hoofstuk 1 lewe en lewende dinge - christelike media
Post on 15-Oct-2021
3 Views
Preview:
TRANSCRIPT
7
Hoofstuk 1
Lewe en lewende dinge
Aktiwiteit 1
Groepwerk: plante en diere
1. Bestudeer die volgende prente van plante en diere en beantwoord dan die vrae.
1.1 Watter diere leef op land?
1.2 Watter diere leef in water?
1.3 Watter diere is soogdiere, voëls, reptiele en visse?
1.4 Watter diere het ruggrate?
1.5 Watter diere word “die groot vyf” genoem?
1.6 Wat is die grootste, langste of vinnigste soogdiere in die wêreld?
1.7 Watter diere is herbivore?
1.8 Watter diere is karnivore?
1.9 Probeer die verskillende plante ook indeel onder opskrifte.
8
1.1 Klassifikasie van plante en diere
ander woorde volgens sy soort. Ons as mense wil ook graag ordelik lewe en daarom sorteer
ons ook dinge volgens hul eienskappe.
in yskaste gebêre moet word. Hierdie indeel van dinge, diere, plante, ensovoorts volgens hul
eienskappe, word klassifikasie genoem.
Bioloë klassifiseer lewende dinge in twee hoofgroepe, naamlik plante en diere. Plante en
naam vir die mens is byvoorbeeld Homo sapiens. Vind gerus self meer hieroor uit. Die
ander voorbeelde.
Die diereryk
Dier
Koudbloedig Warmbloedig
Amfibieë Visse Reptiele Voëls Soogdiere
Plantetende
reptiele
Vleisetende
reptiele
Plantetende
soogdiere
Vleisetende
soogdiere
Padda DuifSnoek
Arend
Springbok Leeu
Salmander Haai
Skilpad Krokodil
9
Definisies van koudbloedig en warmbloedig
Koudbloedig
winterslaap (hibernasie) verkeer.
Warmbloedig
die mens se temperatuur is ongeveer altyd dieselfde, behalwe wanneer die liggaam koors
ontwikkel as gevolg van siektetoestande.
Definisies van gewerweld en ongewerweld
Gewerweldes
liggaam en stel die dier in staat om te beweeg.
Ongewerweldes
buitekant van die liggaam gee vorm aan die liggaam en stel die diere in staat om te beweeg.
Aktiwiteit 2
Werk in pare
Bestudeer die diagram hieronder en voltooi die tabelle hieronder (Jou onderwyser sal vir
jou afskrifte maak wat jy in jou skrif kan plak).
Gewerweldes Ongewerweldes
Visse Slakke
Amfibieë Wurms
Reptiele Krappe
(Skaaldiere)
Voëls Spinnekoppe
(Spinagtiges)
Soogdiere Insekte
10
Aktiwiteit 2.1Dier Liggaams-
bedekking
Aanhangsels
vir beweging
(soort en aantal)
Voort-
beweging
Habitat
Vis 2 gepaarde vinne en 3
ongepaarde vinne
Amfibieë Naakte vel
Reptiele Loop, seil
Voëls Nesse in
bome
Soogdiere Kop, nek,
romp en stert
Aktiwiteit 2.2Dier Liggaamsverdeling
(Aantal dele)
Aanhangsels
vir beweging
(Soort en aantal)
Antennes
(Voelers)
Krappe
Spinnekoppe
Insekte
Fokus op die spinnekop
Die spinnekoppe word ingedeel onder die ongewerweldes en word
geklassifiseer.
Habitat
Baie soorte spinnekoppe spinwebbe – tussen plante of plat op die
grond.Valdeurspinnekop
kaaktasters
kaakkloue
kopbors-
stuk
geslags-
opening
boeklong-
opening
spintepel
vier
pote
anus
Uitwendige bou van ’n spinnekop (van onder gesien).
kaaktasters
kaakkloueagt enkel-
voudige oë
kopborsstuk
agterlyf
vier
pote
Uitwendige bou van ’n spinnekop (van bo gesien).
