dan 2:1-30 - gk daspoort 2,1-30.pdfen hierdie droom is die belangrike saak in dan 2. 1 vgl...
Post on 31-Jul-2020
0 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Dan 2:1-30Fokus: vers 1-30
Magtige Nebukadneser, Babilon se heerser, se onrus ... En Daniël-hulle se lewe daarin.
September 2012
Ps-vooraf Ps 3: 1, 2
Ontmoetingsdiens.
Votum.
“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons
hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”
Amen
Seëngroet
Gemeente van ons Here Jesus:
“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,
en die Here Jesus Christus
deur die kragvolle werking van die Helige Gees”
Amen.
Lofprysing – Ps 62: 1, 4, 5
Geloofsbelydenis
Verootmoediging en Versoeningsdiens.
Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.
Psalm na die wet – Ps 6: 1, 3, 4
2
Gebed om skuldbelydenis en verligting.
Psalm na gebed – Ps 50: 1, 7, 11
3
Woorddiens.
Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Dan 2:1-30.
Sê iets oor die Aramees van Daniël
Psalm as antwoord op die Woord – Ps 66: 1, 7, 9
Ons Fokus op vers 1-30
Skrifverklaring.
Inleiding
Geliefdes ... Dan 2:1 vertel van ...
“die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar ...”
Terugblik
Nou ... verlede maand toe ons by Dan 1 was ... het ons geleer
dat Nebukadneser rondom 605 vC
die magtige heerser van die magtige Babiloniese wêreld-ryk was.1
Opmerking
As ons nie geweet het van God nie ...
sou ons dalk gedink het hy’s almagtig.
En as koning van Babilon ... so het ons ook uit Dan 1 geleer
was Nebukadneser nog een van die baie heersers in die wêreld-geskiedenis
wat ‘n koninkryk van ‘n verenigde-mensdom
in opstand teen die HERE probeer stig het.2
**************
Nou ... hierdie Nebukadneser ... so vertel Dan 2:1
het in die tweede jaar van sy regering ‘n droom gehad.
Verduidelik
En hierdie droom is die belangrike saak in Dan 2.
1 Vgl Dan1,1-2&21.docx 2 Vgl Dan1,1-2&21.docx
4
Opmerking
Maar eintlik is God die belangrike Een in Dan 2.
Ons soewereine almagtige God en sy Koningsheerskappy deur sy Messias ...
twee belangrike temas in die boek Daniël
waarvan ons geleer het in Dan 1
is die belangrike saak in Dan 2 ...
Al gaan dit hier oor Nebukadneser en sy droom.
****************
Nou ... van Nebukadneser se droom en sy betekenis ...
leer ons in vers 31-49.
Maar vandag fokus ons eers op vers 1-30 ... waar vers 1 vertel
dat Nebukadneser se droom “sy gees onrustig (gemaak) het ...”
En in vers 1-13 sien ons
hoe hierdie onrus van Nebukadneser aan die werk is.
In vers 14-30 hoor ons van Daniël en sy vriende se lewe in hierdie onrus.
En dis ons tema vandag.
Magtige Nebukadneser ... Babilon se heerser ... se onrus.
En Daniël-hulle se lewe daarin.
Daarom staan ons stil by ...
• Die agtergrond van Dan 2 ... in vers 1• Nebukadneser se onrus ... in vers 1-13• En Daniël-hulle se lewe daarin ... in vers 14-30.
1. So ... kom ons begin by die agtergrond ... in vers 1
wat sê: “in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar,
het Nebukadnésar ‘n droom gehad ...”
En nou’s veral die tyd waarvan vers 1 vertel belangrik.3
3 Die waw-X-qatal en die tydsaanduiding van תׁשתים למלכות נבכדנצר חלם תׁשנת vorm hier die inleiding tot ‘n ובnuwe stuk geskiedenis (OTES 611 bl 87).
5
Die tyd van die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar.
Maar hoekom?
Wel ... omdat hierdie tydsaanduiding ... Daniël ... en die HERE ...
in die prentjie bring.
Verduidelik
Want die tweede jaar van Nebukadneser se regering ...
was eintlik al die derde jaar vandat hy koning geword het.
