2 inhoudsopgawe · 2017-11-27 · is sal ons defnitief hierdie liga weer aanbied. skeidregters soos...
Post on 14-Aug-2020
0 Views
Preview:
TRANSCRIPT
1
2
INHOUDSOPGAWE
VOORSITTERSVERSLAG ...................................................... 3
TROFEË-WENNERS ................................................................... 7
LIGA UITSLAE ........................................................................... 8
OPSOMMING VAN VORIGE JARE SE UITSLAE ................... 9
FINANSIES .............................................................................. 12
3
STEINHOFF MATIES HOKKIEKLUB
KOSHUISHOKKIE VERSLAG 2017 HOKKIE KOMITEE Ashley Kriel (Voorsitster)
Inus Bernardo
Carina Pienaar
Tim Coxon
Judy Mellet
Alanah Hartzer
Scharlize Crafford (Maties Hokkie verteenwoordiger)
KOSHUISHOKKIE VERTEENWOORDIGERS
Koshuis Naam Koshuis Naam
Academia Tegan Gibbes Majuba Neil Dippenaar
Aurora Caleb Jooste Medies (Mans) Keenan O'shea
Artistea Carli Medies (Dames) Jessica Human
Boland College Geraldine Jacobs Metanoia (Mans) Louw Kriel
Dagbreek Jeandre Joubert Metanoia (Dames) Christine Kritzinger
Eendrag Inus Barnardo Minerva
Sune Raspel
Equité Ashley-Anne Kriel Lize Coetzee
Erica Annalien van Rooyen Monica
Anke van der Merwe
Goldfields (Dames) Christine Bronwen Seager
Goldfields (Mans) Bingle Kruger Nemesia Ghiete Merbold
Harmonie Lana de Jongh Nerina Nicola van der Westhuizen
Hanna Kotze Old Boys Matthys Walters
Heemstede Ina-Mari van Niekerk
Olympus (Dames)
Jack Perrett
Helderberg Cornelius Jonker Ali Grewar
Steph v Rensburg Jenna Seegmuller
Helshoogte I Brandon-Lee Olympus (Mans)
Jason Murray
Helshoogte II Deon Bruintjies Tim Coxon
Huis Marais Le Roux Brand Oude Molen Joshua Schenck
Ben-Louis Kriel Oud-Studente Gail Jordaan
Huis ten Bosch Deandi vd Vyver Pieke Melt Lategan
Huis Visser Nicus Bothma Silene Esmari Esterhuisen
Irene Alanah Hartzer Serruria Mika Engelbrecht
Kelsey Scott Simonsberg Henri Strydom
Isa Dameskoshuis
Janke Mostert Sonop
Mieke Relihan
Mari Niemand Christi Kruger
Libertas
Morne Bester Venustia Chante van Zyl
Vesta Matthew Sewyer
Gareth de Bruin Wilgenhof Lodewyk Vogel
Sebastian Potgieter
Lydia Judy Mellet
4
Inleiding
Die 2017 Steinhoff Koshuishokkie seisoen was, nes vorige jare, ‘n uiters suksesvolle een. Ek wil graag vir
Scharlize Crafford bedank vir haar toewyding en harde werk dwarsdeur die seisoen. Baie dankie ook aan
Maties Hokkieklub dat al die Superliga en Uitdaagliga wedstryde op die onderskeie Astro bane kon
plaasvind.
‘n Groot dankie aan Steinhoff vir die borgskap van die Maties Hokkieklub, wat ook deur filter na die
Koshuishokkie. Hierdie jaar het elke deelnemende koshuisspan ‘n unieke kleur hempie van Steinhoff
ontvang wat nie net vir die Somerliga nie, maar ook vir die Winterliga gebruik kon word.
Toernooie
Die 2017 seisoen het afgeskop met die jaarlikse toernooie op 2 opeenvolgende Saterdae in die eerste
kwartaal. Die toernooie was die Eerstejaarstoernooi en die Interkoshuistoernooi.
Dankie aan die Maties hokkie klub komiteelede wat gehelp het met die organisasie van die toernooie asook
aan al die skeidsregters wat die wedstryde geblaas het.
