alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020...

36
1 Jaargang 27 Nr. 1 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Februarie 2020 Alle korrespondensie aan [email protected] Lees binne: Bruidspare... Pp4, 6 Gradedag…p8 Ses A Kant Krieket...p14 Marinda Toppresteerder...16 BTPV Blokwenners..pp20,22 Young Valleys Rugby...p24 Skolenuus...pp32,33,34 Aldo Eerste met Visuele Kuns...p34 Quality Motorcycle & Quad Supplier PHS se 2019- matrikulante vaar uitstekend in die eindeksamen met 8 leerders wat ‘n gemiddelde A- simbool behaal. Op die foto bo is die skoolhoof, Quinton Engel- brecht by Bosmann Rossouw (3de posisie), Petro Grundlingh, Ma- rinda Nelson, Top kandidaat, Janke van Schalkwyk (2de posisie), Jo- han du Toit en inlas: Lize Visser, Aldo Olivier en Maryna Hagen. (Sien ook pp16 en 34). Foto’s verskaf AAAAAAAA’s vir PHS

Upload: others

Post on 07-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

1

Jaargang 27 Nr. 1 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Februarie 2020

Alle korrespondensie aan [email protected]

Lees binne: Bruidspare... Pp4, 6 Gradedag…p8 Ses A Kant Krieket...p14 Marinda Toppresteerder...16 BTPV Blokwenners..pp20,22 Young Valleys Rugby...p24 Skolenuus...pp32,33,34 Aldo Eerste met Visuele Kuns...p34

Quality Motorcycle & Quad Supplier

PHS se 2019-matrikulante vaar uitstekend in die eindeksamen met 8 leerders wat ‘n gemiddelde A-simbool behaal. Op die foto bo is die skoolhoof, Quinton Engel-brecht by Bosmann Rossouw (3de posisie), Petro Grundlingh, Ma-rinda Nelson, Top kandidaat, Janke van Schalkwyk (2de posisie), Jo-han du Toit en inlas: Lize Visser, Aldo Olivier en Maryna Hagen. (Sien ook pp16 en 34). Foto’s verskaf

AAAAAAAA’s vir PHS

Page 2: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

2

Piketberg is vol Pollyannas Ek het dit lankal geweet en nou het ek 'n naam vir hulle: die Pollyannas van Piketberg.

Pollyanna is die hoofkarakter in die gelyknamige 1960-Walt Disney fliek met Hayley Mills in die hoofrol. Sy is 'n weeskind dogtertjie wat almal op 'n klein plattelandse dorp se uitkyk verander met haar vrolike geaardheid. Sy leer veral vir hulle iets wat haar sendelingpa, wat op 'n jong ouderdom sterf, vir haar geleer het......."how to play the glad game"....... Pollyanna het die vermoë aangeleer om in elke situasie iets te vind om oor bly ("glad") te wees. 2020 is 'n goeie jaar om hierdie speletjie met oorgawe te speel. En in Piketberg nog makliker, aangesien hier reeds 'n magdom vrolike Pollyannas is wat saam speel. Die reëls is eenvoudig. Enige aantal spelers en enigiets is goed genoeg om oor "glad" te wees. Die enigste uitdaging is dat dit soms, net soms, 'n bietjie dinkwerk gaan vra om iets te vind om oor "glad" te wees. Die goeie nuus is, jy SAL iets vind om oor "glad" te wees, dis gewaarborg. In Die Burger, 50 jaar gelede, is geskryf oor 'n voorval waarin drie mense beseer is in 'n vragmotor ontploffing. In 'n onlangse Burger, skryf een van dié beseerdes in ’n sms, na 50 jaar en vertel dat hy en die verpleegsuster wat mekaar 50 jaar gelede in die hospitaal ontmoet het, in Maart vanjaar hulle goue bruilof vier. Ek sal nie weet of hy die "glad game" gespeel het nie, maar wat ek weet, is dat die "glad game" hom deel ge-maak het van die speletjie. Probeer dit, dit sal een van die beste dinge wees wat in 2020 met jou gaan gebeur as jy 'n lewenslange lid-maatskap aanvaar van iets wat jou kies - jy moet net saam speel.

Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen

022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen

022-913 3873 n/u Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag.

Redaksioneel

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

Stuur advertensies na:

[email protected]

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Don’t forget to be awesome. Marietha

Michiel Kitshoff skryf... Piketberg kan trots wees op sy Munisipaliteit wat die strate skoon en netjies hou. Veral oor die Kersgety het hulle ekstra moeite gedoen om soggens vroeg Langstraat en omliggende strate se rommel en vullis op te tel. Baie dankie aan almal wat betrokke was daarby.

