afr65-1031m krag van transformasie vgrdownload.branham.org/pdf/afr/afr65-1031m power of... ·...

51
KRAG V AN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in ’n—’n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg waardeer om vanmôre hier te wees, en—en tussen julle, om die Woord van God te bedien, wat ek seker is julle mee vertroud is. En—en ek wil Broer Leo en Broer Gene bedank, en al julle mense, vir hierdie grootse geleentheid. 3 En soos wat ek die—die eerste gesang gehoor het, tot die laaste, daar is iets aan daardie sang, dis ’n aanbidding wat jy net nie meer kry nie. En dit is altyd ’n groot voorreg vir my wanneer ek hierheen kom, omtrent een keer per jaar, of twee keer, om jou sommer net vol te maak met daardie goedheid van daardie liedere. 4 En ek het vanmôre gedink, toe Broer Leo daardie lied aangekondig het van Hulle Kom Van Die Ooste En Weste, en aan my vrou wat dit gesing het toe ek vertrek het om… haar en—en Billy en Rebekah agtergelaat het, om hierdie groot herlewing te begin, van ’n voorpunt daarvan, liewer, soos wat dit deur die nasies versprei het. En ek het gedink, soos ek gekyk het oor hierdie mooi, skoon, klomp dames heen. Ek onthou Meda was toe een van hulle, sy was ’n swartkop meisietjie. En nou is sy soos ek, ons word oud en grys, en ons tye loop uit. En tog met hierdie grootse Hoop, dat ons weer in Hom byeengebring sal word, waar daar nie meer tyd sal wees, ouderdom nie, niks om ons te hinder of te pla nie. 5 Ek glo nie dat ek enige plek ken wat ek al ooit in my lewe gesien het, veral met soveel mense soos hierdie, waar daar soveel goeie Christene met hierdie liefde is nie. Moenie dat dit ooit onder julle uitsterf nie. Onthou net. 6 Ek het altyd ’n klein…die gesegde onder die mense, gehad. My vrou se naam was Hope; my eerste vrou, Billy se moeder. Hulle het altyd…Daar was toe drie van ons, dit was Hope, en ek, en Billy. Hulle het ons altyd genoem: “Hoop, geloof, en liefde.” En het skynbaar ’n forse geloof gehad, soort van, in daardie dae, om te glo dat hierdie Woord waar is; en, wat God beloof het, sal Hy doen. 7 En, maar, sien julle, “Die grootste hiervan is liefde, is die liefde.” Soos Broer Leo dit vanmôre uitgedruk het. “Liefde! Waar daar tale is, dit sal ophou. Waar daar profesieë is, dit sal faal. Maar wanneer liefdadigheid, wat die liefde is, dit sal altyd voortduur.” Sien?

Upload: others

Post on 01-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE

[Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in ’n—’n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg waardeer om vanmôre hier te wees, en—en tussen julle, om die Woord van God te bedien, wat ek seker is julle mee vertroud is. En—en ek wil Broer Leo en Broer Gene bedank, en al julle mense, vir hierdie grootse geleentheid.3 En soos wat ek die—die eerste gesang gehoor het, tot die laaste, daar is iets aan daardie sang, dis ’n aanbidding wat jy net nie meer kry nie. En dit is altyd ’n groot voorreg vir my wanneer ek hierheen kom, omtrent een keer per jaar, of twee keer, om jou sommer net vol te maak met daardie goedheid van daardie liedere.4 En ek het vanmôre gedink, toe Broer Leo daardie lied aangekondig het van Hulle Kom Van Die Ooste En Weste, en aan my vrou wat dit gesing het toe ek vertrek het om…haar en—en Billy en Rebekah agtergelaat het, om hierdie groot herlewing te begin, van ’n voorpunt daarvan, liewer, soos wat dit deur die nasies versprei het. En ek het gedink, soos ek gekyk het oor hierdie mooi, skoon, klomp dames heen. Ek onthou Meda was toe een van hulle, sy was ’n swartkop meisietjie. En nou is sy soos ek, ons word oud en grys, en ons tye loop uit. En tog met hierdie grootse Hoop, dat ons weer in Hom byeengebring sal word, waar daar nie meer tyd sal wees, ouderdom nie, niks om ons te hinder of te pla nie.5 Ek glo nie dat ek enige plek ken wat ek al ooit in my lewe gesien het, veral met soveel mense soos hierdie, waar daar soveel goeie Christene met hierdie liefde is nie. Moenie dat dit ooit onder julle uitsterf nie. Onthou net.6 Ek het altyd ’n klein…die gesegde onder die mense, gehad. My vrou se naam was Hope; my eerste vrou, Billy se moeder. Hulle het altyd…Daar was toe drie van ons, dit was Hope, en ek, en Billy. Hulle het ons altyd genoem: “Hoop, geloof, en liefde.” En het skynbaar ’n forse geloof gehad, soort van, in daardie dae, om te glo dat hierdie Woord waar is; en, wat God beloof het, sal Hy doen.7 En, maar, sien julle, “Die grootste hiervan is liefde, is die liefde.” Soos Broer Leo dit vanmôre uitgedruk het. “Liefde! Waar daar tale is, dit sal ophou. Waar daar profesieë is, dit sal faal. Maar wanneer liefdadigheid, wat die liefde is, dit sal altyd voortduur.” Sien?

Page 2: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

2 DIE GESPROKE WOORD

O sterwend Lam, U kosbaar WoordSal nooit Sy Krag verloor,Tot gans verloste Kerk van GodVan sonde verlos sal wees.Deur geloof het ek die stroom aanskouWat uit U wonde kom,U liefde wat verlos bly nouMy tema tot my dood.

8 Ek dink daar is niks groter as liefde nie. En liefde, as ons dit nie kan uitlewe nie…Nou, ons kan sê dat ons liefde het, ons sê dit sommer maar net. Maar wanneer ons werklik kan uitlewe wat ons sê ons het, dan toon ons dit in onsself.9 Nou ons is nie volmaakte mense nie. Ons maak ons foute. Ons doen dinge wat verkeerd is. Maar, sien julle, liefde bedek dit alles. Ons is gewillig, wanneer ons ons foute insien, om terug te kom en mekaar om verskoning te vra. Ja, dis—dis krygsmanne. Dis, dit is werklik manne en vroue wat moedig is. Enige mens kan uitgaan na die slagveld, wat genoeg moed het om daar uit te stap; maar wanneer hy platgeslaan word, staan dan op en probeer dit weer, sien. Daar was altyd ’n lied gewees wat ’n jongman en jongvrou altyd in die kerk gesing het: “As ek val of as ek faal,” sien: “as ek val of as ek…” Ek vergeet hoe dit gaan. “Laat ek opstaan en weer probeer.”

Vergeef my Heer, en toets my nog een keer. (Sien? Sien?)

As ek val, of as ek sondig, laat my opstaan, weer probeer.

Vergeef my, Heer, en toets my nog een keer.10 En met soveel as honderd-en-twintig mense hier saam, sal julle beslis soms—soms dinge vind, die vyand sal insak tussen julle, en deur julle gemoedere, en—en dit, dat begin. Stop net as hy dit doen. Dink terug, dink aan hierdie oggend, dink aan die tye toe julle saam gesit het in Hemelse plekke in Christus Jesus.11 Sommige van julle is loodgieters en sommige is skrynwerkers en sommige dit, dat, en die ander. Maar julle skuur elke dag skouers met die wêreld, wanneer julle daarbuite is. Maar wanneer julle daardie dinge sien, en groot versoekinge voorkom, onthou maar net hierdie klein, heilige plekkies waar julle saam sit, met die enigste ding wat voortduur. Julle werke sal faal, een van hierdie dae. Julle gesondheid sal faal. Selfs julle lewe, hier op aarde, sal faal. Maar dan sal Dit nie faal nie. En as Hy die middelpunt van alle dinge is, laat ons dan ons gemoedere hou by die middelste Steunpilaar, wat ons hiernatoe aangetrek het.12 Goeiste, hierdie gawe, skoon klomp mense! Ek bedoel nie sodanig julle klere nie. Julle klere is skoon, natuurlik, en dinge, julle gesigte. Ek dink hierdie dametjies hier, nie ’n kriesel

Page 3: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 3

lipstiffie op ’n een van hulle nie; hulle almal met lang hare, jonk en oud, middeljarig en almal. Ja. Sien? Wel, julle besef net nie watter skat julle hier het nie, sien, in hierdie klein kapeldiensie nie.13 Ek wil Broer en Suster Shantz ook bedank, en vir hierdie voorreg om in hulle huis te wees. En dit is nou hulle tuiste, daar hulle hulle eiendom verkoop het, in Kanada, dink ek, en aangekom het om by ons te vertoef. Ons het nie meer aardse besittings nie. Ons soek na ’n Stad wat sal kom, Wie se Bouer en Oprigter God is.14 En ek dank Broer Leo en Gene, vir die trouheid wat hulle was, aan die visioen wat aan hulle gegee is toe ons aanvanklik ontmoet het. Sonder twyfel het hy julle dit al baiekeer vertel. Dis vreemd, ek het dit nie net so gesien nie. Ek het geweet daar is iets voorkant toe. Toe die jongkêrel na my gekom het as ’n…met ’n droom wat hy gehad het van ’n piramiede, het bo in hierdie piramiede gestaan. En hy het opgeklim tot daar waar ek was, en ek het gestaan daar in ’n piering, ’n bord, of iets soos ’n lig. Hy het gesê: “Broer Branham, hoe kom jy daarbo?”15 En ek het gesê: “Broer Leo, God moet ’n persoon in hierdie posisie hierbo plaas.” Ek het gesê: “Noudat jy gesien het, keer terug na die mense en sê vir hulle dat jy glo dis van God.”16 En het toe weinig geweet wanneer ek ’n plek sou hê. Ek—ek is lief vir die seuns, en ek wou hulle in ’n posisie plaas waar ek by hulle kon wees. En hulle het bande begin maak. Maar, julle sien, wat my betref, sou hulle steeds bande gemaak het, sover ek weet. Maar watter groter ding het God nie vir hulle gedoen nie, as om bande te maak nie, sien. Byna enigeen kan ’n band maak, wat die intelligensie het om ’n bandopnemer aan te skakel, of kan verkoop. Maar dit verg leiding van die Heilige Gees om ’n klein groepie byeen te lei soos hierdie, vanmôre, en hulle in harmonie en eendragtigheid saam te hou, en steeds aan die Boodskap vas te laat hou.17 God, mag U—mag U skenk, aan hierdie mense, ’n lang lewe hier op aarde, geluk, en vreugde, en dan “gaan in in die vreugde van die Here,” aan die einde van die pad.18 Ons is nou gereed vir ’n stryd, die Basuin moet weerklink. Die liedere is gesing, nou kom die Woord. Ek dink, waar ek hier staan, dat julle weet…Ja, julle weet waarskynlik.19 Maar om hierdie opmerkings te hoor van hierdie jong soldate hier! En ek wat oud word, en rond luister, en julle geloof en vertroue, en wat julle geplaas het daarin om die Boodskap te glo wat ek—wat ek van God gegee is. Nou, as dit nie vir julle almal was nie, sou die Boodskap geen goed gedoen het nie. Sien, dit—dit moet iemand wees wat Dit glo. En solank

Page 4: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

4 DIE GESPROKE WOORD

as wat Dit van God af kom, gaan daar iemand Dit glo, julle sien. God het ’n weg berei. Hy, Hy het Sy groot ekonomie so ingerig, dat, wanneer Hy Iets uitstuur, daar iets daar is om daardie Iets te ontmoet. Die Diepte reageer om die oproep uit die diepte. Dit—dit moet so wees.20 Ek hou van die woord wat Broer Gene vanmôre in gebed gebruik het: “In Sy verhewe howe.” Ek voel so as ek daardie brug daar oorsteek, om—om in te kom waar God eerbiedig en gerespekteer word. En hou dit altyd so. Maak nie saak wanneer die vyand…21 Nou onthou, moet dit nie vergeet nie; Broer Leo en Gene, veral. Nou, dink julle Satan gaan dit so laat voortgaan sonder ’n struikelblok? O, nee. Hy sal beslis nie. Hy gaan invlieg, een van hierdie dae, net soos ’n warrelwind. Maar wanneer die—wanneer die vyand inkom soos ’n vloed, rig die Gees van God ’n standaard daarteen op. Bly maar net julleself ophef in gebed voor God. Kleef mekaar aan. Hou aan God vas. Want, as julle mekaar liefhet, toon dit dat julle God liefhet. “Hieraan sal alle mense weet, dat julle My dissipels is, wanneer julle mekaar liefhet.”22 En ek het gedink, ’n rukkie gelede: “Watter pragtige sang! Watter goeie stemme! Watter goeie groep mans en vroue, eggenote en eggenotes; jonk, oud, en middeljarig, wat hier saamsit.” Ek het gedink: “Wel, hulle behoort dit daar in Prescott te hê, hulle behoort daar te wees en behoort so ’n klein radio-uitsending te hê.” Dan, julle sien, sou dit nie presies wees wat God hierdie jongmanne geroep het om te doen nie. Sien? Sien? Die Bruid word uitgeroep, sien, uitgeroep, nou my werk is hier, om te roep. En dan dinge soos hierdie, en waar julle julleself in ’n kolonie saamvoeg, en homself hou, waar julle julle kinders wil laat grootword, elkeen elke dag wil dophou, soos die oog van ’n arend wat waghou oor hulle kleintjies, sodat julle nie sal…As julle iets verkeerd sien, dan roep julle daardie persoon eenkant en bid daaroor, en sulke dinge. Hou dit suiwer, heilig, sodat die Heilige Gees ’n plek kan hê om te besoek.23 God hou daarvan om aanbid te word. En wanneer julle Hom aanbid, is dit nie maar om ’n lied te sing soos ons maak nie, maar om dit te sing in die gees van aanbidding, sien julle, dan voel jy die Heilige Gees weerkaats.24 En ek het yslike groot jongmanne hier gesien, dink maar aan die dag dat daardie groep jongkêrels daar sit, jong seuns en hulle vroutjies wat daarlangs sit, en groot, ruwe manne wat daar sit en sommer soos babatjies huil.25 Wel, kyk na vandag, hulle is hierbuite op die straat, lewe in hoerery en vuilheid van die wêreld, en dinge.26 En om te dink dat julle apart kan kom en vergader soos hierdie, waar soos die Psalmis gesê het: “Aanskou hoe mooi en aangenaam vir broers om in eensgesindheid saam te woon.

Page 5: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 5

Dis soos die salwingsolie wat op Aäron se baard was, wat afgeloop het na die some van sy kledingstukke.” Wat, daardie salwingsolie…Wat, julle weet wat daardie salwingsolie gedoen het, dit het hom beskerm om in die Teenwoordigheid van God in te gaan. Sien, hy moes met daardie olie gesalf word voor hy in die Teenwoordigheid van God kon ingaan. En wanneer broers saamwoon in eensgesindheid, word dit met daardie olie vergelyk. Ons gaan dan in die Teenwoordigheid van die Here in, met daardie salwing van broers saam in eensgesindheid. Olie stel die “Heilige Gees” voor.27 Nou kan ons net ’n woord van gebed hê voor oorgegaan word na die studie van die Woord.28 Hemelse Vader, soos ons broer dit vanmôre uitgedruk het, die binnegaan van die verhewe howe van die Here! Nou, Vader, ons besef hierdie groep mense hier, en nou wat ek sê, sal ek voor verantwoording moet doen op die Oordeelsdag. En dit is U kinders. Seën hulle, Vader, voortdurend. Seën Broer Leo en Broer Gene. Mag hulle deur U Heilige Gees gelei word om hierdie mense te lei, waar ons hierdie pelgrimstog na die sonsondergang onderneem. En dan, O Heilige Gees van God, lei ons na die Seun. Skenk dit, Here.29 Breek die Brood van die Lewe vir ons, deur die Woord. En ons is…Nou ons besef dat ons nou in ’n stryd is. Ons trek dele van ’n harnas aan, hier vir hierdie soldate, waarmee hulle sal moet veg, in die ure wat in die lewe oor is. En ek bid, Here, dat U ryklik elke deel sal plaas waar dit hoort, waar hulle beskut kan wees teen die—die vyand wanneer hy ook al teen hulle kom. Skenk dit, Here. Ons bid in Jesus Christus se Naam. Amen.30 Nou, ek’s redelik stadig met—met praat, omdat ek—ek nie ’n opgeleide prediker is nie. Ek weet daar is mense hier wat slim is, intelligent, intellektueel, en dit ter syde gestel het, om nou oor te kom en om hulleself af te breek, in nederigheid. Die grote Paulus, die apostel, ek dink aan sy woorde toe hy gesê het dat: “Ek het nie na julle gekom met die verleidelike woorde van mense nie, want daar sou julle julle geloof daarin gestel het, maar ek kom na julle in die krag van die Gees.” Sien, die groot dinge wat hy geweet het hy gehad het, het hy ter syde gestel. En ek voel vanmôre, soos manne hier, soos Broer Hughy en suster, onderwyser hier van die sendingvelde, en baie van julle mense wat werklik intelligent en slim is; en ek—ek voel baie klein om hier te staan met nie meer geleerdheid as wat ek het nie, voor julle. Maar ek…En om dan te sien dat julle mense, op hierdie wyse, julleself sal—sal verneder teenoor daardie dinge, dit ter syde stel, en gaan sit en luister na ’n persoon wat kwalik hulle ABC’s ken, dit maak groot mense van julle. Dit is nie hy wat sy skouers kan uitstoot, en uitstap en…dis hy wat homself kan verneder.