Opmerking
So het die Babiloniërs hulle konings se regeer-jare bepaal.
En op hierdie selfde manier skryf Daniël ook
oor die Nebukadneser se regeer-jare.4
Maar dit beteken dan
dat die tweede jaar van Nebukadneser se regering
die derde jaar van Daniël-hulle se ballingskap was.
Want die jaar toe Nebukadneser koning geword het
was ook die jaar waarin Daniël hulle in ballingskap geneem is.
Opmerking
Ons leer’it bv uit Dan 1:1 en Jer 25:1 en Jer 46:2.5
So ... nou weet ons hoe Dan 2:1 se tydsaanduiding
Daniël in die prentjie bring.
Maar wat sê dit van die HERE?
Verduidelik
Wel ... om dit agter te kom ... moet ons uit Dan 1:6 onthou
dat Daniël deel was van ‘n klomp jongmanne ... eintlik tieners ...
wat Nebukadneser ... in sy eerste jaar as koning ...
4 Vgl Young se Dan komm bl 55-56,269; Harman se Dan komm bl 535 Vgl Harman se Dan komm bl 36; Yong se dan komm bl 35,269
6
na sy paleis gebring het ...
en hulle spesiale opleiding gegee het ...
om in sy diens te staan.
En Dan 1:5 vertel
dat hierdie opleiding drie jaar lank was.
So hier in Dan 2 in die tweede jaar van Nebukadneser se regering ...
staan ons aan die einde van Daniël-hulle se drie-jaar-opleiding.
Ons staan dus in die tyd van Dan 1:18-20 ...
wat vertel van gebeure aan die einde van Daniël-hulle se opleiding.
Ons is dus ook in die tyd na Dan 1:17 ...
wat vertel dat “God aan (Daniël-en sy drie vriende)
wetenskap en verstand ... en wysheid gegee het ...”
En aan Daniël spesifiek ... het God
verstand in allerhande gesigte en drome gegee
om dit te kan verklaar.6
*****************
So sien u hoekom Dan 2:1 se tydaanduiding so belangrik is?
Opmerking
Ja ... dit vertel van magtige Nebukadneser en sy tweede regeringsjaar ...
en die droom wat hy gehad het.
Maar voor magtige Nebukadneser se troon ...
moet ons dan ook vir piep klein Daniël sien.
En bokant hulle altwee moet ons ons almagtige soewereine God sien ...
aan die werk in Babilon.
6 Die teks van Dan 1:17 sê dat Daniël die vermoë gehad het om drome te verklaar en te beoordeel. Deur Skrif met Skrif vergelyking is dit egter duidelik dat hierdie vermoë deur die HERE aan Daniël gegee is – Dan 2:19,27-30; Gen 40:1; Num 12:6 (vgl ook Young se dan komm bl 49; Fyall se Dan komm bl 26-27; Harman se Dan komm bl 48; Calvyn se Dan komm bl 112).
7
En Hy is die Een wat vir Daniël insig in gesigte en drome gee.
Ook in Nebukadneser se droom
om dit te kan verklaar.
Sodat Nebukadneser ... en ons ... wonderbaarlike dinge kan hoor ...
in Dan 2:31-49 ... oor ons Soewereine almagtige God
en sy Koninkryk en sy Messias.7
**************
Maar voor ons daarby kom:
Vers 1 vertel ons verder
dat Nebukadneser se droom “sy gees onrustig (laat) word het
en met sy slaap was dit gedaan.”
Opmerking
En dis nie lekker nie ... hê? As jy nie kan slaap nie!
So hierdie droom was vir Nebukadneser nie goed nie.
Dit het hom onrustig gemaak.
2. En daarom gaan ons nou in die tweede plek
eers fokus op Nebukadneser se onrus ... in vers 1-13.
Opmerking
En in vers 1-13 is daar drie redes vir Nebukadneser se onrus.
A. Die eerste is dat Nebukadneser die HERE haat.
En sy rug gedraai het op die HERE.8
Vers 1-2 vertel daarvan.
Want kyk wat gebeur in hierdie twee verse.
Hier’s magtige Nebukadneser, Babilon se heerser.
In die oë van mense ... byna almagtig.