Briewe van ons lesers...

PERSEEL TE HUUR, OU NEDERBERG HOTEL

Perseel te huur, geskik vir winkel, koffiewinkel of kombuis vir kosvoorbereiding. Kontak Annerie op 083 360 4772

Plaashuis te huur 3km van Pools

sowat 17km van Piketberg

Onmiddellik beskikbaar

0721494574 of 0710664459

Michiel Kitshoff

Page 3: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

3

Page 4: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

4

Heinrich en Cecile van Zyl is op 14 Desember te Org de Rac getroud. Heinrich is die seun van Elbie en

wyle Albert van Zyl van Malmesbury. Cecile is ‘n dog-ter van Jacques en Sarie du Toit van Piketberg.

Foto: Angel’s Photography

JJ Human en Rozel Kotze is op 16 November te Groenrivier, Riebeek-Wes getroud. Foto: Jané Ulla

Clyde Nero en Veresia van Wyk is op 14 Desember getroud. Die seremonie en onthaal was by The Views

Guest House in Piketberg. Foto: Anthony Palm

Einde van die jaar troues

Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte,

Invorderings, Litigasie, Egskeidings

Anderson & Nel Prokureurs & Eiendomme

Hoofstraat 38, Piketberg Gerhard Kruger Estie Clarys B.Proc (U.O.V.S) B.Comm (US) LLB (Unisa)

[email protected]

Skakel 022 913 1132

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: [email protected]

Page 5: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

5

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG

Tel. 022 913 2800 [email protected]

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

NOODNOMMERS - PIKETBERG

POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619

AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane

Enige modelle: 1920 tot 2020

Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos:

[email protected]

Eco Bricks Hou 'n ekstra sak byderhand en bêre alle lekkergoed pa-

piertjies, chips pakkies, kleefplastiek, ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal

word met 'n stok vasgestamp in 'n leë 2liter plastiekbottel totdat dit propvol is en 500g weeg. Kontak Marietha

Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.

Page 6: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

6

Ashley Booyse en Noélle Langeveldt is op 30 November 2019 te Laatson, Porterville in die huwelik bevestig. Ashley is die seun van Dr Eerwaarde Adonis en eerwaarde Elsabie Booyse. Noélle is die dogter van Paul en Elisma Esau. Die paartjie het hulle in Kaapstad gevestig waar Ashley ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester is en Noélle ‘n Apteker. Foto’s: Ghida Visser Die paartjie het self ingestaan vir die koste van die kleur volblad. –Red.

Ashley Booyse en Noélle Langeveldt se groot dag

Page 7: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

7

Page 8: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

8

022 913 1600 / 022 913 2075

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg

Driaan van Wyk behaal ‘n B-graad in Onderwys Cum

Laude aan CPUT Wellington. By hom is Tharien (sy

ma) en Johan Engelbrecht. Driaan beklee ‘n betrek-

king by Hoërskool Dirkie Uys, Moorreesburg.

Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

Diereproduksie en Agronomie by Elsenburg. By hom

is een van sy dosente, Nelius van Huysteen, regs.

Arno van Deventer ontvang sy Graad: B Agric met 3

onderskeidings by Elsenburg.

Oud-PHS’ers Presteer Foto’s verskaf

Page 9: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

9

Page 10: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

10

Hungry like a Lion HUNGRY LION BRINGS KING-SIZED CHICKEN TO PIKET-

BERG Hungry Lion brought joy to the people of Piketberg when they opened a new store to great fanfare on 12 Decem-ber. The Mayor of Piketberg, Alderman Ray van Rooy got the formalities underway by cutting the ribbon to officially open the store. A DJ, give-aways, sign-spinners, and of course, delicious food, made for a day jam-packed with fun. Ta-shalene Reid, Chief Marketing Of-ficer for Hungry Lion said, “We aren’t just in the business of selling chicken. More than that, we’re in the business of SHARING. We know that food brings people to-gether and that is at the heart of what we do. We want to bring joy to our customers through our food and we are very happy to be able to share more with Piketberg.” With this Hungry Lion, who recently celebrated 22 years of SHARING MORE, now boasts more than 200 stores in

six countries across Africa.

Kort jou tent/seil herstelwerk na die vakansie? Kom herstel

dit, voordat jy dit bêre.

Ons bied ook die volgende: * Stoffering van banke en stoele

* Motorsitplekke en motorplafonne * Trekkersitplekke

* Spesiale versoeke

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 082 704 3276

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: [email protected]

NG Kerk Piketberg

Pretdraf en Burgeraand Vrydag 6 Maart

Neem alle plastiekdoppies en brood tags na die

Openbare Biblioteek of na

LB Wernich Biblioteek.

Page 11: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

11

Dup Meubels se personeel wens almal ‘n voorspoedige 2020 toe. Kom loer gerus in vir

‘n groot verskeidenheid huishoudelike produkte.

Japie du Plessis Jakobus Burger

Tel: 022 913 1251 / 1307 Faks: 022 913 2443 [email protected]

Voortrekkerstraat 43 Posbus 112 Piketberg 7320

DUP MEUBELS

Vanaf 1977

Faesa Koordom is die gelukkige wenner van ‘n Univa 20liter mikrogolfoond met Dup Meubels se prystrek-king geëindig November 2019. Jakobus Burger oor-handig die prys aan Faesa. Foto verskaf

Winkel Zonder Naam Danie en Petra Smit het pas ’n Winkel Zonder Naam oopge-maak in Hoofstraat 26, Piketberg. Die idee van die winkel is dat besoekers by Petra in die kombuis kan gaan kuier. Terwyl jy rustig en gemaklik sit en ge-sels, slaan sy iets lek-kers aanmekaar om te

eet. Sover moontlik is Winkel Zonder Naam diabeet vriendelik, alhoewel enigiemand hier kan kom eet. Jy sal geen “set menu” hier vind nie, en mense kan hul idees deel, Petra werk met wat sy in die yskas het en boonop so gesond as moontlik. Jy gaan nie “deep fried” kos hier kry nie. Winkel Zonder Naam het nie wegneembakkies en -bekers nie. Bring jou kosblik en sit jou broodjies of kos daarin as jy dit wil wegneem. So ook kan jy jou eie beker bring vir ‘n wegneem koffie of tee. Besoek gerus WZN se Facebook bladsy waar foto’s van Petra se gebak verskyn. In WZN is ook aller-hande tierlantyntjies te koop. Dan is daar ook Vra vir Danie. Hy kan gekontak word vir enige nutsmanwerk, van gloeilamp vervang tot wasbak lekkasies en enige irriterende nie-werkende goed wat reggemaak moet word.

Die volgende Piketberger, die Maart-uitgawe, verskyn op

27 Februarie 2020 Berigte en advertensies moet ons bereik

teen 18 Februarie 2020 Stuur na: [email protected]

Page 12: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

12

Jean Boetzkes Clive Abrahams Johan Rust

DESEMBER WENNERS:

Page 13: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

13

Die Piketberger Advertensiekoste

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag.

Kontant vir jou gebruikte voertuig

Motors en Bakkies

Skakel Francois West 083 464 6960

[email protected]

Vroue Landbou

Vereniging -

Belê in Vroue vir 2020

VLV belê in vroue vir 2020 is vanjaar se tema vir VLV-Kaapland. Graag nooi Piketbergtak alle dames na die eerste vergadering op 13 Februarie om 09h30 in die Bib-lioteeksaal. Openbare Sake is verantwoordelik vir die inhoud van die oggend met die onderwerp Veiligheid. Piketberg SAP en ALEX alarms is die onderskeie spre-kers. Kom luister gerus en indien u enige vrae het is u baie welkom. Dra gerus iets roois vir Valentynsdag op 14 Februarie. VLV is inspirerend, interessant, leersaam en net 'n ge-sellige oggend saam met ander vroue. Kompetisies in die tak is geensins verpligtend nie, alhoe-wel dit baie sinvol en leersaam is om deel te neem. VLV probeer ook om op verskeie gebiede 'n verskil te maak en betrokke te raak by projekte.

VLV-datums vir 2020: Teken in u dagboek aan.

13 Februarie: Openbare Sake

12 Maart: Opvoeding & Kultuur

7 Mei: Kunste & Handvlyt

9 Junie: Gesondheid

13 Augustus: Landbou & Tuinbou

8 Oktober: Leefstyl

4 November: Afsluiting

Nuwe lede is baie welkom - enige navrae kan aan die

voorsitter, Nicoline Brown gerig word by 082 477 0665.

Teegeld vir besoekers/nie-lede van R35 is betaalbaar by

die deur. Baie dankie aan die getroue borge wat die VLV-

jaarboek vir die tak moontlik maak.

Borge vir 2020 is:

LIEBCO Vleishandelaars/Foods; DUP Meubels; Super-

spar Boland; Dr Sam en Berenice Scheepers; RSAM

Agri Makelaars; AGRISELL; Piketberg Bande-

diens; Skoonheidsalon Sanet; Bergrivier Dental Dr Her-

old Truter; Perskepot Boutique; PC Tech; Piketberg

Apteek; All About Travel en Drs Smit en Morrison

Onthou om te herwin!

Gebruik die deurskynende sakke vir herwinbare items en sit dit uit saam met jou

swart sak. Dit is die regte ding om te doen!

Die sakke is beskikbaar by die Munisipaliteit

Page 14: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

14

Piketberg Krieket Klub wil met hierdie foto's en berig alle borge en spanne bedank vir hulle deelname aan die Fick Sementwerke Ses A Kant Toernooi. Die toernooi het op Saterdag en Sondag 14-15 Desem-ber 2019 op Tollie Adams plaasgevind. Op die dag het 6 spanne deelgeneem en die wenners was die Blatjan Boys en Naaswenners Jah Lions. Die wenspan het weggeloop met ‘n R5000 kontantprys. Die volgende spelers het toekenings ontvang: Fick Master Blaster: Lorenzo Ockhuis (Speler met meeste 6’e) Speler van Toernooi: Lorenzo Ockhuis Bouler van Toernooi: Geoffrey Marcus Beste Veldwerker van Toernooi: Morné Visagie Beste Vangskoot van Toernooi: Adonis Wes. Span met die beste uitrustings: Jah Lions Die klub bedank ook alle ander borge: Caltex Piketberg, Piketberg Apteek, Barry Goliath Creations en ons hoof-borg Fick Sementwerke. Foto’s verskaf

Piketberg Krieket Klub Fick Sementwerke Ses A Kant

Toernooi

Lede van Piketberg Blom- en Tuinbouklub, links, vier saam met Kampsbaai Blomklub hul veertigste

(Robyn) verjaardag. Die viering neem die vorm van ‘n “High Tea” aan. Besoekers word bederf met blomdemonstrasies deur top blomkunstenaars.

Moira van der Westhuizen, Esther Samuels, Micky Visser, Katinka Morrison, Elbeth Liebenberg en

Jackie Ferguson van Piketberg het gaan deel in die pret. Foto verskaf

Piketberg Blom- en Tuinbouklub se eerste vergadering vanjaar is ‘n blomdemonstrasie deur Katinka Morri-son. Tema: Loofontwerpe. Dit vind plaas in die Bibliot-eeksaal op Woensdag 5 Februarie 2020. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00. Vergadering begin om 9:30. Besoekersfooi R40. Nuwe lede is baie wel-kom. Ledegeld R180 vir die jaar.

Page 15: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

15

Page 16: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

16

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester...

Ons is aan die begin van ’n nuwe jaar en hoop u gaan ’n besonderse jaar beleef. My wense aan elke inwoner is ’n nuwe jaar met vrede en tonne liefde met u familie en dat God Sy seën mildelik oor u sal uitstort. Ek hoop en vertrou u het ’n vreugdevolle feesgety beleef met u fami-lie en vriende. Dankie ook vir die vreugde, blydskap en liefde wat u in my lewe gebring het, ek waardeer dit. Baie geluk aan alle matrikulante van die klas van 2019 wat geslaag het na al die

harde werk. ’n Spesiale woord van gelukwensing aan die topleerder van Steynville Sekondêr en Piketberg Hoër-skool en diegene wat onderskeidings behaal het. Leer-ders, moenie by die huis sit nie, gaan uit en begin jou studieloopbaan om jou te bekwaam. Diegene wat nie so gelukkig was nie, moenie sleg voel nie, want weet jy het jou beste gegee. Maak gebruik van die hereksamen en gee jou beste om sukses te behaal. Ek wil alle ouers gelukwens op hul kinders se prestasie en vra ook om hulle te ondersteun om verder te studeer. My opregte dank aan ons kringkantoor, skoolbestuurders, alle opvoeders en beheerliggame wat ons kinders onderrig en ondersteun het. Dit is ’n nuwe en eerste skooljaar vir baie kinders wat in Graad 1 is en ’n pad wat hulle nog 12 jaar moet loop. Sterkte en voorspoed aan die ouers met hierdie kind se skoolloopbaan. Voorspoed ook aan alle ander leerders by ons verskillende skole in Piketberg en omgewing. Gee jul beste, leer hard, wees gehoorsaam en woon elke dag jou skool by. Skoolbestuurders en opvoeders, ek bid vir julle vir jul diens wat julle aan ons kinders gee om sukses van hul skoolloopbaan te maak. My beroep aan kerke, gemeenskapsorganisasies en die inwoners van Piketberg is om hande te vat om die euwels in ons gemeenskap hok te slaan. Werkloosheid is ’n groot kopseer in ons dorp en lei tot baie dinge soos huise sonder kos ens. Dwelms en drank is besig om ons in-woners se lewens te verwoes, want dit breek huwelike op, inbrake/diefstalle neem toe, tienerswangerskappe skiet die hoogte in, kinders verlaat skool en dwelmbase word net ryker. Ons sal saam moet staan met die SAPD teen bekamping van die euwels of ons gaan ons dorp verloor. Ons moet ook begin omgee vir mekaar en veral vir mekaar se kinders. Daar is ’n spreekwoord ‘my kind is jou kind en jou kind is my kind.’ Piketberg, kom ons word wakker voor dit te laat is. Ons leuse vir 2020 is jaar van diens-uitnemendheid waar ons gaan fokus op dienslewering. Bergrivier Muni-sipaliteit sal toesien dat strate skoon is en dat sypaadjies in ’n goeie toestand is. U is welkom om my te kontak as u straat of sypaadjie vuil is, want dit is onaanvaarbaar. My oproep is ook dat ons gebruik sal maak van die vullis-houers op sypaadjies en ook mense sal aanspreek wat mors. Enige slaggat in u straat moet onmiddellik aange-meld word. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kon-tak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipali-teit en behoort voorkeur te kry.

My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos [email protected] of burgemeester @bergmun .org.za

Raadsheer Ray van Rooy

Marinda Nelson, PHS se 2019-Topkandidaat, is tans 'n Leerling Rekenmeester by Reko Rekenmeesters in Vredenburg. Sy begin hierdie jaar met haar 3 jaar SAI-PA-klerkskap terwyl sy deurentyd BCom Finansiële Rekeningkunde deur Unisa studeer. Marinda het die geleentheid gehad om op ‘n paar verskillende plekke skool te gaan, van Haasbekkies in Citrusdal, HS Cit-rusdal, HS Graafwater en Augsburg Landbougimnasium tot waar sy in Gr 10 se tweede kwartaal PHS ontdek het. Sy het haar studies op skool met erns aangepak aangesien sy grootgemaak is in ‘n gesin waar almal se gesindheid is om hard te werk vir dit wat jy in die lewe wil bereik. Vir haar wonderlike onderwysers het sy groot ag-ting en respek en beskou hulle as die sleutel tot haar puik uitslae. Volgens Marinda het Hoërskool Piketberg van die beste onderwysers in die land en hul vriendelikheid, gewilligheid om uit hul pad te gaan om behulpsaam te wees, en hul passie vir hul werk het haar geïnspireer om net haar beste te gee. Haar uitslae lyk soos volg: Afrikaans Huistaal: 94% Engels Eerste Addisionele Taal: 93% Wiskunde: 91% Lewensoriëntering: 86% Rekening-kunde: 97% Lewenswetenskappe: 96% en Fisiese Wetenskappe: 91%. Wat buitemuurs betref het Marinda graag aan Eisteddfods en spelathons deelgeneem. Sy is veral mal oor lees, tyd spandeer in die buitelug en om te bak en te brou.

Ilze-Mari Coetzee van Piket-Bo-Berg en oud

PHS’er, is sedert verlede jaar ‘n leerder by Jan Kriel Skool in

Kuilsrivier. Ilze-Mari is vanjaar, in haar gr 11-

jaar, verkies tot prefek, VRL-lid en tot bestuurslid van die

VRL.

Marinda PHS se trots

Ilze-Mari blom by Jan Kriel

Page 17: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

17

Page 18: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

18

Page 19: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

19

Page 20: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

20

Bergrivier Tafeldruif Produsente Vereniging het in

Desember 2019 en Januarie 2020 die 33ste jaarlikse

blokkompetisie gehou waarin die top tafeldruifblokke in

die hele Bergrivierstreek meeding om die gesogde tro-

fee. Die streek strek vanaf Simondium tot ongeveer 30

km verby Piketberg. Die kompetisie het 3 afdelings

Produksieblok (blokke in volle drag), Jongblokke (voor 3e

drag) en dan die Top produksiespanprys vir die span wat

die beste punte behaal vir hulle kennis en vaardigheid in

die blok. Sewe beoordelaars wat kundiges is in die indus-

trie het vir 3 dae lank die 31 blokke

beoordeel. Onderhoude met 155 betrokkenes is gevoer

en meer as 1000 km is afgelê. Borge is vanaf die Ber-

grivier area en betrokke in die Landbouindustrie.

Hierdie jaar het die kompetisie ‘n nuwe dimensie bygekry

deurdat die landbouwerkers van die plase ook betrek is

en deelgeneem het aan die kompetisie. Die blokke is

dus deur die span ingeskryf en nie net deur die Bestu-

urder soos in die verlede nie. Die verskillende spanlede

moes dus vrae aangaande die blokke beantwoord op

grond van hulle spesifieke verantwoordelikhede. Dit was

‘n reuse sukses en die borgskappe borg ‘n studietoer na

Bakersfield, Amerika vir die produksieblokwenner en sy

Assistent. Die res van die spanlede het kontant en

produkpryse gewen. Hopelik kan BTPV volgende jaar

die Jongblok wenners ook oorsee stuur.

Die wenners van die afdelings volg op p22:

Bergrivier Tafeldruiwe blokkompetisie wenners uit Piketberg

Wenner Produksieblok: Henk vd Westhuizen en Piet Farao, middel bo. Niklaas Pieters, Johannes Fortuin, Piet

Farao, Henk vd Westhuizen, Jannie Jacobus en Charl Smith (GM): Ralli Seedless, Môrester, Piketberg.

Wenner Jongblok: Gerhard Olivier en Johannes Carolus, regs op die foto. Ashley Williams, Pieter Mostert, An-

dré Jacobs (Direkteur), Dabian Fortuin, Gerhard Olivier, Johannes Carolus: Sweet Sapphire (IFG6), Lac du So-

leil, Piketberg. Foto’s en berig: Eurica Scholtz van die Bergrivier Tafeldruiwe Produsente Vereniging

Page 21: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

21

Save The Date

4 April 2020

Page 22: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

22

Wenner produksiespan: Mario Adams, Jerid-Lee War-ies (Assistent Bestuurder), Dean Joseph, Cardo Sa-

roon en Sakkie vd Westhuizen( Bestuurder): Sugra 34(Adora), Cemadar, Broodkraal.

Bergrivier Tafeldruiwe blokkompetisie vervolg:

Produksieblok wenner: Henk vd Westhuizen en Piet

Farao: Ralli Seedless, Voëlplaas, Môrester, Piketberg.

Produksieblok naaswenner: PG en Jan Bernard Ma-

rais: Sweet Globe (IFG10), Dasdrif, Moorreesburg.

Jongblok wenner: Gerhard Olivier en Johannes Caro-

lus: Sweet Sapphire (IFG 6), Lac du Soleil, Piketberg.

Jongblok naaswenner: Fielies du Toit en Hennie Le

Kay: Sweet Joy (IFG 17), Nieuwe Sion, Simondium.

Beste produksiespan wenner: Sakkie vd Westhuizen

en Jerid-Lee Waries met Mario Adams, Cardo Saroon,

Dean Joseph met blok Sugra 34 (Adora) van die plaas

Cemadar, Broodkraal. Jerid-Lee het ook einde 2019

die Landbouwerker van die jaar kompetisie in Ber-

grivier streek gewen.

Berig en foto’s verskaf deur Eurica Scholtz van die Berg-

rivier Tafeldruuiwe Produsente Vereniging.

20 Jaar gelede - Februarie 2000 Voorblad: Vier van die 31 PHS-matrikulante behaal 'n A-gemiddeld: Ilsé van der Merwe, Stephanie Kotzé, AD Lambrechts en Rhoda Visser. Redaksioneel verskyn vir die eerste keer. Seuntjie Kitshoff spog met 144 sagte speelgoed wat hy binne 12 maande met R2-munte gevang het. Vrouerubriek fokus op Rosa Lategan. Esther Anthonissen, Gr R-juffrou vir Chané Augustyn, was 30 jaar tevore haar pa, Jaco, se juffrou op Calvinia. Die sussies Arina, Mabet en Esté Rossouw van Eendekuil, behaal puik prestasies. Die Natuur in ons omgewing deur Oom Hennie, fokus op die Klaasskaapwagter. Heslene Burger is aangewys as die beste praktiese student by Isa Carstens. Pierre Olivier, nuwe bestuurder by Boland PKS, bederf die inwoners van Huis AJ Liebenberg met sjokoladekoek en melktert. Biddy se Balletskool betower met Die Towerwinkel. David Steenkamp skenk sy 100ste pint bloed en ontvang 'n goue vulpen. Rietkloof, bestuur deur Johan Nel, se Sunred Seed-less is die wenblok in die Bergrivier Tafeldruif Pro-dusentevereniging se blokkompetisie. Advertensies: Liebco se Weskuswors @R16,98/kg Groot erf met 50m2 huisie te koop @ R48 000 Griepinspuitings eerste week in Maart by Drs Nel, Van der Merwe en Pienaar Kaassmeer te koop @R7/250ml Sparnaval: Whole Frozen Chicken @R8,99/kg

‘n Skaalmodel van ‘n tipiese perdemeul gemaak gedurende 2019 deur Hannes Genis (90 jaar) van Bergtuin, Piketberg Foto verskaf deur Suzette Fouché

Hannes Genis, 90 jaar, se perdemeul

Page 23: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

23

Page 24: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

24

Die Young Valleys Rugbyklub 'n Op en wakker rugbyklub is onlangs op die been gebring met die doel om 'n fikse en gesonde lewensstyl aan

te moedig, gesonde kompetisie te geniet, jongmense van die straat af te hou en dwelmgebruikers en eks-gevangenes 'n tweede kans te gee. Hulle sal binnekort te staan kom teen spanne van so ver as Ceres, Tulbagh

en Paarl. By die eerste wedstyd sal die span in hulle splinternuwe truie verskyn, geborg deur die stigter en hoofborg, Frikkie Rossouw van Kleine Vogel Vallei.

Die Young Valleys Rugbyklub se voorsitter, Clive Swarts, hoof afrigter Eddie Frederiks, twee hulpafrig-ters Almarsh Esau en Kobus Hendriks en 'n voorne-mende speler, Denzil van Wyk. Young Valleys se uitgangspunt is om vir manne soos Denzil, 'n eks-gevangene, 'n kans te gee vir 'n nuwe begin. Foto's: Marietha Goosen

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Die Piketberger se Datums vir 2020

MAART:

Berigte in 18 Februarie : Verskyn 27 Februarie

APRIL:

Berigte in 17 Maart : Verskyn 26 Maart

MEI:

Berigte in 14 April : Verskyn 23 April

JUNIE:

Berigte in 19 Mei : Verskyn 28 Mei

JULIE:

Berigte in 23 Junie : Verskyn 2 Julie

AUGUSTUS:

Berigte in 21 Julie : Verskyn 30 Julie

SEPTEMBER:

Berigte in 18 Augustus : Verskyn 27 Augustus

OKTOBER:

Berigte in 22 September : Verskyn 1 Oktober

NOVEMBER:

Berigte in 20 Oktober : Verskyn 29 Oktober

DESEMBER:

Berigte in 24 November : Verskyn 3 Desember

Page 25: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

25

Cash for Scrap

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir

oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte

kan gereël word.

Johan 076 538 2909

BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Page 26: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

26

Page 27: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

27

Page 28: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

28

verantwoordelikheid. As ‘n werpsel hondjies gered word, is die ideaal om pleegouers te kry wat bereid is om hulle in te neem. Tans is daar slegs twee huishoudings wat bereid is om as pleegouers vir hondjies op te tree. Voornemende ei-enaars moet ‘n aannemingsvorm votooi en huisbesoek word gedoen om te verseker dat die hondjies en katjies die regte huise kry. PAW sien verder toe dat die mahond of -kat gesteriliseer word. Daar is op die oomblik vier huise waar pleegkatjies geplaas word. Daar bestaan geen shelter vir die optel- en weggooidiere nie. Indien iemand kans sien om te help met pleegsorg, sal dit baie help. Die vrywilligers by PAW samel geld in deur die verkoop van tweedehandse klere en ander ware, ge-woonlik op Saterdae by Hoofstraat 60, maar verdere do-nasies van diereliefhebbers is van groot waarde. Donasies kan by Piketberg Dierehospitaal op Katinka se welsynsrekening inbetaal word of in ‘n diere-sorgrekening by Capitec Bank. Hoe meer donasies en hoe meer vrywilligers, hoe meer diere kan gehelp word. Kos vir babakatjies en -hondjies is altyd welkom asook komberse en tweedehandse ware vir verkope Saterdae, veral beddegoed, gordyne en komberse is in aanvraag. Ook nrs 32 en 34 mansklere is baie gewild.

Piketberg Animal Outreach is ‘n beweging wat begin is deur ‘n groepie vrywilligers wat die nood van sommige diere in ons gemeenskap raakgesien het. Die doel is om ‘n bekostigbare gesondheidsdiens vir die diere te skep en ook om troeteldier eienaars op te voed iin die versorging van hul troeteldiere. PAW het gereël met ‘n Staatsveearts dat om Piketberg elke maand te besoek. Die datums word aan die begin van die jaar verskaf. Die paar vrywil-ligers reël afsprake en doen die hele dag diens by die klinieke. Hierdie diens is slegs vir werklik hulpbehoe-wende mense. Indien daar ‘n siek troeteldier opdaag en die eienaar het nie geld om hom of haar te laat behandel nie, betaal PAW die kostes. Dit is veral belangrik dat die eienaars die belangrikheid van sterilisasie van hul troeteldier sal besef. Dit is werklik hartverskeurend om te sien hoe honde net toegelaat word om aanmekaar aan te teel. Die doel is om elke maand ten minste sewe diere te steriliseer, wat slegs ‘n drupppel in die emmer is, maar na ‘n paar jaar maak dit tog ‘n verskil. Indien ‘n werpsel gered word, word die ma gesteriliseer deur die Staatsveearts of die plaaslike veearts. Dit gebeur selde dat die eienaar bydra tot die koste, dus is dit PAW se