Page 6: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

6 DIE GESPROKE WOORD

31 Ek dink, karakter, dit word gemeet aan…die man, nie aan die spiere aan sy arm of die eelte in sy hande nie, maar aan die bokknieë in sy broek waar hy gebid het. Ek dink dis wat ’n man maak.32 Nou ek wil vanmôre iets uit die Bybel lees. En ek hou van die Woord. Julle nie ook nie? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Nou het ons die Here aanbid, en ons sal voortgaan om Hom te aanbid. Laat ons nou Hom aanbid as ’n—’n snydende tweesnydende Swaard, waar Dit deur ons beweeg, om uit te vind waar ons staan.33 En—en ek—ek sê Dit, omdat dit een plek is waar ek voel dat ek kan—kan verkondig die dinge wat ek vanmôre wil sê. En dan, natuurlik, Broer Leo en Gene, en hulle, sal—sal op hulle oefen, wanneer ons weggaan, en sal die punte uitlig soos ek hom vanmôre so goedgunstiglik in sy boodskap hoor noem het. Dit, hy begryp dit. Maar jy kan dit nie so sê van die platvorm af of op daardie bande nie, maar, sien, gaan sit net en bestudeer hulle. Bly hulle net bestudeer, oor en oor. Dis moeilik om te verstaan. Soveel mense misverstaan Dit! En het julle geweet, klein—klein kuddetjie, dit is—dit is so onder alle mense? Dit was altyd.34 As hulle ons Here en Verlosser, Jesus Christus, nie kon verstaan nie, (tot Sy apostels, sien) hoe kan ons dan verwag om Dit in hierdie dag te verstaan, julle sien. Hy het gesê, Hy sou dinge sê wat reguit is, weet julle, en Hy sou hulle nie verduidelik nie. Hy sou hulle net sê. Het gesê, byvoorbeeld: “Tensy julle eet van die vlees van die Seun van die mens en van Sy Bloed drink, het julle geen Lewe in julle nie.”35 Wat nou, wat nou as ’n—wat as ’n dokter naby gestaan het, of ’n verpleegster of iets, in daardie gemeente, daardie dag, waarmee Hy gepraat het? Wel, hulle het gesê: “Hierdie man is ’n vampier, sien, wil Sy Bloed laat drink.” Sien, Hy het dit nooit verduidelik nie. Hy het dit net gesê. Maar later, het Paulus gekom en dit verduidelik, hoe dit gebruik van die nagmaal was, weet julle: “eet van Sy Vlees en drink van Sy Bloed.” En so het Hy daardie dinge sommer net gesê.36 En eindelik, ten laaste, die apostels eendag, selfs na die opstanding, het daar een teen Sy skouer geleun, Johannes wat Hy liefgehad het. Hy was ’n jongman. En Hy het gesê: “Wat gaan dit julle aan as hierdie man bly tot Ek kom?” Daar het ’n gesegde onder hulle uitgegaan, dat Johannes nie gaan—gaan sterf voor Jesus teruggekeer het nie. Jesus het dit nie gesê nie. Hy het net, wat Hy gesê het, was: “Wat gaan dit julle aan as hy wel bly?” En dan, natuurlik, jy lees in—in ’n woord, hoedat—dat God dan…Dit is gesê met ’n doel. Hierdie dinge is alles met ’n doel. God het daardie jong Johannes geneem en hom verhef in die Gees, en het Sy koms gesien, reg daar tot in

Page 7: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 7

die—die tydperk wat sou kom. Sien, het gesê: “Wat gaan dit julle aan as hy sou bly?” Hy het hom nie laat bly, fisies nie; maar—maar die Woord wat Hy gespreek het deur hom, dit het ons tot by hierdie tydperk gebring waar ons nou is, sien julle. So, dit werk alles ten goede mee.37 In Romeine, ’n baie bekende hoofstuk, ek wil ’n—’n paar verse hier neem, en omtrent die eerste twee of drie verse, twee verse, dink ek is dit, en lees. En, hierin, Dit probeer verduidelik na die beste van my wete, met die hulp van die Heilige Gees. Romeine, die 12de hoofstuk.

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle julle liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer—dit is julle redelike godsdiens.

38 Ek het gedink dit is so pragtig vir hierdie groep vanmôre, wat julle wel gedoen het. Nou: “En,” en is ’n voegwoord, soos ek verstaan.

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

39 Dis wat ons almal wil doen, is “Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van ons gemoed, om die volmaakte en welgevallige wil van God te doen.” Noudat ons gered is, soos ons is; en dat ons vervul is met die Heilige Gees, soos ons is; nou wil ons hê die gemoed wat in Christus was, moet in ons wees, dat ons verander kan word van die natuurlike dinge van die lewe, en gebring kan word om die volmaakte wil van God te doen, deur transformasie, van God se Gees, deur Sy Woord. Nou my onderwerp is: Die Krag Van Transformasie.40 Ek kan my Bybel hier laat. Nou, dit was altyd, jare gelede, toe ek ’n jongman was soos hierdie manne, hoef ek—ek nie my Skrifte en—en dinge te geskryf het, wanneer ek gestudeer het nie. Maar nou vandat ek oud word, wel, ek dra vir my ’n boekie. En—en as ek iets kry, wel, skryf ek dit neer, moet dit by die Skrif plaas. En het altyd, ek het sommer daardie reeks Skrifte reg in my kop gehad, ek het sommer net daar aangekom.41 Maar, liewe vriende, ek is nie jonk soos julle almal vanmôre nie. Maar ek is oud, en ek is al deur baie harde gevegte, sien; en, deur daardie harde gevegte deur te gaan, bring jou waar jy vanmôre is. Sien? So, ek is seker julle verstaan dit. God het my daardeur gesit, dat my lewe ’n weg kan oopmaak, om te sê: “dit is Dit, sien,” dan ry julle almal oor daardie pad. Maar voor my, was daar iemand wat die weg

Page 8: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

8 DIE GESPROKE WOORD

oopgemaak het vir my om te gaan. Sien? En ons maak die weg oop, vir mekaar. En soos julle sien, soms, ’n ou veteraan wat oud word, en sy littekens oral oor hom, en soos Paulus eenkeer gesê het: “Ek dra in my liggaam die littekens van Jesus Christus.” Sien julle? Hoe het Timóthëus nie na daardie littekens gekyk nie, skat ek, met eerbied, waar hy dit opgedra het aan die jong Timóthëus.42 Nou: “transformering.” Ek het gewerk vir ’n Openbare Werke Maatskappy, waar ons transformators gehad het, en om te transformeer. Nou die woord is, die woord beteken, op sigself, iets soos…Om te transformeer beteken “iets wat verander is, iets wat verander is van een ding in ’n ander.”43 En waar ek wil praat, vir die volgende vyf-en-veertig minute of ’n uur, oor—oor die transformering, wil ek graag hierdie—hierdie teks gebruik. En ek—ek sê dalk dinge, hieroor, wat baie vreemd voorkom. En soos Broer Leo pas gesê het: “Neem Dit en bestudeer Dit net, ’n rukkie.” Sien, dink net Daaraan vir ’n rukkie.44 Om getransformeer te word is om “verander te word en iets anders gemaak te word.”45 Soos ’n—’n paddavissie, dit word getransformeer van ’n paddavissie na ’n padda. Sien, eers, het hy gelyk soos ’n baber, hy swem rond, hy—hy het ’n kop en sy stert, en alles lyk nes ’n—’n baber. Dan, na ’n ruk, begin hy verloor, verloor hy die stert, en hy word—hy word getransformeer van een spesie na ’n ander.46 Ek dink dis wat Paulus in gedagte moes gehad het, toe hy gesê het: “Word verander deur die—deur die vernuwing.” Laat ons sien, laat ek dit reg kry. “En word nie gelykvormig,” julle weet wat gelykvormig is.

…word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed…

47 “Vernuwing van julle gemoed.” Die dinge waaraan julle eens gedink het, kosbaar te wees, stel dit ter syde en word getransformeer tot iets anders; wat jy eenmaal was, tot wat jy nou is. Sien?

…deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef…die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

48 O, dis wat ons almal wil weet, hoe om dit te doen. Sien? Ons is hier, ons het Hom lief; Hy het ons gered, nou wil ons weet wat om te doen. En ons probeer vanmôre ’n treetjie gee, om net ’n klein bietjie hoër te gaan. Somtyds moet ons dinge aanraak wat…Hou julle net vas vir ’n paar…tot ons sien wat dit blyk te wees.

Page 9: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 9

49 Nou in Génesis, die 1ste hoofstuk: “Die Gees van God het oor die waters gesweef.” Ons besef dat die water…En—en die Bybel het gesê: “In die begin destyds,” dat, hierdie: “die wêreld was sonder vorm, en was leeg.” Daar was niks behalwe net ’n duisternis van chaos nie. En—en watter vreeslike toestand moes dit nie in gewees het nie. Niks behalwe maar net ver in die duisternis oorkant in nie, sonder lig of enigiets, en die maling van die water, en daardie swerwende ster het gedraai om en om die wentelbane daar êrens. Dit moes ’n—’n vreeslike massa gewees het van—van—van iets wat verlore is, soos dit was, kon nie sy weg vind nie.50 En dis wat ons word wanneer ons swerwende sterre word, weg van God af, sommer sonder hoop, sonder God; sonder, maal sommer rond, daar in duisternis, sonder om te weet wanneer ons…waarheen ons gaan.51 En God het daardie groot chaos van duisternis geneem, en dit getransformeer na ’n tuin van Eden, sien, deur Sy Woord. Dis hoe ons getransformeer word, deur God se Woord. Toe God gesê het: “Laat daar lig wees,” en daardie massa skepping daar nadergekom het rondom die son, en om die son begin wentel, en ’n tuin van Eden geword het omdat dit die Woord van God gehoorsaam het. Dit het die volmaakte wil van God gedoen, want dit is getransformeer van chaos, na ’n tuin van Eden, deur die Woord van God.52 Nou dis waarvoor ons hier is. Dis my Boodskap, was nog altyd gewees, is die Woord van God. Ons moet Daaraan vashou ongeag watter ander dinge plaasvind. Bly altyd by daardie Woord. Gaan altyd jou motiewe en doelwitte na, of dit ooreenkomstig die Woord van God is. As dit nie is nie, los dit uit. Sien? Maar as dit met die Woord van God is, en in lyn is met die Woord van God, dan, dit, bly jy daarby.53 Nou God somtyds…Net soos julle groepie hier vanmôre. Hy laat dit nie sommer oornag gebeur nie, Hy laat, God…Ons is die een wat haastig raak. God is nooit haastig nie. Hy sê dit net, en—en dit gaan wees. Want, wanneer Hy iets sê, moet dit wees. Dit gaan net wees! Hy, Hy laat dit sy tyd neem. Hy laat…54 Die Hebreeuse kinders, daardie beroemde karakters van die Skrif, wat gestaan het daarop dat God se Woord waar is, hulle het gesê: “Ons God is in staat om ons te verlos uit hierdie vuuroond. Nogtans, sien, sal ons nie buig voor die beeld nie, omdat dit teen die Woord is, sien. Alhoewel, as Hy ons doodmaak, sal Hy ons weer opwek, sien julle.” Sien, en hulle…Hy het hulle laat loop reg tot op die rand van hierdie groot oond, en daarin laat val, voor dit gelyk het asof Hy selfs enige aandag gee, asof Hy hulle nie eens dopgehou het nie. Maar Hy hou altyd dop, nogtans. Hy is altyd op die uitkyk hiervoor.

Page 10: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

10 DIE GESPROKE WOORD

55 Nou God het gesê: “Laat daar lig wees.” En sesduisend jaar het dit hierdie Eden geneem om tot stand te kom, en ons word geleer in die Skrif: “Want een dag op die aarde is…of—of—of is soos ’n duisend jaar, by God; ’n duisend jaar op die aarde, is een dag by God.” So dit het sesduisend jaar geneem om hierdie aarde te maak, en om dit tot ’n Eden te bring. Maar, sien julle, dit was God die groot Meester van alle intelligensie, en Hy—Hy het in Sy gemoed gehad wat Hy wou doen.56 Net soos toe die man wat hierdie sleepwa gebou het, toe die man wat…Toe julle broers hier wat hierdie park ontwerp het, hoe julle dit sou maak, was dit in julle kop, julle het daardie visie bly uitwerk.57 Dis hoe God met die wêreld gemaak het. Hy het gewerk; dit was in sy gemoed. En, as julle oplet, dit het gekom soos deur evolusie, asof Hy al die tyd meer geleer het, iets groter en groter gemaak het. Maar sien, Hy was bo dit alles, en het dit maar laat evolueer daarnatoe, sien julle. Alles het Hy op die aarde begin bring, van botaniese lewe, en vis, ensovoorts; dit het gekom by voëls, en die diere; en toe iets na Sy Eie beeld, ’n mens; en het daar opgehou, sien, want dit was tot by Sy volmaaktheid, van wat Hy wou hê.58 Dis hoe jy begin, soos hierdie woonwa. Jy kon die raamwerk neergelê het, en julle sê: “Wat maak jy?” Soos julle, toe julle almal die eerste rotse weggevat het hier van hierdie hoek af. “Wat maak julle?” Sien, dit het nie gelyk asof dit sou wees soos dit nou is nie. Dit lyk soos ’n klein Eden, omdat dit in julle kop was wat om te doen, en julle het maar net aangehou werk soontoe.59 Nou ons wil getransformeer word, self, deur die vernuwing van ons gemoed. Sien, nie wat ons op hierdie aarde het, waarna ons op hierdie aarde gaan soek nie; maar waartoe ons gaan kom, in die wêreld wat sal kom. Getransformeer deur vernuwing van ons gemoed!60 Nou, sesduisend jaar, het God geneem om dit te maak, en ons sien in Génesis 1. En nou sien ons dat, hiermee het God ’n—’n doelwit gehad wat Hy wou laat gebeur.61 En soveel mense, by die onderrig van Génesis, hier in die 1ste hoofstuk en die 2de hoofstuk, en die 3de hoofstuk veral: “Dit lyk asof God Homself herhaal. O, Hy sê, Hy het voortgegaan, en al hierdie dinge gesê wat Hy het. O, hoe Hy… ‘Laat daar lig wees, en laat daar dit wees, en laat daar voortkom’ en daar was nog nie eens een ding nie.” Was niks nie. Daar was nie ’n lig nie. Daardie—daardie ou wêreld het steeds daar in daardie duisternis gedryf, oordek met water. Maar sien, Hy het Sy Woord al gespreek, en dan dis toe dat Hy gespreek het.

Page 11: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 11

62 Nou ons let op hier in Génesis 1, Hy het gesê: “En Hy het die mens na Sy Eie beeld geskape, na Sy Eie gelykenis, na die beeld van God maak Hy (het Hy) hom gemaak, man en vrou.” Sien, Hy was die mens aan die maak, Hy het net die Woord gespreek. Dan vind ons uit, na Sy baie dae verby is, miskien honderde en honderde jare, was daar steeds geen mens om die grond te bewerk nie. Niemand om die grond te bewerk nie, so toe het God die mens geformeer uit die stof van die aarde. Sien, Hy het die Woord al gespreek, en toe moes die Woord plaasvind.63 Nou, toe Hy gesê het: “Laat daar lig wees,” miskien was daar honderde jare, miskien agthonderd jaar, voor daar ooit ’n lig was, maar dit het gebeur omdat God so gesê het.64 En God gaan ’n Kerk hê, ek gee nie om hoeveel donkereeue ons deurgaan nie, en wat nog nie. Hy gaan ’n Kerk hê sonder smet en kreukel, of ons deel daarvan is of nie, omdat Hy alreeds gesê het dit gaan gebeur. Dit gaan daar wees.65 En—en Hy het beveel, om—om dit te transformeer na plantlewe, en elke lewe wat Hy na vore gebring het. Hy het hierdie woorde gesê, soos: “Laat daar ’n palmboom wees. En laat daar ’n akkerboom wees. Laat daar ’n den wees.”66 Kyk daar in die woestyn, waar ons woon hieronder in Tucson. Daar, is daar kaktus, springkaktus, alle soorte kaktusse. Net dertig minute daarvandaan, is Shermanden daar bo-op die berg. Nou, hierdie kaktus sal nie daar bo groei nie, en ook sal daardie Shermanden nie hier onder groei nie. Nou, waar was die Intelligensie wat die saad geplant het? Sien, hulle moes van êrens gekom het. Dit was God se Woord: “Laat daar wees,” en dit was.67 Nou vind ons uit, al hierdie (nadat Hy dit gemaak het, dit getransformeer het na sy soort en sy lewe, en—en dit is alles ingesit deur die Woord van God, die Skepper), dit alles, vind ons uit, dat dit alles tot ’n toppunt gekom het in ’n hoofkwartier, genaamd die tuin van Eden; en God het Sy seun, en Sy seun se bruid, oor dit alles gestel. Sien? Hierdie groot skepping, sien, Hy het ’n rede daarvoor gehad. Hy het alles so mooi gemaak! Hy het die blomme gemaak en die lewe, en die voëls; en daar was geen dood, geen sonde, geen smart, geen siekte nie. En dan het hierdie hele groot ding uitgeloop in een groot hoofkwartier, wat die tuin van Eden was.68 En daar het Hy Sy seun, Adam, gestel en Adam se bruid, vrou. Nou julle sou kon sê: “Dit was sy vrou.” Potensieel was dit sy vrou, maar hy het nooit…was nooit werklik al sy vrou gewees nie.69 Soos in die Skrif, vind ons uit, waar Dit sê: “Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.”

Page 12: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

12 DIE GESPROKE WOORD

Sien? Nou dit was sy vrou toe hy die belofte gemaak het om met haar te trou, of om haar te hê; maar tog was dit nie sy vrou nie, nog nie, omdat hy haar nooit as ’n vrou geken het nie.70 So dis hoe dit hier was, waarom ek gesê het: “God se seun en sy bruid.” Adam het nooit sy vrou as ’n vrou geken nie, maar tog was dit sy vrou, potensieel. Net soos die Kerk nou, en Christus.71 Nou, toe, kon alles rus, omdat al God se goeie Woordsade wat Hy gespreek het, van hulle soort voortgebring het. Die aarde het aangekom, daar was lig. Daar was sonskyn wanneer Hy die son laat skyn het. Nou waarom het Hy die son laat skyn? Hy het in Sy gedagte gehad, sien, dat, as die son nie skyn nie, sal die blom nie groei, wat Hy in ontstaan gespreek het nie. Hy laat alles aan sy doel beantwoord, wat dit ook al is. Soos ’n boom, dit dra ’n sekere akker, of dit dra ’n appel. Hy maak die vrugte van die tuin, ensovoorts. Dis alles vir Sy doel. En alles het gebeur, en Hy het dit gespreek. Nou al wat Hy moes doen, nadat dit gesproke is, Hy…gespreek is, liewer. Hy kon gaan rus, omdat Hy dit gespreek het, en dit alles moes vervul word omdat Hy dit al gespreek het. Ek weet nie hoeveel dit moes deurgaan voor dit vervul word, hoeveel uitskotte en wat ook al nie. Maar dit moes vervul word, omdat Hy gesê het dit sou vervul word. Hy het dit al gespreek.72 Dit is dieselfde ding oor ’n Kerk te hê in die laaste dae. Hy gaan ’n Bruid hê. “Hy is in staat om uit hierdie klippe kinders van Abraham op te wek.” As ons Hom nie volg nie, sal Hy altyd iemand anders kry wat Hom sal volg. Sien? Hy gaan Dit hê, omdat Hy dit alreeds gespreek het. Wat Hy ook al sê, so moet dit wees. Dit kan nie verander nie. Dit moet so na vore kom, want Hy het gesê dit sou.73 En die hele groot ding wat Hy geweet het tot stand sou kom, nadat Hy—Hy dit gespreek het, kon Hy ’n bietjie rus. Alles onder beheer! Sy saad was Sy Woord, en Sy Woord is ’n saad. Jesus het gesê dit is. En alles sou in orde wees, omdat Hy gesê het dit moet voortbring van sy soort, transformeer slegs na sy soort. Sien, Sy Woord moes van Sy soort wees. As Hy gesê het ’n “palmboom,” het Hy nie bedoel palm en eik vermeng nie. Hy het bedoel ’n palmboom hier, en ’n eikeboom hier, alles posisioneel op sy plek.74 O, as ons maar net dit kon leer, dat watter deel van die Woord ons is, ons moet ons plek inneem, maak nie saak wat dit is nie.75 Ek dink aan ’n sustertjie hier in die rystoel, somtyds, hoeveel getroue gebede al daaroor gemaak is. Dan verstaan ons nie, so ons laat dit net aan God oor. En met…Sy is ’n blom hier tussen julle, met haar aangenaamheid en alles. Sien, dat ons kan opstaan en rondgaan, hoe sal sy nie verlang om dit te

