algemene nuusbrokkies kleinadvertensies (persoonlik) … · 2017-04-05 · boonop het die drama...

16
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017 Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 5 April 2017 1/4 Redakteursbrief Daar’s ‘n lied in my hart! Aan die een kant was my hart swaar omdat ek hierdie uitgawe van Aus-Brokkies 90% gereed gehad het maar vir eers die werk moes onderbreek, maar toe kom die lied in die hart. En die rede? Ek het die afgelope naweek vir die eerste keer oupa geword! My oudste dogter, wat nou die dag nog in doeke op my bors gelê en allerhande verrassings op my borskas gedeponeer het, het nou haar eie bondel lewe; ‘n seuntjie. Ek en my vrou Erika het die 10 ure lange pad na hulle aangedurf, ons het gisteraand teruggekom en ek kon hierdie uitgawe nou eers klaarmaak. Dit was teen hierdie agtergrond dat ek ds Gawie Cloete se Pitkos ingesluit het. Lees gerus sy mooi uiteensetting van die Drie-enige karakter van God. Terloops, lees die advertensie in Gemeenskaps-advertensies oor die oproep tot gebed. Hierdie uitgawe het ook ‘n fokus op die Afrikaanse fliekbedryf. Dit sou nie so relevant vir ons in die buiteland gewees het as dit nie was dat ShowMax soveel Suid-Afrikaanse fliek- en televisiemateriaal aanlyn tot ons beskikking gestel het nie. Lees hul aankondiging van ‘n pryswenner Afrikaanse fliek, en onthou dat hulle ook ‘n langtermynadvertensie in die advertensie-afdeling het; ingeval jy wil inteken op hul puik en maklik-toeganklike diens. Doen ons tog ‘n guns: Indien jy besluit om by hulle aan te sluit, doen so deur op hul skakel in Brokkies of op ons webwerf te klik. Dit sal ons baie help. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak ) ________________________________________________________________________________ Ysbreker: Sommer ‘n lawwe ou grappie... Een van die diere op Noag se ark was 'n padda met 'n groot bek. Hy't gedurig van homself 'n oorlas gemaak. Dan maak hy rusie met dié een dan lig hy sy opinie oor dit of dat. Elke aand net voor sononder klop hy aan Noag se deur en vra: “Hoe lank moet ons nog wag voor ons by droë land uitkom?” Een aand klop die padda weer aan oom Noag se deur. “Hoe lank nog voor ons by droë land uitkom?” “Ek weet nie”, sê Noag. “Maar ek sê jou wat! Moreoggend gaan ek die een met die grootste bek op die ark uitstuur om land te soek!” “Oooo”, sê die padda en hy verpoos ‘n rukkie, “Het jy die krokodil al daarvan gesê?”

Upload: dodieu

Post on 12-May-2019

223 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe

5 April 2017

1/4

Redakteursbrief Daar’s ‘n lied in my hart! Aan die een kant was my hart swaar omdat ek hierdie uitgawe van Aus-Brokkies 90% gereed gehad het maar vir eers die werk moes onderbreek, maar toe kom die lied in die hart. En die rede? Ek het die afgelope naweek vir die eerste keer oupa geword! My oudste dogter, wat nou die dag nog in doeke op my bors gelê en allerhande verrassings op my borskas gedeponeer het, het nou haar eie bondel lewe; ‘n seuntjie. Ek en my vrou Erika het die 10 ure lange pad na hulle aangedurf, ons het gisteraand teruggekom en ek kon hierdie uitgawe nou eers klaarmaak. Dit was teen hierdie agtergrond dat ek ds Gawie Cloete se Pitkos ingesluit het. Lees gerus sy mooi uiteensetting van die Drie-enige karakter van God. Terloops, lees die advertensie in Gemeenskaps-advertensies oor die oproep tot gebed. Hierdie uitgawe het ook ‘n fokus op die Afrikaanse fliekbedryf. Dit sou nie so relevant vir ons in die buiteland gewees het as dit nie was dat ShowMax soveel Suid-Afrikaanse fliek- en televisiemateriaal aanlyn tot ons beskikking gestel het nie. Lees hul aankondiging van ‘n pryswenner Afrikaanse fliek, en onthou dat hulle ook ‘n langtermynadvertensie in die advertensie-afdeling het; ingeval jy wil inteken op hul puik en maklik-toeganklike diens. Doen ons tog ‘n guns: Indien jy besluit om by hulle aan te sluit, doen so deur op hul skakel in Brokkies of op ons webwerf te klik. Dit sal ons baie help. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by www.brokkies.net/kontak ) ________________________________________________________________________________ Ysbreker: Sommer ‘n lawwe ou grappie... Een van die diere op Noag se ark was 'n padda met 'n groot bek. Hy't gedurig van homself 'n oorlas gemaak. Dan maak hy rusie met dié een dan lig hy sy opinie oor dit of dat. Elke aand net voor sononder klop hy aan Noag se deur en vra: “Hoe lank moet ons nog wag voor ons by droë land uitkom?” Een aand klop die padda weer aan oom Noag se deur. “Hoe lank nog voor ons by droë land uitkom?” “Ek weet nie”, sê Noag. “Maar ek sê jou wat! Moreoggend gaan ek die een met die grootste bek op die ark uitstuur om land te soek!” “Oooo”, sê die padda en hy verpoos ‘n rukkie, “Het jy die krokodil al daarvan gesê?”

Page 2: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Algemene nuusbrokkies

Terug na bo...

Kangaroo-manewales in ‘n park – Het jy al so iets beleef?

