afsprake met leraars - durbanville gemeente januarie... · 2019-01-18 · belydeniskamp...

6
BAIE WELKOM BY DURBANVILLE GEMEENTE! Ons verwelkom graag alle nuwe lidmate en besoekers vanoggend! Ons hoop dat jy gou tuis sal voel in ons gemeente. Indien jy enige inligting verlang of vrae het oor die gemeente, maak gerus 'n draai by ons “Inligtingstoonbank” in die portaal by die gemeentesentrum. U word hartlik uitgenooi om die Kerkkantoor te skakel, indien u 'n besoek verlang. Stel ons asseblief ook in kennis as een van u gesinslede, familie, vriende of 'n lidmaat tuis siek of in die hospitaal is. Kerkkantoor: 021 975 6370 OF kontak enige van die leraars: Ds. André Agenbag: 082 828 6704 Ds. Wynand Breytenbach: 071 640 9797 Dr. Tinus van Zyl: 083 289 4985 Ds. Rian Verster besoek graag ons senior lidmate. Sy kontaknommer is 084 207 4005 Ons staan vandag stil by Efesiërs 4:1-7 / 12-16 09:00 Klassieke Diens Ds. André Agenbag Kerkgebou 09:00 Familiediens Dr. Tinus van Zyl Gemeentesentrum Jeuggroepe Voorskool tot Gr 6 20 Januarie 2019 VANDAG 18:00 DG Leef diens Bouwer Bosch, Almero en Danie du Toit Ds. Wynand Breytenbach Afsprake met Leraars Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Upload: others

Post on 24-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Afsprake met Leraars - Durbanville Gemeente Januarie... · 2019-01-18 · BELYDENISKAMP GR.11's Die Gr.11's se Belydeniskamp vind plaas in Hermanus vanaf 1 – 3 Februarie 2019. Kontak

BAIE WELKOM BY

DURBANVILLE GEMEENTE!Ons verwelkom graag alle nuwe lidmate en

besoekers vanoggend! Ons hoop dat jy gou

tuis sal voel in ons gemeente. Indien jy enige

inligting verlang of vrae het oor die

gemeente, maak gerus 'n draai by ons

“Inligtingstoonbank” in die portaal by die

gemeentesentrum.

U word hartlik uitgenooi om die Kerkkantoor

te skakel, indien u 'n besoek verlang. Stel ons

asseblief ook in kennis as een van u

gesinslede, familie, vriende of 'n lidmaat tuis

siek of in die hospitaal is.

Kerkkantoor: 021 975 6370 OF

kontak enige van die leraars:

Ds. André Agenbag: 082 828 6704

Ds. Wynand Breytenbach: 071 640 9797

Dr. Tinus van Zyl: 083 289 4985

Ds. Rian Verster besoek graag ons senior

lidmate. Sy kontaknommer is 084 207 4005

Ons staan vandag stil by

Efesiërs 4:1-7 / 12-16

09:00 Klassieke Diens

Ds. André Agenbag

Kerkgebou

09:00 Familiediens

Dr. Tinus van Zyl

Gemeentesentrum

Jeuggroepe

Voorskool tot Gr 6

20 Januarie 2019

VANDAG

18:00 DG Leef diens

Bouwer Bosch, Almero

en Danie du Toit

Ds. Wynand Breytenbach

Afsprake met Leraars

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Page 2: Afsprake met Leraars - Durbanville Gemeente Januarie... · 2019-01-18 · BELYDENISKAMP GR.11's Die Gr.11's se Belydeniskamp vind plaas in Hermanus vanaf 1 – 3 Februarie 2019. Kontak

VOORBIDDING

Ons bid vir Jacques de Klerk wat eersdaags

'n operasie ondergaan. Ons bid vir troos vir die familie van

Steve Groenewald, Ansie Stearn en Rika Nel wat oorlede is.

Ons wil graag vir elkeen wat in nood

verkeer, bid of julle besoek.

Laat weet asb. vir Christa by die kerkkantoor – [email protected]

DAGBOEKWat gebeur hierdie week?