Page 13: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 13

doen nie, maar tog is sy aangenaam net soos sy sit. Ek word altyd geïnspireer om na die dametjie te kyk, sien, omdat sy…Ons glo almal in genesing. Ons het God wonderwerke sien doen ver bokant dit, sien. En sy weet dit ook, sien, maar sy’s gewillig om haar plek in te neem.76 Sien, wat dit ook al is, dis wat ons wil hê. En ek meen dit was Dawid, het gesê: “Ek sou liewer ’n deurmat by die huis van die Here wou wees, as om in die tente van die goddelose te woon.” Sien julle, maak nie saak wat dit is nie: “neem my plek in.”77 Somtyds moet jy skei van alles wat dierbaar is op aarde, vir jou, om jou posisie in te neem waarheen God jou geroep het. Ek is seker julle kan tussen die lyne lees, wat ek sê. Sien? Soms die dierbaarste persoon op aarde, jy moet hulle handgee; net maar jou posisie in Christus inneem, waarheen God jou geroep het. Sien? Maar wat doen God? Transformeer jou van wat jy was. Miskien ’n dogter of ’n seun, wat dit ook is, van ’n lieflike familie soms, Hy plaas jou êrens anders. Want, dis Sy manier om dit te doen, sien, deur die vernuwing van jou gemoed, om die Woord van God te gehoorsaam, ongeag van wat die prys is. Sien? Hierdie dinge kom nie…Dit het nie geroep…78 Ons verlossing was nie ’n goedkoop ding nie, dit was die Seun van God wat vir ons moes sterf. Sien? Dit is nie…Dinge van waarde kom teen ’n groot prys.79 Om hierdie Boodskap te bring, dit was nie maklik nie. Sien? Nee, dit is nie. Ek moes alles versaak wat dierbaar was vir my, selfs my eie mense, almal. Maar julle sien die waarde daarvan is, sien julle, is om die wil van God te doen. En om dit te doen, wat met die wete dat daar iets in my is, toe hulle gesê het…Wel, hulle wou my laat wegsit; het gedink ek het my verstand verloor. “Doop in die Naam van Jesus Christus, teenstrydig met die kerk. En al hierdie dinge!” Hulle het gesê: “Hy is mal.” Maar, sien julle, maak nie saak wat hulle gesê het nie, daar is iets wat gedoen moet word. En God neem sommer ’n persoon, stop hom in Sy hand, en sê: “Doen dit,” en jy doen dit.80 Wat ’n prys moes dit gewees het vir Paulus; onderrig onder Gamaliël, die grootste leermeester van die dag. En om te kom, en die einste ding wat hy as kettery beskou het, die dinge wat hy gedink het die ergste dinge was wat met die kerk kon gebeur, draai hy reguit om en word ’n deelgenoot Daarvan. ’n Vreemde ding! “En hoe God werk op wonderbaarlike maniere, op vreemde, snaakse maniere, Sy wonderwerke te doen.”81 Toe God dit gespreek het, het Hy geweet Sy Woord was ’n saad; en dit kon, dit sou van sy soort voortbring. Nou, dit is beveel om net van sy soort voort te bring, en dit sal altyd so maak, as die mens nie daarmee lol nie.

Page 14: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

14 DIE GESPROKE WOORD

82 En so sou God se Kerk en alles, voortgebring het van die soort wat dit eers was, as teoloë nie met daardie Woord gelol het nie, probeer het om Dit êrens anders te plaas, of iets anders nie. God het Dit gespreek. En maak nie saak hoeveel hulle kan nie, hulle probeer Dit besoedel en lol Daarmee, ensovoorts, Dit gaan van Sy soort voortbring. Daar is niks wat Dit kan keer nie.83 Ek hoop ek klink nie asof ek op julle skree nie. [Broer Branham verstel ’n mikrofoon—Red.] Is dit te hard? [Gemeente sê: “Nee.”]84 En, sien, nou vind ons alles in orde. God het dit gespreek, en Hy het gesê: “Laat daar wees, laat daar wees. En laat daar ’n Eden wees. Laat daar pragtige blomme wees. Laat daar My seun wees, na My Eie beeld, wat daar in die tuin van Eden staan, en laat sy bruid aan sy sy staan.” O, hoe pragtig, wat dit was. En die Vader, Hy was ’n Vader, sien julle, so daar het Sy Eie kinders na vore gekom. En Hy het vir hulle ’n paradys gemaak. God hou daarvan om dinge vir Sy kinders te doen.85 Onthou julle nie hoe nie, julle moeders, en hoe maak nie saak hoe nie; al moes jy die tafel beperk, as Junior ’n goeie paar skoene nodig het waarvan hy gehou het, sou jy—jy dit doen, sien. Wat dit ook al was, om iets vir jou kinders te doen! Pa, hoe sou jy nie ’n bietjie harder werk om iets vir die kinders te kry nie. Sien?86 Wel, dit wys maar net dat ons hier ver benede, ’n ouer is. Hy is die uiterste Ouer, sien, en hoeveel meer! Geen wonder die apostel het gesê nie: “Die oog het nie gesien, of die oor nie gehoor nie, nóg het dit in die hart van die mens opgekom, wat God vir hulle voorberei het, wat Hom liefhet.” Ons kan net nie in ons denke begryp nie, ons, ons gemoed is nie in staat om in die regte—regte rigting te dink wat God voorberei het, in ons wat Hom liefhet nie. Sien, ons, ek kan my voorstel wat dit sal wees, ek kan dink wat dit sal wees, maar ek—ek…my verstand is nie—nie—nie in staat om te dink hoe groot dit is nie. Dis daarbo verhewe. Sou julle julle kon voorstel wat die Hemel sal wees wanneer ons almal daar sal wees, en jonk, en geen sonde nie? En geen…O, watter pragtige plek! Maar, sien, dis daarbo verhewe. Sien, ons, “dit kan nie eens in die hart van die mens opkom, wat God vir hulle het, voorberei het nie.” Hy het dit gespreek, en dit gaan so wees.87 Nou na al hierdie pragtige uitleg wat Hy daar gehad het, van Sy…Ek bedoel dit nie om dit met daardie woord te sê nie, uitleg, maar soort van soos die…Noem die moeder nie, voor die kind wat kom, noem hulle dit nie ’n uitset nie? Hulle maak die…al die sokkietjies en alles gereed, weet julle, net vir die aankoms van hierdie deeltjie liefde wat God stuur, om dit te kry.

Page 15: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 15

88 Dis wat God gedoen het vir Adam en Eva. Hy het hierdie tuin van Eden geskep. Hy het dit gespreek, dit was in Sy gemoed; en wanneer Hy dit sê, dan moet dit gebeur.89 Hou dit nou in gedagte. Wat Hy sê, dit moet gebeur! Sien, Hy kan nie…Niks kan—kan dit verhinder nie, niks kan verhoed dat dit gebeur nie. Daar is niks wat kan verhoed dat dit gebeur nie. God het so gesê, dit besleg dit! God het dit gesê, dit gaan gebeur.90 Nou Hy het dit alles in gedagte gehad, en Hy het gesê: “Laat daar wees.” Nou, dis Génesis 1, sien: “Laat daar dit wees. Laat daar dat wees. Laat daar wees.” Hy het saad gesaai. “Laat dit hier wees. Laat dit hier wees. Laat dit hier wees.” En Hy het geweet dit gaan so wees, omdat dit nie kan verander nie.91 Nou dit gee ons dan geloof. En wat Hy Hier gesê het, dit gaan wees. So laat ons daardie Saad in ons harte laat val, dat ons die beddings Daarvan kan wees, sien, in ons harte in. En laat ons hierdie plek volstaan waarin Hy ons geplaas het, in die laaste dae. Sien: “Laat die Saad in ons harte val, Here. Laat U Woord in my hart val.” Laat daar geen ongeloof wees nie!92 Soos Abraham, toe hy ’n ou man was, het gelyk na onmoontlik. “Hoe gaan hulle dit doen? Hoe gaan hy so wees?” Hy het dit nooit in ag geneem nie. Hy het bloot die Woord van God ontvang, en voortgegaan om dit te glo, en God het dit laat gebeur. Nou, God het al hierdie dinge gesê, so hy het geweet dit sou wees. En dit was, Hy het voortgebring na sy soort.93 Noudat Hy dan getransformeer het, al die saad na die lewende skepsel en skepping wat dit veronderstel was om te wees, het dit uitgekom net soos Hy gesê het dit sou. Hy het gesê: “Laat dit wees.” Miskien het honderde en honderde jare verbygegaan, maar hier kry ons dit ’n pragtige Eden, en die groot voëls aan die vlieg. Daardie voëls hoef nie dood te gegaan het nie. En die wolf en die lam het saamgewei, en die leeu, die luiperd en os. En daar was geen doodmaak, geen dood, geen smart nie. En daar was Adam en Eva, het geloop in die tuin van Eden. Elke saad het voortgebring, dit kon nooit iets anders doen nie. Dit kon nooit iets anders doen nie, omdat God gesê het: “Laat dit so wees.” Dit moes so wees.94 O, hoe graag wil ek hier net ’n minuut stilstaan, om te sê, sien, dit is daarheen waar ons gerig is, nog steeds, die afhandeling van daardie Woord.95 Nou God het gesê: “Laat daar wees.” En hier kom dit na vore, eers, volmaak, net presies. Nou, hierdie boom kan net daardie boom voortbring. Hierdie boom kan net hierdie boom voortbring. En Adam, ’n seun van God, kan net ’n seun van God voortbring. Sien, begryp julle wat ek bedoel? Dis elke ding na sy soort, en so kon God sê: “Wel, Ek sal nou sommer rus.”

Page 16: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

16 DIE GESPROKE WOORD

96 En het julle opgelet, dit was weinig woorde wat God ooit gespreek het, in werklikheid, van daardie tyd af aan? Hy het dit opgedra, na die val, aan Sy profete en hulle bring nou die Woord na vore, sien julle. God het gerus, Hy het nie nog meer gehad om te doen nie. Hulle gaan net na Sy hoofkwartier en klop aan die deur, sê: “Vader, wat is dit?” En Hy stuur die Woord af deur hulle. Sien, Hy het ’n stelsel, en die manier om daardie dinge te doen.97 “Laat dit net wees…” En dit is hoe dit was, alles, bring van sy saad voort van sy soort. Nou toe alles so mooi gelyk het, en alles gebeur net volgens wat God gesê het, nou hier kom daardie sluwe, vuil bedrieër.98 Nou dis waarteen ek julle almal hier probeer waarsku. Wanneer jy sien God se Saad begin houvas kry, groei, wees op die uitkyk vir daardie kêrel wat inkom net so glad as hy kan wees, haal Skrif aan net vir wie dit nie sou hê nie, sien. Hou hom dop, want hy is ’n bedrieër.99 Ek gaan dit noem, in plaas van ’n—’n konformeerder, gelykvormig gemaak, is hy ’n deformeerder, deformeer die dinge wat gekonformeer is. Hy is ’n deformeerder, en, hy, ’n deformeerder, of ’n verdraaier, of ’n verderwer van die oorspronklike Saad en die oorspronklike program.100 Nou julle sien hier, soos hier in julle groep vanmôre, julle het ’n program, julle het ’n visie. Let nou op na daardie verderwer, o, hy sal slu en glad wees soos hy maar kan, sien julle. Maar hou jou visie, kêrel. Sien, bly daaraan vashou.101 Nou ons vind ook uit dat toe hy ingekom het, het hy daardie saad gedeformeer. En hy het daardie saad verderf deur in die bedding in te kom, wat Eva was, en daardie saad te verderf, met ’n verderflike saad, voor dit daar kon kom, om daardie pragtige tuin van Eden te verderf.102 Waar—waar, die Hemel, die enigste ding wat dit is, is net die restorasie. Waar ons nou is, is ons op ons pad terug na daardie oorspronklike begin van die skepping van God, weer terug na die tuin van Eden toe; man en vrou, sonder—sonder enige—enige sonde of enigiets, om Ewig te lewe. Maar die—die tran-…die…103 Nou, nou Hy wil hê ons moet ons gemoedere transformeer, deur die vernuwing; of getransformeerd, getransformeer word deur die vernuwing van ons—ons gemoedere.104 Nou Satan kom in en plaas ’n deformering in die Woord, laat Dit iets sê wat Dit nie sê nie. Nou dis wat hy aan die begin gedoen het. En nou let op, dit gaan vreeslik vreemd klink vanmôre, vir—vir mense, as ek nie te veel gedagtes hier plaas voor ek by my gewone gedagtes kom wat ek aan julle wou—wou oordra nie. Hieroor, dat, die deformeerder het

Page 17: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 17

ingekom; en waar God sesduisend jaar geneem het met die oorspronklike Woord, om voort te bring elke woord van sy soort, en alles wat Hy gemaak het sou wees God se Eie Woord wat van sy soort voortbring, en nou het die deformeerder sesduisend jaar geneem, en om daardie Woord van God te deformeer. En wat het hy gedoen? Hy het homself gebring na ’n nuwe tipe Eden, Satan se Eden. Dis waar ons vandag woon.105 Hoe het hy dit gedoen? Hoe kon dit gebeur? Nou die treffende deel is hoe hy dit gedoen het. En dis waar ons moet, waarvoor ek hier is, om dit voor julle uit te lê, sodat julle dit nou kan bestudeer, en saam met die broers hier, ensovoorts, in die komende weke, dat julle kan sien hoe Satan dit gedoen het. En let op hoe geslepe hy is, en hoe slu hy is.106 Nou, hy het hierdie sade gedeformeer. Nou, hy kon hulle nie vernietig nie, hy het hulle net gedeformeer. Nou ons besef dat sonde regverdigheid is wat verdraai is. Dis net ’n leuen is ’n waarheid wanvoorgestel. Sien, enigiets. ’n Owerspel is die regte daad, wat God beskik het, net op die verkeerde manier geneem. Sien, enigiets. En dood is ’n verdraaïng van lewe. Dood neem slegs, sien, deformeer lewe.107 Nou hy het sesduisend jaar gehad om dit met sy gifspuit te doen. En hoe het hy dit gedoen? Nou dit is die treffende deel. En luister nou mooi. Hy het dit gedoen deur beskawing. Nou dit klink snaaks, maar dis wat dit is. Ek gaan hier ’n stelling maak wat julle aan die raai sal hou, miskien, vir ’n paar minute; ek hoop nie so nie. Maar het julle dit besef? Nou ek probeer nie onkunde voorstaan nie. Maar het julle geweet dat beskawing, wetenskap, geleerdheid, en die dinge wat ons vandag so grootliks koester, is die einste instrument van Satan, selfs beskawing? Beskawing het nooit deur God gekom nie. Beskawing het deur Satan gekom. Nou ek sal dit vir julle bewys deur die Woord, binne net ’n paar oomblikke.108 Beskawing is nie van God nie. Want, laat ek julle wys; in hierdie beskawing, hoe beskaafder ons raak soos ons deur wetenskap werk, maak ons altyd onsself dood. Sien? En hierdie beskawing het nou opgebou na sy toppunt toe, en ons het die dood in hierdie beskawing. Ons het sonde in hierdie beskawing. Ons het siekte in hierdie beskawing. Dit kan nie van God wees nie.109 So, God, in die Mil-…Sy groot, Eie groot Koninkryk wat sal kom, sal ons ’n beskawing hê, maar dit sal nie enigsins soos hierdie wees nie. Dit sal nie deur wetenskap wees nie. Dit sal ’n geloofbeskawing wees, deur die Woord. Sien?110 Hierdie wetenskaplike beskawing wat ons het, is presies Satan se strik, en dis waarmee hy die mense doodgemaak het. Dis waarmee hy ons doodmaak, elke dag. Dis hoe, soos ons eet, elke dag; in stede van te lewe, sterf ons. Hulle het alles

Page 18: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

18 DIE GESPROKE WOORD

so verdraai, tot selfs neem net soveel hiervan en meng dit met hierdie, en baster dit en dat, dat, tot dit aan die doodgaan is. Dis ’n sterwende ras. En maak nie saak wat jy probeer doen nie, jy sterf.111 Julle het daardie film gesien gisteraand, van daardie Afrikane. Weet julle waarom? Hulle het nooit penisillien gehad nie. Daardie mense lewe langer as ons. Hulle weet nie eens hulle…Kieme pla hulle nie. Sien, wel, ’n kiem sal sy hand opgooi en oorgee op hulle. Sien? Want hy, sien, hy doen nie, hy…Hulle doen dit nie. Waarom? Hulle is nie almal…Sien, ons sal, wetenskap vat om dit te ontrafel, soos ’n penisillien of iets wat hulle in ons sal sit, om—om hierdie siekte uit te haal, en dit breek iets anders af, en maak ’n bedding vir iets anders. Sien? Nou, hy doen dit nie. Sien?112 Nou enige, menige van julle mense kom van plase af. Enigeen weet dat ’n goeie gesonde plant nooit bespuit hoef te word nie. Dit—dit het ’n afweermiddel op hom, vir lewe, en ’n kiem sal nie eens daarop kom nie, op ’n werklike—op ’n werklik gesonde plant nie. Dis hierdie kweekhuisplant, dis hierdie basterplant wat jy moet oppiep!113 Byvoorbeeld, sommige van julle kêrels hier is hier uit die Weste. Kyk terug na die tyd van die ou langhoringkoei. Vandag sê julle julle het ’n beter beesvleis van jou—van jou Hereford. Het jy? Jy het nie. Daardie ou langhoringkoei, kom nou nie vir die ou meisie op nie, maar sy kon, sy kon hier oorwinter soos ’n takbok. O, sy was maer en alles, maar sy was tweemaal…114 Hierdie Hereford, jy sit hooi onder hom, wanneer jy sy foto neem, tot teen sy pens, byna, om sy vleis aan die blad te wys. En wat is dit? Laat jy hom daarbuite los, sal hy doodgaan. Hy sou nie kon oorwinter as hy moes nie. Jy moet hom voer, en wat nog, om vir hom te sorg, hom oppiep. Hy’s ’n baster. Sien? Maar ’n werklik, egte, ou langhoring, laat hom maar los.115 Dis vandag so met ons Christene. Ons het soveel wat ons moet lek, om hulle te soebat, hulle plaas, hulle ’n diaken in die kerk maak, hom op die skouer klop, en hom een of ander groot posisie in die kerk maak. Of, as jy dit nie doen nie, wel, hy, hy sal nie—hy sal nie inkom nie, as jy nie hierdie een dit laat doen, en hierdie een dat laat doen nie. Dis oppiep.116 Kan julle julle voorstel dat opregte Christene dit is? Hulle was gehard. Hulle was fors. Sou julle julle kon voorstel Paulus is daardie tipe Christen, sou julle julle kon voorstel Petrus: “Siende nou—nou, as julle my nie algemene opsigter maak nie, wel, ek weet nie, ek mag dalk by So-en-so gaan aansluit”? Hulle was stoere manne. Hulle was manne van geloof. Hulle het met God gelewe. Hulle het met God gewandel. Hulle was manne van weinig woorde. Hulle het God gedien, dag en nag, voortdurend. Jy hoef hulle nie te bespuit het nie en hulle op

Page 19: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 19

te gepiep het nie, en hulle dit, dat, of die ander aan te gebied het nie. Hulle was manne, gehard! Hulle was egte sade, nie gebaster in denominasies nie.117 “Selfs as die Metodiste my nie reg behandel nie, sal ek na die Baptiste gaan. Behandel die Baptiste my nie reg nie, sal ek na die Pinksters gaan. As hulle my nie reg behandel nie, sal ek teruggaan na die Katolieke toe, of wat ook al.” Sien, hulle, dis ’n baster, moet hulle bespuit hou: “Ja, Doktor Eerwaarde Broer So-en-so.” Dit is nie die Christenskap nie.118 Christenskap vra—vra geen titels nie, dit vra geen gunste nie. Dit ken slegs God. Dis oorspronklike saad. Dit het God lief, en het mekaar lief. Daar is geen bespuiting van hulle nie, en hulle oppiep, en hulle op die skouer klop, en sê: “Ja, wel, hierdie suster, wel, ek dink dis in orde vir haar om kort hare te hê, en hierdie een nie.” En—en daar is nie sulke goed soos hierdie nie, en laat hulle wegkom hiermee. Dis—dis gehard, dis die Evangelie! Lê dit daar uit, laat dit val waar dit wil. Christene hou daarvan.