In die jare voordat ‘n mens na ‘n land soos Australië of Nieu-Seeland emigreer, lees jy baie oor die lande na en gee jy meer aandag aan TV-beelde oor die land, en simbole soos unieke diere wat slegs in daardie land voorkom. In Australië dink ‘n mens normaalweg eerste aan die wallaby en die kangaroo (om slegs twee van die land se unieke diersoorte te noem) en in Kiwiland kom die bedreigde kiwi-voël gewoonlik eerste in die gedagtes na vore. Dit het my laat wonder wat Suid-Afrikaanse immigrante in Australië se belewenis met unieke diersoorte soos die kangaroo en die wallaby is. Het lesers al dinge ervaar soos hierdie Aussie-gesin wat op toer was en by Jervis Bay in New South Wales met Sally die kangaroo in hul woonwa kennis gemaak het? Die Lorrimer-gesin het ‘n paar snaakse oomblikke beleef toe Sally haarself in hul woonwa tuismaak en nie wou uitgaan nie. Eers nadat die pa van die gesin die dier met ‘n appel na buite gelok het, het Sally die woonwa verlaat en daarmee beheer oor hul woonplek aan die gesin teruggegee. Dit was egter nie die einde van die storie nie! Die kangaroo het seker ‘n manier om goeie nuus te versprei, want die volgende dag was ‘n hele trop daar op soek na ‘n gratis ete! Justin Lorrimer het die hele episode verfilm. Het jy interessante ervarings met diere soos kangaroos en wallabies gehad? Het jy en jou gesin al interessante ervarings in die bos gehad? Dalk was dit nie met kangaroos of wallabies nie, maar met ‘n ander unieke dier van Australië. Vertel ons asseblief daarvan. Gebruik hierdie skakel om jou storie te vertel (hou dit maar kort as jy wil) en heg ook enige foto’s aan asseblief. Die Brokkies-webwerf maak dit baie maklik om dit te doen by www.brokkies.net/bydraes Ons sien uit om van jou te hoor! Deel bietjie jul stories.

Kyk die video

Page 3: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Afrikaanse rolprente maak skoonskip by Saftas Netwerk24 het berig dat Afrikaanse rolprente en TV-reekse verlede week uitsonderlik goed gedoen en niks minder nie as 25 eerbewyse op vanjaar se Safta-toekenningsaand by Sun City in Noordwes, Suid-Afrika opgeraap het. Vrydag4uur, reisprogram op VIA, is as die beste werklikheidsreeks op die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisietoekenningsaand (Saftas) aangewys terwyl KykNET se komedie Hotel as die beste komediereeks aangewys is. Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe opgeraap. Volgens Karen Meiring, KykNET se kanaalhoof, is dit ongelooflik dat Afrikaanse TV so goed gevaar het, “omdat mense nie besef hoe hard mense in die bedryf werk nie”. “Ek is veral bly oor die tekspryse wat KykNET se programme verower het omdat dit soveel aandag en moeite verg. Ons verfilm gewoonlik nie voordat ’n teks klaar geskryf is nie en dit begin nou vrugte afwerp.” Karen Zoid, wat die kletsprogram Republiek van Zoid Afrika aanbied, het vir die tweede jaar agtereenvolgens as beste aanbieder weggestap. Alti Fouché en Dirk Smit van Vrydag4uur het gesê hulle is besig om die vyfde reeks van die program, waar hulle met hul 1967-Volkswagen Kombi die land deurreis, te verfilm. Fouché en Smit neem beeldmateriaal op, doen die klank en redigeer alles self. “Wat ons aan die einde van die dag doen, is glorified home movies, want ons kom uit die bedryf uit. Ons weet hoe werk ’n kamera, klank en redigering. Ons ry rond en neem alles af en gaan huis toe en redigeer alles. Ons is net twee en het hier en daar mense wat met admin help, maar die coolste is dat ons oor tien jaar die TV sal kan aansit en home movies oor onsself kan kyk,” het Fouché gesê. Smit het gesê die toekenning is sy en Fouché se harde werk wat uiteindelik vrugte afwerp. “Daar is niks aansit in ons program nie. Wat jy sien, is hoe dit gebeur en dit maak dit spesiaal. Dit beteken baie. Die goue horing is die grootste eer wat ’n mens kan kry in rolprente en televisie in Suid-Afrika. Ek en Alti het dit gedoen. Toe hulle ons naam uitroep, het dit onwerklik gevoel,” het Smit gesê. Volgens Niel van Deventer, beoordelaar in die vollengte-rolprent-kategorie op vanjaar se toekennings en vervaardiger van Dis ek, Anna, wat in 2016 aangewys is as die beste vollengte-rolprent, het die Safta-toekennings gewys Suid-Afrika se rolprentbedryf groei.

“Dit was goed om te sien dat ons uiteindelik by ’n plek kom waar die werk werklik op meriete beoordeel en beloon word en dit nie voel soos ’n verdeelde bedryf nie. Verlede jaar was Dis ek, Anna die enigste Afrikaanse rolprent wat in verskeie kategorieë benoem is en dit het gevoel of daar in die land op twee bedrywe gefokus word, naamlik die Afrikaanse ouens en dan die res. Dit was duidelik te bespeur in die feit dat jy bitter min van dieselfde mense op die Silwerskermfees en Saftas sou sien. Dit was wel wonderlik om te sien hoe die twee bedrywe oor die afgelope drie dae bymekaar kom tot op ’n punt waar dit voel of ons moontlik almal saam vorentoe kan beweeg,” het Van Deventer gesê.

