alles oor die son hulle dis ewe groot. … · elke nuwe dag breek aan met die son wat opkom. die...

2
Die son VOLGORDE VAN DIE PLANETE IN DIE SONNESTELSEL. SON Afrikaans Mercurius Venus Aarde Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus in SUID-AFRIKAANSE TALE SÊ DIT IS HOE JY “SON” 78 NOVEMBER 2018 - ACKERMANS H et jy geweet die son is nie ’n planeet (soos die Aarde, Mars of Jupiter) nie, maar ’n ster? Die son is een van 400 miljard sterre in ons sterrestelsel. Ons sien die son as ’n ronde geel bal omdat ons soveel nader aan die son is as aan enige van die ander sterre. Omdat dit so groot is, het die son baie swaartekrag wat al die planete rondom dit in ’n wentelbaan hou (laat beweeg). Die son is die middelpunt van ons sonnestelsel, die Aarde ingesluit, wat rondom die son beweeg. Waarom het die son skool toe gegaan? Om meer uit te blink! SUn Engels ilanga isiXhosa/ isiZulu Letsatsi Sesotho/ Sepedi Elke nuwe dag breek aan met die son wat opkom. Die helder strale bring lig en hitte na ons planeet en gee lewe aan alle mense, plante en diere. JY BLY HIER DIE SON EN DIE MAAN IS NIE EWE GROOT NIE. Die son is 400 keer groter as die maan, maar is 400 keer verder weg in die ruimte. Vir ons oë lyk hulle dis ewe groot. DIE SON ALLES OOR

Upload: others

Post on 19-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ALLES OOR DIE SON hulle dis ewe groot. … · Elke nuwe dag breek aan met die son wat opkom. Die helder strale bring lig en hitte na ons planeet en gee lewe aan alle mense, plante

Die son VOLGORDE VAN DIE PLANETE

IN DIE SONNESTELSEL.

SON Afrikaans

Mercurius

Venus

Aarde Mars

JupiterSaturnus

Uranus

Neptunus

in SUID-AFRIKAANSE TALE SÊ

DIT IS HOE JY

“SON”

78 NOVEMBER 2018 - ACKERMANS

Het jy geweet die son is nie ’n planeet (soos die Aarde, Mars of Jupiter) nie, maar ’n ster? Die

son is een van 400 miljard sterre in ons sterrestelsel.

Ons sien die son as ’n ronde geel bal omdat ons soveel nader aan die son is as aan enige van die ander sterre.

Omdat dit so groot is, het die son baie swaartekrag wat al die planete rondom dit in ’n wentelbaan hou (laat beweeg). Die son is die middelpunt van ons sonnestelsel, die Aarde ingesluit, wat rondom die son beweeg.

Waarom het die son skool toe gegaan?

Om meer uit te blink!

SUn Engels

ilanga isiXhosa/

isiZulu

Letsatsi Sesotho/

Sepedi

Elke nuwe dag breek aan met die son wat opkom.

Die helder strale bring lig en hitte na ons planeet en

gee lewe aan alle mense, plante en diere.

JY BLY HIER

DIE SON EN DIE MAAN IS NIE EWE GROOT NIE.Die son is 400 keer groter as die maan, maar is 400 keer verder weg in die ruimte. Vir ons oë lyk

hulle dis ewe groot.DIE SONALLES OOR

Page 2: ALLES OOR DIE SON hulle dis ewe groot. … · Elke nuwe dag breek aan met die son wat opkom. Die helder strale bring lig en hitte na ons planeet en gee lewe aan alle mense, plante

SAA

MG

ESTE

L D

EUR MART

INA POLL

EY E

N SHAMILAH PET

ERSE

N A

FBEE

LDIN

GS GALL

O IM

AGES

/GET

TY IM

AGES

, WIKIPED

IA, F

REEP

IK B

RON

NE SP

ACEW

EATH

ERCEN

TER.ORG

, PLA

NET

SFORK

IDS.ORG

kom ons leer FAMILIE

6 000°C

Ons het dag en nag omdat die Aarde om sy eie as draai as dit wentel.

Die Aarde draai elke 24 ure een maal. As jy aan die kant is wat na die son wys, is dit dag. Wanneer die Aarde draai en weg van die son wys, word dit nag.

Omdat die Aarde van oos na die wes draai, kom die son in die ooste op en gaan in die weste onder.

Nag En Dag

WAARUIT BESTAAN DIE SON?Die son het nie ’n oppervlak nie, dus kan jy nie daarop stap nie. Dit bestaan uit gasse, meestal waterstof, met bietjie helium en ander elemente soos koolstof, suurstof en kalsium.

Die lewe op aarde is afhanklik van lig en hitte van die son. Plante kort die son om te groei deur ’n proses genaamd fotosintese.

Die son maak ook die petrol vir ons motors omdat olie ’n fossielbrandstof is wat geskep word deur ontbinde plante, wat die son nodig het om te groei.

Dit is die son se temperatuur. ’n Warm dag op aarde is tussen 30 °C-40 °C.

79NOVEMBER 2018 - ACKERMANS

24 URE DAG-EN-NAG-SIKLUS

365 dae = 1 jaar Dit neem die Aarde e

en ja

ar o

m ro

ndom

die

son

te be

weeg.

8½ MINUTE

Dis hoe lank dit sonlig neem om na die Aarde te beweeg. Die son is 150 miljoen kilometer van die Aarde af.

Aarde kantel

SONSTRALE

NAG

EWENAAR

DAG

Pooldag

Poolnag

DIE SON IS ENORM

Meer as 1.4 miljoen Aardes kan in die son pas.