afrikaans huistaal vraestel 3 - afrikaans-afrikaans · gdo distrik d9 afrikaans huistaal graad 10...

8
Bladsy 1 van 8 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 3 JUNIE 2012 JOHANNESBURG EAST DISTRICT GRAAD 10 DISTRIK EKSAMEN

Upload: others

Post on 19-Feb-2021

83 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

  • Bladsy 1 van 8

    PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR

    Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

    AFRIKAANS HUISTAAL

    VRAESTEL 3

    JUNIE 2012

    JOHANNESBURG EAST DISTRICT

    GRAAD 10

    DISTRIK EKSAMEN

  • GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 JUNIE EKSAMEN

    VRAESTEL 3

    Bladsy 2 van 8

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    INSTRUKSIES:

    1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

    AFDELING A: Opstel. (50 PUNTE) AFDELING B: Langer transaksionele tekste. (30 PUNTE) AFDELING C: Transaksionele, naslaan en informatiewe tekste (20 PUNTE)

    2. Beantwoord EEN vraag uit elke afdeling.

    3. Nommer die skryfstukke wat jy kies korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel

    gebruik is.

    4. Voer die opdragte, by elke vraag wat jy kies, noukeurig uit.

    5. Die uiteensetting van jou skryfstukke is baie belangrik. Jy moet elke skryfstuk op 'n NUWE DUBBELBLADSY begin.

    5.1. Doen die beplanning/redigering op die linkerkantste bladsy.

    5.2. Skryf die woorde FINALE PRODUK aan die regterkantste bladsy.

    VOORBEELD:

    LINKERBLADSY

    BEPLANNING/REDIGERING Kan só lyk

    Onderwerp

    Inleiding Paragrawe Slot

    Jy kan dan op die bladsy jou foute vebeter / wys voordat jy die stuk

    oorskryf.

    1.2.

    REGTERBLADSY

    FINALE PRODUK

    Byvoorbeeld:

    Die sokkerwêreldbeker

  • GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 JUNIE EKSAMEN

    VRAESTEL 3

    Bladsy 3 van 8

    AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1

    Kies EEN vraag en skryf 300 – 350 woorde oor die onderwerp. Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan.

    1.1.

    Dit was nou regtig ‘n blou Maadag!

    OF 1.2. Lente! Kom liewe Lente!

    OF

    1.3.

    Ek kon sien dit gaan ‘n ramp wees maar wou niks sê nie.

    OF

    1.4.

    Ipad!

    OF

    1.5.

    Die (voordele / nadele)* van sosiale netwerke.

    *KIES EEN!!

    OF

  • GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 JUNIE EKSAMEN

    VRAESTEL 3

    Bladsy 4 van 8

    Kies EEN van die volgende visuele tekste. Laat jou gedagtes gaan en skryf ENIGE LANG OPSTEL daaroor. 1.6. 1.

    OF

    1.6. 2.

    OF

  • GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 JUNIE EKSAMEN

    VRAESTEL 3

    Bladsy 5 van 8

    1.6. 3.

    TOTAAL AFDELING A: 50

  • GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 JUNIE EKSAMEN

    VRAESTEL 3

    Bladsy 6 van 8

    AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2

    • Kies EEN vraag en skryf 180 – 200 woorde oor die onderwerp. 2.1.

    Jou ouers het gesê jou vriend / vriendin kan saam met julle op vakansie gaan na Amerika. Skryf ‘n VRIENDSKAPLIKE BRIEF om hom / haar uit te nooi. Jy moet die korrekte formaat van die brief gebruik.

    OF

    2.2.

    Jy en ‘n vriend / vriendin het sopas ‘n briljante film gekyk. Skryf ‘n DIALOOG waarin jy en ‘n vriend / vriendin oor die film praat. Die formaat is uiters belangrik.

    OF

    2.3.

    Jy is die redakteur van jou skoolkoerant en wil ‘n toevoeging tot die koerant maak in die vorm van ‘n filmresensie. Skryf ‘n AFRIKAANSE FILMRESENSIE oor ‘n ENGELSE film wat jy gesien het. Jy moet dit in ‘n trant skryf wat jou tydgenote sal geniet – sonder om banaal te wees. Jy mag ook nie slengtaal gebruik nie.

    OF

    2.4.

    Een van die onderwysers by jou skool het gesterf. Hy was die RCL-koördineerder op die personeel en het jou as RCL leier altyd gehelp. Jy is gevra om ‘n iets te skryf omdat jy en die so onderwyser so goed oor die weg gekom het en omdat jy die RCL-leier is. Skryf ‘n HULDEBLYK oor die onderwyser. Onthou oor wie en wat jy skryf – die trant moet daarvan spreek.

    TOTAAL AFDELING B: 30

  • GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 JUNIE EKSAMEN

    VRAESTEL 3

    Bladsy 7 van 8

    AFDELING C: TRANSAKSIONELE, NASLAAN- EN INFORMATIEWE TEKSTE VRAAG 3 • Kies EEN vraag en skryf 100 – 120 woorde oor die onderwerp. 3.1.

    Die hoof van die skool het gesê julle mag ‘n LENTEPARTYTJIE hou vir vondsinsameling. Ontwerp ‘n ADVERTENSIE-PLAKKAAT wat jy in die skool kan opsit. Die plakkaat moet aanloklik en oortuigend wees en ALLE relevante informasie hê.

    OF

    3.2.

    Jou vriend / vriendin kom kuier. Skryf ‘n SMS in KORREKTE Afrikaans aan jou vriend / vriendin en gee hom / haar duidelike INSTRUKSIES oor hoe om by jou huis uit te kom vanaf die lughawe.

    OF

    3.3.

    Jy wil graag by die JEUGKLUB in jou area aansluit. Vul die VORM op die volgende bladsy VOLLEDIG in.

  • GDO DISTRIK D9 AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 JUNIE EKSAMEN

    VRAESTEL 3

    Bladsy 8 van 8

    INSKRYWINGSVORM – JEUGKLUB

    AFDELING A: PERSOONLIKE INLIGTING VERSKAF ASSEBLIEF JOU PERSOONLIKE INLIGTING

    Van: Naam: ID Nommer: Geslag: Graad: Selfoon: Tel (H): E-posadres: Posadres: Poskode:

    AFDELING B: INLIGTING OOR WIE DIE FOOIE GAAN BETAAL ONS AANVAAR NET BETALINGS PER DEBIETORDER

    Wie is verantwoordelik vir die fooie? Volle naam en van van die Rekeninghouer Kontaknommer: Alternatief: ID Nommer: Verwantskap: Bank: Tak Rekeningnommer Op watter dag kan die debiet afgetrek word?

    Eienskappe wat jou ‘n aanwins vir die klub sal

    maak.

    AFDELING C: AKTIWITEITE MERK DIE AKTIWITEITE WAARBY JY BETROKKE WIL WEES

    X Skoonmaak van die omgewing X Informasieveldtog teen dwelmiddels X Besoeke aan ouetehuise X Besoeke aan rehabilitasiesentrums X Besoeke aan hospitale X Kursusse vir selfverbetering

    Motiveer hoekom jy die bogenoemde kursusse wil doen.

    TOTAAL AFDELING C: 20

    VRAESTEL TOTAAL - 100