Page 4: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Promosie-artikel

Hierdie bekroonde film sal jou hart roer - slegs op ShowMax

Die Veelbekroonde rolprent, Sink, is hierdie Maart vir die eerste keer op ShowMax te sien. Sink is ’n hartroerende portret van drie mense se pogings om met ’n verskriklike verlies saam te leef. Dit vertel die verhaal van Rachel, ’n huiswerker van Mosambiek, wat ’n moeilike besluit moet neem nadat haar dogtertjie tragies sterf terwyl Rachel se werkgewers na haar omsien. Keer sy terug na ellende en armoede in Mosambiek, of bly sy in diens van die mense wat verantwoordelik is vir haar kind se dood? Dinge raak selfs meer kompleks wanneer sy uitvind dat haar werkgewer, Michelle, haar eerste baba verwag. Die fliek is gebaseer op Innes se boek Rachel Weeping, en die rolverdeling sluit die bekende akteurs Anel Alexander, Jacques Bessenger en Amalia Uys in. Shoki Mokgapa is in 2015 as beste aktrise bekroon by die kykNET SIlwerskermfees vir haar vertolking van Rachel, en Sink is ook benoem vir ’n SAFTA vir Beste Rolprent. Kritici was gaande oor die fliek en Leon van Nierop reken dis een van die tien beste Afrikaanse flieks van alle tye. Kyk Sink nou op ShowMax – en as jy nog nie ’n intekenaar is nie, maak gebruik van die gratis 14 dae-proeflopie. SAFTA 2017 Toekennings 1 Beste vollengte film 2. Beste Aktrise in ’n vollengte film: Shoki Mokgape 3. Beste prestasie in teks of draaiboek vir ‘n vollengte

film: Brett Michael Innes 4. Beste prestasie in redigering vir ‘n vollengte film:

Nicholas Costaras & Brett Michael Innes 5. Beste prestasie in oorspronklike musiek vir ‘n

vollengte film: Chris Letcher Kyk gerus ook na hierdie video.

Teken hier in op ShowMax

Page 5: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Ds Henno Cronje sterf Ons ouer lesers sal seker vir ds Henno Cronje onthou. Hy is onlangs op die ouderdom van 85 oorlede. Hy was ‘n bekende skrywer en kerkman wat aan die Hoër Volkskool op Heidelberg (Tvl) later op dieselfde skoolbanke gesit het as beroemde name in die Afrikaanse letterkunde soos A.G. Visser, Eugéne Marias, Sangiro en Toon van den Heever. Tóé reeds was sy ideaal om ook die pen op te neem en te skryf. Hy het talle boeke geskryf en later sou hy ook ’n gereelde rubriekskrywer van Die Burger, Beeld en Rapport word. As Tukkie was hy redakteur van die student-koerant, Die Perdeby, en het hy ook in die studenteraad gedien. Ná voltooiing van sy BA-graad met Afrikaans-Nederlands en teologiese studies as hoofvakke het hy sy meestersgraad in Afrikaans-Nederlands in Amsterdam, Nederland onder leiding van N.P. van Wyk Louw verwerf. Volgens ’n artikel in Die Taalgenoot van April 1997 het hy sy studies in Nederland opgevolg met die Th.M-graad aan die Union Theological Seminary aan die Universiteit van Colombia in New York. Hier is hy met Charmara de Kock getroud. Ná voltooiing van sy teologiese studies keer hy terug na Suid-Afrika om dominee te word op Brits, daarna as studenteleraar op sy tuisdorp en toe in Waterkloof, Pretoria. In 1977 word hy direkteur van inligting van die sinodes van Wes-, Noord- en Suid-Transvaal, Natal en Midde-Afrika. Hy was in ’n stadium die skriba van die Noord-Transvaalse sinode. In 1987 het hy weer as leraar by Waterkloof ingeskakel, maar dié keer as kapelaan van die SA weermag. In 1991 emeriteer hy en dien van 1991 tot 1996 as uitvoerende hoof van die Federasie van Afrikaanse Kultuurliggame (FAK).

Steek daar waarheid in die mites oor siek wees?

Namate die weer koeler raak, herrys allerlei mites oor siek wees ook weer. Hoe vaar die mites egter teen die wetenskap? Die Stuff aanlynkoerant het die volgende bewerings geplaas. Besluit maar of jy almal glo, maar dit klink realisties. Jy word siek van te lank buite in die koue of reën wees Dit is wel makliker om in die herfs of winter siek te word, maar dit is nie omdat dit kouer word of omdat jy nat word nie. Griepvirusse sirkuleer meer deur die lug wanneer dit koud is, maar dit is nie die koue wat jou siek maak nie. Verslaande lemonade is die beste kuur vir ‘n deurmekaar maag Verslaande koeldrank mag jou dalk beter laat voel wanneer jy maagprobleme het omdat hulle jou hidreer en koolhidrate in jou liggaam terugsit weens die suiker. Daar is egter niks spesiaals aan verslaande koeldrank nie. ‘n Verkoue sal na griep oorgaan as jy nie versigtig is nie ‘n Gewone verkoue word veroorsaak deur een van honderde soorte van die adenovirus of die coroniavirus. Hulle is almal virus-infeksies, maar is nie dieselfde as die griepvirus nie, al kan simptome dieselfde voorkom. Die griepvirus is heeltemal anders en kan glo nie van een virus tot ‘n ander oorgaan nie. Verkouevirusse val die kop aan; griepvirusse die liggaam. Hoendersop is die kuur vir die meeste ellendes Wanneer jy siek en ontwater is, kan enige vloeistof jou beter laat voel. Hoendersop het egter nie genesende eienskappe nie. Enige beensouse kan egter jou weerstand opbou deur bv die werking van jou neushare te verbeter in die wegwering van viruse. Beensouse bevat ook kalsium, magnesium en ander goeie bestanddele wat jou weerstand kan help opbou.

