algemene onderwys en opleiding · 4.4 skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord...

17
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 9 PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 2

NOVEMBER 2015

GRAAD 9

PUNTE: 60

TYDSDUUR: 2 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 2 van 12

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Leesbegrip 20

AFDELING B: Taalleer 30

AFDELING C: Opsomming 10

TOTAAL: 60

INSTRUKSIES

x Beantwoord AL die vrae.

x Lees die instruksies by die vrae versigtig deur.

x Begin elke AFDELING op ʼn nuwe bladsy.

x Nommer AL jou antwoorde presies soos op die vraestel.

x Laat ʼn reël tussen die antwoorde oop.

x Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 3 van 12

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS 1 LEESSTUK

Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

1. Die wêreld waarin ons kinders leef, lyk heeltemal

anders as dié van vorige generasies. Een van die

grootste verskille is dat hulle meer toegang tot

tegnologie het. Dié tendens het sedert 1999

drasties toegeneem en ʼn groot persentasie kinders

word vandag reeds op voorskoolse ouderdom

blootgestel aan rekenaars en tablette, tuis of by die skool. Daarom is dit

noodsaaklik dat die tradisionele manier van onderrig en leer hierby aanpas.

2. Die tradisionele skoolkurrikulum gee voorkeur aan kennis by die toepassing

daarvan. Die gevolg is dat onderwysverskaffers dikwels nie daarin slaag om

kinders voldoende in digitale geletterdheid op te lei nie. Die gebruik van

tegnologie kan egter ʼn baie belangrike rol in opvoedkundige veranderinge en

vernuwing speel.

3. Tegnologie ontsluit ook die moontlikheid om ʼn leerruimte buite die vier mure van

die klaskamer of huis te skep. Hoewel tradisionele skole en tuisonderrig oor die

volgende dekades steeds ʼn leidende rol in onderrig sal speel, kan tegnologie

verskeie nuwe deure tot die leerervaring van die kind oopmaak. Die ongelooflike

groei in mobiele kommunikasietoestelle dra veral by tot die skep van aanpasbare,

oop leeromgewings wat kontekstuele, interaktiewe en persoonlike leer bevorder.

Dit is egter belangrik om kinders onder toesig aan tegnologie bloot te stel.

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 4 van 12

4. Tegnologie dra by tot die motivering van leerders en bevorder ook hul

betrokkenheid by leeraktiwiteite wat terselfdertyd die geleentheid bied om

probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel omdat toepassing in die werklike

lewe vergestalting vind.

5. Waar die regte gebruik van tegnologie leerders help om dit wat hulle leer in die

alledaagse lewe toe te pas, loop die tradisionele leerder die gevaar om net te leer

wat in hulle handboeke staan sonder om dit te kan toepas. Praktiese toepassing

van kennis deur byvoorbeeld self navorsing te doen, take uit te voer en in

interaksie met ander te staan, kan alles deur middel van tegnologie gedoen word.

6. Uiteindelik bied die gebruik van tegnologie aan die ouer die geleentheid om saam

met die kind te leer.

Verwerk uit: Maroela Media, Lientjie Young

VRAE OOR TEKS 1

1.1 Voorsien die teks van ʼn gepaste opskrif. (1)

1.2 Wat is een van die grootste verskille tussen die vorige generasie se leefwyse

en vandag se kinders?

(1)

1.3 Op watter ouderdom word kinders deesdae aan tegnologie blootgestel? (1)

1.4 Waar kan tegnologie ʼn belangrike rol speel? Noem TWEE. (2)

1.5 Slaag onderwysverskaffers daarin om leerders volkome digitaal geletterd op

te lei? Motiveer jou antwoord deur ʼn sin uit die leesstuk aan te haal.

(1)

1.6 Vergroot tegnologie die leerruimte? Motiveer jou antwoord deur ʼn sin uit die

leesstuk aan te haal.

(1)

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 5 van 12

1.7 Wat dra by tot oop leeromgewings? (1)

1.8 Dink jy die skrywer van die artikel is vir of teen tegnologie in skole? Motiveer

jou antwoord.

(1)

1.9 Watter verskil is daar tussen ʼn leerder wat tegnologie gebruik en ʼn

tradisionele leerder?

