algemene onderwys en opleiding sosiale · pdf fileneem kennis van die puntetoekenning vir elke...

4
Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014 3 VRAAG 1 Sleutelvraag: Hoe het die Industrile Revolus ie in Brittanje en Suid -Afrika die werksomstandighede van mense beinvloed? 1.1 Bestudeer BRON 1A ZDWZHUNVRPVWDQGLJKHGHLQQ%ULWVHID tydens die Industrile Revolusie in 1850 uitbeeld, en beantwoord die vrae wat volg: BRON 1A Aangepas uit : Sosiale wetenskappe Vandag. Earle et al. 2005 1.1.1 Wie word onderskeidelik deur A en B in die spotprent, voorgestel? (2x1=2) 1.1.2 Waarom gebruik die kunstenaar Q geraamte om die werksomstandighede van B voor te stel? (1x1=1) 1.1.3 Beskryf die werksomstandighede van B. Noem TWEE aspekte. (2x1=2) (5) A B

Upload: lamxuyen

Post on 26-Feb-2018

406 views

Category:

Documents


95 download

TRANSCRIPT

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

SOSIALE WETENSKAPPE

GESKIEDENIS

VRAESTEL 2

FINALE EKSAMEN

NOVEMBER 2014

GRAAD 8

PUNTE: 75

TYDSDUUR: 90 MIN

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

2

SOSIALE WETENSKAPPE GRAAD 8

GESKIEDENIS NOVEMBER 2014

TYDSDUUR: 90 MINUTE TOTAAL: 75 INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1. Al die vrae moet beantwoord word.

2. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat op die vraestel gebruik word.

3. Bestudeer al die bronne en tekste wat voorsien is noukeurig want hulle bevat baie leidrade wat jou sal help met die beantwoording van die vrae.

4. Neem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te antwoord.

5. Skryf netjies en leesbaar

6. Laat asseblief ‘n lyn oop na elke vraag.

7. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye sigblad ingeslote

. . .

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

3

VRAAG 1 Sleutelvraag: Hoe het die Industriële Revolusie in Brittanje en Suid-Afrika die werksomstandighede van mense beinvloed? 1.1 Bestudeer BRON 1A wat werksomstandighede in ‘n Britse fabriek

tydens die Industriële Revolusie in 1850 uitbeeld, en beantwoord die vrae wat volg:

BRON 1A

Aangepas uit: Sosiale wetenskappe Vandag. Earle et al. 2005

1.1.1 Wie word onderskeidelik deur A en B in die spotprent,

voorgestel?

(2x1=2) 1.1.2 Waarom gebruik die kunstenaar ‘n geraamte om die

werksomstandighede van B voor te stel?

(1x1=1) 1.1.3 Beskryf die werksomstandighede van B. Noem TWEE aspekte. (2x1=2)

(5)

A B

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

4

1.2 Bestudeer BRON 1B wat handel oor die ontginning van diamante

buite Kimberley in 1880 en beantwoord die vrae wat volg: BRON 1B

Aangepas uit: In Search of Social Sciences. Bottaro et al. 2006

1.2.1

Gebruik jou eie kennis en in die inligting in BRON 1A en 1B, en dui aan waarom die twee bronne dui op swak werksomstandighede vir werkers. Noem TWEE aspekte.

(2x1=2)

1.2.2 Waarom was diamante so belangrik vir die koloniale oorheersers? (1x1=1) 1.2.3 Diamantmyne was die begin van groot monopolië in Suid-Afrika.

