amanda buys se geestelike dekking - kanaan · pdf file2 amanda buys se geestelike dekking...

71
Verklaring van Vertroue in God se Beskerming Wenke in Bevryding Die Wortels van Rebellie Verloëningsgebed vir Misleiding op die gebied van die uitvoerende kunste en sport Petisie wat handel met Vertraagde Huweliks Verwante Vloeke en Verbonde Gebed teen Algemene, Persoonlike en Familie-vloeke sowel as Demoniese Verbonde Gebed teen Verbonde met betrekking tot ons Name Gebed vir Genesing van Herinneringe Gebed om Goddelose Sielsverbintenisse af te sny Gebed teen Territoriale geeste en sataniese Agente “Dangerous Prayers” Soutverbonde Gebed teen die sataniese Altare (tempels) en Hoë Plekke in jou Stad/Omgewing Gebed teen die Watergeeste van jou Stad/Dorp – Marine Altare Gebed teen sataniese agente van jou Stad / Omgewing Gebede teen die sataniese poorte van jou Stad / Omgewing Verlossing en Vrymaking van Fisiese eiendomme deur gebed ten einde die vyand te Ontwapen

Upload: vonga

Post on 07-Feb-2018

395 views

Category:

Documents


17 download

TRANSCRIPT

Page 1: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

Ø Verklaring van Vertroue in God se Beskerming Ø Wenke in Bevryding Ø Die Wortels van Rebellie Ø Verloëningsgebed vir Misleiding op die gebied van die

uitvoerende kunste en sport Ø Petisie wat handel met Vertraagde Huweliks

Verwante Vloeke en Verbonde Ø Gebed teen Algemene, Persoonlike en Familie-vloeke

sowel as Demoniese Verbonde Ø Gebed teen Verbonde met betrekking tot ons Name Ø Gebed vir Genesing van Herinneringe Ø Gebed om Goddelose Sielsverbintenisse af te sny Ø Gebed teen Territoriale geeste en sataniese Agente Ø “Dangerous Prayers” Ø Soutverbonde Ø Gebed teen die sataniese Altare (tempels) en Hoë

Plekke in jou Stad/Omgewing Ø Gebed teen die Watergeeste van jou Stad/Dorp –

Marine Altare Ø Gebed teen sataniese agente van jou Stad /

Omgewing Ø Gebede teen die sataniese poorte van jou Stad /

Omgewing Ø Verlossing en Vrymaking van Fisiese eiendomme

deur gebed ten einde die vyand te Ontwapen

Page 2: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

2

Amanda Buys se Geestelike Dekking

Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking van:

• El Shaddai Christelike Kerk, Durbanville Pastoor Ken Turner

• Biblisches Glaubenszentrum Ludwigsburg

Pastor Karl-Heinz Gunther, Duitsland

• Hatfield Gemeente, Vaaldriehoek Pastoor Edward Gibbens

• Intercessors International

Noël Bell, Australië Daar is geen kopiereg op hierdie materiaal nie. Geen gedeelte van hierdie materiaal mag egter gereproduseer en/of aangebied word vir persoonlike gewin nie. Alle regte van hierdie materiaal word voorbehou om die Koninkryk van die Here Jesus Christus ALLEENLIK te bevorder. Gepubliseer deur: Kanaan Bedieninge Vir verdere inligting of die plaas van ‘n bestelling, kontak ons asb. by: Posbus 15253 John Vorsterrylaan 27 Panorama Plattekloof Uitbr. 1 7506 Parow 7500 Kaapstad Kaapstad Suid-Afrika Suid-Afrika Tel.: (+27) (021) 930 7577 Faks: (+27) (021) 930 7070 E-mail: [email protected] Webblad: www.kanaanministries.org

Kantoorure: Maandae tot Vrydae, 9vm – 3nm.

Page 3: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

3

Hierdie gebede is opgestel volgens persoonlike opinies en oortuigings. Hierdie opinies en oortuigings word verkry vanuit ons interpretasie van die Woord van God, die Bybel. Daar word op geen manier gediskrimineer teen enige persone, kerke, instansies of politieke partye nie. Ons vra dus dat u hierdie skrywe op dieselfde wyse hanteer, of u hiermee saamstem al dan nie. RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN VERLOëNINGSGEBEDE Die verloëning van okkultiese betrokkenheid is tweeledig:

1. BELYDENIS VAN BETROKKENHEID. Met die belydenis van betrokkenheid word die gebed hardop gelees, verkieslik met een of meer getuie/s, asook die berader/s. Die rede vir die hardop lees, is sodat die individu geen twyfel het dat die verloëning gedoen is nie. Dit is ook waarom ons aanbeveel dat daar ‘n getuie/s is. Jak. 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, … Nadat hierdie deel afgelê is, is slegs die helfte van die verloëning voltooi. Die volgende deel is baie belangrik. Dit is waar die berader onmisbaar is.

2. OORLOGVOERING. Die gebed moet nou deurgebid word in oorlogvoering. Alle woorde en sinsnedes wat in donker gedruk en onderstreep is, asook die betrokke magte van die duisternis en effekte van betrokkenheid, nl. siektes, armoede, rusie, ens. moet aangespreek word. Die magte word bestraf, gebind, ontwortel uit die bloedlyn en beveel om ‘n voetbank vir Jesus se voete te word. Ps. 110:1 Sit aan my regterhand, tot Ek U vyande maak ‘n voetbank vir U voete. Heb. 1:13; 10:13 “13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.” Die individu moet ook losgesny word van die menslike wette en ins tellings van die betrokke organisasie/s en onder Christus se Wet kom. Gal. 3:10

Page 4: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

4

INHOUD AFDELING A: PERSOONLIK

1. Verklaring van Vertroue in God se Beskerming 6 2. Wenke in Bevryding 7 3. Parameters gestel aan bose geeste voor Bevryding 11 4. Afseëlings gebed (Voor Bevryding) 13 5. Afrondingsgebed (Na Bevryding – Vir die Berader) 16 6. Die Wortels van Rebellie 17 7. Verloëningsgebed vir Misleiding op die gebied van die

uitvoerende kunste en sport 19 8. Gebed teen Algemene, Persoonlike en Familie-vloeke

sowel as demoniese Verbonde 22 9. Gebed teen Verbonde met betrekking tot ons Name 27 10. Gebed vir Genesing van Herinneringe 29 11. Gebed om Goddelose Sielsverbintenisse af te sny 32 12. Gebed teen Territoriale geeste en sataniese Agente 34 13. “Dangerous Prayers” 41 14. Soutverbonde 46 AFDELING B: KORPORATIEF 15. Gebed teen die sataniese Altare (tempels) en Hoë Plekke

in jou Stad/Omgewing 52 16. Gebed teen die Watergeeste van jou Stad/Dorp –

Marine Altare 54 17. Gebed teen sataniese agente van jou Stad / Omgewing 56 18. Gebed teen die sataniese poorte van jou Stad / Omgewing 59 19. Verlossing en Vrymaking van Fisiese eiendomme 62 20. Tien stappe om geestelike duisternis uit jou huis te verdryf 66

Page 5: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

5

AFDELING A:

PERSOONLIK

Page 6: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

6

1. VERKLARING VAN VERTROUE IN GOD SE BESKERMING Geen wapen teen ons gesmee sal stand hou nie en elke tong wat teen ons opstaan in oordeel, veroordeel ons. Dit is ons erfdeel as diensknegte van die Here en ons geregtigheid is van U, O Here van die Leërskare. Diegene wat teen ons gepraat of gebid het, of probeer het om ons skade of boosheid aan te doen, of wat ons verwerp het, vergewe ons, en ons seën hulle in die Naam van die Here (Mat. 5:43-45; Rom. 12:14). Nou verklaar ons, o Here, dat U alleen ons God is, en dat daar buiten U, geen ander is nie – ‘n regverdige God en Redder, die Vader, die Seun en die Gees – en ons aanbid U! Ons onderwerp onsself opnuut aan U op hierdie dag in onvoorwaardelike gehoorsaamheid. Nadat ons ons aan U onderwerp het, Here, doen ons soos U Woord voorskryf. Ons weerstaan die duiwel: al sy druk, aanvalle en misleidings, elke instrument of agent wat hy teen ons probeer gebruik. Ons onderwerp ons nie aan hom nie! Ons weerstaan hom, dryf hom van ons af weg en sluit hom uit van ons in die Naam van Jesus. Spesifiek verwerp en weerstaan ons enige siekte, pyn, infeksie, inflammasie, kwaadaardighede, allergieë, virusse en enige vorm van toordery. Laastens Here, dank ons U dat deur die offer van Jesus aan die kruis, ons nou nie meer onder die vloek is nie, maar ingegaan het onder die seën van Abraham, wie U seën in alle dinge – verhoging, gesondheid, voortplanting, voorspoed, oorwinning en God se guns – Gal. 3:13-14. AMEN.

Page 7: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

7

2. WENKE IN BEVRYDING Hoe die Bevrydings Werker kan begin:

1. Kort gesprekke wat handel oor die persoon redes hoekom hy vir bediening gekom het.

2. Algemene gebed en aanbidding – fokus op God en Sy goedheid, krag, ens.

3. Bind magte oor die gebied, verbreek opdragte tussen magte in die lug en

demone in die persoon. Vra vir beskerming van engele (Hebreërs 1:14). (Sien Afseëlgebed).

4. Vra en ontvang in die geloof die gawes van die Gees wat benodig word vir die

bediening.

Leierskap gedurende Bevrydingstyd

1. Wanneer té veel mense tegelykertyd geeste (verskillendes) beveel, veroorsaak dit verwarring vir almal, veral vir die persoon wie bedien word.

2. Leierskap sal dikwels ‘verskuif’ soos die Heilige Gees lei.

3. Manlike eggenote is dikwels meer effektief om geeste te beveel om hul

vrouens te verlaat, met die ondersteuning van ander.

Taktiek in die Aanspreek van demone

1. Spreek die gees op die naam aan, en indien dit nie bekend is nie, spreek die funksie aan.

a. Die Heilige Gees sal dit gee, of; b. Die demoon sal homself openbaar. c. Moenie net eksklusief op enige metode staatmaak nie – wees oop vir

die Heilige Gees op hierdie gebied.

2. Herinner hierdie geeste herhaaldelik dat jou outoriteit aan jou gegee is deur Jesus Christus, Hy Wie bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam is wat genoem word. (Efesiërs 1:21)

3. Herinner hulle aan hul lot in Openbaring 20:10 en ander plekke in die Skrif

soos (Job 30:30-8). Gebruik die stelling (“Die Here Jesus Christus weerstaan jou”) herhaaldelik as ‘n stormram.

4. Dit help om die demone daarin te teister om te erken dat Jesus Christus die

Here oor hulle is.

5. Heerser demone kan dikwels lastig geval word vir meer inligting.

Page 8: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

8

6. By tye sal jy die heersende demoon beveel om te gaan en dan die ‘kleiner’

demone onder hom – en as dit nie werk nie, draai die taktiek om.

7. Bind en skei die demone wat steurings veroorsaak soos God lei.

8. Dit is nie nodig om op demone te skreeu nie, aangesien die stryd nie in die vlees is nie, maar in die Gees.

Wat om te Verwag wanneer Bevryding ontvang word Terwyl baie bevrydings duidelike fisiese manifestasies behels, reageer nie almal op hierdie manier nie. Sommige geeste gaan stil en geweldloos uit. Jy mag dalk geen sterk fisiese reaksie beleef wanneer jy bevryding ontvang nie, moet dus nie teleurgesteld wees as dit nie gebeur nie. Wat jy behoort te verwag, is ‘n loslating/vrylating. Jy weet daar is ‘n loslating wanneer ....

1. Oppressiewe mag verdwyn; 2. Swaarheid lig; 3. Ongemaklikheid verdwyn; 4. Las of vrag lig; 5. Daar is ‘n innerlike gevoel van vryheid, ligtheid en goddelike bevrediging of

tevredenheid; 6. Die vreugde van die Here kom en jy is in staat om te juig;

Die resultaat van bevryding is geregtigheid, vrede en vreugde in die Heilige Gees (Romeine 14:17). Wanneer duiwels uitgewerp word, kom die Koninkryk van God (Mattheus 12:28).

Demoniese Manifestasies Wanneer bose geeste uitgaan, kan jy gewoonlik een of ander manifestasie verwag deur die mond of neus. Hieronder is sommige van die meer algemene manifestasies:

1. Hoes 2. Kwyl 3. Vomeer 4. Spoeg 5. Skuim 6. Huil 7. Skreeu 8. Sug 9. Brul 10. Wind opbreek 11. Gaap 12. Asem uitblaas

Page 9: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

9

Weereens, wanneer demone uitgewerp word, verlaat hulle normaalweg die persoon deur die mond of die neus. Geeste word geassosieër met asemhaling. Beide die Hebreeus en die Grieks het slegs een woord vir gees en asem. In die Grieks is daardie woord pneuma. Die Heilige Gees word ingeasem in (Johannes 20:22). Bose geeste word uitgeasem. Soms sal mense skud of bewe wanneer hulle bevryding ontvang. Hul liggame, algeheel of gedeeltes daarvan, kan werklik skud of bewe.

Bevryding kan verhinder word deur:

1. Vloeke 2. Sonde 3. Hoogmoed 4. Passiwiteit 5. Ongoddelike Sielsbande 6. Okkulte 7. Vrees 8. Verleentheid 9. Ongeloof 10. Gebrek aan Begeerte 11. Onvergewensgesindheid 12. Gebrek aan Kennis

Alle demone het wettige, bybelse grondgebied. Hulle mag nie sommer net teister soos hulle wil nie. Indien demone wettige grondgebied besit, het hulle die reg om daar te bly. Hierdie wettige grondgebiede moet vernietig word ten einde bevryding te kan ontvang en te behou.

Hoe om Jou Bevryding te Behou

1. Lees daagliks God se Woord.

2. Soek ‘n groep gelowiges wat die Woord volg, verkieslik ‘n kerk, en kom gereeld met hulle saam vir aanbidding, studie en bediening.

3. Bid met jou verstand, asook in tale.

4. Plaas die Bloed van Jesus in gebed oor jouself en jou gesin.

5. Probeer so goed as wat jy kan vasstel watter geeste uit jou verdryf is. Maak ‘n

lys hiervan, want dit is hierdie areas wat satan sal probeer om weer terug te neem.

6. Die manier waarop demone weer toegang verkry, is deur lakse,

ongedissiplineerde denke. Die verstand is die oorlogsveld. Jy moet volgens 2 Kor. 10:5 “planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die

Page 10: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

10

kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus”. (Sien ook “Voortdurende Wandeling in Oorwinning is Moontlik”, verkrygbaar by Kanaan Bedieninge).

7. Bid vuriglik tot die Vader, en vra Hom om jou waaksaam, sober en wakker te

maak vir verkeerde gedagtes (1 Petrus 5:8,9).

8. Die demone gee tekens dat hulle jou nader deur die feit dat die ou gedagte-

patrone wat jy eens gehad het, nou sal probeer om weer terug te keer. So gou as wat dit gebeur, moet jy hulle onmiddellik weerstaan. Verklaar so gou as moontlik verbaal dat jy hulle weier.

9. Vra die Vader om die gevegs Engele van die Here uit te stuur om te veg teen

die demone. (Hebreërs 1:14; Mattheus 18:18). Profeteer teen die demone met die Woord van die Here: vernietiging, verbranding en oordeel (Jesaja 4:4).

Page 11: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

11

3. PARAMETERS GESTEL AAN BOSE GEESTE VOOR BEVRYDING Hiermee beveel ek alle demoniese geeste teenwoordig dat julle die volgende opdragte wat ek julle gee in die Naam en Outoriteit van die Ware Here Jesus Christus van Nasaret sal gehoorsaam.