Hy’t ‘n weermag wat skrik vir niks.
7 Vgl Fyall se Dan komm bl 26; K&D se Dan komm bl 868 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 446; NIDOTTE vol 4 bl 131
8
Maar hy kan nie sy eie gemoedsrus9 waarborg nie.
Hy droom net ... en dis alles weg.10
Bewys
Vers 1 sê dit. “Nebukadnésar het ‘n droom gehad,
(en die gevolg?) sy gees het onrustig geword
en dit was met sy slaap gedaan.”
Hoekom?
Omdat Nebukadneser sy rug gedraai het ... op die HERE ...
wat die ware rus gee.11
Bewys
Ons sien dit in vers 2 ...
wat vertel hoe Nebukadneser sy onrus wil rustig maak.
Vers 2 sê: “Toe het die koning bevel gegee
om die geleerdes en die besweerders en die towenaars
en die Chaldeërs (of sterrewiggelaars12) te roep,
om vir die koning sy droom uit te lê.”
Verduidelik
Sien u dit? Nebukadneser maak nie soos Dawid nie ...
wat in Ps 4:9 sê: “Ek wil in vrede gaan lê
en meteens aan die slaap raak;
want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.”
Nee! Nebukadneser soek sy troos
9 het die betekenis van ‘onrustig’ (NIDOTTE vol 3 bl 649). Die gevolg van Nebukadneser se תתפעםdroom was dat sy gees, of sy gedagtes en emosies (רוחו – TWOT vol 2 bl 2131) onrustig geword het (BHNG bl 245). Soveel so dat hy nie meer kon slaap nie (1c) (K&D se Dan komm bl 86). Dit sê vir my dat Nebukadneser se droom veroorsaak het dat daar in sy gedagtes en emosies, ja in hom, nie meer vrede en sekuriteit en veiligheid beleef word nie – vgl 3c (NIDOTTE vol 2 bl 554).
10 Vgl Fyall se dan komm bl 33. 11 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 554, vol 4 bl 131; Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 548; Ferguson se Dan
komm bl 45 12 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 732
9
by die geleerdes en die besweerders en die towenaars
en die sterrewiggelaars.
En al hierdie mense was almal met die okkulte besig.13
So ... Nebukadneser soek nie sy rus by die HERE nie.
Nee ... hy soek’it by Satan.
Opmerking
Die een van wie Jesus eenmaal in Joh. 8:44 gesê het:
“Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af ...
(En) hy is ‘n leuenaar en die vader daarvan.”
En Satan bring nooit ooit rus nie.
Bewys
Want rus en vrede kry ons alleen by die HERE en sy Messias.
Jes 9:5 noem die Messias die Prins van vrede ...
Dis Hy wat in Mat 11:28 sê:
“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is,
en Ek sal julle rus gee.”
**************
B. So ... dit ... is die eerste rede vir Magtige Nebukadneser se onrus.
In haat het hy sy rug gedraai op die HERE
en vreemd geword vir die HERE ... wat rus gee ... en vrede.
En ons sien dit in vers 1-2.
Maar daar’s ook ‘n tweede rede vir sy onrus.
Vers 3-9 vertel daarvan.
En dit is dat Nebukadneser sy naaste nie vertrou nie.
Want kyk wat gebeur in vers 3-9.
13 Vgl Ouweneel, Het domein van de Slang, bl 130-131.10
Verloop
In vers 3 vertel Nebukadneser van sy onrus
vir “die geleerdes en die besweerders en die towenaars
en die sterrewiggelaars” as hy vir hulle sê:
“Ek het ‘n droom gehad, en my gees is onrustig
om die droom te verstaan.”
In vers 4 antwoord hulle met:
“Vertel u dienaars die droom,
en ons sal die uitlegging te kenne gee.”
In vers 5 reageer Nebukadneser egter baie vreemd.
‘n Mens sou kon sê: ... ‘hy’s regtig moeilik.’
Bewys
Want kyk wat sê hy vir sy klomp waarsêers.
Hy sê: “as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie,
sal julle in stukke gekap
en van julle huise mishope gemaak word.”
*****************
Maar hoekom is Nebukadneser so moeilik?
