algemene onderwys - examinations  · web viewdie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd...

13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief ALGEMENE ONDERWYS-EN-OPLEIDINGSERTIFIKAAT NKR VLAK 1 BOOV VLAK 4 SENTRUMGEBASEERDE ASSESSERING LEERAREA : TAALGELETTERDHEID EN KOMMUNIKASIE: AFRIKAANS KODE : LCAF4 TAAK : OPDRAG TYDRAAMWERK : TERMYN 1 EN TERMYN 2 (OOR 4 WEKE) PUNTE : 50 Hierdie opdrag bestaan uit 9 bladsye.

Upload: hoangkhanh

Post on 19-Jul-2018

228 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ALGEMENE ONDERWYS-EN-OPLEIDINGSERTIFIKAAT

NKR VLAK 1

BOOV VLAK 4 SENTRUMGEBASEERDE ASSESSERING

LEERAREA : TAALGELETTERDHEID EN KOMMUNIKASIE: AFRIKAANS

KODE : LCAF4

TAAK : OPDRAG

TYDRAAMWERK : TERMYN 1 EN TERMYN 2 (OOR 4 WEKE)

PUNTE : 50

Hierdie opdrag bestaan uit 9 bladsye.

Page 2: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -2- SBA-Taak: Opdrag 2017

INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN DIE LEERDER

1. Beantwoord en voltooi hierdie OPDRAG tuis.

2. TWEE Opdragte, AKTIWITEIT 1 en AKTIWITEIT 2, moet in die EERSTE TERMYN voltooi word.

3. TWEE Opdragte, AKTIWITEIT 3 en AKTIWITEIT 4, moet in die TWEEDE TERMYN voltooi word.

4. Lees AL die opdragte goed deur voordat jy hulle beantwoord.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 3: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -3- SBA-Taak: Opdrag 2017

AKTIWITEIT 1: OPSOMMING (EERSTE TERMYN)

Lees die teks hier onder aandagtig deur en beantwoord dan VRAAG 1.1 en VRAAG 1.2.

DIE GEBOOIE VAN SELFOONETIKET

Dit is al meer as twee dekades sedert selfone op die toneel verskyn het, maar steeds lyk dit of Suid-Afrikaners nog nie basiese selfoonetiket onder die knie het nie. Trouens, die koms van slimfone het 'n nuwe epidemie van slegte selfoongewoontes veroorsaak.

Wanneer jy saam met jou gesin kuier, sit jou foon af of wag tot na die hoofgereg om foto's en nuwe toeps (apps) vir mekaar te wys. Die wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die restaurant neem nie. Bestel ook liewers eers jou kos voordat die kelner vir jou moet staan en wag om klaar te praat!

Sit jou handvrye-toestel in die motor voordat jy begin ry. Dit is heeltemal onaanvaarbaar om te praat of te teks terwyl jy bestuur en buitendien lewensgevaarlik. Skouerknypers irriteer nie net die verkeerspolisie nie, maar enige ander motoris ook. As jy 'n saamrygeleentheid met iemand kry … onthou dis 'n guns, nie 'n taxi nie … gesels met die bestuurder, nie op jou foon nie!

Moenie jou handel en wandel aan almal rondom jou uitbasuin nie. Nie almal in die hysbak, bus of trein wil hoor wat jy gisteraand gedoen het of saam met wie jy gekuier het nie. Praat sagter, hou die gesprek stemmig en staan liewer buite hoorafstand. Dink ook mooi watter luitoon jy gaan gebruik. Oppas vir 'way-out' luitone. Dit het al gebeur dat die troumars begin speel tydens 'n begrafnis!

Moenie jou uitgaande nommer verberg nie. Deesdae wil mense weet wie hulle bel. Baie mense antwoord doodgewoon nie meer 'n oproep wat nie 'n naam vertoon nie. As jy SMS-taal gebruik, maak seker dat die ontvanger dit sal kan verstaan … nie 'hwzt' vir 'hoe gaan dit' nie! Moenie loop en teks nie, jy gaan verseker in iemand vasloop.

Kyk mooi na jou foon … en ander mense s'n. Sommige mense beskou hul fone en wat daarop is, as privaat. As iemand vir jou 'n foto wys, moenie die foon gryp en al die persoon se foto's deurblaai nie. Moet liewers ook nie te veel private inligting daarop bêre nie. Behalwe dat dit jou dalk in die verleentheid kan bring, kan dit ook gevaarlik wees.

[Aangepas uit: My Tyd, 4 Maart 2012. Casper de Vries e.a]

1.1 Skryf 10 selfoonetiket-reëls neer.

1.2 Elke antwoord moet in 'n volsin wees. Let op na die spelling. (20 ÷ 2) [10]

TOTAAL AKTIWITEIT 1: 10

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 4: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -4- SBA-Taak: Opdrag 2017

AKTIWITEIT 2: OPSTEL (EERSTE TERMYN)

Bestudeer die spotprente hier onder. Dit beeld almal een of ander vorm van swak selfoonetiket uit.