Ø Julle sal nie op enige manier manifesteer buite wat die Here Jesus Christus

julle toelaat nie. Ø Julle sal nie manifesteer in enige ander vorm of gesta lte wat anders is as jul

eie nie. Ø Julle sal nie fisies manifesteer deur hierdie persoon se liggaam op enige

manier nie, ook sal julle nie enige fisiese pyn bring nie. Ø Julle sal nie hierdie bedienings-proses verhinder op enige manier nie, ook nie

duisternis of verwarring bring nie. Ø Julle sal nie met enige ander dele (innerlike persone) praat nie, en ook sal

julle nie enige dele weerhou daarvan om die ware Here Jesus te sien of te hoor nie.

Ø Julle sal nie herinneringe versteek nie, ook sal julle nie die vloei van herinneringe op enige manier verhinder nie.

Ø Julle sal nie met my praat behalwe as ek jul beveel nie, of behalwe as die Here Jesus julle aansê om met my te praat.

Ø Wanneer julle met my praat, sal julle slegs sê wat die Here Jesus julle gee om te sê – niks meer, niks minder, en julle sal met respek met my praat.

Ø Julle sal my geen vrae vra nie. Ø Julle sal nie lasterlik praat of lieg nie, maar altyd die waarheid praat. Ø Julle sal nie in die vorm van Jesus manifesteer nie, ook nie soos Hy praat nie.

Hierdie bevele sal van krag bly vanaf hierdie dag en dié wat volg. Indien enigeen van julle kies om een van hierdie opdragte te ignoreer, sal julle gewilliglik kies om die outoriteit van die Ware Here Jesus Christus te tart, en Hy sal met julle afreken. Ø Moenie demone gebruik om te probeer insig kry in geestelike sake nie.

Om in lang gesprekke met demone te beland, is gevaarlike gebied en kan traumaties wees vir die kliënt. Die demone self wil dikwels hê dat jy in gesprek met hulle gaan, omdat hulle meesters in misleiding, intimidasie en manipulasie is.

Ø Fokus slegs op die demoniese indien hulle tot so ‘n mate inmeng dat jy nie effektief kan voortgaan met die bediening nie, andersins, ignoreer hulle en fokus op die genesings-bediening. Wanneer demone voortgaan om in te meng en jou daarvan weerhou om tot by die herinneringe van die wortels te vorder, vra dan die Here Jesus om vir hulle te vertel wat om te doen en waar om te gaan, bv., “Here Jesus, sal U asseblief aan hierdie demone sê wat om te doen en waarheen om te gaan. Indien manifestasies voortgaan, beveel ek elke demoon wat hierdie opdragte verontagsaam het, om nou saamgegroepeer te word as een. Almal van julle sal nou uitkom sonder manifestasie en julle sal gaan waarheen Jesus julle stuur.”

Page 12: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

12

Ø Indien manifestasies steeds voortduur, is dit óf ‘n ander demoon of groep demone, of dit is moontlik nie demonies nie. Dit kan ‘n dissosiatiewe deel van die persoon wees. Demone kan slegs uitgestuur word indien die kliënt in ooreenstemming is, veral die kliënt se onderbewussyn. Vra die kliënt se toestemming.

Ø Demone kan liggaamlike pyn toedien. Hoofpyne is baie algemeen. Dikwels is hierdie liggaamlike pyn geheue-gebaseer, d.i. a.g.v. die fisiese pyn wat aan die persoon toegedien is in ‘n vorige traumatiese gebeurtenis.

Ø Demone kan herinneringe of stukke van herinneringe weerhou/versteek. Hulle kan nie hierdie stukke herinneringe saam met hulle neem wanneer hulle uitgewerp word nie.

Ø Moet nooit ‘n demoon se vrae antwoord nie, moet ook nie in ‘n gesprek betrokke raak rondom ‘n demoon se aanmerkings of verklarings nie. Demone moet slegs toegelaat word om te praat indien Jesus Christus hulle aansê om iets aan jou te openbaar. Onthou altyd dat demone nie die bron van die kliënt se probleme is nie. Ons fokus is daarop gerig om by die wortel-herinneringe se gebeure te kom, en nie om demone uit te werp nie. Maar, in jou soeke om by hierdie wortel- herinneringe te kom, sal jy moontlik moet afreken met die demoniese.

Ø Demone is slawe van Christus. Ø Demone sal op verskillende maniere manifesteer. Ø Demone kan ook oop deure hê deur ouers se sonde, vloeke, bloedbande en

sielsbande. Ø Praat altyd sag en hoflik met demone, omdat jy dalk mag besig wees met ‘n

dissosiatiewe deel (innerlike persoon). Demone reageer op die outoriteit van Jesus Christus, nie op jou eie charisma of aggressie nie.

Page 13: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

13

4. AFSEëLINGS GEBED (Voor Bevryding) Hemelse Vader, ons kom na U in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ons dank U dat U God Almagtig is, en ook die Groot EK IS. Ons dank U dat U aan ons die Heilige Gees gegee het as Berader, Helper, Advokaat, Leermeester en Verlosser. Ons dank U vir U teenwoordigheid en U bevrydings-salwing. Dit sal die salwing wees wat die juk verbreek. Kom en vul ons met U Gees, medelye, liefde, onderskeiding, woord van kennis, wysheid, vertolking en insig. Ons as U kinders, kies om die vlees te kruisig sodat niks van onsself hier oorgedra word nie. Ons beklee onsself met U priesterlike klere om die roeping wat U op ons lewens het, te vervul. Maak asseblief ons geestelike oë en ore oop, Here. Dankie Vader, dat U aan ons al die mag oor die vyand gegee het, en dat niks ons kan skade aandoen nie. (Lukas 10:19). Ons verbied enige inmenging met die werk van die Heilige Gees, in Jesus Naam. Vader, ons kom te staan teen enige kommunikasie-lyne (volgens Efesiërs 6:12) tussen die magte, wêreldheersers, owerhede, geestelike magte en demoniese magte in die lug, op die aarde, in die hemelse sfere en onder die aarde. Ons maak alle in- en uitgange toe, in die Naam van Jesus Christus. Ons vra dat alle geestelike kameras en opnemers vernietig sal word in Jesus Naam. Ons kom te staan teen enige hekse, toordokters, towenaars en goëlaars in die Naam van Jesus Christus. Ons sny alle kommunikasie met satan self en maak die deure toe in die Naam van Jesus. Ons verbied enige gees van buite om hierdie plek binne te kom vir watter rede ookal, en ons verbied enige bose gees om na enige ander plek of persoon gestuur te word as gevolg van wat hier gebeur. Ons verbied nou enige versterkings komende van satan, in die Naam van Jesus Christus. Here, ons vra dat U verwarring sal skep in die vyand se kamp.

Page 14: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

14

Vader, ons vra U om U oorlogs Engele op te stel in hierdie vertrek en enige mensgees, gestorwe mensgees, geestesleier, of familiêre gees te arresteer en hulle te verwyder tot onder die voetbank van Jesus Christus ons Here. Ons bind elke bose gees in hierdie plek en verbied enige geweld, manifestasies en pynigings, in die Naam van Jesus Christus. Ons weier enige meditasie-sirkels, en isoleer enige mag van demoniese kragte van mekaar, in die Naam van Jesus Christus. Ons verbied en bind enige hipnose en self -hipnose, meditasie en psigiese kragte, in die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Ons isoleer die magte van mekaar, in Jesus Naam. Ons reinig die 4 elemente, water, aarde, lug en vuur, met die Bloed van Jesus. Ons vra U, Here, om alle spieëls te bedek met U Bloed en alle toegange af te seël in Jesus Naam. Ons kom te staan teen enige vloeke, rituele, oproepinge, towerspreuke, offerandes of altare wat teen ons en die persoon opgerig staan, in Jesus Naam. Dankie dat U nou alle kerse uitblaas wat teen ons aangesteek is in rituele, in Jesus Naam. Dankie dat U alle vloeke omdraai in seëninge. Here, ons vra dat U hierdie vertrek afseël met U kosbare Bloed, en dat U ons sal wegsteek in die Gees en verklaar hierdie vertrek as Heilige Grond. Here, ons vra dat U dienende Engele sal stuur om ons te bedien in Jesus Naam, volgens Hebreërs 1:14. Ons gee oor aan U, Heilige Gees van God, omdat ons weet dat dit nie deur krag of geweld hoef te wees nie, maar deur die Gees, sê die Here (Sagaria 4:6).

Page 15: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

15

Ons vra dat U ons geliefdes bedek en plaas alle omstandighede onder U beheer en beskerming (ons finansies, huwelike, verhoudings, bedieninge). Ons bind nou satan se koninkryk hier op aarde, net soos dit gebind is in die Hemel. Ons vra U, Vader, om die hemelse hofsaal voor te berei en dat al die demone en familiêre geeste sal kom en hul plekke inneem. Ons vra U, Vader, om die Regter te wees, Jesus die Advokaat en die Heilige Gees die Getuie. Dankie vir U Woord in Openbaring 12:11 wat sê dat ons die vyand oorwin het deur die Bloed van die Lam en die Woord van ons getuienis. In Jesus Naam, AMEN.

Page 16: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

16

5. AFRONDING NA BEVRYDING (Vir die Berader) Hemelse Vader, Dankie vir die werk wat vandag hier gedoen is. Ons bid teen enige voorslag, terugslag of oordeel van die vyand, in Jesus Naam. Ons vra U, Here, dat U enige ongoddelike sielsbande sal sny wat gevorm is a.g.v. hierdie bevryding wat plaasgevind het, ook enige oordraging wat plaasgevind het tussen hul gees, siel en liggaam na my gees, siel en liggaam. Ons plant die Kruis van Jesus Christus tussen myself en die kliënt. Ons dank U dat geen oordraging sal plaasvind nie. Ons neem nou omvattende versekering uit vir ons gesinne, verhoudings en besittings. Ons vra dat U hierdie eiendom en hierdie vertrek sal reinig en skoonmaak met die Bloed van Jesus Christus van Nasaret en U Heilige Vuur, sodat geen demoon homself kan koppel aan enige voorwerp nie, en dat alle mensgeeste en gestorwe mensgeeste verwyder word deur U Geleide Engele na die voetbank van Jesus Christus. Ek vra dat alle besoedeling verwyder sal word en weggevee sal word met U Besem van vernietiging in Jesus Naam. Vader, ons vra dat U daardie waghond- en merker demone wat aangestel is deur die koninkryk van duisternis om die eiendom te merk in die gees vir ‘n teenaanval deur astrale projeksie, sal verwyder tot onder die voete van Jesus Christus. Ons wil ook die Heerskappy van Jesus Christus van Nasaret verklaar oor hierdie plek en dat alle openinge afgeseël sal word met U Bloed. (Openinge is soos: Telefoon, faks, rekenaar, water, riolering, elektrisiteit.) AMEN!

Let wel: Onthou om voor die Here te gaan en jouself te stort met die Water van die Woord en in lofprysing en aanbidding te gaan en jouself weer te vul.

Page 17: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

17

6. DIE WORTELS VAN REBELLIE VERLOëNINGSGEBED In die Naam van die Here Jesus Christus kom bely ek alle voorgeslagtelike afgodery. Ek bely alle persoonlike en voorgeslagtelike rebellie, hardkoppigheid en ongehoorsaamheid wat bygedra het tot heksery in my lewe en in my familie bloedlyn. Ek bely alle afguns en jaloesie van die verstand, fisiese liggame en persoonlikhede van ander. Ek bely enige aanbidding van myself en enige behoefte aan persoonlike erkenning. Ek bely alle afguns en jaloesie van die geestelike gawes en vermoëns van ander. Ek bely vir myself en vir diegene in my familie bloedlyn wie nie die poorte van die geestelike en fisieke sintuie bewaak het nie. Ek bely dat ek my wil gekies het bo die wil van die Here. Ek kies om niemand iets skuldig te wees nie, behalwe om ander lief te hê. (Rom. 13:8) Ek kies om die werke van duisternis af te lê en die wapenrusting van Lig, Jesus Christus, aan te trek, en geen voorsiening te maak vir die vlees om sy wellus te bevredig nie. Ek kies om te wandel volgens die genade en salwing wat God aan my gegee het. Ek kies om in eenheid met my broers en susters te wandel in die Here. Ek kies om Christus te volg en ‘n lewe van liefde te leef terwyl ek ander bo myself stel. Ek kies om my persoonlike regte te onderwerp en op te gee sodat ek die Here heelhartig kan dien. Ek kies om toegewy te leef aan ander in broederlike/susterlike liefde en om ander bo myself te eer.

Page 18: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

18

Ek sal nooit kortkom in ywer nie, maar sal my geestelike ywer behou in diens van die Here. Ek sal vreugdevol wees in my hoop, geduldig in teistering, getrou in gebed. Ek sal met God se kinders deel wanneer hulle ‘n behoefte het. Ek sal gasvryheid beoefen. Ek sal diegene seën wie my vervolg. Ek sal juig saam met diegene wat juig en rou saam met diegene wat rou. Ek sal in harmonie leef saam met ander gelowiges. Ek sal nie hoogmoedig wees nie, maar ek wil assosieër met mense in ‘n laer posisie. Ek sal nie verwaande wees nie. Ek sal nie kwaad met kwaad vergeld nie. Ek sal eerbied betoon vir die goeie dinge vir almal om te aanskou. Ek sal in vrede lewe met almal. Ek sal nie wraak neem op ander nie. Here, sal U nou alle ongoddelike geestelike wesens en toestelle van my verwyder wat bekragtig is deur my afgodery, rebellie en jaloesie, asook die afgodery, rebellie en jaloesie van my voorgeslagte . Here, sal U my nou diskonnekteer van enige bose netwerk en ek verbreek alle ongoddelike bande tussen myself en die woonplek van die vyand. Here, sal U asseblief die boom van die kennis van goed en kwaad verwyder uit my familie bloedlyn. Here, sal U asseblief die bande van dood wat my verstrik, die stortvloede van vernietiging wat my wil oorweldig, die bande van Sheol wat rondom my gedraai is en die strikke van dood wat my konfronteer verbreek. Here, ek neem nou enige Goddelike salwing, energie, outoriteit, finansies en gesondheid wat weggegee en verdraai is a.g.v. my sonde en my voorgeslagte se sonde, terug. Here, plaas my as ‘n seël op U hart en as ‘n seël op U arm, want U liefde is sterker as die dood. Ek verklaar dat die Here Jesus Christus die Hoof is en Heerser oor alles. [Gebed gebaseer op: Eseg. 8:1-6; Rom. 12:3; 1 Sam. 15:23; Deut. 4:15-20; Efes. 4:12-13; Joh. 17; Rom. 12:10-19; Rom. 13; Gen. 2; Ps. 18; Efes. 1:22; Hoogl. 8:6.]

Page 19: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

19

7. VERLOëNINGSGEBED VIR MISLEIDING OP DIE GEBIED VAN DIE UITVOERENDE KUNSTE EN SPORT Here Jesus, ek glo U is die Seun van God en die Enigste Weg na God; U het vir my sondes aan die kruis gesterf en weer uit die dood opgestaan. Ek bely en verwerp nou my sonde en beroep my op U genade en vergifnis. Ek glo dat U my nou vergewe en skoon was deur U Bloed. Ek verklaar dat ek alleen vir U wil lewe, U stem wil hoor en U wil gehoorsaam. Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van Jesus Christus en vra dat U my nou sal vergewe en skoon was van my goddelose betrokkenheid by die Uitvoerende Kunste en Sport (waar dit vir my 'n afgod geword het). Ek vra dat U my bloedlyn sal reinig van enige invloed van Satan wat in die vorm van 'n obsessie ten opsigte van die Uitvoerende Kunste of Sport aan my oorgedra is. Namens my voorgeslagte kom ek na U en vra vergifnis vir enige ooreenkomste of verbonde wat wat aangegaan is om sukses ten opsigte van die Uitvoerende Kunste of Sport te verseker. Op grond van die kosbare Bloed van Jesus sny ek my nou los van hierdie onheilige bloedlyne. In die Naam van Jesus verwerp ek enige eer wat Satan uit my optredes ontvang het en verloën ek my eie soeke na eer. Ek bely dat my deelname/mededinging gegrond was op 'n goddelose ambisie en behoefte aan erkenning van die wêreld. Ek verloën en verwerp enige gawe wat ek deur die Koninkryk van Satan ontvang het.