Stem jy saam? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

(2x1=2)

(5) 1.3 Bestudeer BRON 1C wat handel oor die gevolge van minerale

ontdekking in Suid-Afrika vir swart koninkryke en beantwoord die vrae wat volg:

BRON 1C Die ontdekking van diamante en later goud het gelei tot ‘n toename in die bevolking en rykdom. Wedywering in magsug het toegeneem tussen Brittanje, die Boere Republieke en groot mynbase. Onafhanklike Swart koninkryke het in die pad gestaan van die uitbreiding van Brittanje en die Boere Republieke se strewe na die vestiging van hul gesag oor die minerale rykdomme. Daar was baie ongeskoolde arbeiders en arbeid op die myne nodig en deur swart koninkryke oor te neem en hul te dwing om belasting te betaal, was Brittanje en die mynbase verseker van arbeiders vir die myne. Soms het van die swart stamme hierteen in opstand gekom, soos bv. toe die Hoofman Bumbatha in 1906 hom verset het teen Koloniale onteiening van sy grond en verpligte belasting. Aangepas uit: Shuters History. Bartels et al 2006

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

5

1.3.1 Buiten swak werksomstandighede het die ontdekking van minerale in Suid-Afrika volgens BRON 1C nog ander negatiewe gevolge gehad vir swart mense. Noem EEN.

(1x1=1) 1.3.2 Verduidelik waarom die swart werkers so belangrik vir die

mynbase was? (1x2=2) 1.3.3 Watter metodes het die koloniale regerings en die mynbase gebruik

om te verseker dat daar genoeg goedkoop arbeid op die myn beskikbaar was?

(1x2=2)

(5)

(15) VRAAG 2 Sleutelvraag: Waarom het Europese lande, Afrika gekoloniseer? 2.1 Bestudeer BRON 2A wat handel oor Europese lande wat lande in

Afrika koloniseer en beantwoord die vrae wat volg:

BRON 2A

Aangepas uit: New Afrika History. Frick et al. 2006

SLEUTEL: In hierdie spotprent stel diere sekere lande voor soos hieronder uiteengesit. Leeu Brittanje Jakkals Turkye Honde Italië Beer Rusland Krokodil Egipte Donkie Spanje

DIE LEEU SE GEREGVERDIGE AANDEEL

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

6

2.1.1 Verklaar die begrip/woord ‘Kolonialisme’ (1x2=2) 2.1.2 Verskaf TWEE redes waarom Afrika gekoloniseer is tydens die

tweede helfte van die 19de eeu?. (2x2=4)

2.1.3 Waarom word die leeu (Brittanje) groter as ander lande getoon met

sy pote op die krokodil (Egipte)?

(2x2=4) 2.1.4 Vanuit watter land se perspektief (sienswyse) is hierdie spotprent

geteken? Motiveer jou antwoord.

(2x2=4)

(14) 2.2 Bestudeer BRON 2B wat handel oor Cecil John Rhodes se

standpunt oor kolonialisme en Britse meerderwaardigheid en beantwoord die vrae wat volg:

BRON 2B

‘Ons is die mees ontwikkeldste ras in die wêreld en hoe meer ons van die wêreld bewoon, hoe beter is dit vir die mensdom. Dit is ons oogmerk om die hele onbeskaafde wêreld onder Britse Ryk te bring. Afrika lê en dit is ons plig om dit te doen. Brittanje het die minerale, produkte, kos en mense nodig om die magtigste land op aarde te wees.’ (Cecil John Rhodes in sy boek Confessions of faith)

Aangepas uit : Op soek na geskiedenis. Bottaro et al. 2008

2.2.1 Waarom was Afrika gereed om gekoloniseer te word volgens BRON 2B? (1x2=2)

2.2.2 Noem EEN rede waarom Rhodes gedink het Afrika moet deur

Brittanje gekoloniseer te word? (1x2=2)

(4) 2.3 Swart Afrikane het anders gedink oor Kolonialisme. Bestudeer

BRON 2C wat handel oor die standpunt van Charity Wacuina wat as kind in ‘n koffie plantasie in Kenia gewerk het en beantwoord die vrae wat volg:

BRON 2C

‘Ek het ‘n afkeer ontwikkel in wit mans wat ons soos slawe laat werk het en slegs ‘n paar sent per dag betaal het. Soms is ons geslaan asof ons kinders was. Ons is dikwels behandel asof ons emosioneel en verstandelik kinders was.’

Aangepas uit: Op soek na Geskiedenis. Bottaro et al. 2008

2.3.1 Wat was volgens BRON 2C die aspekte van kolonialisme wat tot groot ontevredenheid onder Afrikane gelei het? Noem EEN aspek uit die berig.