Page 6: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

10 maniere om ‘n beter gesprek te hê

‘n Mens sou dink dat ons hedendaagse lewe met al die kommunikasiekeuses en -metodes tot ons beskikking, sou gelei het tot beter, hoër gehalte kommunikasie tussen mense. Is dit egter die geval? Is dit wat ons werklik beleef? Politici kan nie meer met mekaar sinvolle debatte voer nie; elkeen skree van sy platform af en onlangs het ons gesien hoe sosiale media ken meehelp om iemand se reputasie eerder skade te doen as uit te bou. Luister mense nog werklik na mekaar? Leer hulle om beter met mekaar te kommunikeer? Ek dink die antwoord is nee. Daar is talle studies en artikels oor hierdie onderwerp, en daar is tien stukke advies vir beter kommunikasie wat my aandag getrek het. Nommer 1: Moenie multi-taak nie – Ja, dit begin by sit jou sleutel en selfoon neer, maar dit gaan meer daaroor dat jy jou gedagtes aan die gesprek, aan die persoon en onderwerp moet toewy. Dis nie die tyd om aan aandete te dink nie. Nommer 2: Moenie arrogant en rigied oorkom nie – As jy nie van ander opinies hou nie, begin ‘n blog. Wanneer jy deel word van ‘n gesprek, aanvaar dat daar iets nuuts is wat jy kan leer, en hou maar jou opinie by tye stil (sê ek ewe!) Nommer 3: Gebruik oop vrae – Begin jou vrae met wie, wat, wanneer, waar, waarom en hoe; soos ‘n joernalis sy storie geleidelik saamstel. ‘n Vraag soos ‘Was jy bly?” kan op ‘n ‘ja’ of ‘nee’ uitloop. Vra eerder “Hoe het dit jou laat voel?” Die persoon sal dalk ‘n oomblik verpoos om hul antwoord te oordink, en jy sal ‘n baie interessanter antwoord kry. Nommer 4: ‘Beweeg’ saam met die gesprek. As jy aan ‘n belangrike ding dink om te sê maar wag vir ‘n kans om dit te sê, gaan jy dalk lank wag vir die kans. As jy die heeltyd probeer om die punt nie te vergeet nie, hou jy op luister en sê jy dalk die ding wanneer dit nie meer relevant is nie, of wanneer die punt al beantwoord is, maar jy het dit nie gehoor nie. Nommer 5: As jy nie weet nie, sê so! – ‘n Mens word gou ontbloot as dit later blyk dat jy nonsens gepraat het. Nommer 6: Moenie jou ondervinding met die ander persoon s’n vergelyk nie. – As hulle ‘n geliefde verloor het, moenie praat oor die keer toe dieselfde jou oorgekom het nie. Dis nooit dieselfde nie; nie vir die ander persoon nie. Nommer 7: Probeer om jouself nie te herhaal nie. – Dit is neerbuigend en vervelig. Ons doen dit baie, veral in gesprekke by die werk en met ons kinders. Moenie dink jou punt word sterker oorgedra as jy dit die hele tyd herhaal nie. Nommer 8: Bly uit die detail uit – Mense stel nie belang in die jaar, name, datums en sulke fyn besonderhede nie. Hulle wil meer oor jou weet en die gemeenskaplikhede tussen julle ontgin. Nommer 9: LUISTER – Dit is die belangrikste vaardigheid om te ontwikkel. ‘n Mens is geneig om te wil aanhou praat om in beheer te voel van die onderwerp. Mense sny na ‘n rukkie af en dink aan ander dinge, so jy mors jou asem. Nommer 10: Hou dit kort – Bly by die punt en wys aan die ander persoon dat jy in hom belangstel.

Page 7: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Geestelike Pitkos

Terug na bo...

Hoe praat die Bybel oor God-drieënig?

Ons vergeet partykeer dat die God tot wie ons bid wel een wese is, maar ook Drie persone. Ja, ek weet dit is moeilik om te verstaan en geen analogie (beeld) om dit te verduidelik doen regtig reg aan die Drie-eenheid van God nie. Tog help dit om in die Bybel te gaan kyk hoe daar oor elk van die Drie gepraat word. Die Vader is God wat ons in sy groot raadsplan uitgekies het om aan Hom te behoort. (Efes 1:4) In sy groot liefde besluit Hy om ons te red op ‘n manier wat Hy moontlik gemaak het (Joh 3:16) Ons as gelowiges kan maar net daarna kyk (dit raak lees) en in verwondering staan en God die Vader al die eer gee. Wanneer ons dus bid, moet ons die Vader hiervoor dank en eer. Die Seun is God wat van altyd af saam met die Vader en die Heilige Gees bestaan, maar wat aarde toe gekom het, gebore is uit die maagd Maria (deur God se krag en die Heilige Gees se werking - Lukas 1:34-35) en wat hier op aarde geleef het. Die Seun het veral vir ons kom wys hoe God se hart klop. In Jesus leer ons van God se liefde, vergifnis, genade en uitreik na alle mense. Alhoewel Hy mens was, was Hy sonder sonde (Heb 4:15) Jesus is die een wat vir ons sonde aan ‘n kruis kom betaal het (Rom 5:6) sodat ons verhouding met die Vader herstel kan wees. Wanneer ons dus bid, is hierdie die dinge waarvoor ons Jesus spesifiek kan dank en eer. Die Heilige Gees is God wat, na Jesus opgevaar het Hemel toe, oor mense uitgestort is sodat God, soos deur Jesus belowe in Joh 14 en 16, in ons kan woon. In Titus 3:5 word genoem dat die Heilige Gees in ons die nuwe lewe wek. Die Gees is ook God wat ons lei in alles wat ons as sy kinders doen. Hy waarsku en Hy gee vrede. Daarom, as ons bid, moet ons veral die Gees vra om ons op die regte pad te lei en ons sensitief te maak vir dit wat verkeerd is en ook sensitief te maak vir ander mense se behoefdes en vreugdes. Met dit alles gesê moet ons egter onthou Hy is een wese wat in elk geval hoor wat ons in Jesus se Naam vra. Mag ek en jy sommer heerliker bid as ons elkeen van die Drie-eenheid so in gedagte hou. Ds Gawie Cloete Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australie – Bunbury Gemeente (E-pos: [email protected] )