Skryf nou 'n opstel (1½ - 2 bladsye) waarin jy swak selfoonetiket aanspreek. Gebruik die spotprente as riglyne vir jou paragrawe. Jy kan jou opstel so begin: Almal van ons stem saam… selfone is wonderlike uitvindsels wat ons lewens baie vergemaklik. Maar, soos met alles, is daar altyd diegene wat nie weet waar om die streep te trek nie! (30 ÷ 2) [15]

SELFOONETIKET, ASSEBLIEF!1.1 1.2

1.3 1.4

1.5 1.6

[Bron: Internet – Aangepas en verwerk]

TOTAAL AKTIWITEIT 2: 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 5: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -5- SBA Taak: Opdrag 2017

AKTIWITEIT 3: DIALOOG OF INTERNE MEMO (TWEEDE TERMYN)

3.1 Jy het onlangs geld by 'n OTM gaan onttrek. Jou bankkaart wou nie uitkom nie en die persoon agter jou het sy hulp aangebied. Jy het weer probeer, maar jou bankkaart wou steeds nie uitkom nie. Na 'n rukkie ontvang jy 'n sms van die bank dat R3 000,00 so pas uit jou bankrekening onttrek is.

Skryf 'n dialoog (1 – 1½ bladsye) oor hierdie ervaring. Begin jou dialoog so: Jan: Goeiemôre Mev. Allies.Bankklerk (Mev. Allies): Goeiemôre, Dame/Meneer.Jan: Ek het gistermiddag by die OTM geld onttrek. Na 'n rukkie wou my bankkaart nie uitkom nie.Bankklerk (Mev. Allies): (20 ÷ 2) [10]

OF

3.2 Jy het onlangs 'n baie belangrike dokument vir jou werkgewer getik en in 'n oogwink het jy alles verloor. Dit kan wees dat beurtkrag die oorsaak was of dat jy per ongeluk 'n verkeerde sleutel op die sleutelbord (keyboard) gedruk het en skielik was jou dokument nêrens te vinde nie.

Skryf 'n interne memo (1 – 1½ bladsye) aan jou toesighouer waarin jy van jou ervaring vertel en om hulp aanklop. (20 ÷ 2) [10]

TOTAAL AKTIWITEIT 2: 10

AKTIWITEIT 4: OPSTEL (TWEEDE TERMYN)

4.1

Hoe veilig is Faceboek?

Facebook en ander sosiale media het deel van ons lewens geword en veral Facebook het te groot geword om te ignoreer. Maar hoe veilig is dit om jou persoonlike lewe hier te deel?

Skryf 'n opstel (1½ - 2 bladsye) oor: die gevare van blootstelling op Facebook en hoe jy dit kan voorkom.

Jy kan onder andere skryf oor die volgende: Watter tipe inligting gepas is al dan nie? Hoe jy kan keer dat jou persoonlike inligting op Facebook gekaap word? Hoe kan jy keer dat jy die slagoffer word van internet-bedrog? Enige advies wat jy graag met andere wil deel. (30 ÷ 2) [15]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 6: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -5- SBA Taak: Opdrag 2017

4.2 KOERANT OF TV? Watter een verkies jy?

Skryf 'n opstel (1½ - 2 bladsye) oor die voor- en nadele van elk van die twee tipes media.

Maak seker dat jy vooraf goed beplan met behulp van 'n volledige breinkaart. [15]

TOTAAL AKTIWITEIT 4:

GROOTTOTAAL:

15

50

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 7: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -7- SBA-Taak: Opdrag 2017

AKTIWITEIT 1 EN AKTIWITEIT 3: MATRIKS VIR DIALOOG EN INTERNE MEMO (KORTER SKRYFWERK)

Puik Goed Gemiddeld SwakBOOV VLAK 4NASIENMATRIKS

KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE20 PUNTE

TAAL

Taal en punktuasie effektief gebruik.

Keuse van woorde hoogs-effektief.

Sinne, paragrawe sinvol gekonstrueer.

Styl, toon, register hoogs-gepas vir die onderwerp.

Teks amper foutloos.Lengte volgens opdrag.

Taal en punktuasie meestal korrek.

Woordkeuse gepas. Sinne, paragrawe goed

saamgestel.Styl, toon, register gepas vir

die onderwerp in die grootste gedeelte van die opstel.

Teks taamlik foutloos.Lengte korrek.

Taal gewoon en punktuasie dikwels verkeerd gebruik.

Woordkeuse eenvoudig. Sinne, paragrawe foutief,

maar idees verstaanbaar. Styl, toon, register

onverstaanbaar. Teks bevat heelwat foute Lengte – te lank of te kort.