Verduidelik14
Wel ... omdat drome vir Nebukadneser-hulle belangrik was.
In die Babiloniese-kultuur van daardie tyd
het hulle hul lewens volgens drome ingerig.
En daarom moes die droom reg verklaar word.
Anders is jou lewe in ‘n gemors.
En in Nebukadneser se geval
sou sy die hele Babiloniese koninkryk in ‘n gemors gewees het.
14 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 153-15411
Maar nou’sie probleem
dat Nebukadneser nie sy waarsêers vertrou nie.15
Bewys
Want kyk wat sê Nebukadneser vir hulle in vers 8-9.16
Hy sê: “Ek weet verseker dat julle tyd wil wen,
omdat julle sien
dat die saak by my vasstaan;
want as julle my die droom nie bekend maak nie,
is julle vonnis een en dieselfde;
julle het naamlik afgespreek
om ‘n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek ...”
Hoor u dit? Nebukadneser dink
dat sy waarsêers teen hom saamsweer.
“julle het naamlik afgespreek
om ‘n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek ...”
En dit ... terwyl Nebukadneser geen bewys om so te dink nie.
Maar tog doen hy dit.
Hy vertrou nie sy waarsêers nie.
Verduidelik17
Hoekom nie?
Wel ... omdat Nebukadneser in liefdelose haatlike opstand teen die HERE is.
En die mens in opstand teen die HERE ...
gee net om vir homself.
Want hy wil sy eie god wees ...
waar alles net rondom hom draai.
Dis die oer-sonde van Gen 3.
15 Vgl Calvyn se Dan komm bl 128-130; Fyall se Dan komm bl 33; Reformation studdy Bible bl 121316 Vgl Calvyn se Dan komm bl 128-130; Fyall se Dan komm bl 33; Reformation studdy Bible bl 121317 Vgl Waltke, An OT theology bl 263
12
En in tussen vertrap jy alles en almal
om vir jouself die beste te kry.
En dan bly daar niks oor van liefde nie.
En nog minder van vertroue.
Toepassing
En deur die eeue is dit die krisis met die Babilon mens-dom.
Ons is saam in ons opstand teen die HERE.
Maar intussen vernietig ons mekaar in liefdeloosheid ...
in ‘n wêreld sonder vertroue.
**************
En dit alles maak Nebukadneser se onrus net al hoe groter ...
terwyl hy in sy opstand
al hoe verder wegdryf van die HERE en sy Messias.
Opmerking
En onthou:
Die Messias is Prins van Vrede.
Paulus noem Hom in Efes 2:14 “ons vrede” .
Omdat Hy vrede maak ... ook tussen mense ...
en liefde en vertroue bring.
****************
Maar Nebukadneser is nie by die HERE sy Messias nie.
Daarom is hy vol onrus ... wat al hoe erger word
omdat hy nie sy waarsêers kan vertrou nie.
C. Maar nou’s daar ook ‘n derde rede
vir Nebukadneser se onrus.
En ons hoor dit
as Nebukadneser se waarsêers in vers 10-11 hom ‘n antwoord gee ...
oor die ding ...
dat hulle sy droom ... en die verklaring vir hom moet vertel.
13
Want hoor wat sê die waarsêers in vers 10-11.
Hulle sê: “Daar is geen mens op die aardbodem
wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie ...
behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.”
En nou’sit veral in hierdie laaste woorde ...
wat sê dat die gode se woning nie by die vlees is nie ...
wat belangrik is.18
Verduidelik
Want met hierdie woorde sê die waarsêers eintlik vir Nebukadneser:
‘onthou ons is eintlik net vlees ... en jy ook.’
Opmerking19
En om vlees te wees beteken in hierdie konteks:
jy’s swak en breekbaar.
jy’s iemand wat oppad is om dood te gaan.
En so is magtige Nebukadneser, Babilon se heerser.
Hy’s vlees.
Hy’s magtig ... maar nie almagtig nie.
Hy’t baie beheer ... maar nie oor alles nie.
Hy’t ‘n koninkryk ... maar dit gee nie die ewige lewe nie.
Want Nebukadneser en sy waarsêers is vlees.
***************
Nou ... hieroor het Nebukadneser regtig erg onrustig geraak.