Page 8: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Vir nuwe lesers: So lyk en werk Aus-Brokkies…

Ter wille van die talle nuwe intekenaars wat sedert Aus-Brokkies se loodsing een jaar gelede bygekom het, volg ‘n beknopte opsomming van wat toe geskryf is: Brokkies was vir bykans 16 jaar ‘n huishoudelike naam onder Suid-Afrikaanse en Namibiese immigrante in Nieu-Seeland, en nou bestaan sy eweknie in Australië. Na lang voorbereiding het Brokkies in twee nuusblaaie vertak: Kiwi-Brokkies en hierdie Aus-Brokkies. Lees Brokkies se geskiedenis. Die advertensie-afdeling het al ‘n goeie klompie adverteerders bygekry, maar daar is nog baie oop spasies. Mense wat kleinsake in Australië bedryf en wat graag die openingsaanbod (wat nie meer lank sal bestaan nie) van GRATIS advertering wil benut, kan op die Bokkies-webwerf gaan lees hoe advertering werk en voorbeelde van advertensies sien. Bemark jou gemeenskapsgeleentheid Aus-Brokkies bied die geleentheid om jou kerk- of gemeenskapsaak se spesiale geleenthede in meer diepte bekend te stel en dit versterk jou promosies op Facebook. Afrikaanse kerke kan hul gereelde dienste GRATIS adverteer. Kyk ‘Afrikaanse Kerkdienste’ elders. Afrikaanse radiostasies, taalklasse en sosiale geleenthede soos potjiekos, braaivleise en musiekaande kan ook gratis geadverteer word. Ook ‘Aussie-gerigte’ geleenthede waarby SA immigrante betrokke is. Aus-Brokkies benodig jou stories of storiewenke! Watter soort stories word benodig? Mense se prestasies, interessante stokperdjies, belangstelling, aktiwiteite, of hul eie skryfwerk is goeie materiaal. Dit kan gaan oor mense se deelname op werk-, studie-, sport-, kultuur-, sake-, kerklike of sosiale gebied. As jy voel jy skryf nie te lekker nie, gee net die inligting deur en ons doen die res! Lees net eers ons riglyne vir plasing van artikels by www.brokkies.net/bydraes.

Emus in die Outback

Page 9: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou, Aus-Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel. Jy kan help deur stories self te skryf; ons sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.

Gee jy jou Brokkies aan vir iemand? Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars... Talle lesers van die vorige Brokkies het hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie en vriende elders aangestuur. Dit is goed dat hierdie proesel Afrikaans so versprei word, maar mense kan ons baie help om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal lesers wat Brokkies weekliks bykry. Daar is derduisende gesinne wat op Kiwi-Brokkies ingeteken is en Aus-Brokkies se adreslys groei reeds sterk. Daar is ook talle ander, ook buite Australasië, wat dit onregstreeks ontvang. Hiermee ‘n versoek dat jy liewer hierdie skakel aan hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.

Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans Het jy al op Facebook die onlangs hernude groep ‘Afrikaans in Australia’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar ‘n draai en gesels lekker met ander lede. Nooi ook jou vriende uit om by die groep aan te sluit.

Besoek ‘Afrikaans in Australia’ op Facebook

Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het Of jy wil inteken op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil bestel of hernu, of jou adres wil verander - alles word deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van Brokkies word op die webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.

Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur die nuwe webwerf se skakel (www.brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy dit ‘like’!

Kommunikeer so met Aus-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek www.brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Aus-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word. Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) • Die redakteur van Aus-Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of

algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.

• Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.

Page 10: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Gemeenskapsadvertensies

Terug na bo...

1. Gebedsbyeenkoms vir Suid-Afrika in PERTH - 22 April 2017

‘n Massa gebedsbyeenkoms word in Suid-Afrika beplan met betrokkenheid van Angus Buchan. Daar sal dan vir die situasie in SA gebid word. Sien meer inligting by die volgende skakel: http://angusbuchan.co.za/its-time/ ‘n Klompie kerke van verskillende denominasies in Australië wil graag in Perth ook saambid op daardie dag en vra dat soveel as moontlik mense wat erns het met die situasie in Suid-Afrika, sal saamkom vir die geleentheid. Datum: Saterdag 22 April 2017 Tyd Vanaf 6nm tot 8nm Plek Woodvale Baptist Church te 67 Woodvale

Drive, Woodvale Navrae: Gawie vd Merwe: tel 0415846599 | e-pos

[email protected] 2. Afrikaans Sonder Grense (ASG) – Vars uit Australië!

Afrikaans Sonder Grense (ASG) is 'n 2 uur lange Afrikaanse musiek radioprogram wat weekliks lewendig uitgesaai word uit Bundaberg, Queensland in Australie. Wanneer : Elke Donderdag 6-8 nm (Queensland-tyd) Waar: Via Internet by www.coralcoastradio.net.au en op radio in en om Bundaberg op 94.7 Fm.

