afrikaans eerste addisionele taal junie-eksamen...

17
Bladsy 1 van 17 GRAAD 12 PUNTE : 80 TYD : 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson Parktown Boys’ High School Departement: AFRIKAANS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN 2016 VRAESTEL 1

Upload: dinhthien

Post on 17-May-2019

360 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Bladsy 1 van 17

GRAAD 12

PUNTE : 80 TYD : 2 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson

Parktown Boys’ High School

Departement: AFRIKAANS

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

JUNIE-EKSAMEN

2016

VRAESTEL 1

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 2 van 17

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP (30 PUNTE) AFDELING B: OPSOMMING (10 PUNTE) AFDELING C: TAAL (40 PUNTE)

2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin elke afdeling op ‘n NUWE bladsy. 5. Trek ‘n streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel

gebruik is. 7. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord. 8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar.

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 3 van 17

AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL Lees die artikel op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg.

SJEF JAN-HENDRIK VAN DER WESTHUIZEN

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 4 van 17

‘N MICHELIN-STER VIR JAN-HENDRIK

1. ’n Suid-Afrikaanse sjef en eienaar van die restaurant JAN in Nice, Frankryk, beweeg nou in dieselfde kringe as wêreldbekende sjefs soos Gordon Ramsey.

2. Jan-Hendrik van der Westhuizen se restaurant is met ’n Michelin-ster beloon en hy is die eerste Suid-Afrikaner om dié eer te ontvang. “Dit is ongelooflik,” sê Van der Westhuizen.

3. JAN is een van meer as 50 restaurante om die Michelin-ster in 2016 te ontvang.

4. Van der Westhuizen en Pascal Szafranski het die restaurant in 2013 geopen en kombineer Franse kookkuns en Suid-Afrikaanse gunstelinge soos mosbolletjies, biltong, rooibos, Amarula en ander geregte wat deur sy ouma geïnspireer is. “Ons bedien Suid-Afrikaanse geregte wat ons so effe vir die Franse aanpas, soos mosbolletjie-brioche, melktert-croquembouche, malvapoedingtruffels en ’n gedekonstrueerde bobotie,” sê Van der Westhuizen.

5. Van der Westhuizen is ’n plaasseun wat in Middelburg, Mpumalanga, grootgeword het.

6. Hy het die meeste van sy tyd in die kombuis en tuin deurgebring en sy liefde vir kos en die kunste het gou duidelik geword. “My ouers dink daar moes iets in Middelburg se water gewees het, maar ek dink dis al die plaasmelk wat ek as kind gedrink het,” sê Van der Westhuizen tong-in-die-kies.

7. Ná skool het hy kulinêre kuns en toegepaste ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch (US) gestudeer. As deel van sy studie het hy ’n internskap by die tydskrif ELLE gedoen waarna hy na hul oorsese kantoor in Parys, Frankryk, gestuur is. Dit is hier waar hy die konsep ontwikkel het om Suid-Afrikaanse kos met Franse kookkuns te kombineer.

8. Van der Westhuizen is nie net ’n sjef nie, maar ook ’n fotograaf, stilis, kreatiewe konsultant en skrywer. Sy eerste boek, The French Affair, is “resepte wat grootliks deur sy ma en ouma en grootwordjare in Suid-Afrika geïnspireer is,” sê Linda de Villiers, uitgewer by Penguin Random House Struik.

9. Sy tweede boek JAN: A Breath of French Air, wat in Julie in Suid-Afrika bekend gestel gaan word, handel oor die restaurant en die kos wat Van der Westhuizen bedien. “Daar is nie baie sjefs wat so talentvol soos hy is nie. Jan-Hendrik ontwikkel al sy resepte, hanteer die ontwerp en neem dit af,” sê De Villiers.

10. Van der Westhuizen se raad aan jong Suid-Afrikaners wat droom van ’n beter toekoms is om kanse aan te gryp. “Dit is heeltemal oukei om foute te maak, leer uit dit, vat kanse en bly glo in waarvoor jy staan.”

(Verwerk en aangepas uit: www.netwerk24.co.za)

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 5 van 17

1.1 - Voltooi die volgende sin deur van die HAT-woordeboekinskrywing gebruik te maak. - Skryf slegs die vraagnommer en antwoord neer.

