agri sa jaarverslag 2014 2015 agri sajaarverslag 2014 2015 32 c arl opperman is die voorsitter van...

4
www.agrisa.co.za AGRI SA JAARVERSLAG 2014 2015 32 C arl Opperman is die voorsitter van die beleidskomitee en word ondersteun deur Niël Joubert as ondervoorsitter en Phenias Gumede. Saam vorm hulle die dagbestuur. Kobus Visser dien as funksionaris. Persepsie-opname Agri SA se Algemene Raad het gedurende 2014 goedgekeur dat ’n persepsie-opname by lede van sy affiliasies gedoen word. Die opnames is hoofsaaklik elektronies gedoen by 1 364 respondente asook ’n opname by afgevaardigdes tydens Agri SA se Kongres, waaraan 69 respondente deelgeneem het vir ’n totaal van 1 433 respondente. Ten opsigte van kommunikasie-aangeleenthede is die volgende van die belangrikste bevindinge: Volgens 70% van die respondente kommunikeer Agri SA effektief; 69% van die respondente sê dat hulle inligting oor Agri SA deur die nuusbrief verkry; 94% van die respondente het aangedui dat hulle die selfoon gebruik en 97% e-pos om te kommunikeer; en 17.9% verkies sosiale media, 36 9% sal dit gebruik as daar iets is wat hulle interesseer en 19,2% sal dit gebruik, maar nie aktief deelneem nie. Aanbevelings deur DraftFCB is aan Agri SA se Bestuurkomitee asook sy Algemene Raad gemaak. Van die aanbevelings word reeds binne Agri SA se werksprogram geïnkorporeer. ‘n Woord van dank word tot affiliasies gerig wat hulle lede aangemoedig het om deel te neem aan die opname. ‘n Verdere opname by verbruikers is reeds gefinaliseer en ’n opname by geselekteerde politici, media, akademici en staatsdepartemente word binnekort afgehandel. Ná voltooiing van die onderskeie opnames sal bepaal word hoe die aanbevelings verder binne die organisasie toegepas moet word. Agri SA-standpunte en aksies rakende kommunikasie vir 2015 Daar word deurlopend gepoog om Agri SA se kommunikasie-aksie te verbeter. Die Algemene Raad is tevrede met hoe die tydskrif Agri tans presteer asook met die opgegradeerde Agri SA-webwerf. Die geslote e-kommunikasie met affiliasies (SharePoint) blyk effektief te wees, so ook die nuusbrief. Die Algemene Raad het uit die persepsie-opname kennis geneem dat boere Agri SA se kommunikasie as bevredigend ervaar maar dat daar steeds onbenutte geleenthede vir onder meer direkte selfoonkommunikasie met hulle is. Inligting verkry uit die volledige persepsie- opname (ingeslote verbruikers en politici) sal verdere optrede bepaal. Korporatiewe skakeling Die Kommunikasie en Beeldbou Beleidskomitee het ten doel om positiewe persepsies oor die landbou by die breë publiek, politici en ander verbruikers te vestig en te versterk. Gedurende die verslagjaar was die uitdaging ook om in eie geledere voorraad te neem van persepsies wat oor Agri SA bestaan en hoe om op ’n gepaste wyse daaraan aandag te skenk. Netwerkverhoudings bly belangrik en word op verskeie wyses uitgebou en versterk tot voordeel van die betrokke partye. Die positiewe bydrae wat die landbou tot die ekonomie in die algemeen, asook op sosiale en maatskaplike terreine lewer, vorm ’n integrale deel van die kommunikasieproses. Skakel-aksies is verder daarop gemik om sienings oor die rol van die boer as betroubare voedsel- en veselverskaffer vir die inwoners van Suid-Afrika te bevorder. Agri SA 110 jaar Agri SA het gedurende die 2014-verslagjaar sy 110de bestaansjaar gevier. In opdrag van die Kommunikasie en Beeldbou Beleidskomitee is geleenthede tydens Agri SA se Kongres gebruik om dié mylpaal te vier. Agri se Junie/Julie 2014-uitgawe het ‘n spesiale 110-jaar- bylae bevat, waarin daar nie net ‘n terugblik op die geskiedenis van die organisasie gegee is nie, maar ook onderhoude ingesluit het met onder andere oud- presidente en ander ampsdraers. Die ontwikkeling en verandering van Die Boer/The Farmer, nou bekend as Agri, ingelyf Die Boer/The Farmer asook die verloop van die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar het ook erkenning in dié uitgawe ontvang. DVD-produksies Die DVD wat in die verslagjaar vervaardig is oor die onder- skeie beleidskomitees se werksaamhede is positief ontvang. Die DVD is tydens die Kongres vertoon en terselfdertyd aan al die kongresgangers verskaf. Die komitee beskou die DVD ook as ’n nuttige kommunikasiemiddel om op plaaslike vlak terugvoering te gee oor Agri SA se werksaamhede. Carl Oppeman Kommunikasie en Beeldbou Daar word deurlopend gepoog om Agri SA se kommunikasie-aksie te verbeter. Die Algemene Raad is tevrede met hoe die tydskrif Agri tans presteer asook met die opgegradeerde Agri SA-webwerf.

