alle namakwalandse blommetoer besprekings : 2017 tariewe 4...

10
NAMAKWA TOERE & AKKOMMODASIE BK2005/121434/23 H/A NAMAQUA LODGE Sinoniem met die panoramiese Sederberge, die asemrowende Stadsaalgrotte wat jou op ‘n verbeeldingstog neem en jou na ‘n ander dimensie weglei, ongerepte Weskus natuurskoonheid, kaleidoskoop van Namakwalandse blommeprag, gasvryheid, weglê-etes en die luuksste busvervoer. Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017: Betaal R2 000 p/p deposito (binne 14 dae) nadat u bespreking bevestig is, en balans 30 dae voor toer vertrek. 2017 TARIEWE 4 Dag Toere 5 Dag Toere 6 Dag Toere Deel Tarief (per persoon) R7 000 R9 000 R10 600 Enkel tarief (per persoon) R8 500 R10 800 R12 400 DATUMS: REISPROGRAM - 4 DAG NAMAKWALANDSE BLOMMETOERE: Ingesluit: 3 Nagte se akkommodasie by Namaqua Lodge Geregistreerde toergids Super Luukse busvervoer Etes soos aangedui Uitgesluit: Toegangsgeld (maksimum van R100 pp per toer),fooitjies& drankies. DAG 1:Ons vertrek vanaf Kaapstad en ry deur Bloubergstrand, verby Melkbosstrand, Atlantis en Mamre oppad na Darling, waar ons by Evita-se-perron `n draai sal maak om te kyk hoe tannie Evita ons land se politieke geskiedenis uitbeeld. Vandaar vertrek ons nader aan die kus waar ons by Langebaan verby gaan. Ons sal ook Saldanha se hawe sien - die grootste, diepste en veiligste hawe in Suid-Afrika! Volgende op ons roete is die Weskus se drielingdorpies Velddrif, Port Owen en Laaiplek wat aan die mond van die Bergrivier die bokkomhoofstad van SA uitmaak. Port Owen met sy waterstrate laat mens ook baie aan Venesië dink. Ons ry ook deur Dwarskersbos, verby Rocherspan en oor die Verlorenvlei voordat ons by Elandsbaai uitkom. Hier word die kreefbakkies met hyskrane van die kaai tot in die baai laat sak. Van hier kies ons koers deur die Sandveld verby Leipoldtville en Graafwater via Clanwilliam na Vanrhynsdorp waar ons elke aand van die toer sal oornag in Namaqua Lodge. Ingesluit: Verversings en aandete DAG 2:Vandag is `n lang dag en een van die hoogtepunte op die toer! Ons vertrek vroeg-oggend deur die Knersvlakte waar dit op die oog af lyk of daar niks is nie, maar wanneer ons stop en uitklim is almal verbaas om die verskeidenheid en hoeveelheid dwergvetplantjies te sien wat tussen die wit kwartsklippies groei - sommige plantjies lyk ook net soos die klippies! Ons ry deur die Hardeveld met dorpies soos Nuwerus en Bitterfontein. Voor ons Garies bereik ry ons die Namakwalandse Klipkoppe binne wat strek tot noord van Springbok. Ons sal op hierdie roete `n ou verlate dorpie sien wat moes skuif en die kleinste titelakte in SA. Ons lê besoek af aan die ou koper-myndorpies rondom Springbok - Nababeep, Concordia en Okiep, wat op `n stadium die rykste kopermyn in die wêreld was. Hierdie roete wat ons vandag ry beloof om van die beste blomme op die toer te hê! As jy nie gedurende blommetyd in die Namakwalandse Klipkoppe was nie, was jy nie in Namakwaland nie! Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete 4-Dag Namakwalandse Blommetoer 5-Dag Namakwalandse Blommetoer 6-Dag Namakwalandse Blommetoer CPT 1/1 17 – 20 Aug Do - So CPT 2/1 31 Jul – 4 Aug Ma - Vr CPT 3/1 10 - 15 Aug Do - Di CPT 1/2 2 – 5 Sep (Enkellopendes) Sa - Di CPT 2/2 5 – 9 Aug Sa - Wo CPT 3/2 21 – 26 Aug Ma - Sa CPT 1/3 11 – 14 Sep Ma - Do CPT 2/3 28 Aug – 1 Sep Ma - Vr CPT 1/4 15 - 18 Sep Vr - Ma CPT 2/4 6 – 10 Sep Wo - So

Upload: others

Post on 19-Sep-2019

3 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

NAMAKWA TOERE & AKKOMMODASIE BK2005/121434/23

H/A NAMAQUA LODGE

Sinoniem met die panoramiese Sederberge, die asemrowende Stadsaalgrotte wat jou op ‘n verbeeldingstog neem en jou na ‘n ander dimensie weglei,

ongerepte Weskus natuurskoonheid, kaleidoskoop van Namakwalandse blommeprag, gasvryheid, weglê-etes en die luuksste busvervoer.

Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings :

2017: Betaal R2 000 p/p deposito (binne 14 dae) nadat u bespreking bevestig is, en balans 30 dae voor toer vertrek.

