4 september - liefde wat herstel

Post on 13-Apr-2017

69 Views

Category:

Spiritual

2 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

Liefde wat

herstelJesaja54:1-10 (NV)

Jesaja 54:1Jubel, onvrugbare vrou, jy wat geen kinders in die wêreld gebring het nie, jubel en juig, jy wat geen geboortepyne geken het nie, want jy, verstote vrou, gaan nou meer kinders hê as een wat getroud is, sê die Here.

Jesaja 54:2 - 32Maak groter die plek vir jou tent, maak breër jou tentdoeke, moenie suinig daarmee werk nie. Maak langer die tentlyne en slaan die tentpenne dieper in, 3want jy sal na alle kante toe uitbrei; jou nageslag sal nasies verdryf en in die stede wat nou verwoes is, gaan woon.

Jesaja 54:4Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie, jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy 'n weduwee was nie.

Jesaja 54:5 - 65Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wêreld genoem. 6Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God.

Jesaja 54:7 - 87Net 'n oomblik het Ek jou verstoot, in my groot liefde vat Ek jou terug. 8In 'n opwelling van toorn wou Ek 'n kort tydjie niks met jou te doen hê nie, maar Ek ontferm My oor jou met 'n liefde wat nooit vergaan nie, sê die Here, jou Verlosser.

Jesaja 54:9Soos met die waters van Noag is dit vir My: soos Ek met 'n eed bevestig het dat die waters van Noag nie weer die aarde sal oorstroom nie, so bevestig Ek met 'n eed dat Ek nie langer toornig op jou sal wees en jou sal straf nie.

Jesaja 54:10Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet.

INLEIDING

“Jubel “ - want waar God se liefde aan die werk is word hartseer in blydskap verander en trane in ’n gejubel! (Ps.30:12-13)

Die beeld van ’n “onvrugbare vrou”

Die toestand van skande en vernedering van ’n bruid/’n volk wat nie leef volgens die potensiaal waarvoor hulle bestem is nie

Die gevoel dat ek net nie goed genoeg is nie; skaam/verleë/bedroef/verstote en beklaenswaardig

Die belofte van herstel, herskepping en nuwe skepping

Die God van die hele wêreld doen alles wat nodig is sodat ons Sy bruid kan wees en deel kan wees van Sy planDis ’n saak van Liefde!’n Terugroep (roeping) tot vrugbaarheid om deel te wees van dit wat God besig is om te doen .

Die belofte van herstel, herskepping en nuwe skepping

Dit is reeds bewerk . Ons is deel van Sy Koninkryk – ons het deel aan nuutmaak en herskep! Dit is ’n belofte van herstel en vooruitgang (vers 2-3).

Jou antwoord op die Liefde :

Laat toe dat God jou herstel !Sê ja vir jou roeping !

top related