Hoofsaaklik Afrikaanse musiek vir jonk en oud, nuusgebeure, humor en onderhoude met besoekende kunstenaars. Van tyd tot tyd kry ons interessante Suid Afrikaners wat vir ons kom kuier in die ateljee. 'Like' ons op Facebook by Afrikaans Sonder Grense met Rochelle en word so deel van ons Afrikaanse musiekfamilie in Australië. As jy jou e-pos met ons deel, ontvang jy altyd 'n briefie van wat in die program gaan gebeur. Skryf vir Rochelle by [email protected] Die e-pos in die ateljee tydens ASG is: [email protected] (stuur ons jou versoeke!) 3. australia.gov.au webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Australië se regering het 'n baie bruikbare inligtingswebwerf genaamd australia.gov.au. Dit vat al die staatsdepartemente se inligting vir die publiek in een webwerf saam. Hoewel jy 'n soektog deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied waaronder 'n mens na inligting kan soek: • Voordele en betalings • Omgewing • IT en Kommunikasie • Openbare veiligheid en die Reg • Besigheid en Industrie • Familie en Gemeenskap

• Werk en Werkplek • Sekuriteit en Verdediging • Kultuur en Kuns • Gesondheid • Geld en Belasting • Vervoer en Streke

• Opvoeding en Opleiding • Immigrasie en Visas • Paspoorte en Reis • A-Z van regeringsdienste Besoek australia.gov.au

Wil jy in Gemeenskapsadvertensies adverteer? Hierdie spasie is hoofsaaklik bedoel vir Suid-Afrikaners in Australië wat hul steungroepe, sosiale groepe, klubs of Afrikaanse kerke se spesiale geleenthede wil adverteer of bevorder. Of die funksie of projek op mede-immigrante gerig is, of ook op die breër Aussie-gemeenskap, maak nie saak nie. Solank daar ‘n Suid-Afrikaanse konneksie is (bv omdat ‘n SAner dit vir ‘n breër gemeenskapsgroep reël, of omdat dit op SAners gemik is) kan advertensies hier geplaas word. Dit is GRATIS om hier te adverteer. Al wat benodig word, is die Wat (paragraaf of twee), Wanneer, Waar, Koste, Kontakbesonderhede. Besoek www.brokkies.net/adverteer

Page 11: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Terug na bo...

1. Midweek time of fellowship – Perth Kerksku?! Many ex Southern Africans do not go to church on a Sunday for whatever reason. Dolores and I are opening our home in Perth on Tuesday evenings for bible study, discipleship, prayer, maybe a song or two and Fellowship. Two great reasons to attend: Its free and we know what 'lekker' means. See you soon! Please contact Giulio di Somma of Alkimos Lifegroup. Tel. +61 414 344 632 / +61 450 460 623 or email [email protected] Wil jy jou motor of kajak verkoop, ‘n ou meubelstuk verkwansel, boeke weggee, of benodig jy ‘n geleentheid om ‘n paar items in iemand anders se vraghouer vanuit Suid-Afrika na Australië te laat kom? Dit is maar enkele voorbeelde van die soort advertensie wat vir bostaande Persoonlik adertensie-kategorie bedoel is. Of verras almal met iets interessant! Daar is tans gratis advertensieruimte beskikbaar; benut die geleentheid – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Kleinadvertensies (Besigheid)

Terug na bo...

Klik op die besigheidstipe van jou keuse:

Algemeen Eiendomme te huur of te koop Professionele dienste Versekering Akkommodasie / Tydelike verblyf Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte Ambagsmanne / Kontrakteurs Motors Skoonheid & Gesondheid

Algemeen

Terug na besigheidstipes...

1. ShowMax bring lekker Afrikaanse TV-programme binne jou bereik! (1/6/15) Jy kan nou elke dag al die lekkerste Afrikaanse programme kyk al woon jy nie meer in SA nie. Teken in op ShowMax teen net US$8.99 pm. Gaan na ShowMax.com vir ’n 14-dae gratis proeflopie. 2. Strykwerk gedoen vir jou – Mindarie / Clarkson en omgewing Strykwerk gedoen in 'n rook- en dierevrye huis, in Mindarie, Clarkson en omgewing. Volwassenes se items: $2.00 per item Kinders (7-10 jaar): $1.50 per 2 items Kinders (0-6 jaar): $1.50 per 3 items Skooluniforms: $1.50 per uniform Ook beddegoed, tafeldoeke ens. Alle pryse beskikbaar op ons Facebook-bladsy Yolandi van der Merwe, Ironmate Ironing Services, tel 0452484677, e-posadres: [email protected] 3. Hannie’s Sewing - Naaldwerk professioneel gedoen! Naaldwerk en herstelwerk professioneel en netjiese gedoen. Diploma in naaldwerk, klere-ontwerp, patroonmanipulasies en ‘taillering’. Industriële masjien vir netjiese afwerking. Rookvrye en troeteldiervrye huis. In Butler, Quinns Rocks, Clarkson omgewing. Skakel vir Hannie asseblief vir ‘n afspraak en kwotasie +61 0435123365. (Het ‘n ABN nommer.) 4. Frendz Art & Craft Supplies and Café in Clarkson,WA Besoek ons vir al jou Art en Craft produkte onder een dak. Klasse in pewter, mosaïek, “scrapbooking” kaartjies, kalligrafie, olie/ water/ pastel/ akriliese verf. Ook klasse vir kinders in craft, pastel/water/akriliese verf, teken en klei. Kinderpartytjies ook aangebied. Skakel Wilna 0894078860. Epos: [email protected]. Webwerf: www.frendz.com.au

Page 12: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

5. ‘Fingerboards R’us maak ou herinneringe weer werklikheid Vingerbord ... Vingerbakatel ... Flicker-bord ☆ Uitmuntende kwaliteitborde en diens ☆ Kan jy nog onthou? Het jy goeie kinderdae-herinneringe rondom die gesins-gunsteling? Jy kan een by jou deur afgelewer kry; bel nou vir ‘n kwotasie! Puik vir interaksie tussen oud en jonk! Hoor weer jou gesin lag en gesels rondom die gewilde spel! Kontak Zenobia Pretorius | 04 669 07699 | E-pos: [email protected] | www.fingerboardgame.com 6. Eksklusiewe Juwele! Ontwerp en vervaardig volgens jou smaak Ons ontwerp en vervaardig bekostigbare, eksklusiewe juwele soos verloof- en trouringe, oorbelle, hangertjies, armbande en mansjuwele. Ons ontwerp dit volgens jou persoonlike smaak en voorkeur. Kontak ons vandag vir 'n gratis konsultasie om jou behoeftes te bepaal. Liana Coetsee | [email protected] | www.thediamondtree.com.au | +61 04 280 75775 7. Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds. Registreer jou belangstelling by [email protected]