Want vers 12 sê:
“Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword ...”20
18 Vgl Ferguson se Dan komm bl 46-4719 רׂשרא ,verwys hier na die mensdom, wie se lewensduur kort is – Jes 40:6; Ps 78:39, wie swak is ב
mense wat nie waarlik betroubaar is nie en nie voor God se mag kan bestaan nie – Jer 17:5; 2Kron 32:8 (TWOT vol 2 bl 996; NIDOTTE vol 1 bl 777).
20 Vgl Ferguson se Dan komm bl 46-4714
Saamvat
Sien u Nebukadneser se onrus?
Hy’s die magtige van Babilon.
Maar oor sy gemoedsrus het hy nie mag nie.
Hy droom ... en dis weg.
En al wat oorbly is onrus wat net erger word.
• Want hy haat en is vreemd vir die HERE ... die Enigste rus-gewer.
• Hy haat sy naaste.En dan kan hy hulle nie meer vertrou nie.En die onrus wil dan maar net nie bedaar nie.
• En by alles is hy vlees. Terwyl hy eintlik magtig moet wees.En dit laat Nebukadneser in nog groter onrustige woede uitbars.
En dan in daardie woede is die enigste ding
wat Nebukadneser kan sê is: ... Maak dood!
Bewys
Want vers 12 sê dat Nebukadneser toe “bevel gegee het
om al die wyse manne van Babel om te bring.”
Sien u die onrus van Nebukadneser.
***************
Toepassing
En dit veroorsaak krisse!
Deur die eeue ... tot vandag.
Want Nebukadneser se onrus ...
is ook die onrus van ons Babilon-wêreld se leiers ... vandag.
Opmerking
Ook hier in SA.
Want baie van ons leiers in die regering ...
15
is niks anders as Nebukadneser nie ...
• wat vreemd geword het vir die HERE ... en die rus wat sy Messias gee.
• Daarom haat ons ons naaste ... en die liefde en die vertroue verdwyn al hoe meer.
• En ons is vlees.Maar ons probeer in onsself magtig wees.
En sulke leiers veroorsaak krisisse ... deur die eeue.
Ook vir die kinders van God.
Voorbeeld
Vers 13 is ‘n goeie voorbeeld daarvan.
Want vers 13 vertel dat:
“Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word,
het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek
om gedood te word.”
**************
3. En nou’sie vraag:
Hoe moet ons lewe in hierdie onrus?
En hierdie vraag bring ons by vers 14-30
en Daniël en sy vriende se lewe
te midde van Nebukadneser se onrus.
Opmerking
En wat ons nou moet raaksien
is dat Daniël-hulle se lewe ... ‘n lewe is
waar die HERE soewerein almagtig aan die werk is by Daniël-hulle
binne in Nebukadneser se onrus.
Toepassing
En dit ... moet vir ons troos gee en hoop en rigting gee ...
hier-en-nou in SA.
***************
16
A. So ... kom ons kyk na Daniël-hulle se lewe
in Nebukadneser se onrus.
En’it begin in vers 14-16.
Want vers 14 sê:
“Daarop het Daniël aan Ariog,
die owerste van die koninklike lyfwag
wat uitgetrek het om die wyse manne van Babel dood te maak,
‘n slim en verstandige antwoord gegee.”
Verduidelik
Hoor u hoe21 praat Daniël met Ariog?
Slim en verstandig ... met insig en goeie oordeel ... Dis hoe.
In vers 15 hoor ons ‘n deel
van Daniël en Ariog se gesprek.22
En in vers 16 sien ons
dat Daniël se gepraat met Ariog maak
dat “Daniël (kan) ingegaan en die koning versoek
dat hy hom tyd moes gee
om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.”
En dan doen Nebukadneser dit!!
Nebukadneser wat in vers 12 nog woedend was.
En bevele gee dat die wyses van Babel dood gemaak moet word.
Nebukadneser kom tot bedaring.
Hy luister na Daniël ... En hy stel sy doodmaak-bevel uit.
