afrikaans huistaal vraestel 2 november 2015 graad 7 · afrikaans huistaal graad 7 november 2015...

13
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Upload: others

Post on 02-Feb-2020

31 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 2

NOVEMBER 2015

GRAAD 7

PUNTE: 60

TYDSDUUR: 2 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Page 2: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 2 van 9

Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP 30 AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES 30 TOTAAL: 60

INSTRUKSIES

1. Beantwoord AL die vrae op die antwoordblad wat voorsien is.

2. Lees die vrae noukeurig deur.

3. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig.

4. Let op na die spelling.

5. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 3 van 9

AFDELING A LEESBEGRIP

VRAAG 1 Lees die leesstuk en beantwoord die vrae.

One Direction straks in Suid-Afrika

1. ʼn Mens kan nie te ver verkeerd wees as jy die Britse popgroep One Direction die

gewildste groep in die wêreld noem nie.

2. Stories loop rond dat hulle dalk volgende jaar in Suid-Afrika gaan kom optree,

maar plaaslike promotors wil in hierdie stadium niks bevestig nie. Tog ontken

niemand dit ook openlik nie…

3. Toe die vyf groeplede onlangs hul rolprentdebuut gemaak het met die konsertfliek

en dokumentêr One Direction: This Is Us, het dit die loket in die VSA en Brittanje

oorheers. Dit het R184miljoen by die Amerikaanse loket verdien in die naweek

wat dit daar begin wys het.

4. One Direction, wat bestaan uit Niall Horan, Zayn Malik, Liam Payne, Harry Styles

en Louis Tomlinson, het ook nou uiteindelik die titel van hul derde album bekend

gemaak. Midnight Memories sal op 25 November amptelik uitgereik word en kan

reeds vooraf op iTunes bestel word. Die groep het gesê dat dié album, wat hul

derde ateljee - album is, ʼn sterker rockklank het as hul vorige albums.

5. One Direction het vanjaar reeds meer as 100 optredes in 21 lande gehad

gedurende hul eerste wêreldtoer. Hulle sal egter hulle tasse nie te diep kan weg

pak nie, want kort ná die uitreiking van Midnight Memories gaan ʼn wêreldwye

stadiontoer volg met ondermeer twee aande in die legendariese Wembley

Stadion.

6. Dit is vir insluiting op hierdie wêreldtoer wat Suid-Afrikaners solank duim vashou.

Die groep se huidige radiotreffer, “Best Song Ever”, sal op die nuwe album wees.

Dié liedjie is onlangs as liedjie van die somer aangewys in MTV se

musiekvideopryse en die video daarvan is al meer as 100miljoen keer op

YouTube gekyk sedert dit in Julie aanlyn uitgereik is.

Page 4: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 4 van 9

VRAE

1.1 Wie is One Direction? (1)

1.2 Kies die korrekte antwoord tussen hakies:

Midnight Memories sal op (25; 26; 27) November vrygestel word. (1)

1.3 Noem TWEE prestasies wat One Direction bereik het met hul konsertfliek. (2)

1.4 Hoekom moet One Direction nie te gou hul tasse wegpak nie? (1)

1.5 Hoeveel keer is die video van Best Song Ever al op You Tube gekyk? (1)

1.6 In watter posisie het One Direction geëindig toe hulle aan X-Factor

deelgeneem het? (1)

1.7 Noem die stadion in Londen waar hulle vir twee aande sal optree. (1)

1.8 Hoe het One Direction bekend geword? (1)

1.9 Waarvoor hou Suid-Afrikaners duim vas? (1)

1.10 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

Motiveer telkens jou antwoord.

1.10.1 One Direction bestaan uit vier lede. (2)

1.10.2 Best Song Ever is die musiekvideo met die meeste kykers op

You Tube. (2)

7. Dit was vir ʼn rukkie die musiekvideo wat die meeste trefslae (mense wat daarna

gekyk het) in een dag op YouTube gehad het, tot Miley Cyrus se “Wrecking Ball”

verlede week hierdie rekord oortref het.

8. Die groep het in 2010 bekend geraak nadat hulle aan die Britse talentprogram

The X-Factor deelgeneem en derde geëindig het.

9. Hulle het daarna meer as 32 miljoen albums verkoop en 61 nr.1 plekke op

trefferparades behaal.

Page 5: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 5 van 9

1.11 Haal EEN woord uit die leesstuk aan wat aandui dat One Direction:

This Is Us hul eerste rolprent is. (1)

1.12 Hoekom, dink jy, is One Direction so populêr? (1)

1.13 Noem EEN van die liedjies wat op hul nuwe album sal wees. (1)

1.14 Haal EEN woord aan uit paragraaf 6 wat aandui dat One Direction

op meer as een kontinent gaan optree. (1)

1.15 Hoe gaan die nuwe album van One Direction klink? (1)

1.16 Waarvoor staan die afkorting: nr. (paragraaf 9) (1)

(20)

VRAAG 2

Lees die artikel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Vreemde Rekords Iemand het eendag gesê dat rekords daar is om later gebreek te word. Dit is veral

waar ten opsigte van sport en vinnige motors. Tog is daar sekere rekords wat al

eeue oud is en nooit gebreek sal word nie.