Page 20: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

20

In die Naam van Jesus en op grond van Sy kosbare Bloed sny ek my los van enige goddelose tegnieke of praktyke wat gegrond is op valse filosofieë en/of godsdienste, bv. joga-asemhalingstegnieke, kreatiewe meditasie, steroïde, of enige ander goddelose metode, in my strewe na prestasie en erkenning. Ek verloën: i) Apollo as die god van lig, musiek en die rede, beskermheer

van die kunste en alle rasionele kreatiwiteit. ii) Dionysus as god van alle irrasionele kreatiwiteit en orgiastiese

dans. iii) Mnemosyne, godin van die geheue, op wie ek my onwetend

beroep het. iv) Die moeder van die nege Muses. v) Die nege Muses, nl.: Erato, Muse van die Liriese Digkuns; Euterpe, Muse van die Musiek; Thalia, Muse van die Blyspel; Melpomene, Muse van die Tragedie; Terpsichore, Muse van die Dans; Urania, Muse van die Sterrekunde; Clio, Muse van die Geskiedenis; Polyhymnia, Muse van die Lofsang; Calliope, Muse van die Epos (Heroïse digkuns). Ek verloën en verwerp enige gawes wat ek van hulle ontvang het. Vader, in die Naam van Jesus sny ek my los van: enige woorde wat ek gespreek, gesing of verklaar het. Ek verloën ook enige optrede of aksies waardeur ek U Naam tot skande gemaak en aan Satan eer gegee het, bv; deur liggaamstaal, gesigsuitdrukkings dansbewegings wat eie is aan afgodsaanbidding, enige onkuise en verleidelike aksies wat U nie tot eer strek nie.

Page 21: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

21

Ek vra dat u my sal reinig van enige gees wat ek deur hande-oplegging van my leermeester ontvang, of aan ander oorgedra het. U Woord verklaar dat Satan geskep is as 'n musiekinstrument (Es. 28:13) wat die Troon van God moes beskerm, maar dat alles waaroor hy geheers het, deur hom besoedel en verwring is. Ek verwerp en verloën enige eer wat ek aan Satan gegee het deur my betrokkenheid by of onheilige verbintenis met enige bose musiekinstrument of musiek waardeur Satan verheerlik word. Vader, ek vra dat u my die onderskeidingsvermoë sal gee om verantwoordelik te kan kies sodat ek sal besef aan wie ek die eer gee: aan U of aan Satan. Beklee my asseblief met nederigheid en bereidheid in die plek van trots; met gehoorsaamheid aan U, aan Jesus en die Heilige Gees in die plek van rebellie; met vergewensgesindheid teenoor myself en andere in die plek van bitterheid; met kindskap in Jesus Christus in die plek van verwerping. Vader, ek staan voor u en vra dat U my sal beklee met die gawes wat U vir my voorbestem het selfs voor die grondlegging van die aarde, wat U vir my uitgekies en geskep het sodat U deur my verheerlik kan word. Jesus, aangesien U Bloed gevloei het om elke juk van slawerny te verbreek en U in my plek 'n vloek geword het om elke vloek teen my tot niet te maak, vra ek U nou om elke vloek wat ek of ander oor myself uitgespreek het, tot niet te maak en my vry te maak van die juk van Satan. Ek neem nou uit eie keuse U juk op, want U - Jesus Christus, my Saligmaker - is genadig; U juk is sag en U las is lig. Op grond van die genade van my Hemelse Vader en die Bloed van Jesus verklaar ek dat ek 'n burger van die Konininkryk van God is en verklaar ek 'n egskeiding met die koninkryk van Satan en enige verbintenisse wat ek opsetlik of uit onkunde met hom aangegaan het. AMEN.

Page 22: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

22

8. GEBED TEEN ALGEMENE, PERSOONLIKE EN FAMILIE-VLOEKE SOWEL AS DEMONIESE VERBONDE Skrifte om op te staan: Jesaja 28:14-19; Jesaja 10:28; Numeri 23:23; Mattheus 15:13; Galasiërs 3:13; Hebreërs 8:7-13. Let asb op: Wanneer ons die woord “ons” in ons gebede gebruik, verwys dit na myself, ander saam met my en die hele Hemel in ooreenstemming! Vader, ek kom voor U in die Naam van Jesus en ek vra U om my te help om met my familie-vloeke en demoniese verbonde af te reken. Dankie vir die Bloed van Jesus wat die finale Woord in my lewe het en dat U my die mag en outoriteit gee oor al die werke van duisternis. In die Naam van Jesus, verbreek ek die demoniese seëls oor my lewe en bind en bestraf die verseëlings-demone wat al die demoniese verbonde in plek gehou het oor my lewe en die lewens van my geliefdes. Ek vra U, Vader, om U oorlogs-engele opdrag te gee om elke bose gees te verwyder en hulle onder die Voete van Jesus te plaas volgens Psalm 110:1. Ek verloën, verwerp en verbreek elke bose verbond op my lewe, in die Naam van Jesus. Ek verwerp en maak myself los van elke bose vloek in die Naam van Jesus. Ons verbreek elke verbond tussen my en enige bose gees, in die Almagtige Naam van Jesus. Alle kontrakte gesluit deur my ouers namens my met enige bose bemiddelaar, word nou nietig verklaar en gekanselleer, in die Almagtige Naam van Jesus. Ek is nou ‘n kind van God. Ek distansieër en sny myself los van sulke verbonde en kontrakte, in die Naam van Jesus. Ek wend die Bloed van Jesus aan op enige bose verbond en vloek op my lewe. Laat hierdie Bloed van die Ewigdurende Verbond enige bloedverbond met die dooies en lewendes vernietig, in die Almagtige Naam van Jesus.

Page 23: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

23

In die Naam van Jesus, verklaar ek nietig elke belydenis, ooreenkoms, belofte of eed wat ek gemaak het met die duiwel of enige bose gees in die verlede – verbaal of geskrewe. Ek herroep alle vloeke uitgespreek deur bose mense oor my lewe, in die Naam van Jesus. Ek verbreek en kanselleer elke bose merk en insnyding op my liggaam a.g.v. ‘n verbond met ‘n bose gees, in die Almagtige Naam van Jesus. Ek beveel alle bose geeste in my lewe, geassosieër met enige vloek of verbond, om my nou dadelik te verlaat, in Jesus Naam! Met die outoriteit van Jesus, my Here, en Sy Naam, verklaar ons nietig elke vloek wat van die volgende gekom het, in: In die Naam van Jesus vernietig ons elke altaar wat ooit opgerig is op enige plek om enige vorm van verbonde of vloeke te diens komende van:

i. Bose toewyding voor bevrugting, of terwyl in die baarmoeder was en/of tydens’n seremonie waar my naam ontvang is;

ii. Hantering van vervloekte voorwerpe; iii. Kontak met sataniese agente; iv. Lewe in ‘n vervloekte huis of land; v. Gebore op/in ‘n sataniese altaar/tempel; vi. Drink van bloed of onheilige water; vii. Ontvang vreemde geld of vervloekte geskenke; viii. Betrokkenheid in ‘n demoniese ritueel; ix. Betrokkenheid in towery en ander voorvaderlike

sondes; x. Deelname aan dorps-, kamp- en woonbuurte se

sataniese aanbiddingsfeeste.

Page 24: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

24

Ek beveel alle bose geeste geassosieër met enige vloek om my nou te verlaat, in Jesus Naam. Ons neem outoriteit oor vloeke van bose toewyding, hantering van vervloekte voorwerpe, kontak met sataniese agente, lewe in ‘n vervloekte huis of land, gebore in/op ‘n sataniese altaar, drink van bloed of onheilige water, vreemde geld of vervloekte geskenke, deelname aan kos en bloedoffers aan afgode en uitvoering van demoniese rituele, voorvaderlike sondes, towery, vloeke en geestelike onkunde. Ek beveel dat al hierdie vloeke onmiddellik verbreek word in Jesus Naam. Ek spreek onenigheid tussen al die priesters by daardie altare van teistering, in die Naam van Jesus. Al julle oeroue poorte en ewigdurende deure wat toe is oor my lewe, lig jul nou op sodat ek my Godgegewe erfenis kan betree, in die Almagtige Naam van Jesus. Here, in U Naam en deur geloof in U Woord, betree ek nou my erfenis en neem besit van my besittings. Ek vernietig elke bose verbond en inisiasie deur my gemaak deur drome, in die Naam van Jesus. Elke ooreenkoms bereik met die sogenaamde geestes-eggenoot en geestelike vrou in my drome, word nietig verklaar, in die Naam van Jesus. (Incubus, Succubus) Ek breek my nou los van elke persoonlike en kollektiewe vloek en verbond, in Jesus Naam. Ek herroep en vernietig elke bloed- en sielsband verbond wat vasgemaak is aan enige sataniese agent, met die Bloed van Jesus, in die Naam van Jesus. Ek kanselleer elke fundamentele verbond wat my lewe beinvloed of enige nuwe verbond, eed, sameswering en verpligting wat vir my of deur my aangegaan is, bewustelik of onbewustelik, in die Almagtige Naam van Jesus Christus. Ek bevry myself van enige kollektiewe gevangeskap van familie, gemeenskap en woonbuurt, in die Naam van die Here Jesus Christus. Ek ontvang ‘n skoon breuk en bevryding van alle jukke en laste, anders as dié van Jesus Christus.

Page 25: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

25

Ek dompel myself, liggaam, siel en gees in die kosbare Bloed van die Here Jesus Christus. Ek bevry myself in die Naam van Jesus van die sonde en vloeke van vaderskant en moederskant terug tot en met tien geslagte aan beide kante in die Almagtige Naam van Jesus. Vader, stuur nou U vuur, donder en weerlig om alle sataniese materiale wat in enige deel van my liggaam gedeponeer is, te vernietig en te verbrand tot as, in die Naam van Jesus! Ek kanselleer deur die Bloed van Jesus Christus, alle handgeskrewes en instellings geskryf en teen my gekant. Ons beveel dat die donder en weerlig van God sal slaan om alle verbondstekens gemaak namens my, te ontwortel en te vernietig, waar hulle ookal begrawe, ingedompel of opgehang is, in die Naam van Jesus Christus. Ek bind en werp uit my uit, die geeste van: mislukking, slawerny, neerlaag, depressie, stagnasie, teistering, dood, vertraagde seën, beperkinge, verwarring, frustrasie, verwerping, vrees en twyfel – in Jesus Naam. Ek is ‘n individuele, enkel persoon, ek is nie ‘n tweeling of drieling nie, en dus onteien ek enige vorm of duplikaat wat my verteenwoordig. Ek verwerp en sny myself los van enige verteenwoordiging van myself wat hulle van my kon maak, in Jesus Naam. Ek beveel die donder en weerlig van God om alle vorme van beelde, afbeeldings, simbole, prente/foto’s en beeldjies wat my persoon verteenwoordig by enige afgodstempel of altaar, in stukke te breek en tot as te verbrand, in die Almagtige Naam van Jesus. Ek draai alle sataniese pyle van mislukking-op-die-rand-van-sukses en deurbraak nou om, in Jesus Naam en verander alle vloeke in seëninge. Ek sny af alle geestelike naelstringe waardeur boosheid in my lewe kon invloei, in die Naam van die Here Jesus Christus.

Page 26: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

26

Vader, ek dank U dat U my in oorwinning stel bo al my vyande. Van nou af sal geen wapen wat teen my gevorm word a.g.v. vorige verbonde en vloeke, slaag nie, in die Naam van Jesus. My voordeel in die Koninkryk van Jesus Christus sal aan almal sigbaar wees, in Jesus Naam. AMEN. [Sien Altare en Verbonde, beskikbaar van Kanaan Bedieninge.]

Page 27: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

27

9. GEBED TEEN VERBONDE MET BETREKKING TOT ONS NAME NAME is baie betekenisvol. Die name wat ons dra, of dit nou name is wat aan ons gegee is, of ons familie-name, kan ons lewens positief of negatief beinvloed. Jou naam is jou sosiale en geestelike identiteit. Elke naam dra ‘n positiewe of ‘n negatiewe salwing. Die salwing op jou naam word gesneller elke keer as jy op daardie naam genoem word. Jou naam het baie betekenis wat betref die bepaling van jou eindbestemming. Name wat satan, gode, afgode en tradisie verheerlik, is ‘n gruwel voor God en bring Sy toorn oor die draer daarvan. Mense gee name volgens hul oortuiginge. Name is ‘n uitdrukking van ons geloof. Wanneer iemand na die Here vernoem word, is dit soos om ‘n stempel van God op daardie kind te plaas. Net so, wanneer ons name ontvang wat geassosieër word met die familie- of gemeenskaps afgode, is ons verbind aan die geeste van hierdie afgode, en geen bose gees het ‘n goeie plan vir sy klandisie of hul nageslagte nie. Vriend, vind uit wat beteken jou name. Ons sou aanbeveel dat jy onmiddellik enige naam verander wat ‘n afgod of die duiwel verheerlik. Verloën die geeste agter daardie naam, en herroep alle demoniese verbonde verbind aan hierdie name. Gebeds strategie:

• Vind die betekenis van daardie name uit en hoekom die name gegee is.

• Salf jou voorkop en naeltjie wanneer die mag agter jou vorige name verbreek word. (naeltjie is die toegangspoort in die gees vir geslagtelike/bloedlyn demone).

Skrifte om te Bestudeer vir die Gebede: Eksodus 23:13; Deuteronomium 7:25-26; 1 Kronieke 4:9-10; Genesis 17:5-6; 32:24-30; Psalm 16:4; Josua 23:7; Jesaja 62:2 My Almagtige God, ek dank U omdat U my U kind gemaak het. Ek is vernoem na U. Here, ek bely voor U my langtermyn onkunde oor die gevolge van die naam wat ek dra.

Page 28: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

28

Vader, vergewe my dat ek U indirek vertoorn het deur afgodsname te dra. Ek bely en erken dat U my Maker, Geneser en Seëning, Beskermer, Bevryder, Voorsiener, Verdediger, Verlosser en Versterker is. Geen afgod of god kan al hierdie dinge vir my doen nie. Slegs U. Op hierdie oomblik dompel ek myself en my eindbestemming in die Bloed van Jesus om gereinig te word van elke afgods-besoedelings en vuilheid wat op my gekom het a.g.v. my naam/name. My lewe en eindbestemming ontvang nou ‘n algehele reiniging in Jesus Naam. In die Naam van Jesus verbreek ek alle demoniese seëls wat oor my naam geplaas is en ek bind en bestraf die verseëlingsdemone wat aangestel is om alle demonise strukture in plek te hou. Ek verloën nou al die afgodsname wat gekoppel is aan my en my familie. Ek verloën al die afgode wat gekoppel is aan hierdie name. Ek kanseleer nou alle bloedlyn verbonde in die geesdemensie wat gekoppel is aan die naam _________________ (noem die naam). Ek het geen onderhandeling meer met jou gees van _______________ (noem die afgod). Alle bose geeste wat agter hierdie naam skuil, beveel ek nou om uit my lewe uit te gaan in die Naam van Jesus. Ek weier om langer onder jou beheer en invloed te wees. Ek plaas jou onder die voete van Jesus Christus volgens Ps.110: 1. Soos ons die mag van hierdie bose name kragteloos stel, neem ek nou ‘n nuwe naam (noem dit en profeteer oor dit). My naam is gekoppel aan God, aan sukses en voorspoed in die Here se Koninkryk en dit sal altyd goed gaan met my in die Naam van Jesus (Ps.23: 6). Ons vra, Here dat die Vuur van die Heilige Gees elke seël, stempel of etiket van boosheid wat aan my vorige naam verbind was en wat my merk in die geestesrealm dit sal verbrand in Jesus Naam. Ek ontvang nou die Seël van die Heilige Gees op my lewe in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. AMEN! [Sien Altare en Verbonde, beskikbaar by Kanaan Bedieninge.]