2017 TARIEWE 4 Dag Toere 5 Dag Toere 6 Dag Toere

Deel Tarief (per persoon)

R7 000 R9 000 R10 600

Enkel tarief (per persoon)

R8 500 R10 800 R12 400

DATUMS:

REISPROGRAM - 4 DAG NAMAKWALANDSE BLOMMETOERE:

Ingesluit: 3 Nagte se akkommodasie by Namaqua Lodge

Geregistreerde toergids

Super Luukse busvervoer

Etes soos aangedui

Uitgesluit: Toegangsgeld (maksimum van R100 pp per toer),fooitjies& drankies.

DAG 1:Ons vertrek vanaf Kaapstad en ry deur Bloubergstrand, verby Melkbosstrand, Atlantis en Mamre oppad na

Darling, waar ons by Evita-se-perron `n draai sal maak om te kyk hoe tannie Evita ons land se politieke geskiedenis

uitbeeld. Vandaar vertrek ons nader aan die kus waar ons by Langebaan verby gaan. Ons sal ook Saldanha se hawe sien -

die grootste, diepste en veiligste hawe in Suid-Afrika! Volgende op ons roete is die Weskus se drielingdorpies Velddrif,

Port Owen en Laaiplek wat aan die mond van die Bergrivier die bokkomhoofstad van SA uitmaak. Port Owen met sy

waterstrate laat mens ook baie aan Venesië dink. Ons ry ook deur Dwarskersbos, verby Rocherspan en oor die

Verlorenvlei voordat ons by Elandsbaai uitkom. Hier word die kreefbakkies met hyskrane van die kaai tot in die baai laat

sak. Van hier kies ons koers deur die Sandveld verby Leipoldtville en Graafwater via Clanwilliam na Vanrhynsdorp waar

ons elke aand van die toer sal oornag in Namaqua Lodge.

Ingesluit: Verversings en aandete

DAG 2:Vandag is `n lang dag en een van die hoogtepunte op die toer! Ons vertrek vroeg-oggend deur die Knersvlakte

waar dit op die oog af lyk of daar niks is nie, maar wanneer ons stop en uitklim is almal verbaas om die verskeidenheid

en hoeveelheid dwergvetplantjies te sien wat tussen die wit kwartsklippies groei - sommige plantjies lyk ook net soos die

klippies! Ons ry deur die Hardeveld met dorpies soos Nuwerus en Bitterfontein. Voor ons Garies bereik ry ons die

Namakwalandse Klipkoppe binne wat strek tot noord van Springbok. Ons sal op hierdie roete `n ou verlate dorpie sien

wat moes skuif en die kleinste titelakte in SA. Ons lê besoek af aan die ou koper-myndorpies rondom Springbok -

Nababeep, Concordia en Okiep, wat op `n stadium die rykste kopermyn in die wêreld was. Hierdie roete wat ons

vandag ry beloof om van die beste blomme op die toer te hê! As jy nie gedurende blommetyd in die Namakwalandse

Klipkoppe was nie, was jy nie in Namakwaland nie!

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

4-Dag Namakwalandse Blommetoer 5-Dag Namakwalandse Blommetoer 6-Dag Namakwalandse Blommetoer

CPT 1/1 17 – 20 Aug Do - So CPT 2/1 31 Jul – 4 Aug Ma - Vr CPT 3/1 10 - 15 Aug Do - Di

CPT 1/2 2 – 5 Sep

(Enkellopendes) Sa - Di CPT 2/2 5 – 9 Aug Sa - Wo CPT 3/2 21 – 26 Aug Ma - Sa

CPT 1/3 11 – 14 Sep Ma - Do CPT 2/3 28 Aug – 1 Sep Ma - Vr

CPT 1/4 15 - 18 Sep Vr - Ma CPT 2/4 6 – 10 Sep Wo - So

Page 2: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

DAG 3:Ons volg vandag `n ander roete deur die Knersvlakte tot teen die Bokkeveldberge waar ons die skouspelagtige

Vanrhynspas sal bestyg tot bo op die Bokkeveldplato by Nieuwoudtville - die bolplanthoofstad van die wêreld! Ons sal

die dag rondom hierdie pragtige dorpie spandeer en besienswaardighede soos die kokerboomwoud, Nieuwoudtville-

waterval en gletserspore besoek. Ons sal ook besoek aflê aan die NG-kerk, `n pragtige sandsteengebou met `n baie

interessante geskiedenis. Hulle glo dat hulle die enigste kerk in die wêreld is wat `n monument vir skuld opgerig het!

Ons sal ook na die beste blomme in die kontrei gaan kyk.

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

DAG 4:Die laaste dag van ons toer, maar steeds `n kleurvolle dag propvol opwinding! Ons ry deur die

Olifantsriviervallei tot by Clanwilliam waar ons die Pakhuisberge sal binnegaan. Hierdie rotsformasies laat mens net weer

besef hoe nietig ons is, en dit lyk dit asof die rotse bo-op mekaar gepak is. Ons lê ook besoek af aan C. Louis Leipoldt se

graf in die berge. Op Clanwilliam besoek ons die Ramskop natuurtuin op die oewer van die Clanwilliamdam waar sowat

350 verskillende blomspesies aangetref kan word. Ons ry hierna verder deur die vallei met die Sederberge en

Olifantsrivierberge weerskante van die pad tot ons die Piekenierskloofpas oorsteek. Die roete neem ons verder deur

die Swartland met sy goudgeel canola- en grasgroen koringlande. Na `n asemrowende dag word `n sielsverrykende toer

afgesluit in Kaapstad.