Akkommodasie / Tydelike verblyf

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Ambagsmense / Kontrakteurs

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Eiendomme te huur of te koop

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Finansiële dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Omega Finance Brokers vir jou Huislening Ons maak seker jou huislening pas by jou omstandighede en spaar jou so duisende Dollars. Kontak Gideon vir gratis evaluering en diens by 0411 236 620 of [email protected] Gideon Kirsten is a Credit Representative (#465060) of BLSSA Pty Ltd ACN 117 651 760 (Australian Credit License # 391237) 2. cashkows.com – Ons vir jóú Suid-Afrika Nes die Engelse gesegde, ‘I’ve got your back’, so help cashkows.com duisende Suid-Afrikaners om toegang te kry tot hul fondse wat nog in ‘n Suid-Afrikaanse polis of aftree-annuïteit lê. Klik hier vir professionele advies - ons maak die proses maklik en pynloos. ‘n Diens deur Suid-Afrikaners aan Suid-Afrikaners.

Page 13: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

3. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? Rand Rescue is ‘n plaaslike maatskappy wat Suid Afrikaners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om hulle Rande te “Rescue”! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank en kan jou help met jou SARS belasting uitklarings. Kontak Marlene: 02 9098 0380 / 0420 663 562 / www.randrescue.com

Motors

Terug na besigheidstipes...

Besit jy ‘n motorwerktuigkundige besigheid? Hierdie ruimte is GRATIS beskikbaar. Meer by www.brokkies.net/adverteer

Professionele dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Oorweeg jy om na Nieu-Seeland te verhuis? Indien jy oorweeg om Australië vir Nieu-Seeland te verruil, kontak ons gerus vir bystand en advies. Ons netwerk kom een keer per maand in Auckland bymekaar om nuwe immigrante by te staan met advies en netwerkgeleenthede. Besoek ons webtuiste by www.networkfinancialservices.co.nz of kontak Eugene by [email protected] of +64 22 276 0082 2. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by [email protected] 3. Regsadvies vir Suid-Afrikaanse Aussies – MiGrate Lawyers Met kantore in beide Suid-Afrika en Australië, en Afrikaanssprekende prokureurs wat steeds in beide lande op die rol is, kan ons help met alles van huiskoop (in Queensland), visas, boedelbeplanning, oprigting van maatskappye en trusts en testamente wat oor beide jurisdiksies sal strek - veral as jy nog belange in Suid-Afrika het. Alex Pretorius | Tel 07 4154 5500 | E-pos: [email protected] | Web: www.migratelawyers.com Tipiese adverteerders in bogaande seksie sluit ook in prokureurs, dokters, tandartse, immigrasie-adviseurs, ens. Jy kan tans gratis adverteer. Besoek www.brokkies.net vir meer inligting.

Rekenaardienste

Terug na besigheidstipes...

Of jy rekenaars herstel, bou of verkoop – of dienste soos programmering of webontwerp doen, hierdie afdeling is vir jou. Jy kan tans gratis in hierdie advertensieruimte adverteer met geen verpligting later nie. Kyk www.brokkies.net/adverteer

Page 14: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Skoonheid & Gesondheid

Terug na besigheidstipes...

1. SOLAL* nou in Australië beskikbaar! SOLAL is ‘n uitgebreide verskeidenheid van gesondheid- en welstandprodukte met innoverende en doeltreffende voedingsaanvullings wat geformuleer is om jou te help om die onderliggende oorsake van gesondheidsprobleme meer natuurlik aan te spreek. Kontak ons per epos by [email protected] of KOOP AANLYN by www.theskinworx.com

Versekering

Terug na besigheidstipes...

1. Is jy nuut in Australië? Ons help nuwe immigrante oor die laaste 15 jaar met hulle:

• Lewensversekering • Pensioenfondse (Superannuation) • Aftreebeplanning

Kontak ons vir vriendelike en professionele dienste. Marius De Lange | Nautilus Financial Planning | Tel 04 025 77 374 | E-pos [email protected]

SA-produkte

Terug na besigheidstipes...

1. Ausrika – Unieke SA-geskenke vir jou (In ons winkel OF aanlyn!) Ausrika verkoop unieke Suid-Afrikaanse geskenke en huishoudelike items, met die fokus op Afrikaanse sê-goed. Ons winkel is in Baldivis, Perth en ons het ook ‘n webwerf waar mense aanlyn kan koop. Ons pos gereeld produkte na kliënte regoor Australië. Ons voer gereeld nuwe produkte in vanaf Suid-Afrika, so mense is welkom om met ons te gesels indien hulle ‘n bestelling wil plaas vir iets spesifieks. Jean-Marie van Niekerk | Tel: 042 047 3559 | E-pos: [email protected] Webwerf: www.ausrika.com.au | Adres: 14 Jutland Ave, Baldivis, Perth 2. Spaza | Ons bring Suid-Afrika na JOU! Kry 'n stukkie van Suid-Afrika by Spaza. Ons bring die nuutste Suid-Afrikaanse musiek-CD's, DVD's, films en boeke na jou. Ons het ook 'n verskeidenheid mans- en vroueklere reekse beskikbaar van gewilde SA vervaardigers. Gesels met Jaco Ungerer van Spaza, by tel 04 289 64112 of 04 6857 1042, of e-pos hom by [email protected] Besoek ook Spaza se webwerf: www.spaza.com.au

Werksgeleenthede

Terug na bo...

Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds. Registreer jou belangstelling by [email protected] _______________________________________________________________________________________________

Page 15: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Hierdie ruimte is beskikbaar vir advertensies van vakatures; en in die meeste gevalle word hulle GRATIS geplaas om ons immigrantegemeenskap te ondersteun. Doen navraag by die redakteur by www.brokkies.net deur die skakel 'Kontak' en hy sal meer riglyne verskaf.

