afrikaans  · web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1....

16
PUNTE: 80 TYD: 2uur INSTRUKSIES EN INLIGTING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 JUNIE 2012

Upload: others

Post on 20-Jun-2021

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

PUNTE: 80

TYD: 2uur

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdievraestelbestaanuit DRIE afdelings.

AFRIKAANSEERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 1

JUNIE 2012

Page 2: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

AFDELING A: Kyk- en leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3) (30)

AFDELING B: Opsomming (VRAAG 4) (10)

AFDELING C: Taal (VRAAG 6,7,8,9 &10) (40)

2. Lees ALLE instruksies baie goed.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5. Trek ʼn streep na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

Vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reel oop na elke antwoord.

8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar

AFDELING A: KYK EN LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL

Jou Nuwe Sosiale Lewe

Page 3: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

Die kuberruim gons 24/7 soos mense gesels en inligting deel. Hoe verander dit ons lewe en ons verhoudings met mekaar?

1. Soms voel dit oorweldigend. Alles gebeur gelyk en sleep jou saam, selfoon in die hand. Dit gons, twiet en gesels – en ek het tog meer vriende op Facebook as jy!

2. Dis die nuwe sosiale netwerk en dis hier om te bly.

3. “Die huidige groei daarin wys dat dit ʼn al hoe belangriker rol in ons lewe gaan speel,” sê prof. Louis Fourie, hoof van die departement inligtingstelsels aan die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK).

4. “Bemarking gebeur byvoorbeeld al hoe meer via sosiale netwerke, pleks van deur e-pos of op maatskappye se webwerwe. En verlede jaar het een uit elke agt pare wat in Amerika getroud is mekaar via ʼn sosiale netwerk ontmoet.”

5. Kyk net na die statistieke: Daar is 630 miljoen Facebook-gebruikers wêreldwyd. Dis 1 uit 12 mense. Sowat 200 miljoen van dié gebruikers kry deur hul slimfone daartoe toegang . Trouens, as Facebook ʼn land was, sou dit die derde grootste bevolking in die wêreld (iewers tussen Indië en Amerika) gehad het.

6. Volgens Sebastian Stent, ʼn sosiale-media-strateeg van Touchlab, ʼn afdeling van Media-24 Tydskrifte wat verantwoordelik is vir applikasie-ontwikkeling, is 71% van Suid-Afrika se aanlyn-bevolking lede van Facebook. Wêreldwyd het die FB-bevolking die afgelope jaar met sowat 56,7% gegroei, vertel hy.

7. Die gemiddelde FB-gebruiker bestee ʼn hele dag per week daaraan as jy al die ure bymekaartel. In Brittanje beloop FB-verkeer die helfte van alle internet-verkeer, en in Amerika omtrent ʼn derde daarvan.

8. Twitter , met sy kort, nuusgedrewe boodskappe (twiets), het sowat 200 miljoen gebruikers. Sebastian vertel wêreldwyd is daar daagliks sowat 300 000 nuwe twieters.

9. Onlangs tydens die aardbewing en tsoenami in Japan het ons opnuut gesien watter kragtige rol mikrowebjoernale soos Twitter (saam met Facebook) gespeel het om mense ingelig te hou, bevestig prof. Fourie.

10. Linkedln, ʼn netwerk wat professionele mense gebruik om kontakte uit te brei, het sowat 100 miljoen gebruikers wêreldwyd en groei teen ʼn nuwe gebruiker elke sekonde.

11. Volgens Sebastian soek mense wat sosiale netwerke gebruik ʼn ruimte vir maklike kommunikasie, gemeenskap interaksie en ʼn manier om hulle wêreld te organiseer.

12. Die gemiddelde ouderdom van gebruikers van Facebook is 38 en vir Twitter 39. BlackBerry se gratis kitsboodskapdiens tussen gebruikers met dieselfde foon (BBM) is baie gewild onder sakelui en het ʼn ouer profiel. Mxit (ʼn geselsdiens op selfone) se gebruikersprofiel is hoofsaaklik tieners, vertel prof. Fourie.

13. Maar geen sosiale netwerk kom by FB nie. Die TV-glansvrou Ellen DeGeneres se

Page 4: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

gewilde kletsprogram het sowat 4,6 miljoen kykers. Ierland het ʼnbevolking van sowat 4,4 miljoen. Die FB-gehoor van 630 miljoen is ongelooflik as jy in kommunikasie belangstel.”

