agribulletin 160129

8
Januarie 2016

Upload: laeveld-bulletin

Post on 25-Jul-2016

263 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Agribulletin 160129

Januarie 2016Januarie 2016

Page 2: Agribulletin 160129

Brusellose, oftewel besmetlike misgeboorte by beeste is buite beheer in Suid-Afrika en ‘n bedreiging vir die veebedryf. Dit is ook aan-steeklik vir mense.

‘n Inligtingstuk is onlangs deur die Rooi-vleisprodusentevereniging (RPO) aan boere in Limpopo gestuur, waarin teen die gevare van brusellose gewaarsku word. Kommer-siële beesboere is bewus van die omvang van die siekte en pas streng beheer toe, maar is steeds daaraan blootgestel weens swak be-heer onder kleiner boere in veral kommunale gebiede.

Dit word deur die kiem Brucella abortis bovus veroorsaak. Koeie en dragtige verse kan per-manente draers daarvan word en die siekte oor ‘n lang tyd versprei. Dragtige koeie wat vir die eerste keer besmet word en geen weer-stand teen die siekte het nie, aborteer op vier tot sewe maande. So ‘n fetus is dikwels haar-loos. Volwasse dooie kalwers kan ook gebore word. In enkele gevalle kan besmette diere vir ‘n tweede keer aborteer.

Dr Fa� a Malan, ‘n veearts en kenner van die siekte, sê koeie wat draers van brusellose is, toon geen tekens daarvan nie en kan nor-maalweg kalf. Die gevaar is dat hulle dit lank dra en ander diere aansteek. Besmetting by bulle is seldsaam en van minder belang.

Nog ‘n kenner in beeskringe, mnr Paul Bester van ZZ2 by Mooketsi, sê streng beheer word deur produsente met groot kuddes gehand-haaf, maar die kiem kan steeds deur ‘n kleiner buurman se enkele besmette beeste oorge-dra word. Hy sê dis ‘n landwye probleem waaroor beesboere nie graag praat nie.

“Ons moet saamstaan en kleiner, veral kom-munale beesboere, hieroor inlig. Ook die de-partement van landbou moet bydra om die kleiner boere te motiveer om groter voorsorg te tref.”

Brusellose is ook aansteeklik vir mense, maar dit kom selde voor. Dit staan bekend as Malta-

koors of Wisselkoors.Die kiem kan opgedoen word met die in-

neem van rou melk, roomys, botter en kaas wat besmet is, asook die eet of hantering van besmette rou of halfgaar vleis, biltong of vleisprodukte. Dit kan ook oorgedra word met die aanraking van ‘n besmette dooie kalf, baarmoedervloeistof of nageboorte, terwyl naaldprikke wat entstof bevat, dit ook kan versprei.

Dr Clive Bunting, ‘n veearts wat die siek-te 33 jaar gelede opgedoen het, sê dit word selde deur mense opgedoen en kan verwar word met griepaandoenings of soortgelyke simptome. Baie geneeshere herken nie die siekte nie of dra min kennis

daarvan. Dis belangrik om jou geneesheer deeglik in te lig oor die omstandighede waarin jy siek geword het.

Hy sê dit gaan gepaard met koorsaanvalle en sweetuitbarstings, spierpyne, gewrigs-ontste-king, hoofpyn en gewigsverlies. Dit kan ook lei tot moegheid van ‘n week tot ses maande, chroniese diarree, depressie en slapeloosheid.

As die siekte vroeg genoeg gediagnoseer word, kan die pasiënt gou herstel.

Beeste word met ‘n bloedmonster getoets. Diere wat positief reageer, moet so gou moont-lik geslag word. Toets die kudde elke twee maande totdat twee negatiewe toetse verkry word. Toets weer ses maande later en daarna jaarliks.

Januarie 20162

Your agriadvertising solution provider

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:Tamryn Branch

[email protected] Thompson

[email protected] 8, Tzaneen,

0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: Paarl-

Coldset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

Brusellose is buite beheer in SA, sê veekenners

‘n Koei wat nie dragtig is nie, is nie aan-steeklik weens brusellose nie. Sy is net aansteeklik kort na aborsie of normale kalwing, sê dr Sewellyn Davey, ‘n staats-veearts van die WesKaap.

Alle verskalwers moet gemerk word om aan te dui dat sy van ‘n besmette ma gebore is, omdat sy latent besmet kan wees. Sy kan eers positief vir bru-sellose toets wanneer sy vyf maande dragtig is.

