allegaartjie - gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · web view/ haar rol...

12
Gauteng Vraestel 2: MEMORANDUM AFDELING A LETTERKUNDE Vraag 1 1.1 Par. 1 Ma Trooi Zita se ouma / stuurs en kwaai ou vrou / verslaaf aan spirits (1) Vergestalt Kieriekroek se maatskaplike situasie: drankmisbruik / konfronteer Zita met die ware feite van haar afwesige pa – help haar dus indirek om hierdie realiteit in die gesig te staar en dit te aanvaar. / Waarsku Zita om nie die foute van die verlede en haar ma te herhaal nie. / Sy is ook ‘n verleentheid vir die Daniels-gesin, maar is tog ook wys. (2) Tydens Waldo se besoek gee sy vir Zita die meelsak met bliktrommel om sonder haar ma se medewete uit te smokkel. (1) Par. 2 Kashief Pillay Zita se biologiese Indiër pa wat haar ma in die steek gelaat het en Zita se bestaan ontken. (1) Hy is verantwoordelik vir Zita se soeke na haarself en ware identiteit. Sy afwesigheid skep groot innerlike konflik by Zita. Hierdie konflik skep ook spanning in die verhaalgebeure. (2) Hy is nooit direk by die gebeure betrokke nie. Hy figureer egter sterk wanneer Zita die “geheime” briewe lees waarin hy haar verwerp. Die tweede insident ontnugter Zita nog meer wanneer hy op haar brief reageer, haar verwerp en die omkoopgeld van R2000 stuur. (1) Par. 3 Antie Mysie

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te

Gauteng Vraestel 2: MEMORANDUM

AFDELING A LETTERKUNDE

Vraag 1

1.1

Par. 1 Ma Trooi

Zita se ouma / stuurs en kwaai ou vrou / verslaaf aan spirits (1) Vergestalt Kieriekroek se maatskaplike situasie: drankmisbruik / konfronteer Zita met die

ware feite van haar afwesige pa – help haar dus indirek om hierdie realiteit in die gesig te staar en dit te aanvaar. / Waarsku Zita om nie die foute van die verlede en haar ma te herhaal nie. / Sy is ook ‘n verleentheid vir die Daniels-gesin, maar is tog ook wys. (2)

Tydens Waldo se besoek gee sy vir Zita die meelsak met bliktrommel om sonder haar ma se medewete uit te smokkel. (1)

Par. 2 Kashief Pillay

Zita se biologiese Indiër pa wat haar ma in die steek gelaat het en Zita se bestaan ontken.(1)

Hy is verantwoordelik vir Zita se soeke na haarself en ware identiteit. Sy afwesigheid skep groot innerlike konflik by Zita. Hierdie konflik skep ook spanning in die verhaalgebeure. (2)

Hy is nooit direk by die gebeure betrokke nie. Hy figureer egter sterk wanneer Zita die “geheime” briewe lees waarin hy haar verwerp. Die tweede insident ontnugter Zita nog meer wanneer hy op haar brief reageer, haar verwerp en die omkoopgeld van R2000 stuur.

(1)

Par. 3 Antie Mysie

Zita se “aanneem-ma” by die koshuis en die enigste persoon wat sy vertrou. (1) Ondersteun Zita; hul deel graag geselsies en skinderstories. Mysie waarsku ook vir Zita, soos

Ma Trooi, teen die witmense. Ongelukkig versterk sy ook Zita se wanpersepsie/etiketering/suspisie/wantroue t.o.v. blankes wat negatief inwerk op haar verhouding met Waldo. / Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te vergeet en met haar eie lewe aan te gaan. (2)

Verwelkom Zita wanneer sy terugkeer vir tweede kwartaal / Zita probeer troos vind en antwoorde soek by Mysie nadat sy Kashief Pillay se briewe aan haar ma, Mona gelees het. / Mysie gaan na Zita in haar koshuiskamer wanneer sy Kashief se antwoord op haar (Zita) brief kry. Sy vertel Zita van haar eie hartseerstorie waar haar man haar gelos het vir ‘n ander vrou. (1)