Uit: Sarie, Junie 2011[Vraag 1 met vergunning van L. Boer, Rhodes High]

1.1.1 Wat is ʼn sosiale netwerk? (1)

1.1.2 Noem DRIE sosiale netwerke wat hier genoem word. (3)

1.2 Mense kan al hierdie sosiale netwerke met gemak hanteer.

1.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

1.2.2 Haal EEN sin uit par. 1 aan om jou antwoord te staaf. (1)

1.3 Verduidelik die volgende stelling: “Bemarking gebeur byvoorbeeld al hoe meer via sosiale netwerke, ...”(par. 4)

(2)

1.4 Wat is ʼn slimfoon? (1)

1.5.1 Watter land het die tweede grootste bevolking in die wêreld? (1)

1.5.2 Hoekom sê jy so? (1)

1.6 Sê in jou eie woorde watter werk Sebastian Strent doen. (1)

1.7 Watter rol het Facebook en Twitter in die onlangse aardbewing en tsoenami in Japan

gespeel? (1)

1.8.1 Waarom dink jy is BBM veral gewild onder sakelui? (1)

1.8.2 Waarom is MXit veral gewild onder tieners? (1)

1.9.1 Hoeveel nuwe gebruikers het Linkedln met elke minuut? (1)

1.9.2 Noem TWEE kenmerke van die gebruikers van Linkedln. (2)

[18]

Page 5: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

VRAAG 2: ADVERTENSIE

Lees die advertensie en beantwoord die vrae.

Sarie, 2012

2.1 Wat is ‘n

haarverwyderaar? [1]

2.2 Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is.

2.2.1 no!no!-haarverwydering kan net in skoonheidsalonne gedoen word. [1]

Page 6: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

2.2.2 Motiveer jou antwoord hierbo. [1]

2.3 Verbind die stelling in kolom A met die metode in Kolom B. Skryf net die vraagnommer en die alfabetiese letter A-D as antwoord neer.

KOLOM A KOLOM B2.3.1 verminder haargroei met tot 64% a. ‘n skeermes2.3.2 kan jou raak sny b. waks2.3.3 ruk jou hare tot by die wortel uit c. laserbehandeling2.3.4 dit kos vreeslik duur d. no!no!-haarverwyderaar

[4]

2.4 Wat word bedoel met”geldterug-waarborgvir 60 dae”? [1]

2.5 Waarom verskil die lettertipe en –grootte van die vrae aan die begin van die advertensie van die ander woorde in die advertensie? [1]

2.6 Kies die korrekte antwoord.

Die teikengroep van die advertensie is

a. mansb. mans en vrouec. vroued. mans, vroue en kinders

[1]

2.7 Op watter manier probeer die adverteerder die leser oorreed om die produk te koop? [1]

2.8 Dink jy dis reg dat mense hul been- en/of onderarm hare skeer? Motiveer jou antwoord. [1]

/12/

TOTAAL-AFDELING A: 30

Page 7: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 3: Ek’s ‘n introvert en wat daarvan?

.Som 7 maniere oor hoe ‘n mens vir introverte kan omgee. Jy moet in volsinne antwoord. Skryf jou sinne ondermekaar en puntsgewys van nommer 1 tot nommer 7 neer. Laat ‘n reel tussen sinneoop. Jou opsomming mag NIE langer as 70 woorde wees nie. Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan. Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf of as jy NIE die getal woorde aandui nie.

Daar is tans ‘n nuwe boek op die mark wat kommentaar lewer oor daardie groepmense in die samelewing wat as introverte bekend staan. Volgens Susan Cain, die outeur van die boek, Quiet – The Power of Introverts in a World That Can’t Stop Talking, word die bydrae van introverte dikwels misverstaan, geïgnoreer of misken deur die samelewing.

Volgens Jan van Niekerk, ‘n joernalis by Beeld, definieer Cain ‘n introvert as iemand wat hom of haar herken aan die volgende eienskappe: nadenkend, boekwurmrig, sensitief, ernstig, introspektief, sagmoedig, kalm, ingetoë, gemaklik met alleenwees, stil, dink-voor-jy- spring. Cain is van mening dat ekstroverte tot dusver introverte oordonder het omdat hulle tipe persoonlikheid dalk met passiwiteit verwar word.