Sal Hy vir my ten Hemele dan ’n Weg van rose baan,

Wyl ander om die prys te wenDeur bloed en trane gaan?

119 Moet ek op die skouer geklop word, en dit, dat, en die ander, en opgepiep word? Ek verwag my plek daar anderkant tussen die gehardes te wees. Ek verwag nie om daar te kom met glad geen trofee-letsels nie.

As ek moet veg, om te regeer, verhoog my moed dan, Heer!

120 Sien, laat ek staan soos ’n Christen. Nie om ’n—’n basterplant te wees nie. Moet opgepiep en bederf word, en tot iets gebring word. Jy word in elk geval nie daarin ingebring, Christenskap nie, jy word daarin gebore. Jy word ’n nuwe skepsel, jy’s ’n saad van God, wat in die aarde kom.121 Nou, nou ons vind uit dat hy hierdie gifstof gespuit het, en daardie spuitstof was die spuitstof van moderne insig, geleerdheid, wetenskap, en beskawing, die einste dinge wat ons soveel op prys stel. Het julle ooit stilgestaan om te dink dat ons groot vyand, vandag in die natuurlike lewe onder die nasies, kommunisme is? Wat is die god van kommunisme? Beskawing, en geleerdheid, wetenskap. Dis reg, is dit nie? Dis waarvan hulle lewe en op floreer, is wetenskap, wetenskaplik, wetenskappe, ’n god van wetenskap. Nou as julle net sou…en met die giftige spuitstof van hierdie moderne beskawing, wetenskap en geleerdheid.122 Nou laat ek vir julle bewys dat geleerdheid en beskawing van die Duiwel kom. Nou laat ons hier terugblaai en kyk, as

Page 20: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

20 DIE GESPROKE WOORD

julle wil, in Génesis, die 4de hoofstuk. Goed, nou laat ons begin met die 16de vers van Génesis 4. Veertien hier of…Génesis 4, verskoon my. Nou let op Satan.123 Julle mense wat hierdie bande volg, met ons—ons broer hier, nou julle het my hoor preek oor die Slang se Saad, en dit kan nie betwis word nie. Dit is oopgemaak in een van daardie Sewe Seëls. Dit was verborge.124 Nou as kinders vandag grootgeword het onder daardie soort, sien, onder daardie soort onderrigting, dis wat hulle ouers was, het hulle die aard van hulle ouers, hulle denominasies, ensovoorts, hulle moet dit glo. Sien, hulle glo dit, want hulle is gebore onder daardie ouer. Maar vandag is ons nie gebore onder daardie ouer nie; ons Ouer is die Woord. En die Woord… “Wel,” sê: “ek is ook gebore onder God.” Vir daardie tydperk. Maar hierdie is die klimakstydperk, dit is die tydperk anderkant daardie denominasies.125 Daar moes na vore kom, moet na vore kom; God het dit so beskik, dat daar na vore moet kom, daardie Sewe Seëls moet geopen word. Dit is veronderstel om in hierdie Laodicése tydperk gedoen te word. En ek dink, sonder enige sweem van twyfel…Nie dat ons spog nie; ons het niks om mee te spog nie, net oor Jesus Christus; nie een van ons nie. Ons spog net oor Jesus Christus. Maar ons is dankbaar met die…vir die voorreg om te weet deur enige…bo enige sweem van twyfel, God het ons gekies in hierdie laaste dae, en het dit bewys deur tekens in die Hemele en op die aarde; en elke een van hulle kom reguit terug na die Woord, om te bewys dat dit so is, hierdie tydperk waarin ons lewe, die Boodskap en hoe Dit is. Ons is nie ’n sekte nie. Ons is nie ’n klomp fanatici nie. Ons is diensknegte van God, wat geroep is deur die Heilige Gees. Julle sal allerhande soorte name aan julle gespeld kry, maar dit beteken nie dit is so nie.126 Nou onthou, Satan se seun was Kain. Nou, ek dink julle was almal deur al die bande, wat, ek sien julle biblioteke hier, van hulle. Nou onthou dat Eva swanger geword het deur Satan, en op dieselfde dag…Ons het nou ’n geval daarvan in Tucson, dat ’n vrou, as sy word…lewe sy met twee mans saam, kan sy twee verskillende tipes kinders hê. Ons weet dit. Ek het dit geweet met die teel van honde en dinge, ensovoorts, as dit dadelik is.127 So Satan, daardie oggend miskien, het hierdie bose een ontmoet, wat die slang was; nie ’n reptiel nie, maar ’n dier; subtielste, skelmste, slimste, van al die diere, net onder die mens. En die mens is self dier, en ons is—ons is soogdier, warmbloedige dier.128 En—en Satan was die volgende skakel hier, hierdie slang, was die naaste ding aan ’n mens, van ’n sjimpansee, staan

Page 21: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 21

tussen die mens en—en die sjimpansee. Nou die wetenskap soek na daardie vermiste skakel. En dis so verberg deur hom weg te vat, en selfs nie eens ’n been in hom lyk soos ’n mens nie, sien, maak hom ’n reptiel.129 Nou ons vind nou, dat, hierdie kêrel het Eva in die tuin van Eden gekry, hierdie jongvrou wat geen sonde geken het nie, nie geweet het wat haar naaktheid was nie. En hy het geweet. Hy was slim, subtiel, wys. En hy het vir haar gesê: “Die saad, die—die vrugte is lekker en dit is begeerlik,” en…toe hy met haar saamgelewe het daardie oggend.130 En toe, sien, toe, die namiddag, het sy Adam omgepraat om dieselfde ding te doen, hom gesê wat dit was.131 En toe het Adam doelbewus, wetende dat hy dit nie behoort te doen nie, uitgestap met sy vrou en hierdie daad gedoen. Wat, uiteindelik sou hy in elk geval daarby uitgekom het. Maar, sien, dit moes so wees, die wysheid van God, want dit dan, dit vertoon Sy kenmerk om ’n Verlosser, Vader, Geneser te wees. Julle het my daaroor hoor preek, sien. Nou, as dit nie gedoen gewees het nie…132 Hy het hulle net daar gelaat met vrye morele keuse, op hulle te laat optree. Hy kon hulle dit nie maak doen, en dan steeds regverdig wees nie. Maar Hy kon hulle gelykstel met Hom, en vrye morele keuse, en hulle dit dan self laat doen. En Hy het geweet hulle sou dit doen.133 En so toe, julle sien, toe toe Adam saam met haar geleef het, het sy ’n tweeling voortgebring. En een van hulle was van Satan; en een van hulle was van Adam, wat van God was. Kain en Abel.134 En dit gebeur. Ons het nou ’n geval daar in Tucson. Die—die wit vrou het met haar man saamgelewe een oggend, en daardie namiddag het sy met ’n Neger saamgelewe. En een van die seuntjies…Daar is twee seuntjies gebore. Een van hulle was ’n kroeskop Negertjie, en die ander een is ’n—’n blonde kind, regtig mooi. En—en, dink nou, sy probeer die wit vader vir albei kinders te laat sorg. En hy het gesê: “Ek sal vir my eie sorg, maar nie vir syne nie. Laat die Negerman vir sy eie kind sorg.” So, julle sien, dis waar.135 Daar is altyd tweelinge. En dit is waarom…Moet dit nie vergeet nie, kuddetjie. Die kerk gaan in die laaste dae ’n tweeling wees, “so naby dat dit die Uitverkorenes sal mislei…” Matthéüs 24:24, sien. Die kerk gaan…Dis ’n Pinksterbeweging. Dis soveel soos die werklike ding, dat dit “selfs die Uitverkorenes sou mislei as dit moontlik was.” En ’n bietjie later, as ek die kans kry, wil ek verduidelik wat, hoe daardie uitverkiesing kom. Sien, dit gaan hulle mislei omdat dit byna soos dieselfde ding is. Sien, net twee vaders, dis al; dieselfde moeder, dieselfde kerk, dieselfde beweging, dieselfde

Page 22: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

22 DIE GESPROKE WOORD

ding. Die saadbedding is dieselfde, waar die Woord val; maar een van hulle, soos hier, is verdraaid. Verstaan julle? Sê “amen” as julle wel gesien het. [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Sien, een van hulle is ’n verdraaïng, omdat dit die verkeerde vader is. Wat, sal ek eendag bewys, as God my sal toelaat, daardie denominasie is die teken van die dier. Sien, dis die verkeerde vader, hy besiel mense vir ’n organisasie in plaas van vir die Woord. Sien, dis die verkeerde vader. Dis ’n Kain-beweging.136 Wanneer ek die slag huis toe gaan, preek ek oor die onderwerp: Die Spoor Van Die Slang; die dier aan die begin en die dier teen die einde; en vat sy spoor regdeur die Bybel, en wys hoe hy kop uitsteek. Sien? En julle kry dit almal op die telefoon, sien julle, as die Here ons toelaat om dit te doen. En kyk nou net hoe skelm daardie kêrel is, hoe hy sommer presies net is…Wel, hulle is net soos Judas en Jesus daar, beide broers in hulle stam, net soos Esau en Jakob. En—en soos die—die kraai en die duif, sit op dieselfde slaapplek. En alles is ’n tweeling, in—in hierdie groot stryd waarin ons is.137 Die vyand gebruik misleiding, soos hy met Eva gedoen het: “O, het God gesê? Sekerlik, maar—maar sekerlik…” Sien?138 Sien, probeer dit beredeneer verby wat God oorspronklik gesê het: “Julle sal sterf!”139 Hy het gesê: “Ja, God het Dit gesê, maar sekerlik…” Sien julle daardie spuitstof daaroor? Sien? Maar wat God gesê het, hou God by, Hy het nie enige hulp van Satan nodig nie. Hy hou Daarby. So, moet nooit daardeur mislei word nie. Nou ons let op, dan, dat dit voortgebring het van sy soort. Nou in Génesis hier, vind ons uit, na die spuit van hierdie gifstof van kennis.140 Nou, wetenskap is kennis. En al wat ons hoor is: “Wetenskap, wetenskap, wetenskap, wetenskap.” Die groot vak op skool: Wetenskap! Vandag, ’n beter outomobiel, ’n beter dit, ’n beter tuiste, ’n beter huis, ’n beter dit, ’n beter dat. Wat doen ons? Sterf, die heeltyd. Het ’n motor geskep, ons hou op stap; hou op stap, sal ons omsit in spek. Wel, ons het nie meer manne nie; ons het jellievisse. Dis reg.141 En die vrou, al wat sy doen, gooi die klere, en druk dan [Broer Branham tik iets—Red.] ’n knoppie, daar is dit. Wanneer, jou ma het altyd fontein toe geloop, en water gedra, en hout gekap, en gekook oor ’n ketel êrens, en—en haar klere so reggemaak. En ons is so sag, as hulle dit doen, dit sou ons doodmaak. Maar, ons kan dit nie verhelp nie, dit is die tyd waarin ons lewe.142 Selfs die wetenskap sê nou, dat: “Klein meisietjies kom in die menopouse, jong vroue tussen twintig en vyf-en-twintig jaar oud.” Ek het hulle teëgekom reg in die ry. “En jongmanne gaan deur hulle middeljare, tussen twintig en vyf-en-twintig

Page 23: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 23

jaar oud.” My moeder…My vrou het deurgegaan, omtrent vyf-en-dertig tot veertig. My moeder het deurgegaan, van vyf-en-veertig tot vyftig. Kyk hoe hulle agteruitgaan in hierdie laaste dae. En waarom? Ons werk meer op wetenskap.143 Honderd-en-vyftig jaar gelede, die enigste reis wat ’n mens gehad het was te perd of per voet. En nou gaan hy met ’n straler, byna met ’n gedagte. Sien, wetenskap het dit gedoen, en dis van die Duiwel. Nou sê julle: “Dit reg, Broer Branham?” Ja, meneer.144 Laat ons nou Génesis 4 neem.

Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE,…

145 Kyk nou die eerste ding wat hy gedoen het. (Sê julle my wanneer julle dink ons het genoeg hier, want ek sal hieroor sommer enige plek ophou.) Sien: “Kain het uit die Teenwoordigheid van die Here uitgegaan.” Daar het hy sy fout gemaak. En dit is daar waar jy ’n fout sal maak, en dit is daar waar ek die fout sal maak, die oomblik dat ons uit die Teenwoordigheid van God uitloop.

…gaan Kain…van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.

146 Kyk hoe godsdienstig was dit, het om na “Oostekant” gegaan, Oostekant.

En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar: Daarna bou Henog ’n stad, (sien, beskawing), bou hy ń stad, en noem die stad na die naam van sy seun Henog.

En…Henog is Irad gebore; en Irad was…en Irad was…[Leë kol op band—Red.]

…het vir hom twee vroue geneem: Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede was Silla.

En Ada het Jabal gebaar; hy…die vader van die tentbewoners en die veeboere.

En die naam van sy broer was Jubal. (Skat ek, J-u-b-a-l) Hy was die vader…van almal wat op harpe en orrels speel. (Sien musiek, wetenskap, sien, kom in.)

En Silla,…ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, ’n s-m-i-d wat allerhande koper en ysterinstrumente gemaak het: (Met ander woorde, soort van smee, dit aanmekaarsit) en die suster van Tubal…Tubal-Kain was Naéma.

Page 24: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

24 DIE GESPROKE WOORD

En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem; vroue van Lameg luister na my woord; voorwaar, ek slaan ’n man dood wat my wond en ’n seun wat my kwes.

Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe-…sewentig male, of -en-sewentig maal.

147 Nou let op, sodra hulle uit die Teenwoordigheid van die Here uitgegaan het, het hulle stede begin bou, het hulle instrumente begin maak; hulle het met wetenskap begin, met die maak van brons en yster, en—en musiek gespeel, ensovoorts. Sien? Sien? Nou van waar het dit gekom? Wie het uitgegaan? Kain, die slang se saad. Verstaan julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Kain het weggegaan. En, let op, hy het weggegaan van die Teenwoordigheid van die Here af, en het in die wetenskap begin werk.148 Nou kyk waar werk hy nog steeds, sien: wetenskap, geleerdheid, stede, kultuur. Dis van die Duiwel. Wie het dit begin? Die Duiwel. Van wie is dit vandag? Die Duiwel. Atoombomme en dinge, om ons mee te vernietig. Ons lewe daarin. Ons moet hier lewe. Ons is ’n wese, ons moet hier bly. Maar God se groot beskawing sal niks daarvan daarin hê nie. Sien? En wetenskap neem—neem die natuurlike dinge en verdraai dit om dinge te doen wat dit nie veronderstel was om te doen nie.149 En so maak wetenskaplike godsdiens! Dit neem die Woord van God en maak ’n kerkorganisasie daaruit, in plaas van die dinge te doen wat dit veronderstel is om te doen. Hulle sê: “Die dae van wonderwerke is verby.” Die Bybel het gesê: “Hy is dieselfde gister, vandag, en vir altyd.” “Daar is nie so-iets soos Goddelike genesing nie.”150 “Gaan julle die hele wêreld in, en verkondig die Evangelie aan elke skepsel. Vir hulle wat geglo het sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf; hulle sal in nuwe tale spreek; as hulle slange optel, of dodelike goed drink, sal dit hulle nie skaad nie; as hulle hulle hande op die siekes lê sal hulle gesond word.” Wat? Dan, alle nasies, almal, elke skepsel! “Kyk, Ek is met julle, selfs tot aan die einde van die aarde, einde van die—van die wêreld kosmos, die hele ding, end van die volvoering.” Hy is absoluut daar!151 En nou, sien, hulle vat wetenskap, en sê: “O, wel, solank ons bymekaar kom en by die kerk aansluit, en ons dit word, of ’n goeie eerlike lidmaat. Ons betaal ons…”152 Sien, dis—daar word nie gesê: “O, daar is nie so-iets soos God nie.” Julle het my band gehoor oor die valse christusse in die laaste dae. Sien, nie die vals Jesus nie (Satan het van beter

Page 25: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 25

geweet, sien), maar dis vals christusse. Christus beteken die “gesalfde.” En hulle is werklik gesalf, gesalf met (wat?) die Heilige Gees, om tekens en wonders te doen. En hulle doen dit.153 Maar, sien, wanneer dit nou daar kom, ons is in die laaste tydperk, nie daar terug in die Pinkstertydperk nie. Ons is hier in die laaste tydperk. En die eerste tydperk het begin met die Woord, wat Christus was. En die laaste tydperk moet eindig met die Woord, wat Christus is. En hierdie ander dinge, hierdie kaf ensovoorts, soos ek verduidelik het, is net draers van die Woord, om sy doel te dien totdat Dit tot die volle statuur kom, sien, van wat die oorspronklike graan was.154 Nou die 25ste vers.

En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar en hom Set genoem: Want, het God gesê, sy God het my ’n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgemaak het.

En ook vir Set…En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos genoem het: Toe het die mense die Naam van die HERE begin aanroep.