Die toernooie was ‘n positiewe afskop vir die seisoen. Dit het vir spanne die geleentheid geskep om mekaar
te leer ken en om bekend te raak met die Koshuishokkie kultuur. Hierdie toernooie help kweek die goeie
gees van die koshuisliga.
Eendrag wat die mans Interkoshuistoernooi gewen het. Hulle het ook die toernooi in 2016 gewen.
Uitslae van die onderskeie toernooie:
Toernooi Vroue Mans
Eerstejaarstoernooi Irene Dagbreek
Interkoshuistoernooi Medies Eendrag
Somerliga
5
Somerliga is elke jaar n groot toernooi met sterk kompetisie en wedstryde van goeie gehalte wat saans onder
die spreiligte op die astro plaasvind. Hierdie jaar was daar 25 Vroue- en 21 Mansspanne van die US se
koshuise.
Klubspelers mag ook in hierdie toernooi speel vir hulle onderskeie koshuise. Dit sorg natuurlik vir
uitstaaande gehalte hokkie en verskaf ook net verdere rede vir die koshuise om hul onderskeie koshuise te
ondersteun en geesdriftige toeskouers te verseker.
Die finale is weereens in ‘n goeie feestelike atmosfeer gespeel. Hierdie jaar was die vroue finaal tussen Huis
Ten Bosch en Medies, terwyl die mans finaal uitgeveg was tussen Eendrag en Libertas.
Wenners van die Somerliga:
Vroue Mans
Huis Ten Bosch Eendrag
Winterliga
Die formaat van hierdie jaar se liga het bestaan uit 3 ligas, vir beide mans en vroue. LSL, LCL, L2, MSL,
MCL en M2. Beide die Super Ligas en die Uitdaag Ligas het op die astro-bane plaasgevind. Die Super- en
Uitdaag ligas het elk 8 spanne bevat. Met die L2 7 spanne en M2 het 9 spanne. Die drie ligas van beide die
mans en vroue, het n rondomtalie rondte gespeel, waarna hierdie ligas in die top 4 en onderste 4 verdeel het.
Binne hierdie verdeling, het die spanne dan in elke liga semi finale gespeel om te sien wie dan in die finaal
speel om sodoende die finale posisies van die spanne in elke liga te bepaal.
Die skeidsregters was ‘n probleem hierdie jaar, met van die studente wat nie opgedaag het vir hulle
wedstryde nie. Ons sal verseker kyk na ‘n beter oplossing vir volgende jaar. Die onderste ligas se
verteenwoordigers moes self sorg vir n skeidsregter vir hulle wedstryde. Hierdie wedstryde het op die
grasvelde by Welgevallen plaasgevind. Die onderskeie ligas het gesorg vir spannende en baie vermaaklike
wedstryde.
Uitslae:
Hierdie jaar se aantal spanne wat deelgeneem het was meer as in 2016. Mans het 25 en vroue het 23 spanne
gehad wat in die onderskeie ligas deelgeneem het.
Die uitslae vir die onderskeie ligas was dan ook as volg:
Vroue
Super Liga Steinhoff Huis Ten Bosch
Uitdaag Liga Steinhoff Serruria
L2 Steinhoff Monica
Mans
Super Liga Steinhoff Majuba
Uitdaag Liga Steinhoff Wilgenhof
M2 Steinhoff Dagbreek II
Baie geluk aan die onderskeie wenners.
6
5-A-Side Toernooi
In 2017 het ons nie ‘n 5-a-side toernooi aangebied nie, die klub se astro’s was vervang en ons het ook ‘n
binneshuis liga gereel vir die eerste keer. Die koshuise het nie so baie spanne ingeskryf vir die toernooi nie
en het meeste van die spanne bestaan uit klub lede, maar ons sal kyk om volgende jaar die ligas appart te
hou sodat ons meer koshuis spanne kan betrek.
Die klub wil ook kyk om 5-a-side borde aan te skaf of ekstra velde te bou, indien dit in 2018 al beskikbaar
is sal ons defnitief hierdie liga weer aanbied.