(1x2=2)

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

7

2.3.2 Gebruik die inligting in BRONNE 2A, 2B, 2C en jou eie kennis, en skryf ‘n paragraaf waarin jy die belangrikste redes vir kolonisering van Afrika deur Europese lande verduidelik.

(5)

(7)

(25) VRAAG 3 Sleutelvraag: Hoe is gewone mense geraak deur die Eerste Wêreldoorlog in Brittanje?

3.1 Gebruik BRONNE 3A, 3B, 3C en 3D en jou eie kennis om die volgende vrae te beantwoord:

BRON 3A BRON 3B

Sluit vandag aan. Hy is gelukkig en tevrede. Is jy?

Rooi kruis of Ysterkruis?. Gewond en ‘n gevangene Ons soldaat roep na water. Die Duitse ‘verpleegster’ gooi die water voor sy oë op die grond uit. Daar is geen Britse vrou wat dit sal doen of vergeet nie.

BRON 3C

BRON 3D

Bewaar bederfbare produkte

Verpleegsters,

kombuishulpe,klerke,linnewassers, motorbestuurders word dringend benodig.

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

8

3.1.1 Definieer/verduidelik die woord/begrip ‘propaganda’. (1x2=2) 3.1.2 Identifiseer die doel van elk van die propaganda bronne. Skryf die

vraagnommer neer en teenoor elk die nommer van die toepastlike bron. bv. 3.1.2.a BRON E.

a. Moedig mense aan om hulpbronne en voedsel te bewaar. (1x2=2) b. Moedig mans aan om by die weermag aan te sluit. (1x2=2) c. Moedig vroue aan om in verskillende beroepe te wees en so

die oorlogspoging te steun. (1x2=2) d. Stel die Duitsers as boos/sleg voor. (1x2=2) 3.1.3 Wat is die hoofdoel van die woorde: ‘Hy is gelukkig en tevrede, is

jy?’ in BRON 1A. Kies die mees toepaslike respons. Skryf die vraagnommer neer en die letter van die korrekte antwoord bv. 3.1.3. a

a. Die soldate is gelukkig. b. Om die soldate trots te maak. c. Om mans wat nie aangesluit het by die weermag skuldig te

laat voel sodat hulle kan aansluit by die weermag. (1x2=2) 3.1.4 Gebruik BRONNE 3A, 3B, 3C, 3D en jou eie kennis om die

volgende vraag te beantwoord: Kies die mees oortuigendste propaganda bron van die vier en verduidelik waarom jy dink dit is die beste en mees oortuigendste propaganda bron van die vier. Begin jou antwoord as volg: Bron (jou keuse bv. B) is die beste en mees oortuigendste bron om sy propaganda doel te bereik want ......

(5)

(17)

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

9

3.2 Gebruik BRONNE 3E, 3F en jou eie kennis en beantwoord die volgende vrae:

BRON 3E

Britse 55ste (West Lancashire) Divisie soldate wat verblind is deur traangas wag op behandeling by ‘n gevorderde noodhulp stasie naby Bethune tydens die Slag van die Estaires, 10 April 1918 tydens die Duitse offensief in Vlaandere.

3.2.1 Soldate van watter lande het aan die kant van die Geallieerdes geveg? Noem TWEE lande. (2x1=2)

3.2.2 As wat het Duitsland en sy bondgenote bekend gestaan? (1x1=1) 3.2.3 Definieer die begrip ‘loopgraaf.’ (1x1=2) 3.2.4 Is BRON 3E ‘n primêre of ‘n sekondêre bron? (1x2=2) 3.2.5 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.2.4. (1x2=2) 3.2.6 Verduidelik waarom hierdie soldate in BRON 3E mediese

behandeling nodig het.

(1x2=2)

Page 10: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

10

BRON 3F

3.2.7 Identifiseer TWEE ander gevare waaraan soldate blootgstel was tydens die Eerste Wêreldoorlog volgens BRON 3F.

(2x1=2)

3.2.8 Verduidelik waarom die bome in BRON 3F nie takke of blare het

nie. (1x2=2) 3.2.9 Met die bestudering van BRON 3A in VRAAG 3.1, toon die

plakaat die realiteite/ware toestande in die loopgrawe aan, wat die soldate ervaar het? Verduidelik jou antwoord en waarom dit so is.