Page 29: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

29

10. GEBED VIR GENESING VAN HERINNERINGE (Maak hierdie jou persoonlike gebed)

Vader, ek dank U vir U Seun Jesus wat aan die kruis gesterf het, nie alleen vir my sonde nie, maar ook vir my hartseer (kneusplekke) en vrese. Ek dank U dat Jesus dieselfde is, gister, vandag en vir ewig, en dat Hy wil hê dat ek volkome heel moet wees: verstand, siel, liggaam en gees. Here Jesus, ek vra dat U sal terugstap, elke sekonde van my lewe en dat U my sal genees en my heel sal maak. Ek vra dat U tot in die derde en vierde geslag sal teruggaan en alle skadelike genetiese verbintenisse sal verbreek. Jesus, U het my geken nog voor my geboorte. Dankie dat U daar was toe my lewe begin het. Bevry my van vrees of enige ander negatiewe magte wat aan my in die moederskoot oorgedra kon word. Dankie, Here Jesus, dat U daar was to ek gebore is, en dat U my liefhet. (Sommige is in hierdie wêreld gebore, ongewens en onbemind – hulle het soveel vewerping ervaar. Here Jesus, vul almal, vanaf die eerste oomblik met U kosbare liefde.) Here, stap terug deur elke sekonde gedurende daardie eerste jare van my lewe. (Sommige is van hul ouers geskei deur siekte of dood, ander is in families gebore waar hulle nie die nodige liefde ontvang het nie.) Here Jesus, gaan terug en vul en vul elke leemte en gee die liefde wat nooit ontvang is nie. Verwyder elke seerplek, elke gevoel van verwerping. Verwyder alle vrees: vrees vir die donker, vrees vir val, vrees vir diere, vrees om te verdwaal. Ek dank U Jesus dat U my bevry en my gees. Ek bid Here dat U my hand sal vat, teruggaan in tyd en saam met my skool toe sal stap. Somtyds was ek so skaam en bang om die huis te verlaat en nuwe situasies die hoof te bied. Jesus daar was tye dat ek bang was vir mislukking op skool, sal U my verlos van daardie herinneringe? Wanneer ‘n onderwyser op my geskel het, of klasmaats my seergemaak het, genees asseblief daardie seer.

Page 30: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

30

Sommige vrese het gedurende daardie eerste skooljaar ontstaan: vrees om in die openbaar te praat, vrees vir mislukking. Dankie dat U daarkie seerplekke genees en my van die vrese bevry. Ek dank en prys U. Here Jesus, ek dank U vir my ma. (Vir hulle wat nie die liefde van ‘n moeder geken het nie, vul daardie leemte en gee hulle die nodige liefde) Ek vra dat U tussen my en my ma sal staan en dat U Goddelike liefde tussen ons sal vloei. Ek vra vergifnis vir my ma, vir enige manier waarop ek haar kon seermaak of haar kon gefaal het. Ek vergewe haar vir enige manier waarop sy my sou seermaak of faal. Here Jesus, dankie vir my pa. (Vir die wat nie die liefde van ‘n aardse vader kon ervaar nie, skenk hulle al die liefde wat hulle nooit ontvang het nie.) Staan tussen my en my pa. Ek bid dat U Goddelike liefde elke gebroke verhouding sal heel. Ek vra vergifnis vir my pa, vir enige manier waarop ek hom kon seermaak of faal. Ek vergewe hom vir enige manier waarop hy my skon seermaak of faal. Ek lig my broers en susters op na U. Waar daar enige kompetisie, jaloesie of bitterheid was, vra ek dat U genesende krag en liefde elke gebroke verhouding sal heel. Ek vergewe elke broer en suster wat my seergemaak of gefaal het, ook vra ek hulle vergifnis waar ek hulle seergemaak of gefaal het. Dankie Here, dat U ook daar was gedurende my tienerjare en toe ek in Hoërskool was. Daar was nuwe emosies en vrese. Soos ek elke pynlike herinnering terugroep, vra ek dat U die pyn sal verwyder en my genees. Ek dank U vir U beskermende Hand, toe ek gevaarlike dinge aangevang het. Verwyder enige gevoel van vernedering, verleentheid, skuld, vrees of mislukking. (Sommige is geterg as gevolg van ras, voorkoms, liggaamsbou, of armoede en is diep gewond.) Wys my dat U my liefgehad het en dat U daar was in elke situasie. (Vir die jongmense wat met dwelmmiddels ge-eksperimenteer en daardeur hul verstand benewel het, Here Jesus ons bid dat U die skade sal herstel. Laat hulle weer helder dink en skenk hulle U genesing. Laat ook elkeen van hulle besef dat U hulle liefhet en dat U die verlede kan uitwis.) Soos elkeen van ons begin het om die huis te verlaat, was daar nuwe vrese, frustrasies of hartseer. (Sommige wou verder gaan studeer, maar kon nie.

Page 31: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

31

Ander kon nie gaan studeer in die rigting waarvan hulle altyd gedroom het nie, hulle was so teleurgesteld.) Jesus genees elke teleurstelling en al die hartseer. Dankie dat U daar was toe ons getroud is. (Vir sommige was dit ‘n pragtige begin, vir ander ‘n nagmerrie.) Jesus, verwyder asseblief enige seer. Ek bid dat U tussen my en my maat sal staan en elke seerkry sal genees. Ek vra my maat om vergifnis vir die kere wat ek hom/haar seergemaak het en ek vergewe hom/haar vir die kere wat hy/sy my leed aangedoen het. Here Jesus, deur U Goddelike liefde, dank ek U dat U elke stukkende verhouding herstel en al die seer wegneem. (Waar daar bitterheid en eensaamheid was, neem al die negatiewe gevoelens weg. Genees die diep wonde en wis die pynlike herinneringe uit. Jesus, vul elke maat met U vergifnis, U liefde en genesende krag. Dankie Here vir my kinders. Verwyder elke gevoel van mislukking en skuld wat ek as ouer het. Die kere wat ek onoordeelkundig gestraf het, ek te besitlik was met my liefde, of woorde van kritiek en in woede gesê het, bid ek dat U enige skade sal herstel. Ek vra hulle vergifnis en vergewe hulle die hartseer wat hulle my besorg het. Here, ek dank U dat U daar was gedurende ongelukke, siekte en operasies. Ek vra dat U nou die gruwelikheid, die vrees en herinneringe van die pyn sal wegneem. Verlos my van die trauma wat ek ervaar het. Dankie dat U daar was in tye van smart, dat U my hand geneem en saam met my deur die vallei gestap het. Dankie dat U die las verlig het, die hartseer, pyn en rou weggeneem het. Dankie dat U my U vreugde en vrede geskenk het. Here Jesus, dankie dat U nou teruggestap het deur elke sekonde van my lewe tot op hierdie oomblik. Dankie dat U my genees het van al my hartseer, vrese, pynlike herinneringe, my skuldgevoel en dat U my daarvan verlos het. Dankie dat U my met U liefde vul. Help my om myself lief te hê. Help my om U lief te hê soos ek moet. Ek dank U dat U in die donkerste hoekies van my verstand ingaan en my reinig. Dankie dat U my verstand, my emosies en my herinneringe genees. Dankie, Jesus, dat U my weer heel maak. Ek gee U al die lof en die eer. AMEN. [Sien ook Petitsie vir Ontmoeting van Basiese Behoeftes, beskikbaar in Petisie Boek.]

Page 32: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

32

11.1 GEBED OM GODDELOSE SIELSVERBINTENISSE AF TE SNY GEBED A

Vader, in die Naam van Jesus Christus en met die gesag wat ek as ‘n gelowige besit, vra ek U om enige en alle goddelose sielsverbintenisse met my man/vrou (of enige iemand anders met wie ek intiem verkeer het) af te sny. Ek vra U om enige en alle verhoudinge te verbreek wat tussen ons bevestig is deur satan en sy bose geeste. Ek vra dat die Heilige Gees daardie verhoudings weer sal opbou asook die verbondsbande van my huwelik bevestig ooreenkomstig U perfekte Wil. Ek vra U om geheel en al daardie verhoudings te rienig met die Bloed van Jesus Christus van alle sonde en demoniese toegang. Ek verklaar aan satan in die Naam van Jesus Christus dat hy geen meer toegang tot my liggaam, siel of gees deur daardie verbintenisse het nie, en daardie deure is toe en verseël met die Bloed van die Lam! Ek verklaar ook aan satan in die gesagsnaam van Jesus Christus dat hy nou ook geen mag oor my Kinders het nie. Alle toegang tot my Kinders deur hierdie sielsverbintenisse is nou afgesny deur die Krag van God en ek bring die volle Krag van die Kruis, die Bloed, die opstanding en die Hemelvaart van Jesus Christus teen satan se planne en strategieë vir my en my gesin. In Jesus se Kragtige Naam, AMEN. [Sien ook Petisie teen Goddelose Sielverbintenisse, beskikbaar by Kanaan Bedieninge.]

Page 33: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

33

11.2 GEBED OM GODDELOSE SIELSVERBINTENISSE AF TE SNY GEBED B

Vader, in die Naam van Jesus, onderwerp ek my siel, my begeertes en my emosies aan U Heilige Gees. Ek bely al my losbandigheid, voorhuwelikse seks, en alle buite-huwelikse seksuele verhoudinge as sonde. Ek bely al my goddelose gees-, siel- en liggaamskoppelinge as sonde, Ek dank U dat U my nou vergewe en reinig met die Bloed van Jesus. Vader, dankie dat U aan my die sleutels van U Koningkryk gegee het, die sleutels van geestelike gesag. Wat ek volgens U Wil bind op aarde word gebind en wat ek losmaak word losgemaak. In die Naam van Jesus vra ek U om my los te maak van alle sielsverbintenisse met vorige seksmaats en goddelose verhoudinge. Ontwortel asseblief all tentakels van seksuele slawerny of emosionele verlange en afhanklikheid asook alle verslawende gedagtes. Ek bind, verloën en weerstaan alle bose geeste wat hierdie sielsverbintenisse versterk of wat aan my oorgedra is deur al my bose assosiasies. Reinig my siel asseblief en help my om alle onwettige eenwordinge te vergeet sodat ek vry kan wees om my siel volkome aan U en my huweliksmaat te gee. Vader, ek ontvang U vergifnis vir al my seksuele sondes uit my verlede. Ek glo dat ek volkome vergewe is. Dankie dat U my sondes nie meer onthou nie. Dankie dat U my reinig van alle ongeregtigheid. Ek onderwerp myself volkome aan U. Deur U genade vra ek dat U my sal heilig hou in my gees, siel en liggaam. Ek prys U naam. In Jesus Naam vra ek al hierdie dinge. AMEN.

Page 34: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

34

12. GEBED TEEN TERRITORIALE GEESTE EN SATANIESE AGENTE HEERSKAPPY VAN DIE OORWINNAAR (HVO) ‘Heerskappy van die Oorwinnaar’ het spesifieke toepassing wat betref die handeling met hoë vlak heksery. Gedurende die verloop van berading, sal die kliënt dikwels voel dat hy onbeheersd gedring voel tot een of ander optrede wat uiters afbrekend is vir die fisiese of geestelike gesondheid van die individu of berader. Dikwels is dit die gevolg van geeste wat deur kultuslede uitgestuur word om die demoniese beheer van die kliënt te aktiveer. Die berader moet tussenbeide tree ter wille van die individu. Hierdie dokument is spesifiek daarop gerig om op een aspek van geestelike oorlogvoering te fokus, betreffende hulpverlening aan die individu in hierdie situasie. HVO kan ook ander meer algemene oorlogvoerings-toepassings hê. Voorstelle word aan die einde van hierdie dokument bygevoeg.

Alhoewel daar verskeie vlakke van kundigheid en bedrewenheid is, is die individue met wie ons te doen kry in die beradingskantoor, die prooi van ‘n uiters georganiseerde en sistematiese benadering tot programmering deur verskeie traumas en demoniese rituele, uitgevoer en toegepas deur kultuslede. Tot watter graad hulle ook al suksesvol was met die individu, is die HVO “heerskappy van die oorwinnaar” waardevol, nie slegs ter beskerming van die individu nie, maar om ook diegene wie die skade veroorsaak het, geestelik te oorwin.

GEVALLE-STUDIE Gedurende berading, het ons gevind dat kultuslede geeste uitstuur om die demoniese beheer oor die kliënt te aktiveer. Dan het ons hierdie geeste gebind en gestuur waar Christus hulle heen stuur. Hierdie proses het by herhaling plaasgevind met dieselfde kultuslede wat elke keer geeste uitstuur. By nadere ondersoek het ons gevind dat elke keer wanneer sulke geeste uitgestuur word, verloor die kultuslid ‘n sekere hoeveelheid van sy krag. Oor verloop van tyd het die stryd hom gestroop van krag.

Page 35: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

35

Die kultuslid sou dan rituele gebruik om meer demoniese krag te kry om dit wat hy verloor het, te vervang, en hy/sy sal ook die hulp inroep van ander kultuslede in sy persoonlike netwerk. Soms sal die kultus-netwerk geeste direk teen die kliënt stuur, of in ander gevalle sal hulle krag ‘oorplaas’ na die kultuslid wat dit nodig het. Met dit in gedagte, het dit vir my duidelik geword dat ons in ‘n werklike, volskaalse stryd gewikkel was. Satan was besig om kultuslede te gebruik om ons met geeste aan te val. Alhoewel ons geteister is, was ons suksesvol met die beradings proses. Tog het ‘n paar dinge my gehinder.

1. Ons was streng beperk tot ‘n defensiewe reaksionêre posisie. 2. Dit kon nie gesien word as ‘n “oorwinning” nie, maar bloot ‘n

suksesvolle verdediging. 3. Die onvermoë om die kultuslede te keer om voort te gaan in die

geestelike dinamika van hul werk teen ander slagoffers en ons. Ons behoort in staat te wees om hulle te verhinder in hul doel om die koninkryk van duisternis uit te brei.

Studie oor Bybelse voorbeelde van oorlogvoering, het twee sake uitgelig. Die oorwinnaar het die terme van oorwinning voorgeskryf asook die toekomstige militêre vermoëns van die oorwonne vyande. Toe die Filistyne Israel oorheers het, het hulle alle grofsmids uit Israel verwyder om te verseker dat hulle nie wapens kon vervaardig nie (1 Sam. 13:19-23). In ander gevalle is duime, groottone of regter-oë bedreig of verwyder om te verseker dat sulke individue nooit weer sou veg nie (Rigt. 1:6-7; 1 Sam. 11:2). Perde en strydwaens is teruggehou of vernietig om enige offensiewe militêre bedreiging uit te skakel (2 Sam. 8:4; 1 Kron. 18:14). Die geestelike oorlogsvoering dinamika van my berading het nie enige van die kultuslede wat ons aangeval het, ontwapen of verslaan nie. Die geeste wat teen ons gestuur is, is verslaan, maar nie die individu wat hulle uitgestuur het nie. Ek was besig om te koes vir die koeëls, maar het nie die vyand verslaan nie.

Page 36: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

36

In terme van stryd is ons “meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het” (Rom. 8:37). Nuwe Testamentiese beginsels van oorlogvoering sal nooit ‘n voortgaande “geen-wen” situasie soos waarmee ek te doen gehad het, ondersteun het nie. In enige gegewe stryd tussen lig en duisternis, het Christus alreeds die oorwinning behaal. Dit is ons verantwoordelikheid as Sy dienaars om ons outoriteit in Christus te gebruik om daardie oorwinning vas te maak. Macmillan se waarnemings wat betref ons gebruik van outoriteit soos geillustreer in die konflik tussen Amalek en Moses in die woestyn (Eks. 17) is hier duidelik. Deur die hele dag, totdat die son ondergegaan het, het “Moses die staf uitgestrek oor die vallei waar Israel teen Amalek geveg het.” Het hy gebid? Daar bestaan min twyfel dat sy hart opgelig was tot God in ononderbroke smeekroep vir die onopgeleide soldate van sy volk. Maar hierdie uitstrek van die staf was ‘n demonstrasie van die outoriteit aan hom toevertrou oor die onsienlike magte wat die Amalekiete aangedryf het, en wat in aksie was agter elke stryd. Dan. 10:13, 20 “13maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. 20Toe sê hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland.” Nie in die sigbare, maar in die onsigbare, daar lê die geheim van sukses of mislukking. Moses het die outoriteit wat op hom geplaas is as die verteenwoordiger van Jahweh, uitgevoer oor die geestelike vyande van Israel, wie probeer het om die plan van God te dwarsboom en Sy volk te weerhou van die land van hul erfenis. Deur sy volgehoue weerstand teen hierdie sterk owerhede en magte, is hul vermoëns om die Amalekiete te help, gekanselleer. Toe die son ondergaan, het die verslane manne skielik onttrek ... terwyl hy sy hand opgelig het met die staf, het hy outoriteit in die Naam van Jahweh geneem oor die vyande van God se volk. In sy kapasiteit as die verteenwoordiger van Jahweh, het hy die outoriteit van die troon uitgevaardig toe hy sy hand opgelig het.