Piketberg Animal Outreach

Piketberg Animal Outreach

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande

asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

NG Kerk Fonteinfees 7 Maart 2020

Advertensiekoste Volblad: R500

Halfblad: R350

Kwartblad: R240

Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na:

[email protected]

Page 29: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

29

Page 30: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

30

Page 31: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

31

Page 32: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

32

Trippe Trappe Kleuterskool

Trippe Trappe kleuterskool verwelkom hul nuwe junior en senior maatjies. Foto’s verskaf

Alison Muller het talle kleuters waterwys gemaak. Hi-er is sy met Hanlie en Kenneth Smit met Isabella en Mila, links en Elray Immelman met Helen en Johan

Hanekom met klein Johan. Foto verskaf

Alison se Swemskool

Lise Bruwer het as lid van die SA Ritmiese gimnas-

tiekspan, deelgeneem aan die afgelope Sone 5 Afrika

Spele by die Universiteit van Pretoria. Sy verwerf

twee goue medaljes: Goud individueel vir knuppels

en Goud as lid van 0/11 level 6-span wat met hul alge-

Lise by Afrika Spele

Page 33: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

33

Gr R’s vir 2020

PHS se Gr R-klas saam met Sujen van Huyssteen, Maria Joubert en Luy-Anne Pienaar. Foto: Marietha Goosen

Groenvlei Primêr se Gr R-klas met Beryl Booyse.

Groenvlei Primêr se Graad 1-klas saam met Louwna Burger. Foto’s: Marilee van Zyl

Groenvlei Primêr

PHS se Gr 1’s

Hoërskool Piketberg se een Gr 1(N)-klas saam met Karisa Nel.

Hoërskool Piketberg se Gr 1(S)-klas saam met Iza Schreuder. Foto’s: Marietha Goosen

Voetspoortjies se Gr 1’s

Voetspoortjies se Gr 1-klas saam met Annelie Lutz. Foto: Marietha Goosen

Hoërskool Piketberg kleureatletiek Spanleiers Foto verskaf

Page 34: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

34

Welkom aan die Onderwysers

Voetspoortjies se twee nuwe personeellede is Karin Jooste, Graad R en Annelie Lutz, Graad 1, by skool-

hoof Bianca Jordaan, middel. Foto’s bo en onder: Marietha Goosen

Nuwe Onderwysers by Steynville Primêre Skool is Claudine Pieters, Gr 2B, en Euodia Williams, Gr 3B.

Hoërskool Piketberg se nuwe onderwysers is Chantelle Steenkamp Gr 2, Endriëtte LeRoux-Smith

Gr 3, Karisa Nel Gr 1, Madelie Kruger VBS, Rouxsanne van Wyk Intermediêr en Sujen van

Huyssteen Gr R. Foto: Frederik Kotze

Aldo Olivier van PHS ontvang die toekenning vir die

beste kandidaat in die Wes-Kaap vir Visuele Kuns

(100%). By hom is Allan Winde (Premier), Debbie

Schaefer (Minister van Onderwys), en Brian

Schreuder (Onderwyshoof). Foto verskaf

This year PCS decided that it was time for our very own athletics event. Two very competitive color teams, red and blue competed against each other to see who would be this year's winner! 'n Wonderlike dag gevul met ‘n klomp hygende, gelukkige asempies wat nie kon wag vir die volgende resies om te begin nie. Alle ouderdomme was betrokke, selfs ons A-span ouers. Baie dankie aan elkeen wat ons eerste kleurebyeenkoms bygewoon en onder-steun het. 2020 het werklik met 'n groot gejuig "weggespring"! Die Rooi span was die wenners.

Aldo Wes-Kaap Kunswenner

Page 35: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

35

Page 36: Alle korrespondensie aan …piketberginfo.co.za › wordpress › wp-content › uploads › 2020 › 02 › ...2020/02/02  · Danie Visser behaal sy Hoër Nasionale Sertifikaat in

36