Daar is geen kommersiële toetse beskikbaar vir ‘n latente kalf nie. ‘n Boer kan help om sy kudde te beskerm, deur alle verskalwers op vier tot ses maande met Stam 19-entstof te behandel. RB51 is ook ‘n brusella-entstof wat in kon-sultasie met ‘n veearts toegedien kan word.

Indien ‘n buurman se koeie nie dragtig is nie, is hulle ook nie aansteeklik nie. Dit is belangrik om seker te maak dat jou bulle nie deur die heining breek en die besmetlike koeie dek nie, sê Davey.

Die regering is in beheer van die bru-sellose-bestryding en die volgende wenke word aan die hand gedoen:

* Moenie verskalwers tussen 4-8 maande met Stam 19 of RB51 inent nie

* Pasop vir die koop van beeste uit kuddes met ‘n onbekende gesond-heidstatus

* Vermy beeste wat nie ingeënt is nie* Let op drade en heinings wat nie in

stand gehou word nie* Vermy vreemde beeste op jou plaas* Wees versigtig met wie jy jou wei-

ding deel.

Verspreiding kan so voorkom word

Page 3: Agribulletin 160129

Januarie 2016 3

Page 4: Agribulletin 160129

Januarie 20164

‘n Sterk bewoorde verklaring teen pres Jacob Zuma se uitlating oor “gesteelde grond” is deur AgriLimpopo uitgereik, waarin dit afgemaak word as kwaadwillige en slegte nuus vir die land se volhoubare boere.

Zuma het tydens die ANC se vier-ing van hul 104de verjaardag gesê “grond is in Suid-Afrika gesteel en nou moet ons dit terug koop”.

Mnr Leon Borcherds, die presi-dent van AgriLimpopo, sê dit skep die indruk by sekere dele van die gemeenskap dat die verlede reg-gestel moet word, deur die boe-regemeenskap te vervolg en selfs uit te moor.

“Ons het sedert Oktober 2015 tot nou ‘n toename in plaasaanvalle en moorde ervaar. Ons kan nie uit-sprake soos dié bekostig wat po-larisasie aanblaas nie — veral nie van die land se president nie.”

Dr Theo de Jager, die voorsitter van AgriLim-popo se landbou-ontwikkelingskomitee, het gesê Zuma se uitlating is uiters gevaarlik vir stabi-liteit en ekonomiese groei in Suid-Afrika.

“Wat laat hom glo dat om die-selfde pad as Zimbabwe met grond-hervorming te stap, is anders as wat uiteindelik in Zimbabwe gebeur het. Bedoel hy dalk dat die hele SA onteien en na die eerste volkere, die Koi en San, gegee word?”

AgriLimpopo het die president uit-gedaag om ‘n enkele boer uit te wys wat sy grond gesteel het. Plase is gekoop en met verbande afbetaal.

“Om boere diewe te noem, is nie net gevaarlike rassistiese op-sweping nie, maar getuig van poli-tieke bankrotskap wat soek na we-gleiding van swak dienslewering,

nepotisme en korrupsie ten koste van die armes en die onvermoë om beleid te bestuur.”

Groter behendigheid in land-bouproduksie is die sleutel tot oorlewing in die bestaande droogtetoestande en die El Nino-verskynsel, sê mnr Nico Groenewald, die hoof van Ag-riBusiness by Standard Bank.

In ‘n oorsig oor klimaats-verandering sê Groenewald die uiters hoë temperature in 2015 het dit die warmste jaar in die geskiedenis gemaak (sedert 1904, toe data hieroor deur die weerburo begin is). Suid-Afrika is egter ‘n water-

skaars land en droogtes is ‘n integrale deel van die land-bousiklus.

“Ons boere en landbou-be-sighede het al bewys dat hulle droogtetoestande met groot vindingrykheid kan oorkom. ‘n Moeilike jaar lê voor en boere moet die droogte gebruik om ondoeltre� ende metodes in die praktyk uit te skakel, met alternatiewe roetes tot vol-houbaarheid.”

Met klimaatsverandering wat weerpatrone moeilik voor-

spelbaar maak, voorsien hy nietemin dat die landbousek-tor mettertyd sal herstel. Vir die sektore wat ‘n matige sei-soen agter die rug het, beveel hy aan om skanse te bou en gebeurlikheidsplanne vir die toekoms saam te stel.

“Benewens die onvoorspel-baarheid van weerstoestande is daar ook markskommelinge weens die invloed van nuwe verbruikersgewoontes en ‘n sterk wêreldklem op voed-selsekerheid.”

AgriLim kap Zuma oor die “gesteelde landbougrond”

Boer slimmer, sê landbouman

Die sesde Malumadag oor dié spesiale avokado-variëteit word vanjaar op 9 en 10 Maart deur Allesbeste Boerdery by die Hoër-skool Merensky aangebied.

Die gewilde avo-soort is ‘n eg Suid-Afrikaanse produk wat in Limpopo ontwikkel is, maar reeds wye erkenning wêreldwyd geniet.

Die opedag op 9 Maart gaan gepaard met lesings, verslae en uitstallings deur verskeie nywer-

hede in die landbou, terwyl die volgende dag gewy sal word aan bykomende produksie- en be-markingslypskole.

Die Malumadag is in die verlede deur ‘n groot aantal boere en landboukundiges bygewoon en die organiseerders verwag ‘n groter toeloop vanjaar.

Vanjaar se tema vir die aanbied-ing is “Beginsels en praktyke vir moderne boerdery.”

Malumas weer in kollig

Borcherds

Sitrusboere bly in die nood oor die gebrek aan goeie reënval en kyk daagliks hoe beskik-bare damvlakke daal.

Mnr Pieter Vorster, voorsitter van AgriLetaba, sê die sitrusoes lyk belowend, maar die vrugte is aansienlik kleiner. Dit kan beteken dat die uitskot vir ver-sapping vanjaar heelwat meer kan wees.

“Ons het ‘n bietjie reën gehad, maar dis gulsig deur die grond opgeslurp en geen a� oopwa-ter was vir damme beskikbaar nie.” Hy sê dis noodsaaklik dat damme gevul word om be-sproeiing in die maande wat

voorlê, in boorde te doen.Intussen sak die Tzaneendam

drasties vinnig, wat besproei-ingsboere langs die Letabari-vier tot groot kommer laat.

Boere wag ook op die depar-tement van water en sanitasie se oorsig oor waterkwotas, wat op 18 Februarie deur sy forum vir die Letaba-opvanggebied bekend gemaak sal word. Daar word ook verwag dat verdere gewillige inperkings reeds van-dag by die Letaba Waterver-bruikersraad verwag kan word, hoewel so ‘n besluit eers deur die departement bekragtig moet word.

Sitrusboere bly in nood

Page 5: Agribulletin 160129

Januarie 2016 5

Verstandige boorgatbestuur is die kernbegrip waarmee boere vanjaar die droogte en die El Nino-e� ek gaan oor-leef. ‘n Boorgat is soos ‘n langafstand-atleet: die werkverrigting kan net hou as dit egalig oor ‘n lang tydperk ver-sprei word.

Kenners van dié noodsaaklike water-bron reken dat dit in sommige streke tot jare kan neem om tot normale watervlakke te-rug te keer, al val die reën mildelik.

Mnr Clive Bac-chioni van Water-maat in Tzaneen sê die water van ‘n boorgat met ‘n dalende vlak kan selfs skadelik vir die besproeier wees, weens die voorkoms van hoër soutvlakke dieper ondergronds.

“Vars water vul die boonste deel van ‘n boorgat, terwyl mineraalsoute on-derdruk word tot die laer vlakke. As die bo-water weggepomp word, kom die hoëkonsentraat water na vore. Dit kan ‘n nadelige uitwerking op oeste hê en bybehandeling is nodig, wat tot groter produksiekoste lei”, sê Bacchioni.

Hy het jare se ervaring in die bedryf en spesialiseer in dompelpompe vir boorgate.

“Kyk, ‘n boormasjien-operateur boor nie vir water nie. Hy boor vir geld. Hoe dieper die gat is, hoe meer geld kry hy daarvoor.”

‘n Ewe belangrike komponent in die sink van ‘n boorgat is die hulsels (sleeves) om die gat in stand te hou. Die eerste klompie meters word gewoonlik deur die boorder voorsien.

Die grond-eienaar het egter ‘n keuse om die res te verskaf en koste op die boorproses te bespaar. Dit is dikwels ‘n fout, omdat die keuse van pypmate-riaal nie bestand is teen die grond- en waterdruk nie.

Sy maatskappy kry gereeld te doen met stukkende dompelpompe. Dit het die afgelope paar maande skerp toe-geneem. Volgens Bacchioni kan ‘n on-dergrondse waterpomp net behoorlik werk as dit in water is. Wanneer die vlak

erg verlaag, kan dit lug suig en tot oor-verhitting, wrywing en skade lei.