‘n Sjef is iemand wat in die 1.1.1 _____ van ‘n restaurant met 1.1.2 _____ werk. (2)

1.2 Watter WOORD sê vir ons dat die restaurant JAN in Nice, Frankryk aan Jan-Hendrik van der Westhuizen behoort? (1) 1.3 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.

- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Wat het Jan-Hendrik van der Westhuizen en Gordon Ramsey gemeen? Hulle

A. het albei ‘n restaurant in Nice, Frankryk. B. is albei wêreldbekende sjefs. C. is albei Michelin-ster sjefs. D. bedien albei Suid-Afrikaanse kos in hulle restaurante. (1)

1.4 Jan-Hendrik van der Westhuizen se Michelin-ster is ‘n unieke prestasie vir Suid-Afrika. Gee ‘n rede hoekom hierdie stelling WAAR is. (1) 1.5 Hoeveel restaurante wêreldwyd het in 2016 ‘n Michelin-ster ontvang? (1) 1.6 Hoe sal jy die kos op die spyskaart in die restaurant JAN opsom? (1) 1.7 Gee EEN voorbeeld van ‘n Franse nagereg op die restaurant JAN se spyskaart wat deur Jan-Hendrik van der Westhuizen se Suid-Afrkaanse wortels geïnspireer is? (1) 1.8 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.

- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Wat was kenmerkend van Jan-Hendrik van der Westhuizen se grootwordjare in Middelburg, Mpumalanga?

A. Sy liefde vir kos en die kunste. B. Die oorvloed plaasmelk wat beskikbaar was. C. Sy ouma se inspirerende resepte. D. Die sorgvrye plaaslewe op hulle familieplaas. (1)

sjef, (s) 1. Hoof, bestuurder: Die sjef van ‘n afdeling. 2. Baas. 3. Hoofkok: Berei voedsel voor in ‘n eetplek of onthaalarea se kombuis.

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 6 van 17

1.9 - Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. - Skryf slegs die nommer en antwoord neer. “ … sê Van der Westhuizen tong-in-die-kies.” (paragraaf 6) As ‘n mens iets “tong-in-die-kies” sê, beteken dit dat jy dit (ernstig / grappenderwys) bedoel. (1) 1.10 Watter posisie het Jan-Hendrik van der Westhuizen tydens sy studie aan die Universiteit Stellenbosch by die tydskrif ELLE beklee? Gee ‘n DEEL van ‘n WOORD. (1) 1.11 Die tydskrif ELLE is tot die Suid-Afrikaanse mark beperk. Gee ‘n rede hoekom hierdie stelling ONWAAR is. (1) 1.12 Jan-Hendrik van der Westhuizen dra nie slegs een hoed nie. 1.12.1 Wat beteken hierdie uitdrukking? (1) 1.12.2 Gee ‘n voorbeeld van een van die ANDER hoedens wat hy dra. (1) 1.13 Hoe beskryf die uitgewer, Linda de Villiers vir Jan-Hendrik van der Westhuizen? Gee slegs EEN woord. (1) 1.14 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi.

- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Jan-Hendrik van der Westhuizen raai jong Suid-Afrikaners aan om

A. groot te droom. B. ook ‘n sjef te word. C. tersiêre studie ernstig op te neem. D. kanse aan te gryp. (1)

1.15 Watter les kan die leser uit Jan-Hendrik van der Westhuizen se suksesstorie leer? (1)

EN

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 7 van 17

TEKS B: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

JAN-HENDRIK SE

Sy eerste kookboek, The French Affair, is resepte wat hy bymekaargemaak het op sy reise van moedersknie tot nou aan die Franse Riviera en Parys. Kookboek: The French Affair Skrywer: Jan-Hendrik van der Westhuizen Uitgewer: Human & Rousseau Ontwerpers: Fred Viljoen en Beverley Dodd Prys: 20€

(Uit: www.kalahari.com) 1.16 Watter WOORD definieer Jan-Hendrik van der Westhuizen se verhouding met Frankryk en dié land se kookkuns? (1) 1.17 Watter kenmerkende kledingstuk dra Jan-Hendrik van der Westhuizen in die foto hierbo wat hom as ‘n sjef of kok identifiseer? (1)

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 8 van 17

1.18 Hoe weet ons dat Jan-Hendrik van der Westhuizen in die foto by ‘n Franse restaurant sit en koffie drink? Gee TWEE bewyse. (2) 1.19 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.

- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

As watter genre word hierdie boek van Jan-Hendrik van der Westhuizen geklassifiseer?

A. Resepteboek B. Reisjoernaal C. Kookboek D. Fotojoernaal (1)

1.20 - Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. - Skryf slegs die nommer en antwoord neer. Nie alleen was Jan-Hendrik van der Westhuizen verantwoordelik vir die resepte in die boek nie, maar ook vir die (omslagontwerp / foto’s). (1) 1.21 “ … Jan-Hendrik van der Westhuizen, ‘n Suid-Afrikaanse fotograaf wat ‘n restaurant in Frankryk besit, …” Verduidelik die ironie in die aanhaling hierbo. (2) 1.22 The French Affair is Jan-Hendrik van der Westhuizen se debuut kookboek. Gee ‘n rede hoekom hierdie stelling WAAR is. (1) 1.23 Hoe weet ons dat sommige van die resepte in Jan-Hendrik van der Westhuizen se boek hul oorsprong uit sy jeug het? Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan. (1) 1.24 As die Euro / Rand wisselkoers 1€ = R17 is, hoeveel kos Jan-Hendrik van der Westhuizen se boek in Suid-Afrikaanse Rand? (1) 1.25 By watter aanlynwinkel is Jan-Hendrik van der Westhuizen se boek beskikbaar? (1) 1.26 Die Franse sal ook Jan-Hendrik van der Westhuizen se boek bruikbaar vind.

Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik jou antwoord. (1) TOTAAL AFDELING A: [30]

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 9 van 17

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2 Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit. INSTRUKSIES

1. Som Jan-Hendrik se SEWE stappe om ‘n entrepreneur te word op. 2. Skryf die stappe PUNTSGEWYS neer. 3. Nommer die stappe van 1 tot 7. 4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C: JAN-HENDRIK: SEWE STAPPE OM ‘N ENTREPRENEUR TE WORD

TOTAAL AFDELING B: [10]

Jan-Hendrik van der Westhuizen, eienaar van die restaurant JAN in Nice, Frankryk, stel voor dat ‘n entrepreneur die volgende stappe deurwerk wanneer hy of sy ‘n besigheid wil begin. “Kan ek dit finansieel bekostig om ‘n besigheid te begin? Moet ek nie eers van al my skuld ontslae raak nie? Het ek genoeg geld om my deur ‘n skielike krisis te help?” As jy nie positief op hierdie vrae kan antwoord nie, moet jy dalk eers jou planne uitstel. Vra jouself die vraag of jy jou sterk- en swakpunte ken. Stel ‘n lys op van al jou vaardighede en belangstellings en kyk of jy dit kan gebruik om ‘n suksesvolle besigheid te begin. Jy kan nie ‘n besigheid begin as jy nie weet of daar ‘n behoefte vir jou produk is nie. Menige entrepreneur het al in die stof gebyt omdat hy nie sy huiswerk vooraf behoorlik gedoen het nie. ‘n Goeie sakeplan is ‘n moet as jy wil hê jou besigheid moet ‘n sukses wees. As jy byvoorbeeld besluit om aan die Tour de France deel te neem, gaan jy definitief maande voor die tyd vir hierdie fietswedren moet begin oefen. Net so met besigheid, moet jy ‘n goeie basis daarstel voordat jy kan begin. Jan-Hendrik stel voor dat jy kyk na watter hulpbronne beskikbaar is wanneer jy ‘n idee het. Daar is verskillende soorte ondernemings op die mark. Wanneer jy jou eie baas wil wees, kan jy ‘n besigheid van nuuts af begin of jy kan ‘n bestaande besigheid koop. Jy kan ook inkoop in ‘n franchise as jy wil. Die meeste mense wat ‘n besigheid begin, het ‘n passie vir hulle produk, maar hulle het nie noodwendig die kundigheid nie. Dit is nie ‘n slegte plan om met kundiges in die sakewêreld te praat oor jou planne en idees nie. Geniet jou besigheid en maak ‘n sukses daarvan.

