En dan na gebed, wil ek hê julle moet ’n paar minute bly staan tot ek die Woord gelees het. Ek dink dis mooi om eerbiedig te staan terwyl ons die Woord van God lees.109 Ons Hemelse Vader, ons kom net so nederig as wat ons weet hoe om te kom, met geledigde harte van alle begeertes van die wêreld of sy plesiere. En soos ons broer aangehaal het of genoem het vir ons: “Vreugde, die vreugde van die Here is ons krag.” En ons kom met vreugdevolle harte, dat ons hierdie voorreg het van in U Teenwoordigheid in te kom, om enige versoek te rig wat ons sou begeer. En die vreugde kom wanneer ons in die Woord kyk. En belowe word dat as ons Dit sal glo, sal dit vir ons gegee word. Wat sou ’n mensehart wat klop, enigsins meer kon ontroer as om te weet dat die onsterflike Ewige God so ’n belofte gegee het?110 Nou vergewe ons, Here. En as ons gesondig het en enigiets gedoen het wat U nie behaag het nie, dat voor ons hierdie dinge vra…Want ons weet dat daar geskryf staan: “As ons harte ons nie veroordeel nie, kry ons ons versoek.” Maar nou vergewe ons vir alles wat ons gedoen het. Aanskou ons, Here, met genade en met jammerte. Kyk watter jammerlike klomp is ons, Here. Klein sterflinge, kruip hier op aarde rond, en sleep net voort deur hierdie sondige plek, maar daar diep in ons hart weet ons dat daar eendag Iemand kom wat ons gaan lig uit hierdie plek na ’n beter plek, en ons verheug ons daarin.111 En ek bid, God, vir elke versoek. U weet wat agter daardie hande was wat opgegaan het. Skenk dit vir hulle, Here. Ek bid vir myself, vir krag vanoggend, vir—vir stem om te help en om die Evangelie te verkondig. En ons wil vra dat U ons tesame sal seën in dit wat ons vier, die Kersseisoen. Here, mag ons die ware Gees van Kersfees ervaar, en mag Dit vir ewig in ons bly. Want ons vra dit in Jesus se Naam en om Sy ontwil. Amen.112 Nou, as julle net vir ’n oomblik sal staan, ek wil vanoggend lees uit die Boek van Miga, op een plek, en op ’n ander, uit Hebreërs, die 12de hoofstuk van Hebreërs, vir die…om ’n bietjie konteks bymekaar te maak vir waaroor ek graag vanoggend wil praat vir ons Kersboodskap. Hebreërs 12:25, is dit. Ek moes soort van opskud vanoggend toe ek opstaan, en ek het nie alles gehad by die punt waar ek wou hê nie, wou gehad het nie, liewer. Ek begin by die 2de vers in Miga 1.

O Volke, luister…saam! O aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit Sy heilige paleis.

Page 15: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 15

Want kyk, die HERE gaan uit Sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.

En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat van ’n helling afstroom.

113 En in Hebreërs, die 12de hoofstuk en die 25ste vers, lees ons dit.

Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie: want as hulle nie ontvlug het…want as hulle nie ontvlug het nie, wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ’n goddelike waarskuwing gegee het nie, veel minder ons wat ons van Hom afkeer noudat Hy uit die hemele spreek.

114 Nou, Here God, voeg U seëninge toe tot die lees van U Woord, en gee aan ons elkeen vandag die—die ding wat U wil hê ons moet weet, dat ons kan vertrek hiervandaan en voel dat ons in U Teenwoordigheid was, en kan voortgaan met ’n—’n nuwe uitkyk en met ’n beter begrip, en met ’n meer vasberandenheid as wat ons gehad het toe ons in hierdie gebou ingekom het. Want ons vra dit in Jesus se Naam. Amen. Kan maar sit.115 Nou, ongetwyfeld, as ek daardie teks gelees gehoor het vir ’n Kersboodskap, sou ek gesê het: “Nou is dit nie ’n eienaardige Kersvoorlesing nie? Die…My oogmerk met dit te doen, was om die kerk iets te bring miskien dalk ’n bietjie anders, omdat op die radio deur Kerstyd julle die bekende ou storie sal hoor, oor en oor, van die wyse manne wat uit die Ooste kom en die Christuskind vind, en die verering van die skaapwagters, en die verskyning van die Ster, en al hierdie Kersverhale, wat dien om ons godsdienstige geloof van vandag tot stand te bring. En hulle is almal heel goed, ek—ek’s dankbaar daarvoor. Maar ek het gedink in die kerk vanoggend…En waarskynlik sal ons pastoor, miskien vanaand of volgende Sondag ’n boodskap bring iets daaroor. En ek het gedink om dan die mense te gee ’n—’n verandering van ’n ander aspek van…oor Kersfees, en ek wou…ek het hierdie teks gekies. Nou, net ’n paar woorde.116 En nou sien ek julle ruil plekke om, party staan, party sit. En dis—dis mooi. En spoedig sal ons ruimte hê sodat ons…Kan nie, jammer ons kan hierdie paadjies nie laat vul nie, aangesien die brandregulasies ons dit nie wil laat doen nie. Maar ons sal ’n klein byvoeging binnekort hê, as die Here wil. Hulle het alreeds daarmee begin, en—en dis so gou as ons kan, sal ons dit op hê, en dit sal heeltemal ’n ander plek wees wat die materiële sy van die plek betref. Daar sal regtig niks van die ou tabernakel te sien wees nie. Dit sal wees daar sal getinte glasvensters wees, daar sal steenwerk daar rondom wees. Daar sal wees…Dit sal heeltemal anders wees. Maar die ou gebou

Page 16: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

16 DIE GESPROKE WOORD

sal hier bly, omdat ons ’n doel daarmee het, sien. “Laat die ou mure oorbly,” sien. En ons gaan dit net toemaak en klip daar rondom sit, ensovoorts, maar dit bly net dieselfde.117 Nou, Kersfees. Ek—ek wens werklik dat die mense sal, kon verstaan in hierdie wêreld, wat werklik Kersfees is. Nou, die eerste woord Krismis is ’n—’n soort van ’n Katolieke uitdrukking. Dit beteken “Kristus se…” K-r-i-s-m-i-s, sien “Kristus se mis.” Dit is gewy of is begin met die Roomse Kerk. En Christus is net so min gebore op die vyf-en-twintigste dag van Desember as wat ek is. Uh-huh. Dis sommer ’n volslae konglomorasie van dogma. Dis al wat daaraan is. “Die hele wêreld,” soos die profeet gesê het: “het ’n etterende sweer geword.” Dis reg. Net dis geen skoon ding nêrens nie. Elke vakansie word gerugsteun deur ’n…wel, Sinterklaas het Krismis se plek gevat, die geboorte in die krip. Die haas en kuiken en nuwe hoede het die opstanding gevat. En waar verskyn God in dit alles? Sien? Die rede hiervoor is omdat die mens, in kommersieël.118 Wel, hulle het maande gelede Kersgeskenke begin koop, en wat is dit anders as ’n heidense streep! Daar’s niks goddelike daaraan nie. O, hulle probeer sê: “Gee geskenke, aan die wyse manne.” Dis net ’n—’n oase vir ’n duiwelse verskoning. Wil jy iets gee, is dit jou lewe aan Christus. Moenie vir mekaar gee nie, gee dit aan Hom. Dis waarvoor Hy gesterf het. Dit was Sy doel met Sy koms. Sien?119 Maar dit het by ’n punt gekom waar dit—dit—dit ’n vloek is vir kindertjies. Een klein buurman straat-af kan baie hê, en die ander kêreltjie het niks, en hulle kyk. En dis—dis net die hele ding is heeltemal verkeerd. Dis al. En handelaars verhoog hulle handelsware by hierdie plekke. Hulle…Wel, my vrou het ingegaan om iets te kry vir ’n paar kleintjies, en omtrent drie weke gelede, het gesê: “O, ons is al uitverkoop. Al die voorraad. Ons het ’n dubbele bestelling van voorraad gemaak vanjaar, het dit alles klaar uitverkoop.” Drie of vier weke voor die tyd om te begin koop. O, watter groot kommersiële opset is dit nie!120 En, buitendien, weet julle hoe Krismis ooit begin het, dit wat ons Krismis noem: “Christus mis”? Hier’s die verhaal daarvan, net ’n notatjie wat ek hier op ’n bladsy neergeskryf het. Ek het net afgehandel, in die laaste jaar, voor ek die Sewe Kerkeeue gehad het, hulle hier onderrig het, het ek die Nicaea Raad, en die Pre-Nicaea Raad en die Post-Nicaea Raad, en Nicaea Vaders, en Hislop se Twee Babilons en Foxe se Boek van Martelare, en alles gevat, omdat ek predikers dit hoor aanhaal het. Maar ek wou dit self lees, om te sien, sodat ek—ek sou weet wanneer ek dit gelees het of vir my mense gesê het, omdat God my verantwoordelik gaan hou in die Oordeelsdag

Page 17: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 17

vir wat ek vir die mense sê. So, ek wil nie sommer net sê wat iemand anders sê wat hulle gelees het nie, ek wil dit self lees, sien, en weet.121 Nou, regtig, Krismis, Christus, ek glo en kan byna bewys…Soos die opstanding bewys kan word deur te kyk na die Skepper, hoedat Hy al hierdie plantlewe geskape het, en hoe alles wat Sy doel dien moet sterf, en, as dit sterf, lewe dit weer, omdat dit ’n voortdurende lewe het. Maar die enigste manier wat dit weer kan lewe, is ’n bevrugte saad. Sien? Nou, God druk Homself uit in daardie skepping, en dit wys dat al hierdie heidense gode en dinge wat ons het, nie reg is nie. Sien, hulle is net filosofie en verbeeldings. Maar die—die Een Wat die Hemel en aarde geskape het, druk Homself weer uit deur Sy skepping, wat Hy is in Sy program. En dan as…122 Het julle ooit gedink, toe Christus gebore is, dat die Seun van God, waarom Hy gebore is in ’n krip, in ’n stal, en in ’n krip gelê het? Omdat Hy ’n Lam was. Kan nie in huise gebore word nie, lammers word nie in huise gebore nie. En dan het julle opgelet toe hulle Hom na Golgóta geneem het, en hoe Hy nie kon weghardloop nie. Hy het hierdie kruis op Hom gelê gehad. Hy is geslaan tot Sy rug gebloei het. En, maar hulle het Hom gelei, hulle het die Lam ter slagting gelei. Sien? Hy was ’n Lam. Wel, en as al hierdie getuienisse van die natuur, wat Hy was…Wanneer word lammers gebore, in Desember of in April? Sekerlik. Sien, dis sommer onsin, sien, om so-iets te dink.123 Dit is gedoen deur die Romeinse Katolieke kerk voor dit die Katolieke kerk in Rome geword het. Omtrent A.D. 606, êrens daarlangs, of 306 liewer. Nou, ons vind uit dat die Romeinse heidene Jupiter aanbid het, wat die songod is; en hulle het Astoret aanbid, wat die maangod was, of andersins die moeder van…die—die moeder van die hemel. Wel, om dit neer te bring, het hulle gesê dat Astoret, of god, moeder van die hemel nie meer was nie, en haarself gereflekteer het in Maria. So dit het steeds afgodery gebly, het Christendom gebind aan afgodery.124 Dan ook, en hulle het verduur, of ge-aanbid en gerespekteer die geboortedag van hulle songod, wat Jupiter was. Dis wanneer die son van die eerste Desember tot die vyf-en-twintigste Desember, verander dit nie, dit steek sy keerkring oor. En, terloops, ek het ’n stukkie uit die koerant wat ek vir julle wil lees op ’n keer, julle net skok. Julle praat oor wat daardie dag op die rivier gebeur het, en wil julle die bevinding in Jerusalem toon om dit te bevestig, net ’n paar weke gelede, uit ’n koerant. Iets wat hulle in Jerusalem gekry het net ’n paar weke gelede, sal positief bevestig daardie Engel wat hier verskyn op daardie einste tyd en die bediening uitstuur. Ja. Sien? Nou, dit nooit geweet nie, tot net ’n paar weke gelede, en hier is dit in die koerant.

Page 18: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

18 DIE GESPROKE WOORD

125 Nou let op, as dit dit oorgesteek het, is dit—is dit daarin, sien. Nou, na die een-en-twintigste Desember, sal die dae elk net ’n bietjie korter begin raak, of ’n bietjie langer elke dag, tot daar êrens in Julie. Dan begin dit weer korter word tot dit reg raak…En dis sommer die ontspantyd. En die Romeinse heidene het gesê dit was die songod se geboortedag. Van die eerste Desember, of die een-en-twintigste Desember tot die vyf-en-twintigste Desember, het hulle die—die Romeinse sirkus gehad, die krygswawedrenne ensovoorts was daarop, gedurende daardie tyd. Wel, dan, toe het die Christene of die Romeinse Christene, hulle dogma bygesit om beide kante te kry, beide die heidense en die Christelike, het hulle gesê: “As dit die songod se geboortedag is, laat ons dit die Seun van God se geboortedag maak alles saam.” Daar’s julle vyf-en-twintigste dag van Desember vir julle mis, Christusmis. O watter vreeslike ding! Sien?126 Nou, om te verbind. Wel, julle sê: “Sal enige ander dag nie werk nie?” Ja, maar Christus met heiden verbind? Die einste ding wat Hy kom afskaf, hulle verbind Hom weer terug daarmee. Sien? Dis die ding wat verkeerd is. En Sinterklaas, een of ander ou man in Duitsland, genaamd Kriss Kringle sou rondgaan, presente gee aan kinders op Christusmis dag, hy was ’n Katoliek en hulle het hom ’n heilige gemaak, nou is dit Sint Nikolaas. Sien? Ek moet liewer net…Hulle sal…Dit, julle weet dit in elk geval. Sien, ons het hulle in die Kerkeeu gehad.127 Maar vanoggend, wat ek wil sê is dit, dat, hierdie komende Kersdag vind die wêreld in geen beter toestand as wat dit was negentien- of twintighonderd jaar gelede toe Christus gekom het nie. Dis nie veel anders nie. Net omtrent dieselfde toestand as wat dit toe was, so is dit nou. Hulle…As ek ’n gevolgtrekking daaruit sou maak…of ’n teks van wat ek gaan sê, sou wees: Die Uitmekaarval Van Die Wêreld.128 Toe Christus gekom het op Kersfees, negentienhonderd jaar gelede, was die wêreld aan die uitmekaarval, alles het besoedeld geraak. Die godsdienswêreld was besoedel. Die Romeinse wêreld, sedelik, was op sy laagste vlak. O, die onsedelikheid van die wêreld! Die Jode het hulle God versaak en het hulle heilige gewyde fees gevat en het dit ’n ritualistiese tradisie gemaak. God het van hulle af weggegaan. En hulle het geweet daar was iets wat moet gebeur, die hele wêreld het, want, om dit bymekaar te hou. Dit was aan die uitmekaarval. En die iets om dit aanmekaar te hou, elke nasie was op sy eie manier op die uitkyk vir iets of iemand om te kom om dit aanmekaar te hou.129 As dit nie vandag die prentjie is nie, ken ek nie die wêreld nie. Is op soek na iets om dit aanmekaar te hou! Dis net soos dit was tweeduisend jaar gelede. Die wêreld, tweeduisend jaar gelede, was op soek na ’n Messias om die ding aanmekaar te hou. Maar

Page 19: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 19

tweeduisend jaar gelede het God die wêreld ’n Messias gegee. Want as ons iets verwag en uitsien na iets, sal God dit na ons stuur. En nou het die wêreld, na tweeduisend jaar, weer terug in dieselfde toestand geraak wat dit tweeduisend jaar gelede was. Sy val uitmekaar, nasies, daar’s geen—daar’s geen fondament nêrens nie. Kommunisme, Katolisisme, Protestantisme, politiek, moreel, alles het uitmekaar geval.130 En hulle bid vir ’n Messias. Maar hier’s wat ek wil sê! As Hy sou kom, sou ons Hom ontvang of sou ons doen wat hulle gedoen het? Sou ons Hom weier? Weet ons wat ons regtig nodig het? Somtyds wil ons hê, bid ons vir ons begeertes, en somtyds is ons begeertes nie ons behoefte nie. Ons moet besef dat ons nie verstaan wat ons nodig het nie; ons dink so. Maar God het belowe om in ons behoeftes te voorsien, en dit sal Hy doen.131 Nou, wat as my klein Joseph, sewe jaar oud, saam met my wou gaan jag, en sou huil en skree om my outomatiese haelgeweer te vat, dit vol patrone te maak: “Ek kan ’n haas doodskiet, Pappa”? Wel, ek—ek sou hom dit nie kon laat doen nie, tog hy—hy dink hy het dit nodig, maar ek weet meer daarvan as hy. En wat as jou babatjie van ’n jaar-en-’n-half oud jou sou sien skeer met ’n reguit skeermes, en skree en huil vir daardie skeermes? Tog het hy jou gesien skeer, hy wil dieselfde ding doen. Wel, jy weet wat die beste vir hom is. Tog jy—jy sou hom dit nie laat kry nie, want, as jy ’n verstandig-denkende vader is, sou jy nie so-iets soos dit doen nie, maar jy sou dit van hom af weghou. En dan baiekeer dat ons iets wil hê wat teenstrydig is met God se wete van waaraan ons behoefte het, so Hy wou dit nie vir ons gee nie.132 En hulle het gebid vir ’n Messias. Hulle wou ’n Messias hê. Maar hier’s waarby dit is, hulle wou Hom hê op die manier wat—wat hulle wou hê. En God het Hom gestuur op die manier wat Hy Hom wou hê, en hulle het Hom geweier.133 En hulle doen dit vandag weer, doen vandag dieselfde ding, hulle het Dit weer geweier. Hulle doen nou dieselfde ding as wat hulle toe gedoen het. Waarom? Om dieselfde rede, dieselfde rede. Hy het toe gekom, en ons weet Hy het gekom. Hy het gekom, en na hulle toe, maar Hy het nie gekom op die manier en op die wyse wat hulle begeer het Hy moet kom nie. En as God ons vandag iets sou stuur, ons wat uitroep daarvoor, en die kerk, en wanneer God dit stuur, wil ons dit nie hê nie. Dit kom nie om ons denominasionele smaak te pas nie. Dit kom somtyds nie om ons—ons teologiese opvatting daarvan te pas nie. Maar dis die—die einste ding waarvoor ons gebid het. Die einste versoek wat ons voor God gevra het, God het Dit na ons gestuur, en ons weier Dit.134 Ons wil ’n Kersgeskenk van God hê, maar ons wil dit hê op die manier wat ons dit wil hê. God stuur dit op die manier

Page 20: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

20 DIE GESPROKE WOORD

wat ons dit nodig het. Hy weet wat die nasie, Hy weet wat die kerk nodig het. Maar ons dink ons weet, maar Hy weet werklik wat dit is.135 Nou, soos ek ’n paar minute gelede gesê het, kom ons by hierdie Kersfees met die wêreld wat weer uitmekaarval. Laat ons net ’n paar dinge noem wat ek hier neergepen het.136 Kyk na die onsedelikheid van die wêreld, was kwalik nooit in ’n erger toestand nie. Ek—ek het ’n artikel hier waarvan ek net ’n paar verse daarvan graag wil lees. Dit word gevind in ’n—’n koerant, ’n “Standard Bearer,” van Afrika, sê: “Die dood van beskeidenheid. Vroulike beskeidenheid, daardie pragtige eienskap wat God in die menslike familie geplaas het om sy morele standaard te beveilig, is vandag aan die sterf, soos onskuldige vroue en meisies hulle knieë gebuig het voor die godin van modes en nie huiwer om te voldoen aan die mees eksterne skaamteloosheid van beskeie moderne style nie.” Ek het omtrent ’n bladsy daarvan hier. “Watter ongehoorde ding! En geslagsaantreklikheid word as toelaatbaar geag onder beide Christene en Nie-Christene.”137 Soos ek en hierdie ons kosbare Broer Arganbright padlangs gekom het vroeg vanoggend, gepraat het oor die onderwerp, dis moeilik om ’n meisie te vind met genoeg beskeidenheid om te bloos. Hulle het soveel vuil grappe gehoor en smerigheid, en, wel, jy sou niks kon sê om hulle te laat bloos nie. Wanneer, ’n paar jaar gelede, nie meer as toe ek ’n seun was nie, sou ’n klein verkeerde ding hulle gesig laat verkleur het, ’n klein dingetjie val voor, en ’n ander meisietjie se onderrok sou wys in die skool, en ek het gestaan, gesels, en toe sy daarheen kyk en sien daardie meisietjie se onderrok wys, het haar gesiggie rooi geword, en sy het weggeloop van my af, ’n sestien-jaar-oue meisie. Wel, wat ’n…dis die God-gegewe eienskap om ons sedes te beveilig.138 Kan julle dan wonder waarom ek uitroep teen sulke onsin soos wat ons vandag kry, noem onsself Christene, en vroue trek aan en tree op en mans rook sigarette, en wat nog, en gaan so tekere. En predikers in die preekstoel, gee toe, en wil jou nie eens na die preekstoel laat kom om teen sulke goed te preek nie. Wonder of ons nie vandag ’n hele klomp doen soos wat hulle destyds tweeduisend jaar gelede het nie! Onthou, toe Israel dit aan die doen raak, het God ’n Jesaja laat opstaan. Toe daardie tyd oorleef is, en hulle weer begin het, het Hy ’n Jeremia laat opstaan, voort daardeur. En God verander nie Sy manier van dinge doen nie, Hy’s die Ewige God. Hy kan nie verander nie. Sy eerste idee van dit te doen, moet altyd dieselfde bly.139 Wat ons vandag nodig het is ’n Boodskap gesalf met die Messiasskap van Christus. Maar sal hulle Dit ontvang? Hulle

Page 21: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 21

bid Daarvoor, maar sal hulle Dit ontvang? Nee, meneer, hulle sal Dit nie ontvang nie. Hulle kruisig Dit soos hulle in die eerste plek het. Die menslike hart is bedrieglik.140 Moraliteit, nasionale twis. Waar was die wêreld meer gereed om uitmekaar te val in sedes as wat dit vandag is? En wie gee die—wie gee die pas aan? Ons Amerikaners. Toe ek by—by San Angelo in Rome was, hier nie lank gelede nie, by die San Angelo-katakombe, was daar ’n kennisgewing op daar vir die Amerikaanse vroue, om “Asseblief klere aan te trek, om die dooies te eer, voor die katakombe betree word.” ’n Godsdienstige nasie, veronderstel om ’n Godvresende nasie te wees! Ons lewe op vergange ondervindings van ander mense, ons voorvaders wat Christene was.141 Nasionale twis. Daar was nooit ’n tyd in die wêreld nie, dat hierdie wêreld enigsins meer in ’n—’n—’n nasionale opbreek en uitmekaarval was as wat dit juis nou is nie. Wel, jy sien hoofartikels en nuusuitsendings en—en kommentators en voorspellers, ensovoorts, wat sê van die bomme en wat hulle sou kon doen, sommer enige nasietjie, vernietig die hele wêreld. En daar’s geen vrede tussen hulle nie. Jy kan nie op daardie manier vrede bring nie. Vrede en gemeensaamheid kan nie deur—deur politiek kom nie, dit kom deur Christus. Hulle wil Dit nie ontvang nie.142 Hoe sou ek nie ’n paar dinge hier kon sê nie! Die korruptheid in ons eie politiek, wel, politiek is so verrot! Julle het Monitor gehoor nou die aand, veronderstel ek, of dink hierdie uitsending, uur of twee hier uit Louisville uit, waar hulle oor die nasie verbind, en hulle gee, hulle doen af en toe oor verskillende onderwerpe, en hulle het dit gegee oor Mnr. Nixon se wegdraai van politiek toe hy sy wedloop verloor het, politieke wedloop in Los Angeles, of deur Kalifornie, en “Sal hy ooit terugkeer?” En toe die uitsending, na twee of drie uur, ek het daarna geluister van daar af tot Broer Charlie se huis hier, en het daarna geluister met die opkom, Broer Wood en ek, op die radio. En kom om uit te vind dat Nixon, op alle oostelike landdele hier, sover as die uitsending gereik het, van Mississippi tot Pennsylvania, dat hy Mnr. Kennedy geklop het, en die mense wat bel en verklaar, byna vier stemme teen een. Toe het ’n man gestaan en gesê: “As julle nie bedrieglike masjiene gehad—gehad het nie, sou hy President gewees het.” Daar het julle dit. Politiek, bedrieg, verrot aan beide kante. Ek blameer hom nie, ek sou my hande ook opgegooi het, en die nare goed laat verderf het, dit gaan in elk geval saam met die wêreld. Maar hou jou hande na Christus toe en sê: “Hier kom ek, Here.”143 Nasionale twis. En nou waar jy behoort te dink dat hulle moet probeer bymekaar hou, is hulle so geskei. Dis hoe dit