155 Kyk hoe daardie slang se saad ingegaan het in wetenskap, geleerdheid, stede, en musiek, en groot dinge, en geleerdheid, en wetenskap, ensovoorts.156 Maar die saad van die regverdige, wat dit was…Sien, Eva het nie ’n saad gehad nie. Julle weet dit. Die vrou het nie ’n saad nie, die vroulike nie. Sy het ’n eier, maar nie ’n saad nie. Maar sy…het vir hom beskik, ’n saad, sien, beskik deur God se beskikking, het sy die saad gevat. En die groot Saad, natuurlik, van die vrou, was wat God gegee het. Sien, God het vir haar ’n saad beskik in plek van die een wat Kain doodgeslaan het; wat, die vyand, die dood, die slang se saad het God se saad doodgeslaan, daar in verdraaïng, sien julle. God het beskik, deur die vrou, ’n Saad, wat Christus is, sien, om die oorspronklike saad weer terug te bring. Sien julle dit? En so sien julle die verdraaïng het die dood gebring deur geleerdheid en intelligensie, en wat ons vandag noem, wetenskap en godsdiens, ensovoorts, dit het die dood gebring. Maar sy…het vir hom beskik, ’n saad, en toe het die mens die Naam van die Here begin aanroep, en weer na die Woord begin terugkom. Sien?157 En onthou, volg daardie saad, soos ons die spoor daarvan sal vat oor ’n paar weke, oor hierdie slang. Volg julle dit, dit skakel regdeur die Skrif. Hou dit dop. Daardie twee wingerdstokke groei reg langs mekaar, soos julle in my Boodskap oor “die wingerdstok” gehoor het. Hulle kom reg langs mekaar op, en so na aan mekaar dat dit amper selfs die uitverkorenes sou mislei, indien moontlik, in die laaste dae

Page 26: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

26 DIE GESPROKE WOORD

wanneer dit tot die punt kom. Dit bring ’n graankorrel voort net soos ’n koring, maar dit is nie ’n koring nie, sien, dit is nie. Dis ’n kaf, nog steeds.158 Nou, kyk na hulle beskawing, geleerdheid…Ek dink ek het nog omtrent tien Skrifte, sien julle, daar neergeskryf, maar ek dink om nie daardeur te gaan nie. Maar ons verstaan hierdeur, dat geleerdheid, wetenskap en beskawing, van die Duiwel is. Dis reg. Dit is nie van God nie. Dit is van die Duiwel. Nou, ek sê nie jy moet dit nie hê nie. Nee, sekerlik nie. ’n Bietjie later, kan ek, sal ons dit bewys; dat God…159 Net soos julle klere dra, julle vroue, ons mans. Ons was nie veronderstel om klere te dra, in die begin nie. Maar, sien, siende dat ons in hierdie tydperk lewe wat ons doen, moet ons klere dra, sien. Dis vir ons beskik om dit te doen. Ons moet hulle dra. Maar in die begin, hoef ons nie, sien, omdat ons geen sonde geken het nie. Maar nou moet ons.160 Nou moet ons motors hê. Nou moet ons na plekke toe gaan en besoek, ensovoorts, in motors en wetenskap, ensovoorts, maar dit is nie van God nie. Dit is nie van God nie. Geleerdheid, maar hulle’s…161 God se vorm van geleerdheid, beskawing, wetenskap, is in sy oorspronklike toestand, sien, dit gaan verby dit wat ons doen.162 Nou kyk, hulle vat sekere dinge en sit sekere goed bymekaar, en dit maak ’n chemiese stof wat sal vernietig. Nou los hulle in hulle regte posisie, is hulle in orde; sit hulle bymekaar, is hulle heel verkeerd. Sien? Sien, dit bring die dood.163 En wanneer jy die Woord van God probeer neem en Dit in godsdiens van hierdie wêreld plaas, bring jy dood na jouself. Dit maak die onderdaan dood. Sien wat ek bedoel? Dit maak die persoon dood. Julle sê: “Wel, kyk nou, jy glo in God.” “O, nou, jy hoef nie dit te glo nie. As jy—jy—jy…ons kerk.” Net daar, dis die knal wat die onderdaan doodmaak—doodmaak.164 Jy moet alles eenkant toe skuif, en die Woord alleenlik aanvaar. Bly reg by daardie Woord. Moenie afwyk nie. Wanneer God so gesê het, is dit net wat dit is. Ek gee nie om wat geleerdheid kan bewys nie.165 In die dae van Noag, kon hulle bewys daar was geen water daarbo in die lug nie. Maar God het gesê daar sou daarvan afkom, en dit het gekom. Dis reg.166 Hulle sê vandag: “Daar is geen vuur daarbo, om te val nie.” Maar kyk hoe val dit, eendag. Uh-huh. “Hoe gaan ons dit doen en dat doen?” Kyk hoe doen God dit. Hy sal. Hy het gesê Dit sal dit doen.

Page 27: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 27

167 En daardie Saad sal êrens ’n houvas kry. Glorie aan God! Al waarna Hy soek, vandag, is ’n saadbedding, êrens waar Dit kan inbed.168 Dit sal in iemand begin, en hulle sal Dit verdraai, en Dit bespuit soos hy Eva het. Dit het in Eva begin, vir haar om voort te bed en seuns van God voort te bring, nie seuns van Satan nie. Maar sy was ’n saadbedding, en dit het in die verkeerde plek geval. So sal die Woord val in ’n ongelowige, of ’n twyfelaar, of ’n skeptikus. Dit sal ’n kerklidmaat van hulle maak, maar nooit ’n seun of dogter van God nie. Jy sê vir hulle om hulle hare te laat groei; hulle sal in jou gesig lag. Sê jy vir hulle om dit of dat te doen, of die man om dit te doen, sal hulle in jou gesig lag. Dis nie seuns van God nie. Dis die verkeerde saadbedding, tog hou hulle die Saad. Sien die vals gesalfdes? Hulle is gesalf, ja, met die Heilige Gees, spreek in tale, en doen tekens en wonders; maar dis van Satan.169 Jesus het gesê: “Baie sal na My toe kom in daardie dag, en sê: ‘Here, Here, het ek nie duiwels uitgedryf, en—en groot en magtige werke en wondere verrig in U Naam nie?’” Hy het gesê: “Gaan weg van My af, julle bewerkers van ongeregtigheid.”170 Wat is ongeregtigheid? Dawid het gesê: “As ek ongeregtigheid in my hart bedink, sal God my nie verhoor nie.” Sien?171 Ongeregtigheid is iets wat jy weet jy behoort te doen en jy wil dit nie doen nie. Jy weet van beter, maar jy wil dit nie doen nie. Dis ongeregtigheid, sien. Jy weet hulle behoort by die Woord van God te bly, maar vir die kerk se onthalwe, of iemand anders se onthalwe, of iets anders, sal jy van die Woord van God wegdwaal en doen wat die organisasie sê. “Wel, ek weet nie. My kerk sê ons behoort dit op hierdie wyse te doen, en ek glo dit op hierdie wyse.”172 Sien, en dis reg voor jou dat jy dit nie behoort te doen nie. Dis ongeregtigheid. “Gaan weg van My af, julle bewerkers van ongeregtigheid.”173 Kyk na die groot Paulus, in I Korinthiërs 13, het hy gesê: “Al sou ek die tale van mense en Engele spreek…” Nou wil julle, of wil iemand, daarvan aflei dat dit die bewys van die Heilige Gees is? Paulus het gesê: “Al sou ek die tale van mense en Engele spreek, en die liefde nie hê nie,” soos wat julle almal hier onder julle het nie: “sou ek niks wees nie.” Sien?174 Jy kan in tale spreek, ja, omdat Dit die Woord is. ’n Prediker kan hierdie Woord neem, en uitgaan en Dit verkondig, en daardie Woord spreek, en daardie Woord sal groei. Maar die prediker kan self ’n skynheilige wees. Dis die Woord. Sien? Maar die ware lewende skepsel van God neem die

Page 28: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

28 DIE GESPROKE WOORD

hele doel, die Woord. “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat uitgaan.” En voeg jy iets anders Daarby, het jy ’n verdraaide plant.175 As ek hier begin met ’n koring, en ’n—’n kankerroos daarby sit, en hulle saam sou kruisteel, as dit so gedoen sou kon word deur die stuifmeel, en dit daar sit, het ek ’n kankerroos-koring. Sien? Dit lyk soos ’n koring, en tog is dit ’n kankerroos. Dit is nie egte lewe nie, dit kan homself nie weer reproduseer nie. Sien? Dit sal voortgebring word, maar dit kan homself nie reproduseer nie.176 ’n—’n—’n Donkie kan teel by ’n merrieperd, en sy sal ’n muil voortbring, maar daardie muil kan nie na ’n muil terugteel nie. Dis ’n baster.177 “Laat elke woord voortbring van sy soort.” Sien, dit kan eenkeer teel. En die kerk kan as ’n organisasie kom, eenkeer, maar dit kan homself nie herteel nie; dit bring ’n ander organisasie voort. Luthers kan nie na die Lutherse teel nie; dit het ’n Metodis voortgebring. En ’n Metodis het ’n Pinkster voortgebring. Sien, dit kan nie terug her-teel nie, want dis dood. Dit kan nie ’n herlewing begin nie. Waar het God ooit ’n herlewing in ’n organisasie begin? Kyk deur julle geskiedenis. Hy het nooit nie. Dis die organisasie wat na die herlewing vorm.178 Toe Luther, die man van God, uitgekom het met die boodskap van regverdigmaking, het die Lutherse kerk na hom gekom. Hulle kon nooit voortbou nie.179 Toe het God ’n man gestuur met die naam John Wesley, daar het ’n herlewing daarna gekom. Wat het hulle gedoen? Het georganiseer. Dit kon homself nooit weer her-teel nie. Sien, dis steriel.180 Halleluja! Maar die Woord van God sal vir ewig duur! Dis reg. Dit sal van Sy soort voortbring.181 Hier het ’n Pinkster aangekom; hy kan nie; kyk wat het dit gedoen, georganiseer. Dit kan homself nie her-teel nie. Hulle kan Oral Robertses en wat nog, dwarsoor die land hê, dit kan dit nie doen nie. Dit sal reg terugslaan op daardie ou natuurlike ras van die muil. Dit kan nie! Maak nie saak hoeveel inspuitings dit kry nie, dis steeds; hoeveel geestelike flirtasies dit het, en wat dit ook al het nie…Julle, julle is nou volwassenes, julle weet waarvan ek praat. Maak nie saak hoeveel mans en vroue dit het, en wat ook al nog, en hoeveel sustertjies dit hier opbou, en kerkies en organisasies nie, dit kan nie ’n herlewing voortbring nie. Dis klaar. Dit het gekruis met die wêreld, vanuit die Woord van God, en dit kan homself nie meer reproduseer nie. God sal een of ander iets anders laat opstaan en Sy Woord laat begin voortbeweeg; en as dit organiseer, sal dit ook sterf! Dis reg. Dit kan homself nie reproduseer nie, want dit is ’n baster. Dis korrek.

Page 29: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 29

182 Kyk na jou bastermielie vandag, hulle sê: “Dis die beste mielie.” Dis—dis ’n doodmaker. Dis wat jou doodmaak. Julle lewens is nie gemaak vir…Julle liggame is nie daarvoor gemaak nie. Julle liggame is gemaak vir die oorspronklike graan. Dis waarom julle vaders en moeders, ensovoorts, langer geleef het. Dis waarom hulle sterk was. Mans, sewentig en tagtig jaar oud, was rof en gehard. Sien, hulle het van die natuurlike dinge gelewe. Kyk na hierdie ou bergmense hier, lewe van wild en—en die oorspronklike grane. Sit ’n man hier, in die stad; hier word hy, ’n groot papperd, teen omtrent vyf-en-dertig, veertig jaar oud. Sag? Sekerlik! Wel, ek dwaal van die onderwerp af, dan nie?183 Let op, maar ek probeer dit aan julle oorbring, dis beskawing, wat ons kultuur noem. Kultuur, jy hoor soveel daaroor. Nou, het julle al gehoor wat my siening van kultuur is? Dis ’n man wat nie genoeg moed het om ’n konyn dood te maak nie, maar sy maag daarvan kan vol eet nadat iemand anders dit doodmaak. So, ek, dis wat ek—ek—ek—ek dink van kultuur, sien julle. Dis, dis reg, sien. Ons maak nie…184 God kom nie deur…Dit is nie kultiveer ’n mens na God toe nie. Jy beskaaf hom nie na God toe nie. Hy word gebore, ’n saad van God, vanuit God, was altyd God, en kan nooit iets anders as God wees nie. Jy word nie Daarin gekultiveer nie.185 Nou, hoe het hy nie sy soort Eden nie, en deur ’n gedeformeerde saad! Satan het nou sy groot ewe, sy groot Eden gemaak. Wat is dit? Kultuur, wetenskap, pragtige kerke, hoë torings, fyn gepoleerde predikers, geleerdheid: “DA., D., Ph. D., LL.D., Doktor in Letterkunde, Doktor in Godgeleerdheid, Doktore!” Elke keer wat jy dit uitspreek, vat dit hom net des te verder weg van God af, werp hom sommer net weg. En die gemeentes wil nie iemand hê wat daar staan en die woorde “hit, haint, en tote, en carry, en fetch,” gebruik nie. Hulle wil dit nie hê nie. Hulle wil iets pragtigs hê.186 Dis dieselfde ding wat Kain in sy gedagte gehad het (hulle pappa, in die begin), het blomme en vrugte van die land geoffer, toe, God offerande wou gehad het, die mens met die openbaring van God: dit was bloed! Nie ’n peer, of ’n perske, of ’n pruim, of wat dit ook al was, of ’n appelkoos, soos hulle nou sê nie: dit was die bloed wat ons uit die tuin van Eden uitgebring het, ’n—’n gedegradeerde bloed, ’n vrou wat die saad van die verkeerde persoon in die skoot laat inplant het en dit begin het.187 Nou ons vind, om te bewys die Boodskap is juis tydig, waaroor ek met julle praat, om dit te bewys, kyk na die dae van kruisteling vandag, probeer om ’n mooier spesie te maak. Kyk na kruisteling. Kyk na die plantlewe. Hier verlede somer…

Page 30: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

30 DIE GESPROKE WOORD

188 Dit was hierdie somer, was dit gewees, het ek ’n ou veldblommetjie gehad (hy het my daar gewys ’n paar minute gelede, dit het in my gedagte opgekom), ’n veldblommetjie het ek hier in die bedding gehad, ek moes daardie ding tweemaal per dag water gee, om dit aan die lewe te hou. Dit was ’n baster. Maar dit was afkomstig van ’n ander geel blommetjie, wat saam gesit is met iets anders, om hierdie blom te maak.189 En daardie kêreltjie het daar gestaan, toe, jy kon tien voet in die grond in gegrawe het en sou nie eens genoeg vog gekry het om te spoeg nie. Sien, dit het—dit het—dit het sommer in die stof gelewe, en dit was net so mooi, en dit hoef nie water gegee te gewees het nie. Dit was die oorspronklike. Dit was nie ’n baster nie. Daar was niks gemeng daaraan nie, dit was die egte blom.190 En hierdie was iets vermeng daarmee, moet dit water gee en dit koester en dit oppiep. Sien? Hierdie hoef jy nie; geen goggas daarop nie. Ons moet dit bespuit, en wat nog, om hulle te behou; en die vlieë en muggies en goed, so af te hou. As jy dit nie doen nie, sal dit hulle doodmaak. Jy hoef nie, ’n muggie sal nie naby hom kom nie!191 O, dis ’n werklike, egte, wedergebore Christen. Jy sou hom kon versoek met enigiets wat jy wou. Hy is steeds ’n Christen. Versoek haar waar jy ook al wil wees, sy is steeds ’n Christen.192 ’n Dametjie van een van die broers hier, sommige van julle mense, hulle kerk het nou die dag vir my ’n brief geskryf. Het gesê: “Pappa wil nie hê ek moet na ’n bofbal-…of ’n basketbal-wedstryd toe gaan nie, Broer Branham. Ons glo…” Sy het gesê, sy was twaalf jaar oud, het gesê: “Broer Branham, ons glo jy het die Woord van die Here, met wat jy ons nou sê om te doen.” Het gesê: “Ek dink soort van pappa is verkeerd. Maar,” het gesê: “wat jy sê, gaan ek glo.” Nou, daardie dierbare dogtertjie, sien.193 So ek het gedink. “Wel,” het ek gesê: “skat, kyk as jy ’n Christen is, is jy oral ’n Christen. Maak nie saak waar jy is nie, jy’s steeds ’n Christen. Maar,” het ek gesê: “jy sien, op die basketbalbaan, wat pappa aan dink, hoor jy daardie kinders vloek en so tekere gaan. Ek glo steeds jy sal ’n Christen wees. Maar, sien jy, pappa is meer gevorderd in die lewe as jy. Sien?” Nou, ek het gesê: “Nou jy is twaalf jaar oud, en jy het gesê jy het ’n sustertjie, vier. Nou wil sy hê jy moet papierpoppe knip. ‘O, gaan aan, ek het nie tyd om papierpoppe te knip nie.’ Sien, jy is verder gevorderd as sussie.”194 Nou dis waar die kerk vandag behoort te wees, verder gevorderd in die Woord van God. Nie Metodis, Baptis, Pinkster, Presbiteriaan nie; maar gevorderd in die Woord, tot seuns en dogters van God. Uh! Goed. Goed. Die Boodskap wat tydig is, bewys.