Taal en punktuasie vol foute.Sinne, paragrawe op 'n

elementêre vlak.Styl, toon en register

onvanpas.Teks vol foute.Lengte – te lank of te kort.

INHOUD Kode A Kode B Kode C Kode D

Puik

Inhoud dui op uitstaande insig in die onderwerp. Idees is goed deurdink en volwasse. Samehangende ontwikkeling van die onderwerp, lewendige detail. Kritiese bewustheid van die impak van taal. Bewys van beplanning en/of voorbereiding (breinkaarte) het 'n

feitlik foutlose opstel as produk.

Kode

4

18 – 20 15 – 17 12 – 14 9 – 11

Goed

Inhoud dui op 'n goeie interpretasie van die onderwerp. Idees interessant, oortuigend.Verskeie relevante detail ontwikkel.Kritiese bewustheid van taal aanwesig. Ko

de 3

15 – 17 12 – 14 9 – 11 6 – 10

Gem

idde

ld

Inhoud alledaags, gapings in die samehang. Idees meestal relevant, herhalend. Sommige belangrike idees teenwoordig. Beperkte kritiese taalbewustheid. Bewys van beplanning en/of voorbereiding (breinkaarte) het 'n

gemiddelde aanbieding en samehangende opstel as produk het.

Kode

2

12 – 14 9 – 11 6 – 8 2 – 5

Swak

Inhoud nie altyd duidelik, benodig samehang. Idees min, dikwels herhalend. Mis dikwels die onderwerp. Algemene denkrigting moeilik om te volg.Onvoldoende bewys van beplanning/voorbereiding

(geen breinkaarte). Die opstel is nie goed aangebied nie.

Kode

1

9 – 11 6 – 8 2 – 5 0 – 1

20 ÷ 2= (10)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 8: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -8- SBA-Taak: Opdrag 2017AKTIWITEIT 2 EN AKTIWITEIT 4: MATRIKS VIR DIE OPSTEL (LANGER SKRYFWERK)

Puik Goed Gemiddeld SwakBOOV VLAK 4NASIENMATRIKS

LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE30 PUNTE

TAAL

Taal en punktuasie effektief gebruik. Keuse van woorde hoogs effektief. Sinne, paragrawe sinvol

gekonstrueer. Styl, toon en register hoogs gepas vir

die onderwerp. Teks amper foutloos. Lengte volgens opdrag.

Taal en punktuasie meestal korrek. Woordkeuse gepas. Sinne, paragrawe goed saamgestel. Styl, toon, register merendeels gepas

vir die onderwerp. Teks taamlik foutloos. Lengte korrek.

Taal gewoon. Punktuasie dikwels verkeerd gebruik.

Woordkeuse eenvoudig. Sinne en paragrawe foutief, maar

idees kan verstaan word. Styl, toon, register

onverstaanbaar. Teks bevat heelwat foute. Lengte – Te lank/te kort.

Taal en punktuasie vol foute.

Sinne en paragrawe op 'n elementêre vlak.

Styl, toon en register onvanpas.

Teks vol foute.Lengte – te lank of te kort.

INHOUD Kode A Kode B Kode C Kode D

Puik

Inhoud dui op uitstaande insig in die onderwerp. Idees is goed deurdink en volwasse.Samehangende ontwikkeling van die onderwerp. Lewendige detail.Kritiese bewustheid van die impak van taal. Bewys van beplanning en of voorbereiding het'n goeie en samehangende opstel as produk.

Kode

4

26 – 30 21 – 25 16 – 20 11 – 15

Goed

Inhoud dui op 'n goeie interpretasie van die onderwerp. Idees- interessant en oortuigend. Verskeie relevante detail ontwikkel.Kritiese bewustheid van taal aanwesig.

Kode

3

21 – 25 16 – 20 11 – 15 6 – 10

Gem

idde

ld

Inhoud alledaags. Gapings in die samehang. Idees meestal relevant. Herhalend. Sommige belangrike idees teenwoordig. Beperkte kritiese taalbewustheid. Bewys van beplanning en/of

voorbereiding het 'n gemiddelde aanbieding en samehangende opstel as produk.

Kode

2

16 – 20 11 – 15 6 – 10 2 – 5

30 ÷ 2= (15)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 9: ALGEMENE ONDERWYS - Examinations  · Web viewDie wêreld sal nie vergaan as jy gesinstyd respekteer nie. Moet asseblief tog nie foto's van jou kos of dalk iemand anders s'n in die

LCAF4 -8- SBA-Taak: Opdrag 2017Sw

ak Inhoud nie altyd duidelik. Benodig

samehang. Idees min, dikwels herhalend. Mis dikwels die onderwerp. Algemene denkrigting moeilik om te volg.Onvoldoende bewys van beplanning en/of voorbereiding.

Die opstel is nie goed aangebied nie.

Kode

1

11 – 15 6 – 10 2 – 5 0 – 1

GROOTTOTAAL: 50

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief