“save the date”...febr 2020 ansa verster ons maatskaplike weker het begin met ‘n nuwe...

Post on 06-Aug-2020

0 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

Harmoniehof tuiste vir bejaardes verskaf ‘n veilige blyplek vir ouer persone met selfsorg, semi-sorg en volle versorgings afdelings. Kamers met eie badkamers. Deelkamers vir kostebesparing ook beskikbaar.

Febr 2020

Ansa Verster ons maatskaplike weker het

begin met ‘n nuwe aktiwiteit vir ons inwoners, lekker pret oefeninge elke

Woensdag 9 uur.

Harmoniehof sê welkom aan Suster Carla McDuling ‘n nuwe toevoeging tot ons verpleegsorg span.

Op 14 Februarie 2020 is Valentynsdag by Harmoniehof gevier met vrolike musiek deur Marietjie du Plessis en lekker eetgoed.

“SAVE THE

DATE”

Familie- dag

Kom geniet ’n heerlike ontbyt

saam met u familie

& personeel van Harmoniehof

Slegs 2 gaste per inwoner /

egpaar

22 Augustus

2020

HYSBAKKE Ons besef dat die probleem met die hysbakke tans ‘n groot frustrasie is. Ons vra verskoning vir die ongerief. Ons is besig met gesprekke met die kontrakteur. Die noodkabel van hysbak C het geskeur en die hoofkabel van hysbak A het ook begin skeur. Die kabel vir hysbak C is hier en word aan gewerk. Die kabel vir hysbak A is bestel en die werk sal gedoen word sodra die kabel op die perseel is.

Neem asseblief kennis van die na-ure noodnommer van Verpleging indien die landlyn nommer dalk buite werking is: 072 124 3368

TOP DOGS

Ons is so bevoorreg

dat die mense van

Top Dogs elke maand

ons inwoners besoek.

Hul geniet regtig die

interaksie met die

honde.

VERJAARSDAE

Help Lift het tans gewers wat elke maand

vir inwoners van Harmoniehof wat 90 jaar en ouer word ’n

verjaarsdag koek bring. Die volgende drie

dames het in Januarie en Februarie verjaar.

Tannie Deysel en tannie de Wet het beide 95 jaar oud geword en tannie Bruwer het 91 jaar oud geword.

top related