algemene onderwys en opleiding - best education · daardie video het my lewe verander. dit het my...

16
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

PUNTE: 60

TYDSDUUR: 2 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 2

NOVEMBER 2015

GRAAD 9

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 2 van 10

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

AFDELING A Leesbegrip 20

AFDELING B Taalstrukture en Taalkonfensies

30

AFDELING C Opsomming 10

TOTAAL 60

INSTRUKSIES

1. Lees die instruksies goed deur.

2. Beantwoord al die vrae van al die afdelings op die ANTWOORDBLAD.

3. Skryf netjies en leesbaar.

4. Begin elke AFDELING op „n nuwe bladsy.

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 3 van 10

AFDELING A LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

BOELIES KAN MY NIE BREEK NIE Lizzie is as die "lelikste (ugliest) vrou ter wêreld" sleggesê op YouTube, maar inspireer nou ander wat afgeknou word.

1 Die tienermeisie het op die internet rondgespeel op soek na musiek. Sy het op

YouTube ʼn video met die titel The World's Ugliest Woman gesien. Sy het daarop

geklik en „n video gesien, wat al deur 4 miljoen mense gekyk is, „n video oor

haar. . .

2 Dit is wat met Lizzie Velásquez gebeur het toe sy net 17 jaar oud was. Dié

persoon wat die video opgelaai het, het Lizzie die planeet se lelikste vrou

genoem.

3 Lizzie was hartseer en het die video se kommentaar onderaan gelees. "Maak dit

dood met vuur," was een persoon se kommentaar. Lizzie sê sy was baie geskok.

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 4 van 10

"Ek het soveel nagte omgehuil. As tiener het ek gedink my lewe is verby. Ek kon

met niemand daaroor praat nie. Ek was so geskok," vertel Lizzie.

4 Baie mense sal só ʼn situasie nie kan hanteer nie. Maar Lizzie, ʼn inwoner van

Texas, het ʼn positiewe houding. "As ek daardie mense ontmoet, sal ek hulle ʼn

stywe drukkie gee. Daardie video het my lewe verander. Dit het my die

platvorm gegee om ander mense te motiveer wat geboelie is," sê Lizzie.

5 Vandag inspireer Lizzie mense wêreldwyd as motiveringspreker teen afknouery.

Sy het in Desember 2013 sterstatus bereik toe sy ʼn toespraak gegee het by

TEDx-Austin, ʼn reeks internasionale konferensies wat aanlyn gekyk kan word.

Die toespraak, getiteld "How Do You Define Yourself?" het vinnig op die internet

versprei en is al meer as 7,9 miljoen keer gekyk. In die praatjie verduidelik sy hoe

sy bo die boelies se giftige woorde gestyg het. "Gaan ek toelaat dat mense wat

my ʼn monster noem my definieer? Nee, ek gaan sorg dat my doelwitte, suksesse

en prestasies my definieer. Ek gaan die beste mens wees wat ek kan wees."

6 Lizzie het ʼn graad in kommunikasiekunde behaal, sy is ʼn motiveringspreker en

sy het drie boeke geskryf. Sy het ook haar eie YouTube-kanaal. Sy het ook baie

aanhangers op Facebook en Twitter. ʼn Dokumentêr oor haar lewe, “A Brave

Heart: The Lizzie Velásquez Story,” is by die South West-rolprentfees in haar

tuisstad, Austin, vertoon.

7 Lizzie sê haar lewe was nie maklik nie.. Sy het 1,2 kg by geboorte geweeg en

dokters het vir haar ouers gesê sy sal nooit kan loop, praat of ʼn normale lewe lei

nie. Sy is met twee sindrome gebore: Marfansindroom en lipodistrofie.

8 Ten spyte van die uitdagings en afknouery wat sy nog haar lewe lank moes

hanteer, bly Lizzie optimisties. Lizzie kies om gelukkig te wees. Sy inspirer

ander mense.

9 "Ek het ʼn moeilike lewe gehad, maar dis oukei. Ek kan nie gewig aansit nie. My

een oog kan nie sien nie, maar die ander een kan. Ek word soms siek, maar ek

het baie mooi hare," vertel Lizzie.

10 Lizzie hoop die dokumentêre fliek sal miljoene mense wat deur boelies geboelie

word, hoop gee. Sy wil mense beskerm wat dink daar is geen hoop nie. [Verwerk uit: Huisgenoot, 23 April 2015]

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 5 van 10

Verbeel - imagine

Lelikste - ugliest

Doelwitte - goals

Geterg - teased

Prestasie - achievement

1.1 Wat is die "lelikste vrou ter wêreld" se naam? (1) 1.2 Waarna het Lizzie op die internet gesoek? (1)

1.3 Hoe het Lizzie gevoel toe sy die video gesien het? (1)

1.4 Lees paragraaf 3.

1.4.1 Is die stelling WAAR of ONWAAR?

Lizzie het baie in die aand gelag. (1)

1.4.2 Motiveer die antwoord. (1)

1.5 Waar bly Lizzie Velásquez? (1)

1.6 "Sy motiveer ander mense wat geboelie word.”

Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2)

1.7 Kies die korrekte antwoord wat die sin KORREK sal voltooi.

Wanneer iemand "sterstatus" bereik, is die persoon baie ...

A onbekend.

B gefokus op sterre.

C bekend.

D helder in die oë. (1)

1.8 In watter vakrigting het Lizzie haar graad gekry? Paragraaf 7 (1)

1.9 Hoeveel boeke het Lizzie geskryf? (1)

1.10 Haal EEN sin uit die leesstuk aan wat dieselfde betekenis het as die

volgende sin:

Lizzie sê haar lewe was moeilik. (1)

1.11 Wat het die dokters vir Lizzie se ouers gesê toe Lizzie gebore is?

(Paragraaf 7) (1)

1.12 Oor watter deel van haar liggaam voel Lizzie baie positief? (1)

1.13 Hoekom, dink jy, is Lizzie ʼn positiewe rolmodel? (1)

(15)

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 6 van 10

VRAAG 2 TEKS B ADVERTENSIE

Lees en kyk na die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae. 2.1 Wat word in hierdie advertensie geadverteer? (1)

2.2 “GEE JOU LYF 'N HUPSTOOT!”

2.2.1 Hoekom is hierdie woorde in hoofletters? (1)

2.3 Kyk na die prentjie van die meisie.

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 7 van 10

Hoe weet ons sy is gesond en vol energie? Noem EEN rede. (1)

2.4 Na watter plek kan twee mense ʼn reis wen? (1)

2.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en

die letter (A - D) neer.

Volgense die advertensie is herbex DETOX TABLETS se teikengroep

mense wat …

A baie gesond is.

B baie van harloop hou.

C hulle liggame wil detoks en gewig wil verloor.

D gereeld vakansie by die see hou. (1)

(5) TOTAAL AFDELING A: 20

AFDELING B: TAAL IN KONTEKS VRAAG 3 3.1 Wat is die antonieme van die onderstreepte woorde?

Skryf slegs die antwoorde neer.

Voorbeeld: Lizzie is die mooiste dogter in die wêreld.

Antwoord: seun 3.1.1 Lizzie is ʼn vrou wat ander mense motiveer. (1)

3.1.2 Die mense het vir Lizzie gelag. (1)

3.2 Skryf die volgende sin oor en vul die korrekte leestekens in.

Lizzie sê Ek sal nie hartseer wees nie. (2)

3.3 Rangskik die woorde in hakies volgends die SvTOMPvI metode.

3.3.1 (motiveer) (Lizzie) (elke dag) (in die wêreld) (baie mense) (2)

3.4 Dui die byvoeglike naamwoord in die sin aan en skryf dit neer.

Voorbeeld: Sy kyk vinnig na die video.

Antwoord: vinnig Die mense het baie vir Lizzie gelag. (1)

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 8 van 10

3.5 Skryf die volgende sin oor in die VERLEDE TYD.

Voorbeeld: Lizzie weeg 1.2kg. by geboorte.

Antwoord: Lizzie het 1.2 kg by geboorte geweeg.

Lizzie kyk na ʼn video op die internet. (2)

3.6 Identifiseer die werkwoord in die volgende sin en skryf dit neer.

Voorbeeld: Lizzie werk aan haar toespraak.

Antwoord: werk

Lizzie motiveer baie mense in die wêreld. . (1)

3.7 Skryf die volgende sin oor in die direkte rede.

Voorbeeld: Lizzie sê dat die mense vir haar gelag het.

Antwoord: Lizzie sê: “Die mense het baie vir my gelag.” Lizzie sê dat sy baie gehuil het. (2)

3.8 Skryf die meervoud van die onderstreepte woord neer.

Voorbeeld: Die seun het haar gespot.

Antwoord: seuns

Die mens het baie vir Lizzie gelag. (1)

3.9 Voltooi die sinne deur die ontbrekende trappe van vergelyking in te vul.

Voorbeeld: Lizzie is slim. Sy is __________as haar maats.

Antwoord: slimmer Lizzie se pa jonk. Lizzie se ma is (3.9.1) _______as Lizzie se pa. Lizzie is die (3.9.2) ________ . (2)

3.10 Kyk na die volgende sinne en identifiseer die SINSOORTE

(bv. stelsin/vraagsin/uitroepsin/bevelsin).

3.10.1 Wie is Lizzie? (1)

3.10.2 Lizzie is die lelikste vrou in die wêreld. (1)

3.10.3 Lizzie is ʼn rolmodel! (1)

3.11 Identifiseer die voorvoegsel van die onderstreepte woord en skryf dit neer.

Ek het na die video op die internet geluister. (1)

3.12 Lees die volgende sin en skryf die agtervoegsel van die donkergedrukte woord

neer.