Insluit: Ontbyt en verversings

REISPROGRAM - 5 DAG NAMAKWALANDSE BLOMMETOERE:

Ingesluit: 4 Nagte se akkommodasie by Namaqua Lodge

Geregistreerde toergids

Super Luukse busvervoer

Etes soos aangedui

Uitgesluit: Toegangsgeld (maksimum van R100 pp per toer), fooitjies& drankies.

DAG 1:Ons vertrek vanaf Kaapstad en ry deur Bloubergstrand, verby Melkbosstrand en Langebaan. Ons sal ook

Saldanha se hawe sien - die grootste, diepste en veiligste hawe in Suid-Afrika! Paternoster, `n karaktervolle vissersdorpie

sal ook besoek word. Volgende op ons roete is die Weskus se drielingdorpies Velddrif, Port Owen en Laaiplek wat aan

die mond van die Bergrivier die bokkomhoofstad van SA uitmaak. Port Owen met sy waterstrate laat mens ook baie aan

Venesië dink. Ons ry ook deur Dwarskersbos, verby Rocherspan en oor die Verlorenvlei voordat ons by Elandsbaai

uitkom. Hier word die kreefbakkies met hyskrane van die kaai tot in die baai laat sak. Van hier kies ons koers deur die

Sandveld verby Leipoldtville en Graafwater via Clanwilliam na Vanrhynsdorp waar ons elke aand van die toer sal oornag

in Namaqua Lodge.

Ingesluit: Verversings en aandete

DAG 2:Vandag is `n lang dag en een van die hoogtepunte op die toer! Ons vertrek vroeg-oggend deur die Knersvlakte

waar dit op die oog af lyk of daar niks is nie, maar wanneer ons stop en uitklim is almal verbaas om die verskeidenheid

en hoeveelheid dwergvetplantjies te sien wat tussen die wit kwartsklippies groei - sommige plantjies lyk ook net soos die

klippies! Ons ry deur die Hardeveld met dorpies soos Nuwerus en Bitterfontein. Voor ons Garies bereik ry ons die

Namakwalandse Klipkoppe binne wat strek tot noord van Springbok. Ons sal op hierdie roete `n ou verlate dorpie sien

wat moes skuif en die kleinste titelakte in SA. Ons lê besoek af aan die ou koper- myndorpies rondom Springbok -

Nababeep, Concordia en Okiep, wat op `n stadium die rykste kopermyn in die wêreld was. Hierdie roete wat ons

vandag ry beloof om van die beste blomme op die toer te hê! As jy nie gedurende blommetyd in die Namakwalandse

Klipkoppe was nie, was jy nie in Namakwaland nie!

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

DAG 3:Ons volg vandag `n ander roete deur die Knersvlakte tot teen die Bokkeveldberge waar ons die skouspelagtige

Vanrhynspas sal bestyg tot bo op die Bokkeveldplato by Nieuwoudtville - die bolplanthoofstad van die wêreld! Ons sal

die dag rondom hierdie pragtige dorpie spandeer en besienswaardighede soos die kokerboomwoud, Nieuwoudtville-

Waterval en gletserspore besoek. Ons sal ook besoek aflê aan die NG-kerk, `n pragtige sandsteengebou met `n baie

Page 3: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

interessante geskiedenis. Hulle glo dat hulle die enigste kerk in die wêreld is wat `n monument vir skuld opgerig het!

Ons sal ook na die beste blomme in die kontrei gaan kyk.

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

DAG 4:`n Lekker Weskus ondervinding lê voor vir vandag. Ons ry via Vredendal en Lutzville met al die wingerdlande en

groentetonnels, wat die noordelike deel van die Olifantsriviervallei uitmaak. Ons beweeg nader aan die kus en sal sien

hoe die Olifantsrivier by Papendorp in die see uitmond. Ons maak `n draai by Standfontein wat een van die gewildste

vakansiedorpies langs die Weskus is met sy lang wit uitgestrekte strand. `n Klipgooi suid van Standfontein kry ons die

skilderagtige dorpie Doringbaai, `n regte vissersdorpie. Ons volg `n roete verder suid tot by Lambertsbaai wat bekend

staan as die kreefhoofstad van SA. Na `n lekker dag langs die Weskus vertrek ons na Clanwilliam. Ons besoek die

Ramskop natuurtuin op die oewer van die Clanwilliamdam waar sowat 350 verskillende blomspesies aangetref kan

word. Ons sal ook die graf van C. Louis Leipoldt besoek in die asemrowende Pakhuisberge waar dit lyk asof die rotse

bo-op mekaar gepak is.

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

DAG 5:Ons roete volg die N7 oor die Piekenierskloofpas met `n pragtige uitsig oor die Swartland se lappieskombers

canola- en koringlande. Ons draai af na Porterville en ry deur Gouda via die Nuwekloofpas na Tulbagh. By Tulbagh sal

ons deur Kerkstraat stap, waar talle geboue ten volle gerestoureer is na die groot aardbewing wat die dorp op 29

September 1969 getref het. Na `n besoek aan hierdie pragtige karaktervolle dorpie vertrek ons deur die Boland na

Kaapstad.

Insluit: Ontbyt en verversings

REISPROGRAM - 6 DAG NAMAKWALANDSE BLOMMETOERE:

Ingesluit: 5 Nagte se akkommodasie by Namaqua Lodge

Gerigestreerde toergids

Super Luukse busvervoer

Etes soos aangedui

Uitgesluit: Toegangsgeld (maksimum van R100 pp per toer), fooitjies& drankies.

Dag 1:Ons vertrek vanaf Kaapstad en ry deur Bloubergstrand, verby Melkbosstrand en Langebaan. Ons sal ook

Saldanha se hawe sien - die grootste, diepste en veiligste hawe in Suid-Afrika! Paternoster, `n karaktervolle vissersdorpie

sal ook besoek word. Volgende op ons roete is die Weskus se drielingdorpies Velddrif, Port Owen en Laaiplek wat aan

die mond van die Bergrivier die bokkomhoofstad van SA uitmaak. Port Owen met sy waterstrate laat mens ook baie aan

Venesië dink. Ons ry ook deur Dwarskersbos, verby Rocherspan en oor die Verlorenvlei voordat ons by Elandsbaai

uitkom. Hier word die kreefbakkies met hyskrane van die kaai tot in die baai laat sak. Van hier kies ons koers deur die

Sandveld verby Leipoldtville en Graafwater via Clanwilliam na Vanrhynsdorp waar ons elke aand van die toer sal oornag

in Namaqua Lodge.

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete Dag 2:Vandag is `n lang dag en een van die hoogtepunte op die toer! Ons vertrek vroeg-oggend deur die Knersvlakte

waar dit op die oog af lyk of daar niks is nie, maar wanneer ons stop en uitklim is almal verbaas om die verskeidenheid

en hoeveelheid dwergvetplantjies te sien wat tussen die wit kwartsklippies groei - sommige plantjies lyk ook net soos die

klippies! Ons ry deur die Hardeveld met dorpies soos Nuwerus en Bitterfontein. Voor ons Garies bereik ry ons die

Namakwalandse Klipkoppe binne wat strek tot noord van Springbok. Ons sal op hierdie roete `n ou verlate dorpie sien

wat moes skuif en die kleinste titelakte in SA. Ons lê besoek af aan die ou koper-myndorpies rondom Springbok -

Nababeep, Concordia en Okiep, wat op `n stadium die rykste kopermyn in die wêreld was.

Hierdie roete wat ons vandag ry beloof om van die beste blomme op die toer te hê! As jy nie gedurende blommetyd in

die Namakwalandse Klipkoppe was nie, was jy nie in Namakwaland nie!

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

Page 4: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

Dag 3:Ons volg vandag `n ander roete deur die Knersvlakte tot teen die Bokkeveldberge waar ons die skouspelagtige

Vanrhynspas sal bestyg tot bo op die Bokkeveldplato by Nieuwoudtville - die bolplanthoofstad van die wêreld! Ons sal

die dag rondom hierdie pragtige dorpie spandeer en besienswaardighede soos die kokerboomwoud, Nieuwoudtville-

Waterval en gletserspore besoek. Ons sal ook besoek aflê aan die NG-kerk, `n pragtige sandsteengebou met `n baie

interessante geskiedenis. Hulle glo dat hulle die enigste kerk in die wêreld is wat `n monument vir skuld opgerig het!

Ons sal ook na die beste blomme in die kontrei gaan kyk.

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

Dag 4:`n Lekker Weskus ondervinding le voor vir vandag. Ons ry via Vredendal en Lutzville met al die wingerdlande en

groentetonnels, wat die noordelike deel van die Olifantsriviervallei uitmaak. Ons beweeg nader aan die kus en sal sien

hoe die Olifantsrivier by Papendorp in die see uitmond. Ons maak `n draai by Standfontein wat een van die gewildste

vakansiedorpies langs die Weskus is met sy lang wit uitgestrekte strand. `n Klipgooi suid van Standfontein kry ons die

skilderagtige dorpie Doringbaai, `n regte vissersdorpie. Ons volg `n roete verder suid tot by Lambertsbaai wat bekend

staan as die kreefhoofstad van SA. Na `n lekker dag langs die Weskus vertrek ons na Clanwilliam. Ons besoek die

Ramskop natuurtuin op die oewer van die Clanwilliamdam waar sowat 350 verskillende blomspesies aangetref kan

word. Ons sal ook die graf van C. Louis Leipoldt besoek in die asemrowende Pakhuisberge waar dit lyk asof die rotse

bo-op mekaar gepak is.

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

Dag 5Vandag beloof om `n baie opwindende dag te wees! Ons vertrek na nog `n stewige ontbyt verby Klawer, al langs

die Olifantsrivier tot by Clanwilliam. Van hier ry ons via die Pakhuispas in die Sederberge in en ry oor die

Brandewynrivier tot waar ons by die Engelsman-se-graf (uit die Anglo-Boereoorlog) uitkom. Ons draai weg na die

Biedouwvallei, wat bekend is om in `n goeie jaar te spog met die mooiste blomme. Verder ry ons tot by Wupperthal

wat as ’n sendingstasie begin is tussen die berge deur JG Leipoldt. Hier sal ons die geleentheid kry om `n paar

Wupperthal vellies te koop voor ons omdraai.

Ingesluit: Ontbyt, verversings en aandete

DAG 6:Ons roete volg die N7 oor die Piekenierskloofpas met `n pragtige uitsig oor die Swartland se lappieskombers

canola- en koringlande. Ons draai af na Porterville en ry deur Gouda via die Nuwekloofpas na Tulbagh. By Tulbagh sal

ons deur Kerkstraat stap, waar talle geboue ten volle gerestoureer is na die groot aardbewing wat die dorp op 29

September 1969 getref het. Na `n besoek aan hierdie pragtige karaktervolle dorpie vertrek ons deur die Boland na

Kaapstad.

Insluit: Ontbyt en verversings

Page 5: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

STAPTOERE

BLOMME & BERGE STAPTOER – R6500

Ingesluit: 3 nagte akkommodasie by Namaqua Lodge

Vervoer

Geregistreerde toergids

Alle toegangsfooie

Dag 1: Ons vertrek vanaf Kaapstad direk na Vanrhynsdorp waar ons `n staproete in die Knersvlakte sal stap. Hier sal

ons talle dwergvetplantjies sien wat endemies is tot die Knersvlakte en soos gekamoefleerde skatte tussen die wit

kwartsklippies groei.

Ingesluit: Middagete & aandete

Dag 2: Vandag besoek ons Gifberg, wat deel uitmaak van die Matzikama-berge, die noordlikste uitloopsels van die

Sederberge. Die rotsformasies op Gifberg is baie besonders. Die berg het sy naam gekry van die gifboom wat slegs hier

aangetref word en waarvan die gif destyds deur die San mense in jag ekspidisies gebruik is. Die rotskuns wat ons sal sien

getuig ook van hierdie gebeurtenisse.

Ingesluit: Ontbyt, middagete & aandete

Dag 3: Ons gaan verken Nieuwoudtville, die bolplant-hoofstad van die wêreld. Hierdie area is baie ryk aan plant en

dierlewe en is bekend vir sy plate blomme. Omdat hierdie toer in die blommeseisoen val en ons die omgewing baie

goed ken, hou ons die opsie oop om nader aan die tyd te besluit watter spesifieke staproete/s ons gaan kies om te stap

om seker te maak dat ons die beste blomme sal sien.

Ingesluit: Ontbyt, middagete & aandete

Dag 4: Ons ry deur die Olifantsriviervallei en draai af by Clawilliam, waar ons C. Louis Leipoldt se graf in die

Pakhuisberge besoek en ook `n kort staproete stap om te sien hoekom Leipoldt so lief was vir hierdie gedeelte van die

Sederberge. Op die Piekenierskloofpas sal ons weer stop en, indien die tyd dit toelaat, nog `n kort roete stap voor ons

`n onvergeetlike toer afsluit in Kaapstad.

Ingesluit: Ontbyt & middagete

SPANBOU STAPTOER / PRIVAAT STAPTOER

Vir enige groep van 4 of meer reël ons gespesialiseerde staptoere. Die staproetes van hierdie toere word bepaal deur

die fiksheid/vermoëns en versoeke van die stappers/groep.

Omdat ons elke aand van die toer op Vanrhynsdorp in Namaqua Lodge tuisgaan, wat baie sentraal geleë is wat al die

staproetes betref, kan ons ook maklik by die weersomstandighede aanpas.

Hierdie staptoere behels dag-staproetes met die gerief om nie met groot rugsakke te stap of in die veld oor te slaap nie.

Ons dek ook in slegs `n paar dae se tyd `n baie groter area met `n groter verskeidenheid natuurwonders omdat ons

elke dag ry tot by verskillende staproetes.

Staproetes wissel van kort en gemaklike staproetes tot roetes van 7-9 ure soos Wolfberg Krake en Boog staproete. Die

roetes sluit hoofsaaklik die volgende streke in:

Sederberge, Weskus, Gifberg, Nieuwoudtville en Knersvlakte.

Ander aktiwiteite soos “zip sliding” en perdry kan gereël word

Ingesluit: Verblyf & vervoer

Alle etes (3 per dag; behalwe eerste en laaste dag - 2 per dag)

Geregistreerde toergids

Alle toegangsfooie

Prys: Word uitgewerk volgens grootte en vereistes van elke groep.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor hierdie staptoere.

Page 6: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

WS1: 4 DAG WESKUS-SEDERBERGE STADSAALGROTTE TOER VANAF KAAPSTAD – R6500

*Minimum van 4 persone op toer, of groep besprekings kan geakkommodeer word vir privaat toer, kontak ons vir beskikbare datums*

WS/1 26 – 29 September 2017 (Di – Vr)

WS/2 30 September – 3 Oktober 2017 (Sa – Di)

Ingesluit: 3 Nagte se akkommodasie by Namaqua Lodge

Vervoer

Geregistreerde toergids

Alle toegangsfooie

DAG 1:

Ons vertrek vanaf Kaapstad en ry deur Bloubergstrand, verby Melkbosstrand en Langebaan, waar ons die vakansieoord

Club Mykonos met sy Griekse atmosfeer sal sien. Ons sal ook Saldanha se hawe sien - die grootste, diepste en veiligste

hawe in Suid-Afrika! Paternoster, `n karaktervolle vissersdorpie sal ook besoek word. Volgende op ons roete is die

Weskus se drielingdorpies Velddrif, Port Owen en Laaiplek wat aan die mond van die Bergrivier die bokkomhoofstad

van SA uitmaak. Port Owen met sy waterstrate laat mens ook baie aan Venesië dink. Ons ry ook deur Dwarskersbos,

verby Rocherspan en oor die Verlorenvlei voordat ons by Elandsbaai uitkom. Hier word die kreefbakkies met hyskrane

van die kaai tot in die baai laat sak. Van hier kies ons koers deur die Sandveld verby Leipoldtville en Graafwater via

Clanwilliam na Vanrhynsdorp waar ons elke aand van die toer sal oornag in Namaqua Lodge.

Ingesluit: Middagete & aandete

DAG 2:

Vandag besoek ons die Stadsaal grotte. Hierdie roete beloof om vol verbeeldingryke verrassings te wees wat tussen die

geweldige hoë berghange en klowe sal deurlei. Hier oppad na nêrens kry jy die afdraai na die Stadsaal grotte wat die

hoogtepunt van ons toer is. Hierdie is ‘n deel van ons land wat nog net nie deur die toeris ontdek is nie. Hier sal ons

ook seker een van die mooiste voorbeelde van rotskuns (Boesman tekeninge) sien. Dit is hier waar jou verbeelding jou

in ‘n ander dimensie sal inneem. Tussen hierdie ongelooflike sandsteen-rotsformasies kan jy vir ure lank rond dwaal

sonder dat jy dieselfde ding twee keer sal sien. Hierdie is ‘n ervaring wat jy nie vir enige iemand op papier kan

verduidelik nie. Dit is waar jy al die geheue van jou digitale-kamera of video kamera gaan opgebruik.

Ingesluit: Ontbyt, middagete & aandete

DAG 3:

Ons besoek vandag die Matzikama berge wat die mees Noordelike uitloopsels van die Sederberg-reeks is. Die

Matzikama berge is bekend vir sy rotsagtige gediertes en klip-dinosourusse wat ons te siene gaan kry op ons

besigtigingstoer bo-op Gifberg. Dit is ook hier waar ons sal sien hoe ‘n waterstroompie ‘n gat in ‘n rots gevorm het oor

die eeue heen en vandag is dit `n waterval. Gifberg het sy naam gekry as gevolg van die gifboom wat endemies is tot

hierdie bergreeks en nêrens in die wêreld voorkom nie. Ons besoek ook Nieuwoudtville waar die NG Kerk,

Nieuwoudtville waterval, kokerboomwoud onder die besienswaardighede val.

Ingesluit: Ontbyt, middagete & aandete

DAG 4:

Die laaste dag van ons toer, maar steeds `n kleurvolle dag propvol opwinding! Ons ry deur die Olifantsriviervallei tot by

Clanwilliam waar ons die Pakhuisberge, `n deel van die Sederberge sal binnegaan. Die Pakhuisberge se rotsformasies laat

mens net weer besef hoe nietig ons is, hier lyk dit asof die rotse bo-op mekaar gepak is. Ons lê ook besoek af aan C.

Louis Leipoldt se graf in die berge. Ons ry hierna verder deur die Olifantsriviervallei met die Sederberge en

Olifantsrivierberge weerskante van die pad tot ons die Piekenierskloofpas oorsteek. Die roete neem ons verder deur

die Swartland. Na `n asemrowende dag word `n sielsverrykende toer afgesluit in Kaapstad.

Ingesluit: Ontbyt & middagete

Page 7: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

Hoekom saam met Namakwa Toere gaan toer?

Wie is Namakwa Toere en wat doen ons anders?

Ons is Namakwalanders en ken ons streek goed.

Ons is `n familiebesigheid en is reeds sedert 1985 in die toerbedryf.

Ons toergidse is van die bekwaamste, hulpvaardigste en vriendelikste gidse wat u ooit in Namakwaland sal

teëkom.

Elke toerlid se persoonlike behoeftes vir `n toer word persoonlik deur ons opgeleide personeel hanteer.

Namaqua Lodge, waar ons toerlede elke aand van die toer tuisgaan, is sentraal geleë, in die hart van

Namakwaland. Hiervandaan wa-wiel ons elke dag in `n ander rigting om by die weersomstandighede aan te pas

en die beste blomme op die warmste dag te sien.

Ons hotel, Namaqua Lodge, is bekend vir ons weglê etes en ons naam loop ons vooruit daarvoor, een van

Namakwa Toere se sterkste punte.

Ons hotel se kamers is almal op grondvlak en elke kamer het sy eie privaat badkamer.

U pak eenkeer uit en pak eenkeer in – ons slaap op een plek vir u gerief.

Daar is geen gejaagde toerprogram nie! Ons busbestuurders is saam met u met vakansie en nooit onder druk

nie. Ons reisprogram is nie beperk tot kilometers nie. Ons ry tot waar die beste blomme is.

Die ekstra myl wat ons stap

Toerlede wat vroeër of langer in Kaapstad wil vertoef, kan geakkommodeer word. Ons beding jaarliks met

sekere hotelle in Kaapstad vir beter tariewe vir ons toerlede.

Ons help graag met vlug-, trein-, hotel- en vervoer reëlings. Kontak ons gerus vir meer inligting.

PRIVAAT TOERE en SPANBOU TOERE kan gereël word. Enige groepe van 4 of meer kan

geakkommodeer word vir `n toer na ons streek.

Onthou dít wanneer jy kom blomme kyk:

Buiten Namakwaland se 5 streke (Knersvlakte, Hardeveld, Namakwalandse Klipkoppe, Richtersveld en

Kusvlakte) is daar nog ander streke wat jaarliks spog met die van die mooiste blomme soos die Weskus,

Olifantsrivier-vallei, Swartland, Bokkeveld, Sederberge en Biedouw-vallei!

Die blomme-streek is baie groot – wees bereid om baie kilometers af te lê!

Elke streek se blomme is anders en jy sal nooit alle streke terselfdertyd op hul beste kan sien nie, maar van

begin Augustus tot middel September sal daar altyd blomme wees.

Blommeseisoen ís reënseisoen. Wanneer dit reën kan jy nie blomme kyk nie!

Namakwaland en die omliggende streke se blommeprag lê nie net in plate blomme nie – daar groei meer as

3 500 verskillende spesies blomme! Om van hierdie plante beter te leer ken, maak jou besoek soveel meer

waardevol.

Hoekom vertrek ons vanaf Kaapstad met ons blommetoere?

Wanneer ons Kaapstad verlaat, ry ons reeds in die blomstreke in. Die Weskus huisves jaarliks van die heel beste

blomme en is altyd die moeite werd om te besoek. Indien ons met `n bus vanaf Gauteng vertrek sou dit twee dae

neem om tot in Namakwaland te kom en weer dieselfde met die terugtog. Dit sal ook beteken dat jy hoofsaaklik in een

rigting sal reisen nie elke aand op dieselfde plek kan oorslaap om die toerprogram by die weer aan te pas nie. Ons is

sedert 1985 in die toerbedryf en kan met trots sê dat ons die wenresep het wanneer dit by Namakwalandse

blommetoere kom!

www.facebook.com/namakwatoere

Ons Facebook blad spreek vanself. Dit is die bewys dat ons vir ons toerlede blomme wys en nie net deur die streek ry

nie. Besoek gerus die adres soos hierbo om te sien wat ons toerlede jaarliks ervaar en kyk ook gerus na hoe ons

toerlede interaktief reageer. Na elke toer word daardie spesifieke toer se foto’s op Facebook gelaai. Net nog `n ekstra

gratis diens wat Namakwa Toere aan ons toerlede bied! Blommekykers kom om blomme te sien - ons toerlede sien

verseker blomme!

Page 8: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

epos: [email protected]&[email protected] VOORTREKKER STRAAT 22

web://www.namaqualodge.co.za &//www.namakwatoere.co.za POSBUS 246

VANRHYNSDORP 8170

VANRHYNSDORP: TEL:+27 (0) 27 219-1633/+27 (0) 27 219 1377

SEL:+27 (0) 82 654 8877 – JENNY FAKS: +27 (0) 27 219-1635 /+27 (0) 86 512 2344

+27 (0) 82 896 6444 - MIKE

Wat gebeur as Namakwa Toere die toer kanselleer?

Namakwa Toereonderneem om sover dit moontlik is geen toer te kanselleer nie. Ons het nog nooit nodig gehad

om ‘n blommetoer te kanselleer nie. Indien dit ooit sou gebeur dat ons ‘n toer moet kanselleer, sal ons u gelde wat u

alreeds betaal het, binne 24 uur terugbetaal met 10% rente per jaar.

Hoe bespreek ek ‘n toer by Namakwa Toere?

Wanneer u besluit het om op een van ons toere te bespreek, vul die besprekings vorm in. Faks of epos die vorm

dan vir ons kantoor. Die nodige sal dan deur ons gedoen word (hotel- en vlieg besprekings indien u dit so aangedui het).

U sal ‘n toerverwysings-nommer en Namakwa Toere se bankbesonderhede ontvang. Hierdie toerverwysings-nommer

moet op u deposito strokie aangetoon word. Hierdie toerverwysingsnommer moet ook op alle korrespondensie

gebruik word vir die toer wat u bespreek het.

Ons verskaf nie bank besonderhede sonder ‘n besprekingsvorm nie. Die enigste rede hiervoor is dat toerlede in die

verlede gelde inbetaal sonder dat hulle ‘n toer verwysingsnommer ontvang het, en dat hulle nie ‘n bespreking per faks of

epos gedoen het nie. Dit het al gebeur dat voornemende toerlede gelde inbetaal het, maar dat daardie spesifieke toer

alreeds vol bespreek was.

Ons begin elke oggend voor ons ry met ‘n gebed, en vertrou in die Here vir ‘n veilige en sielsverrykende toer.

Dit is noodsaaklik om soveel streke in Namakwaland te besoek as moontlik en genoeg kennis te dra van hierdie

interessante streke. Ons is baie bevoorreg om in Namakwaland te woon en van hier ons toere te onderneem. Ons

weet presies waar om blomme te gaan kyk in ons streek. Ons weet wanneer dit reën en hoe elke streek lyk na die

reënval.

Ons maak seker dat ons vir elke blommekyker net die mooiste blomme en beste besienswaardighede van die streek

wys en teen die beste bekostigbare toerprys. Dit is belangrik dat u moet weet dat blommeseisoen ons reënseisoen. Dit

is hoekom ons die reg voorbehou om ons dag tot dag se reisprogram te kan omruil om by die weer aan te pas.