(1)

1.10 Watter belangrike vaardigheid word ontwikkel by leerders wat tegnologie

gebruik vir leer?

(1)

1.11 Sê telkens of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is en motiveer jou

antwoord deur ʼn sin uit die artikel aan te haal.

1.11.1 Jy kan geen baat vind by tegnologie vir die navorsing van take nie.

1.11.2 Indien die leerder van tegnologie gebruik maak, sal hy en sy ouers

minder kommunikeer.

(1)

(1)

(13)

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 6 van 12

VRAAG 2

Bestudeer die prente hieronder en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. TEKS 2 PRENT

VRAE OOR TEKS 2

2.1 Sê watter ruimte deur die illustrasie uitgebeeld word en noem TWEE

visuele aanduidings om jou antwoord te staaf.

(2)

2.2 Watter verband is daar tussen paragraaf 1 van die artikel (TEKS 1) en

die illustrasie (TEKS 2)?

(1)

(3)

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 7 van 12

TEKS 3 PRENT

VRAE OOR TEKS 3

2.3 Waar bevind die man homself? (1)

2.4 Wat is die ironie in die illustrasie hierbo. (2)

2.5 Watter suggestie lê opgesluit in die illustrasie hierbo. (1)

(4)

TOTAAL AFDELING A: 20

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 8 van 12

AFDELING B: TAALLEER

VRAAG 3

Gebruik onderstaande leesstuk om die taalvrae te beantwoord.

TEKS 4 ARTIKEL

1. Will Green is die uitvoerende hoof van Apurimac Media, ʼn maatskappy wat in die

digitale media werk. Sy maatskappy verteenwoordig ook die Afrika-kontinent

namens Yahoo.

Hy gesels hieronder oor kinders en selfone.

Wanneer kan ʼn kind ʼn selfoon kry?

2. Dit hang eerstens af van die doel waarvoor jou

kind die foon gaan gebruik. Vir die meeste

ouers is ʼn selfoon ʼn veiligheidskruk om op te

leun wanneer hulle nie naby hul kind kan wees nie. Maak egter steeds seker dat

jy nie jou vertroue volkome in die foon plaas nie. Wanneer jou jong kind êrens is,

kommunikeer steeds met die maat of die onderwyser wat by hom is.

3. As jy reël om jou kind op ʼn sekere tyd op te laai, doen dit. Hou altyd jou woord.

Ek sou sê die ouderdom waarop ʼn kind ʼn foon mag kry hang af van die

gesinsomstandighede.

4. Tegnologiese katoeters het mode-artikels geword. Dis amper asof kinders hul

selfvertroue meet aan die tegnologie waarmee hulle kan spog.

5. Die nuutste iPhone kos bykans R10 000. Ek voel as ʼn kind ʼn R10 000 se foon

het, moet hy R10 000 se verantwoordelikheid kan hanteer. Die grootste fout wat

die meeste ouers maak is om vir hul kinders duur toerusting te gee voordat hul

verantwoordelik genoeg is om dit op te pas.

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 9 van 12

6. ʼn Foon is soos enige ander besitting. Gee vir jou kind die goedkoopste foon wat

sal werk vir die doel waarvoor hy dit gaan gebruik. As hy homself bewys het as

verantwoordelik en dat hy die foon verdien en reg gebruik, kan jy vir hom ʼn

duurder foon gee. Ouers kan gerus met onderwysers en ander opvoeders praat

om ʼn gevoel te kry van waarvoor hul kind reg is.

7. Toeganklikheid tot tegnologie in stede verskil ook van dié in plattelandse gebiede.

Daarby bepaal elke gesin sy eie reëls.

8. Die beste raad wat ek vir enige ouer kan gee is: Hou ʼn tegnologievrye dag in jou

huis. Speel bordspeletjies. Sit die TV, rekenaars, fone en iPads af en geniet

mekaar se geselskap. Verwerk uit: www.vrouekeur.co.za

VRAE OOR TEKS 4

3.1 Waarom word Apurimac Media met ʼn hoofletter geskryf? (par. 1) (1)

3.2 Watter tipe selfstandige naamwoord is “selfoon”? (par. 2) (1)

3.3 Sê telkens of die volgende woorde ʼn simpleks of ʼn kompleks is.

3.3.1 bewys (par. 6)

3.3.2 gesin (par. 7)

(1)

(1)

3.4 Gee die basisvorm van “vertroue”. (par. 2) (1)

3.5 Waarvoor staan die afkorting TV in paragraaf 8? (1)

3.6 Kyk na die opskrif.

“Wanneer kan ʼn kind ʼn selfoon kry?”