David Hunter, ʼn Amerikaner, het ʼn wêreldrekord opgestel deur vir 255 uur lank

wakker te bly – dit is 9 dae en 9 ure! Baie mense het al probeer om hierdie rekord te

verbeter, maar hulle kon nie daarin slaag nie. Vyf seuns van Kaapstad het probeer

om hierdie rekord te breek, maar hulle kon net vir 48 uur lank wakker bly. Toe, in

1986, kom mev Berta van der Merwe van Bellville en sy stel ʼn nuwe wêreldrekord op

vir wakker bly: 282 uur en 55 minute!

Nog ʼn Amerikaner, C.A. Harriman, is die man wat die verste geloop het sonder om

te stop. Hy het 194,21km ver geloop. Hierdie rekord staan al van 1883 af.

Die langste wat ʼn man nog klavier gespeel het, is 423 uur – hy het net so af en toe

gestop om iets te eet of te drink.

Die rekord vir die langste aanmekaar praat, word snaaks genoeg, deur ʼn man

gehou. Die Ier, Kevin Sheenan, het vir 5 dae en 13 uur gepraat sonder om op te hou.

Page 6: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 6 van 9

Toe probeer ʼn vrou om sy rekord te verbeter, maar tot almal se verbasing kon sy net

vir 96 uur en 54 minute aanhou praat.

Theodore Rooseveldt, oud-president van Amerika, hou die rekord vir die meeste

hande skud. Hy het op een dag die hande van 8513 mense geskud.

ʼn Baie snaakse rekord word deur twee Russe gehou: Gesigklap! Hierdie twee

ouens het gelykop geëindig nadat hulle mekaar vir meer as 30 uur deur die gesig

geklap het. Omdat hulle oë toegeswel was van al die klappery, het hulle mekaar

begin mis klap en moes hulle ophou. Hulle kon vir dae lank nie sien nie en dus sal

hulle seker nie gou weer so iets probeer doen nie!

Mense probeer rekords verbeter omdat hulle beroemd wil wees. Hulle wil ook die

beste in die wêreld wees.

VRAE 2.1 Van watter land is die man wat vir 9 dae en 9 ure wakker gebly het? (1) 2.2 Vir hoeveel dae het die seuns van Kaapstad wakker gebly? (1) 2.3 Waar bly die vrou wat David Hunter se rekord verbeter het? (1) 2.4 Hoekom het die man wat klavier gespeel het, af en toe gestop? (1) 2.5 Waarom dink jy, was almal verbaas dat ʼn man, en nie ʼn vrou nie, die rekord hou vir die langste praat? (1) 2.6 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer. Theodore Rooseveldt is vandag nog die president van die V.S.A. (2) 2.7 Watter vreemde rekord hou die twee mans van Rusland? (1) 2.8 Het iemand die kompetisie gewen? Haal EEN WOORD uit die leesstuk aan om jou antwoord te staaf. (1) 2.9 Hoekom probeer mense rekords verbeter? Gee EEN rede. (1)

(10)

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 7: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 7 van 9

AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde tussen hakies neer:

Die klein (man) 3.1_____ wat so ver geloop het, is (loon) 3.2 ____ vir sy poging. C.A Harriman het die lang afstand ook (baie vinnig) 3.3 _____ afgelê. Sy familie het besluit om vir hom ʼn klein (standbeeld) 3.4_____ op te rig omdat hy nou so beroemd is. Die vyf (jonk) 3.5_____ seuns wat probeer het om sy rekord te verbeter, was onsuksesvol omdat hulle (moeg) 3.6_____ as hy geword het. (6) VRAAG 4 Skryf die volgende sinne oor in die tyd soos aangedui in hakies: 4.1 Berta van der Merwe is baie beroemd. (toekomende tyd) (2) 4.2 Die man speel vir ure op die klavier. (verlede tyd) (2) 4.3 Ek het vir dae lank wakker gebly. (teenwoordige tyd) (2) (6)

VRAAG 5

Die volgende sin is ʼn saamgestelde sin. Skryf die TWEE sinne neer wat saamgevoeg is om dié sin te vorm.

Hulle kon vir dae lank nie sien nie en dus sal hulle seker nie gou weer so iets

probeer doen nie. (2)

Page 8: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 8 van 9

Gebruik die leesstuk om die taalvrae te beantwoord.

Suksesvolle tiener van Amerika Nash Grier, ʼn tiener van Amerika, is ʼn hedendaagse

kampioen. Hy het op die internet bekend geraak vir sy kort

You Tube video’s. Een van die webtuistes waarop hy sy

video’s laai, word The Vine genoem. ʼn Rekord aantal

jongmense oor die wêreld heen kyk gereeld na sy video’s.