Ma. 21 Januarie

08:00 Drie maal God: Week een

19:00 Week van Gebed begin (Kerk)

Di. 22 Januarie

08:00 Stilword (Gebed)

19:00 Week van Gebed (Kerk)

Wo. 23 Januarie

18:00 Kooroefening

19:00 Week van Gebed (Kerk)

Do. 24 Januarie

08:00 Nagmaal en Gebed

18:00 Band oefen

Vr. 25 Januarie

06:00 Mannebediening

VOLGENDE SONDAG

27 JANUARIE

Skriflesing:

Efesiërs 3 : 14-21

09:00 Klassieke Diens

Ds. André Agenbag (Nagmaal)

09:00 Familiediens

Dr. Tinus van Zyl (Nagmaal)

18:00 DG Leef diens

Ds. Wynand Breytenbach (Nagmaal)

GEMEENTEKAMPSLEGS 11 PLEKKE BESKIKBAAR

BESPREEK JOU STAANPLEK

Page 3: Afsprake met Leraars - Durbanville Gemeente Januarie... · 2019-01-18 · BELYDENISKAMP GR.11's Die Gr.11's se Belydeniskamp vind plaas in Hermanus vanaf 1 – 3 Februarie 2019. Kontak

SPESIALE OFFERSby die deure

BEDIENING AAN DIE DOWESDowes word bedien deur twee gemeentes aan ongeveer 1200

Dowes woonagtig in die Wes-Kaap by bedieningspunte in

Bellville, Strand, Wellington-Paarl, Atlantis, Malmesbury,

Moorreesburg, Worcester en uitreike na Ceres en George.

Ongeveer 600 dowe kinders, 56 meervoudig-gestremde

dowes, 70 bejaarde dowes en ook 60 dowe studente (NID-

kollege) word geestelik bedien.

Hulle doen baanbrekerswerk in die ontwikkeling van kategese-

materiaal en 'n liturgie vir dowes, “sang”, en die aanwending

van die nuutste tegnologie. Bid vir die werk en die voortgang

daarvan totdat elke dowe kan bely: “Jesus is die Here”.

GROEIGELEENTHEDE IN 2019! Die krag van Christene se gebede moet nooit onderskat word nie. Ons glo werklik dat gebed 'n verskil kan maak en dit is ook die fondament van elke persoon en veral van die kerk en die gemeente. Daarom is daar verskeie gebedsgroepe binne ons gemeente wat gereeld bymekaarkom.

Daar vind ook 'n Stilwordgeleentheid op Dinsdagoggende in die kerkgebou tussen 07:50 en 08:30 plaas. Ons nooi jou uit – kom raak rustig voor Jesus se voete … voordat jou dag begin.

Neem gerus 'n uitdeelstuk wat in die voorportaal beskikbaar is. Dit sluit aan by die komende naweek se teks en dan word daar ook 'n videosnit gewys, waarna jy net in God se teenwoordigheid en in die rustigheid van die kerkgebou, kan stilword, nadink en bid.

Ons wil jou uitdaag – kom groei saam met ons in 2019!Hiermee ’n paar groeigeleenthede vir oud en jonk o.a.:

• Gemeentekamp in Maart – 'n heerlike wegbreek om saam met mekaar en God te kuier

• Mannegroep – Vrydagoggende om 06:00 in die kerkgebou

• De Port' uurgroep (vir Seniors) – Bederfoggende in sy teenwoordigheid, saam met sy Gees

• Gebed en Nagmaalgeleentheid – Donderdagoggende om 08:00 in die kerkgebou

• Kleingroepe – Waar ons saam groei in die Woord, mekaar ondersteun en liefhê, mekaar

versorg en mekaar se laste help dra.

Die Sewe Weke wat hierdie week afskop met Drie maal God: God vir ons | God by ons | God in ons. Wil jy of julle as gesin hierdie jaar by 'n groep inskakel of dalk 'n nuwe groep begin? Kontak gerus die kerkkantoor.