21 het hier die = טעם .het die betekenis van plan/raad (TWOT vol 2 bl 1029; NIDOTTE vol 2 bl 490) עטא betekenis van ‘insig’, ‘goeie oordeel’, ‘onderskeidingsvermoë’, ‘skranderheid’ (NIDOTTE vol 2 bl 280; Young se Dan komm bl 63). Hierdie twee woorde wys vir my op die manier waarop Daniël met Ariog gepraat het. Raadsaam en met onderskeiding en insig praat Daniël so dat Ariog luister en in vers 15 vir hom sê waarom Nebukadneser die wrede bevel gegee het (vgl Harman se Dan komm bl 59; Fyall se Dan komm bl 34).
22 Wat is die doel van vers 15? Hier kry ek ‘n deel van die gesprek van Daniël met Ariog – ‘n opsomming daarvan – wat daartoe lei dat Daniël met Nebukadneser kan gaan praat en die doodmaak-bevel uitgestel word (vers 16) (Lange se dan komm bl 73; Young se Dan komm bl 64; Harman se Dan komm bl 59).
17
Verduidelik
En net hier ... skitter die waarheid van Spr 16:14
wat sê: “Die grimmigheid van die koning
is soos boodskappers van die dood,
maar ‘n wyse man bring dit tot bedaring.”
Gevolgtrek
So as Daniël met slimheid en verstandigheid ...
insig en goeie oordeel ... praat ...
dan’sit omdat Daniël wysheid het.
En net hier sien ons hoe Daniël-hulle se lewe ... ‘n lewe is
waar die HERE almagtig aan die werk is.
Want Daniël het wysheid ... omdat die HERE ... in Babilon
dit aan Daniël gegee het.
Bewys
Dan 1:17 vertel daarvan.
Toepassing
En ons moet dit onthou ...
hier in ons lewe ... in die onrus van ons Babilon-wêreld.
Want die HERE is nog altyd almagtig.23
Hy’s nog altyd die Een wat wysheid gee.
Daarom sê Jakobus in Jak 1:5 vir ons:
“as iemand van julle wysheid kortkom,
laat hom dit van God bid ...”
**************
B. Maar goed ... kom ons gaan weer terug teks toe.
En dan gaan ons van vers 14-16 aan na vers 17-18
wat vertel wat gebeur nadat Daniël by koning Nebukadneser was.
Want vers 17-18 sê:
23 Jak 1:1718
“Toe gaan Daniël na sy huis
en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja ... die saak bekend,
en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek
oor hierdie geheim
(en hierdie geheim is natuurlik Nebukadneser se droom
en die verklaring daarvan),
sodat hulle Daniël en sy metgeselle
saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.”
Verduidelik
Hoor u wat gebeur?
Daniël en sy vriende bid.24
Hulle bid dat die HERE sy barmhartigheid ...
of ons kan ook sê:
dat die HERE sy omgee liefde vol genade25
aan hulle sal bewys
en dan Nebukadneser se droom en betekenis sal openbaar.26
En net hier skitter die waarheid van Ps 91:15 ...
waar die HERE sê:
“Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor;
in die nood sal Ek by hom wees ...”
En weereens sien ons hoe Daniël-hulle se lewe ... ‘n lewe is
waar die HERE by hulle aan die werk is ... in Babilon ...
te midde van Nebukadneser se onrus.
Ja ... in Babilon ... met Nebukadneser se onrus en al ...
24 18 (למבעא a) – ‘om biddende te vra vir ...’ (TWOT vol 2 bl 995).25 18 (רחמין a) – Die woord is hier mv om so intensiteit uit te druk (TWOT vol 2 bl 1071). Dit gaan hier om
‘genade en omgee liefde’ ... wat nie verdien kan word nie maar uit genade gegee word (NIDOTTE vol 3 bl 1093-1094; Young se Dan komm bl 65).
18 (על־רזה דנה 26 a) dui hier die topiek aan (BHNG bl 239). Dus: Daniël-hulle vra biddend om dat Jahwe genade en omgee liefde sal bewys aan hulle met die oog op ‘hierdie geheim’. Hulle vra dus dat Jahwe uit genade alleen, want hulle verdien dit nie, aan hulle die droom en sy uitleg bekend sal maak. Ja hulle vra dat die HERE in genadige liefde in hulle situasie sal in kom en kom uitred (Calvyn se Dan komm bl 139; K&D se Dan komm bl 97; Harman se Dan komm bl 59).