________________________________________________________________________________________________

Afrikaanse kerkdienste Terug na bo...

Afrikaanse kerkdienste in Australië Terug na bo... 1. BUNBURY – Gereformeerde Evangeliese Kerk Eredienste elke Sondag om 9vm in Afrikaans. Adres: RSL Saal, 19 Spencer straat, Bunbury. Kontak ds Gawie Cloete by 0420481965 of 08-97951125 vir meer inligting. 2. PERTH - Eredienste in Suide van Perth op 3 plekke: Deo Gloria Community Church Afrikaanse diens in Leeming Ons het elke Sondag om 9vm ’n diens in Afrikaans by Livingston Seventh Day Adventist Church, Nicholson Rd, Canning Vale, waar ds Gerhard Bredenkamp die voltydse leraar is. Daar is ook in een van die ander lokale ‘n erediens vir Engelssprekendes om 9vm elke Sondag. Ds Dirk de Swardt bied die dienste aan. Dirk is ook die voltydse leraar vir ons hoërskooljeug en jong werkendes. Afrikaanse diens in Secret Harbour Terselfdertyd vergader ons elke Sondag om 9vm ook in Afrikaans te Secret Harbour Community Centre, Oasis Drive, Secret Harbour, waar ds Peet Grobbelaar die voltydse leraar is. Engelse diens in Mandurah Vir Suid-Afrikaners en ander Engelssprekendes wat dalk in Engels bedien wil word, het ons ’n gemeente in Mandurah, wat op Sondag om 9.30vm te Foundation Christian College, Multi-Purpose Hall Valentine Drive, Greenfields bymekaarkom. Ds Johan de Swardt is die voltydse leraar. Besoek ons webwerf by www.deogloria.org.au of volg ons direkte uitsendings by http://deogloria.sermon.net/main Kontak ds Peet by 0415 680 930, ds Gerhard by 0450 467 557 of ds Johan by 0417 981 614 of ds Dirk by 0481 331 138 veral vir jeug-verwante aangeleenthede. 3. WES-AUSTRALIë – Eredienste op die PLATTELAND van WA: Outreach WA in

samewerking met die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië Eredienste word gereeld op rotasiebasis in Afrikaans gehou by die volgende dorpe: Esperance, Albany, Katanning, Brookton, Northam en Hyden. Daar word gewoonlik na die diens saam ge-eet en gekuier. Vir meer inligting en ook vir die reël van ‘n pastorale besoek, kontak ds Gawie van der Merwe (woonagtig in Perth) op selfoon 0415846599 of e-pos na [email protected] 4. WES-AUSTRALIë - Eredienste op Geraldton: Living Word (GEKA) Elke Sondag om 9vm in die SDA Kerk, 8 Milford Street, Geraldton. Die leraar is dr Tienie Bekker. Na die diens word daar lekker saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee. (Indien daar Engelse mense in die erediens is dan vind die diens in Engels plaas.) Skakel Tienie by 0458 976 007 of e-pos na [email protected] meer inligting of besoek ons webwerf: http://www.livingwordgeraldton.com.au/ 5. PERTH - Eredienste met Geloofsonderrig: Drie bedieningspunte - Lux Mundi-gemeente Clarkson Om 9:30vm in die Sewende Dag Adventiste kerkgebou op hoek van Marmion Ave en Renshaw Blvd, Clarkson.

Page 16: Algemene nuusbrokkies Kleinadvertensies (Persoonlik) … · 2017-04-05 · Boonop het die drama Bloedbroers skoonskip gemaak onder die goue horings en sewe ... Beste prestasie in

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 5 April 2017

Elke eerste Sondag van die maand is dit ‘n Engelse erediens maar al die ander Sondae van die maand word daar gelyklopend ‘n Afrikaanse sowel as ‘n Engelse erediens in twee verskillende lokale aangebied. Kontakpersoon is Ds Manie Strydom by tel 0487768936 of e-pos [email protected] Ellenbrook Afrikaanse eredienste elke Sondag om 9:30vm Engelse eredienste elke eerste en derde Sondag van die maand, ook om 9:30vm Adres: Ellenbrook Christian College te 5 Santona Blvd, Ellenbrook. Kontak Ds James Walters by tel 0424824897 of e-pos [email protected] vir meer inligting. North Beach Om 9vm in die Sewende Dag Adventiste kerkgebou te Wendling rd, North Beach. Elke Sondag is daar ‘n Afrikaanse erediens. Kontakpersoon is Ds Manie Strydom by tel 0487768936 of e-pos [email protected]

Landswye dagboek

Terug na bo...

Dagboek: Melbourne Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/melbourne-inner-city vir aktiwiteite. Dagboek: PERTH Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/perth vir aktiwiteite. Dagboek: Sydney Besoek http://www.sydney.com/nz/events vir aktiwiteite. Dagboek: Canberra Besoek http://www.eventfinda.com.au/whatson/events/canberra vir aktiwiteite. Dagboek: Brisbane Besoek http://www.queensland.com/en-AU vir aktiwiteite. Dagboek: Adelaide Besoek http://goo.gl/SkxjJ7 vir aktiwiteite. Laat weet maar van ander stede of dorpe se ‘event’ inligting, by www.brokkies.net

Riglyne vir adverteerders

Terug na bo...

Lees Aus-Brokkies se advertensieriglyne by www.brokkies.net/adverteer,

Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE

Terug na bo...

Om Aus-Brokkies te kanselleer, doen dit by http://brokkies.net/skryf-in of doen dit vanuit jou weeklikse subskripsie e-pos. To unsubscribe email [email protected] with subject ‘Unsubscribe'. Provide your old email address in the body.