Page 2: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te

Par. 4 Elana Wiese

Saam met Zita in die koshuis. / Ignoreer Zita, maar is tog nuuskierig oor haar. / Aanstellerig teenoor Zita. (1)

Elana openbaar die waarheid oor waar Zita woon en stel haar leuen oor “die landgoed saam met haar ouers” aan die kaak. / Sy dra by tot Zita se innerlike konflik en minderwaardigheid oor haar identiteit. / Later is dit sy wat Zita ook beweeg om haar (Elana) te vergewe. Sy help Zita om te besef dat sy mense nie toelaat om haar (Zita) te leer ken nie – Zita hou mense op ‘n afstand omdat sy ook nie eerlik met haarself is nie. / Elana se invloed help Zita om te besef dat ander mense ook issues in hul lewe het. (2)

Sy ry saam met haar ma in hul deftige Mercedes om hul bediende, Oumeid, huis toe (Kieriekroek toe) te neem. Sy sien vir Zita waar sy in die winterson met krullers in haar kop sit. / Twee insidente aan etenstafel waar Zita Elana uitlok en sarkasties en onvriendelik is. (Begin van tweede en derde kwartaal) Elana loop Zita later in die badkamer raak en vra haar om verskoning vir die nuus wat sy versprei het. (1)

(16 ÷ 2 = 8)

1.2 Enige keuse, maar die respons moet deeglik gemotiveer word t.o.v. die invloed op Zita se lewe. (2)

[10]

Opmerking

Die memo is baie volledig – enige goeie feit verdien egter ‘n punt. Waak teen vae antwoorde – die vraag assesseer die toepassing van korrekte en gepaste verhaalinhoud.

Vraag 2

Par. 1

In die lokasie is die mense beter daaraan toe en bly in steenhuise. In Kieriekroek self bly die mense in riethuise – sommiges is darem gepleister. Daar is ‘n sinkkombuis, grondvloere, amboula vir vuurmaak, kolestoof vir kosmaak en warm water. Daar is min meubels maar darem lopende water en elektrisiteit. Die mense gebruik ‘n buitetoilet met emmerstelsel.

Die grondpaaie is in ‘n slegte toestand en daar is altyd rook en stof in die lug. Die Noodkamp is die armer plakkersbuurt. Die huise word van afvalmateriaal gemaak. Daar is nie lopende water nie – sommige mense het puttoilette. Baie mense woon saam in klein ruimtes. Daar is min privaatheid en ontspanningsfasiliteite. Dit veroorsaak baie maatskaplike probleme, bv. tienerswangerskappe, verkragting en ‘n hoë voorkoms van Vigs. Die skool en onderrig is baie basies en die kinders het nie ‘n gesonde toekomsverwagting nie. Die jongmense lê by die sjebeen rond en drink en rook dagga.

(4)

Page 3: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te

Par. 2

Waldo-hulle se plaas is ook buite die dorp, maar alles is deftig en luuks: staalhekke, groot wit Kaaps-Hollandse gewelhuis, groot en swaar houtvoordeur. Binne-in die huis is daar duur antieke meubels en ander versamelstukke. Die stoep is groter as Zita-hulle se rietdakhuis. Waldo se ma, Anida, is ‘n opregte persoon met ‘n natuurlike voorkoms wat Zita – teen haar verwagting – dadelik aanvaar. Waldo se pa is ook anders as wat Zita ‘n “boer” voorgestel het; hy is ‘n oopkop boer met ‘n interessante en moderne musieksmaak. Alhoewel Waldo-hulle se huis luuks is, is sy ouers anders as wat haar perspesie oor “boere” is. Tydens haar besoek voel sy onseker, want sy was nog nooit aan dié kant van die dorp nie. Sy word egter nie deur die luuksheid oorweldig nie – sy neem alles om haar goed waar en waardeer dit. Sy voel selfs gemaklik en rustig asof dit bekend aan haar is. Hul manier van doen is egter vreemd vir haar – bv. hoe hul Afrikaans praat. Sy besef háár dialek sal nie hier inpas nie. Sy is ook bewus van die verskil in hul leefwêreld – dat sy dalk kan vergeet wie sy is. Waldo word met die realiteit van Kieriekroek en sy huise gekonfronteer. Hy het nie geweet wat om te verwag nie, omdat hy die strukture nog altyd net van ver af gesien het en nie eers gedink het mense bly daar nie. Zita probeer Waldo doelbewus skok wanneer sy hom die hele Kieriekroek en omgewing wys. Hy sê dat sy dit vir hom moeilik maak, maar oorreageer nie. Sy oë wys egter dat hy tog geskok is, maar hy is geduldig met almal en wys dit nie. Met Zita is hy egter na die besoek eerlik – hy erken dat hy selfs bang was, maar hy is bly hy het gegaan. (6)