Is bostaande sin ʼn spesifieke of ʼn algemene vraagsin?

(1)

3.7 “Hy gesels hieronder oor kinders en selfone.”

Is bostaande sin ʼn enkelvoudige of ʼn saamgestelde sin?

(1)

3.8 “Tegnologiese katoeters het mode-artikels geword.”

3.8.1 Is bostaande sin ʼn feit of ʼn mening?

3.8.2 Skryf bostaande sin in die indirekte rede oor.

3.8.3 Skryf bostaande sin in die toekomende tyd neer.

(1)

(1)

(1)

3.9 Skryf die infinitief, wat in paragraaf 2 voorkom, neer. (1)

Page 10: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 10 van 12

3.10 Skryf die skeibare werkwoord neer wat in paragraaf 8 voorkom. (1)

3.11 Gee ʼn sinoniem vir die woord “plaas”. (par. 2) (1)

3.12 Die woord “veiligheidskruk” is ʼn samestelling.

Wat word die onderstreepte “s” in die woord genoem?

(1)

3.13 Wat is die funksie van die kappie in die woord “êrens”? (par .3) (1)

3.14 Verdeel die woord “reël “ (par. 3) in lettergrepe. (1)

3.15 Waarom word “mode-artikels” met ʼn koppelteken geskryf? (1)

3.16 Wat is die funksie van die komma in paragraaf 5? (1)

3.17 Gee die vergrotende trap van die woord “goedkoopste.” (par. 6) (1)

(20)

VRAAG 4

Kyk na die strokie en beantwoord die vrae.

TEKS 5 STROKIE MEESTER Danie Cronjé

1. 2. 3.

VRAE OOR TEKS 5

4.1 Verbind die sinne in onderskeidelik raampie 2 en raampie 3, deur gebruik te

maak van die gegewe voegwoorde.

4.1.1 raampie 2 - maar 4.1.2 raampie 3 - want

(1)

(1)

4.2 “Ek het oral daarna gesoek.” (raampie 2)

Word bogenoemde woorde letterlik of figuurlik bedoel?

(1)

Hoe kan jou skoolboek net weg wees?

Ek het oral daarna gesoek. Ek kry dit net

nie.

Hy sal ook nie. Vandag se kinders kan net

GOOGLE!

Page 11: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 11 van 12

4.3 Skryf die meneer se woorde in die eerste raampie oor in die indirekte rede. (1)

4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek”

(raampie 1) neer.

(1)

(5)

VRAAG 5

Lees die onderstaande stuk noukeurig deur en redigeer die foute wat daarin voorkom. Skryf die sinne waarin die foute voorkom oor in jou antwoordboek en ONDERSTREEP die regstellings wat jy aangebring het. (5)

Het jy al ooit gewens jy kan in die toekoms sien. Ons het kenners gevra hoe jou lewe

oor tien jaar gaan lyk. Sit jou futuristiese bril op – daar is ʼn paar verassings wat wag.

ʼn Paar jaar gelede was ʼn biblioteek al uitweg as jy meer wou weet oor japan of ʼn

dinosourus. Deesdae doen jy dit sommer op jou selfoon op pad skool toe. Jy glo ook

nie meer jou kollega as sy se sy moet bank toe gaan nie. Net mense wat saam met

Noag in die ark was, staan nog in ʼn ry by die bank – aanlyn banktransaksies is lankal nie

meer ʼn nuutjie nie!

Natuurlike hulpbrone soos steenkool is reeds skaars, en in die toekoms gaan die

aanvraag daarvoor nog groter word. Dit beteken ons lewenskoste gaan styg. Min

mense sal selfs brandstof kan koop. Die Suid-Afrikaanse bevolking gaan groei en die

regering gaan baie druk ervaar om werk, behuising, water en kos aan mense te

voorsien.