Page 37: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

37

Dit was ‘n verklaring van goddelike oordeel wat uitgevoer moes word oor Amalek en die demoniese magte wat daardie wrede soldate aangevuur het in hul vyandigheid teen Israel.” [John Macmillan, The Authority of the believer] Dit is die konsep agter “heerskappy van die Oorwinnaar”. Dit is nie bloot ‘n gebed nie, alhoewel ons bediening gegrondves moet wees in gebed. Dit is die verklaring of ‘n bevel aan en teen die magte van duisternis, gebaseer op ons posisie in Christus, in samewerking met Bybelse geestelike oorlogsvoerings beginsels. “Heerskappy van die Oorwinnaar” kan aangewend word teen elke kultuslid wat op enige manier sy/haar wil beoefen teen die vooruitgang van die Koninkryk van God in jou of jou kliënt se lewe/bediening”.

JURISDIKSIE-OUTORITEIT Die Bybel erken duidelik dat God se Koninkryk ‘n georganiseerde struktuur van outoriteit is. Satan se koninkryk is ook georganiseer in ‘n sistematiese outoriteits-struktuur met verskeie demoniese rangordes. Range onder engele is ‘n fassinerende onderwerp. “Daar is genoeg bewyse om te kan sê dat daar duidelike en gegradeerde range is, maar nie genoeg bewyse om ‘n voltooide vergelyking of georganiseerde kaart te maak nie.” [Fred Dickson – Angels, Elect and Evil] Bewyse dui ook aan dat buiten range, daar ook streeks- of geografiese verantwoordelikhede is. Byvoorbeeld, die “Prins van Persië het die engel boodskapper na Daniël, weerstaan” (Dan. 10:20). Dit was hoë-vlak demoniese inmenging deur ‘n gees wat verantwoordelikheid besit het oor die streek van Persië. Die teks dui ook aan dat die “Prins van Persië later sal kom” (Dan. 10:20). In Open. 2:13 (troon en woning van satan), is daar verwysings na streeks vestings van satan. Dit wil voorkom as ‘n invloed bo en behalwe die werk van persoonlike geeste. Hulle noem ek kultiese geeste (streeksgeeste). [Sien ook Gesag en Rangorde, beskikbaar by Kanaa Bedieninge.]

Page 38: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

38

Net so, in handeling met kultiese struktuur, is daar streeks verantwoordelikhede op ‘n menslike en geestelike vlak. Wanneer ‘n kultuslid geeste uitstuur teen ‘n individu, blyk dit dat daar ‘n jurisdiksie protokol bestaan, baie soos die wetstoepassings protokol tussen stad en streek, streek en staat, staat en federale sisteem, ens. Hierdie protokol, in ‘n organisasie van streng outoriteit, vereis dat buitestaanders wat geeste instuur in die streke waar jy of jou kliënt hulle bevind, eers toestemming moet verkry van wie ookal jurisdiksie outoriteit het. HVO kan toegepas word op wie ookal toestemming gee aan die geeste om die gebied binne te kom, sowel as die afsender van die geeste. Dit verswak die kultus magsstruktuur verder. HVO kan spesifiek toegepas word teen enige kultuslid of streek, verlede of hede, wie se wil in werking gestel is teen jou kliënt. Dit sluit almal in wat betrokke was in die aanvanklike traumas en rituele, sowel as almal huidiglik gewikkel in die geestelike aanval. Die regverdiging vir die stroping van die kultuslid se volgelinge en slagoffers, word weereens gebaseer op die outoriteits-struktuur van die kultus. Die “oorwin die leier, kry die volgelinge” konsep of beginsel van verteenwoordigende stryd, word geillustreer in die Dawid-Goliat scenario. As die generaal verslaan is, is die volgelinge ook lamgelê. WAT ‘HEERSKAPPY VAN DIE OORWINNAAR’ IS, EN NIE IS NIE HVO wil voorkom as ‘n belangrike instrument vir die geestelike oorwinning oor die duisternis. Dit is gebaseer op Bybelse beginsels van oorlogvoering en outoriteit. Voor die toepassing van HVO, het baie kultuslede die geeste herhaaldelik uitgestuur. Na die toepassing van HVO, was daar nog nie ‘n enkele insident waar enige kultuslid die geeste ‘n tweede keer uitgestuur het nie. Daar is sterk aanduiding dat hulle doeltreffend gestroop is van demoniese/kultiese mag en hulle kan dit nie weer verkry deur deelname aan rituele of enige ander metode nie. Daar is aanduidings dat kultus geeste wat gebruik is vir die uitbreiding van die koninkryk van duisternis, verwyder is, maar persoonlike geeste van wellus, woede, bitterheid, ens., het gebly.

Page 39: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

39

Alhoewel hulle nie in staat is om die koninkryk van duisternis uit te brei deur demoniese metodes nie, is hierdie oorwonne kultuslede in staat (en hulle doen dit ook) om te kommunikeer deur normale fisiese kanale deur hul persoonlike kontakte in die kultus netwerk. Normaalweg versoek hulle hul kontakte om saam in die stryd te klim en jou kliënt aan te val. HVO kan dan toegepas word teen die nuwe kultus/streek wat hul wil teen jou kliënt beoefen. Die voortdurende toepassing van HVO penetreer dieper en dieper in die kultus outoriteits-netwerk, en meer en meer gesofistikeerde lede en streke van die kultus familie word oorwin. HVO is relatief eenvoudig om toe te pas en behoort beskou te word as ‘n effektiewe wapen in die stryd teen die geestelike dinamika van satanisme/duisternis. Dit behoort egter nie lig opgeneem te word nie. Kultuslede aanvaar nie ‘n oorwinning sommer net so nie. Die stryd sal uitputtend en veeleisend wees. Dit vereis waaksaamheid. Dit is moeilike werk. Wanneer enigsins moontlik, werk in ‘n span saam. Let asseblief: HVO is nie ‘n plaasvervanger om te handel met ‘n individu wat aan die vyand grondgebied gegee het deur sonde nie. Belydenis gebaseer op waarheid is die enigste manier om die krag te verbreek van geeste wat verkry is deur ‘n individu se sonde. HVO is nie ‘n plaasvervanger vir die harde werk van progressiewe heiligmaking nie. Intersessie behoort gedoen te word vir die oorwonne kultuslede. Maak nie saak hoe verskriklik hul optrede was nie, hulle is ook slagoffers (tot een of ander mate) van demoniese binding en misleiding. Dit sal paslik wees om te bid dat die god van hierdie wêreld se greep op hul begrip verbreek sal word en dat hulle die wonderlike evangelie van Jesus Christus sal sien en glo. Bid dat God ‘n dienaar sal oprig wat hierdie individu sal najaag met die waarheid en dat hulle bevry sal word uit die koninkryk van duisternis en oorgeplaas sal word na die Koninkryk van die Seun van God se liefde, tot eer en verheerliking van Sy genade.

Page 40: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

40

ANDER MOONTLIKE TOEPASSINGS SENDINGS, veral in spiritistiese of ander donker kulture waar okkultiese mag gebruik word, bv. toordokter, shaman, Moslem Immam, ens.

• Indien daar ‘n geestelike aanval is deur hierdie kultusmag op die sendeling of sy/haar bediening, kan HVO toegepas word.

• Streeks kultusmagte sal probeer inmeng met enige evangeliese- of kerkplantings poging. Volgehoue toepassing van HVO sal die streek se bevolking bevry sodat hulle kan hoor en reageer.

PASTORAAL

• Indien duisternis daarop toegespits is om die uitbreiding van die Evangelie van Jesus Christus te verhinder, is dit heel moontlik dat die kultuslede spesifiek sal bid vir die geestelike ontwrigting en verslaning van die plaaslike kerkbedienings en pastore. HVO kan gereeld toegepas word voor die aanvang van dienste.

SPESIALE KONFERENSIES, waar die waarheid aangebied word, bv. geestelike oorlogvoerings-konferensies, pastore-konferensies, sending-konferensies, huweliks- konferensies, ens. Hoë PROFIEL BEDIENINGS, bv. Radio en Televisie, Tronke, Prostitute, Homoseksuele, ens. Let asseblief daarop dat HEILIGHEID as leefstyl ‘n voorvereiste is vir die bid van hierdie gebed, dat jou persoonlike lewe uitgesorteer is en dat alle deure na die koninkryk van duisternis toegemaak is deur belydenis van persoonlike en voorgeslagtelike sondes. Ek begryp my posisie in Christus, gesalf en in Sy Naam, en met Sy gedelegeerde outoriteit kan ek nou die volgende gebed bid: VERKLARING VAN HVO: Ek oefen “Heerskappy van die Oorwinnaar” oor al die streke uit wat hul wil geplaas het teen _________________, teen al daardie streke wat geeste toegelaat het in of deur hul gebied. Ek beveel dat hulle afgesny word daarvan om ooit weer krag uit duisternis te ontvang. Ek vereis die onmiddellike uitbetaling van al hul fondse uit die koninkryk van duisternis na die Koninkryk van Lig (oorlogsbuit), die onmiddellike vernietiging van al hul boeke (toorkunste/heksery), en die onmiddellike terugtrekking van al hul skemas. Bestraffing toegepas. Na die voete van Jesus! AMEN!

Page 41: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

41

13. “DANGEROUS PRAYERS” [AFRIKAANS] In die Naam van Jesus Christus van Nasaret weerstaan en bind ek nou alle demone wat teen gebed werk in die lug, op die aarde, onder die aarde, in die see, in al die waters bo en onder die aarde, in riviere, damme en waterbronne. Ek vernietig alle hindernisse teen my gebede in Jesus se Naam. Ek weerstaan en bind alle demone wat teen bevryding, vooruitgang, voorspoed en wonderwerke werk in Jesus se Naam. Met die Vuur van die Heilige Gees en die Bloed van Jesus Christus vernietig ek nou elke geestelike vlies en sellofaanbedekking in die lug. Ek vernietig elke geestelike bedekking wat Satan om my gebou het of teen my gevorm het, in Jesus se Naam. Ek vernietig elke hok, ketting, kabel of tou en elke sak hekse teen my, in Jesus se Naam. Ek profeteer vir die Oostewind om elke rookskerm wat die vyand opgestuur het teen my gebede, weg te waai in Jesus se Naam. Ek vernietig die web van Satan wat my vasgedraai het. Ek maak myself los van al die magte van duisternis teen my, in Jesus se Naam. Ek breek myself los van al die magte en kragte van hekse, towenaars, geestelike eggenote/s, geestelike kinders, geestelike eiendomme, familiêre geeste, watergeeste en gestorwe mensgeeste. Ek breek elke geestelike skerm wat Satan gebruik om my en my bewegings te monitor. Ek vernietig elke geestelike spieël, geestelike opname, geestelike kamera, geestelike satelliet en alle geestelike eiendomme wat Satan teen my opgestel het. Ek weerstaan, bind en verwerp uit my lewe alle bose aardse en hemelse geeste wat teen my werk, in Jesus se Naam. Ek staan op die Woord van God en vervloek alle bewyse en wapens teen my, in Jesus se Naam.

Page 42: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

42

Ek bind alle magte van hekse, towenaars, demi-gode, familiêre geeste, watergeeste, alle bose oppergeeste, geeste van swakheid en elke ander bose gees wat teen my lewe en my vooruitgang werk, in Jesus se Naam. Satan en al jou agente, ek vernietig nou elke beskerming wat julle opgerig het om julself teen die Vuur van die Heilige Gees te beskerm – ongeag julle vlakke, range, ampte of areas van operasie in die geestesrealm. In die Almagtige Naam van Jesus Christus, vernietig ek alle bewyse teen my in die geestesrealm: enige plek waar ‘n afbeelding van myself, my eiendom/me, my foto’s, my klere, my geld, my naam of enige dele van my fisiese liggaam in die lug, op die aarde, onder die aarde, in die waters bo of onder die aarde, in riviere, die seë, voor afgode, in heksevergaderings of temples van Satan gehou word – ek vra die Vuur van die Heilige Gees om alle items en bewyse te vernietig wat Satan gebruik om teen my te werk, in Jesus se Naam. In die oorwinnende en kragtige Naam van Jesus Christus van Nasaret, vra ek U nou, Here, om my hart, siel en verstand los te maak in die gees. Ek vernietig elke hok, ketting, sak of tronksel waar Satan my hart, siel of verstand vasgemaak het. Ek vra U, Heilige Gees, om alle magte van demone te vernietig wat waghou by my hart, siel of verstand. Hemelse Vader, ek bring die sondes van my voorvaders voor U. Ek bely namens hulle alle sondes, insluitende moord, afgodery, koop en verkoop van mense vir slawerny, offer van mense aan afgode, duiwels en Satan, kannibalisme en elke ander bose en goddelose daad wat hulle kon gepleeg het. Ek verbreek en verklaar nietig alle vloeke, verbonde en inswerings wat deur my of my voorgeslagte gemaak is – in die lug, op die aarde, onder die aarde en in die waters bo en onder die aarde. In Jesus se Naam kom ek nou te staan teen alle vloeke wat ek teen myself uitgespreek het of veroorsaak het deur my optrede. Ek breek alle vloeke wat as gevolg daarvan teen my vooruitgang en my toekoms werk – gees, siel en liggaam.

Page 43: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

43

Ek vernietig alle vloeke teen my wat versteek is in die lug, op die aarde, onder die aarde, in die waters bo en onder die aarde, riviere, seë, damme en enige waterbronne. Ek verklaar julle nietig en skadeloos onder die Voete van Jesus, in Jesus se Naam. Ek weerstaan en bind die demone wat aangestel is om te waak oor hierdie vloeke, in Jesus se Naam, en ek beveel julle om onder die Voete van Jesus te lê as Sy voetstoel. Ek draai alle vloeke nou om en verander hulle in seëninge, in Jesus se Naam. Ek kom te staan teen alle verbonde wat ek gemaak het met afgode, demone, watergeeste, geestelike eggenote, geestelike kinders, gestorwe mensgeeste en familiêre geeste , in die geestesrealm of drome. Ek kanselleer hierdie verbonde en verklaar hulle nietig in Jesus se Naam. Alle inswerings wat ek teen myself gemaak het, vernietig ek nou in Jesus se Naam. Ek onttrek en kanselleer my lidmaatskap by hierdie inswerings. Ek kanselleer my naam uit die register van Satan, en vra dat die Bloed van Jesus dit sal bedek. Ek stuur die mot en roes van God in alle argiewe van Satan wat teen my gehou word en vra vir hul vernietiging. Alle kopieë word ook vernietig. Ek verklaar myself vry van vandag af in die Naam van Jesus! JESUS CHRISTUS HET MY VRYGEKOOP MET SY BLOED! Verwyder van my alle vloeke van ongehoorsaamheid aan U verordeninge en gebooie. Verjaag die vernietiger uit my lewe, Here. Onttrek die sprinkaan, kankerwurm en ruspe uit my lewe, in Jesus se Naam. Skenk aan my die vroeë en die laat reën en vul my opnuut met U seëninge in Jesus se Naam.