11
Liggaamsverdeling
1. Kopborsstuk – chitienagtig, onrekbaar, vervel om te groei
• Twee kaakkloue met gifkliere
• Twee kaaktasters – bedek met gevoelige haartjies, tasorgane
• Agt enkelvoudige oë – onderskei tussen lig en donker
• Agt pote – webspinners se pote eindig in kloutjies om drade in regte posisie neer te
lê.
2. Agterlyf – sag en leeragtig
• Spleetvormige asemhalingsopeninge lei na boeklonge
• Geslagsopening
• Anus
Asemhaling
vind tussen lug en bloed plaas.
Oorlewingsvermoë
• Eksoskelet beskerm diertjie
• Hulle is ook lig en kan vinnig beweeg
• Liggaamshaartjies waarsku teen gevaar
• Hulle kleur kamoefleer hulle
Sosiale gedrag van diere
In Matteus 10:16 staan daar: “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees
dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.” Hieruit lei ons af dat sekere diere sekere
eienskappe het waaraan ons hulle herken. In die wildtuin het jy al gesien dat daar diere is wat
alleen loop en ander in troppe soos rooibokke omdat dit vir hulle veiliger is.
Kamoeflering
Stokinsek word weer byna heeltemal onsigbaar as gevolg van die vorm van sy liggaam, die
12
Aktiwiteit 3.1
Groepwerk
Lees die volgende teksverse uit die boek Job en beskryf die eienskappe van die diere wat
bespreek word.
• Job 39:1-2
• Job 39:8-11
• Job 39:12-15
• Job 39:16-21
• Job 39: 22-28
• Watter dier se voorkoms en gedrag word in Job 41 beskryf?
Aktiwiteit 3.2
Werk alleen
3.2.1. Kyk na die foto’s en voltooi die byskrifte deur die gepaste woord uit die woordbank
Alleenlopende trop kudde kolonie swerm werpsel pare
varkies Kameelperde loop in
gorilla
bye Jagluiperdes jag in
rooibokke
miere
zebras
hou: Waar bly die dier? Wat eet die dier? Waarmee is sy lyf bedek en watter kleur is
hy? Hoeveel bene het hy? Hoe groot is hy? Hoe versorg hulle hul kleintjies, ens?
13
Fokus op die mier
Miere is een van verskeie hoogs suksesvolle groepe diere wat tot
die insekorde vliesvlerkiges behoort. Hulle is veral bekend vir hul
ingewikkelde sosiale lewe en hul vermoë om in omtrent enige huis en
tuin nes te maak: miere is dikwels baie nuttig.
Klassifikasie
Die vliesvlerkiges sluit in ook insekte soos die wespe en bye in. Dit sou nie
verkeerd wees om na miere as gespesialiseerde wespe te verwys nie. Insekte van
dié superfamilie en die verwante superfamilie bye en graafwespe het dikwels
angels, en baie van hulle vorm kolonies.
Party insekte wat miere genoem word, is nie werklik miere nie. Rysmiere of termiete het ook
Kenmerke
Van die eienskappe wat eiesoortig is aan miere, is:
• Alle miere is sosiale insekte, hoewel party parasiete in die neste van ander miere is.
Die meeste kolonies bevat minstens drie “soorte” miere: een of 'n paar koninginne,
grootste mier en lê al die eiers. Die kleiner mannetjies bevrug die eiers en gaan kort
daarna dood. Groot neste bevat soms werkers wat gespesialiseerde take verrig.
• Die larwes is pootloos en lyk soos maaiers.
• Die steeltjie tussen die voor- en agterlyf is langer as by baie van die wespe en kan
uit een of dikwels twee segmente bestaan. Op die steeltjie kom 'n regop knobbel of
spoor voor.
• Die voelers het dikwels 'n lang eerste segment en 'n knik tussen dié segment en die
ander.
• Die koninginne het vlerke, maar verloor hulle ná die paringsvlug. Mannetjies het ook
vlerke, terwyl werkers vlerkloos is.