Page 22: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

22 DIE GESPROKE WOORD

was met die komstyd tweeduisend jaar gelede toe die wêreld aan die uitmekaarval was. Dit val vandag uitmekaar onder dieselfde toestande.144 En dan die kerkkorrupsie! O, goeiste! Die godsdienstige korrupsie! O, dis belaglik om die wêreld te sien na tweeduisend jaar van die Bybel en die Heilige Gees wat hier op aarde was, en vandag val dit uitmekaar so erg soos dit tweeduisend jaar gelede was. Godsdienstige korrupsie. Politiek het godsdiens binnegedring, en godsdiens het politiek ingedring. So ’n aaklige ding om die toestand te sien! Ek weet dit is. Julle sê: “Broer Branham, jy behoort nie so ’n prentjie vir ons te skilder hier teen Kerstyd nie.” Julle behoort die waarheid te weet, wat julle behoort te weet! Nou hoe kan…145 God sal seën, maar daardie seëning moet onder sekere omstandighede kom, sekere voorwaardes wat jy moet nakom. En as jy nie daardie vereistes nakom nie, dan is die seëninge en beloftes van God oneffektief vir jou. God het belowe om Israel te ontmoet solank hulle daardie gewyde feeste en dinge onderhou het, met—met heiligheid en opregtheid. God het hulle ontmoet. Maar toe hy, hulle dit sommer net soos ’n familie-ritueel gaan maak het, toe het God geweier om dit nog te doen. Hy het gesê hulle het in Sy aangesig gestink. So dis vandag dieselfde ding, dat ons—ons—ons moet terugkom na wat die waarheid van die ding is.146 Politieke twis in die kerke! Ons staan vandag met omstreeks negehonderd verskillende denominasie van Christendom, elkeen beveg die ander. Wel, dis, was nie heeltemal so erg toe Hy gekom het nie, daar was slegs omtrent vier of vyf sektore van hulle, Fariseërs en Sadduseërs, ensovoorts. Maar nou het ons negehonerd-en-iets. Wel, dis in ’n slegter toestand, is die kerk, teen hierdie Kersfees, as wat dit negentienhonderd jaar gelede teen Kersfees was. Was nou in ’n slegter toestand. Denominasionele twis! Wat dit alles veroorsaak het, vriend, is omdat politiek die plek van die Heilige Gees ingeneem het. Die Heilige Gees wil die Woord van God vat en die kerk na oorwinning lei, maar opvoedkundige programme en politieke programme, geloofsbelydenisse en denominasies het dit in negehonderd verskillende rigtings gelei. So die kerk het geen…Dié wat “kerk” genoem word. Ek bedoel nie die ware Kerk nie; Sy vlam steeds voort, o, ja, Sy bly steeds dieselfde. Maar wat in die wêreld “kerk” genoem word, wat skynbaar die—die raamwerk is wat plaas die…die wêreld aanmekaar hou, wat saambind wat ons vandag noem die sedes en dinge van die wêreld, dis besoedel. Sy—sy vleuels is verrot, en sy’s…die rysmiere en selfsugtigheid, en het die einste fondamente van onder af uitgevreet. Dit is sekerlik waar. Nou presies in die toestand waarin Dit

Page 23: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 23

gesê het dit sou raak, Twee Timóthéüs 3: “Hoofvaardig, hoogmoedig, liefhebbers van genot meer as liefhebbers van God,” ensovoorts.147 As ons dan politiek sien in die toestand wat dit is in die nasies, en ons sien die kerke in sy korrupsie in sy denominasies, en tog wil ons hê God moet na ons kom in daardie dinge. God sal nie in daardie moddersloot afkom saam met ons nie, onder die dinge wat ons wil hê Hy moet langs kom nie. Hy sal dit nie doen nie. Hy’s heilig en Hy—Hy weet wat die beste is. As ons roep, antwoord Hy ons. En wanneer Hy die antwoord stuur, weier ons Dit. Ons wil Dit hê op die manier waarop ons Dit wil hê. En ons probeer God kry, en probeer onsself red, deur die einste ding wat vir ons bewys is. Kerk, asseblief, luister hierna! Die einste ding wat goddelik vir ons bewys is, wat ons gekorrupteer het, en tog kyk ons na daardie einste sisteem om ons te red. Terug na die Woord! Dis wat die Messias sou sê. Nou, maar ons kyk na—na politiek. Ons probeer vir die nasionale wêreld, ons probeer dit red deur politiek. Die kerk wil ons wêreld red (kerkwêreld) deur politiek. Hierdie episode het die wêreld keer op keer getref, daar van die tyd van Moses af. Dieselfde ding, politiek probeer heers. En dis korrup. Daar’s geen manier dat ’n mens dit kan doen nie, daar’s niks goed in ’n mens om mee te begin nie. Dis waarom hy moet sterf.148 En wanneer ons—wanneer ons—wanneer ons hierdie wêreld in hierdie toestand sien, skynbaar aan die uitmekaarval in elke eeu, wanneer die wêreld in daardie toestand raak, bid die mense. O, selfs die President vra vir (wat was dit?) tien minute of ’n uur of iets, van gebed. Dit sal geen nut hê nie. Wat ons nodig het is nie ’n gebid nie, maar ’n bekering, terugdraai, wegkom van, versaak. Kom terug na God! Ek sou liewer my vertroosting laat berus op die Woord van God en die doop van die Heilige Gees, die Teenwoordigheid van Christus, as al die sekuriteit wat politiek of kerke jou ooit kan gee. Sekerlik, omdat ek weet Dit sal standhou.149 Het ons nie eens ’n nasie gehad nie, sou ons beter daaraan toe gewees het, as ons net die nasie van God sou hê, God se Koninkryk. God antwoord altyd en stuur vir hulle uitkoms, maar hulle wil dit nie ontvang nie. Dit, God antwoord wanneer die nasie in hierdie soort toestande raak, elke keer. Wanneer die wêreld, liewer, in hierdie toestand raak, uitmekaarval, dan antwoord God altyd hulle gebed, stuur vir hulle ’n profeet of iets, een of ander magtige profeet om dit te basuin. Maar hulle wil nie na hom luister nie. Wat doen hulle? Sit hom in die graf. Jesus het gesê: “Watter een van julle, julle vaders het nie die profete daar in die graf gesit nie, en dan wit, maak hulle nou wit, en bou hulle grafkeldels op? En julle is dié wat hulle daarin gesit het.” Dis reg.

Page 24: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

24 DIE GESPROKE WOORD

“Watter een onder julle?” Hulle het om hulp geroep. God het dit na hulle gestuur, en hulle het Dit verwerp. Wat dan, is God te blameer of is die mense te blameer? Die mense moet blameer word. Sekerlik.150 Toe Jesus gebore is, is daardie wêreld, soos ek gesê het, aan die uitmekaarval. Dit was beheer deur politiek, en politiek was korrup in daardie dae. Die nasionale kerk was korrup. Die Romeine en Grieke was op soek na ’n gesalfde messias. Die Grieke en Romeine wat waarskynlik die beste deel van die wêreld gehad het, en hulle het geveg een, onder mekaar, so hulle—hulle het gesoek na een of ander gesalfde messias om te kom. En die Jode, hulle wou gehad het ’n messias moes kom. En die Romeine was op soek na een of ander groot politikus wat in Rome kon opstaan, Griekeland kon oorneem en hulle vertel hoe om dit te doen, en Rome sou die wêreld oorheers. Griekeland wou hê ’n groot politikus moet opstaan, gesalfde politikus, ’n messias, wat sou sê: “Ons sal—ons sal daardie Romeine en Jode oorneem, en die res van hulle.” Sien, dis waarna hulle uitgesien het. As dit nie vandag die prentjie is nie, weet ek nie wat dit is nie. Reg!151 Politiek wou ’n gesalfde messias hê. En die Jode het gesoek na ’n messias, en hulle wou een hê wat inkom, nie soos hulle gekry het nie, hulle wou ’n generaal hê wat sou inkom en beide Rome en Griekeland van die aarde af vertrap vir hulle. Dis die soort messias wat hulle wou hê. Hulle het gebid vir daardie soort messias. Die Romeine het gesê: “Stuur vir ons een. Laat ons iemand instem wat ’n gesalfde man is, ’n man wat verstaan, hy’s ’n towenaar in politiek, hy sal net presies die strategie ken om Griekeland oor te neem en die hele res van die wêreld.” Die res van die wêreld het geroep: “Stuur vir ons iemand wat so—sal wees—wat so gesalf sal wees met die geniale brein dat hy sal weet hoe om die res van die wêreld oor te neem.” Nou, as dit nie die prentjie is van hierdie wêreld vandag nie, ken ek dit nie.152 En die kerk, roep: “Stuur ons ’n generaal om neer te daal, en wat elkeen van ons sal bewapen, en weet hoe om die swaard te gebruik en ons die strategie gee, en ons sal Rome, Griek, en die res van hulle van die aarde afvee.” Dis hoe hulle wil maak, regeer! Dis die—die krag.153 Net dieselfde ding vind ons vandag in die kerke. Julle Metodiste, julle soek na ’n messias. Watter soort messias? Nie die een wat God julle sou stuur nie. Julle Baptiste, julle soek na ’n messias. Julle Gemeentes van God, julle soek na een. Julle Eenheid, julle soek na een. Dis reg. Maar waarna soek julle? Dieselfde ding waarna die politieke wêreld op soek is. Vir een of ander groot wiskundige genie, ’n groot geleerde met ’n D.D.,

Page 25: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 25

Ph.D. om in julle kerk in te kom, wat hierdie ander denominasies sal uitslaan en almal by julle s’n laat aansluit. ’n Kêrel wat so goed is met proselitering dat hy die hele ding kan oorneem.154 Julle roep om ’n messias hier teen Kerstyd. Uh-huh. Wat het hulle gekry? Hulle—hulle wou dit hê. Hulle wil dit oorneem. Die wêreld wil vandag oorneem. Die kerk wil oorneem, elke denominasie. Maar kyk wat het God hulle gegee! Hulle wou ’n militêre genie gehad het. Hulle wou ’n—’n wetenskaplike genie gehad het, maar God gee hulle ’n Lam, ’n Baba. Watter kontras! Dink julle hulle sou daardie huilende kind aanvaar? Maar dis wat hulle nodig gehad het. God gee aan jou volgens jou behoeftes. Sekerlik. Hulle…Hy kry…Hulle het ’n Baba gekry toe hulle ’n generaal wou hê; maar hulle het ’n Baba gekry, sagmoedig, nederig. God het egter hulle behoeftes geken.155 Hy het nooit gekom om ’n nasionale- of ’n kerkpolitikus te wees nie. En as Messias vandag sou kom, sou Hy nie ’n nasionale- of ’n kerkpolitikus wees nie. En as ons roep om so ’n persoon, sal God vir ons verlossing stuur, maar ons moet dit ontvang op die manier wat Hy Dit stuur. Hulle het dit nie gedoen nie, hulle wou Dit nie op daardie manier hê nie. Die kerk roep vandag: “O Hemelse Vader, sal U asseblief Jesus na ons toe stuur? Sal U asseblief?” En wanneer die Heilige Gees begin inbeweeg: “O, dis…Ons wil dit nie hê nie.” Sien? Wel, julle sê: “O, o, ons sal hierdie man nie oor ons laat heers nie. O, ek wil Dit nie hoor nie. Nee. My…Ek sou Dit nie kon aanvaar nie, my denominasie sal Dit nie glo nie.” Dan wil jy nie ’n Messias hê nie, wil jy nie die salwing hê nie. As God ’n Messias gestuur het, sou Hy presies Woord vir Woord volgens die Bybel wees, presies wat Hy met die eerste keer was. Die geroep van die wêreld, wanneer ons sien politici en alles anders knyp die einste Lewe uit die kerk uit, en ons roep, en God het dit na ons gestuur, dan sou ons Dit weier. “Dis reg, ons sou dit nie wou hê nie. Nee, as dit nie ooreenstem met ons—ons denominasionele sienswyses nie, sou ons Dit nie kon ontvang nie.” Sien? O, sien julle nie wat ware Kersfees…Die mense wil Dit nie hê nie. Hulle wil nie God se manier van Dit te stuur, hê nie. Hulle is op soek na iets, maar hulle wil Dit nie hê nie.156 Nou, God het vir hulle gestuur, in die dag dat hulle geroep het, nie ’n militêre genie nie, nie ’n groot generaal wat neerdaal met gespe en harnas nie, en met ’n bonatuurlike swaard of spies wat hy kon swaai en Rome en Griek en die res van hulle die see indryf en hulle weer verdrink nie. Hy het hulle nie so-iets gestuur nie, al het Hy gesê Hy het dit eenmaal gedoen in Moses, maar hulle het dit toe nodig gehad. Maar Hy het hulle ’n Redder gestuur en hulle wou Dit nie hê nie. Hulle het gedink daar was…hulle was gered. Sien? Dis die manier van die kerke vandag. Vind teen hierdie Kerstyd met al die tinsel van Kersfees, die Sinterklaasligte, die heidense gebruike en dinge wat in beide

Page 26: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

26 DIE GESPROKE WOORD

Katolieke en Protestantse kerke ingeval het, en net so korrup as wat dit kan wees. En God stuur vir hulle ’n Redder. Wat? Terug na die Woord. Die Heilige Gees, God se Messias, Sy Gesalfde, om Sy kerk te salf en dit terug te stuur na die Woord. Dink julle hulle wil Dit hê? Nee, meneer. Hulle wil Dit nie hê nie. Hulle wys haar weg net soos hulle altyd maak.157 Hy stuur ’n Redder, maar waarvoor stuur Hy dan ’n Redder? Wil hier ’n ietsie laat val wat julle sal help. Daar is ’n voorbestemde volk wat Dit gaan ontvang. Daar was toe Hy die eerste keer gekom het, daar sal wees wanneer Hy die tweede keer kom. Maak nie saak wat die kerkwêreld daaroor gaan dink nie, sommige…Hy stuur Dit nie tevergeefs nie. Iemand sal Dit ontvang. Daar’s iemand wat Dit gaan kry, dis al, maar nie die politieke wêreld of die politieke kerk, of wat dit ook al is nie. Maar wanneer jy uitroep en God stuur Dit, gaan—gaan iemand Dit ontvang. Dis reg.158 Hy het ’n Redder gestuur, nie om die nasies uit te wis nie. Soos ons vandag sou dink, ons het ’n man nodig wat kan opstaan. Amerika wil ’n man hê wat Rusland sal slaan na wie dit nie wil hê nie. Rusland wil ’n man hê wat die res van die wêreld sal uitslaan en hulle daar na die maan sal neem. Maar God stuur ons vrede. God stuur ons hoop. Ons wil dit nie hê nie. O, sê: “Ons—ons kan vrede hê, die nasies wil vrede hê.” Waarlik. En hulle dink hulle kan dit hê wanneer die V.N. bymekaar kom. Wel, die V.N. is so ver daarvandaan af. Die vrede van hierdie wêreld, vandag het, is soos ’n rubberballon wat in die lug drywe, sommer elke windjie kan dit dra waarheen dit wil. Sekerlik. Enige klein verandering van politiek swaai dit sommer van een kant na die ander. Kan nie ’n gebed doen in die V.N. nie omdat dit die ander mense se naam kan seermaak, gevoelens wat nie eens in God glo nie. Dis stabilisering is dit nie, blaas sommer enige kant toe? En nog ’n ding, ’n ballon sal ook vir enigiets bars. Amen. En hierdie wêreld se sogenaamde vrede, deur V.N. ensovoorts, sal opblaas. Reg. Daar’s geen vrede daarin nie. Kan nie vrede vind deur mensgemaakte prestasie nie. Dis nie daar nie. Weggedra deur elke wind!159 Die kerk wil een hê. Hulle wil hê…hulle vrede gaan oor…rondgewaai ook met elke wind van doktrine. Alles swaai om, een van hulle sê: “O, ek dink al wat ons moet doen…”160 Julle dink? Julle het geen gedagtes om te dink nie. God het klaar sy gedagtes uitgespreek. Julle het geen reg om te dink nie. “Laat die gemoed wat in Christus was, in julle wees.” En Hy het die wil van God ten doel gehad en gedoen. Hy het gesê: “As ek nie die werke van God doen nie, glo My dan nie.” Sien? Julle het geen gedagte om te dink nie. Hy’s die Een wat die dinkwerk doen. Laat Sy gemoed in jou wees, dink jy