Verwerk vanaf: http://www.voelgoed.co.za

TOTAAL AFDELING B: 30

Page 12: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 12 van 12

AFDELING C: OPSOMMING

VRAAG 6

In die teks hieronder word SEWE WENKE vir ʼn goeie selfie gegee.

Som hierdie SEWE WENKE puntsgewys en in volsinne op.

Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.

Dui die aantal woorde wat jy gebruik het aan. (10)

Maak só vir ʼn goeie selfie

1. Kies ʼn interessante agtergrond. Vermy selfies in jou badkamer (jou toilet en stort is nié interessant nie) of by ʼn begrafnis. ʼn Mooi natuurtoneel is ʼn beter opsie.

2. Natuurlike lig is die beste, maar vermy direkte sonlig. As jy wel ʼn selfie in die aand wil neem, doen dit in ʼn vertrek met genoeg en helder lig.

3. Wees natuurlik en gebruik min tot geen grimering. Jy gaan natuurlik opgedollie wees vir ʼn partytjie, maar dit hoef nie te lyk of jy in Keeping Up with the Kardashians gaan verskyn nie.

4. ʼn “Goeie-haar-dag”, ʼn konsert, of tyd saam met jou vriende is goeie geleenthede vir ʼn selfie.

5. Jy kan altyd iets nuuts deel. Het jy ʼn nuwe haarstyl, bril of uitrusting? Deel dit met jou volgelinge. Jy kan ʼn nuwe modeneiging begin deur iets te wys wat vir jou uniek is.

6. Mense maak of hulle slaap en of die fotograaf hulle onverwags afgeneem het, maar sulke foto’s loop meestal verkeerd. Daarom moet jy doodseker maak dat jy onnodige foutjies wat insluip, vermy.

7. Die toepassing VSCO Cam is altyd ʼn wenner. Kies die effek wat jou die beste laat lyk. Beperk die selfies tot ʼn minimum en verwyder mislukte pogings. Redigering van jou foto’s is nie ʼn sonde nie.

Verwerk uit Beeld: Jip Media24 (Bylae 14)

TOTAAL AFDELING C: 10 GROOTTOTAAL 60

Page 13: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS HUISTAAL

MEMORANDUM

VRAESTEL 2

NOVEMBER 2015

GRAAD 9

PUNTE: 60

Hierdie memorandum bestaan uit 5 bladsye.

Page 14: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 2 van 5

AFDELING A

VRAAG 1

TEKS 1 LEESSTUK

1.1 Gepaste opskrif. (Voorbeeld: “Die kind en tegnologie.”) √ (1)

1.2 Die nuwe generasie het meer toegang tot tegnologie. √ (1)

1.3 Voorskoolse kinders / 0-6 jaar √ (1)

1.4 Opvoedkundige veranderinge √ en vernuwing √ (2)

1.5 Nee. “Die gevolg is dat onderwysverskaffers dikwels nie daarin slaag om

kinders voldoende in digitale geletterdheid op te lei nie. √

(1)

1.6 Ja. “Tegnologie ontsluit ook die moontlikheid om ʼn leerruimte buite die vier

mure van die klaskamer of huis te skep. √

(1)

1.7 mobiele kommunikasietoestelle √ (1)

1.8 Leerder se eie opinie met goed gemotiveerde antwoord. √ (1)

1.9 Tegnologiese leerder leer oor die alledaagse lewe en tradisionele leerder

net dit wat in sy handboek / skoolboek staan. √

(1)

1.10 probleemoplossing √ (1)

1.11.1 ONWAAR. “Praktiese toepassing van kennis deur byvoorbeeld self

navorsing te doen, ...” √

(1)

1.11.2 ONWAAR. “Uiteindelik bied die gebruik van tegnologie aan die ouer die

geleentheid om saam met die kind te leer.” √

(1)

(13)

VRAAG 2

TEKS 2 EN 3 PRENT

2.1 in ʼn bababedjie of kot / die raamwerk van die bababedjie / die kussing (Enige TWEE) √ √

(2)

2.2 Albei handel oor tegnologie en hoe kinders dit vroeg reeds inneem soos die illustrasie wat die selfoon as bababottel voorstel. √

(1)

2.3 in die woestyn √ (1)