• Die wyfies van party miersoorte het lêbore wat tot angels omvorm is. Alle miere kan
ook byt om hulself te verdedig, en party skei 'n onwelriekende stof uit die anus af om
roofvyande af te skrik. Miere word meestal deur vleisetende diere vermy omdat hulle
baie mieresuur bevat: Iemand wat per ongeluk 'n mier stukkend byt, besef dit terdeë
• Soos by bye en party wespe wat angels het, word eiers
nie deur die lêboor gelê nie, maar deur 'n afsonderlike
opening.
14
Sosiale lewe van miere
party soorte miere bou neste van ander materiaal, soos hout en blaarafval. Daar is selfs miere
wat - soos termiete - tonnels in hout grawe, en soorte wat in hol voorwerpe soos akkers
woon.
jaar verskyn verskeie koninginne. Dié verlaat die nes, vlieg weg en paar met
mannetjies. Hierna gaan die mannetjies dood. Die bevrugte koningin verloor
kokonne kom en hul take begin verrig.
om hul eie kolonies te begin. Daar kan in groot neste ook gespesialiseerde werkers wees wat
spesifieke take verrig: Miere met groot kake kan byvoorbeeld ontwikkel tot soldate wat die
miere word deur hul nesgenote nektar gevoer, wat in hul enorm
opgeswelde agterlywe gebêre word.
Een van die werkers se take is om die larwes in broeikamers te
versorg. Wanneer die nes bedreig word, dra die werkers die eiers,
kokonne en larwes na veiligheid: Dié is die wit voorwerpe wat
mens soms kolomme miere sien dra. Dit is ook in die werkers se
eie belang om die kleintjies te voer, want hulle kan self nie kos
volledig verteer nie. Die werkers voer kos aan die larwes, wat
15
dit gedeeltelik verteer en dan daarvan opbring vir die werkers om te
eet. Volwasse miere kan ook mekaar voer. Werkers versamel, berg en
kweek ook kos.
Sommige maniere van miere is om vir hul kosvoorraad te sorg,
herinner aan menslike landboumetodes: Daar is byvoorbeeld miere
wat swamme op stukkies blare kweek en soorte wat plantluise en ruspes “melk” vir hul
soet afskeidings. In baie gevalle word die “melkkoeie” in die nes in geneem, gemelk en dan
hol stamme van sekere plante woon en hulle beskerm teen aanvallers. Vampiermiere van
Madagaskar byt gate in hul larwes en suig bietjies van hul liggaamsvloeistowwe uit.
chemiese boodskappe uit: Reukspore kan miere na kosbronne lei of hulle
Daar is selfs miersoorte wat slawerny bedryf. Sulke miere sal moontlik
intrek, of die kokonne ontvoer om nuwe ‘slawe’ te skep.
Miere – lastig of nuttig?
Heelparty mense dink net aan miere as lastige goggas – maar
eintlik is hulle van groot belang in die natuur. Baie miersoorte
is roofvyande van skadelike insekte. Vleisetende miere help ook
die verspreiding van siektes keer deur karkasse te vreet.
Aan die ander kant kan miere plantsiektes versprei. Tropiese
kommandomiere kan selfs gevaarlik wees wanneer hulle deur die woude marsjeer op soek
na kos - maar verhale van sulke miere wat mens en dier in hul pad verslind, is gewoonlik
bedreiging vir inheemse miere in en kan lastig wees in die huis.
Aktiwiteit 4
Werk alleen
Bestudeer die inligting aangaande die mier en beantwoord die vrae:
• Watter een van bogenoemde soorte miere is die grootste?
• Van watter soort miere is daar die meeste?
• Wat eet miere?
• Noem een nut en een nadeel van miere.
16
Die planteryk
Op die derde skeppingsdag het God gesê: “Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante
wat saad gee, en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hul saad is, op die aarde.
En dit was so.”
Om orde te skep in die planteryk, klassifiseer bioloë plante ook in twee hoofgroepe, nl.:
Blomplante Nie-blomplante
Eensaadlobbiges Swamme
Alge
Mosse
Keëldraende plante
(Naaksadiges)
Tweesaadlobbiges Varings
(Bedeksadiges)
Mielie
LelieGras
blaar met
parallelle
stam
sporangium
blare
stam
naaldvormige
keël
blare
blare
Ondergrondse stam
penwortelnetarige blare
Aartappelplant
17
Eensaadlobbige plante
grasse, wat die mens van graan en suiker en vir sy vee van weiding
borrie en die groot verskeidenheid “lelies” van verskillende families
wat ons tuine versier.