(Verwerk en aangepas uit: www.janhendrik.com)

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 10 van 17

AFDELING C: TAAL VRAAG 3 TEKS D

Die taalvrae wat volg, is op die spotprent hieronder gebaseer.

Voer die instruksies by elke vraag uit.

(Uit: www.netwerk24.co.za) 3.1 Hoe weet ons daar heers ‘n vrolike atmosfeer in die restaurant JAN? Noem TWEE goed. (2) 3.2 Daar is ‘n musician wat die gaste in die restaurant vermaak. 3.2.1 Gee die AFRIKAANSE woord vir musician. (1) 3.2.2 Wat noem ons die instrument wat hy bespeel? (1) 3.2.3 Watter kenmerkende hooftooisel dra die man wat tipies Frans is? (1)

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 11 van 17

3.3 Watter bewys is daar in die spotprent dat JAN ‘n bekroonde restaurant is? (1)

3.4 Noem TWEE geregte wat op die restaurant JAN se spyskaart sigbaar is. (2) 3.5 - Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. - Skryf slegs die nommer en antwoord neer. Die glase op die twee Franse gaste se tafel in die restaurant JAN sê vir ons dat hulle baie van (bier / wyn) hou. (1) 3.6 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord.

- Skryf slegs die vraagnommer en die letter (A – D) neer.

Die twee Franse gaste in die restaurant JAN dink dat hulle ‘n baie gesofistikeerde palet het. Wat noem ‘n mens sulke mense?

A. Franse B. Snobs C. Gaste D. Klante (1)

[10]

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 12 van 17

VRAAG 4 TEKS E

Die taalvrae wat volg, is op die boekbekendstelling hieronder gebaseer.

‘n Opsetlike spelfout kom voor.

Voer die instruksies by elke vraag uit.

(Uit: www.randomstruik.co.za) 4.1 Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM. Struik Lifestyle en Grand Provence Wynlandgoed nooi jou na die boekbekendstelling. (1)

Struik Lifestyle en Grand Provence Wynlandgoed nooi jou na die

boekbekendstelling van

deur Jan-Hendrik van der Westhuizen Suid-Afrika se eerste

Michelin-ster Sjef

Datum Sondag, 23 Julie Tyd 14:30 Plek Die Jonkershuis, Grand Provence Wynlandgoed, Hoof weg, Franschhoek RSVP Jean Fryer by [email protected] of 011-327 3550 teen 14 Junie

-------------------- GETALLE BEPERK – RSVP NOODSAAKLIK

--------------------

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 13 van 17

4.2 “ … Suid-Afrika se eerste Michelin-ster Sjef.” 4.2.1 Gee die AFKORTING vir Suid-Afrika. (1) 4.2.2 Waarom word die woord “Michelin-ster” met ‘n KOPPELTEKEN geskryf? (1) 4.3 Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD. Die boekbekendstelling vind op Sondag, 23 Julie plaas. (1) 4.4 Skryf die sin oor in die INFINITIEF. Gaste moet betyds vir die boekbekendstelling opdaag. Begin só: Gaste behoort … (1) 4.5 Skryf die TYD tussen hakies uit. Die boekbekendstelling begin (14:30). (1) 4.6 Skryf die woord wat verkeerd gespel is, korrek oor. (1) 4.7 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Grand Provence Wynlandgoed is een van die borge. Die boekbekendstelling vind daar plaas. (dus) (1) 4.8 Gee die ontbrekende VOORSETSEL. Jan-Hendrik van der Westhuizen sal van sy resepte _____ die gaste deel. (1) 4.9 Skryf die volgende sin oor en begin met die woorde tussen hakies. Jan-Hendrik van der Westhuizen poseer (met gevoude arms) vir die fotograaf. (1) [10]

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 14 van 17

VRAAG 5 TEKS F

Die taalvrae wat volg, is op die restaurant-rekening hieronder gebaseer.

Voer die instruksies by elke vraag uit.

(Uit: www.lefooding.com)

5.1 Die kelner in die restaurant JAN vra vir die restaurantgas: “Kan ek die rekening bring?”

5.1.1 Skryf die bostaande sin oor in die INDIREKTE REDE. (1) 5.1.2 Gee die VROULIKE VORM vir die woord kelner. (1)

5.2 Gee die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies. Jan-Hendrik van der Westhuizen het die hoofgereg self (berei voor). (1)

5.3 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Die restaurantgas se (kies) van Gewurztraminer het sy maaltyd gekomplimenteer. (1)

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 15 van 17

5.4 Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

Die restaurantgas het iets vir nagereg gehad. (1)

5.5 - Gebruik die HAT-woordeboekinskrywing hieronder en kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. - Skryf slegs die nommer en antwoord neer.