Opmerking

Ter wille van ‘n volledige memo is die antwoorde baie uitgebrei. Feite en voorbeelde wat die essensie van die twee paragrawe en die aspekte wat betrek moet word sinvol verduidelik, verdien punte. Wees versigtig vir vae, ongemotiveerde feite en voorbeelde. Die vraag assesseer die samehang van feite en gebeure.

Vraag 3

Hierdie vraag word m.b.v. die rubriek geassesseer.

Die volgende inligting word egter in die opstel verwag:

Zita met haar anderster voorkoms word nie deur die kleurlinge in Kieriekroek aanvaar nie. Sy word skelname genoem: hoerkind, koeliehotnot. Sy word geteiken en twee keer byna verkrag: Coenie Stevens en Zorro. Die gemeenskap dink sy hou haar beter as hul mense – veral omdat sy na ‘n wit skool gaan. Plus ander korrekte voorbeelde: haar ou maats meng nie meer met haar nie; Rupert beskuldig haar dat sy in die “boere” se gatte opgekruip is, ens.

Niemand nooi haar om by hul in hul koshuiskamers te kom kuier nie. By die skool meng die ander kleurlingkinders eerder met die wit meisies – Welma Springbok. Die wit meisies was eers gefassineer met haar andersheid – hulle het gedink sy kom uit ‘n ryk Indiër-gesin, maar vandat hulle uitgevind het van haar verbastering, weet hulle nie hoe om teenoor haar op te tree nie. Gedurende klastyd is dit net Waldo wat spontaan is en graag saam met haar groepwerk doen. By die koshuis is haar enigste vertroueling Mysie, ‘n kleurlingvrou wat in die kombuis werk.

Page 4: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te

Zita het byna ‘n obsessie met haar afwesige pa, Kashief Pillay. Sy dink gedurig aan hom en glo hy sal haar kan “red” van haar moeilike omstandighede – Zita glo dat ‘n verhouding met hom identiteit aan haar sal gee. Sy word ontnugter wanneer hy haar finaal verwerp; Zita het dus geen verhouding met haar pa nie en haar hoop op ‘n verhouding word vernietig. Zita is lief vir haar ma, Mona. Sy weet dat Mona ‘n wonderlike ma vir haar is; sy offer ook baie op om Zita in die dorpskool en koshuis te kan onderhou. Sy gee vir Zita goeie raad en help haar om in haar toekoms en drome te glo. Daar is egter leemtes in hul verhouding – Mona praat nie met Zita oor haar pa nie (sy vind die antwoorde op haar vrae in Ma Trooi se bliktrommel) en Zita worstel met vrae oor haar ma se morele waardes en integriteit.

Waldo is haar steunpilaar by die skool en haar enigste ware vriend. Hy besef dat sy soos ‘n “seer vinger uitstaan” en is altyd bedagsaam en sensitief. Hy help haar ook om aan te pas en in te pas. Hul verhouding verander spoedig in ‘n romantiese verhouding. Waldo raak verlief op haar as mens – Zita bly egter bang en skepties en het ‘n vrees vir verwerping – sy is bang haar ma se “sondes” gaan in haar lewe herhaal word – sy weet sy sal nie nóg so ‘n trauma oorleef nadat haar pa haar ook verwerp het nie. Al probeer Waldo hoe hard, bly hul verhouding gekompliseerd. Dit is ironies dat Zita gou besef dat sy makliker aan Waldo se weelderige leefstyl sal gewoond raak en sal inpas, as wat hy (Waldo) aan haar Kieriekroek ruimte gewoond sal raak en sal inpas. Waldo is egter volwasse en toon besondere insig (dalk ietwat onrealisties té veel) vir sy ouderdom – hy moedig Zita aan om haar pa te kontak, al sou die uitkoms dalk hartseer gevolge vir Zita hê. Verder help hy haar om verby kleur in hul verhouding te kyk – almal het probleme.