Page 31: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 31

195 Deur wetenskap, deur sy wetenskap en navorsing, sien julle, het hulle alles probeer verdraai, maak ’n ander saad, maak ’n ander iets, maak dit mooier.196 Kyk na ons susters. Ek het ’n rukkie gelede opgemerk, oor hoe mooi hulle lyk. O, jy sou hulle kon staan maak hier in ’n wêreld se wedstryd saam met party van hierdie Gloria Swanson’s of party van hierdie ontkledings en dinge hier in Kalifornië, en hulle sou dit met ’n miljoen myl misloop. Maar hulle naam is nie op daardie boek van roem nie; dis op die Boek van die Lewe, sien. Uh-huh. “’n Sagmoedige en ’n nederige gees is ’n groot skat vir God.” En die Bybel het gesê vir—vir ons vroue om “hulleself te versier met ’n sagmoedige en nederige gees, onderdanig aan julle mans, en sagtheid.” Dis wat ’n groot prys het in die oë van God. Sien? Dis reg.197 Nie dit alles hier nie, dis wat hulle gedoen het; hulle, Max Factor, het vroue baie mooi gemaak, uiterlik, wat van Satan is. Al daardie goed is van die Duiwel. Het julle dit geweet? Sekerlik. Dis alles van die Duiwel.198 Nou ek onthou my vroutjie toe sy mooi en jonk was, sy het nie grimering gedra nie. Nee. Sy het nader gekom, ek het haar gedoop in die Naam van Jesus, toe sy knierokkies gedra het soos hierdie, sien. Maar nou word sy oud, sy het gesê: “Ek raak net so vol plooie.”199 Ek het gesê: “Weet jy, soos jy ouer word, raak my oë dowwer. Ek onthou jou soos jy was, en ek onthou en weet in my hart wat jy eendag gaan wees. Sien? Sien? Sien, met ’n stil en sagte gees soos jy het, sal God ons weer bymekaar kry daar oorkant. Dit is dit, dan sal ons dan nooit verander word nie.” So waarom…200 Maar, sien julle, in die dae van Noag, toe die seuns van God gesien het die dogters van die mens was mooi, het hulle vir hulle vroue geneem, as eggenote. Sien, die seuns van God het die dogters van die mens gesien, want hulle was wulps en—en so aangetrek. Hulle, hulle het die vroue begeer, en het na hulle gegaan, sien.201 Ek is dankbaar dat julle seuns van God daar verby kyk, sien, hoedat vroue hulleself maak. Sien?202 Maar wat is dit? Dis alles mooi. Dis ’n verbastering. Neem sommige van hulle, was hulle gesig, hulle…jy sal nie weet wat jy sou hê nie. Sien? En dis reg. Miskien genoeg humeur om ’n kettingsaag aan te vat, en—en gemeen, en—en koppig, en vuil, en loop rond met ander mans.203 Ek gee nie om wat nie, my vrou, ek—ek respekteer lojaliteit in enige vrou. Toe ek ’n seuntjie was, het ek altyd gesê: “As ’n negervrou lojaal wil wees, sal ek my laaste druppel bloed gee om haar so te hou.” Sien, ek respekteer wat reg is, die

Page 32: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

32 DIE GESPROKE WOORD

regte ding. Ek het daarvolgens probeer lewe, my hele lewe. Ek was toe jonk, nou is ek oud, ek het nie my idees in die minste verander nie. Sien?204 Wetenskap, na dieselfde patroon wat Eva het, het hy ook aan die kerk gedoen, haar verdraai. Hy het sy planne vandag uitgevoer, deur sy basterkerk, sy moderne Eden wat ons vandag het. Ons lewe in ’n wetenskaplike Eden, Satan se Eden, ’n wetenskaplike Eden.205 As julle daarheen sou wou blaai, in Jesaja 14:12. Ek sal dit vir julle aanhaal, as julle wil, as julle wil, 12 en 14.

…Satan het vir homself gesê: Ek wil klim bo die hoogtes van die Allerhoogste.

Hy sou ’n koninkryk hê, dat dit sou wees dat selfs die seuns van God hom sou aanbid.

206 En dis presies net wat hy gedoen het. Hy het dit gedoen deur die kerk, godsdiens, soos hy aanvanklik begin het, godsdiens. Hy het dit gedoen.207 Ook soos die profeet Paulus gesien het, in II Tessalonisense die 2de hoofstuk, dat hy—hy ’n toppunt bereik in E-…sy, die groot wetenskaplike Eden in hierdie dag, in wetenskaplike, in geleerdheid en beskawing. En het gemaak, hy self, en sal eindelik ’n toppunt bereik in die ekumeniese raad, waar alle kerke voor hom sal moet buig. En sien wat dit is? Dis daardie gees van misleiding wat onder die mense werk; seuns van God, wat gemaak is na die beeld van God; en dogters van die mens, wat gemaak is na die beeld van die mens; het hulle gevat onder valsheid, soos hy met Eva gemaak het. En het gevorm, hyself, deur sy eie truuks van wetenskap en geleerdheid en kultuur, totdat hy vir homself ’n moderne, wetenskaplike doods-Eden verkry het.208 Waar, God, deur Sy Woord, gespreek het, en Hy het ’n Eden sonder dood gehad; geen wetenskap, geen geleerdheid soos ons vandag het nie, of geen beskawing nie.209 Sien julle dit nou, verstaan julle dit? Sien, nou het hy sy Eden. Kyk, al die kerke aanbid hom. Dis sit…Twee Tessalonisense hier, Hy het gesê.

…daardie man wat homself God noem, sit in die tempel van God,…

En almal…op die aarde sal neerbuig en hom aanbid, wie se name nie geskryf is in die Lam se boek van die lewe…voor die grondlegging van die aarde nie.

210 Sien, dis ’n moderne Eden. Nou wat doen hy, self? Hy beweeg homself, Rome, sy laaste groot eet, Eden-plek.211 Het julle gesien waar daardie pous hierheen gekom het nou die dag? Het julle al daardie dertiens gesien wat toe gebeur

Page 33: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 33

het? Hy het dertien woorde gepraat, het dertien gehad wat nagmaal gebruik het, het in die Yankee Stadion gepraat, wat dertien is. Alles was dertien.212 En ons nasie se getal is dertien, verskyn in die 13de hoofstuk van Openbaring; dertien strepe, dertien sterre, dertien stawe, dertien getalle op die muntstukke, dertien sterre op die muntstuk, alles is dertien, en ’n vrou.213 En hier kom die pous, die hoof, na die vrou; die vals antichris na die vals bruid, van wetenskap. Wat, ons wêreld, ons Amerikaanse oostelike wêreld hier, of Westerse Wêreld, het die wêreld gelei in wetenskap. Kom na haar toe, in sy wetenskaplike kerk, en nou buig alle Protestante voor hom, sien, op dertien. Sien julle dit? Alles is in ’n dertien. Ons hele nasie, alles anders, is dertien, ’n vrou se wêreld. Sien, hier is ons, ons het dit. Dit het verander na ’n vrou se wêreld in die tuin van Eden, maar dit sal eendag God se wêreld wees. Let nou op. Nou, ook, het hierdie profete en dinge dit voorspel.214 En nou het alles weer geword soos dit was voor God op die aarde beweeg het, dit het ’n geestelike chaos geword. Sekerlik, dit het.215 Let hier op die tweede Eden het na aan die eerste getipeer, om te mislei, om amper die Uitverkorenes te mislei. Let nou op, daarna. Ek gaan hier vergelyk, net vir ’n paar minute. Nou, ek sal moet ophou, want dis elfuur, en luister dus. Hierdie twee Edens, hoe hierdie Eden probeer tipeer het, net soos wat Satan aan die begin gedoen het, aan Eva in die werklike Eden, die eerste Eden. Kyk net na hulle, nou saam getipeer. Sien, ons het dit, nou verstaan almal duidelik, ’n wetenskaplike Eden waarin ons lewe. Sien? Nou, dit was nie God se Eden nie.216 God se Eden kom nie deur wetenskap, geleerdheid, kultuur nie. Dit kom deur die Woord, sien, roep al hierdie dinge asof hulle nie was nie. En let op, in die tuin van Eden…Laat ons hulle net ’n bietjie vergelyk. Nou let op.217 Die mens en sy vrou (hoof van die…in die tuin van Eden), die paar was naak en het dit nie geweet nie. Is dit reg? In God se Eden, was die paar nakend en het dit nie geweet nie.218 Nou is hulle weer naak en weet dit nie, Openbaring 3, die Laodicése Kerkeeu.

Want jy…is naak, ellendig, arm, beklaenswaardig, blind, en weet dit nie.

219 Nou, in God se Eden, was hulle naak en het dit nie geweet nie. En nou in Satan se Eden, sy dit deur wetenskap en geleerdheid, is hulle weer naak en weet dit nie. Watter verdraaïng!

Page 34: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

34 DIE GESPROKE WOORD

220 Kyk na vandag. Kyk na mans, probeer sy vrou se onderklere dra; en sy probeer sy klere dra. En hy probeer sy hare te laat groei soos hare; en sy sny hare af soos syne. O, o, o, goeiste! Mans wat vroue probeer wees, vroue wat mans probeer wees, ’n verdraaïng!221 Dis dieselfde ding wat die kerk doen, dieselfde ding, die Laodicése Eeu. Let op.222 Waarom hulle nie geweet het hulle is naak, in die begin nie, daar was ’n Heilige Gees wat hulle van naaktheid versluier het. Hulle het dit nie geweet nie. Die Heilige Gees was oor hulle oë, hulle het niks gesien behalwe hulle broer en suster nie, sien. Die wette, hulle het nie geweet hulle is naak nie. Heilige Gees!223 Nou het die gees van onheiligheid, onreinheid, en wellus, hulle versluier; geleerdheid, wetenskap: “Wel, dis wetenskaplik. Dra kortbroek, dis koeler.” Die Indiane leer jou beter as dit. Hulle draai hulle in ’n kombers toe, om lugversorg te wees, sien, en trek dit aan. Sien, geleerdheid het absoluut teruggekom by ’n tyd, die einste ding wat hulle dink hulle gebring het tot kultuur en beskawing, het hulle weer in onkunde teruggeplaas, erger as wat hulle in die eerste plek was.224 Skoling, geleerdheid, kyk na skole! Kyk daar na die universiteit, nou die aand, daardie seuns! Hoeveel babas is gebore deur daardie jong dames daar, vir daardie jong dames, elke jaar by die universiteit! Julle dink! Julle sê: “Dit is straatgemors.” En daardie seuns, daardie “een-en-twintig juwele,” noem hulle hulle, met lipstiffie aan, en—en gordyntjiehare, en opgerol op krullers en wat afhang. Hulle sê dit. En vuil, smerig! Julle sê: “Wel, dis sommer straatgemors.” Is dit? Dis studente van die universiteit.225 Hulle het ’n groot dronknes gehad, nou die aand. En hulle het nie geweet wat om te doen nie, en so, om sensasies te hê. En drinkery en owerspel, en al sulke dinge, was nie vir hulle genoeg nie. Hulle het die bottels gebreek, en na die vroue se deur gehardloop, en aan die deur geklop; hulle het gekom, hulle in die gesig geslaan. Het een meisie se oog heeltemal uitgesny, en ’n klomp van hulle mismaak lewenslank. Dink julle hulle sal dit uitlap? Nee.226 Twee van hulle seuns ry op-en-af in die straat, en twee jong getroude vroue sit op—op die trappies, en hulle het die vroue beledig. Die polisie het hulle opgelaai en in die tronk gesit. Die dekaan het daar aangekom. En die hele ding draai om daardie universiteit, dis die enigste werke wat hulle daar het. Het gesê: “Hulle is my kinders. Laat julle hulle los.” Hulle het hulle losgelaat.227 Daar het jy dit; beskawing, geleerdheid, lei tot dood en chaos, en hel. Julle moenie na daardie goed luister nie. Let nou op.

Page 35: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 35

228 Eva moes net ’n bietjie loer, om te sien waarna die wêreld lyk. Julle weet, baiemaal: “Ons moet net ’n bietjie hiervan dra.” Of, julle weet wat ek bedoel, moet net ’n klein bietjie loer, om te sien. Nou in Johannes of…229 Een Johannes 2:15, het God gesê: “As jy die wêreld of net maar die liefde van die wêreld, liefhet, is die liefde van God nie eens in jou nie.” Die dinge wat daarbuite is, is dood. Julle is besnede, afgesny daarvan af. Julle wil nie die dinge van die wêreld hê nie, julle is dood daarvoor. Hulle is dood. Jy wil nie iets wat dood is hê nie. Dis verrot. Dit ruik. Hoe sou ’n lewende iets, iets wat smerig is soos dit, kon wou hê? Sien, jy is lewend in Christus. Die Woord maak jou lewend.230 Goeiste, wanneer ek daaraan dink in hierdie dag waarin ons lewe, word geleerdheid genoem! Jy kan nie eens op die preekstoel kom tensy jy ’n Doktorsgraad het nie, ensovoorts.231 Dit herinner my aan ’n kapelaan, eenkeer, het uit die leër gekom. Hy het gesê—hy het gesê: “Broer Branham,” (Dit was net na die Eerste Wêreldoorlog.) gesê, die kapelaan het gesê: “sersant het aangekom en gesê: ‘Kapelaan, wil jy saam met my uitry na die gevegsfront, daar aan die Argonne,’” daar van La Salle, Lorraine, Frankryk, julle weet. En het gesê: “Ek het uitgegaan na die Argonne Woud toe.” En het gesê: “Hy het die getal opgeneem van hoeveel tenks opgeblaas is.”232 En het gesê: “Dit was op ’n Paasoggend.” Het gesê: “Ek het net deurgekom…Ek het deurgeloop saam met ’n verpleegster, en sy het vir daardie gewonde seuns ’n Amerikaanse roos gegee, julle weet, een wat ’n Amerikaner ken. Daardie seuns het daardie roos gegryp, en sommer geskree en gehuil, omdat hulle geweet het dit kom van die huis af.” Sien, dit was van die huis af.233 En dis hoe ons met die Woord maak, sien, gryp Dit: “O God!” Dit kom van die Huis af, sien.234 Het gesê: “Ek het ’n frats gesien daar in my hart…” Hy het gesê: “Ek het daar uitgegaan en gesê…En die—die kaptein het voortgegaan buite om ’n telling te maak van hoeveel tenks vernietig is, en sulke dinge.” Het gesê: “Die Heilige Gees het gesê: ‘Gaan daar na daardie klein rots toe.’” En hy het rondgekyk. Het gesê: “Hulle het daardie mosterd en chloorgas gegooi en,” het gesê: “het sommer al die blare van die bome afgebrand. Daar was nie ’n lewende ding oor nie, en hier was dit Paasfees!” Hy het gesê: “Watter Paasfees! Watter Paasfees, wanneer nie eens gras op die grond is nie, niks nie!” En het gesê Iets het hom na ’n rots toe aangetrek. Hy het die rots omgetrek, het gesê: “Daar was ’n klein Paasblommetjie daaronder, is onder die rots bewaar, regdeur die gifgas.” En het gesê: “Ek het gedink: ‘O God, bewaar my onder die Rots van die Eeue, totdat al hierdie gif verbygegaan het, en laat ek blom in daardie Land daar oorkant.’”

Page 36: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

36 DIE GESPROKE WOORD

235 Ons kan net hier ophou, as julle wil, want ek—ek het soveel dinge hier, ek sal in elk geval nooit daarby uitkom nie, sien, van dinge. So miskien kan ek terugkom en dit aan julle oordra.236 O, ek het pas klaargemaak nou die dag met praat oor: “’n Filter Vir ’n Denkende Man”, julle almal het Dit gelees, sien: “skep ’n heilige mens se smaak.” Dink, broers. Wat julle ook al doen, dink! Efésiërs 5:26, is daarin gesê.237 En ons het gepraat, gepraat oor die woord uitverkiesing, julle sien, wat soveel van hulle laat struikel. Dis God se Woord. Hy, Hy gebruik dit: “want ons is uitverkies deur die Woord van God.” En dit, deurdat ons…Wanneer jy uitverkies is, wel, moet dit gebeur, want dit is dit. God, God het jou gekies omdat Hy geweet het wat jy sou doen van die begin af.238 En moenie dat die Duiwel jou bespuit met geleerdheid en gif, en sulke goed soos: “Jy moet modern wees. Jy moet dit wees,” nie. Julle hoef niks behalwe seuns en dogters van God te wees nie. En as jy uit die Woord gebore is, is jy. Let op daardie bespuiting. As jy ’n saad vat, ’n goeie saad, en jy bespuit dit, sal dit—sal dit dit doodmaak. En wanneer hulle hierdie denominasionele goed bo-oor julle spuit, sal dit die invloed van die oorspronklike Woord ruïneer. As hulle vir jou sê: “Jy moet dit doen. Wel, die ander meisies doen dit. Die ander mans doen dit.” Moet julle nie dit glo nie. Dit sal God se invloed van Sy Woord op jou ruïneer. Julle weet dit.239 Ons teks sê: “Moenie gekonformeer word nie,” bespuit: “maar word getransformeer,” die saad wat in jou is.240 Mense van vandag tree op asof hulle nie eens glo daar is ’n God nie. Het julle dit geweet? Hulle tree so op. Nou, ek wil hulle nie dwase noem nie, maar hulle tree so op. Want, Psalm 14:1 sê: “Die dwaas het in sy hart gesê: Daar is geen God nie.” Jy behoort nie iemand ’n dwaas te noem nie. Maar hulle tree beslis op asof hulle is, want hulle…Hulle tree op asof daar geen God is nie. Hierdie Woord word net geïgnoreer.241 Kyk, nou die dag hier, het hulle my daar na die kamer toe geroep om te kyk…Billy Paul, meen ek, of party van hulle, het gesê daar was ’n—’n godsdienstige program op die televisie.242 Ons het nie televisie nie. Daar sal nie een in my huis wees nie, nooit nie. Maar daar was ’n…Wil julle hulle hê, dit hang van julle af. Maar God het my gesê om dit nie te doen nie.243 En toe ons daar ingetrek het, ek het gehuur by hierdie goeie ou suster daar, sy het ’n televisie gehad omdat sy dit moes hê om haar huis te verhuur. En ek het hulle laat kyk na ’n godsdienstige program, so hulle—hulle het geroep en gesê daar was ’n Evangelie lied aan.244 En jy praat van ’n klomp “Rickies,” daar opgetree soos hulle het, noem hulleself Evangeliesangers! Dit was

Page 37: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 37

oneerbiedig teenoor Jesus Christus, om te sien hoe hulle hulle gedra, hulleself skud, en—en hierdie Rickie-agtige haarstyle en alles, julle weet. Sommer, dit het sommer—dit het sommer gelyk—dit het sommer gelyk of dit ’n bespotting is!245 Kain was so ’n persoon, godsdienstig in daad, sekerlik. Maar hy het die verkeerde saad in hom gehad, sien, en daarom het dit die slang se saad voortgebring. Satan het gesis oor hierdie saad van Eden, en dis wat ’n Kain voortgebring het. Hy het sy gif daarop gesit.246 Hy, Kain, het die volmaakte wil van God geken. Hy het die volmaakte wil van God geken. Kain het dit geken. Waarom? Maar, hy het geweier om dit te doen, hy het toe bewys dat hy die slang se saad is. Toe hy die volmaakte wil van God gesien het, het hy dit geweier. Hy het gesien God bevestig Abel se boodskap. Hy het geweet dit is die wil van God. Sien? Hy het gesien God bevestig Abel se boodskap. En wat het God vir hom gesê? En Hy het net, Hy het gesê: “Doen dieselfde, aanbid soos jou broer, en—en dit sal met jou goed gaan.” Maar jy sien, hy het die volmaakte wil van God gesien, maar hy wou dit nie hê nie. Sien, hy wou iets daaraan toevoeg.247 En hierdie teoloë sien hierdie Bybel, hulle lees Dit, maar hulle wil Dit nie doen nie. Sien? Dit toon die slang se saad. Hulle het Dit bevestig gesien, en so eenvoudig voor die mense, maar dit lyk of dit so moeilik is vir mense om hulleself te verootmoedig voor die Woord van God.248 Vind julle nie almal nie, wanneer julle gesels, julle vroue, met meisies oor hare lank dra, en hulle sê: “Waarom is jou hare lank?” Sien? “Waarom dra jy jou rokke daar, lank?” Gaan praat jy met hulle, gee hulle jou soort van die skouer. Is dit nie reg nie? Sien, hulle weet dis reg, as daar—as daar enigsins ’n dame in hulle is. Sien? Hulle weet dis reg. Maar, sien julle, hulle kan hulleself nie Daarvoor verootmoedig nie. Sien, dis wat dit is.249 Kyk hoe het Kain gemaak? Hy kon homself nie verootmoedig voor die bevestigde Woord van God nie. Hy kon dit nie doen nie.250 O, selfs die Pinkster sê: “Glorie aan God! Halleluja! Ek knip my hare, en spreek in tale!” Huh! Dit wys net daar is iets verkeerd, sien, die saad bring iets anders voort.251 ’n Saad kan nie. ’n Saad van God kan nie ’n vrou met kortgeknipte hare voortbring nie. Dit kan dit nie doen nie. Kan dit net nie doen nie, want die Bybel het so gesê. Sien, Dit kan dit nie doen nie. Nee, meneer. Nou is dit skynbaar so moeilik om voor God se Woord te verootmoedig.252 Let daarop in Génesis 4:6 en 7, lees net ’n Skrif hier af. “Maak soos Abel gemaak het.” Hy het gesê: “As jy—jy sien wat jou