Vriendelike Blomme en Berge groete

Namakwa Toere Span Jenny en Mike Spies

Page 9: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

Hotel verblyf vir diegene wat voor die toer vertrek of nadat die toer afgehandel is:

City Lodge - Grand West - (3 ***) Toer vertrek 08:00

Enkel kamer R950

Dubbel/Twin R1340

Ontbyt Volledige ontbyt ingesluit in tarief 06:30 - 09:30

Aandete Middagete

Geen Restaurant Verskeie restaurante by Grand West beskikbaar

Pendel diens R280 (+R20 p/p ekstra)(2016 tarief)

Parkering Gratis

WiFi 15 min gratis - ekstra koopbewys beskikbaar

Ekstra Sitkamer met kroeg fasiliteit Grand West Casino & Vermaaklikheid - verskeie restaurante/teaters

Web tuiste https://clhg.com/hotels/125/GrandWest-Hotel

Tel (021) 535 3611

Premier Classe Treinvanaf Johannesburg na Kaapstad(Vertrek Donderdae)

OF vanaf Kaapstad na Johannesburg (Vertrek Dinsdae)

R 3 120pp (eenrigting)

Kontak ons gerus vir meer inligting

Vlugte - Kontak ons vir tariewe en tye

Hotel Verde Lughawe - (4 ****) Toer vertrek: 08:30

Enkel kamer R1200

Dubbel/Twin R1375

Triple R2185

Ontbyt Volledige ontbyt ingesluit in tarief 04:30 - 09:30 - Naweke 04:30 - 10:00

Aandete Middagete

A la carte restaurant - Middagete - 12:30-15:00 Aandete - 18:30-22:30 Kamer bediening - 10:00-22:30

Pendel diens Gratis vanaf Lughawe

Parkering Gratis

WiFi Gratis

Ekstra Sitkamer met kroeg fasiliteit Gimnasium

Web tuiste http://www.hotelverde.co.za/

Tel (021) 380 5500

Road Lodge Lughawe - (1 *) Toer vertrek: 08:45

Enkel kamer ± R700 per kamer (een of twee persone) (Tarief kan verander sonder kennisgewing)

Ontbyt Kontinentale ontbyt – R80p/p 06:30 - 09:00 07:00 - 10:00 (Naweke)

Aandete Middagete

Geen restaurant Restaurante by lughawe beskikbaar, of skakel Mr Delivery vir wegneem etes

Pendel diens R35 p/p

Parkering Gratis

WiFi 15 min gratis - ekstra koopbewys beskikbaar

Ekstra /

Web tuiste https://clhg.com/hotels/308/Cape-Town-International-Airport

Tel (021) 934 7303

Page 10: Alle Namakwalandse Blommetoer besprekings : 2017 TARIEWE 4 ...namaquatours.com/wp-content/uploads/2017/07/Namakwa-Toere-2017-Program.… · Ons sal ook na die beste blomme in die

BESPREKINGSVORM

TOERLID 1: Van:……...…………………………………………...............

Mnr/Mev/Mej. - Voorletters:…………………...........…

Volle naam:………………………………………...............

Noemnaam:………………………………………...............

ID no.: …………………………………….............………..

Tel no.:……………………………………...........………….

Posadres: …………….…….……….............……………….

Faks no.:…………………………………………….............

………………………….………………..............….

Epos:…………………………………...............……………

………………………….………………..............….

Sel no.:…………………………………............……………

TOERLID 2:

Van:……...…………………………………………...............

Mnr/Mev/Mej. - Voorletters:…………………...........…

Volle naam:………………………………………...............

Noemnaam:………………………………………...............

ID no.: …………………………………….............………..

Tel no.:……………………………………...........………….

Posadres: …………….…….……….............……………….

Faks no.:…………………………………………….............

………………………….………………..............….

Epos:…………………………………...............……………

………………………….………………..............….

Sel no.:…………………………………............……………

Toer datum: ……………………………............…………

Akkommodasie gedurende toer: Enkel...... Dubbel......... Twin/Deel(2-bed kamer).......... 3 Bed kamer..........

Moet ons help met vlieg reëlings: Ja........... Nee..........

Vertrek vlug lughawe: Datum na Kaapstad:

Terug vlug lughawe: Datum vanaf Kaapstad

Moet ons help met hotel besprekings: Ja........... Nee...........

Datum : (Voor toer begin) .................................... Datum : (Na toer eindig) ....................................

City Lodge - Grand West Hotel Verde Lughawe

Road Lodge Airport

Tipe akkommodasie by hotel bespreking in Kaapstad: Enkel..........… Dubbel……….. Twin..............

Moet ons help met pendel rit reëlings in Kaapstad: Ja........... Nee..........

Indien u self u vlug bespreking doen - bevestig u vlugte

Datum na Kaapstad Datum vanaf Kaapstad

Vlug nr & tyd Vlug nr & tyd

Opklimpunt:

City Lodge - Grand West 08:00 Hotel Verde Lughawe 08:30

Road Lodge Airport 08:45 Kaapstad Int. Lughawe* 09:00

*Lughawe slegs vir persone wat die oggend van toer voor 08:30 land

Handtekening:……………………..............…….........

Datum:………………………………............................

Naasbestaande:……………………............……………..

Tel no.: ………………………………………...........………

Faks na: 027 2191635 / 086 512 2344 Epos na: [email protected]