Verskeie faktore help Zita om haarself te aanvaar. Aan die einde van die verhaal bejammer sy nie meer haarself nie. Sy besef dat alle mense probleme het – deur wit te wees waarborg nie kitsoplossings en ‘n gemaklike, weelderige lewe nie – Waldo-hulle moes hard werk vir hul voorspoed en Raquel se ma het self lank by ‘n salon gewerk voordat sy genoeg geld gehad het om haar eie salon te koop. Selfs haar sussie, Sêra, is ongelukkig omdat sy haarself met Zita vergelyk. Zita het ‘n sterk persoonlikheid – sy sê sy is ‘n Daniëls en besluit na haar pa se briewe om haarself te wees en nie meer skaam te wees oor haar agtergrond nie. Sy slaag egter eers later daarin om haar besluit uit te voer. Waldo moedig haar aan om ‘n brief aan haar pa te skryf waarin sy hom vergewe. Soos Waldo gewaarsku het, is sy reaksie nie wat Zita wou hê nie – hy verwerp haar finaal en nou is dit Mysie wat haar aanmoedig om van hom te vergeet en met haar lewe voort te gaan. Wanneer Zita uiteindelik besef dat niemand se lewe perfek is nie, kry sy dit ook reg om Elana en Welma te vergewe. Haar transformasie van enkeling na iemand wat haarself en haar identiteit werklik vind, gebeur egter eers wanneer Waldo haar daarop wys dat sy mense in groepe plaas: letterlik wit of swart. Hy wys haar daarop dat mense nie almal eenders is nie. Uiteindelik aanvaar sy dat mense – soos Waldo – haar onvoorwaardelik liefhet. Skielik maak Kashief nie meer so baie vir haar saak nie. Sy weet ook nou dat haar ma haar regtig net teen hom wou beskerm. Sy is nie meer so bewus van haar voorkoms nie en geniet die ander kinders se geselskap. ‘n Groot hoogtepunt is wanneer Zita aangewys word as die beste presteerder in Gr.11. Zita se moeilike jaar het ‘n gelukkige einde. Sy behou ‘n bietjie afstand tussen haar en Waldo – sy sien uit daarna om terug te gaan Kieriekroek toe vir die vakansie – maar wil ‘n beter mens

Page 5: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te

terugkom wat nie dink die wêreld skuld haar iets nie. Op die laaste bladsy word Zita se transformasie verwoord:

“Vir groei en groei ... is die hele wêreld tot haar beskikking.” “Dis dieselfde Zita ... Maar dis ‘n ligter Zita, ‘n Zita wat weet sy kan.”

[20]

Opmerking

Die memo is weer eens baie uitgebreid t.w.v. volledige feite. Die leerders hoef nie so volledig te beantwoord nie. Daar moet egter genoeg gepaste feite en voorbeelde wees wat Zita se konflik as outsider beskryf; die problematiek en positiewe aspekte van haar verhouding met haar ma en pa en Waldo verduidelik, en gebeure insluit wat lei tot Zita se insig en groei en tot watter groei en insig sy kom.

AFDELING B

Vraag 4

Formele brief: Sien rubriek: 30 punte

Vraag 5

Dagboekinskrywing: Sien rubriek: 30 punte

Page 6: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te
Page 7: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te
Page 8: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te
Page 9: allegaartjie - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/gaut… · Web view/ Haar rol is ook baie positief in Zita se lewe: Sy moedig Zita later aan om van haar pa te