Page 27: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 27

maar dieselfde, en dis Sy Woord. Hoe gaan jy anders dink? Hy’t klaar Sy gedagtes vir ons uitgedruk. Maar ons wil ons eie dinkwerk doen. “Ek dink hulle behoort dit te doen.”161 Ek het gery saam met ’n liewe ou siel gister, opgegaan om vir ’n siek kind te bid. En toe ons by die siek kind kom, wou die familie nie hê ons moet daarvoor bid nie, was net hierdie man se idee. In elk geval, op pad daarheen, het hierdie dame gesê, ’n ou dame omtrent een-en-tagtig jaar oud, slim, briljante vrou, baie gaaf, maar sy het gesê: “Ek dink wat behoort te gebeur,” (sien: “Ek dink”) “dat al die kerke behoort bymekaar te kom en een te wees.” Dis presies wat die duiwel dink. Maar God wil ’n afsondering van Sy kerk hê van die dinge van die wêreld af. Hy wil dit nie verstrengel in die kerkpolitiek hê nie. Sien? En wat as God ’n Messias na die wêreld gestuur het? En dis…Daardie dame het maar net die gedagtes van die hele wêreld gedink. Wat is die Konfederasie van Kerke anders as dieselfde gedagte? Wat is die Wêreldraad van Kerke behalwe vir dieselfde doelwit om daardie einste gedagte te bereik? Dit reg? Wel, dan, dame, daardie dame het slegs die gedagtes van die wêreld uitgespreek.162 Maar hier is God se gedagtes in die Bybel. Ons het geen reg om anders as Dit te neem nie. Dis God se gedagtes uitgedruk vir ons. Ons sien, vind die wêreld aan die uitmekaarval, en ons roep om iets. Laat ons Dit ontvang. Nou, as dit ontvang en ons probeer weglei na politiek, dis die einste ding wat ons gekorrupteer het.163 Ek het ’n ietsie om die nasionale leier van hierdie Christen Sakemanne te vertel. Dis ’n goeie groep mense, maar as hulle op die verkeerde manier aan die gang kom, sal hulle verpoeier word soos die res van hulle, ’n denominasie word. En ek wil hê julle moet vir my bid en vir hierdie man bid. Ek moet gaan, ek het ’n visioen van die Here gekry vir hom. Sien? En as hulle nie die draai maak nie, as hulle voortgaan, kom hulle tot ’n organisasie. En, wanneer hulle dit doen, is God klaar daarmee. Dis reg.164 Sien, die mens kan nie saamkom, sonder om hulle eie idees te probeer kry nie. Dis waarom God indiwidue neem. Sien? God handel nie en het nooit gehandel met ’n denominasie nie. Geen plek in die geskiedenis waar Hy ooit het nie. Hy handel met indiwidue, een mens. Dis reg. Maar ons probeer ’n groep mense bymekaar kry en sê: “dis dus en so,” ensovoorts. Voor jy jou kom kry, kom groot, slim, briljante breine, hierdie reuse wat die duiwel ingestuur het, kom in en sê: “Wel, dit behoort dit te wees. Ek kan dit vir julle bewys.” Maak nie saak wat jy kan bewys nie, as dit teenstrydig is met daardie Woord, bly weg daarvan. Dis reg. Weggevoer met elke wind van doktrine. Waai dit oral heen en blaas te eniger tyd op. Dis waar.165 Rusland soek vandag na ’n gesalfde messias. Waarna soek hulle? Wat as God hulle gesalfde messias sou stuur, ’n Lam

Page 28: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

28 DIE GESPROKE WOORD

soos Hy negentienhonderd jaar gelede gemaak het? Hulle sou ontslae raak Daarvan net soos Herodus het, hulle bes probeer om ontslae te raak Daarvan. Wat is Rusland se opinie van ’n messias? Hulle wil ’n wetenskap hê. Hulle wil ’n gesalfde wetenskap hê, ’n wetenskaplike, ’n genie wat die wêreld vir hulle kan verower, wat hulle kan wen, die res van die wêreld na die maan toe, wat die buitenste ruimte kan verower, wat hulle anderkant die sterre kan neem. Dis die soort van ’n messias waarna Rusland soek.166 O God! Nou luister, ons is weer by Kerstyd. Wat as hulle dit sou kry? Kyk dan na iets teenstrydig daarmee. Waartoe sou die res van die mense wat God geskape het kom? Sien? Sien, God weet wat ons nodig het, nie wat ons wil hê nie. Bestudeer dit nou. Wat as Rusland hulle gesalfde sou kry? Nou, hulle sou nie ’n Lam ontvang nie. Nee, nee, hulle sou nie enige ontvang nie. Nee, meneer, hulle wil dit nie hê nie. Dis al wat daaraan is, hulle wil dit net nie hê nie. Hulle wil niks van die aard hê nie. Hulle wil ’n gesalfde messias hê. Wel, messias beteken “’n gesalfde.” So dan as hulle ’n gesalfde wil hê, maar hulle wil ’n gesalfde wetenskaplike hê, ’n genie wat die atome kan vat en hulle split, wat die ruimte kan verower, wat Rusland na die maan kan neem en terugkyk en hom op die bors klop, en sê: “Die res van die wêreld is honde, dien ons.” Dis dit, dis wat Rusland wil hê. O, ja, meneer. Weet julle, die hele wêreld roep…167 Duitsland het om een van hulle geroep, nie lank gelede nie. Hulle het een gekry. Kyk het hulle ook daarmee saam gekry. Sien? Julle verstaan, dan nie? Hulle het ’n Hitler gekry. En wat het hulle vir hulleself gekry? Chaos. Dis wat hierdie gesalfde messiasse op neerkom as jy God se Messias verwerp. Wat het hulle gekry? Toe die pinksterseëninge Rusland tref, of Duitsland, het hulle die Boodskap verwerp. Hulle het vir hulle gelag en hulle in die tronk gesit. Wat het hulle gedoen? Hulle het die Kruis verwerp, en hulle het ’n dubbele kruis gekry, die swastika. Ontvang jy nie genade nie, bly daar niks oor behalwe oordeel nie. Dis waar, vriend. Nou kyk waarby hulle vandag is. Sien? Let op, hulle het geen lidmaatskap nêrens nie, hulle is net ’n opgebreekte volk. Hulle het die verkeerde messias aanvaar. En as Rusland so een sou kry, maak nie saak hoeveel hulle hulle genie sou aanvaar nie, dit sal op dieselfde ding neerkom. Dit sal die hele nasie vernietig. Sien?168 Indië wil vandag ’n gesalfde hê. Hulle wil ’n messias hê. Nou onthou, messias beteken “gesalfde.” Hulle wil ’n gesalfde hê. Wat wil hulle hê? Hulle wil een hê wat hulle sal voed, hulle iets gee om te eet; hulle klee, sonder om daarvoor te werk, loop net op en af in die strate en gooi dit van een kant na die ander. Daar het julle dit. Hulle wil nie werk nie, hulle wil net bedel. So hulle wil hê een of ander soort heilige man moet opstaan wat kan reik na die top van die bome en hulle skud, brood en

Page 29: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 29

vleis en—en dinge af bo-op hulle, en hulle sit rond en eet, en slaap die res van die dag, en staan op en het die beste klere, en dis—dis die soort messias wat Indië wil hê.169 Rusland wil ’n wetenskaplike genie hê as hulle gesalfde messias hierdie Kersfees. Dis wat hulle gegee wil hê. Indië wil ’n messias hê wat hulle kan voed en hulle klee, sonder om te werk.170 Amerika, wat wil julle hê? Wat is julle opinie, Amerika? Julle het geroep om ’n messias. Ek weet dit word op band opgeneem. Julle het geroep om ’n messias. Wat wil julle hê? Julle het gekry wat julle wou hê. Julle wou ’n politikus gehad het, en julle het dit gekry. Nou wat gaan julle daarmee maak? Gaan julle velle aftrek, dis presies wat dit gaan doen, gaan julle na julle graf stuur. Julle wou dit hê, nou het julle julle begeerte gekry. Nou wat gaan julle daarmee maak? Dis nou op julle hande, moderne Agab en Isébel. Die einste ding wat julle hierheen laat hardloop het vir vryheid, het julle julle net weer in teruggetrek, maar dis wat julle wou gehad het. Julle wou ’n platkop Ricky, moderne Elvis van die dag hê, julle het dit gekry. Julle wou ’n slim, geleerde politikus met ’n geniale brein hê, julle het dit gekry. Hoe het julle dit gedoen? Deur bedrieglik, ’n masjienpolitiek om dit in te bring, het dit oor die goeie mense se oë getrek. Nou, ek’s nóg Demokraat nóg Republikein, ek’s ’n Christen. Sien? Sien? Beide kante is verrot. Maar wanneer ’n man wat ten minste die gedagtes en hoop van Christendom vertoon aan die anderkant, en dan draai julle om en stel masjiene op (om wat te doen?) om die genie te verkies wat julle wou hê. Hoe het julle dit gedoen? Julle plaas hom op die televisie, versprei dit oor die land, o, goeiste, probeer die verstandelike vermoëns toets tussen die twee presidente wat staan. Te wees die…Julle het die een verkies wat julle gedink het die geniale brein het, en nie gekyk wat daaragter was nie.171 Sien julle wat julle op die koop toe gekry het? Uh-huh. Uh-huh. O, dis weer Kersfees. Ja, Amerika het haar messias gekry, wat gaan julle met hom maak? Hou hom dop, wat hy vir julle doen. Julle moet net onthou, net soos Hitler aan Duitsland gedoen het. Julle moet net onthou, hou dit in julle gedagte. Dit is op band opgeneem. Ja. Julle het dit. Tog, daar was steeds nog genoeg om hierdie herlewings wat die land beleef het, genoeg ordentlike mense oor met Godvresende gemoedere in hulle, wat die ding sou kon gemaak het en dit ’n bietjie langer gehou het. Maar julle het vir julle, deur julle meganika, ’n masjien uitgevind wat kon kul met stemme, en julle eie koerante het dit oor die land versprei, en julle het niks daaraan gedoen om dit reg te stel nie. Maar julle het dit gekry. Dis die soort messias wat hulle wou hê, so ek skat hulle sal tot rus kom, hulle het ’n genie, ’n brein, sekerlik, slim, hoog geleerd.