Page 44: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

44

In Jesus se Naam vernietig en verklaar ek nietig alle betowerings, gelukmiddels, beswerings, vloek, verbonde, inswerings en manipulasies deur enige afgode, hekse, towenaars, priesters en watergeeste, asook alle aborsies gedoen tydens enige heksevergaderings, by geestelike temples en geheimsinnige wonings in die lug, op die land en in die see. In die Naam van Jesus vernietig ek alle verbonde en inswerings wat namens my gemaak is in die lug, op die aarde, onder die aarde en in die waters bo en onder die aarde, riviere, damme, seë en alle waterbronne. Ek vernietig alle duiwelse bewyse wat gebruik is in die vloeke en verbonde en inisiasies teen my met die Vuur van die Heilige Gees. Ek bind en ketting alle bose hekwagte wat moes waak oor hierdie vloeke, verbonde, inisiasies, towerspreuke en gelukmiddels in my lewe. Ek vernietig die akte van samestemming in Jesus se Naam. Ek vernietig ook enige soutverbond wat gemaak is deur enige maaltyd. Hemelse Vader, ek skei myself nou van alle vloeke, verbonde, inisiasies, ens. wat teen my gemaak is. U het my vrygemaak om te kies wie ek wil dien. Ek verklaar nou elke vloek verbreek, vasgenael aan die kruis en omgedraai in ‘n seëning. Jesus Christus het vir my ‘n vloek geword sodat ek geseën kan word. DANKIE JESUS!! Ek kies om die Hemelse Vader, die God van Israel, die Here Jesus Christus van Nasaret en die Heilige Gees te dien. Ek is ‘n nuwe skepsel, herskep deur Jesus Christus. Matt.12:37 – Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

Page 45: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

45

Vader, verklaar my nou regverdig en onskuldig deur die verklaring van my mond: Vandag verklaar ek _________________, myself as ‘n Hemelse inwoner en ‘n lid van die familie van Jesus Christus van Nasaret. Wie my aanraak, raak die appel van God se oog aan. Geen wapen wat teen my gevorm word sal langer op enige manier slaag nie, en elke tong wat teen my opstaan in valse veroordeling, sal deur God Self verkeerd bewys word, in Jesus se Naam. Ek ontvang nou vrede, geregtigheid, regverdigheid, sekuriteit en oorwinning oor goddelose opposisie, as deel van my erfenis van my Vader en verklaar myself nou ‘n vrywillige slaaf van die Here Jesus Christus, my Advokaat en Geregtigheid. AMEN.

Page 46: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

46

14. INLIGTING OOR SOUTVERBONDE God het ‘n verbond met sout gesluit om die onbederflikheid van die verbond te verseker. Ø Sout kan perserveer. Ø Sout kan geur. Ø Sout kan straf / vernietig. Ø Sout besit ‘n plek in die Millenium.

SALIGSPREKINGE (Preek op die Berg) Sout is ‘n geurmiddel / preserveermiddel chemikalie, maar gelaat op die kaal aarde of blootgestel aan die son/reën/lug, verloor dit smaak en is waardeloos. Ons is die sout: Mat. 5:13 “13”JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.”

Mark. 9:49-50 “49Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

50Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.”

Luk. 14:34-35 “34Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

35Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.” Gelykenis van Sout

Luk 14:34-35 “34Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

35Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.” Sout verloor sy smaak en is waardeloos. Wil die gelykenis sê dat indien ons ons waarde van lewe verloor .... of beteken dit dat ons ons lewens kan verloor as ons smaak wil bring?

Page 47: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

47

VERBOND ‘n Verbond wat met Israel gemaak is wat behels dat hulle vir ewig moes offer. Lev. 2:13 “13En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring. Num. 18:19 “19Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige insetting. Dit is ’n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.” 2 Kron. 13:5 “5Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as ’n soutverbond nie?” In Palestina en omliggende lande is sout gebruik in die sluit van verbonde. Indien mense kos geëet het met sout daarin, tesame, het hulle vriende geword, selfs al was hulle voorheen vyande. Die Arabiese u itdrukking lui: “Daar is sout tussen ons” “Hy het my sout geëet” Dit beteken dat deelname aan gasvryheid vriendskappe vasmaak. Verbonde is algemeen bevestig tydens offerande maaltye – sout altyd teenwoordig. Die verbond van sout het die ewigdurende vriendskap tussen God en Sy volk uitgebeeld. Num. 18:19 “19Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige insetting. Dit is ’n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.” Sout het die simbool van onverganklikheid van God se verbond geword. DIE PRESERVERENDE KWALITEIT VAN SOUT Ons moet preserveer Mat. 5:13 “13JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.”

- Dis ‘n preserveermiddel - Dit weerhou dinge van bederf Ons is die sout van die land.

Page 48: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

48

Die oorblyfsels van regverdige gelowiges wie ‘n stuk grond besit, het ‘n wettige reg om te staan en te verklaar dat hulle die land preserveer teen enige aanval van satan.

SOUT IS ‘N GEURMIDDEL Ons moet wandel in wysheid en ons spraak/woorde geur met sout sodat ons God se Woord / Visie / Lewensstyl aan ander bied op ‘n wyse wat welbehaaglik en aptytwekkend is. Jy moet jou pot vol sout hou (van die Woord) Jy moet die sout wyslik sprinkel (sodat onsmaaklike dinge eetbaar kan word).

Kol. 4:5-6 “5Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. 6Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.”

Job. 6:6 “6Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van ’n eier?”

SOUT BRING DOOD EN OORDEEL Sout besit die mag om te vernietig – te veel sout vernietig die lewe in die grond en maak dit waardeloos. Rigt. 9:45 “45En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.” Jer. 17:6 “6En hy sal wees soos ’n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ’n brakkerige en onbewoonde land.” Eseg. 47:11 “11Die moerasse en kuile daarvan—húlle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.” STRAF Mark. 9:49-50 “49Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word. 50Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.” Elke offerande is gebring met sout (‘n teken van preservering – Lev. 2:13) Net soos sout die offerande preserveer, sal die vuur van die hel die sondaar in die ewigheid preserveer.

Page 49: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

49

SAAM EET Ons sien dat die Bybel duidelik leer dat om saam te eet definitiewe geestelike implikasies het. Daar is sekere Bybelse Beginsels wat van toepassing is. Dus moet ons baie versigtig wees saam met wie ons eet. Wanneer ons handel met mense wat satanies ritueel misbruik en geprogrammeer is deur ‘n kultus om die Kerk te infiltreer, moet ons bewus wees dat hulle hierdie beginsel geleer het en hulle sal probeer om ons sover te kry om saam met hulle te eet. Hulle gebruik dan hierdie beginsel teen ons, en omdat baie gelowiges nie hiervan weet nie, word hulle gevang a.g.v. hul onkunde. Hulle sal dan gaan rituele uitvoer namens jou (in jou naam), asof jy dit self doen, a.g.v. die soutverbond-ooreenkoms wat jy met hulle gesluit het. Baie keer is gelowiges onder hewige aanval en kan nie verstaan hoekom nie, omdat, volgens hul wete, hulle geen oop deure het nie, alles bely het waarvan hulle bewus is, ens. Intussen, is daar wawyd oop deure teen hulle, a.g.v. die soutverbond waarin hulle onbewustelik staan. Sal ons steeds verantwoordelikheid gehou word as ons nie geweet het nie?? Lev. 5:17-19 “17 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra, 18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word. 19 Dit is ‘n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die HERE.” Ons het geen verskoning nie! Ons het so baie Bybels en leringe beskikbaar vandag, ons kan nooit sê, “Ek het nie geweet nie ...” Wanneer julle saam eet en drink, bid altyd teen enige ongoddelike soutverbonde wat teen jou gebruik kan word, en verbreek dit in Jesus Naam. Voorbeeld: Ons het ‘n pastoor genader i.v.m. ‘n persoon in sy gemeente wat na ons gekom het vir berading. Hierdie persoon was DID/SRM en ons wou hom waarsku i.v.m. die gevare aangaande hierdie toestand en dat hy moes weet hoe om te bid vir dekkings-beskerming vir die persoon, sowel as vir die res van sy gemeente. Gedurende ons gesprek, het ons gevra hoe sy gesondheid daar uitsien, en uitgevind dat hy ‘n ernstige aanval op sy maag ervaar en dat die dokters nie werklik weet wat die probleem is nie. Ons het voorts gevra of hy geëet of gedrink het saam met hierdie dame, omdat sy besig was om die leer baie vinnig te klim na ‘n leierskapsposisie. Hy het positief geantwoord.

Page 50: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

50

Ons het die begrip van soutverbonde verduidelik en toe voortgegaan in gebed en hierdie verbond verbreek in Jesus Naam. Ons het elke keer wat sy naam voor die altare van satan uitgeroep is, gekanselleer, asook elke ritueel wat namens hom gedoen is en wat eer aan satan gebring het. Nodeloos om te sê, hy was onmiddellik genees en het voorts ‘n bord sterk kerrie geëet!! Mag God ons help om geestelike beginsels te verstaan en dit te gehoorsaam!!

Page 51: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

51

AFDELING B:

KORPORATIEF

Page 52: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

52

15. GEBED TEEN SATANIESE ALTARE (TEMPELS) EN HOë PLEKKE IN JOU STAD/OMGEWING Skrifgedeeltes om op te staan: Deuteronomium 7:5; Deuteronomium 12:2-3; Hosea 10:2; Jesaja 14:24-27; Jeremia 51:1-2; 1 Konings 3:1-5; 1 Konings 18:30-40. Inleiding. Die aanwesigheid van altare en hoë plekke in ons stede/dorpe bring die invloed, dekking en beheer van duisternis en daardie spesifieke bose gees aan wie die altare toegewy is. Hemelse Vader, As ons nou hierdie vlak van oorlogvoering betree, ontvang ons U dekking onder die Bloed van Jesus. Ons verklaar dat die Naam van die Here ‘n sterk toring is en dat ons daarin kan hardloop, en veilig wees. Ons ontvang U salwing en krag op ons tonge, in Jesus Naam. Ons verbied enige sataniese terugslag of weerwraak teen ons en ons gesinne, in Jesus Naam. Ons verklaar dat ons die kop en nie die stert is nie; dat die stryd aan die Here behoort en die oorwinning ons s’n is. Ons beklee onsself vir die stryd met die Wapenrusting van die Here, die helm van verlossing, die gordel van waarheid, die borsharnas van geregtigheid, die skoene van die evangelie van vrede, die skild van geloof, en die swaard van die Gees vir hierdie territoriale intersessie en oorlogvoering. Ons profeteer teen al die sataniese altare in hoë plekke in hierdie stad/dorp, in Jesus Naam. Ons vra U, Here, dat elke sataniese altaar rondom of in ons stad/dorp sal verval tot verlatenheid en dat alle verbonde wat gediens is by hierdie altare, herroep en verbreek sal word in Jesus Naam.

Page 53: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

53

Laat die Swaard en die Hand van die Here teen die priesters en priesteresse wees wat by al daardie sataniese altare en hoë plekke bedien het, en dat hul plekke nie langer gevind sal word nie. Vader, wys aan hulle wie se god is God, bring hulle op hul knieë by U troon, in Jesus Naam. Ons maak elke boosheid stil wat praat vanaf alle sataniese altare en hoë plekke van hierdie stad/dorp, in Jesus Naam. Laat alle vloeke wat meegebring is deur rituele offerandes en sataniese tekens, herroep word in Jesus Naam. Ons wis al die programmering uit wat gedoen is in die son, maan, sterre en planete deur waarsêers, astroloë, krygshere, ens. wie hierdie elemente gebruik teen die beweging van God in ons stad/dorp, in Jesus Naam. Here, laat U oordeel kom oor die demoniese heersers wat heers oor ons stad/dorp deur towery, sataniese manipulasie en heksery. Deur die Bloed van Jesus vernietig ons elke bloedverbond wat gesluit is op enige sataniese altaar en wat die heerskappy van satan oor ons stad/dorp bevorder het, in Jesus Naam. Ons frustreer die tekens van leuenaars en ons maak gekke van waarsêers, towenaars, en hekse, wie opereer by enige altaar in ons stad/dorp, volgens Jesaja 44:25. In die Naam van Jesus beveel ons die vesting van bose magte om hul basis te verskuif uit ons stad/dorp. Ons verklaar dat die Evangelie van die Koninkryk nie langer verhinder sal word deur enige sataniese altaar of hoë plek in hierdie stad/dorp nie, in die Naam van Jesus. Ons verklaar ‘n Nuwe Dag van Goddelike besoeking en bevryding vir ons stad/dorp, in Jesus Naam! Ons profeteer dat nuwe altare vir Yahweh, God van Israel opgerig sal word in elke huishouding in hierdie stad/dorp, in Jesus Naam! JESUS CHRISTUS IS HERE OOR ONS STAD!! AMEN.

Page 54: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

54

16. GEBED TEEM DIE WATERGEESTE VAN JOU STAD/DORP – Marine Altare Skrifgedeeltes om op te staan: Esegiël 29:2-5; Esegiël 32:1-8; Job 26:12; Haggai 2:20-23; Fillippense 2:9-11; Mattheus 8:23-27. Inleiding: Die watergees koninkryk is ‘n vleuel van die koninkryk van duisternis en dit manifesteer in immoraliteit, verleiding, onverklaarbare teisterings, uiteenlopende sterftes en uiterste armoede. By vele geleenthede het satan die mag van watergeeste gebruik om die plan van God op aarde uit te daag. Wanneer mense offerandes bring aan riviere/mere/seë, wat die skepping van God se Hande is, in plaas daarvan om die Ware God te aanbid, aanbid hulle watergeeste. Waar ookal hierdie altare opgerig word, sal hulle heerskappy en beheer hê oor die gebied en die mense. Hul aanbidding sal God se vloek en toorn oor ‘n stad/dorp bring, tensy die Kerk, wat in haar priesterlike amp behoort te staan, bely en gereeld namens die stad/dorp bid. GEBED: Hemelse Vader, Ons kom met die wapen van lofprysing op ons lippe en ons kondig ‘n beleg aan teen die watergeeste van ons stad/dorp. In die Naam van Jesus gooi ons jou strydwaens en perde omver en vernietig dit (Neptune het altyd die perde en strydwaens). Ons trek neer, gooi omver en vernietig in totaliteit al die sataniese trone binne die waters en vernietig hul krag in ons stad/dorp in Jesus Naam. Ons vernietig die trone van die gees van die slavin wat in samewerking is met watergeeste in ons stad/dorp, in Jesus Naam (die slavin is Islam). Ons vernietig die trone van alle toordokters en okkulte werkers in hierdie stad/dorp, in Jesus Naam. Ons bring belydenis vir en berou oor voorvaderlike sondes, bose toewydings, verbonde en ede met die watergeeste, in die Naam van Jesus.

Page 55: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

55

Ons vra vir die reiniging en suiwering van ons stad/dorp deur die Bloed van Jesus. In die Naam van Jesus, plaas ons God se hoeke in die kake van hierdie marine geeste en trek hulle uit die water tot in die woestyn. Ons ontkoppel die magte van hierdie marine geeste, in Jesus Naam. Ons profeteer vernietiging op die Babiloniese koninkryk wat in ons stad opereer, in Jesus Naam. Julle onrein watergeeste wat mense in gevangeskap hou, ons bind julle in die Almagtige Naam van Jesus en ons beveel julle om hulle nou dadelik te laat gaan! Ons skend die altare en tempels van die watergeeste in ons stad/dorp, in Jesus Naam. Ons kanselleer alles wat julle gedoen het oor die jare in hierdie stad/dorp, en draai elke ritueel nou om, in Jesus Naam. Al die deure wat julle verhard het, teen-petisie ons met ons trane van belydenis en berou, in Jesus Naam. Ons heilig, reinig en wy die waters van ons stad/dorp toe om slegs een doel te dien, nl. die doel van ons God en Vader in Jesus Naam. Vader, ons dank U dat U die draak wat in die middel van ons riviere lê, vernietig in Jesus Naam. AMEN

Page 56: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

56

17. GEBED TEEN SATANIESE AGENTE VAN JOU STAD / OMGEWING Skrifgedeeltes: Psalm 8:6; Daniël 2:2, 18; Eksodus 7:10-12; Eksodus 22:18; Deuteronomium 18:9-12; Jesaja 8:9-12 Hierdie agente van duisternis is die kruiedokters, hekse, towenaars, goëlaars, spiritualiste, toordokters, inheemse (toor) dokters en mense met familiêre geeste, ens. Baie van hulle opereer ook deur vals godsdienste ten einde hul slagoffers te mislei. Sommige kan selfs Christenskap gebruik om hul bose aktiwiteite te bedek. Satan wie ‘n gees is, kan nie fisies op aarde opereer sonder hierdie agente nie. Hulle kontak die sataniese koninkryk deur offerandes, oproepinge, besweringe, toorwoorde en vas. Hierdeur ontvang hulle krag om mense mee te beinvloed, asook hul onmiddellike omgewing. Hemelse Vader, Ons kom voor U troon van Genade en Guns en ons staan in die gaping vir onsself, ons gesinne, ons omgewing, en ons stad/dorp, in Jesus Naam. Deur die krag van die Heilige Gees, neutraliseer ons die invloed van sataniese agente in ons eie lewens, dié van ons gesinne en stad/dorp, in die Naam van Jesus Christus. Ons vernietig elke sataniese verbond wat gemaak is deur towenaars, astroloë, sterrekykers en toordokters met die sterre, son en maan oor die grondgebied van ......................... (noem jou stad/dorp), in die Naam van Jesus. Ons herroep en draai elkeen van hierdie verbonde om, in die Almagtige Naam van Jesus. Ons gebruik die teken van die Bloed van Jesus om die handgeskrewe instellings wat deur bose mense geprogrammeer is in die hemelse liggame en hul elemente oor die grondgebied van ____________(noem die stad/dorp) uit te wis in Jesus Naam.