Die wortels van eensaadlobbige plante is veselagtig en penwortels ontbreek. By plante met
bywortels in die plek daarvan. Plante met veselagtige wortelstelsels word maklik omgewaai,
maar moeilik uit die grond getrek. Laaggroeiende, goed geankerde grasse is aangepas om die
aanslae van bokke en ander grasvreters te weerstaan. Soos penwortels kan veselwortels optree
op te neem en aan res van plant te verskaf. Wortels kan ook voedsel stoor, soos by patats en
beet.
Die meeste eensaadlobbige plante het blaarskywe waarvan die are parallel met mekaar van
Die blomme van eensaadlobbiges het nie aparte kelk- en kroonblare nie. Die dele lyk dieselfde,
By eensaadlobbige plante ontbreek steunblare gewoonlik en vorm die voet van die blaar
voor by enkele eensaadlobbige plante soos die varkoorfamilie.
Tweesaadlobbige plante
Bekende voorbeelde van tweesaadlobbiges is malvas, vygies, vetplante,
sewejaartjies en madeliefies. Die plante is meestal meerjarige kruide
ook voor. Die blom het aparte kelk- en kroonblare. Die kelkblare is
gewoonlik groen en die kroonblare is gewoonlik helderkleurig. Die
blomdele is dikwels talryk, spiraalvormig gerangskik en in veelvoude
tweesaadlobbige plante het penwortels. Penwortels is dik, sterk
om weerstand te bied teen wind, maar word makliker uit die grond getrek deur roofvyande.
Party penwortels, soos die geelwortel, dien as bergingsorgane waarin die plant voedsel vir die
volgende seisoen opgaar.
18
Helmknop met
stuifmeel
Helmdraad
Kroonblare,
gesamentlik
gekroon
Blombodem
Meel-
draad
Stempel,
ontvang
stuifmeel
Styl
Vrugbeginsel,
word later ’n vrug
Saadknop, ontwikkel in saad
indien bevrug
Kelkblare, gesamentlike kelk
Blomsteel
Stam
Aktiwiteit 5
Werk alleen
Bestudeer die klassifikasie-diagram op bl 12, trek die tabel oor in jou skrif, voltooi en
beantwoord die vrae wat volg:
Eensaadlobbige plante Tweesaadlobbige plante
.................................... wortelstelsel. ................................... wortelstelsel.
2. Eensaadlobbige plante het
......................................... -arige blare.
2. Tweesaadlobbige plante het
............................... -arige blare.
3. Die blom het nie aparte .......................
en ................................. blare nie.
Blomdele is in veelvoude van ................
3. Die blom het aparte ........................
en .......................................... blare.
Blomdele is in veelvoude van
........................ of ...........................
• Noem een funksie van blare en een funksie van wortels.
• Noem twee nie-blomplant-groepe met plantstrukture wat nie opgedeel is in wortels,
stamme en blare nie.
• Gee twee voorbeelde van blomplante en twee voorbeelde van nie-blomplante.
lobbige plant is.
Blomme
Sonder blomme sou daar nie vrugte of sade wees nie. Blomme is dus uiters noodsaaklik vir
Buite die kroonblare is groen, blaaragtige kelkblare. In die middel van die blom is die
vroulike deel wat die stamper genoem word. Die manlike dele, wat meeldrade genoem word,
is rondom die stamper gerangskik.
19
Bestuiwing by blomplante
afhanklik vir die voortbestaan van hul spesie. Anders as die meeste diere kan plante egter
nie rondbeweeg om maats te soek nie. Party plante vergoed gedeeltelik daarvoor deur soms
ongeslagtelik voort te plant: varings en mosse vorm byvoorbeeld spore en party plante (bv.
Hen-en-kuiken) vermeerder met behulp van uitlopers wat by die knoppe wortelskiet om nuwe
plante te vorm.