Die woord restaurant is oorspronklik ‘n (Engelse / Franse) woord. (1) 5.6 Daar was slegs een restaurantgas by tafel (14). 5.6.1 Skryf die GETAL tussen hakies uit. (1) 5.6.2 Gee ‘n SINONIEM vir die woord slegs. (1) 5.6.3 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Die restaurantgas was die (een) persoon by tafel 14. (1) 5.7 Restaurant JAN sal Franse en Suid-Afrikaanse gaste beïndruk. Hoe sal jy die belangrikheid van beide groepe gaste in die sin hierbo beklemtoon? (1) [10]

restaurant, (-e, -s) (F.) Ook restourant. Openbare plek waar voorbereide etes en drank bedien word.

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 16 van 17

VRAAG 6 TEKS G

Die taalvrae wat volg, is op die internetartikel hieronder gebaseer.

Voer die instruksies by elke vraag uit. 6.1 Verander die STELSIN na ‘n VRAAGSIN waar die gedeelte tussen hakies die antwoord is. Jan-Hendrik van der Westhuizen se restaurant, JAN, is (in Nice Frankryk). (1) 6.2 Die inspirasie vir sy oorspronklike disse word hoofsaaklik van sy ouma se geregte gekry. 6.2.1 Haal ‘n SINONIEM vir geregte aan uit die sin hierbo. (1) 6.2.2 Skryf die ADJEKTIEF in die sin neer. (1) 6.3 Gee die PERSOONSNAAM vir die woord tussen hakies. Jan-Hendrik van der Westhuizen is ‘n (Middelburg) in murg en bloed. (1)

JAN-HENDRIK IS MIDDELBURG SE TROTS

Jan-Hendrik van der Westhuizen se restaurant, JAN, is in Nice, Frankryk. Hy bedien Suid-Afrikaanse kos soos melktert en biltong. Die inspirasie vir sy oorspronklike disse word hoofsaaklik van sy ouma se geregte gekry. Hy moderniseer dit dan vir die Franse palet. Sy Frans was aan die begin maar beroerd. Die restaurant het in 2013 begin en die deure was skaars agt maande oop toe die Michelin Guide JAN reeds in hulle gids genoem het. JAN is in 2015 as een van die wêreld se 15 beste restaurante 6.7 (aankondig). Die Michelin-ster is net die kersie op die koek. Jan-Hendrik is ’n oud-leerling van Hoërskool Middelburg. Hy het nog altyd van kosmaak gehou. Hy was nog altyd lief vir die mooi dinge in die lewe. Jan-Hendrik was altyd ’n energieke kind wat sy drome en idees nagejaag het. Hy het altyd die ekstra myl gestap en baie hard gewerk.

(Uit: www.mobserver.co.za)

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL JUNIE-EKSAMEN

2016 VRAESTEL 1

Bladsy 17 van 17

6.4 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE. Jan-Hendrik van der Westhuizen sê dat hulle melktert en biltong bedien. (1) 6.5 Skryf die sin oor en vul die ontbrekende LEESTEKEN in. Toe Jan-Hendrik van der Westhuizen in Frankryk aangekom het het hy nie veel Frans verstaan nie. (1) 6.6 “Die Michelin-ster is net die kersie op die koek.” “… die kersie op die koek.” is die anglisistiese uitdrukking vir die suiwerder Afrikaans Dit span die kroon. Wat beteken hierdie idioom? (1) 6.7 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. JAN is in 2015 as een van die wêreld se 15 beste restaurante (aankondig). (1) 6.8 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

Jan-Hendrik is ’n oud-leerling van Hoërskool Middelburg. Hy het nog altyd van kosmaak gehou. (en) (1)

6.9 Skryf die sin oor in die TEENWOORDIGE TYD. Hy het altyd die ekstra myl gestap en baie hard gewerk. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: [40] GROOTTOTAAL: [80]