Bacchioni se raad is om elke boor-gat die nodige ruskans te gun, veral in droogtetoestande. Pleks van ‘n uur lank water te onttrek, kan dit vermin-der word na twintig minute. Dit gee die boorgat kans om sy watervlak aan te vul.

Al is die besproeiing op landerye laer as voorgeskryf, kry die boor-gat kans om weer water te lewer en lafenis boontoe te bied.

Volgens hom is die meeste kom-mersiële boere van dié tegnieke bewus. Dis dikwels die kleiner produsente wat vasbrand. On-ingeligte verbruikers van boorgate is gewoonlik die mense wat die grootste skade ly.

Nog ‘n faktor wat ‘n nadelige uit-werking op die beskikbaarheid van water het, is die staat se eienaar-skap van alle water en sy grondher-

vormingsprogram. Daar is produsente wat hul vervreemde grond van begun-stigdes terug huur, maar nie gepla is oor die langtermyn standhoudendheid van beskikbare waterbronne nie.

In die Letsitele-omgewing is die boormasjien van mnr Carel Minnaar hoogs bedrywig. Hy sê die masjien is maande vooruit bespreek en dit is ver-al in swart nedersettings waar dit in groot aanvraag is weens die vraag na drinkwater.

Boorgatbeheer kan landbou red

Page 6: Agribulletin 160129

Januarie 20166

Die nuwe bestuur vir TLU SA Noord vir 2016 is tydens hul kongres in Polokwane aangewys, met heelwat jong bloed in die geledere.

Hulle is mnre Steven Vermaak (streek-voorsitter), Philippie de Beer (ondervoor-sitter), Doors le Roux en Stefan Jacobs (streekdagbestuur). Die streekbestuurder is mnr Dricus Botha, met me Wilma Prins-

loo as sekretaresse.Die streekkomitee se voorsitters is mnre

Dewald Eksteen (ekonomies), Dawid Maree (landelike ontwikkeling), Steven Vermaak (omgewingsbestuur), Stephen Ho� man (watersake), Johan de Beer (jongboer), Jan Viljoen (plaaslike rege-ring), Japie Spanio, Doors le Roux en Chris Human (veiligheid).

TLU SA Noord kies nuwe bestuur

Sometimes a little drive can make all the differenceMany motors are oversized to cope with a maximum demand that rarely or never occurs. Motors, pumps, fans and ventilation systems account for 42% of electricity used in the agricultural sector. Slowing down a fan or pump from 100 to 80% by way of a Variable Speed Drive can reduce motor energy use by up to 50%. Why not talk to one of our Energy Advisors today and let us assist you in devising the most effective energy plan for your farm.

Eskom Holdings SOC Ltd Reg No 2002/015527/30

Call our Eskom Contact Centre andrequest a call from an Energy Advisor on 08600 37566.For more information go to www.eskom.co.za/idm

Moh

lale

ng_2

575_

E

Simposium lok wêreldkenners na TzaneenWêreldkenners van avokadoverbouing trek oor minder as drie weke in Tzaneen saam, om die toekoms van dié bedryf uit te stippel.

Van hulle sal as sprekers optree by van-jaar se navorsingsimposium van die SA Avokwekersvereniging (Saaga), wat op 17 en 18 Februarie in die Hotel@Tzaneen aangebied word.

Onder hulle is prof Carol Lovatt van die Universiteit van Kalifornië. Sy is volgens mnr Derek Donkin, die uitvoerende hoof

van Subtrop, ‘n tuinboukundige van wêreldformaat en spesialiseer in ver-skeie afdelings van avokado’s.

Lovatt sal simposiumgang-ers toelig oor wisselende drag by Hass-avo’s en die redes vir op- en af-jare, wat ‘n bedui-dende invloed op marklewer-ing en prysbepalings het.

Nog ‘n buitelandse spreker met ‘n groot aanhang onder avoprodusente in baie lande

is dr René Sforza van Frankryk.Bekende SA kenners van avokado’s wat

bydraes sal lewer, is emeritus prof Giel Laker, dr Gerhard Ver-doorn en prof Lise Korsten van die Universiteit van Pretoria.

Die simposium lok jaarliks groot getalle en registrasie vir bywoning moet vroegtydig gedoen word. Geen registra-sies sal op die openingsdag beskikbaar wees nie.