Om sade te maak, moet stuifmeel van die meeldraad na die stempel beweeg. Wanneer die
stuifmeel op die stempel beland, is die plant bestuif en beweeg die manlike selle van die
vroulike saadknop om dit te bevrug. Ná bevrugting kan die sade groei.
Stuifmeel kan deur die wind, insekte, voëls en ander diere van die meeldraad na die stempel
oorgedra word. Plante wat diere nodig het om hulle te bestuif, is spesiaal aangepas om die
regte soort bestuiwer aan te trek. Geur en kleur help om verskillende bestuiwers aan te trek.
Talle plante kan nie deur hulle eie stuifmeel bestuif word nie. Stuifmeel van ander plante van
dieselfde soort moet hulle bereik. Dit word kruisbestuiwing genoem. Ander metodes van
bestuiwing is:
Wind
Windbestuifde plante het meestal groot getalle klein, onopvallende
blommetjies. Kroonblare ontbreek, of is só gewysig dat hulle nie die
wind afkeer nie. Dié vorm van bestuiwing strek tot groot voordeel van
grasse, wat in groot plate voorkom. Die plante benodig grootskaalse
bestuiwing en die meeste omliggende plante behoort tot dieselfde
spesie.
Windbestuifde plante se helmdrade hang dikwels slap uit die blom
en die stuifmeelkorrels is lig en droog. Party het lang style - soos die baard van mielies - wat
oor die hele lengte ontvanklik is vir stuifmeel.
Water
Party waterlewende plante maak op see- en rivierstrome staat vir bestuiwing. Sommige
het stuifmeel wat aaneengeskakel is in drade wat makliker aan style vashaak en by enkeles
kom selfs die hele manlike blom vry en dryf stroomaf. Waterbestuifde blomme is klein en
onopvallend.
Bye
Die oorgrote meerderheid van die plantfamilies maak staat op bye en
perdebye om hul blomme te bestuif.
Dié blomme is soms omvorm, met kroonblare wat as landingsplatforms
dien en buisvormige kele wat groot genoeg is vir die “vriendelike” insekte
om in te kruip maar klein genoeg om ongewenste besoekers uit te hou.
20
Die blomdele is minder as by ouer insekbestuifde plante, maar is só gerangskik dat die
geslagsorgane met die by se lyf in aanraking kom. Nektar word gewoonlik diep in die blom
afgeskei, wat die insek noodsaak om verby die stempel en meeldrade te kruip.
Bye maak ook op sig staat, maar hul waarneming van kleur stem nie heeltemal met mense s’n
ooreen nie. Hulle sien geel, pienk, pers en blou, maar rooi kom vir hulle swart voor. Aan die
Blomme wat deur bye bestuif word, is dus selde helderrooi. Kroonblare het dikwels
ultravioletstrepe wat nie vir die mens sigbaar is nie, maar die aandag van bye trek en die pad
na die nektar en voortplantingsorgane aandui.
Voëls
reuksintuig. Blomme wat deur hulle bestuif word, is meestal reukloos
en helderrooi of oranje. Die belangrikste nektarliewende voëls is die
kolibri’s van die Amerikas en die suikerbekkies. Hoewel dié voëls nie
nou verwant is nie, lyk hulle baie eenders. Hulle is besonder klein en
het lang, dun, geboë snawels waarmee hulle nektar diep in blomme kan
bykom. Die blomme wat deur hulle bestuif word, het meestal diep, smal
buise en lewer baie nektar.
Vlieë
Plante wat deur vlieë bestuif word, het blomme wat aan verrottende vleis herinner.
aasreuk af. Van die bekendste soorte is die inheemse aasblomme.
Motte en skoenlappers
Dié insekte het lang roltonge waarmee hulle nektar in diep kelke kan bykom.
Die blomme wat hulle bestuif, is in ooreenstemming hiermee aangepas.
soet geur.
Vlermuise
Soos motbestuifde blomme, is dié wat deur vlermuise besoek word, ligkleurig
en naggeurig. Hulle groei daarby gewoonlik regstreeks op boomstamme of aan
stewige stingels wat die diere se gewig kan dra terwyl hulle onderstebo hang
en nektar drink.