VolgensTabvitha Lasley kan jy op die volgende maniere wys dat jy vir introverte omgee:

Dis belangrik dat ons introverte se behoefte aan privaatheid moet respekteer. Anders as ekstroverte wat lief is om sosiaal te verkeer en voortdurend op soek is na ‘aksie’, verkies introverte stilte en privaatheid. Moenie introverte in die openbaar in die verleentheid stel net omdat hulle van jou verskil nie! Gee hulle gerus ‘n kans om die kat uit die boom te kyk, veral wanneer hulle hulself in nuwe situasies bevind. Ekstroverte tree sommer impulsief op terwyl die introvert eers dinge goed deurkyk en oordink voordat hulle optree, Ekstroverte gee oor die algemeen sommer dadelik ‘n antwoord op ‘n vraag. Die teendeel is waar by introverte. Gee hulle dus tyd om te dink en moenie dadelik aandring op antwoord nie.

Page 8: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

Waak teen die slegte gewoonte om introverte sommer in die rede te val terwyl hulle praat. Dis beter om ‘n introvert opsy te roep as jy hulle wil straf of teregwys. Moenie hulle sommer in die openbaar aanval of teregwys nie. Introverte het min, maar dikwels goeie vriende. Moenie hulle dwinge om baie vriende te maak nie! Respekteer hul introversie! Moenie eens probeer om hulle in ekstroverte te verander nie!

Vewerk uit Volkblad en MyTyd, Rapport Mei 2012

TOTAAL AFDELING B: 10 AFDELING C- TAAL

VRAAG 4

4.1 Gee die oortreffende trap van gesond. [1]

4.2 Gebruik ‘n postmorfeem en gee die korrekte vorm van die woord in hakies. Rokers beskou rook as ‘n [ontspan] tydverdryf. [1]

4.3 Skryf die sin oor in die ontkennede vorm. Rook was altyd goed vir die mens. [2]

Page 9: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

4.4 Gee die verkleinwoord vir uur. [1]

4.5 Skryf die sin oor in die infintief. Beboet rokers as hulle in die openbaar rook. Begin so: Rokers behoort ……. [1]

4.6 Skryf die sin oor in die lydende vorm. Die regering moet rook verban. [1]

4.7 Verbind die twee sinne met die voegwoord in hakies. Rook is skadelik vir jou gesondheid. Dit moet verban word. [daarom] [1]

4.8 Verander die sin in ‘n bevelsin. Jy moet ophou rook. [1]

4.9 Gee die korrekte voorsetsel. Die vrou kyk verontwaardig [na, vir, aan] die rokers. [1]4.10 Skryf die sin oor en gee die korrekte woordorde. Rokers spandeer [tonne geld, op sigarette, elke dag,] [1]

4.11 Verander die stelsin in ‘n vraagsin waarop die sin hieronder die antwoord is. Die rokers staan buite want hulle kan nie binne die gebou rook nie. [1]

4.12 Situasie: Jy rook nie en jou vriend kom by jou kuier. Hy vra of hy maar in jou huis mag rook. Jy wil nie hê hy moet dit doen nie.Skryf jou presiese woorde met die korrekte leestekens as antwoord op sy vraag neer. [2] 4.13 Gee die korrekte vorm van die voornaamwoord in hakies. Die koerant [wat] die spotprent [in] verskyn, is baie gewild. [1]

/15/

Page 10: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

VRAAG 5

Nando’s wys hy’s nie bang Christine van [email protected] Sondag,

Nando’s se advertensies ontstel die Zimbabwiërs, dryf mnr. Julius Malema teen die mure uit, laat ’n voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens in sy chicken or beef stik en laat MTN rooi sien oor geel in ’n advertensie.

Toe die [versekering+maatskappy] Santam onlangs ’n ietwat droë advertensie die lig laat sien waarin die akteur Ben Kingsley gesels oor hoe maklik dit is om besonderhede in klousules mis te kyk (terwyl die kroegman agter hom se uitrusting 4 keer subtiel verander), kon Nando’s dit nie weerstaan om dit te peri-peri met

’n satiriese weergawe van sy eie nie.

In dié advertensie sit ’n kelner gereg ná gereg neer en ’n akteur gesels oor hoe maklik dit is om op ’n spyskaart met soveel keuses ’n gunsteling gereg mis te kyk.