19
is die HERE daar vir hulle.
Openbaringshistories
En hoekom?
Wel ... omdat die HERE eenmaal in Lev 26:44 gesê het:
“ook dan, as hulle in die land van hul vyande is,
verwerp Ek hulle nie,
sodat Ek ‘n einde aan hulle sou maak
en my verbond met hulle sou verbreek nie;
want Ek is die HERE hulle God.”27
En dan’sit nie omdat Daniël-hulle dit verdien nie ... geliefdes.
Nee!
Dis alleen omdat die HERE eenmaal in Eks 34:6-7 gesê het
dat Hy “barmhartig en genadig (is),
lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou
(die Een) ... wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe ...” 28
Sodat die Messias een nag laat
die eerste nagmaal beker op getel het
en in Mat 26:28 gesê het:
“dit is my bloed,
die bloed van die nuwe verbond,
wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.”
Toepassing
Sodat Daniël en al die HERE se gelowiges deur die eeue
in hierdie Babilon-wêreld kan bid ... en kan weet:
Die HERE sal verhoor ... en in die nood by ons wees.
****************
27 Gebed is die diepste belewinbg van verbondsgemeenskap met die HERE (NIDOTTE vol 4 bl 1060, 1062-1063,1065 ).
28 Vgl Waltke, An OT theology bl 471-47220
C. En hoe het die HERE net nie verhoor nie ... geliefdes!
Want in vers 19 hoor ons:
“Daarop is in ‘n naggesig die geheim
(van Nebukadneser se droom) aan Daniël geopenbaar.”
Verduidelik
En as die HERE wil sal ons volgende week
in vers 31-49 meer leer hieroor.
Vir nou’sit belangrik om die wonder raak te sien
dat die HERE aan Daniël Nebukadneser se droom geopenbaar het
en die betekenis daarvan.
‘n Betekenis ... so sal ons volgende week meer hieroor leer ...
wat skitter met die Evangelie van God se soewereiniteit
en die koms van sy Messias en die ware vrederyk van ewige rus.29
**************
En weet u:
Wanneer ons saam met Daniël in ons Babilon-wêreld
en in die onrus van ons Nebukadneser-leiers
hierdie Evangelie hoor ...
dan doen die HERE nog twee dinge in die lewe van sy ware gelowiges ...
in ons Babilon-wêreld en in die onrus van ons Nebukadneser-leiers
Opmerking
En ons hoor daarvan in vers 19-23 en vers 24-30.
I Die eerste is dat ons die HERE loof en prys.
Kyk hoe doen Daniël dit in vers 20-23.
Biddend het hy gesê:
“Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid,
want die wysheid en die krag is syne.
29 Vgl Ferguson se Dan komm bl 51; Reformation studdy Bible bl 121421
Hy tog verander die tye en die geleenthede;
Hy sit konings af en stel konings aan
wat beteken dat die HERE soewerein almagtig
oor die politiek en die wêreld-geskiedenis regeer.30
Hy gee wysheid ...
Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge.”
wat alles gaan oor die koms van Christus en die koninkryk.31
Toepassing
Ja ... geliefdes ... wanneer ons saam met Daniël in ons Babilon-wêreld ...
en in die onrus van ons Nebukadneser-leiers ... hierdie Evangelie hoor ...
dan kan’it nie anders nie.
“Dan breek ons saam in sangstem uit.” 32
II Maar daar gebeur nog iets.
Ons getuig hier in ons Babilon wêreld oor ons God ...
en sy Messias en sy koninkryk.33
Hoor hoe het Daniël dit gedoen in vers 27-28.
30 21 (עדניא וזמניא a) verwys na tydperke, bedelings in die wêreldgeskiedenis. Die feit dat God dit verander is ‘n bewys van sy absolute bepalende mag (ּורה ּגב ) oor die wêreldgeskiedenis (TWOT vol 2 bl 1054). Hand 1:7 sê dat die Vader deur sy mag die tye en geleenthede bepaal. 21 (מהעדה מלכין ומהקים מלכין b) vertel my weereens van die absolute soewereine mag van die HERE – die keer oor politieke magte (K&Dse Dan komm bl 99; Young se Dan komm bl 67) – Jer 27:5 – “Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.” Vgl ook Dan 4:17,32; Spr 8:15-16.