Page 38: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

38 DIE GESPROKE WOORD

broer…” Het gesê: “Gaan heen en doen wat Abel gedoen het, doen dieselfde soort diens wat hy gedoen het, en—en Ek sal jou seën. As jy dit nie doen nie, lê sonde voor die deur.” Nou, sonde is “ongeloof.” “As jy nie maak soos Abel gemaak het nie! Jy sien ek het hom bevestig, en hom gelyk gegee. Nou as jy dit nie doen nie, dan wys dit dat—dat sonde, ongeloof, voor die deur lê.” Sien?253 En vandag sien hulle wat God bevestig. Hulle sien wat God aan die doen is. Hulle sien al hierdie dinge gebeur. Hulle weet daarvan. God vertoon Sy tekens in die hemel bo en onder op die aarde, en al sulke goed, en hulle sien wat plaasvind. Maar hulle wil dit nie doen nie. Sien, Satan, slang se saad; slim, kom uit kweekskole uit, geleerd tot op die punt, elke woord, elke alles, staan op die preekstoel net so korrek, en elke woord moet presies wees, die grammatika moet reg wees, en alles wat. Sien? Sekerlik, hulle kan hulleself nie daar verootmoedig nie, ’n kêrel soos hierdie. Sien, hulle kan dit net nie doen nie. Hulle doen dit nie. Hulle kan dit net nie doen nie.254 Nou: “Indien nie, lê sonde voor die deur, lê ongeloof,” dan word hy opsetlik ongehoorsaam. “En wanneer jy weet om goed te doen, en dit nie doen nie, vir jou is dit sonde,” as jy weet wat reg is en jy dit nie doen nie. Sien? Dan word hy opsetlik ongehoorsaam nadat die Woord bevestig is, dan tree hy oor die skeidslyn, toe is hy uit Eden uitgedryf toe hy oortree het. Daar is ’n lyn tot waar jy net so ver gaan, en, as jy enigsins verder oor na die ander kant sou gaan, is jy uit. Julle weet dit, dan nie? Daar is ’n lyn. As jy dit nie glo nie, lees jy Hebreërs 10:26. Dis die Skrif waarna ek daar verwys het, sien.

Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sonde meer oor nie.

255 Dis die Nuwe Testament. Is dit reg? “As ons opsetlik sondig nadat ons die Kennis ontvang het wat aan jou verkondig is, gelees is vir jou, bewys is vir jou; nadat ons die kennis van die Waarheid sien, en jy gaan voort en glo nie, opsetlik, is daar geen offer vir sonde meer nie.”

maar ’n verskriklike verwagting…van die vuurgloed wat die teëstander sal verteer.

256 Is dit reg? Jy kan daardie lyn oorsteek. Soos die kinders van Israel het op hulle reis, gekom deur die wildernis, het Israel dieselfde gedoen. Nadat hulle Moses se boodskap gehoor het en dit bevestig gesien het; geluister na ’n vals profeet wat gesê het: “O, nou kyk, kinders, ons is almal eenders. Ons behoort met mekaar te trou, en ons behoort dit te doen.” En Moses het vir hulle anders gesê, en het gesien God bevestig dit. Want, Bileam het gelyk na ’n meer ingeligte man as wat Moses was, sien. Hy het gekom van ’n groot nasie waar daar groot mense was, en alles saam georganiseer was, die land

Page 39: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 39

Moab, groot leërs, en groot dinge wat die mense in daardie dae sou gevrees het. En hier kom ’n profeet aan, ’n profeet, ’n gesalfde, ’n vals gesalfde, sien, kom daar na ’n gesalfde toe (kyk hoe naby), en het die mense onderrig, en baie van hulle het daarmee saamgegaan. Julle moet dit nooit vergeet nie. Sien, het agter die ding aangegaan, wat nie die Woord was nie, die bevestigde bewysde Woord nie!257 Moenie dat iemand hier inkom en vir julle iets anders vertel nie. Kyk na wat God bevestig en bewys.258 Nou as daardie mense teruggekyk het, en sê: “Moses! God het in die hemele verskyn. En die man het vlooie, vlieë, paddas in ontstaan gespreek; het sere, siektes laat ophou bestaan. Het die Skelfsee oopgemaak, en ons kom…En het ons met manna uit die hemel gevoed. O, dis ons profeet!”259 Maar hier kom ’n ander profeet aan: “Glorie aan God! Ek is ook ’n profeet.” Sê: “Nou, julle almal, ek sal vir julle sê. Nou, nou julle verstaan, ek gebruik beter grammatika as Moses. En ek is sus en so, sien,” ensovoorts.260 En voor jy jou kom kry, het hulle daarvoor geval. En elkeen van hulle het net daar in die wildernis omgekom. Nie een van hulle het gelewe nie. Hulle het nooit nie. Hulle sal nie in die Hemel wees nie, nie een van hulle nie. Het Jesus gesê.261 Hulle het gesê: “Ons vaders het manna geëet in die wildernis!” Sien, Pinksters, is reg, sien, hulle het regtig deur al die ondervindings gekom. “En ons vaders het manna geëet in die wildernis!”262 Hy het gesê: “En hulle is, elke een, dood.” Dood is “Ewige skeiding.” Hulle sal nooit weer opstaan nie, al was hulle deur al hierdie ondervindinge. Figuurlik gesproke, het hulle in tale gespreek, en in die Gees gedans, en alles.263 Maar toe dit by die beslissing kom tussen die Woord tussen twee profete, die een van hulle op die Woord en die ander van die Woord af; beide van hulle, profete. Verstaan julle? Sê “Amen.” [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Een op die Woord, en die ander een van die Woord af; beide van hulle, profete, bewysde profete. Maar een was met die Woord, sien. Vals gesalfdes in die laaste dae, sien. Een…Profete, beide van hulle, profete; een op die Woord en een (een) bevestig deur die Woord, en die ander een is nie bevestig deur die Woord nie. Kain en Abel, weer. Sien die twee, vals—vals en eg? Goed.264 Maar iedereen van hulle het in die wildernis vergaan, en omgekom. Hulle siele is dood, en weg. En hulle was reg op die pad van plig, het kerk toe gegaan en die einste dinge wat God hulle opgedra het om te doen, maar het ’n vals leermeester aanvaar, wat nie bevestig is deur die Woord nie, om bewys te wees as synde reg nie. Tog, hy was die Doktor

Page 40: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

40 DIE GESPROKE WOORD

van Godgeleerdheid, en wat jy ook nog meer wil noem van ’n werklike profeet, maar is nie geestelik bewys deur die Woord en deur die tekens van God nie. En hulle het in die wildernis omgekom; regverdige, eerbare, godsdienstige mense, het gesterf, en sal nooit in die Hemel wees nie.265 Sien julle waar ons moet loop? Verstaan julle? [Gemeente sê: “Ja.”—Red.] Moet dit nie laat glip nie.266 Dieselfde as in die tye toe Noag se saad-Woord ’n drywende transformasie opgerig het van die aarde na die lug. Dit het gek geklink vir die mense, om ’n klein sekte te hê soos wat Noag gehad het. En hy het vir hulle vertel, gesê: “SO SPREEK DIE HERE. God het gespreek, en daar kom ’n reën.”267 Wetenskap, en die geleerdes en godsdienstiges van daardie dag, het gesê: “Kyk na daardie ou kwaksalwer. Hy word oud, sy verstand gee in.”268 Sien, maar hy was reg, omdat hy ’n bevestigde profeet was. En dan, teen die eindtyd, is sy boodskap waarlik bevestig. Wat sou hy doen? Hy het van die aarde na Glorie getransformeer, deur ’n ark, van die Woord wat hy verkondig het. Dit is getransformeer.269 Die wetenskaplike spuitstof het die res van hulle laat verrot tot die oordeel. Hulle het verrot op die waters van die oordeel, van die vloed.270 Wat probeer mense vandag doen, in hierdie groot wetenskaplike tydperk van geleerdheid, die Eden-kerk, weer teruggebring na sy Eden, wetenskaplike staat, in plaas van die Woord? Verheerlik julle die Woord van God? Probeer mense die Woord van God verheerlik, of probeer hulle hulleself verheerlik? Watter een is dit? Wonder?271 Die kerk is gedeformeerde saad: kennisprogram, het weer veroorsaak dat die hele ras, deur die wetenskaplike, om wetenskaplik onkundig te wees van die Woord van God. Wetenskaplik onkundig van die Woord van God! Dis ’n groot mondvol, is dit nie? Maar hulle is.

Sê: “Dit kan nie wees nie”?272 Dit was toe Jesus gekom het. Die dag wat Jesus gekom het, daardie—daardie manne het daardie Woord van God geken, sommer tot op die letter. Het hulle nie? Sekerlik. Maar hulle was onkundig oor Wie Hy was, toe hulle God op die vlerke van ’n duif gesien het, sien optree het en doen net presies wat Hy gesê het Hy sou doen. En Hy het gedoen net wat die Woord gesê het. “As Ek die werke van My Vader nie doen nie, glo My dan nie.” Maar Hy het gedoen presies wat die Woord gesê het Hy sou doen. En hulle was wetenskaplike manne in daardie dae, maar wetenskaplik onkundig, om opsetlik te sondig.

Page 41: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 41

273 Wellus het verblind. Hulle het God se Woord nodig om haar te toon, om haar naaktheid te toon. In Openbaring 3, word gesê: “Ek raai jou aan om te koop van My salf, dat jou oë geopen kan word, dat jy jou naaktheid kan sien.”274 Die salf is God se Woord, die genesing van die oë wat jou van natuurlike dinge van die wêreld bring, en jou transformeer, deur die krag van God, na Sy Teenwoordigheid toe. Dan sien jy! Jy sê: “Ek was eens verlore, nou is ek gevind. Ek was blind, maar nou sien ek.” Sien, dit sal anders wees.275 Dis wat die kerk se oproep vandag is, is: “Ek raai jou aan om van My te kom koop salf vir jou oë, dat jy gesalf kan word met My salf, en dan sal jy sien.”276 Laat die Heilige Gees kom op enige persoon wat waarlik iets daaronder het! ’n Genesing kom van die binnekant af. Laat daardie genesing kom van die Gees wat in jou is. As dit ’n egte Gees is wat die egte Saad salf, kan Dit niks doen as net ’n seun of dogters van God voortbring nie. Maar die egte Gees kan op ’n—’n kankerroos-saad kom, die reën kan op ’n kankerroos val, en dit sal dit laat lewe net soos wat Dit op ’n koringkorrel val en dit laat lewe. “Maar aan hulle vrugte ken julle hulle.” Sien? En ons is ’n vrugteboom van God, wat Sy Woord dra.277 Jesus het gesê: “Laat ’n mens homself verloën, en My volg. Laat hom sy geleerdheid verloën, sy kennis verloën, sy grade verloën; sy kruis opneem en My volg.”278 Mense het hulle gewone sin van ordentlikheid verloor. En gaan hier deur Skriffies, net vir…Ek wou myself omtrent vyf minute daarop toelaat, tien, sien. Mense het hulle gewone ordentlikheid teenoor mekaar verloor. Hulle is—hulle is nie soos hulle altyd was nie. Manne van die ouderdom, van my en die broers, hier, weet, en vroue. Mense tree nie op soos hulle altyd was nie. Hulle het hulle gewone insig verloor. Die—die—die gemoed—die gemoedsuitwerking wat dit gehad het op die mense van hierdie moderne wetenskaplike dag waarin ons lewe, het veroorsaak dat mense hulle natuurlike beredenering verloor. Hulle kan nie iemand, ’n vrou, beskou as ’n suster en ’n broer nie. Dis iets vuils. Sodra hulle…279 En die vroue moet hulleself so onsedelik klee, om tussen mense uit te gaan. En hulle sê: “Ek is ’n goeie vrou.” Wel, waarvoor plaas sy haarself so daar? Sy is verblind. Wel as—as jou…As een van hierdie susters hier, van—van geringe ouderdom, as julle moeder of my moeder op straat sou loop, soos een van hierdie vroue, sou hulle haar in die gestig gesit het; sy het nie eens genoeg verstand gehad om te weet om haar klere aan te trek nie. Wel, as dit toe kranksinnigheid was, is dit nou kranksinnigheid. Dis steeds dieselfde tipe vrou. Sien? Maar hulle het al hulle ordentlikheid verloor, al hulle insig. Hulle

Page 42: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

42 DIE GESPROKE WOORD

het hulle s’n verloor. En met moderne insig, met kultuur en geleerdheid: “Dis gesonder, om dit te wees.” Dis sondig en die dood! Let op. Hulle is, o, nie soos hulle altyd was nie. Toe die…280 En let op die kerklike lewe. Dit was altyd, in die kerklike lewe, lank gelede, wanneer die profeet iets te sê gehad het, SO SPREEK DIE HERE, het die mense beweeg. Hulle het net Daarby gehou. Hulle het beweeg. Maar nou: “Ek hou nie van daardie vent nie. Stem hom uit.” Huh! Sien? Uh-huh. Sien, hulle het nie meer insig nie. Die mense beweeg net nie meer deur die Gees van God nie.281 God se Woord is Sy Gees, en Sy Woord kom na Sy profeet. En die Woord is veronderstel om jou te transformeer van wat die dinge van die wêreld is, na die beeld van seuns en dogters van God. En die Woord kan slegs deur hierdie profete kom, soos hulle gespreek het. En dit moes met die Woord vergelyk word, en toon dat dit die Woord is. Dan as jy daardie Woord aanvaar, sal Dit jou transformeer; van ’n seun van God, of ’n dogter…of, van ’n seun van die wêreld, die dogter van die wêreld, na ’n seun en dogter van God.282 Kyk na julle hierbinne. Hoeveel het al daardie ondervinding gehad? Elkeen van ons. Ons het daardie ondervinding gehad. Want, Dit is gespreek, Dit is geglo, en die Woord het uitgegaan en geval in die bedding van die hart, en daar het Dit net daaruit gegroei. Sien?283 Transformeer jouself, Sy Heilige Gees transformeer die Woord-saad na Sy gelykenis. Soos wanneer ’n peerboom ’n peer voortbring, ’n appelboom ’n appel, sulke dinge; sal Sy Woord seuns en dogters van God voortbring. Dit is wat dit veronderstel is om te doen.284 Eendag toe die wêreld weer in duisternis en chaos gelê het, het die Gees van God daarop beweeg, in die voorbestemde saad. ’n Voorbestemde saad, die voorbestemdes, dit is getransformeer. Dit het Jesaja 9:6 geverg.285 Nou, daardie profeet wat daar staan, watter—watter man wat gesag oor die nasies, die mense gehad het. Die godsdienstige mense van sy dag het hom geglo; nie hulle almal nie, hulle het nooit. Maar, hierdie profeet, hulle het daardie man dinge sien spreek en dit was presies reg. Wat hy gesê het was perfek, en dit het gebeur. En, hier, moes hierdie man voor sy mense opstaan, en sê: “’n Maagd sal swanger word,” o, buite die rede. Maar, julle sien, God het dit nie gespreek, Self, nie, Hy spreek dit deur Sy profete. Nou, daar was niks daaroor in die Bybel geskryf nie, maar hierdie profeet het opgestaan, gesê: “’n Maagd sal…” In Jesaja 9:6: “Vir ons is ’n Kind gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Sy Naam sal genoem word: ‘Raadsman, Vredevors, Sterke God, Ewige Vader.’” Nou as “’n maagd sal swanger word,” daardie Woord gespreek is, wat ’n saadkiem is,

Page 43: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 43

moet die bedding daar wees om dit in te ontvang, eendag. Hy het deur die lande gesoek, daar was nie enige nie. Hy het die lande deurgegaan, daar was nie enige nie.286 En baie na aan agthonderd jaar later, het daardie voorbestemde saad ’n bedding gevind, en het sy tot groei gekom.287 Net soos God in die begin gemaak het: “Laat daar lig wees,” en miskien agthonderd jaar later het die lig tevoorskyn gekom. “Laat daar ’n boom wees,” dit het weer so tevoorskyn gekom, alles wat Hy gesê het.288 Hier is ’n voorbestemde saad wat Emmanuel: “God met ons,” voortbring. “En na Hom sal die Heidene soek,” en Hy na Wie ons vandag soek, Jesus. Sien julle, voorbestemde saad!289 Satan het dit probeer bespuit, soos hy Eva het. Hy het dit probeer bespuit, maar hy het misluk. Met Sy afweermiddel hier aan, was Hy ’n voorbestemde saad. Hulle kon Hom nie opneem nie, om Hom ’n Fariseër of ’n Sadduseër te maak nie. Hulle kon Hom nie aan enige organisasie laat behoort nie. Hy was God se voorbestemde gesproke Woord. Satan kon nie sy ongeloof oor Hom werp nie. Hy het ’n afweermiddel aan Hom gehad. God, bespuit ons met ’n afweermiddel, is my gebed. Dis reg.290 Toe het die Gees oor Hom beweeg en Hom na Gólgota gestuur, na die kruis, om Lig te bring in hierdie dag, en Lig na al die voorbestemde sade na die Kerk van hierdie dag, seuns en dogters van God te transformeer, na Sy Teenwoordigheid toe.291 Moenie struikel oor die woord “voorbestemming” nie. Ek het daardeur gegaan, sien julle. Ek wil julle wys, Efésiërs 1:5.292 Sien, net soos wat jy, kyk, net soos wat jy in jou vader was; soos ek nou die aand gesê het, net soos wat jy in jou vader was aan die begin. As jy nie was nie, sou jy nie hier gewees het nie. Maar, julle sien, dit moes na ’n saadbedding gaan, ten einde jou voort te bring. En nou is jy sy seun, is jy sy dogter. Sien, dis ’n saad. En dan as jy ooit…293 As jy nou ’n Christen is, ’n egte voorbestemde saad, was jy in God voor daar was ’n…Was jy altyd in God. Die kiem van jou lewe, wat ’n kenmerk van God is, wat Sy gedagte was.294 Sê, byvoorbeeld, hierdie mooi dametjie wat hier sit, sien. God het gesê: “In die dag sal daar ’n meisie wees, haar naam sal wees So-en-so. Sy sal dit, so, en dit wees,” en selfs weet tot op hierdie uur: “sy sal sit en luister na die Boodskap, geklee in ’n rooi rok.” Sien, dit was Sy gedagte. Wie ook al jou man sou wees, en wie hy ook al is; en Hy sou dit saambring, en julle sou hier sit in—in hierdie—hierdie stad op hierdie dag. Daar sou geen manier vir julle kon wees om daarin te faal nie, sien, want julle groei. En solank as wat jy saad is innerlik, aan die groei, moet jy voortbring presies net wat die saad gesê het jy sou doen. Dis presies. Dis Sy Woord; Hy hou Sy Woord, Hy waak Daaroor.