Page 11: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

Pleks van om verontwaardig te reageer en by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde te gaan kla, het Santam besluit om Nando’s in eie munt terug te betaal en in ’n satiriese advertensie die kitskos-restaurantgroep uit te daag om ’n ellelange bestelling by die Johannesburg-kinderhuis af te lewer. “Or are you chicken?” vra Kingsley met ’n geligte wenkbrou.

Nando’s het nie [5.14….] onder sy voete laat groei nie en die afgelope Woensdag kos afgelewer en Donderdag wéér.

Rapport, 2012

5.1 Kies die korrekte vorm van die woord in hakies. [1]

Nando’s se advertensies kan nie [5.1 geïgnoreer/geignoreer] word nie.

5.2 Kies die korrekte antwoord en skryf die korrekte woord as antwoord neer.

‘n Sinoniem vir voormalige in paragraaf 2 is

a. eertydseb. afgesettec. afgetreded. afgedankte [1]

5.3 Skryf die afkorting vir advertensie neer. [1]

5.4 Gee die korrekte Afrikaanse woord vir chicken. [1]

5.5 Wat doen ‘n mens as jy “rooi sien”? [paragraaf 2] [1]

5.6 Vorm ‘n samestelling van die woorde in hakies. Santam is ‘n welbekende [versekering+maatskappy]

[1]

5.7 Gee die intensiewe vorm van droë in paragraaf 3. [1]

5.8 Gebruik die woord lig in ‘n sin warn die betekenis verskil van die in die advertensie. [1]

Page 12: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

5.9 Gee die teenoorgestelde geslag van akteur. [1]

5.10 Skryf die sin oor in die indirekte rede. Ben Kingsley sê: “Dis maklik om besonderhede in klousules mis te kyk.” [1]

5.11 Skryf die getal 4 in woorde. [1]

5.12 Skryf die sin oor in die toekomende tyd. Die kroegman se uitrusting verander 4 keer. [1]

5.13 Gee een word vir‘n huis waar hawelose kinders woon [1]

5.14 Voltooi die idiomatiese uitdrukking deur die ontbrekende woord te voorsien. Nando’s het nie ……………………. onder sy voete laat groei nie. [1]

5.15 Skryf die meervoud van die woord wenkbrou neer. [1]

/15/

VRAAG 6Laat oerwoude leef – leer om te hersirkuleer

Die [6.2….] van Suid-Afrika genereer 560 ton afval per jaar. As die afval op ‘n

Page 13: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

hoop gegooi word, sal dit ‘n hele rugbyveld vul en 3,25 km hoog wees.

Onder hierdie gemors is bottels, blikke, papier, plastiek en ander huishoudelike afval. Als op een enorme hoop.

Dit is dus geen wonder nie dat die VSA vanjaar weer die Guiness World Records 2005 gehaal het as die land wat die [baie] afval per capita genereer. In die tweede plek is Australië met 690 kg afval per capita.

Navorsing het getoon dat minstens 50% van die afval wat op Suid-Afrikaanse stortingsterreine beland, hersirkuleer kan word. Suid –Afrika kon dit tot dusver kwalik regkry.

Afrikaans sonder Grense, Graad 11

6..1 Wat doen ‘n mens wanneer jy ‘hersirkuleer’? [1]

6.2 Kies die korrekte word in hakies. Die [inwoners / bewoners] van Suid-Afrika genereer 560 ton afval. [1]

6.3 Voltooi die sin met die hoe-hoe konstruksie. Hoe meer die mense mors, [die probleem raak groter. ]

[1]

6.4 Skryf die sin oor met die KORREKTE leestekens.Die minster sê Suid-Afrikaners julle moet minder mors (4 X

½=2)

6.5 Skryf die sin oor, maar vervang die woord want met aangesien. Die VSA beklee die eerste plek, want hulle genereer die meeste afval. [2]

6.6 Voltooi die sin met die korrekte voornaamwoord. Suid-Afrikaners moet alles in ………. vermoë doen om minder te mors. [1]

6.7 Vorm ‘n persoonsnaam van die woord in hakies. Die [Australië] is tweede op die lys van lande wat die meeste mors. [1]

6.8 Die inhoud van die leesstuk is ‘n voorbeeld van

a. omgewingskwessie

Page 14: AFRIKAANS  · Web view2013. 3. 8. · graad 11. afrikaans. eerste addisionele taal. vraestel 1. junie 2012. punte: 80. tyd: 2uur

b onderwyskwessiec. politieke kwessie [1]

TOTAAL AFDELING C- 40