Page 57: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

57

Ons voer U oordeel uit teen elke sataniese priester/priesteres wat betoweringe bedien tot die son, maan en sterre oor ons stad/dorp in die Naam van Jesus Christus. Ons eis hul siele volgens Psalm 2:8. Ons vra U, Here, om hulle te red deur U Almagtige Krag, Guns en Genade. Ons neem die Sleutels van die Koninkryk en ontsluit al die gevangenes van toordokters en vals profete in hierdie stad/dorp van _____________(noem die stad/dorp), in Jesus Naam. Ons beveel dat al die siektes waarmee toordokters mense geteister het, genees sal word wanneer hulle bedien word, in die Naam van Jesus. Vader, laat U heerlikheid van nou af rus op hierdie stad/dorp, in die Almagtige Naam van Jesus. Ons bevry almal wat in gevangeskap van die Nuwe Era, Eckankar, Rosicucianisme, Amorc, Vrymesselary, en alle ander kultusse is, nl.; _____________in die Naam van Jesus Christus. Vader, maak die oë van hierdie mense oop om Jesus Christus aan te neem as hul Heer en Redder. (Lukas 4:18). Ons bind die gees van vrees vir die dood en vrees vir aanval in die lewens van diegene wie Jesus wil aanneem as hul persoonlike Here, in Jesus Naam. Ons sny alle straf en weerwraak van die vyand af, in Jesus Naam. Ons beveel die territoriale geeste van ____________ (noem jou eie gebied) om al die siele van manne en vroue wat in gevangeskap van bose gewoontes en vals godsdienste gehou word, te laat gaan in die Naam van Jesus. Ons verklaar in die Almagtige Naam van Jesus dat die son ons nie sal steek in die dag en die maan ook nie in die nag nie. (Psalm 121:6). Laat elke bose uitspraak teen ons en ons gesinne wat in werking is vanaf enige altaar wat gediens word deur sataniese agente, stilgemaak word in die Naam van Jesus.

Page 58: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

58

Elke bose profesie en uitspraak teen die stad/dorp/omgewing van _______________ (noem die stad/dorp) deur sataniese agente, verklaar ons nou kragteloos in die Almagtige Naam van Jesus. Daar sal nie verder van geweld gehoor word in die stad/omgewing van ______________ nie, so ook nie vermorsing of vernietiging binne haar grense nie. Die mure van ons stad sal genoem word Redding en haar poorte Lofprysing, in die Naam van Jesus. (Jesaja 16:18) Ons ontslaan en gooi alle sataniese agente omver wat die reën van God se heerlikheid en herlewing binne ons grondgebied blokkeer, in die Naam van Jesus. Ons slaan die aktiwiteite van sataniese agente wat werk teen sukses, oorwinning en deurbraak in ons lewens lam, in die Naam van Jesus. Vader, laat U Gees van genade en smeekbede, U salwing van gebed en intersessie oor die bewakers en die intersessors van hierdie stad kom, in die Naam van Jesus Christus. Ons vra U, Vader, om diegene te genees en te bevry wat gewond is deur sataniese agente, in die Naam van Jesus. Ons vaardig ‘n nuwe bedekking van Lig, Heerlikheid en God se Geregtigheid uit oor ons stad / omgewing, in Jesus Naam. Ons vaardig ‘n goddelike ontslag-bevel uit aan alle sataniese agente wat opereer in ons stad/dorp/omgewing, in Jesus Naam. AMEN.

Page 59: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

59

18. GEBED TEEN DIE SATANIESE POORTE VAN JOU STAD / OMGEWING Skrifgedeeltes: Mattheus 16:18; Genesis 22:17; Jesaja 26:1-2; Jesaga 60:11; Daniel 2:48-49; Ester 2:21; Psalm 107:16; Josua 6:1-5; Psalm 24:7-10. GEBED Vader, in die Naam van Jesus ontvang ons U krag, Lewe, en Mag om die geveg om te swaai tot in die poort van die vyand. Wanneer ons begin met oorlogvoering, Vader, gee ons die regte woorde om te sê en salf ons tonge met die vuur van die Heilige Gees, in Jesus Naam. Ons verskuif elke stryd in ons lewens nou na die drumpel van die vyand, in Jesus Naam. Ons beveel vernietiging oor elke sataniese vergadering en helse byeenkoms teen alle evangelistiese uitreike in ons kerke en stede/dorpe, in Jesus Naam. Ons vernietig enige sataniese byeenkoms en organisasie wat opereer in die stad/dorp van ______________(noem), in die Naam van Jesus. Ons profeteer tot elke poort wat militant staan teen ons vooruitgang, voorspoed, vrede, rus en vordering in die lewe, om hulle nou op te lig in die Naam van Jesus. Ons profeteer teen elke antieke deur wat ons uitsluit van ons erfenis in hierdie stad, om oop te gaan, in die Naam van Jesus. Ons maak al die poorte van _____________(noem stad/dorp) oop vir God se ryke seëninge om in te vloei, in Jesus Naam. Ons ontslaan elke sataniese poortwagter wat ons weerhou van ons Kanaan seëninge, in die Naam van Jesus.

Page 60: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

60

Ons bevry onsself en ons gesinne van enige kollektiewe gevangeskap en slawerny van sonde, siekte en armoede voorgeskryf deur enige geestelike poorte, in die Naam van Jesus Christus. Ons profeteer tot die Oostewind om elke wolk van boosheid, oordeel, ramp, onheil, vernietiging en dood oor ons lewens, ons gesinne en ons omgewings en Kerke, weg te waai in die Naam van Jesus Christus. Ons verbied en belet alle werkinge van sataniese poorte in ons lewens en ons omgewings, in die Naam van Jesus. Ons ontslaan alle sataniese poortwagters wat waak oor die poorte van _____________ (noem stad / dorp), in die Almagtige Naam van Jesus. Ons vra U, Vader, om U Engele aan te stel as die Poortwagters van die stad/dorp. Ons spreek tot alle sataniese poorte wat die mense van ______________(noem stad/dorp) daarvan weerhou om Jesus Christus as Here aan te neem, om ineen te stort soos Jerigo se mure en poorte ineengestort het, in die Naam van Jesus. In die Naam van Jesus en deur die krag van Sy Bloed, spreek ons tot die inwoners van hierdie stad/dorp, dat hul oë sal oopgaan en dat hulle na Christus sal draai, in Jesus Naam. Ons neem gesag oor al die watergeeste in _____________ (noem die stad/dorp) wat mense in gevangeskap hou, en ons bind hulle in Jesus Naam en beveel dat hulle nou hul gevangenes vrylaat, in Jesus Naam. Ons vra U, Vader, om ‘n sterk eetlus en begeerte vir die dinge van God los te laat oor die mense van hierdie stad/dorp, in Jesus Naam. Ons profeteer oor die stad dat vrede, liefde, voorspoed, vermeerdering, vooruitgang en ‘n Hemelse deurbraak sal begin manifesteer, in die Naam van Jesus. Ons verklaar dat slegs Jesus Christus sal heers as Here oor hierdie stad/dorp! Ons profeteer dat van vandag af sal die Here op elke woonplek in hierdie stad/dorp en ons gemeentes, ‘n wolk- en rookkolom in die dag en ‘n vlammende vuur in die nag wees, in die Naam van Jesus.

Page 61: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

61

Vader, U alleen is ons beskerming en verdediging, en U Naam is ‘n sterk toring waarin ons kan hardloop. Ons beweeg kragtig vorentoe in ons erfenis hierdie jaar, in Jesus Naam. Ons verklaar dat vanaf hierdie dag, geen sataniese muur en geen sataniese poort in staat sal wees om die evangelie op hierdie grondgebied te keer nie, in Jesus Naam. Vader, dankie vir die ineenstorting en val van oeroue poorte en die oplig van ewigdurende deure, in Jesus Naam!!! AMEN. [Sien Gebeds Altare, beskikbaar by Kanaa Bedieninge]

Page 62: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

62

19. VERLOSSING EN VRYMAKING VAN FISIESE EIENDOMME DEUR GEBED TEN EINDE DIE VYAND TE ONTWAPEN BEGINSELS VóóR DIE STRYD 1. Gebedstryders moet belydenis doen van persoonlike sonde,

vergiffenis ontvang en deur die Bloed van die Lam gereinig word. 2. Gebed vir beskerming van elke area van krygers en verklaring van

verbondsregte oor elke area van gebedskrygers se lewens, met inbegrip van naby en uitgebreide familie, persoonlike verhoudings, fisiese eiendom en besittings, lewende hawe en troeteldiere, gawes en salwing en bedieninge, en persoonlike profesieë. Gebedskrygers moes self al deur deeglike bevryding gegaan het, veral in die area van oorgeërfde ongeregtighede.

3. Dit is 'n drieledige proses wat bestaan uit: a) Sondebelydenis namens húlle wat die sonde gepleeg het.

Bring die sondes wat geopenbaar is een vir een voor God namens hulle wat die sonde gepleeg het en vra Sy vergiffenis. Moenie vra dat God hulle vergewe nie; sê "God, vergewe ons" - staan in die bres. Noem ook spesifiek enige sondes as gevolg van rituele wat deur Satan se dienaars uitgevoer is. Dit sluit in alle seksuele perversiteit, bloedoffers, swart en wit toorkuns, divinasie, heksery, vloeke, towerspreuke en inkantasies. Vra dat die Bloed van Jesus Christus van Nasaret die bloed wat om vergelding uitroep, sal stilmaak. Vra dat die gees van almal wat geoffer is in die hand van die Here oorgegee sal word. Vra God om sy Hand van Oordeel terug te trek oor die sonde wat gepleeg is.

Page 63: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

63

b) Aftakeling van demoniese strukture en uitdiensstelling van

individuele demoniese magte. Bid dat enige demone wat deur hierdie sondes vereer is, uit hul magsposisies onttroon sal word. Verbreek die krag van alle towerspreuke, vloeke en inkantasies, keer alle rituele om en verander elke vloek in 'n seën. Vernietig alle getuies in die gees en werp neer alle altare en afgode wat opgerig is om Satan te vereer. Vra God om Sy Heilige Vuur te stuur om alle getuienis daarvan te verteer. Bid dat al die magte van die duisternis met doof, stom en blind geslaan sal word. Vra God om die hekwagters en bewakers van die eiendom se monde te snoer. Sny die eiendom los van die heersers en die territoriale demone en hul outoriteit en heerskappy. Vernietig die opdragpapiere van elke individuele demoon en onthef hulle van hul opdrag en posisie van outoriteit oor die plek. Bind alle geïdentifiseerde demone en beveel hulle om terug te val in die gees. Vestig nuwe grenslyne deur God te versoek om 'n muur van Heilige Vuur op te rig. Vra God om verwarring te bring in die kommunikasie en vereniging van die kommunikasiekanale wat daar in die gees tussen die demoniese magte is. Saai verwarring in hulle geledere en isoleer die demoniese magte van mekaar. Verbied hulle om enige fisieke objekte (gewyde klippe/grotte) en kragpunte, veral elektriese kragpunte, waterweë en die rioolstelsels as bronne van krag te gebruik. Verklaar dat die seisoen in die gees (hetsy dood, vernietiging, hongersnood, oorlog, aanbidding van mammon) oor die plek sal verander en verwyder alle demoniese baniere en dekrete. Verklaar die profesieë en planne wat in die hemele oor die eiendom uitgespreek is, nietig en kragteloos. Sluit alle ingange na die plek in die gees en seël die eiendom af. Vra God om al vier die elemente te reinig (vuur, lug, water, aarde). Verklaar dat die eiendom verseël sal bly en dat die seël nie deur enige agente van Satan of demonies besette persoon verbreek sal word nie.

Page 64: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

64

Neem outoriteit oor al die demone en bind hulle. Vra God om ook alle mensgeeste aan die heerskappy van Jesus Christus van Nasaret te onderwerp. Bid dat God alle demoniese magte wat die gebede van die heiliges probeer verhinder en teenstaan, sal oordeel en hulle uit hul posisies van hardnekkigheid en afgodery sal verwyder.

c) Loslaat en inplanting van Goddelike saad en engelemagte en die Vuur van die Salwing van die Heilige Gees.

Vra God om die teenwoordigheid van Sy Heilige Gees in daardie plek openbaar te maak en dat Hy Sy oorlogsengele, verbondsengele, koppelingsengele en bedieningsengele sal stuur om die plek te vul. Bid dat die Banier van die Here onse God, Jehovah Nissi, in die gees oor daardie plek opgerig sal word. Bid dat die Vuur van God jou sal omring en jou in die gees sal wegsteek.

4. Daar moet op 'n makro vlak sowel as op 'n mikro vlak gebid word. Dit beteken: a) Makro: Eiendomme en geboue is onderhewig aan territoriale

demone en vestings. Ook aan seisoene in die gees sowel as aan demoniese planne wat volgens die hemele en die kamers van die maan en die son bereken is.

b) Mikro: Individuele mense deur wie demoniese magte kan werk om die magte in die lug te versterk of met hulle saam te stem. 5. Om effektief te kan bid, is identifikasie van geestelike vestings

en magte van die uiterste belang. Dit beteken dat jy vooraf, ná die gebed om beskerming, moet vra dat die goddelike inspirasie en openbaring van die Heilige Gees die werke van die duisternis aan die lig sal bring. Bid dat alle verborge dinge in die lig van God openbaar gemaak sal word en dat alle skadu's en sluiers verwyder sal word, sodat die oë van die Gees deur visioene, woorde van wysheid en onderskeiding en uit die Skrif 'n openbaring sal ontvang van individuele magte en sondes wat gepleeg is. Vra God vir die vloei van die profetiese salwing. Vra dat die gebede geen ongunstige nagevolge vir enige van die bidders tot gevolg sal hê nie en dat enige petisies in dié verband in die Naam van Jesus gekanselleer sal word.

Page 65: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

65

Verklaar die vrede en vreugde van God en die heerskappy van Jesus oor die plek. Gee God alle dank en eer vir alles wat Hy gedoen het. AMEN.

Let wel: Hierdie is bloot 'n riglyn en nie 'n formule nie. Laat jou asseblief deur die Heilige Gees lei. Hanteer elke situasie as uniek - daar is geen krag of salwing in godsdienstige rituele nie.