31 22( עמיק a) = ‘die diep en misterieuse dinge’ (TWOT vol 2 bl1055). Saam met 22 (סתר a) gaan dit oor dinge wat die mens nie met eie vermoë kan weet nie, maar deur God geopenbaar word – in hierdie geval die droom en sy uitleg (NIDOTTE vol 3 bl 439; Reformation studdy Bible bl 1215). תׁשוכא 22 (ח b) = ‘die duisterenis’ (TWOT vol 2 bl 1021). Ek dink dit gaan in 22b-c weereens daaroor dat die HERE bekend maak aan ons wat ons self nie kan ken nie; dit wat die heiden-wyses nie kon bekend maak nie (vers 10-11). Ja, sonder God kom ons nooit by die ware wysheid en kennis uit nie!! (Reformation studdy Bible bl 1215; Young se dan komm bl 68) Job 12:22 stel dit wat 22c-d sê met ooreenstemmende woorde as volg: “Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.” Vgl ook Ps 139:11-12; Ps 36:9; 25:14. Calvyn se Dan komm bl 147wys my dat dit hier gaan om God se spesiale openbaring ... Dit gaan hier om openbaring aangaande God se verlossingsplan (vgl ook Young se Dan komm bl 68). Vers 28 sê dat hierdie dinge wat God openbaar die dinge is “wat aan die einde van die dae sal gebeur.” (Youn se Dan komm bl 70). Die einde van die dae sien op die (verre) toekoms – vgl Dan 10:14. En dit is in die tyd dat die Messias verlossend die Koninkryk van Jahwe laat kom (NIDOTTE vol 1 bl 362; Lange se Dan komm bl 75; K&D se Dan komm bl 101).
32 Ps 138:3 berym33 1Pet 2:9; 3:15-16
22
Opmerking
Dit was nadat Daniël na Ariog toe is
en hom vertel het dat die HERE aan hom die droom geopenbaar het.
En Ariog Daniël toe voor die koning gebring het.34
“Daniël het (toe) in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê:
Die geheim waarna die koning vra,
kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers
nie aan die koning te kenne gee nie.
Maar daar is ‘n God in die hemel
wat geheime openbaar,
en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak
wat aan die einde van die dae sal gebeur”
Verduidelik
Dit is wanneer die Messias van die HERE kom
en Hy die ewige vrederyk van ewige rus sal bring.35
*****************
Slot
Geliefdes ... kom ons sluit af.
In Dan 2:1-13 ... kon ons by Daniël meer leer
oor ons die onrus van ons Babilon-wêreld se Nebukadneser-leiers.
En ons moet dit raaksien ...
En al meer die ware krisis daarvan verstaan.
Die krisis van ...
• Leiers wat vreemd geword het vir die HERE ... en die rus wat sy Messias gee.
• En daarom hulle naaste haat ... met die liefde en die vertroue wat verdwyn.
• Leiers wat eintlik net vlees is.
Maar magtiges probeer wees.
Maar te midde van dit alles
34 Vers 24-2635 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 362; Lange se Dan komm bl 75; K&D se Dan komm bl 101
23
kan en moet ons binne in hierdie onrus leef ...
omdat ons weet: ... Die HERE gee ...
• Wysheid aan eenvoudiges• En gebed ... en sy genade-verbond• En die Messias en sy ware vrederyk wat kom.
So ... kom ons loof en prys Hom dan!
En kom ons getuig daarvan!
Hier waar die HERE ons laat leef ... elke dag.
Antwoorddiens
Amen.
Psalm as antwoord op die Woord – Ps 66: 1, 7, 9
Gebed
Barmhartigheidsdiens
Ps-kollekte Ps 4: 1, 3, 4
Slotsang – Ten slotte sing ons Ps 35: 1, 4, 12
Wegstuurseën.
Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.
“Die genade van die Here Jesus Christus
en die liefde van God
en die gemeenskap van die Heilige Gees
sy met julle almal!
Amen.
24
top related