Groepe vir Jong Volwassenes – 18 – 25-jariges en 26 – 35-jariges.

Maak gerus kontak met Ds. Wynand Breytenbach of Jeandré Botes indien jy hierdie jaar graag iewers wil inskakel.

WEEK VAN GEBED

BEGIN MAANDAGAAND,

21 JANUARIE TOT

WOENSDAGAAND,

23 JANUARIE IN

DIE KERKGEBOU

Rig enige Gebeds-

versoeke aan Alrina

by die kerkkantoor

by 021 975 6370 of [email protected]

Onthou:

Page 4: Afsprake met Leraars - Durbanville Gemeente Januarie... · 2019-01-18 · BELYDENISKAMP GR.11's Die Gr.11's se Belydeniskamp vind plaas in Hermanus vanaf 1 – 3 Februarie 2019. Kontak

Offergawes en spesiale

bydraes kan ook d.m.v.

SNAPSCAN gegee word. As u

ʼn slimfoon het, is dit baie

maklik. Laai net die

SNAPSCAN App af en volg

die instruksies.

BESONDERHEDETel: 021 975 6370

E-pos:

[email protected]

Webblad:

www.durbanvillegemeente.co.za

Facebook:

Durbanville Gemeente

Instagram:

@durbanvillegemeente

@DG_Leef

Twitter:

@Dgemeente

DURBANVILLE GEMEENTE

BANKBESONDERHEDEABSA, Durbanville-tak,

Rekeningnommer: 141 058 0019

Naam: NG Gemeente Durbanville

Verwysing bv. Pienaar/MDO

KERKKANTOORKERKKANTOOR

DANKBAARHEIDSOFFER'n Groot dankie vir elke lidmaat se bydrae tot die

dankbaarheidsoffer.

R1 500 000.00Ons is baie dankbaar dat ons reeds

Die mikpunt vir die 2018/2019 boekjaar is

R1 061 236.17 gein het.

Tekort: R438 763.83

DANKIE VIR ALMAL se samewerking met

die inskrywings!

Indien daar nog ouers wil

inskryf, is hul welkom om 'n

vorm in die voorportaal

te kry of om op die volgende

'link' in te skryf:

http://bit.ly/Kategese2019

DURBANVILLE/BERGSIG SENIORKLUBOns afskopvergadering vir 2019 vind plaas op

Donderdag 31 Januarie 2019

Tyd: 09:30 | Plek: Bergsig Gemeente

Alle Seniors is welkom om aan te sluit.

Ledegeld beloop R50 per lid.

Enige navrae kan slegs gerig word aan:

Marietjie Marais (021) 975 0207 / Etha Korf (021) 976 3575

Praktiese reëlings vir die gee van Dankbaarheidsoffers:-

• Koevertjies vir jou Dankbaarheidsoffer kan in die portale

geneem word OF by die kerkkantoor versoek word.

• Bring asb die koevertjies met inhoud na die kerkkantoor

OF plaas in die offergawe sakkie tydens eredienste.

• Bydraes kan per EFT of SnapScan gegee word.

VIR ENIGE NAVRAE:

Kontak Jackie Pretorius (021 975 6370), die leraars, Finans-

Voorsitter: Heinrich Punt of die Kerkraadsvoorsitter: Jac

Kriek (kontakbesonderhede by kerkkantoor beskikbaar)

Page 5: Afsprake met Leraars - Durbanville Gemeente Januarie... · 2019-01-18 · BELYDENISKAMP GR.11's Die Gr.11's se Belydeniskamp vind plaas in Hermanus vanaf 1 – 3 Februarie 2019. Kontak

Sewe weke reeks:

DRIE MAAL GOD

God vir ons I God by ons I God in ons

Ken jy vir God? Werklik?

Is dit moontlik om vir God te ken? Of is ons enigste lei-

drade maar net vae gevoelens, subjektiewe opinies en

mistieke belewenisse?