Page 66: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

66

20. TIEN STAPPE OM GEESTELIKE DUISTERNIS UIT JOU HUIS TE VERDRYF Terwyl jy deur hierdie stappe werk, onthou asseblief dat dit ‘n tydjie mag neem. Moenie probeer om die proses af te jaag nie. Jy mag byvoorbeeld vind dat jy meer tyd benodig om persoonlike belydenis te doen as wat jy vermoed het, of om deur jou huis te soek vir aanstootlike voorwerpe. Laat die Heilige Gees toe om die pas vir jou aan te gee. Onthou ook dat die huis of eiendom nie aan jou hoef te behoort wanneer jy hierdie lys deurwerk nie. Indien jy ‘n huis of woonstel huur, besit jy die geestelike reg om satan se bende-lede uit te werp. Stap Een: Aanvaar Jesus as jou Heer en Redder Die meeste van ons het alreeds hierdie stap geneem, maar vir diegene wat nié het nie, is die eerste stap vir die verdrywing van geestelike duisternis uit jou huis, om jou verhouding met God vas te maak deur Jesus as jou Here en Redder aan te neem. Dit is deur die Naam van Jesus wat ons die outoriteit besit om demoniese magte uit te werp en ons kan nie voordeel trek uit Sy Naam indien ons nie in verhouding met Hom staan nie. Maar daar is iets wat nog belangriker is op die spel, en dit is jou ewige tuiste. Om saam met geestelike duisternis te woon hier op aarde is een ding, maar om in uiterste en algehele duisternis te leef met geen hoop op lewe vir ‘n ewigheid, is iets anders. Slegs die Bloed van Jesus kan jou red van so ‘n aaklige lot. Indien jy dus nog nie jou redding verseker het nie, oorweeg asseblief om weg te draai van sonde, glo in die sterwe en opstanding van Jesus en ontvang Hom as Here en Redder van jou lewe. Om dit te kan doen, moet jy:

1. Beskou jou lewe en draai dan weg van alles wat teenstrydig is met wat God wil hê. (Mat. 3:7-10; Hand. 3:19).

2. Erken dat Jesus Christus aan die Kruis gesterf het om jou sonde te vergewe en dat jy Hom aanneem as jou Redder om jou te reinig van sonde. Jesus het die prys betaal vir jou sonde. (Rom. 5:9, 10; Titus 2:14).

3. Vra Hom om die Heer van jou lewe te wees, erken openlik en verbaal dat Jesus nie slegs jou Redder is nie, maar ook jou Here. (1 Joh. 2:23).

Page 67: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

67

Stap Twee: Maak ‘n Geestelike Opname van jou Lewe. Ten einde demoniese magte uit ons wonings te kan verwyder en hulle daaruit te hou, moet ons gewillig wees om te handel met sonde en verwante daarvan in ons lewens. Soos Charles Kraft, professor by Fuller Teologiese Kollege dit beskryf, demone is soos rotte en sonde is soos vullis. “Indien ons ontslae raak van die rotte, maar die vullis behou, is die persoon steeds in groot gevaar. Maar indien ons van die vullis ontslae raak, sal dit ‘n onmiddellike uitwerking op die rotte hê.” M.a.w., jy moet ontslae raak van die vullis ten einde ontslae te kan raak van die rotte. Wanneer ons ons lewens ledig van sonde, het demoniese magte nie meer die wettige reg wat hul eens gehad het om ons lewens en tuistes te beset nie. Aan die ander kant, indien ons deur hierdie stappe gaan werk om ons tuistes skoon te kry van demoniese magte sonder om ons lewens reg te stel voor God, gaan ons eintlik die situasie vererger! Jesus het gesê dat indien ons ‘n demoon uitdryf en dit kan nie elders rus vind nie, kom daardie demoon terug om die situasie in oënskou te neem. Indien die demoon sien dat die huis steeds geskik is vir besetting, gaan dit uit en soek sewe ander demone wat selfs nog meer boos is as dit self, en hulle neem almal hul intrek daar. Indien ons een demoon uitdryf maar nie die wettige reg daarvaan verwyder nie, kry ons later 8 in die plek van die een! “En die einde van daardie man is erger as die begin” (Mat. 12:43-45). Vra die Here om enige sonde en verwante dinge in jou lewe uit te wys waarmee gehandel moet word voordat daar met hierdie proses voortgegaan word. Omdat onvergewensgesindheid ‘n groot sak vullis is en demone gaande is om daarop te teer, moet jy God vra om aan jou enige areas van onvergewensgesindheid teenoor ander in jou lewe uit te wys wat moet gereinig word. Stap Drie: Wy jou Woning aan die Here toe. Die volgende stap in die verdrywing van geestelike duisternis uit jou huis, is om dit aan die Here toe te wy. Dit is ‘n blote gebed om die teenwoordigheid van die Here in jou huis te verwelkom. Vra die Here om jou huis vir Sy planne te gebruik. Verklaar dat jy en jou huis die Here sal dien. (Jos. 24:15). Verklaar dat jou huis nie ‘n hawe vir magte van duisternis sal wees nie, maar dat dit ‘n baken van lig vir jou gesin en die wêreld sal wees. Dit is die beste om hierdie dinge hardop te bid, aangesien dit jou bedoelings sal bevestig – nie alleen vir God en jouself nie, maar vir enige magte van duisternis wat op die punt staan om hul woonplek te moet prysgee. Stap Vier: Berei voor vir die Stryd. Dit waarin ons gewikkel is, is geestelike oorlogvoering. Ons voer oorlog in die hemele om ons wonings te vestig vir die Here en die regte daarop te ontneem van die magte van duisternis.

Page 68: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

68

Hier is die voorbereidings wat ons behoort te maak wanneer ons in tot die stryd tree:

1. Vra die Here vir strategie vir hierdie oorlog. Hy mag jou dalk lei om lofprysings musiek in jou huis te speel vir ‘n sekere periode, of dalk om spesifieke Skrifgedeeltes hardop te lees in elke vertrek. Verwag dat Hy jou gebed sal antwoord en jou sal wys wat volgende.

2. Vra dat die Bloed van Jesus jouself, jou gesin, jou diere en jou besittings en eiendom sal bedek.

3. Bid Ps. 91 hardop. 4. Bind enige demoniese magte in die Naam van Jesus, sodat daar geen

manifestasies van hul kant mag plaasvind gedurende hierdie proses nie. Stap Vyf: Neem ‘n Geestelike Opname van jou Woning. Vra die Here om jou te help onderskei terwyl jy deur jou besittings gaan. Gaan deur jou huis, vertrek vir vertrek, en laat die Heilige Gees toe om aan jou enige voorwerpe uit te wys wat nie in jou huis behoort te wees nie. Stap Ses: Reinig jou Woning van Ongoddelike Voorwerpe. Wat ookal daar is wat behoort te gaan, behoort nie eenkant geplaas te word vir jou volgende motorhuis veiling nie! Wanneer jy weet watter dinge moet gaan, vernietig dit deeglik. Deut. 7:25 bied aan ons ‘n voorbeeld om te volg: 25”Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God ’n gruwel.” Neem dit wat verbrand kan word, en doen presies dit. Indien dit nie verbrand kan word nie, ‘trek’ dit deur die vuur as ‘n simboliese aksie van gehoorsaamheid, en vernietig dit dan op watter wyse ookal vir jou moontlik is, soos bv. stukkend slaan of wegspoel. (Ek weet van mense wat dit met juwele gedoen het wat nie op enige ander manier vernietig kon word nie!) Wanneer die voorwerp vernietig is, verloën enige deelname wat jy of jou gesin daaraan gehad het (wetend of onwetend), en vra die Here om jou te vergewe. Indien die voorwerp gekoppel is met Vrymesselary, Oosterster, Job se Dogters, Rainbow of De Molay, bid die “Gebed van Bevryding vir Vrymesselaars en hul Nageslag” (Verloëningsgebede – Geheime Organisasies, verkrygbaar by Kanaan Bedieninge). Omdat die wettige reg van demoniese magte wat gekoppel was aan daardie voorwerp verwyder is deur hierdie aksies, kan jy nou enige demoniese magte wat aan daardie voorwerpe verbind is, beveel om te gaan in die Naam van Jesus Christus. Herhaal hierdie stappe met elke voorwerp wat moet gaan.

Page 69: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

69

Stap Sewe: Reinig elke Vertrek en Reinig die Grondgebied. Nadat jou woning nou gereinig is van ongoddelike voorwerpe, is die volgende stap om die geestelike atmosfeer van elke vertrek te reinig. Demoniese magte wat nie gekoppel was aan ‘n voorwerp nie, maar dalk in die huis is a.g.v. sonde of trauma wat daar plaasgevind het, moet mee gehandel word. Gaan deur jou huis en bely enige sonde waarvan jy bewus is wat plaasgevind het in elke vertrek. Indien jou huis voorheen deur iemand anders bewoon is, vra die Here om jou te wys wat in elke vertrek gebid moet word. Vertrou die indrukke wat jy ontvang gedurende hierdie proses. Indien jy ‘n opmerklike verandering waarneem in gedrag of omstandighede sedert jy daardie huis betrek het wat nie op enige ander manier verduidelik kan word nie (bv. stryery, finansiële probleme, geweld, nagmerries, ongelukke, ens.), kan dit ‘n aanduiding wees van wat daar plaasgevind het voordat jy jou intrek geneem het. Doen identifikasie belydenis in elke vertrek en ook oor die grondgebied. Bid dat die Here enige trauma sal genees wat veroorsaak is deur die teistering van demoniese magte in jou huis. Vra ook die Here om aan jou en jou gesin die seëninge terug te gee wat die vyand deur demoniese magte gesteel het uit jou huis. Stap Agt, Deel Een: Wy jou Huis toe. Wanneer jy al hierdie stappe deurgegaan het, gaan deur jou huis, een vertrek na die ander, en wy elkeen toe aan die Here. Spreek spesifieke seëninge in elke vertrek. In die woonkamer kan jy bv. die tyd seën wat jou gesin daar saam deurbring en vra die Here om daardie verhoudinge te versterk. In elke slaapkamer kan die plan en doel wat God vir elkeen van die inwoners het, geseën word. In die slaapkamer van ‘n getroude paar, kan die seksuele verhouding en eenheid tussen man en vrou geseën word. Seën die werk wat plaasvind in ‘n kantoor of werksplek en verklaar dat alle werk wat daar gedoen word, vir die Here sal wees. Dink waarom elke vertrek ontwerp is, en seën daardie doel. Jy kan self die reiniging wat in die badkamer plaasvind, seën en die Here vra om dit te gebruik as ‘n herinnering van die reiniging wat Hy in jou eie lewe gebring het! Baie mense wat hul wonings vertrek vir vertrek toewy, gebruik dikwels olie om die deure, vensters en meublement te salf. Olie word gebruik as ‘n simbool van Jesus se Bloed – ‘n herinnering aan beide die reinigende en beskermende krag in Sy Bloed. Indien jy so gelei voel, is die gebruik van olie sekerlik toepaslik vir hierdie manier van bid. Stap Agt, Deel Twee: Wy jou Eiendom toe. Wanneer die proses afgehandel is, kan die grondgebied aan die Here toegewy word. Een manier om dit te doen, is om die grenslyne van jou eiedom af te stap terwyl jy verklaar dat die land toegewy of afgesonder is vir die Here. Hierdie fisiese daad help om geestelike grenslyne te stel.

Page 70: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

70

Nog ‘n gewilde manier om die grondgebied toe te wy, is om die grond af te steek en ‘n bedekking van lofprysing op te hef. Dit word gedoen deur houtstokke te neem en in elke hoek van die erf of grondgebied in te slaan terwyl die Here se seën afgebid word. Dan word daar vanuit die middel van die eiedom ‘n denkbeeldige bedekking opgehys – deur lofprysing aan God deur Hom te aanbid, liedere te sing en Skrifte te verklaar. Geeneen van hierdie metodes (of dit tesame of individueel gebruik word), is ‘n towerformule nie, maar in der waarheid ‘n simboliese of “profetiese” aksie wat aan die Here, jouself en aan die magte van duisternis, verklaar dat hierdie eiendom afgesonder (toegewy) is aan die Here. Byvoorbeeld: neem vier stokkie (ongeveer 2 duim dik) en skryf met ‘n swart viltpen Skrifverwysings aan beide kante van elke stok. Ons het Skrifte gebruik soos Ps. 91; Jes. 54:2,3; Jer. 29:7; Luk. 1:37; en Jos. 24:15. Gaan na elke hoek van die eiendom, lees die Skrifte wat neergeskryf is op die stokke, bid ‘n gebed van seën en toewyding en slaan die stok in die grond met ‘n voorhamer. Kom weer bymekaar in die huis en rig ‘n bedekking van lofprysing op deur die Here saam te aanbid. Indien jy stokke wil inslaan op jou eiendom, vra die Here watter Skrifte jy behoort te gebruik om die eiendom aan Hom toe te wy. Jy mag dalk heeltemal ander Skrifte gebruik as ons. Doen wat ookal reg is vir jou en jou spesifieke situasie. Jy kan so kreatief wees as wat jy wil in metodes om jou eiendom toe te wy! Stap Nege: Vul jou Woning met Heerlikheid. Die volgende stap is om jou huis te vul met voorwerpe en aktiwiteite wat heerlikheid aan God sal toebring. Jack Hayford het hierdie lys van aktiwiteite voorgestel wat gesonde, gelukkige, heilige wonings sal bevorder:

1. Neem Nagmaal saam met jou gesin tuis. Sluit beslis jou kinders daarby in. 2. Sing in die huis, alleen en ook tesame. Laat jou huis gevul word met die

liedere van die Here. 3. Bid in jou huis. Bid saam as ‘n gesin. Maak tafelgebed betekenisvol, selfs al

is dit kort. Geskeduleerde tye van gebed is goed, maar net so is gebed wat natuurlik kom, en dit help die kinders om toe te tree as opregte deelnemers i.p.v. gedwonge.

4. Getuig van die goeie dinge wat God vir jou gedoen het. Etenstyd is ‘n goeie tyd om te gesels oor wat Jesus vandag gedoen het om jou te help.

5. Spreek die Woord in jou huis. Behalwe jou eie stiltetyd en Bybellees tyd, probeer om periodiek in die middel van jou woonkamer te staan en ‘n psalm hardop te lees!

6. Hou jou huis helder. Skep ‘n opregte atmosfeer van hoop in jou huis. Weier enige invloed (buierigheid, skerp woorde, onwaardige musiek, aktiwiteite of videos) wat die helderheid van God se heerlikheid in jou huis probeer blus.

Page 71: Amanda Buys se Geestelike Dekking - Kanaan · PDF file2 Amanda Buys se Geestelike Dekking Hierdie is ‘n produk deur Kanaän Bedieninge, ‘n nie-winsgewende bediening onder die dekking

71

Stap Tien: Behou Geestelike Oorwinning. Wees op jou hoede! Die vyand sal graag probeer om nuwe en kreatiewe maniere te vind om jou huis te infiltreer met geestelike duisternis. Dit is ‘n goeie idee om van tyd tot tyd deur jou huis te gaan en te ondersoek vir enige nuwe voorwerpe wat nie daar behoort te wees nie, of deur enige sonde en verwante dinge te bid wat na vore gekom het. Maak ook ‘n punt daarvan om die vertrekke van jou huis en die grenslyne van jou eiendom minstens een maal per jaar toe te wy en deur te stap. Dit is miskien raadsaam om ‘n spesifieke dag en datum in die jaar te kies wat jou sal herinner dat dit weer tyd is vir ‘n geestelike bestek opname en hertoewyding van jou eiendom aan die Here. Mag die Here jou ryklik seën terwyl jy daarna streef om jou huis te reinig van geestelike duisternis en te lewe in die heerlikheid van Sy teenwoordigheid! Notas: Uittreksels uit “Ridding your Hom of Spiritual Darkness” deur Chuck Pierce. Ander verwysings: 1. Steps taken from: Pat Robertson, "Spiritual Answers to Hard Questions," The Spirit-Filled Life Bible (Nashville, TN: Thomas Nelson Publishers, 1991), p. 1997. 2 Charles H. Kraft, Defeating Dark Angels, (Ann Arbor, MI: Servant Publications, 1992), p. 43. 3. Bob Beckett has written about staking a whole community in his book Commitment to Conquer (Chosen Books), which is an excellent resource for further study. 4. Jack Hayford, Glory on Your House (Grand Rapids, MI: Chosen Books, 1991), pp. 94-104.