Page 30: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

30 DIE GESPROKE WOORD

172 En julle ken goed genoeg die—die leer van julle Here, dat die bose mense van die dag, en elke dag, altyd die slim mense was. Weet julle nie dit was Kain se manne wat wetenskaplikes geword het, en genieë nie, terwyl God se mense skaapwagters was ensovoorts, reg tot daar by die vernietiging? En dit was daardie nederige kleinboere ensovoorts wat in die ark gered was, en die genieë is vernietig. Weet julle nie Jesus het gesê: “Die kinders van hierdie dag, hierdie wêreld, is—is—is wyser en slimmer as die kinders van die Koninkryk,” nie? Waarom? Hulle is lammers, hulle het ’n leier nodig. En hulle probeer hulle leier kies deur intellek, die slimmes doen dit; maar die nederiges kies hulle leier wat die Heilige Gees is. Dis presies wat die kerk gedoen het, die denominasionele reuse wat die kerk gekies het: terwyl die ware Liggaam van Christus die Heilige Gees en Sy Woord gekies het. Hang af van waardeur jy jou laat lei. ’n Lam moet gelei word, en dis waartoe ons gekom het.173 Nou het hulle hulle messias, hulle gesalfde opvoeder, slim, briljant. O, goeiste! Daar het nooit ’n president opgestaan so slim soos daardie man nie. Wel, hy sal net opstaan en sit die…Sal, dink ek vandag of vanaand, of een of ander tyd volgende dag of twee, ek het dit in die uitsending hoor kom nou die dag, dat, vra hom sommer enige vraag wat jy wil. Sekerlik, sommer ’n—’n geleerde masjien, dis waarop die Amerika vertrou het, nou laat ons sien wat julle daarmee gaan beland. Uh-huh.174 Julle het verwerp, Amerika, julle het die Boodskap van Christus verwerp, julle het die Heilige Gees verwerp wat voor julle bevestig is, selfs reg binne julle eie hoofstadgeboue, waar die krag van Christus Homself vertoon het, wat die gedagtes van die mens geken het, Hy kon die siekes genees en kon die geheime plekke van die hart ontdek, en doen presies wat God gesê het sou gebeur in die laaste dae, en julle wys Dit af. Was nie gepoleerd genoeg nie. Dit is in ’n krip gebore. Dit het gestink, vir die nasie. En onthou, julle politiek en kerkskap stink ook voor God. God is lief vir die soet-ruikende geur van nederigheid. Die kerk wil dit nie hê nie, ’n valse nederigheid. God wil ware nederigheid hê. Dis waarvoor Hy lief is. Nou het hulle hulle geleerde reus.175 Die kerk, dit wil ’n messias hê. Wel, wat wil dit hê? Dit wil ’n genie hê, denominasionele sisteem, gesalfde een om—om hulle vir hulle op ’n kol te bring. Laat ek hier my tyd vat, sodat julle seker kan wees dit word hier en daarbuite gesnap. Die kerk wil vandag ’n gesalfde genie hê wat alles so gereël gekry het dat hulle in die wêreld kan lewe, vrou hulle hare kan sny, hulle gesigte kan verf, mans vier of vyf keer kan trou en steeds diakens kan wees, o, hulle enigiets doen wat hulle wil doen en steeds hulle belydenis van “Christen” te wees behou. Julle gaan dit kry!176 Julle wil nie God se Messias, die gesalfde Woord, die Woord wat gemanifesteer word, die Woord wat Homself na vore bring, hê nie. Julle wil dit nie hê nie. God het Dit

Page 31: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 31

na julle gestuur. Maar die kerk wil Dit nie hê nie. Hulle wil hulle geloofsbelydenis hê en hulle wil ’n genie het wat geloofsbelydenisse kan regmaak tot waar alles daarvoor buig. Julle sal dit kry, uh-huh, dis op sy pad. Julle het ’n klomp kinders daarvan, maar daar gaan ’n grootoupa opstaan een van hierdie dae, ’n Farao wat Josef nie ken nie. En dis wat julle wou hê, dis wat die kerk…Jy kan die einste manier sien waarop hulle werk, ja, meneer, die einste manier.177 Openbaring 17 maak dit baie duidelik, van die ou hoer en haar dogters. Presies. En dit sal alles teruggaan huis toe na mamma toe, en dis nou juis op sy pad om een universele kerk te maak. Julle gaan net presies kry, denominasies, wat julle wil hê. Luister na my! Dit sal dan vervul word! En ek mag teen daardie tyd weg wees. Maar hulle wat dit nie wil aanvaar wanneer die Aandligte begin val en uitgaan nie, hulle kyk rond, hulle sien hulle word in iets ingeforseer deur hulle denominasie, en hulle denominasie het dit gevat om hulle bas te red. Wat, hulle almal sal dit doen. Maar daardie mense wat nie daardie sisteem wil hê nie, wat God se sisteem aanvaar het, die Heilige Gees en die Woord, hulle sê: “Daardie man moes reg gewees het.” Mag dan te laat wees.178 Ons sien Episkopale, Presbiteriane, Baptiste, alles kom in die Volle Evangelie Sakemanne in, alles probeer die Heilige Gees soek. Besef mense nie dat dit die einste uur is dat die Bruidegom kom nie, toe die slapende maagd probeer kom en olie koop? Dis toe dat Jesus gesê het dat die Bruidegom gekom en ingegaan het, en hulle het nie ingekom nie. Wat is die probleem met hierdie manne? Skree daaroor wanneer die Bybel bewys hulle het nie ingekom nie? En terwyl hulle dit probeer doen het, het die Bruidegom gekom, en hulle is gewerp in buitenste duisternis. Wat was dit? Hulle kon allerhande bewegings gehad het, allerhande aanstellings, allerhande soorte van—van sensasies wat kon gelyk het na bewys daarvan, maar die Kerk is klaar verseël en Sy was weg. Uh-huh. Dit kan profesie wees.179 Hulle wil iets hê, hulle wil iets hê sodat hulle enige manier kan lewe wat hulle wil. Hulle, dis waarna die kerkwêreld soek. Iemand dat—dat hulle na die grootste kerk in die stad kan gaan waaraan al die hoogmoediges van die stad behoort. Hulle kan die hoogste toring op die gebou hê. Hulle kan die beste orrel hê. Hulle kan die—die kerkbanke hê. Hulle kan ’n prediker hê wat nie ’n woord vir hulle sal sê oor die manier waarop hulle lewe nie, as hulle wil dans, hulle een of ander vertoning wil hou, hulle kortbroeke wil dra, hulle hulle hare wil kort knip, of hulle hierdie dinge wil doen, hulle kan sigarette rook, of net sosiale drinkery beoefen. Dis praktyke in die kerk. Bloot moderne drinkery, leer jou kinders net om te drink, maar nie te veel nie, om nie oormatig daarmee te wees nie. Rook,

Page 32: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

32 DIE GESPROKE WOORD

maar nie—nie uitermatig nie. Dra enigiets wat jy wil, maar probeer net—net jouself so ordentlik hou soos jy van weet of kan. Sien? O, daardie skynheiligheid! Daardie gesalfde duiwel! Daardie ding wat denominasie genoem word! Daardie ding wat godsdiens genoem word! Dis van die duiwel. Terug na Christus en Sy Woord! Red jouself van hierdie weerbarstige geslag. Bekeer jou, elkeen van julle, voor dit te laat is om te bekeer, en dit sou enige tyd dit kon wees.180 Wanneer ons die slapende maagd sien optree soos wat sy maak, lyk asof dit mense uit hulle verstand behoort te laat skrik. Maar in plaas daarvan, hulle: “O, glorie, is dit nie wonderlik nie! Halleluja!” O, goeiste! Hoe ver heen kan mense raak? Uh-huh. Watter soort toestand kan hulle in raak met hulle politieke gemoed, met hulle moderne opvatting, weet nie meer van God se Woord af as ’n hottentot van ’n Egiptiese nag nie. Reg! Slegs ’n—’n teologiese opvatting daarvan, of een of ander sielkundige ding wat vir hulle aangebied is by wyse van ’n geloofsbelydenis of een of ander soort ding, en Pinkster is besmet daarmee. Verskoon daardie uitdrukking. ’n Klomp van hierdie ding van vrouepredikers ensovoorts, dis grondliggend daaraan. Reg! En daar het julle dit. Dans, ruk-en-rol, geleerdheid, dis die soort van ’n-’n kerk wat die wêreld wil hê. Dis watter soort Messias hulle wil hê, een wat hulle saam kan verenig. Julle gaan een kry. Uh-huh. Die gees daarvan is alreeds werksaam onder die kinders van die mens. Dis reg. Steeds Christenskap aan die bely, sal hulle dit kry.181 God het vir hulle gestuur, gestuur op die…ons in 1963, as God op ons sou stuur in 1963, dieselfde salwing wat Hy destyds daar aan die begin gedoen het, sou ons dit weier soos hulle toe het. Omdat, as daardie gesalfde, messias, wel na die kerk gekom het, sou hy dieselfde wees as wat die Bybel gesê het Hy was. Hebreërs 13:8, het Dit gesê: “Jesus Christus is dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” As ons dan bid vir ’n messias, ’n gesalfde, wat, wil ons ’n godsdienstige politikus hê? [Gemeente sê: “Nee.”—Red.] Wil ons ’n militêre genie hê? [“Nee.”] Wil ons ’n opgeleide wetenskaplike hê? [“Nee.”] En julle wil ’n Lam hê. [“Amen.”] Wil ’n Lam hê wat julle sal terugbring, geen glorie vir hulleself nie, maar terug na die Woord. Terug! Een wat julle die Waarheid sal vertel ongeag wat dit is, sien, bly reg daarby, bring dit in lyn. Hulle wil dit nie hê nie. As Hy vandag sou kom, sou Hy wees soos Hy toe was, Hy sou bly presies by die Vader se Woord. Hy sou seker maak dat elke Woord wat in die Bybel belowe is, gemanifesteer word vir die seuns van die mens. Dis presies.182 Jesus het gesê: “Wie kan My oortuig van sonde? Wie kan My beskuldig van sonde, ongeloof? As alles wat die Vader nie gesê het dat Ek sou doen nie, as Ek dit nie gedoen het nie, sê My dan waar Ek dit gemis het.” Amen. “Sê My waar Ek te

Page 33: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 33

kort skiet.” Amen. Julle weet, sonde is ongeloof. Dis reg. Ons weet dit. “Wie kan My wys waar Ek nie vervul het nie,” het Hy gesê: “elke Woord wat die Vader gesê het Ek sou doen? Wie kan hulle vinger op My lê en sê Ek het dit nie gedoen nie? Watter een van julle?” Waarom het hulle Hom dan nie met rus gelaat nie? Omdat dit geprofeteer was dat hulle dit sou doen. Maar Hy sou die Vader se Woord hou presies soos Hy in die eerste plek gemaak het. Hy sou dit net presies hou, omdat Hy nie kon verander nie, omdat God die Woord is. Want dis presies net wat Hy is, Hy is die Woord. En Hy’s die Woord wat? Hy is die Heilige Gees wat die Woord van God neem en Dit manifesteer. Dis presies wat Jesus Christus…Toe God die Gees, die Vader, vlees geword het onder ons in die vorm van Sy Seun, het Hy die Woord van God geneem en Dit gemanifesteer, Dit aan die mense getoon, en hulle wou nie daardie soort hê nie. Hulle het hulle eie geloofsbelydenisse gehad, hulle het hulle eie denominasies gehad, en dit was in stryd met hulle hele denominasie, daarom het hulle Dit nie ontvang nie.183 En dit sou vandag dieselfde ding wees. As Messias sou kom, sou Hy die dinge neem wat God hier belowe het, en dié in die Bybel, en sou hulle manifesteer voor die seuns van die mens, en elke denominasie sou Hom wegwys. Hulle wil Dit nie hê nie. Hulle het niks daarmee te doen nie. Maar dis—dis wat God hulle sou stuur. As Hy hulle enigiets sou stuur sou dit dit wees. En dan sou hulle dit veroordeel en oordeel op hulleself haal, op hierdie ras mense, net soos die Jode gemaak het in daardie dag, en die res van hulle. Ja, meneer. Weet julle wat Hy sou doen as Messias in 1963 sou kom, weet julle wat Hy sou doen? Hy sou elke denominasie wat ons het, afbreek. Hy sou daardie ding tot op die grond stroop.184 Wel, hulle sou sê: “Wat sou Hy Doktor So-en-so of Doktor So-en-so skuif?”185 Hy sou sê: “Julle is van julle vader die duiwel, en sy werke doen julle.” Presies wat Hy sou sê. Hy sou nie sagkens met hulle werk nie, glad nie. Hy het nie in die begin nie, en Hy’s vandag dieselfde as wat Hy toe was. Was enigiets teenstrydig met die Woord, sou Hy dit so noem. Hy sou sê: “Julle is van julle vader die duiwel, en sy werke doen julle. Doen dinge teenstrydig met Sy Woord.” Dis reg. En die Messiaanse teken sou Hom volg. Dis reg. Laat Hom opstaan teenoor hulle en sê: “Het ek nie vervul dit wat plaasgevind het nie? Wie van julle kan my veroordeel van ongeloof?” Sien?186 Maar hulle sou probeer om ’n marionet van Hom te maak, Hom ronddra van plek tot plek soos daardie Fariseër gemaak het. Het Hom daarheen gebring om bietjie vermaak te verskaf, om ’n groot klomp gaste aan te bring, gaan bewys dat Hy nie ’n Profeet was nie. Julle ken die storie, ek leer daaroor. Sien, hulle sou vandag dieselfde ding doen vir wat hy bymekaar kon