Skeidregters
Soos verlede jaar voorgestel is, is ‘n nuwe inisiatief begin wat as die Groep 20 bekend gestaan het. (meer
besonderhede onder Instituut verslag) Die skeidsregters wat aan die Groep 20 inisiatief behoort het, het
die wedstryde van die Somer- en Winterliga behartig. Hierdie inisiatief het gekom weens die
onbetroubaarheid van die klubspelers. Die ideaal sal wees dat elke koshuis n skeidsregter sal voorstel vir
die groep en die persoon sal die nodige opleiding onvang en sal dan ingedeel word om wedstryde te blaas
deur die seisoen. Die inisiatief was grootendeels suksesvol, ons hoop egter om volgende jaar meer
skeidsregters in hierdie groep te he.
Die wedstryde in die Uitdaagligas is deur klubspelers waarngeneem, en ongelukkig is daar weer bevind
dat die klubspelers nie altyd opdaag vir hulle skeidsregters diens nie. Vir die klubspelers wat wel
opgedaag het, wil ons baie dankie voor se, dit word regtig opreg waardeer.
Ek wil net weer van nie geleentheid gebruik maak om vir die Maties Hokkie klub dankie te se vir als
waarmee hull eons gehelp en aangebied het.
Finansies
Die klub word hoofsaaklik gefinansier deur Affiliasie en Registrasiefooie. Met die registrasie gelde wat
hierdie jaar verminder was, moes daar ‘n paar veranderinge plaasgevind het om die te kort te kan bestuur.
Baie dankie aan die verteenwoordigers wat seker gemaak het dat die vorms ingevul word en ingegee word.
Sonder dit sal die koshuishokkie nie kan funksioneer nie.
Boetes maak ook ‘n deel uit van die inkomste. Dit het wel onder ons aandag gekom dat hierdie sisteem nie
werk nie en ons volgende jaar die boetes sal verwyder.
Baie dankie ook vir die spanne en verteenwoordigers wat die reëls so mooi nakom en dinge reg doen, dit
word weerspieël in die boetes.
Samevatting
2017 was ‘n baie suksesvolle jaar vir Koshuishokkie. Baie dankie aan Scharlize, elke komiteelid en ook elke
koshuisverteenwoordiger. Julle bygedra het gelei tot nog ‘n gesonde jaar van Koshuishokkie.
Dankie ook vir die spelers wat elke wedstryd in goeie gees gespeel het, sonder julle en julle liefde vir die
sport is die klub niks. Ons hoop ons kan jaarliks groei en dat volgende jaar selfs n beter jaar sal wees en dat
die veranderinge wat saam met die jaar kom, tot beter wedstryde sal lei.
Ashley Kriel KOSHUISHOKKIE VOORSITSTER 2017
7
Trofeë-Wenners 2017
Neels van Niekerk- trofeë
Wenners Mans Eerstejaarstoernooi Dagbreek
Botha- trofeë
Wenners Vroue Eerstejaarstoernooi Irene
Rein Kelder- trofeë
Wenners Mans Interkoshuistoernooi Eendrag
Prestige- trofeë
Wenners Vroue Interkoshuistoernooi Medies Dames
Wenners Vroue Somerliga Huis Ten Bosch
Wenners Mans Somerliga Eendrag
Wenners Vroue Superliga Huis Ten Bosch
Wenners Mans Superliga Majuba
Wenners Vroue Uitdaagliga Serruria
Wenners Mans Uitdaagliga Wilgenhof
Wenners Vroue Tweedeliga Monica
Wenners Mans Tweedeliga Dagbreek II
Besonderse prestasie Huis Ten Bosch
Besonderse bydrae deur die jaar Jenna Bam
8
KOSHUISHOKKIE FINALE 2017
MANS LIGAS