VRAAG 6 Vul die korrekte besitlike voornaamwoorde by die oop spasies in. 6.1 Nash se ma is trots op ______ seun. (1) 6.2 Hy gebruik ______ eie iPhone om die video’s te maak. (1) (2) VRAAG 7 Skryf die volgende afkortings (tussen hakies) voluit: Nash kan nie (Afr.) 7.1 ____ praat nie en kom ook nie van (SA) 7.2 _____ nie. (2) VRAAG 8 Skryf die sinne oor in die ontkennende vorm. 8.1 Ouer mense hou altyd van Nash se video’s. (1)

8.2 Iemand het gesê rekords is daar om gebreek te word. (1)

(2)

VRAAG 9

Skryf die sin oor in die direkte rede.

Nash sê hy laai gereeld video’s op die Vine. (3)

Page 9: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 9 van 9

VRAAG 10 Sê watter woordsoorte die onderstreepte woorde is.

6 November 10.1 1970 ... Wéér een van daardie

moeilike 10.2 dae. Dit het begin toe ek vanoggend

10.3 verslaap het, en ʼn hele vyf minute laat by

die skool aangekom 10.4 het. 10.5 ʼn Onvergeeflike

oortreding!

Die hoof het nie eers geluister toe ek probeer verduidelik het, dat ek as gevolg

van die 10.6 baie huiswerk, te laat in die bed gekom het 10.7 en nie die

wekker hoor lui het nie. (7)

TOTAAL AFDELING B: 30

GROOTTOTAAL 60

Page 10: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

MEMORANDUM

NOVEMBER 2015

VRAESTEL 2

GRAAD 7

PUNTE: 60

Hierdie memorandum bestaan uit 4 bladsye.

Page 11: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 2 van 4

AFDELING A LEESBEGRIP

VRAAG 1

1.1 Gewildste Britse popgroep ter wêreld. √ 1 1.2 25 √ 1 1.3 Hulle het die loket in die VSA en Brittanje oorheers. √

In Amerika het die fliek R 184 miljoen verdien. √ 2

1.4 Hulle gaan ʼn wêreldtoer onderneem. √ 1 1.5 Meer as ʼn 100 miljoen keer √ 1 1.6 Hulle het derde geëindig √ 1 1.7 Wembley Stadion √ 1 1.8 Hulle het aan die talentprogram The X-Factor deelgeneem. √ 1 1.9 Suid-Afrikaners hoop hulle gaan ons land ook besoek op hul

wêreldtoer. √ 1

1.10.1 Onwaar √ Hulle bestaan uit 5 lede. √ 2 1.10.2 Waar √ Dit is as liedjie van die somer aangewys. √ 2 1.11 rolprentdebuut √ 1 1.12 Eie antwoord √ 1 1.13 Best Song Ever √ 1 1.14 wêreldtoer √ 1 1.15 sterker rockklank √ 1 1.16 nommer √ 1 20 VRAAG 2 2.1 Amerika √ 1 2.2 2 dae √ 1 2.3 Bellville √ 1 2.4 om te eet en te drink √ 1 2.5 Dit word algemeen aanvaar dat vrouens baie praat. √ 1 2.6 Onwaar √ die teks sê “oud-president van Amerika ”√ 2 2.7 gesigklap √ 1 2.8 Nee …. gelykop √ (geëindig) √ 1

2.9 Hulle wil beroemd wees./Hulle wil die beste in die wêreld wees. √ 1 10

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 12: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 3 van 4

AFDELING B TAAL IN KONTEKS

VRAAG 3 3.1 mannetjie √ 1

3.2 beloon √ 1

3.3 blitsvinnig √ 1

3.4 standbeeldjie √ 1

3.5 jong √ 1

3.6 moeër √ 1

6

VRAAG 4 4.1 Berta van der Merwe gaan/sal baie beroemd wees. √ 2

4.2 Die man het vir ure op die klavier gespeel. √ 2

4.3 Ek bly vir dae lank wakker. √ 2

6

VRAAG 5

x Hulle kon vir dae lank nie sien nie. √ 1

x Hulle sal seker nie gou weer so iets probeer doen nie. √ 1

2

VRAAG 6 6.1 haar √ 1

6.2 sy √ 1

2

VRAAG 7 7.1 Afrikaans √ 1

7.2 Suid-Afrika √ 1

2

Page 13: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 7 · Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015 Bladsy 7 van 9 AFDELING B TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 Skryf die korrekte vorm van die woorde

Afrikaans Huistaal Graad 7 November 2015

Bladsy 4 van 4

VRAAG 8 8.1 Ouer mense hou nooit van Nash se video’s nie. √ 1

8.2 Niemand het gesê rekords is daar om gebreek te word nie. √ 1

2

VRAAG 9 Nash sê: √ ”Ek √ laai gereeld video’s op die Vine.” √ 3

VRAAG 10 10.1 telwoord √ 1

10.2 selfstandige naamwoord / soortnaam √ 1

10.3 werkwoord √ 1

10.4 hulpwerkwoord √ 1

10.5 lidwoord / onbepaalde lidwoord √ 1

10.6 byvoeglike naamwoord √ 1

10.7 voegwoord √ 1

7

TOTAAL AFDELING B: 30

GROOTTOTAAL 60