2.4 Die man verkies die internet √ bo water. √ (2)

2.5 Die internet is vir die mens lewensbelangrik. √ (1)

(7) TOTAAL AFDELING A: 20

Page 15: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 3 van 5

AFDELING B TAALLEER

VRAAG 3

TEKS 4 ARTIKEL

3.1 eienaam √ (1)

3.2 soortnaam √ (1)

3.3.1 kompleks √ (1)

3.3.2 simpleks √ (1)

3.4 trou √ (1)

3.5 televisie √ (1)

3.6 algemene vraagsin √ (1)

3.7 enkelvoudige sin √ (1)

3.8.1 mening √ (1)

3.8.2 Die skrywer sê dat tegnologiese katoeters mode-artikels geword het. √ (1)

3.8.3 Tegnologiese katoeters sal mode-artikels word. √ (1)

3.9 om op te leun √ (1)

3.10 afsit √ (1)

3.11 sit √ (1)

3.12 verbindingsklank √ (1)

3.13 Maak die ”e” ʼn lang klank (uitspraak) √ (1)

3.14 re + ël √ (1)

3.15 opeenhoping van vokale √ (1)

3.16 tussen twee gesegdes √ (1)

3.17 goedkoper √ (1)

(20)

VRAAG 4

TEKS 5 STROKIE

4.1.1 Ek het oral daarna gesoek, maar ek kry dit net nie. √ (1)

4.1.2 Hy sal ook nie, want vandag se kinders kan net GOOGLE. √ (1)

4.2 figuurlik √ (1)

4.3 Meneer vra hoe sy skoolboek net weg kan wees. √ (1)

Page 16: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 4 van 5

4.4 kern – boek √ bepaler – skool

(1)

(5)

VRAAG 5

REDIGERING

Het jy al ooit gewens jy kan in die toekoms sien ? √ Ons het kenners gevra hoe jou lewe

oor tien jaar gaan lyk. Sit jou futuristiese bril op – daar is ʼn paar verrassings √ wat

wag. ʼn Paar jaar gelede was ʼn biblioteek al uitweg as jy meer wou weet oor Japan √ of

ʼn dinosourus. Deesdae doen jy dit sommer op jou selfoon op pad skool toe. Jy glo ook

nie meer jou kollega as sy sê √ sy moet bank toe gaan nie. Net mense wat saam met

Noag in die ark was, staan nog in ʼn ry by die bank – aanlyn banktransaksies is lankal

nie meer ʼn nuutjie nie.

Natuurlike hulpbronne √ soos steenkool is reeds skaars, en in die toekoms gaan die

aanvraag daarvoor nog groter word. Dit beteken ons lewenskoste gaan styg. Min

mense sal selfs brandstof kan koop. Die Suid-Afrikaanse bevolking gaan groei en die

regering gaan baie druk ervaar om werk, behuising, water en kos aan mense te

voorsien. (5)

TOTAAL AFDELING B: 30

Page 17: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING · 4.4 Skryf onderskeidelik die kern en die bepaler van die woord “skoolboek” (raampie 1) neer. (1) (5) VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk noukeurig

Afrikaans Huistaal Graad 9 November 2015

Bladsy 5 van 5

AFDELING C: OPSOMMING

VRAAG 6

1. Kies ʼn interessante agtergrond.

2. Kies goeie lig.

3. Wees natuurlik.

4. Sorg dat jou selfie ʼn doel het.

5. Deel iets nuuts.

6. Vermy die gewone foute.

7. Redigering is nie ʼn sonde nie.

Die opsomming moet soos volg nagesien word:

x Puntetoekenning: * 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)

* 3 punte vir taal

* Totaal: 10 punte

x Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie: * 1-3 korrekte feite: 1 punt

* 4-5 korrekte feite: 2 punte

* 6-7 korrekte feite: 3 punte

x Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het: * 6-7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie

* 1-5 korrekte aanhalings: 1 punt vir taal word toegeken.

LET WEL:

Getal woorde

x Nasieners moet die getal woorde verifieer. x Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde

aan te dui of dit verkeerd aandui nie. x Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die

nasiener tot aan die einde van die sin waarin 70 woorde oorskry word, lees. TOTAAL AFDELING C: 10 GROOTTOTAAL 60