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 9 van 10

Die aanhangertjie kyk na Lizzie se video. (1)

3.13 Voeg die volgende twee sinne saam. Gebruik die voegwoord

tussen hakies.

Die vrou is hartseer. Die mense lag vir haar. (want) (1)

3.14 Skryf die volgende sin oor in die toekomende tyd.

Ek kyk na die vrou op die rekenaar. (2)

3.15 Gebruik die voorsetsels in die woordeblok om die sinne te voltooi.

na in op

Lizzie is die lelikste vrou (3.15.1) ___________ die wêreld. Ek kyk (3.15.2) _______ die video van Lizzie op YouTube. (2)

3.16 Identifiseer die spelfoute in die volgende sin en skryf die

korrekte spelling van die woorde neer.

Ek kyk elke dag na ʼn vidoe op die rekenaar terwyl ek hyswerk doen. (2)

3.17 Voeg die twee sinne saam deur die woord tussen hakies te gebruik.

Voorbeeld: Ek drink koeldrank. Ek kyk na „n video op die internet. (en)

Antwoord: Ek drink koeldrank en kyk na „n video op die internet.

Lizzie het die video gesien. Haar hart was baie seer. (daarom) (2)

3.18 Skryf die INTENSIEWE VORME van die onderstreepte woorde neer.

Voorbeeld: Lizzie het besluit om gelukkig te wees.

Antwoord: dogelukkig 3.18.1 Die vrou se hare is swart. (1)

TOTAAL AFDELING B: 30 AFDELING C: OPSOMMING VRAAG 4 INSTRUKSIES

x Lees die leesstuk deur.

x Som sewe wenke (hints or tips) op oor hoe

om gelukkiger te voel. x Nommer die sinne van 1 tot 7.

x Laat ʼn reël tussen jou sinne oop.

x Jou opsomming mag nie meer as 60 woorde wees nie.

Page 10: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 10 van 10

x Dui die woorde aan die einde van jou opsomming aan.

Dit is soms moeilik om elke dag te glimlag en gelukkig te wees. Partykeer is daar dinge wat ons hartseer maak en dan is dit moeilik om te glimlag. Probeer dié wenke om meer gelukkig te wees. ʼn Studie het gewys dat mense wat depressie het beter voel as hulle meer vis eet. Eet dus meer gereeld vis. Die omega 3-vetsure in die vis verlig die risiko vir depressie en selfmoord. Vars tuna, salm en sardientjies is goeie keuses en nog baie gesond ook. Jy moet ook meer gereeld oefening doen, want oefening doen wondere vir ligte depressie. Christel Muller, ʼn sielkundige van Pretoria, sê skoonmaak kan jou beter laat voel. Jy moet jou huis of kamer gereeld skoonmaak, want dit hou jou besig en jy het dan nie tyd om hartseer te voel nie. Musiek is baie goed vir die siel. Luister gereeld na goeie musiek. In een studie het 92% van die mense beter gevoel omdat hulle na musiek geluister het. Maak tyd om saam met jou vriende te kuier, want goeie vriende kan jou gelukkig maak. Wanneer jy oor jou slegte dag of net oor dinge wat jou pla gesels, help dit om stres van jou skouers af te neem. Jy kan natuurlike medisyne gebruik soos Ginkgo Biloba en St John's Wort. Hierdié kan jou beter laat voel en dit het nie sommer newe effekte nie. Jy kan ook iets interessants doen om jou gelukkiger te maak. Gaan met vakansie of op ʼn uitstappie. Dit hoef nie altyd baie geld te kos nie. So span daardie kreatiewe deel van jou brein in!

(Verwerk uit FINESSE, Maart 2009)

10

GROOTTOTAAL AFDELING C: 10

GROOTTOTAAL 60

Page 11: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 2

NOVEMBER 2015

MEMORANDUM

GRAAD 9

PUNTE: 60

TYDSDUUR: 2 UUR

Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye.