SUPERLIGA UITDAAGLIGA 2DE LIGA
1 Majuba I 1 Wilgenhof I 1 Dagbreek II
2 Eendrag I 2 Huis Visser 2 Eendrag II
3 Medies 3 Olympus 3 Helderberg II
4 Simonsberg 4 Huis Marais 4 Huis Marais II
5 Helderberg I 5 Metanoia 5 Wilgenhof II
6 Dagbreek I 6 Pieke 6 Helshoogte II
7 Helshoogte I 7 Old Boys 7 Majuba II
8 Vesta 8 Libertas 8 Oude Molen
9 Eendrag III
DAMES LIGAS
SUPERLIGA UITDAAGLIGA 2DE LIGA
1 Huis Ten Bosch 1 Serruria 1 Monica
2 Medies 2 Nerina 2 Medies II
3 Aristea 3 Equite 3 ISA Dames
4 Minerva 3 Olympus 4 Harmonie
5 Lydia 5 Nemesia 5 Silene
6 Oud Studente 6 Metanoia 6 Venustia
7 Goldfields 7 Irene 7 Boland College
8 Heemstede 8 Monica
9
OPSOMMING VAN VORIGE JARE SE UITSLAE
Somerliga Eerstejaars toernooi Interkoshuis toernooi
Mans Dames Mans Dames Mans Dames
2005 Simonsberg Serruria Simonsberg Nemesia Eendrag Nerina
2006 Simonsberg Heemstede Eendrag Nerina Wilgenhof Nerina
2007 Simonsberg Heemstede Simonsberg Nemesia Helderberg Nerina
2008 Wilgenhof Heemstede Simonsberg Nemesia Helderberg Medies l
2009 PSO lll Heemstede Simonsberg Heemstede Helderberg Nerina
2010 Club Mix Nemesia Medies Heemstede Helderberg Erica
2011 Wilgenhof Erica Simonsberg Minerva Eendrag Medies l
2012 Paul Roos Aristea l Libertas Nerina Vesta Aristea
2013 Simonsberg Bloemhof
Old Girls Helderberg Nemesia Libertas Aristea
2014 Helderberg Bloemhof Eendrag Aristea Dagbreek Heemstede
2015 Libertas Oud
Studente Helshoogte Medies Eendrag Aristea
2016 Libertas Oud
Studente Medies Heemstede Eendrag Aristea
2017 Eendrag Huis Ten
Bosch Dagbreek Irene Eendrag Medies
10
Winterliga - Mans
MSL MCL M2 M3
2005 Helshoogte l Huis Visser l Elsenburg l
2006 Medies l PSO l Goldfields
2007 PSO l Elsenburg l Metanoia l
2008 Medies l Simonsberg l Helderberg ll
2009 Eendrag l Huis Marais l Helderberg ll
2010 Helshoogte l Goldfields l Academia l
2011 Dagbreek l Metanoia l Libertas
2012 Medies l Huis Marais l Vesta Helshoogte ll
2013 Helshoogte l Simonsberg l Majuba Olympus
2014 Dagbreek l Majuba Wilgenhof Oude Molen
2015 Simonsberg Vesta Huis Visser
2016 Dagbreek Medies Olympus
2017 Majuba Wilgenhof Dagbreek II
11
Winterliga - Dames
LSL LCL L2 L3 L4
2005 Rhenish l Nemesia l Serruria l Heemstede lll Minerva ll
2006 Bloemhof l Medies l Monica l Academia Elsenburg l
2007 Bloemhof l Aristea l Aristea ll Nerina ll
2008 Rhenish l Nemesia l Lydia l HS Strand l
2009 Bloemhof l HS
Stellenbosch HS Strand Equite
2010 Medies l Minerva l HS Strand Goldfields l
2011 Medies l Sonop l Goldfields l Huis ten Bosch Bloemhof ll
2012 Medies l Nerina l Harmonie l Rhenish ll
2013 Medies l Goldfields l HS Strand Rhenish ll
2014 Rhenish l HS Strand l Rhenish U/16 A Venustia
2015 Medies I Sonop Metanoia
2016 Medies I Huis Ten Bosch Olympus
2017 Huis Ten Bosch Serruria Monica
12
FINANSIES
MATIES KOSHUIS HOKKIE
AGM SUMMARY
Inkomste/Income
156 860
Summer league
44 000
Winter league
112 860
Uitgawes/Expenses
146 520
Admin
84 000
Umpires
22 520
Support Staff
30 000
Facility
10 000
Profit/Loss
10 340
top related