21
Aktiwiteit 6
Werk alleen
Bestudeer die prente van die verskillende blomme en bestuiwers. Skryf langs die nommer van
elke plant die name van een of meer bestuiwers neer.
Blomme
A. Suikerbos – blomme produseer
klewerige nektar
B. Erika – blomme het trompetvormige
buise
perdeby
D. Gras – groot hoeveelhede stuifmeel
word op lang meeldrade
geproduseer
E. Gesiggies – die blomme is
helderkleurig met
opvallende merke
F. Stapelia – ruik sleg, geen duidelike
blom nie.
G. Maanblom – sterk geur, blomme
maak slegs in die nag oop wanneer
wit kroonblare in die donker
gesien kan word.
H. Veerkoppie – groot hoeveelhede
stuifmeel word op veeragtige
blomme geproduseer
Bestuiwers
Mier By Wind Mot Perdeby Vlieg Suikerbekkie
22
Aktiwiteit 7
Werk in pare
beskryf hoe dit lyk.
• Sny die stamper en vrugbeginsel van die plant in die lengte
deur. Sprei die blom oop sodat julle al die dele kan sien.
Teken die blom en skryf byskrifte by die verskillende
dele.
• Hoe verskil julle blom van die tekening in die boek?
• Kyk terug in die les. Watter deel van die plant produseer manlike geslagselle?
• Watter deel produseer vroulike geslagselle?
bestuiwing?
• Watter deel van die plant ontvang die stuifmeel?
• Wat is die verskil tussen bestuiwing en bevrugting?
plante en diere gesterf het, ontbind hulle. Dit beteken dat die fisieke liggaam van die plant
of dier deur wurms, insekte of bakterieë verteer word. Die verrotte liggame van dooie plante
en diere word deel van die grond. Dié proses stel stowwe vry wat plante weer gebruik om
te groei.
Hoewel dood vir ons as mense gepaardgaan met geweldige sterk emosies soos hartseer, pyn,
ons lewe hier op aarde is. 1Korinthiërs 15 sê dat die dood die laaste vyand is wat vernietig
Wanneer ons in Christus Jesus glo, hou die dood vir ons geen vrees in nie want dan leef ons
met verheerlikte liggame saam met God in sy koninkryk. Soos wat die koringkorrel dood lyk
van nou en die ewigdurende hiernamaals.
Aktiwiteit 8
Werk alleen
prentjiediagram:
grond.
23
1.2 Ekosisteme
God het die mens as heerser en verteenwoordiger op aarde aangestel en tog het Hy ons ook
afhanklik van plante en diere gemaak. In alles hier op aarde is ons vir oorlewing van mekaar,
die natuur en bowenal van God afhanklik. In graad 5 het jy van die verskillende habitatte
van diere geleer, soos die woestyn, see en grasvelde. Hierdie habitatte kan ook biome of
ekostreke genoem word.
tuin. Ekologie aan die ander kant is dus die bestudering van die interaksie tussen hierdie
Lewende en nie-lewende dinge
as die biotiese komponente en dit sluit in plante, diere en mikro-
organismes in. Die abiotiese (nie-lewende) faktore beïnvloed
gewoonlik die lewende deel van die ekosisteem:
• Water is die habitat waarin visse moet swem en lewe.
Sonder water (abiotiese faktor) kan daar nie visse
(biotiese faktor) wees nie.
• Vrugbare grond (abiotiese faktor) is nodig vir plante (biotiese faktor) om te kan
groei.
vir skaduplante om te kan groei.
Ekostreek Nie-lewende komponente Lewende komponente
Graslande Grond, vuur, wind Gras, muise, sprinkane
Reënwoude Vogtig, swaar reënval, min
temperatuurvariasies
Vyebome, ape, boom-paddas,
gorillas
Ysstreke Ys, sneeu, wind, uiterste koue Sneeuhoenders, ysbere,
pikkewyne, robbe
Woestyne Hitte, lae reënval, sanderige
grond, groot variasies in
temperatuur
Kaktusse, reptiele, kamele,
kangaroes
menslike bevolking uitbrei, is daar al hoe meer druk op ekostreke. Die mens vernietig nie
alleen die habitatte van diere nie maar besoedel ook die omgewing of oorbenut die natuurlike
hulpbronne. Dit lei tot die bedreiging of selfs uitsterwing van sekere plant -en dierspesies.