(3x1=3)

(18)

(35) GROOTTOTAAL: (75)

Die geskrewe deel nie nodig vir die vraag. Bestudeer net die sketse om vrae te beantwoord.

Page 11: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

SOSIALE WETENSKAPPE

GESKIEDENIS

VRAESTEL 2

MERKGIDS

NOVEMBER 2014

GRAAD 8

PUNTE: 75

TYDSDUUR: 90 MIN

Page 12: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

2

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

GR 8

NOVEMBER 2014

VRAAG 1: 1.1 1.1.1 B= Die fabriekswerkers.√ A =Die fabriek eienaars / base/ kapitaliste √ (2x1=2) 1.1.2 Want hulle het dikwels gesterf as gevolg van hul uiters swak

werksomstandighede. √ (1x1=1)

1.1.3 Baie lang ure√, gevaarlike werk √, swak lugsirkulasie √,

onhigiëniese werksomstandighede √

(ENIGE TWEE) (2x1=2)

(5) 1.2 1.2.1 - Baie gevaarlike werksomstandighede.√ - bv. diep mynskagte, gebrek aan veiligheidmaatreëls, blootgestel

aan elemente. √

- gebrek aan lig, swak lugversoring, swak higiëne √ Geen behoorlike klerasie √

(ENIGE TWEE ) (Enige ander relevante antwoorde) (2x1=2) 1.2.2 - Was ‘n bron van inkomste vir koloniale heersers. √ - Koloniale lande het inkomstes en belastings uit diamante

gebruik om hulle koloniale magte in stand te hou. √

(ENIGE EEN) (1x1=1) 1.2.3 - Die stigting van Cecil John Rhodes en Barnato se

mynmaatskappye √ en tot die stigting van die Beers mynmaatskappy √

(2x1=2)

(5) 1.3 1.3.1 - Verpligte belasting √ - Verlies aan grondgebied / gesag √ - Verlies van koninkryke/ invoed √ - Onderdrukking van vryheid √ (ENIGE EEN) (Enige ander relevante antwoorde) (1x1=1) 1.3.2 Hulle het groot getalle goedkoop arbeid nodig gehad. √√ (1x2=2) 1.3.3 Hulle het die swartes gedwing om belasting te betaal en hulle kan

net geld verdien het as die swartes in die myne gewerk het. √√

(1x2=2)

(5) (15)

Page 13: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

3

VRAAG 2: 2.1 2.1.1 Wanneer een land ‘n ander land oorneem (annekseer) √√ (1x2=2)

2.1.2 - Kolonies was ‘n plek waar Europieers hul produkte kon verkoop - Soeke na grondstowwe/ minerale - Beleggers kon geld maak - Waardevolle ligging van seekere lande in Afrika(strategiese

redes)

- Sendingwerk of ideologiese (ENIGE TWEE) (Enige ander relevante antwoorde) (2x2=4)

2.1.3 - Brittanje was militêr en ekononies baie sterker as Egipte.√√ - Brittanje het ‘n baie groter koloniale ryk gehad as die ander

lande wat voorgestel word en was een van die sterkste moondhede in Europa√√

- Die Leeu se pote op die Krokodil toon dat Brittanje Egipte (krokodil) as sy besiting sien en opeis. √√ (ENIGE TWEE) (Enige ander relevante antwoorde)

(2x2=4) 2.1.4 Vanuit Britse oogpunt. Die onderskrif lees ‘ Die leeu se regverdige

aandeel’ √√Die feit dat die leeu met sy pote op die krokkodil (Egipte) geteken word plus die onderskrif, dui aan dat die tekenaar die Britse aanspraak op Egipte regverdig. √√ (Enige ander relevante antwoorde.)