Deesdae praat mense baie oor geloof, dissipelskap en spiritualiteit, maar eintlik nogal min

oor God. Dit is natuurlik baie belangrik om te praat oor ons geloof, dissipelskap en

spiritualiteit, maar dan moet ons ook weet Wie die God is waarin ons glo, Wie die Here is

wat ons navolg as dissipels en Wie die Gees is wat in en deur ons werk.

VERLOOP VAN SEWE WEKE

Week van Gebed: Die sewe weke begin met 'n Week van Gebed:

Maandag – Woensdag, 21-23 Januarie, om 19:00 in die Kerkgebou.

Elke aand sal een van die predikante ons begelei in 'n tyd van stilte, aanbidding en gebed.

• Maandag: Bid tot God die Vader

• Dinsdag: Bid saam met Jesus Christus

• Woensdag: Bid deur die Heilige Gees

Bybelstudie in Kleingroepe

Die volgende ses weke gaan die onderstaande temas in kleingroepe bespreek word. Die

daaropvolgende Sondag sal dit ook die tema wees waaroor daar gepreek word tydens die

oggenddienste.

As jy nie tans in 'n kleingroep is nie, kan jy jou naam opgee op 'n lys in die voorportaal, of

deur die week by die kerkkantoor, om vir hierdie ses geleenthede by 'n kleingroep in te

skakel.

Die Bybelstudiegids is bestelbaar by die kerkkantoor teen R50. Jy kan ook 'n Bybel-

studiegids bestel deur jou naam op te skryf op die lys in die voorportaal.

• Week 2 (28 Jan – 3 Febr): God wat skep

• Week 3 (4 – 10 Febr): God van liefde

• Week 4 (11-17 Febr): God van genade

• Week 5 (18-24 Febr): God wat bevry

• Week 6 (25 Febr – 3 Mrt): God van geregtigheid

• Week 7 (4-10 Mrt): God van vrede

Mag hierdie reeks ons help om in 'n dieper, ryker en voller verhouding met die drie-enige

God te leef. Mag ons toenemend beleef dat die genade van ons Here Jesus Christus, die

liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees, by ons is.

Page 6: Afsprake met Leraars - Durbanville Gemeente Januarie... · 2019-01-18 · BELYDENISKAMP GR.11's Die Gr.11's se Belydeniskamp vind plaas in Hermanus vanaf 1 – 3 Februarie 2019. Kontak

Kan jy goed kommunikeer en mense op hul gemak stel en welkom laat voel? Dan is jy net

die een wat ons soek!!!

Ons benodig asb. nog vrywilligers wat kan help met gasvryheid by die kerk se deure.

Kontak asb die kerkkantoor OF gee jou naam vir enige van die leraars OF stuur 'n whatsapp na 082 779 3356 as jy kan help.

Ons praat oor: KREATIWITEIT EN KERKWEESToegang is gratis, maar almal word uitgenooi

om nie-bederfbare blikkieskos te skenk by die deure wat na Ysterplaat Gemeenskaps-

kerk gaan vir hulle gemeenskapswerk in samewerking met ECHO Youth Development.

Durbanville kontaknommer: 021 975 6370

BELYDENISKAMP GR.11'sDie Gr.11's se Belydeniskamp

vind plaas in Hermanus

vanaf 1 – 3 Februarie 2019.

Kontak gerus vir ds. Wynand Breytenbach

by 071 640 9797 vir meer inligting.

VANAAND, 20 JANUARIE 2019DURBANVILLE GEMEENTE

18:00-20:00

AMORE BEKKER “VROUE, GOD EN KOS.”

Amore Bekker, bekende aanbieder van

Tjailatyd, kom praat op Saterdagoggend,

2 Maart met ons oor die tema,

“Vroue, God en Kos”.

Sy het mooi gevra dat die mans ook asseblief

moet kom luister, want die tema is nie slegs

vir vroue bedoel nie. Sy gaan ook haar nuwe

boek, “Toe-val-lig”, bekendstel en dit sal by die

geleentheid te koop wees. Almal welkom!

Meer inligting nader aan die tyd.

IS JY GASVRY?