Upload: truongthuy

Post on 19-May-2018

220 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: AGRI SA JAARVERSLAG 2014 2015 AGRI SAJAARVERSLAG 2014 2015 32 C arl Opperman is die voorsitter van die beleidskomitee en word ondersteun deur Niël Joubert as ondervoorsitter en Phenias

www.agr isa.co.za

AGRI SAJ A A R V E R S L A G20142015

32

Carl Opperman is die voorsitter van die beleidskomitee en word ondersteun deur Niël Joubert

as ondervoorsitter en Phenias Gumede. Saam vorm hulle die dagbestuur. Kobus Visser dien as funksionaris.

Persepsie-opname

Agri SA se Algemene Raad het gedurende 2014 goedgekeur dat ’n persepsie-opname by lede van sy affiliasies gedoen word. Die opnames is hoofsaaklik elektronies gedoen by 1 364 respondente asook ’n opname by afgevaardigdes tydens Agri SA se Kongres, waaraan 69 respondente deelgeneem het vir ’n totaal van 1 433 respondente. Ten opsigte van kommunikasie-aangeleenthede is die volgende van die belangrikste bevindinge:

• Volgens 70% van die respondente kommunikeer Agri SA effektief;

• 69% van die respondente sê dat hulle inligting oor Agri SA deur die nuusbrief verkry;

• 94% van die respondente het aangedui dat hulle die selfoon gebruik en 97% e-pos om te kommunikeer; en

• 17.9% verkies sosiale media, 36 9% sal dit gebruik as daar iets is wat hulle interesseer en 19,2% sal dit gebruik, maar nie aktief deelneem nie.

Aanbevelings deur DraftFCB is aan Agri SA se Bestuur komitee asook sy Algemene Raad gemaak. Van die aanbevelings word reeds binne Agri SA se werksprogram geïnkorporeer. ‘n Woord van dank word tot affiliasies gerig wat hulle lede aangemoedig het om deel te neem aan die opname.

‘n Verdere opname by verbruikers is reeds gefinaliseer en ’n opname by geselekteerde politici, media, akademici en staatsdepartemente word binnekort afgehandel. Ná voltooiing van die onderskeie opnames sal bepaal word hoe die aanbevelings verder binne die organisasie toegepas moet word.

Agri SA-standpunte en aksies rakende kommunikasie vir 2015

Daar word deurlopend gepoog om Agri SA se kommunikasie-aksie te verbeter. Die Algemene Raad is tevrede met hoe die tydskrif Agri tans presteer asook met die opgegradeerde Agri SA-webwerf. Die geslote

e-kommunikasie met affiliasies (SharePoint) blyk effektief te wees, so ook die nuusbrief.

Die Algemene Raad het uit die persepsie-opname kennis geneem dat boere Agri SA se kommunikasie as bevredigend ervaar maar dat daar steeds onbenutte geleenthede vir onder meer direkte selfoonkommunikasie met hulle is. Inligting verkry uit die volledige persepsie-opname (ingeslote verbruikers en politici) sal verdere optrede bepaal.

Korporatiewe skakeling

Die Kommunikasie en Beeldbou Beleidskomitee het ten doel om positiewe persepsies oor die landbou by die breë publiek, politici en ander verbruikers te vestig en te versterk. Gedurende die verslagjaar was die uitdaging ook om in eie geledere voorraad te neem van persepsies wat oor Agri SA bestaan en hoe om op ’n gepaste wyse daaraan aandag te skenk.

Netwerkverhoudings bly belangrik en word op verskeie wyses uitgebou en versterk tot voordeel van die betrokke partye. Die positiewe bydrae wat die landbou tot die ekonomie in die algemeen, asook op sosiale en maatskaplike terreine lewer, vorm ’n integrale deel van die

kommunikasieproses. Skakel-aksies is verder daarop gemik om sienings oor die rol van die boer as betroubare voedsel- en veselverskaffer vir die inwoners van Suid-Afrika te bevorder.

Agri SA 110 jaar

Agri SA het gedurende die 2014-verslagjaar sy 110de bestaansjaar gevier. In opdrag van die Kommunikasie en Beeldbou Beleidskomitee is geleenthede tydens

Agri SA se Kongres gebruik om dié mylpaal te vier.

Agri se Junie/Julie 2014-uitgawe het ‘n spesiale 110-jaar-bylae bevat, waarin daar nie net ‘n terugblik op die geskiedenis van die organisasie gegee is nie, maar ook onderhoude ingesluit het met onder andere oud- presidente en ander ampsdraers. Die ontwikkeling en verandering van Die Boer/The Farmer, nou bekend as Agri, ingelyf Die Boer/The Farmer asook die verloop van die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar het ook erkenning in dié uitgawe ontvang.

DVD-produksies

Die DVD wat in die verslagjaar vervaardig is oor die onder-skeie beleidskomitees se werksaamhede is positief ontvang. Die DVD is tydens die Kongres vertoon en terselfdertyd aan al die kongresgangers verskaf. Die komitee beskou die DVD ook as ’n nuttige kommunikasie middel om op plaaslike vlak terugvoering te gee oor Agri SA se werksaamhede.

Carl Oppeman

Kommunikasie en Beeldbou

Daar word deurlopend gepoog om

Agri SA se kommunikasie-aksie te

verbeter. Die Algemene Raad is

tevrede met hoe die tydskrif Agri tans

presteer asook met die opgegradeerde

Agri SA-webwerf.

Page 2: AGRI SA JAARVERSLAG 2014 2015 AGRI SAJAARVERSLAG 2014 2015 32 C arl Opperman is die voorsitter van die beleidskomitee en word ondersteun deur Niël Joubert as ondervoorsitter en Phenias

H O M E O F T H E S O U T H A F R I C A N F A R M E R • I K H A Y A L O M L I M I W A S E N I N G I Z I M U A F R I K A • T U I S T E V A N D I E S U I D - A F R I K A A N S E B O E R • L E H A E L A B A L I M I B A A F R I K A B O R W A

AGRI SAJ A A R V E R S L A G20142015

33

Deelname aan verskeie projekte, kongresse en konferensies

Agri SA word gereeld genader vir deelname aan verskeie projekte soos films, dokumentêre programme, sprekers en/of uitstallers tydens konferensies of om aan tema-spesifieke advertensieveldtogte deel te neem. Die uitnodigings word geëvalueer en die koste-implikasies vir die organisasie teenoor die waarde wat dit moontlik kan toevoeg tot die handelsmerk van Agri SA word oorweeg.

Parlementêre skakeling

Annelize Crosby, Agri SA se parlementêre skakelbeampte, is getaak om die parlementêre program te monitor en relevante vergaderings van portefeuljekomitees en gekose komitees by te woon of te reël vir bywoning deur ampsdraers en voorsitters van beleidskomitees en funksionarisse van Agri SA. Verslae in dié verband word op ‘n gereelde grondslag aan Agri SA gelewer. Agri Wes-Kaap verleen gewaardeerde ondersteuning op ’n gereelde basis ten opsigte van parlementêre aktiwiteite.

Daar is 35 wetsontwerpe gedurende die verslagjaar deur die Parlement gevoer. Hiervan was nege van direkte belang vir die landbousektor. Dit sluit in die Nasionale Waterwysigingswetsontwerp, die Wysigingswetsontwerp op Werkloosheidsversekering, die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings, die Wysigingswetsontwerp op Plantverbetering, die Wysigingswetsontwerp op Planttelersregte, die Onteieningswetsontwerp, die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge en die Wetsontwerp op Rampbestuur.