Page 34: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

34 DIE GESPROKE WOORD

kry om vir hulle vermaak te verskaf, hulle sou dieselfde ding doen. En Hy sou gaan. Halleluja! Hy sou gaan, want Hy gaan altyd na waar Hy genooi is. Toe Hy geweet het wat daardie Fariseër gaan doen. Hy het geweet daardie Fariseër het geen tyd vir Hom gehad nie. Hy’t geweet daar’s ’n troefkaart êrens in die mou. Daardie Fariseërs het niks met Hom te doen gehad nie, hulle het Hom gehaat. En hierdie ou Simon wou hê Hy moet daarheen kom sodat Hy ’n skare om sy plek kon bring. Maar Hy het dit geweet. Hy het voortgestap daarin in. Het hy veel aandag aan Hom gegee? Dit was die hoogwaardiges aan wie hy aandag gegee het. Hy het agter gesit met ongewaste voete. Dit sou vandag dieselfde ding wees. Hulle wil Christus nie hê nie. Hulle wil God se manier nie hê nie, sien julle.187 Ja, Jesus sou sê: “Julle is van julle vader, die duiwel.” En daardie manne het daardie wette en dinge en alles in hulle denominasie en geloofsbelydenisse onderhou, sommer tot op die letter, sou hulle potte was. En Jesus het gesê: “Julle het julle geloofsbelydenisse gevat en God se Woord oneffektief gemaak deur julle tradisies.” En Hebreërs 9:12 sê daar, dink ek, nee, dis Hebreërs 12…nie 9:12, dink ek is dit, êrens reg daarlangs, het hy gesê dat: “Wanneer ons gereinig word en vergifnis ontvang, word ons gereinig van alle dooie vleeslike werke.” En wanneer ons waarlik vergewe word vir ons sonde deur die Bloed van Jesus Christus, kom die Heilige Gees in ons in en ons is dood vir vleeslike werke. O, julle Pinksterkerk, waarom het julle so ’n fout gemaak? Julle blindes wat die blindes lei! Weet julle nie julle het vyftig jaar gelede daaruit gekom, en het hierdie groep mense weer terug daarin ingetrek nie? Kan julle nie die Woord van die Here hoor nie? Droë beendere, wat is die probleem met julle? Julle wil nie ontvang wat na julle gestuur is nie. Julle wou nie toe nie, julle wou nie nou nie.188 Nou, weet julle wat? Weereens, so weereens is sy planne en die planne van die wêreld van denominasie en geloofsbelydenis aan die uitmekaarval. Die mens se planne val uitmekaar. God het ons nooit ’n geloofsbelydenis aangebied nie. Hy het ons nooit ’n denominasie aangebied nie. Ek wil hê iemand moet my in die Bybel wys waar Hy het. Ek kan julle wys waar Hy julle gesê het om dit nie te doen nie. Wys julle my waar Hy gesê het doen dit. Julle sê: “Dan, Broer Branham, wat het Jesus dan die mens aangebied?” ’n Koninkryk. Halleluja! En Hy is die Koning, Koning van heiliges, Here van here. Hy het ons ’n Koninkryk aangebied. Nie ’n politikus, denominasionele sisteem nie; maar ’n Koninkryk. Hy het gesê vir…Pilatus, Pilatus het gesê: “Is U die Koning van die Jode?”189 Hy het gesê: “Jy het dit gesê.” Hy het gesê: “As My Koninkryk van hierdie wêreld was, sou My manne vir My veg, maar My Koninkryk is van Daarbo.”

Page 35: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 35

190 En waarom moet ons vashou aan hierdie dinge van die wêreld wanneer ons kinders is van die Koninkryk wat Daarbo is? Sien? Daar’s êrens iets verkeerd. Maar ons is nie ’n sisteem aangebied nie. Ons is nie ’n organisasie aangebied nie, ons is nie ’n—’n politieke heerskappy van die wêreld aangebied nie, maar ons is gegee ’n Koninkryk van onderdanigheid, waar die Lewe van die Lam in ons is. Nie van die wêreld nie, julle is nie meer van die wêreld nie. “Kindertjies, julle is nie van die wêreld nie. Ek bid, Vader, dat soos Ek nie van die wêreld is nie, dat hulle nie van die wêreld mag wees nie.” Sien? Dis wat Jesus vir ons gebid het. En tog draai ons net weer reg om en plaas ons in wêreldse verbintenisse daarin waar allerhande soorte mense ingeneem word. Nou, julle weet daar’s nie ’n kerk in die wêreld wat nie vol skynheiliges is nie. En Jesus het gesê: “Jy moenie aan dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie.”191 So waarom trek aan dieselfde juk as ’n organisasie wanneer die Koninkryk van God vir jou aangebied word dat jy daarin gebore word? En daar’s nie ’n skynheilige daarin nie! Almal suiwer, onvervalste seuns en dogters van God, wat Sy Woord glo van Génesis tot Openbaring en Daarby bly. En jou lewe bewys dit, en God bevestig Sy Woord daarmee. Dis die Messias. Dis die vrou van die Messias. En God plaas in daardie sisteem leermeesters, pastore, profete, ensovoorts, om daardie Messiasskap op koers te hou daarin, nie vermeng met denominasionele geloofsbelydenisse nie, maar roei daardie onkruid uit en hou die Kerk suiwer, onvervals vir Christus en Sy Woord.192 Dink julle die kerk sal dit ontvang? Hulle sal Dit uitskop. Wil niks Daarmee te doen hê nie. Hulle het hulle eie politieke sisteem. En soos die Verenigde State hulle genie gekry het, so gaan die kerk sy genie kry. Sy sal dit kry, hou julle maar dop. Dis juis nou op pad. Hulle het hulle klaar daarin verstrengel.193 Maar ons het ’n Koninkryk, en in hierdie Koninkryk het dit Ewige Lewe. Nie lidmaatskap nie, maar Ewige Lewe. En dit word regeer deur ’n Ewige Koning. ’n Ewige Koninkryk vol Ewige Lewe, beheer deur ’n Ewige Koning, vir ’n Ewige volk wat voorbestem was voor die grondlegging van die wêreld. “Want hulle wat Hy vooraf geken het, het Hy geroep; en hulle wat Hy geroep het, het Hy geregverdig; en hulle wat Hy geregverdig het, het Hy verheerlik,” Hebreërs 11. Dis reg.194 Nou, dit hang af waarna jy op soek is. As jy Abraham is, is jy op soek na daardie Koninkryk. Ek kan dit vir julle wys vanmôre. Ja, meneer. Nou, ’n Ewige Koninkryk vol Ewige Lewe, beheer deur ’n Ewige Koning deur Sy Ewige Woord, aan ’n voorbestemde Ewige volk. Daar is dit. Waarom? Dit was altyd, sal altyd wees, het nooit ’n begin of ’n einde gehad nie. In die gemoed van God was dit aan die einste…toe dit Ewiglik saam met God was. En die doelwit van God sal uitgevoer word.

Page 36: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

36 DIE GESPROKE WOORD

195 So, hierdie wêreld val uitmekaar. Laat haar uitmekaar val, dis in orde, dit gaan dit in elk geval doen. Wat het Miga hier gesê, waarvan het Miga hier gepraat? Die berge sal smelt, dit sal loop soos was en oorloop soos ’n—’n gletser wat opspuit, of ’n soort spuitbron, liewer. Sy sal smelt en wegval, maar Jehova sal vir ewig bly. “Alle vlees is gras, die asem van God waai daaroor of dit blom is, gras, hoe pragtig, dit verwelk; maar die Woord van ons God staan vir ewig,” Jesaja 40 het geprofeteer van die koms van die Messias, het dit gesê. Al ons geloofsbelydenisse, denominasionele sisteme, opvoeders, genieë, en alles anders, sal vergaan, maar die Woord van God sal vir ewig staan. “Op hierdie rots sal Ek My Kerk bou, die poorte van die hel kan nie Daarteen standhou nie.”196 Ons is by Kerstyd. Ek het ook nie geweet dit raak hierdie tyd van die dag nie. Ek raak sommer net weg as ek dink aan die nood van die uur. Ek sal gou maak. Ja. En ons word in hierdie Koninkryk ingebore en kan…ons—ons Christene wat glo en in hierdie Koninkryk is. Nou, daar in die Boek van—van die Hebreërs, het ons ’n ruk gelede gelees: “Want ons ontvang ’n Koninkryk.” Nie ontvang ’n geloofsbelydenis nie, nie ontvang ’n sisteem nie. “Ons ontvang ’n Koninkryk wat nie kan wankel nie.” Die wêreld val uitmekaar. Dis waar. En elke politikus, elke denominasie en elke kerk sal aan stukke val, maar ons ontvang ’n Koninkryk wat nie kan wankel nie. “Want as hulle wat Hom verwerp het Wat van Berg Sinai af gespreek het, en die aarde het onder Sy Stem geskud, hoeveel te meer sien dat julle nie” (wie?) “Hom verwerp nie, Sy Woord wat van die Hemel spreek, van Sy Koninkryk, want ons is in ’n Koninkryk wat nie kan wankel nie.” Amen. Alles wat daarbuite is…God het alles gestuur, Hy het dit broos gemaak sodat dit sou breek. So in sy brose toestand, moet dit breek. Dis broos. Maar, onthou dat ons ’n Koninkryk het wat nou solied is, wanneer alles anders val en padgee. Geen wonder nie Eddie Perronet het gesê: “Op Christus die soliede Rots staan ek, alle ander gronde is sinkende sand.” ’n Koninkryk! Nie ’n politikustiese sisteem nie, nie ’n politieke sisteem nie, nie ’n kerksisteem nie, nie ’n denominasionele sisteem nie; dit word alles Fariseërs en doktore van die duiwel. Maar ons ontvang ’n Koninkryk, ’n Ewige Koning Wat die Ewige Woord is, Wat Ewige Lewe het; deur Sy Ewige Woord aan Sy Ewige volk wat Ewige Lewe het, en ons is deelgenote hiervan. O, goeiste! Dis die ding.197 Nou, enigiets wat julle wegtrek Daarvan af, is verkeerd, dis ’n valse messias, ’n valse salwing. O, het hy gesê: “Die broer het so ’n salwing gehad!” Watter soort salwing? Dis dit. Hitler het ook ’n salwing gehad. Krushchev het ook een. Pous Pius het ook een. Watter soort salwing het jy? As dit nie met hierdie Woord gesalf is en elke Woord bevestig as die Waarheid nie, los dit uit. Verkeerd. As dit homself nie voortbring nie, is dit

Page 37: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 37

nie bevrug nie. Dit sal sy kleur wys. O, sê: “Maar Dit was vir ’n ander eeu. Ons…” Los daardie ding uit. Jesus Christus is dieselfde gister, vandag, en vir altyd. Ja, meneer.198 So wanneer hierdie wêreld uitmekaar val, word ons gebore in ’n Koninkryk in wat nie uitmekaar kan val nie. Glo julle die wêreld is aan die uitmekaarval? Sy sisteme val uitmekaar. Glo julle dit? Glo julle die—die ekonomiese sisteem is aan die uitmekaarval? Die politieke stelsel val uitmekaar. Die nasionale, V.N.-sisteem val uitmekaar. Die kerk val uitmekaar. Die denominasies val uitmekaar. Alles val uitmekaar. Maar ons het ’n Koninkryk wat nie kan wankel nie, dis die Ewige Koninkryk van God, dit kan nie wankel nie.199 Ons word gesê dat die nuwe sisteem van hierdie denominasie, van hierdie Wêreldraad van Kerke te bring, sal vrede na die aarde bring. Watter—watter minagting, watter—watter nare klap in die gesig van Christus! Watter oneerbiedige, godslasterlike ding is dit nie! Dis van die duiwel. ’n Mens kan iets beter organiseer as wat God hulle kan stuur? Die toring van Babel! Dis ’n ander Babilon wat moet val. Vrede op aarde? ’n Valse messias! ’n Antichris in sy leerstelling. Hoe gaan jy hierdie denominasie bymekaar gooi, wanneer hulle nie eens wil…Hulle kan nou nie eens met mekaar saamstem wanneer hulle so in klein sisteempies opgebreek het nie, wat van almal saam verbind en daar beland? Ja. Sien, dis ’n valse opset. Dit word alles gedoen om Protestantisme in die Romanisme in te gooi. ’n Valse, antichris-leerstelling.200 God se Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. Jesus het so gesê. “My Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie.”201 So as daardie koninkryk in hierdie wêreld georganiseer word, is dit ’n valse messias, hierdie messias gaan die Protestantse kerk aangebied word kort voor lank, wat hulle sal vat, omdat hulle op soek is daarna. Hulle is op soek na hierdie sisteem wat kan maak: “Wel, nou, ons Metodiste en Baptiste, sekerlik, ons—ons stem soort van saam, weet julle. Ons—ons Presbiteriane, ons Pinksters, o, wat is die verskil tussen hulle, broer?” Daar is ’n verskil! God het julle verskillend gemaak. “Maar, wel, ons sal dit maar opoffer.” En julle groot evangelistiese leerstelling, julle gee dit op. Hoe gaan julle daar ingaan saam met ’n klomp van daardie mense wat nie enigiets glo nie, sommige van hulle ateïste? En valse messias is wat dit is. Dis reg. Ja, meneer.202 Nou, God se Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. En toe Christus hier was, het Hy ons die program van hierdie Koninkryk gegee. Hy het vir ons die program gegee van God se Koninkryk, die Vader se Koninkryk, wat Sy Woord is. Nou, as jy wil weet hoe jy in daardie Koninkryk kom, het hierdie Woord dit. As jy by enige ander deur inkom…Jy moet inkom