Page 44: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

44 DIE GESPROKE WOORD

295 Jy was in jou vader, as ’n kiemsel, en jy het voortgekom as ’n dogter; jy, jy, elkeen van julle, broers en susters, julle het voortgekom. As julle nie in julle vader was nie, dan sou julle nie hier gewees het nie.296 En as julle nie in God was nie…As jy die boodskap van die Bybel glo, en die teenswoordige Boodskap van die dag, ’n bevestiging Daarvan; is die rede dat julle hier sit, omdat julle voorbestem was om hier te sit. Julle sou andersins nie hier gewees het nie; julle sou op straat gewees het, dalk dronk, party van julle; en party van julle hier en aan die rondloop met ’n ander man se vrou; en julle vroue daar, getroud, en loop rond met ’n ander vrou se man, of so-iets. Sien, maar julle is voorbestem om hier te wees. Sien, julle kan dit nie verhelp nie. Julle het ’n Vader, Hy is God, en julle was ’n saad.297 En wanneer Hy by ’n punt kom, Hy het julle nou tot waar…Julle was toe in Hom, as ’n gedagte, nou is jy ’n persoon wat met Hom gemeenskap kan hou. Sien? Soos julle was in, julle in julle vaders was in die begin, maar nou is julle seuns en dogters, so julle kan gemeenskap hou met julle ouer. Nou is ons seuns en dogters van God, wat gemeenskap kan hou met ons Vader, God. Sien, dis net so pragtig! Hou julle nie daarvan nie? [Gemeente sê: “Ja!”—Red.] Dan word jy soos Hy. En as ons seuns gewees het, dan is julle kenmerke, en in Sy vorm gewees in die begin.298 En, onthou, as jy in die begin in Hom was; en toe Jesus, wat God is, die Woord wat vlees geword het, en onder ons gewoon het; dan was jy in Hom en het die beledigings verduur wat Hy gevat het. Jy het na Gólgota gegaan met Hom, in Hom. Jy het gesterf, in Hom. Jy het opgestaan, in Hom. En nou sit julle saam in Hemelse plekke, in Hom. Sien?299 As ek ’n Amerikaner is, verduur ek al haar skande, deel ek al haar glorie. Wat sy ook al was, is ek. Ek is ’n Amerikaanse burger. Ek was…Ek het geland op Plymouth Rock. Ja, meneer. Ja, ek het op Plymouth Rock geland. Ek het onderteken die…Ek was in die saal daardie oggend toe hulle die Verklaring van Onafhanklikheid geteken het. Ek het dit met hulle onderteken. Ek is deel van haar ekonomie. Ek het die Verklaring van Onafhanklikheid onderteken. Dis reg. Ek was by Washington by Valley Forge, toe hy die rivier oorgesteek het. Ek was daar daardie oggend. Ek het saam met hom gebid. Ek was. Jy was, as ’n Amerikaner. As jy ’n Amerikaner is, was jy. Want, enigiets wat Amerika is, is jy. Ek het die vlag—vlag op Guam gehys. Ek het hulle dit help doen. Ek het elke fort ingeneem. Ek het haar skande gedra, as ’n revolusionêre. Wat sy ook al was, is ek.300 En wat Christus ook al was, is ek. Wat Hy is, is ek. O God! As Hy as ’n fanatikus beskou word, so moet ek. As Hy ’n—’n Beëlsebub was, deur Sy werke van Sy Gees, is ek ook. Wat Hy ook al was, is ek. Wat Hy ook al was, is julle.

Page 45: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 45

301 Ons moet die makers wees van haar onsterflikheid, haar vryheid of haar roem, haar glorie of haar skande.302 Ons moet dit wees. Ons moet die Kerk wees, die Bruid van Jesus Christus. Ek het met Hom geleef op aarde, toe Hy gelewe het. Ek het met Hom gesterf toe Hy gesterwe het. Ek het met Hom opgestaan toe Hy opgestaan het. Ek is nou vergader en sit met Hom in Hemelse plekke, omdat ek deel van Hom is. Waar Hy ook al is, daar is ek. “Waar My dienskneg is, daar sal Ek ook wees.”303 Nou kan Hy gemeenskap hou met ons, en deur ons, en Sy Woord by ons laat rus. Wat, ons is ’n deel van Sy Woord. Ons…As Hy die Woord is, en ons is deel van Hom, dan is ons deel van die Woord.304 En hoe kan ek ontken ek het ’n hand? Maak nie saak hoeveel een of ander idioot sou, verskoon my, een of ander wetenskap sou sê dat—dat ek nie ’n hand het nie; ek het ’n hand! Ek weet ek het ’n hand. Ek gebruik dit.305 En ek weet ek het ’n God. Ek het ’n Verlosser. Ek voel Hom in my siel. Ek, ek’s deel van Hom. Dis wat hierdie Woord sê, dis wat ek is. En as ek een deel Hiervan ontken, sou dit wees soos om te ontken ek het ’n hand, ’n oor, ’n oog. Ek sou dit nie kon doen en steeds ’n menslike wese, by my volle verstand, bly nie; ook kan ek nie enigiets van God se Woord ontken en in my volle Gees van God bly nie. Ek moet aanvaar wat die denominasie sê of wat God Daaroor gesê het. Sien? Jy kan dit nie doen nie.306 Nou: “transformering.” Hy kan ons transformeer deur Sy Woord, dat ons kan rus, omdat ons deel Daarvan is.307 En nou is daar baie dinge, as gepraat word oor my natuurlike geboorte, is daar baie dinge van my natuurlike geboorte waaroor ek nie kan spog nie. Ek sê julle, ek het niks om oor te spog nie. My moeder was ’n sondaar om mee te begin; my vader was ’n sondaar. En hulle het gekom uit ’n klomp messtekers en vuurwapen-vegters, en die meeste van hulle is dood met hulle skoene aan; dronklappe en dranksmokkelaars, en wat nog, uit Kentucky uit. My moeder, ’n half-Indiaan. En ek—ek het niks om mee te spog nie. Ek kan nie met my stamboom spog nie.308 Maar, glorie aan God, daar is een ding waaroor ek kan spog, my Tweede Geboorte, wat van Jesus Christus kom. Ek kan spog oor daardie Ouer wat ons het, want Hy is my Vader. Hy is my Verlosser. Hy is my Redder. Ek kan spog oor alles wat Hy—Hy vir my gedoen het, want nou het ek Sy seun geword. Ek is nie meer ’n seun van Charles Branham nie, ek is ’n seun van Jesus Christus. Dis reg. Ek kan nou oor my Geboorte spog. Ek kan nie oor my eerste geboorte spog nie, daar is niks, ek is skaam daaroor. Maar ek is nie skaam vir my Tweede Geboorte

Page 46: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

46 DIE GESPROKE WOORD

nie. Nee, nee. Ek is nie skaam vir my Tweede Geboorte nie. Hoe het Hy dit gedoen? “Deur die was van die water deur die Woord.” Dis reg.309 Waarlik voorbestemde gelowiges hou by die Woord, en hulle sal Dit nie verdraai nie. Dit kan nie verdraai word nie. O, seuns en dogters van God, waarom kan ons nie hierdie groot gemeenskap hou wat ons behoort te hou, met al die seuns en dogters van God nie? Ons behoort dit te hê. Maar hulle wil dit net nie doen nie, dis al, want hulle is nie waarlik seuns en dogters van die…310 Sien, soos ek nou die aand gesê het, ek wou…Ek het dit hier neergeskryf gehad, maar ek het nie tyd om daarby te kom nie. Ek gaan dit laat staan, nou ophou.311 Daardie klein binneste van die binneste, dis waar jy begin, wat jou siel is; kom dan van daar af, is jy ’n gees; en dan word jy ’n lewende wese. Nou die lewende wese het vyf sintuie, om kontak te maak; die tweede het vyf sintuie. Dis die uiterlike liggaam: sien, proe, voel, ruik en hoor. Die innerlike liggaam het liefde en bewussyn, ensovoorts, vyf sintuie. Maar die binneste van die binneste, die beheertoring, dis óf God óf Satan.312 En jy kan enigeen van hierdie dinge waarmee jy kontak kan maak, naboots, soos—soos die, soos die Christen; of jy sou duiwels kon uitdryf, soos ’n Christen. Maar die binneste beheertoring, die begin, die oorsprong, is nie van God nie, dit sal nooit na God terugkeer nie. Verstaan julle dit? Het Judas nie duiwels uitgedryf nie? Het Kajafas, die een wat Hom veroordeel het en Hom doodgemaak het, nie selfs geprofeteer nie? Maar hy kon nie by die Woord bly nie. Sien? Dis reg.313 Getransformeer van die kerk en die wêreld, tot seuns en dogters van God! Let hier op, ter afsluiting nou.314 En nou hoe die swerwende seuns van God, swerwend daar in die wêreld, party van hulle hierdie denominasie, van denominasie na denominasie, soos swerwende sterre, nooit stabiel nie. Soos ’n blaar op die water in die herfs. Ons het dit altyd gesien, Leo, destyds daar in die Ooste. Die blare sou afwaai daarop, en elke windjie sou dit van hierdie kant na daardie kant waai.315 Maar God wil hê ons moet gestabiliseer wees. “Geanker in Jesus, sal ek die lewenstorms trotseer. Geanker in Jesus, vrees ek geen wind of golwe meer,” sien, wat dit ook al is. Baie van julle onthou die “Inch Cape”-klok, toe julle in die skool was, seun en dogter in die skool.316 Abraham en Sara se liggaam is getransformeer, om die vereiste van die beloofde Woord na te kom. Sien, hulle was

Page 47: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 47

oud. Abraham het die belofte ontvang, en Sara, toe hy vyf-en-sewentig was, sy vyf-en-sestig was, verby die menopouse; het saam met haar gelewe vandat sy ’n meisie was, was ’n halfsuster. En, om daardie belofte na te kom, is beide hulle liggame getransformeer, van ’n ou man en vrou, na ’n jong man en vrou, om die belofte van die dag na te kom.317 Glorie aan God! Dit laat my so goed voel. Sien? Ek gee nie om wat ek was nie, ek gee nie om hoe ek hier gekom het nie, ons kan getransformeer word om die belofte van hierdie dag na te kom. Wanneer, ons kan saamleef in eenheid en goedheid van die Heilige Gees, en leef as broers en susters.318 Henog, sy hele liggaam is getransformeer, om ’n tipe na te kom, in God, en hy is na die Hemel toe geneem sonder om die dood te sien, is Henog. Elía het dieselfde gedoen.319 Jesus se liggaam is getransformeer van ’n dooie, koue vorm, papgeslaan, geslaan totdat Sy wonde en Sy—Sy ribbe deur Sy rug gesteek het. En—en Sy hart is deurboor, met ’n spies waarskynlik so breed, regdeur Sy hart gesteek, en Bloed en water het gekom. Selfs die vog van Sy liggaam, het weggegaan, en die Bloed het teen die spies afgeloop, en van Sy voete af, en op die grond afgedrup. En Hy was so dood dat die maan en sterre gesê het Hy is dood, die aarde gesê het Hy is dood; het ’n senuwee-uitputting gehad, die—die rotse het uit die aarde losgeskud, en alles. Alles het gesê Hy is dood; selfs God het Sy aangesig verberg. Hy was dood. Maar Sy liggaam is getransformeer. Waarom? Omdat God gesê het: “Ek sal nie Sy siel in die hel laat bly nie, ook sal Ek nie toelaat dat My Heilige verderwing sien nie.” Daar is geen manier om dit te doen nie.320 Een van hierdie dae, mag ons liggame uitgetrek word in ’n doodskis. Ons kom dalk…Julle kom dalk en kyk na my wat in ’n doodskis lê. Ek kom dalk en kyk na jou, moet dalk die laaste woorde oor jou uitspreek, of so-iets. Maar julle sal ons nooit in die graf hou nie. Hulle kan rotse oor jou plaas. Hulle begrawe jou dalk in die see. Hulle kan maak wat hulle wil, maar die transformerende Krag van God…321 In II Tessalonisense, is gesê: “Ek wil nie hê julle moet onkundig wees nie, broers, wat betref diegene wat slaap nie. Want ons sê dit vir julle, ook, deur die Gebooie van die Here, dat die basuin van God sal weerklink, en die dooies in Christus sal eerste opstaan; ons wat lewe en oorbly,” soos die lied vanmôre gesê het: “sal saam met hulle weggeraap word, om die Here in die lug te ontmoet.”322 Die transformerende Krag van God, wat ons uit die chaos van wetenskap en geleerdheid geneem het, en die dinge van die wêreld, en die insig van hierdie moderne dag, het ons nou

Page 48: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

48 DIE GESPROKE WOORD

getransformeer tot seuns en dogters van God. En selfs die dood kan ons nooit in die graf hou nie. “Ons sal verander word, in ’n oomblik, in ’n oogwink.” “O, jy bedoel om te sê?”323 Ek bedoel om te sê dat dit die Waarheid is! Jesus, daardie Woord het op die aarde gestaan, wat die Woord was, die Een wat opgewek is, en Lasarus opgewek het. Hy het gesê: “Ek is die Opstanding en die Lewe; hy wat in My glo, al het hy gesterf, tog sal hy lewe. En wie ook al lewe in en My glo sal nooit sterf nie.” Daar is geen manier om die lewende Woord van God te stop nie! Dit moet weer opstaan.324 En vanuit hierdie chaos van hierdie moderne wetenskaplike Eden waarin ons lewe, van kultuur en—en wetenskap en geleerdheid, al hierdie moderne goed, sal ons opstaan! “Hierdie kleed van vlees sal ons laat val, en opstaan en die ewigdurende prys aangryp,” eendag. Ons sal deur die lug gaan en dit sal alles verby wees. Want die Woord van God wat ons gebring het van die moderne denke van ons gemoed, ons gemoed getransformeer het tot die vernuwing van ons harte tot God, en ons geeste; daardie selfde Gees wat dit gespreek het, het ons tot sover getransformeer, en Dit sal ons ook neem tot in Sy Teenwoordigheid, in Sy Heerlikheid, met ’n verheerlikte liggaam.325 “Hulle sal huise bou, hulle sal dit bewoon. Hulle sal wingerde plant.” In al ons wetenskaplike soeke; ons plant ’n tuin, ons seuns kom aan en neem die vrugte daarvan, en sy seuns kom en neem dit van hom. En hulle plant, en ’n ander eet; en hulle bou, en ’n ander bewoon. “Maar lank sal die dae wees van My diensknegte, hulle sal daar wees en hulle nageslagte met hulle. Hulle sal bou, en ’n ander sal nie bewoon nie. Hulle sal plant, en nie ’n ander daarvan eet nie.” Wat? Die einste God, die einste profeet vir wie die Woord van God gesê het: “’n maagd sal swanger word,” het ons dit belowe!326 Hoe kry ons dit? Ons is potensieel nou al daar, sien, omdat God so gesê het. Dit moet wees. Toe Hy Lasarus daar opgewek het, het gesê: “Moenie dink dit is vreemd nie, want die uur kom wanneer almal wat in die graf is die Stem van die Seun van die mens sal hoor, en sal uitkom; sommige tot skande, en sommige tot die Lewe.”327 Wat is dit? Transformering, transformering deur die Woord van God, maak ons seuns en dogters van God, en ons ook Lewe sal gee in die wêreld wat kom. O, goeiste! Wat kan ek nog sê? Moenie na ander dinge luister nie.

Streef nie na die aardse rykdom,Wat net tydelik bestaan,Hoop op dit wat Ewig duur,En wat nimmermeer vergaan.

Page 49: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VAN TRANSFORMASIE 49

Hou God’s hand wat nie verander! (Kom ons sing dit!)

Hou God’s hand wat nie verander! (Hier is dit!)

Hoop op dit wat Ewig duur,Hou God’s hand wat nie verander!As ons aardse reis verby is,En ons was aan God getrou,Sal ons siel die Hemelwoning,In vervoering daar aanskou.Hou God’s hand wat nie verander! (Word

getransformeer!)Hou God’s hand wat nie verander!Hoop op dit wat Ewig duur,Hou God’s hand wat nie verander!

328 Moenie op wetenskap let, wat dit kan bewys as dit teenstrydig met die Woord is nie. Sien? Moenie op die kerk let, wat dit sê, as dit teenstrydig met die Woord is nie.

Want ons hou God’s hand wat nie verander!329 Tye verander, wetenskap verander. Hou daardie Hand wat nie kan verander nie.

Hoop op dit wat Ewig duur,Hou God’s hand wat nie verander.

330 Vader God, in die Teenwoordigheid van U, soos wat ons vanmôre hierin byeenkom, ’n verlengde, lang, uitgerekte Boodskap inneem, en, O Here, ek bid dat U daardie Saad sal plaas in die harte van hierdie mense. Onthou, Here, bid ons, dat ons swak is, en ons struktuur is swak, en ons…somtyds weet ons nie watter kant toe om te draai nie. Liewe God, draai U ons en lei ons deur U groot Gees, Here. Help ons. Laat ons nooit alleen nie, Vader. U het belowe U sou nie. “Ek sal julle nooit begewe of julle verlaat nie. Ek sal met julle wees.”331 En, Vader God, ons bid dat U ons Broer Leo sal lei, en Gene. Maak hulle, Here, die soort leiers wat U wil hê oor hierdie mense hier; nie hulle eie gedagtes gebruik nie, maar die groot Heilige Gees hulle laat rig in wat om te doen.332 Seën hierdie manne en vroue, hierdie jong kinders, soos, Here, vir my. En ek—ek—ek bid dat U hulle lank in lewe sal hou. Laat, as dit moontlik sou wees, Here, laat ons leef om Sy Koms te sien. Ons glo ons sal, want ons sien alles is nou so naby. Dis so naby! Skenk dit, Vader. Ons wy hulle aan U, met onsself, nou, om U te dien, in Jesus se Naam. Amen. Ek is jammer ek het julle so lank gehou. Broer Leo.

Page 50: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

KRAG VA N TRANSFORMASIE AFR65-1031M

(Power Of Transformation)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Sondagoggend, 31 Oktober 1965, by die Pine Lawn Karavaanpark in Prescott, Arizona, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2014 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Page 51: AFR65-1031M Krag Van Transformasie VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR65-1031M Power Of... · 2018-05-23 · KRAG VAN TRANSFORMASIE [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net—Red.]

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org