(2x2=4)

(14) 2.2 2.2.1 Afrika was onbeskaafd. √√ (1x2=2)

2.2.2 Brittanje het Afrika se minerale/produkte/ kos nodig om die

magtigste land op aarde te wees. √√

(1x2=2)

(4) 2.3 2.3.1 - Om soos slawe te werk (harde werk)√ √ - Min geld √√ - Geslaan √√ (ENIGE EEN) (1x2=2)

Page 14: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

4

2.3.2 - Europeërs het Kolonisering van Afrika as geregverdig beskou want:√

- Afrika was onbeskaafd. √ - Afrika se voedsel en minerale was nodig om Europa se

groeiende ekonomieë te voed. √

- Vir goeie beleggings √ - Om Europa se produkte te koop (nuwe markte) √ - Afrika se ligging was belangrik.√ - Europa was besig om Industrieel vinnig te groei.√ (5x1=5) (ENIGE VYF) (Enige ander relevante antwoorde) (7)

(25)

VRAAG 3: 3.1 3.1.1 Dit is inligting wat gebruik word om die manier waarop mense dink

te beïnvloed, om ‘n bv. ‘n politieke doelwit te bevorder. (Enige ander relevante antwoorde)

(1x2=2)

3.1.2 a. 1C√√ b 1A√√ c 1D√√ d 1B√√ (4x2=8) 3.1.3 C √√ (1x2=2)

3.1.4 RIGLYNE RUBRIEK Moet relevante motivering skryf)

Vlak 1 - Kon nie die mees oortuigendste bron kies nie. - Kon nie ‘n logiese beredeneerde standpunt aanvoer nie. - Inligting uit bronne is slegs in geringe mate gebruik. - Toon nie insig in vraag nie. - Geen relevant inligting gebruik

0-1

Vlak 2

- Kon relevante inligting en redes verskaf wat in ‘n groot mate verband hou met vraag. - Motivering tot ‘n groot mate oortuigend - Kan inligting uit bronne op ‘n basiese manier gebruik om vraag te beantwoord.

2-3

Vlak 3 - Kon relevante inligting en redes verskaf om die mees oortuigendste bron te kies en keuse te motiveer.. - Redes verskaf sluit ten nouste aan by die gekose bron en is relevant om standpunt te ondersteun. - Redes en inligting is georganiseerd en toon leerder het vraag verstaan en insig getoon.

4-5

(5x1=5)

(17)

Page 15: ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE · PDF fileNeem kennis van die puntetoekenning vir elke vraag om jou te lei hoe om te ... sekere lande voor soos ... redes vir kolonisering van

Sosiale Wetenskappe Geskiedenis Graad 8 AOO November 2014

5

3.2 3.2.1 Brittanje √, Frankryk √, Rusland, later Italië √ (ENIGE TWEE) (2x1=2)

3.2.2 Sentrale magte√ (1x1=1)

3.2.3 Smal slote in die grond waarin soldate vir beskerming kon skuil

teen aanvalle van die vyande.√√ (Enige ander relevante antwoorde)

(1x2=2)

3.2.4 Primêre bron Wat tydens die oorlog geneem is. √√ (1x2=2)

3.2.5 Dis ‘n foto van die werklike gebeure wat tydens die oorlog deur ‘n eerstehandse ooggetuie geneem is. √√

(1x2=2)

3.2.6 Hulle oë is verblind tydens ‘n traangas aanval deur die Duitsers√√ (1x2=2)

3.2.7 Modder√, atleetvoet√/ voetskimmel√/, ontbindende lyke het

siektes veroorsaak √, wonde deur koëls en bomskerwe √ nat toestande wat soldate siek maak√.

(ENIGE TWEE) (Enige ander relevante antwoorde) (2x1=2) 3.2.8 Die ontploffing van kanonkoeëls het die blare, takke en bas van

bome afgestroop.√√

(1x2=2)

3.2.9 Nee. Toon nie die haglike omstandighede wat op die soldate gewag het nie √ Die doel van BRON 1A is om die soldate aan te moedig om aan te sluit √ en nie hulle af te skrik nie Die plakaat toon ‘n positiewe prent sodat mans aangemoedig kan word om aan te sluit√

(3x1=3)

(18)

(35)

GROOTTOTAAL: 75