Page 38: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

38 DIE GESPROKE WOORD

met dieselfde deur waarmee die res van hulle ingekom het. As jy ’n ander ingang probeer maak, wel, is jy dieselfde as ’n dief en ’n rower. En Hy het gesê: “Wie ook al een woord Hieraan sal toevoeg, of een Woord sal wegneem Daaruit, dieselfde sal geneem word (sy deel) uit die Boek van die Lewe.” So as jy aanspraak maak daarop dat jy jou naam op die Boek van die Lewe het, as jy het, moenie dit laat wegneem nie.203 Toe, Petrus op die Pinksterdag die deur na die Koninkryk oopgemaak het. Hy het. Die Koninkryk het pas in Jerusalem tot stand gekom. Ek wil hê iemand moet my vertel dat die Kerk by Rome begin het. Ek wil hê iemand moet dit vir my bewys. Die Kerk het nooit in Rome begin nie, die Kerk begin in Jerusalem. Die Koninkryk het tot stand gekom op Pinksterdag. En toe mense wou weet hoe om in hierdie Koninkryk in te kom, het Petrus gesê: “Bekeer julle, elkeen van julle, en word gedoop in die Naam van Jesus Christus vir die vergifnis van jou sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.” Want dit is wat hulle in die Koninkryk plaas. Enige ander beleid, deur denominasie of ’n handdruk, of enigiets anders, is valse messias. Maak nie saak hoe gewild jy is, en hoe prominent jy sal wees nie, en jy kan dalk ’n diaken wees, selfs ’n pastoor of ’n biskop, of ouderling of staatstoesighouer, maak nie saak wat jy is nie, dis vals totdat jy terugkom na God se nederige Lam en Sy Koninkryk.204 Hou nou dop. En Hy het ons ’n program gegee, die Vader se Woord. En die ware gelowige hou Daaraan vas, omdat hy dit nie kan verhelp nie, dis die Koninkryk van God in hom. En soos Abraham, noem hy enigiets teenstrydig met God se Woord asof dit nie was nie. En as enigeen julle vertel dat denominasie van God is, bly julle soos wat Abraham het. As enigeen sê jy moet besprinkel word, of een of ander soort iets, sisteem of iets teenstrydig met God se Woord, moet julle dit nie glo nie. Jy ag dit asof dit nie was nie. As hulle sê: “Wel, nou, skat, dit skaad jou nie om dit te doen nie.” Julle moet dit nie glo nie, wanneer God gesê het…Het gesê: “Dis nie skadelik vir die vroue om hulle hare te knip nie,” wanneer God se Woord sê dis vir Hom ’n gruwel om dit te doen. Wanneer jy sê: “Wel, ek dra langbroek. Ek dra nie kortbroek nie.” God het gesê ’n vrou wat klere sal aantrek vir ’n man bedoel, dis ’n gruwel voor Hom. Die Bybel het gesê dis verkeerd vir ’n vrou om haar hare te knip, dis selfs ongewoon vir haar om so te bid ensovoorts soos dit. Selfs met haar hoof ontbloot, bring sy oneer op haar eie hoof. God verbied dit! En daardie sisteem wat jou vertel dis in orde om dit te doen, dit moet julle nie glo nie. Dis ’n valse gesalfde. Dis ’n valse christus. Dis teen God se Woord. Die regverdige hou vas aan God se Woord omdat Dit die program is van God se Ewige sisteem.205 Toe God ’n man gemaak het, het Hy hom een manier gemaak. Het ’n vrou gemaak, het Hy hom ’n ander manier…

Page 39: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 39

haar ’n ander manier gemaak. Daar’s twee verskillende verbonde, twee verskillende planne, twee algeheel verskillende tussen hulle. En hulle lyk nie dieselfde nie. Hulle’s nie enerslykend nie, hulle moenie eners optree nie, hulle is algeheel verskillend. En vroue is probeer soos mans wees, en mans so verwyfd hy’s soos ’n vrou. Ek het gister ’n seun gesien, in Cincinnati, het gelyk soos Mev. Kennedy, daardie hare, die manier wat dit so uitgestaan het. God wil hê ’n man moet soos ’n man lyk! Wil hê ’n vrou moet soos ’n vrou lyk!206 Ek sê julle, hierdie Isébel-sisteem van die duiwel het die hele wêreld in korrupsie, nie ’n gesonde plek daarin nie. Dis alles etterende sere, kankersere, kwaadaardigheid van die duiwel wat die einste kern uitvreet uit die—uit die sisteme wat hulle daar in plek het. Satan is ’n aasvoël wat voed op sy eie koninkryk. Hy’s ’n duiwel, hy’s ’n onreine, hy is die—die vader van ’n leuen. Hy voed op die vlees van sy eie mense. Die duiwel!207 Christus is die Koning van koning en Here van here, die gesalfde Messias. Die gelowige hou vas aan daardie Woord. God en Sy Woord is een. Ek en my woord is een. Jy en jou woord is een. Moet dan nie leun, jou eie gedagtes gebruik nie; gebruik Sy gedagte, dan is jy ’n deel van God omdat Sy Woord en jy dieselfde geword het. Sien? Dan is jy in die Koninkryk.208 Abraham het enigiets wat teenstrydig was met God se belofte geag asof dit nie was nie. Ja, hy…soos mensgemaakte sisteme vandag, sou hy dieselfde ding doen. Dan synde in so ’n koninkryk…Ek gaan afsluit. Ek sal maar sommige van hierdie notas uitlaat en afsluit. Kyk, dis…Om in so ’n Koninkryk te wees, wat gebeur? Nou, al hierdie geskel, maar in eerbied en met respek en in opregtheid, soos na die opdrag wat my gegee is deur die Woord van God, wat my gegee is deur die Heilige Gees, om die kudde te bewaar waaroor Hy my gestel het, om eerbaar daarteenoor te wees, daarby te bly ongeag wat kom, skud dit net regs en links en bly net hier by hierdie Woord. Dit is opgedra. Dan as ons ’n Koninkryk ontvang…209 “Broer Branham, al hierdie mense sê: ‘Aan watter denominasie behoort jy?’” Sê: “Geen.” “Wat is jy?” “Omdat ons in ’n Koninkryk is.” “Wel, waar ontmoet julle hierin? Waarheen gaan jy?”210 “Ons sit in Hemelse plekke in Christus Jesus, verhewe in die Teenwoordigheid van ons Koning.” Die Koninkryk! Glorie! Nou begin ek godsdienstig voel. Die Koninkryk van God waar hulle bymekaar kom, die Heilige Gees verhef hulle reg tot in die Teenwoordigheid van die Koning, en ons sit tesame in Hemelse plekke wanneer ons in Christus Jesus ingedoop is. Dis waar ons hoort.

Page 40: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

40 DIE GESPROKE WOORD

211 Vrou het vir my gesê waar ons mark toe gegaan het, ek het julle vertel, verlede somer, het ons een dame gevind wat ’n rok aangehad het. Dit was die vreemdste gesig. Sy het vreemd gelyk. Sien? Sy het gesê: “Waarom is dit? Ons ken hierdie vroue. Sommige van hulle sing in kore hierrond.”212 O, vriend! Ek gaan dit sê, al word dit op band opgeneem, kan dit nogtans net sowel sê. Julle weet, en ek sê dit in eerbied en respek. Hou maar net hieraan vas. Julle het duisende maal duisende sien kom na die platvorm, en julle het dit elke keer sien kom daar sonder een mislukking. En Broer Arganbright hier weet van die deel van die wêreld waarin ons was, oorsee rond, nie een keer faal dit om die Waarheid te vertel nie. Wanneer, ek na hierdie plekke gaan en hierdie beklede kore sien, daardie vroue en manne wat daar staan met hierdie Golgóta-klede aan, en hulle hoor sing soos engelagtige wesens; daarheen kyk met die Gees van onderskeiding, as—as ek vanoggend vyf van hulle moes gaan uittrek uit die hele wêreld, wat nie skuldig is aan smerigheid nie, sou ek nie weet waar ek hulle sou vind nie. Dis ’n stelling, maar dis die Waarheid, God weet dit. My hand is hier op die Bybel. Dis reg, ek weet nie waar ek hulle sou vind nie. Sien, as God gesê het: “Gaan haal vyf wat jy weet.” Ek sou sê: “Ek weet nie waarheen ek sal gaan nie.” O, goeiste! So ’n sisteem! Sulke smerigheid!213 Dis wat die wêreld wil hê. Dis wat dit toe wou hê, dis wat dit nou wil hê. Dis wat dit nou gaan kry. Mans staan daar, was uit met die volgende man se vrou. Drink, rook, en met ’n kleed aan, om dit te bedek. Dink, en God sien deur daardie vyeblaar. Daardie Eva staan daar met genoeg skuld en smerigheid in haar hart, ook, as dit in water sou verander, sou ’n skuit laat drywe. En staan daar met ’n talent wat sy van nature ontvang het, om te sing, en hou haar stem totdat sy swart was in die gesig, byna, probeer om soos ’n engel of iets anders soos dit te sing, en daar onder daardie kleed, ’n skandaal, smerig, vuil. En jy kan op die preekstoel staan en dit sê, en sy sal daardie lippe oplig, geverf, uitstap uit die gebou uit, sê: “Ek hoef nie sulke goed soos dié aan te hoor nie.” Maar jy sal eendag uitroep om jammerte, in die hel. Dit sal dan te laat wees. Jy ontvang Dit terwyl jy ’n kans het om Dit te ontvang. En jy! O, goeiste!214 Maar die Kerk ontvang ’n Koninkryk dat wanneer ons in Hemelse plekke sit en verhef word in die Teenwoordigheid van God, sit in Hemelse plekke in Christus Jesus, weet dit, met die versekering van geloof, dat ons in die Teenwoordigheid van ons gesalfde Koning is. O! Daar gaan ’n nuwe Hemel voortkom, en ’n nuwe aarde, en wat nooit weer sal skei solank as Ewigheid duur nie. Ons is op soek na daardie nuwe Hemele en aarde. Hierdie een, julle kan alles daarvan kry wat julle wil hê. Wat my betref, ek wil Daardie een hê.

Page 41: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 41

215 Dit hang daarvan af waar jy jou toegeneentheid plaas. Dit hang daarvan af aan watter paal jy vasmaak. Maak jy vas aan jou denominasionele paal, gaan jy net af daarmee saam. As jy vasmaak aan enigiets van hierdie wêreld, enige politiek en sulke dinge, en daarop vertrou, sal jy daarmee saam sink.216 Maar my hoop is gebou op niks minder as Jesus se Bloed met geregtigheid nie. En gee alles om my siel pad, en wys elke prediker my weg, en elke geloofsbelydenis jaag my uit, en het ek nie eens een plek om heen te gaan nie, is Hy my hele hoop en behoud. Op daardie Rots, op Christus, daardie soliede Rots, staan ek, alle ander gronde is sinkende sand. Eendag sal ek dalk begrawe word êrens in ’n begraafplaas, daar onder die see, in ’n vliegtuigwrak, gedood in ’n trein of ’n motor, waar dit ook al mag wees dat God vir my gekies het om te gaan, maar hierdie een ding, ek weet dit, dat ek my siel veranker het in daardie Rusoord oorkant, in Sy Woord. Ek glo dit, dat hierdie God se Woord moet wees.217 God moet die wêreld aan iets oordeel. As Hy oordeel volgens die kerk, watter een daarvan gaan Hy aan oordeel? Wel, daar’s nie so-iets soos geoordeel sou kon word nie. Dan is daar net een Ding wat oorbly, Sy Woord, Dis Ewig, Daaraan kan nie toegevoeg of weggeneem word nie.218 Ek het my siel daar geanker, met die eenvoud van my hande te lê op my Offerhande, te bely dat ek glad nie goed is nie. Daar’s niks in my nie, O Here God. Stuur daardie Messias op my en verander my wese na wat ek was, en maak my na U Eie fatsoen, die manier wat U wil hê ek moet wees.219 Maak nie saak hoeveel jy ’n liggaam sou kon brand, hoeveel jy ’n persoon sou kon vernietig, hoeveel jy teen hulle kan sê, of wat hy ook al sê nie, eendag sal Hy ons weer laat opstaan. En daar is ’n Koninrkyk wat ons ontvang wat nie kan wankel nie. O, goeiste!220 En, onthou, van al hierdie heerlike ding wat ons nou geniet, sit in Hemelse plekke, is net ’n voorspel. Halleluja! Dis ’n voorspel tot wat kom. Dis net die inleiding tot die simfonie wat kom. O! Halleluja! Praat van hierdie uitroep en lofprysing en verheerliking, verheffing van die Lam! Eendag wanneer die Engele rondom die aarde staan, die kromming van die aarde, met geboë hoofde, en daardie klein Bloed-gewaste groepie daardie verlossingsliedere van die Bloed van Jesus Christus hoor sing, O God, wil ek met hulle verbind wees. Laat my nou my plek inneem by Haar. Laat ek my versekering maak, Jesus is myne, ek sal Hom neem en Sy Woord. Ja.221 Ter afsluiting, wil ek hierdie storietjie vertel vir Kersfees, sodat die kindertjies dit kan begryp. En as ek julle te na gekom het deur te lank te bly…’n Dametjie gister…Broer Brown het omtrent ’n uur gepreek, baie wonderlike preek, daardie