Donkin sê vanjaar se oesvooruitsigte vir avo’s lyk ondanks die droogte nog belowend. Volgens hom kan kleiner vrugte verwag word in streke waar be-sproeiing tot die minimum beperk moes word, terwyl die aanhoudende hitte ook plek-plek tot sonbrand op die vrugte ge-lei het.

“Ons groot kommer is egter dat lang-durige droogtetoestande ‘n ernstige in-vloed op volgende seisoen se produksie kan hê,” sê Donkin.Donkin

Page 7: Agribulletin 160129

Januarie 2016 7

Nartjies kry voorkeur in sitrusmark

Die wêreldvraag na sagte sitrus het die afgelope paar jaar so toegeneem dat honderde hektaar lemoen-boorde in sitrusgebiede deesdae plek maak vir nartjies.

Genoeg rede vir dié oorskakeling is die markprys, hoër opbrengs en ‘n verandering in die verbruiker se keuse na “maklike” vrugte.

Nartjies verkies ‘n koel tot koue winterklimaat en word versigtig in subtropiese dele soos Limpopo verbou. Tog is daar groot belangstelling by plaaslike boere.

Die Vorsters van Mahela Boerdery is reeds besig met die aanplant van nartjies in die Ohrigstad-omgewing. Volgens mnr Pieter Vorster beplan hulle om sowat 200 hektaar binne drie jaar daar te vestig. Dit sal uit ver-skeie variëteite bestaan.

Verskeie ander sitrusboere in Limpopo is glo ook op die nartjiespoor, maar die omvang daarvan is nog nie bekend nie.

In Letsitele is reeds verskeie boorde van die Du Roi-groep in produksie, met ‘n bemarkingsprogram onder die naam ClemenGold wat landwyd bekend is. Dit is die mandarynvariëteit Nadorcott wat sy oorsprong in Marokko het en wye produksieregte daarop behou. Die markreguleerder in Suid-Afrika is Citrogold in Stel-lenbosch, ‘n maatskappy in die Du Roi-groep.

In Agatha buite Tzaneen het mnre Keith en Garth

Lance� eld onlangs ‘n toe-wysing vir die plant van 25 hektaar Nadorcott ont-vang, hoewel plantmate-riaal eers in 2018 gelewer kan word. Die mark vir dié produk word streng beheer en ‘n nuwe produsent moet eers nege verpligte stappe volg, voor ‘n lisensie vir plantmateri-aal toegeken word. Die saailinge is duur en kos vandag meer as R100 elk, sê Keith.

Die Nadorcott-variëteit is ontwikkel uit ‘n pitbelaaide Murcott-mandaryn wat in 1964 in Marokko, Noord-Af-rika, verbou is. Vandag besit Citrogold in SA die plan-teregte in die Suidelike Halfrond en is die alleenhouer om lisensies vir die plant aan SA en lande soos Aus-tralië, Argentinië en Uruguay te verskaf. Die produksie word ook deur Citrogold beheer, deur aanplantings te beperk by wyse van kontrakte met kwekers.

Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld waar die woord “nartjie” vir mandaryne gebruik word, sê me Michelle Kruger van Citrogold in Stellenbosch. Dit is afgelei van die Tamil-woord nartei, wat sitrus beteken.

Nartjies, wat oorspronklik uit China kom en ‘n paar eeue gelede wêreldwyd versprei het, bestaan reeds sedert 1790 in Suid-Afrika. Die grootste produsente is

in die OosKaap, wat vir ‘n derde van die land se sagte sitrus verantwoordelik is. Die WesKaapse sitrusstreek rondom Citrusdal het ook groot nartjieboorde.

Sedert 2009 het nartjies nege persent van die vrugtemark in SA uitgemaak en die verwagting is dat dit binne die volgende paar jaar skerp sal toeneem.

Klimaatstoestande is deesdae op almal se lippe, maar landbou-ekonome waarsku lank reeds dat voedsel- en veral vrugteprodusente ook die veranderende eetpa-trone van die eindgebruiker in ag moet neem. Weens sy dun en maklik verwyderbare skil is die nartjie ge-rie� iker om te eet. Dit is soeter en rooier van kleur as ander sitrus. Omdat dit heelwat kleiner is as ‘n lemoen, pas dit makliker in die skoolgaande kind se kospakkie.

Vorster sien ‘n belowende toekoms vir sagte sitrus, maar besef ook dat dit ‘n stadium sal bereik waar aanbod die vraag sal inhaal en die winsgewendheid daarvan kan beïnvloed.

Page 8: Agribulletin 160129

Januarie 20168