Agri SA het getuienis afgelê voor die Portefeuljekomitee op Openbare Werke, wat openbare verhore gehou het oor die Onteieningswetsontwerp. Verdere voorleggings is onder meer aan die Portefeuljekomitee op Arbeid oor die nasionale minimumloon gedoen en daar is deelgeneem aan die strategiese beplanningsessie van die Portefeuljekomitee op Landbou, Bosbou en Visserye.

Buiten parlementêre verslae wat op ‘n gereelde basis aan Agri SA voorsien word, word verskeie berigte en artikels vir die e-Agri en Agri ook gelewer. Gedurende die verslagjaar is daar onder meer verslag gedoen oor spesiale ekonomiese sones, die heropening van grondeise, immigrasie-wetgewing,

die nasionale minimumloon, die waterprysstrategie, die voorgenome wetgewende program van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die oudit van staatsgrond, hernubare energie en landboutrusts.

Mediablootstelling

Die monitering van Agri SA se mediablootstelling deur Meltwater News vind op ’n gereelde basis plaas. Die komitee is daartoe verbind om beriggewing oor gebeure, uitsprake en prosesse te monitor, te evalueer en paslik daarop te reageer.

Dit is duidelik uit die moniteringsaksie dat Agri SA wye mediablootstelling in die landwye gedrukte- en elektroniese media geniet. Volgens Meltwater News se berekeninge was die waarde van die mediablootstelling wat Agri SA gedurende die verslagjaar in die plaaslike sowel as internasionale media ontvang het meer as R18 miljoen werd. Agri SA bly ’n voorkeurkommentator vir ’n wye reeks van landbou-onderwerpe.

Uit die daaglikse nuusberigte wat ontvang word, word enkele berigte gekies wat as nuusitems op Agri SA se webblad gepubliseer word.

Meltwater is van voorneme om sy diens uit te brei om televisie- en radio-insette te monitor wat voorheen nie deel van hul portefeulje was nie. Die funksie sal Agri SA in staat stel om ’n meer omvattende beeld te verkry van sy betrokkenheid op die onderskeie media-platvorms.

Gemeenskapsradiostasies

Die komitee was geruime tyd saam met Agri Connect besig met die identifisering van gemeenskapsradiostasies met die oog op die vervaardiging van Engelse landbouverwante programme vir dié stasies. Die projek moes gestaak word omdat dit te groot finansiële uitdagings gebied het wat nie binne Agri SA se bestaande begrotingsreëlings geakkommodeer kon word nie.

Agri waarby ingelyf Die Boer/The Farmer

Die tydskrif Agri, waarby ingelyf Die Boer/The Farmer, is Agri SA se tweemaandelikse tydskrif. Die tydskrif

verskaf agtergrondinligting oor beleid, wetgewing en programme wat vir

landbouers van belang is. Dit verskaf ook raad, voorligting en nuus

oor aktuele gebeure aan meer as 28 000 boere wat deur die onderskeie affiliasies lede van Agri SA is. Die tydskrif word regstreeks aan elke lid versend.

Page 3: AGRI SA JAARVERSLAG 2014 2015 AGRI SAJAARVERSLAG 2014 2015 32 C arl Opperman is die voorsitter van die beleidskomitee en word ondersteun deur Niël Joubert as ondervoorsitter en Phenias

www.agr isa.co.za

AGRI SAJ A A R V E R S L A G20142015

34

Voorts word die tydskrif ook wyer versprei om meningsvormers en besluitnemers in te sluit. Die verspreidingslys word gereeld met behulp van Agri SA se affiliasies opgedateer om seker te maak dat adresbesonderhede korrek is.

Uit Agri SA se persepsie-opname was dit duidelik dat meer as 80% van die lede wat die tydskrif Agri ontvang, dit wel lees. Die bestuurspan verantwoordelik vir Agri het ook daarin geslaag om dit op ’n selffinansierende basis te bestuur, wat ook aanduidend is van die waarde wat adverteerders daaraan heg.