Page 42: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

42 DIE GESPROKE WOORD

gesalfde man. Sy het gesê: “Hy het hulle net eenvoudig te lank gehou.” Paulus het heelnag gepreek. Hulle het daar gesit tot hulle so vaak geraak het, en het waarskynlik uur na uur gesit, en een kêrel het afgeval en hom dood geval. En Paulus het hom net oor hom uitgestrek, gesê: “Moet julle nie bekommer nie.” Luister net na die regte ding.222 Daar was ’n ou skoenmaker, en ek dink dit was in Duitsland waar hy—hy hulle skoene gemaak het. En eendag terwyl hy…In sy spaartyd het hy altyd die Bybel opgetel, en hy sou dit lees. Hy sou die konteks en die teks van die Skrif lees, en hy het waarlik diep opreg geword. Hy het gesê: “Weet julle,” het hy gesê: “ek—ek…wanneer hierdie Kersfees aankom, gaan ek nie enige Kersboom verlig nie.” Maar hy het gesê: “Weet jy wat?” Hy het gesê: “Ek gaan ’n—’n groot eetmaal hou, en ek gaan my…kook, my lam braai en ek gaan my veenbessies haal, en al my sous en dinge.” En hy was maar op sy eie. En hy het gesê: “Ek gaan dit op die tafel sit en ek gaan Jesus uitnooi om oorkant my aan die tafel te kom sit. Ek wil God se Messias ken en wat ek uit respek kan doen.” Hy het gesê: “Ek—ek gaan dit alles doen. En dan gaan ek by die tafel aansit en ek gaan die seën vra, en ek gaan God dank vir wat Hy my gegee het. En dan gaan ek sê: ‘Here Jesus, sal U kom en hier oorkant gaan sit, net vir Kersmaal saam met my?’”223 Die eenvoud, God verhoor dit altyd, opregtheid. En die ou skoenmaker het sy geld gespaar om so ’n maaltyd te kry, julle weet, en sou uitgenooi word vir die Koning van konings. En hy het dit neergesit, en hy het dit laat kook, en hy plaas dit op ’n tafel. En hy het hom mooi skoon gewas, en—en hom versorg, en sy hare gekam. En hy het aan tafel gaan sit, en ’n stoel gesit vir Jesus, en ’n paar ekstra stoele rondom gesit: “Dit kan vir die apostels wees,” het hy gesê: “as hulle dalk inkom.”224 Toe het die ou kêrel sy hoof gebuig en het hy die seën gevra en—en God gedank vir die kos. En hy het gesê: “Nou, Jesus, sal U nie kom en saam met my maaltyd hou vir hierdie Kersmaal nie?” En hy het begin eet en hou die stoel dop. Niemand kom nie. Hy eet nog ’n bietjie, en hy het gesê: “Here God, ek het U na my huis uitgenooi. Sal U nie kom en by my wees nie?” En hy begin oorleun om iets te kry om te eet, en iemand het aan die deur geklop.225 En hy het na die deur toe gegaan. Hy was ’n ou man, krom in die skouers, verflenterd. Hy het gesê: “Goeie meneer, ek’s koud, sal jy my laat warm word?”226 En hy het gesê: “Stap binne.” En hy het ingekom en hy het daardie geur van die kos geruik, sy mond het soort van gewater, hy het omgedraai. Het gesê: “Sal jy gaan sit?” Gesê: “Ek verwag geselskap, maar sal jy aansit en sommer saam met my eet tot die geselskap opdaag?”

Page 43: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 43

227 Hy het gesê: “Dankie. Ek sal dit graag doen.” En hy het gaan sit, en hulle het eetmaal gehou. Die ou man het hom bedank, opgestaan en gegaan.228 En die—die skoenmaker het omgedraai, hy het gesê: “Here God, waarom het U my teleurgestel?” Het gesê: “Ek het alles so gereed gemaak. Ek het alles gedoen wat ek geweet het hoe om te doen.” As julle dit maar sou doen! “Ek het gedoen al wat ek weet om te doen, en ek het gedink U sou inkom en saam met my maaltyd hou.” En hy raak aan die huil en het oor die bed neergeval. En hy het daar op die bed gelê, aan die huil. “Ek—ek—ek het alles gedoen wat ek gedink het is reg, Here, en waarom het U nie met my kom maaltyd hou nie?”229 En ’n Stem het na hom gekom, en hy het die Skrif onthou: “Insoverre julle gedoen het aan die geringste van hierdie My kleintjies, het julle dit aan My gedoen.”230 Ja, Iranaeus…Ek vra verskoning, dit was Sint Martin. Een koue dag voor Kersfees, het ’n arme ou bedelaar in die straat gelê, aan die verkluim. Mense wat waardig was, sou verbygaan, en het net na die ou bedelaar gekyk. “Wel, daar’s niks aan hom nie, hy’s net ’n bedelaar. Laat hom daar lê.” En Martin het gestaan en dopgehou en het gekyk of sommige van daardie mense wat dit sou kon doen, hom sou help, maar hy het dit nie gedoen nie.231 Eindelik, Martin self was nie…hy—hy het God geglo, maar hy was ’n militêre man. Hy het net een jas gehad. Hy het gesê: “As die ou man so lê, sal hy doodvries.” Toe het hy sy swaard gevat en sy jas in die middel deurgesny, gegaan en die ou bedelaar daarin toegedraai, en gesê: “Slaap in vrede, my broer.” Voortgestap binnetoe.232 En daardie aand in die kaserne, nadat hy sy stewels gepoets en gaan lê het, het hy aan die slaap geraak. En ’n geluid het hom wakker gemaak. Hy het gekyk, voor hom gestaan, en daar het Jesus gestaan, toegedraai in daardie ou stuk jas waarin hy die bedelaar toegedraai het.233 Wat kan ek dan aan hierdie sake doen? Wat moet ek doen met hierdie dinge wat ek weet wat reg is, hierdie dinge wat bevestig is en bewys hulle is reg? Wat kan ek doen? Draai die Kerk toe, nie in ’n geloofsbelydenis of ’n denominasie nie, maar in die Bloed van Jesus Christus deur Sy Woord. So Jesus het gesê: “Wat julle aan hulle gedoen het, het julle aan My gedoen.” Laat ons bid.234 Here Jesus, as U hier gestaan het vanmôre, Here…Ek weet U is, in die geestelike vorm. Maar as U hier gestaan het, letterlik, glo ek nie ek sou my teks enigsins verander het nie. Ek glo ek sou presies dieselfde ding gesê het. En ek glo, Hemelse Vader, dat hierdie mense wat hulle natuurlike voedsel ontdaan was, dat hulle hier gesit en luister het na ’n moeë

Page 44: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

44 DIE GESPROKE WOORD

rasperagtige stem, maar as U hier sou gestaan het, sou hulle nie nog langer gebly het nie, omdat hulle glo dat U hier is, omdat dit U Woord is. Dit toon dat hulle U liefhet.235 Ons is so dankbaar vir hierdie Kersbesoek van die Heilige Gees wat ons rig en ons toon presies wat Kersfees is. Wanneer ons sien dat die wêreld aan die uitmekaarval is, sy sisteme aan die opbreek. Maar ons is so bly, ons is so dankbaar dat ons ’n Koninkryk het en ons ’n Koning het, en Dit kan nie wankel nie. En wanneer daar geen wêreld meer is nie, wanneer daar geen politiek meer is nie, wanneer daar geen nasies meer is nie, sal God Sy Koninkryk oprig en die regverdiges sal saam met Hom regeer. Diegene wat gely het, sal nie meer ly nie.236 Help ons, Here, in hierdie Kersseisoen, om te onthou wat die gesalfde Messias beteken. Help ons om te verstaan.237 Seën hierdie, ons gemeente. Wees met hulle, onse Vader, en gee hulle geregtigheid en vrede in die Heilige Gees. Seën ons pastoor. Here, ons is lief vir hom. Hierdie moedige dienskneg staan steeds lojaal. En, gepraat nou die aand, het gesê: “Hier is, byna sestig.” Hulle het klein ou kindertjies. Maar onthou, mag hy dit onthou, Here, dat daar niks is wat hom kan neem van weg hiervandaan, voordat U gereed is nie. As U vertoef, bid ek dat hy sal lewe om al sy kinders getroud te sien en huise van hulle eie te hê. Seën sy kosbare vroutjie, ’n klein diensmeisie van U. Seën ons diakens en ons trustees.238 En, God, ek’s dankbaar hierdie Kersfees vir hulle almal, my vriende wat deur sneeu reis, en oor gladde paaie en reën kom, en hulle lewens waag en honderde en honderde myle kom. God, ek weet nie wat om nog te sê nie. Ek vertrou dat U die res daarvan sal openbaar, wat in my hart is. En mag ek altyd getrou wees, God, aan hierdie Koninkryk waarin U ons gesit het. Mag ek nooit toegee nie, nee, na regs of links nie. Ek onthou goed toe U my toe gesê het: “Moenie regterkant of linkerkant toe beweeg nie, dan sal jou weë voorspoedig wees. Dan sal jy goeie sukses hê.” Miskien nie in die oë van die wêreld nie. En ek gee nie om wat die wêreld dink nie, ek wil weet wat U wil hê, Here. U begeerte is ons…U wil is ons begeerte. O, die geringste van U begeertes is ’n—is ’n lewegebonde opdrag vir ons, Here. Ons staan as U Kerk.239 Vergewe ons nou vir wat deur die jaar gebeur het, wat ons gedoen het wat verkeerd is en waar ons op soveel plekke gefaal het, en versterk ons, Here. En mag ons, op hierdie tyd van Kersfeesviering, mag ons ons harte oopmaak vir die Messias, die gesalfde van God. Mag Hy in ons lewens inkom en ons salf, en Sy wil leef en Sy Koninkryk en vervulling bring deur ons lewens. Hou ons goed, gesond.240 Seën hierdie moedige ou vriend van my wat hier aan my sy sit, Broer Arganbright. O God, hoe was U nie met hom nie,

Page 45: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

DIE UITMEKAARVAL VAN DIE WÊRELD 45

en hoe het hy nie soveel kere sy hart gemaal en vergruis gehad nie, maar steeds glo ons is hy bevrug met Ewige lewe. Seën sy vroutjie. Ek dink aan Bud en Fred, ek, O God, hoedat ons hierdie groot gemeenskap het.241 Ons bid dat U ons nou gesamentlik sal seën. Seën ons kerkie, al hierdie kosbare mense. En eendag, Here, terwyl ons is so…ons oë so rein van die dinge van die wêreld wil hê dat ons slegs God en Sy Koninkryk kan sien, dat ons eendag aan God aangebied sal word, vlekkeloos, soos ’n deugdelike maagd, ’n deel van daardie groot Kerk wat voor Hom sal kom.242 En dan sal ons uitsien na die tyd waar U U Koninkryk op die aarde sal oprig, sigbare mense met sigbare huise, en hulle sal nie plant en ’n ander daarvan eet nie, maar hulle sal Ewiglik lewe. Tot dan, laat ons ’n lig wees wat op ’n heuwel sit, ’n kers wat lig gee aan alles om ons heen, deur ’n regverdige lewe, geheilig deur die Bloed van Christus. Skenk dit, Vader. In Jesus se Naam bid ons.243 En, Here, op hierdie sakdoeke, nadat ons vir die siekes gebid en ons ons hande op hulle gelê het, ons met hulle verbind het, lê ek my hande op hierdie sakdoeke, verbind my gebed aan God. En met hierdie sakdoeke en saam met die mense, God, bid ek dat U elkeen van van hierdie mense sal genees wat hierdie sakdoeke verteenwoordig. Mag hulle gesondheid en krag hê deur die komende jaar, Vader. Tot die eer en heerlikheid van God, vra ons in Jesus se Naam. Amen.

Ek het Hom lief, ek het Hom liefOmdat Hy my eerste liefgehad hetEn my verlossing gekoop hetOp Gólgota se boom.

244 Nou terwyl ons dit weer sing, laat ons hande skud met iemand om ons. Bly net, sê:

Ek het Hom lief, ek het Hom liefOmdat Hy eerste liefgehad…

Broer Arganbright, dit is…?…[Broer Branham gaan voort met hande skud—Red.] Nou met ons hande omhoog na Hom.

Ek het Hom lief, (nou lekker hard) ek het Hom lief (so ja)

Omdat Hy my eerste liefgehad hetEn my verlossing gekoop hetOp Gólgota se boom.

245 En nou met hierdie woord, tesame, ons almal sê dit. Ons ontvang ’n Koninkryk [Gemeente herhaal: “Ons ontvang ’n Koninkryk”—Red.] wat nie kan wankel nie [“wat nie kan wankel nie!”]. Amen!

Page 46: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

46 DIE GESPROKE WOORD

246 Laat ons nou staan. Nou, hef ons hande en ons harte op na God, met dankbaarheid nou, waarlik, ons hele harte: “Ek het Hom lief!” En spreek dit net uit teenoor Hom hierdie Kerstyd.

Ek het Hom lief, ek het Hom liefOmdat…En my verlossing gekoop hetOp Gólgota se boom.

247 ’n Doopdiens onmiddellik nou sal hierop volg. En julle wat moet gaan, ons is dankbaar julle was hier, en mag julle ewig bly in daardie Koninkryk wat nie kan wankel nie. Terwyl ons net ’n oomblik ons hoofde buig vir gebed, gaan ek ons kosbare Broer Arganbright vra of hy hierheen sal kom en hierdie gehoor verdaag met ’n woord van gebed.

DIE UITM EKAARVAL VAN DIE WÊRELD AFR62-1216(The Falling Apart Of The World)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Sondagoggend, 16 Desember 1962, by die Branham Tabernakel in Jeffersonville, Indiana, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2015 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Page 47: AFR62-1216 Die Uitmekaarval Van Die Wêreld VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR62-1216 The Falling... · lewe. En as daar ’n môre is, mag hy ’n groot arbeider vir die Koninkryk

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org