Page 12: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 2 van 6

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Lizzie ✔ 1

1.2 musiek ✔ 1

1.3 hartseer / geskok ✔ 1

1.4.1 ONWAAR ✔ 1

1.4.2 Sy het baie gehuil. ✔ 1

1.5 Texas ✔ 1

1.6

Iemand wat ander mense seer maak/ hartseer maak

(ENIGE soortgelyke antwoord in eie woorde) ✔✔ 2

1.7 C (bekend) ✔ 1

1.8 kommunikasiekunde ✔ 1

1.9 drie (3) ✔ 1

1.10 Lizzie sê haar lewe was nie maklik nie. ✔ 1

1.11

sal nooit kan loop/ praat / ʼn normale lewe lei nie ✔

(Enige EEN) 1

1.12 Haar hare ✔ 1

1.13

Sy motiveer ander mense / inspireer ander mense ✔

(Enige EEN of soortgelyk) 1

15

Page 13: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 3 van 6

VRAAG 2

2.1 Herbex Detox tablette 1

2.2 Dit trek die leser se aandag 1

2.3 Sy spring (in die lug) / Sy lag 2

2.4 Bali 1

2.5 C / hulle liggame wil detoks en gewig wil verloor. 1

(5)

TOTAAL AFDELING A: 20

AFDELING B

VRAAG 3

3.1.1 man ✔ 1

3.1.2 gehuil ✔ 1

3.2

Lizzie sê: "Ek sal nie hartseer wees nie."

: ✔ " " ✔ 2

3.3 Lizzie motiveer elke dag baie mense in die wêreld ✔✔ 2

3.4 baie ✔ 1

3.5 Lizzie het ✔ na ʼn video op die internet gekyk. ✔ 2

3.6 motiveer ✔ 1

3.7 Lizzie sê: "Ek het baie gehuil." ✔✔ (Een punt vir leestekens; een punt vir woordorde) 2

3.8 mense ✔ 1

3.9.1 jonger ✔ 1

3.9.2 jongste ✔ 1

Page 14: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 4 van 6

3.10.1 vraagsin ✔ 1

3.10.2 stelsin ✔ 1

3.10.3 uitroepsin ✔ 1

3.11 ge- ✔ 1

3.12 -tjie ✔ 1

3.13 Die vrou is hartseer, want die mense lag vir haar. ✔ 1

3.14 Ek sal✔ na die vrou op die rekenaar kyk. ✔ 2

3.15.1 in ✔ 1

3.15.2 na✔ 1

3.16 video ✔ huiswerk✔ 2

3.17 Lizzie het die video gesien daarom was haar hart baie seer. ✔✔ 2

3.18.1 pikswart ✔ 1

30

TOTAAL AFDELING B: 30

AFDELING C

VRAAG 4

Dit is soms moeilik om elke dag te glimlag en gelukkig te wees. Partykeer is daar dinge wat ons hartseer maak en dan is dit moeilik om te glimlag. Probeer dié wenke om meer gelukkig te wees. ʼn Studie het gewys dat mense wat depressie het beter voel as hulle meer vis eet. Eet dus meer gereeld vis. Die omega 3-vetsure in die vis verlig die risiko vir depressie en selfmoord. Vars tuna, salm en sardientjies is goeie keuses en nog baie gesond ook. Jy moet ook meer gereeld oefening doen, want oefening doen wondere vir

Feite soos volg:

1. Eet dus meer gereeld vis.

2. Jy moet ook meer

10

Page 15: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 5 van 6

ligte depressie. Christel Muller, ʼn sielkundige van Pretoria, sê skoonmaak kan jou beter laat voel. Jy moet jou huis of kamer gereeld skoonmaak, want dit hou jou besig en jy het dan nie tyd om hartseer te voel nie. Musiek is baie goed vir die siel. Luister gereeld na goeie musiek. In een studie het 92% van die mense beter gevoel omdat hulle na musiek geluister het. Maak tyd om saam met jou vriende te kuier, want goeie vriende kan jou gelukkig maak. Wanneer jy oor jou slegte dag of net oor dinge wat jou pla gesels, help dit om stres van jou skouers af te neem. Jy kan natuurlike medisyne gebruik soos Ginkgo Biloba en St John's Wort. Hierdié kan jou beter laat voel en dit het nie sommer newe effekte nie. Jy kan ook iets interessants doen om jou gelukkiger te maak. Gaan met vakansie of op ʼn uitstappie. Dit hoef nie altyd baie geld te kos nie. So span daardie kreatiewe deel van jou brein in!

Punte word soos volg toegeken:

1 punt per feit (7 x 1)

3 punte vir taal : Vir 1 - 3 korrekte feite = 1 punt

Vir 4 - 5 korrekte feite = 2 punte

Vir 6 - 7 korrekte feite = 3 punte

gereeld oefening doen

3. Jy moet jou huis of kamer gereeld skoonmaak

4. Luister gereeld na goeie musiek.

5. Maak tyd om saam met jou vriende te kuier

6. Jy kan natuurlike medisyne gebruik

7. Jy kan ook iets interessants doen om jou gelukkiger te maak.

(57 woorde)

10

TOTAAL AFDELING C: 10

GROOTTOTAAL 60

Page 16: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING - Best Education · Daardie video het my lewe verander. Dit het my die ... Verduidelik in jou EIE woorde wat ʼn "boelie" is. (2) 1.7 Kies die korrekte

AFRIKAANS EAT GRAAD 9 NOVEMBER 2015

Bladsy 6 van 6