Agri se sirkulasiesyfers word deur die Audit Bureau of Circulations (ABC) geouditeer. Die inligting dien as basis vir adverteerders om besluite te neem rakende voorkeurtydskrifte vir die plaas van advertensies.

Radio Sonder Grense (RSG) Landbounuus

RSG se landbouradioprogram is steeds gewild, met die vroegoggendprogram wat gedurende 04:30 – 04:45 uitgesaai word. Agri SA is verantwoordelik vir die programinhoud van die Maandagprogram.

Gedurende die verslagjaar is die program saamgestel en aangebied deur Lise Roberts, wat ook verantwoordelik is vir die finale verpakking van die program.

Die onderhoude is in Mp3-formaat beskikbaar op RSG Landbou se webblad. Agri SA se onderhoude word op sy webblad en in die e-Agri geplaas. RSG plaas ‘n programlokgreep op hul webblad van die volgende dag se inhoud.

e-Agri nuusbrief

Die e-Agri is Agri SA se elektroniese nuusbrief. Dit bied aan lesers die jongste stand van sake oor belangrike landbou-beleidsverwikkelinge. e-Agri is gerig op landbouleiers, affiliasies van Agri SA, vennote en die media. Die e-nuusbrief bevat Afrikaanse en Engelse nuusitems en is ook aanlyn op Agri SA se webblad beskikbaar.

Dié formaat waarin e-Agri gepubliseer word, is goed ontvang deur lede en die breë media en maak voorsiening vir ’n verkorte berig met ’n “Lees meer”-opsie vir verdere inligting. Die

e-nuusbrief word op verskeie ander webtuistes gepubliseer, wat sy reikwydte vergroot.

Talle nasionale- en plattelandse nuusmedia publiseer gereeld artikels uit die e-nuusbrief en sodoende word Agri SA se boodskap uitgedra. Streeksradiostasies gebruik deurlopend berigte uit die

e-nuusbrief wat ook dikwels opgevolg word met in-diepte-

onderhoude.

Webblad

Agri SA se webblad word steeds gereeld besoek deur verskeie verbruikers. Die geslote portaal, SharePoint, wat toegang

slegs aan geregistreerde lede-organisasies bied om

lede-gebaseerde inligting te bekom, werk goed. Inligting en

dokumente beskikbaar op die portaal word gereeld aangevul en word as ‘n nuttige verwysingsbron deur affiliasies benut.

Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie

Die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie word deur Agri SA onderskryf. Dit was die 11de jaar dat Toyota SA dié kompetisie geborg het met ’n Toyota-bakkie as hoofprys.

Agri SA is verantwoordelik vir onder meer die koördinering van die kompetisie tussen Toyota SA en die provinsiale affiliasies van Agri SA.

Agri SA beskou die kompetisie as van groot waarde, omdat jong rolmodelle noodsaaklik is vir nuwe toetreders en derhalwe vir die toekoms van die bedryf.

Tydens ‘n glansryke geleentheid by Misty Hills-hotel en konferensiesentrum in November 2014 is Sakkie van Zyl van die plaas Rietfontein in die Wolmaransstad-omgewing in Noordwes, as die Nasionale Jongboer

van die Jaar vir 2014 aangewys. Toyota SA het sy ondersteuning aan die kompetisie vir ‘n

verdere jaar toegesê.

Page 4: AGRI SA JAARVERSLAG 2014 2015 AGRI SAJAARVERSLAG 2014 2015 32 C arl Opperman is die voorsitter van die beleidskomitee en word ondersteun deur Niël Joubert as ondervoorsitter en Phenias

H O M E O F T H E S O U T H A F R I C A N F A R M E R • I K H A Y A L O M L I M I W A S E N I N G I Z I M U A F R I K A • T U I S T E V A N D I E S U I D - A F R I K A A N S E B O E R • L E H A E L A B A L I M I B A A F R I K A B O R W A

AGRI SAJ A A R V E R S L A G20142015

35

Die kompetisie bestaan sedert 2004 en die jaarlikse wenners was soos volg:

• 2004 Jan Grey, Agri Mpumalanga

• 2005 Johan Furstenburg, Agri Limpopo

• 2006 Pieter Nortje, Agri Oos-Kaap

• 2007 Robert De Villiers-Graaff, Agri Wes-Kaap

• 2008 JB van den Berg, Vrystaat Landbou

• 2009 Tony Da Costa, Agri Gauteng

• 2010 Jan Scheepers, Vrystaat Landbou

• 2011 Gog van der Colf, Agri Noord-Kaap

• 2012 Richard Ablort-Morgan, Agri Oos-Kaap

• 2013 Attie Stoltz, Agri Noord-Kaap

• 2014 Sakkie van Zyl, Agri Noordwes

AgTag-toepassing

Die algemene tendens is dat boere (soos die algemene publiek) toenemend nie leestof in ’n gedrukte formaat verkies nie. Tog het hulle meestal ’n selfoon byderhand en AgTag, die inligtingstoepassing wat gratis op slimfone en tablette afgelaai kan word, bied die leser vinnige toegang tot toepaslike wetenskaplike artikels, nuus en verskeie aktualiteitsartikels. Ongeag die toegang na artikels bied die toepassing ook toegang tot videomateriaal en klankinsette.

Die voordeel van die toepassing is dat inligting onmiddellik beskikbaar is waar die gebruiker hom ook al bevind. Met die toepassing word daar gestreef om veral die boeregemeenskap deurlopend in kontak te hou met interessante en toepaslike inligting. Dit bied die gebruiker die geleentheid om enige tyd inligting te bekom sonder om afhanklik te wees van ’n rekenaar.

Agri SA het by wyse van ’n ooreenkoms met BigDoor, die reklamemaatskappy wat die toepassing ontwikkel het, ’n eie portaal op die toepassing en aktuele inligting word deurlopend daarop geplaas.

NAMPO Oesdag

Soos in die verlede, het Agri SA ’n uitstalling by die NAMPO Oesdag beman. Hierdie uitstalling bied ’n geleentheid aan Agri SA se ampsdraers en funksionarisse om lede te ontmoet en sodoende op ’n informele basis inligting uit te ruil oor Agri SA se werksaamhede en beleidsbevorderingsprosesse in belang van die landbou.

Agri SA het vanjaar op uitnodiging deelgeneem aan Senwes se ‘Nasie in Gesprek’. Hans van der Merwe, Agri SA se uitvoerende direkteur, was deel van ‘n paneel wat arbeidsverhoudinge bespreek het. Johannes Möller, Agri SA se President, was deel van ‘n gesprek oor grondhervorming en finansieringsmodelle. Die gesprek oor tegnologiese integrasie is deur Niël Joubert hanteer. Uit sy betrokkenheid by dié program het Agri SA ook wye media blootstelling geniet.

Joernalistieke kompetisie

Die doel van dié kompetisie is om erkenning te gee aan joernalistieke werk wat die beeld van die boer/landbou ten beste te bevorder. Daar word met die kompetisie klem gelê op kommersiële landbou se bydrae tot boerontwikkeling, transformasie en opleiding in die landbou. Die kompetisie is ’n inisiatief van die Agri Securitas Trustfonds en word deur Landbouskrywers SA aangebied.

Ander skakel-aksies

Die Direktoraat Korporatiewe Skakeling is verantwoordelik vir die volgende aksies/geleenthede wat deur die loop van die jaar plaasgevind het:

• Koördinering van inligtingsgeleenthede en besoeke van internasionale en plaaslike gaste;

• Agri SA se Kongres – logistieke- en sosiale geleenthede;

• Koördinering van Agri SA se jaarverslag; en

• Bywoning van landbougerigte uitstallings en geleenthede.

Internasionale skakeling

Agri SA was gedurende die verslagtydperk by verskeie internasionale skakelgeleenthede betrokke, wat onder meer die volgende ingesluit het:

Mosambiek AgriSaMoz-konferensie en algemene raadsvergadering Dr Theo de JagerOktober 2014

Frankryk SIMA Internasionale Landboubesigheidskou Dr Theo de JagerFebruarie 2015

Seychelles Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies (SACAU) Johannes MöllerMei 2015 se konferensie en algemene jaarvergadering Hans van der Merwe Delene Möller Elize van der Westhuizen

Switzerland Konferensie van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) Elize van der WesthuizenMei 2015

Italië World Farmers’ Organisation (WFO) se algemene Johannes MöllerJunie 2015 vergadering Hans van der Merwe