24
Voedselkettings
Die son is die hoofbron van energie op aarde en as gevolg van die energievloei van een
groenplant (vervaardiger/produsent) wat sy eie voedsel kan vervaardig deur die proses van
fotosintese. Die organisme wat die plant eet, staan bekend as die primêre verbruiker. Primêre
verbruikers word deur sekondêre verbruikers geëet en sekondêre verbruikers word deur
Plante groei in grond Wurms, ruspes,
sprinkane of slakke eet
daarvan
Die kraai eet die
sprinkaan
Die kraai se mis voed
die grond
1
Mielies
2
Mens
3
Arend
Hoender Slang
Jakkals Muis en rot
nie, ander lewende organismes ook nie daarvan hou nie. Jy eet byvoorbeeld mielies maar
hoenders, muise en rotte hou ook daarvan. Dit beteken dat verskillende voedselkettings
Aktiwiteit 9
Werk in pare
natuur en stel drie voedselkettings op.
2. Bestudeer die voedselweb bo-aan hierdie bladsy en identifiseer die herbivore, karnivore,
en omnivore in die voedselweb.
mense gif gebruik het om die muise of rotte dood te maak.
25
Vervaardiger Primêre
verbruiker
Sekondêre
verbruiker
Tersiêre
verbruiker
Aktiwiteit 10
Daar val baie min reën in die Namib-woestyn,
een van die droogste woestyne in die wêreld.
Maar daar is nog baie lewe in die woestyn. Die
dik mis van die see af oor die woestyn gewaai.
Baie insekte leef in die sandduine.
Miere, krieke, kewers, die larwes van kewers
en termiete eet almal sade en stukkies plant
wat deur die vogtige wind rondgewaai word.
Die miere word deur die mierleeu geëet wat in
die sand wegkruip. Die spinnekoppe eet die
termiete. Skerpioene eet die larwes van kewers
en spinnekoppe. Akkedisse eet spinnekoppe.
Die horingadder eet die akkedisse
Lees die paragraaf oor die Namib-woestyn deur en beantwoord die vrae:
• Verduidelik waar die Namibwoestyn in die wêreld en ten opsigte van Suid-Afrika
is.
• Waarvandaan kry die plante en diere water in die woestyn?
organismes wat in die paragraaf oor die Namibwoestyn genoem is.
26
1.3 Die mens as verbruiker
Aktiwiteit 11
Groepwerk
Lees 2 Samuel 17:28-29 in verband met die voedsel wat aan Dawid en sy mense voorgesit is
en beantwoord die vrae:
• Hoe verskil die kossoorte wat by daardie ete aangebied is van die kos wat julle
• Hoe verskil die voorbereiding van kos, toe en nou?
• Was die kos van daardie tyd gesonder as die kos van vandag? Motiveer jul
antwoord.
Gesonde eetgewoontes
dat mense soms verkeerde keuses maak en dan met gesondheidsprobleme opgeskeep sit nie.
Die Bybel is vol van verwysings na kos en geleenthede waartydens daar met kos feesgevier is,
dink maar aan die feesmaal wat die pa aan die verlore seun voorgesit het, die bruilofsmaal te
Kanaan, Daniël en sy vriende se gesonde vegetariese dieet, die vermeerdering van die brood
en vis, ens.
God het bedoel dat ons voedsel en die samesyn daar
rondom mag geniet. Soos met alle voorregte kom
daar egter ook verantwoordelikhede mee en is dit
ons plig om ons liggame met sorg te behandel,
afgod word en daarom is die gesegde: “eet
goeie rigsnoer.
Die mens het voedsel nodig vir
energie en om gesond te bly.
Verskillende voedselsoorte bevat
verskillende voedingstowwe wat
menslike liggaam speel. Die
voedselpiramiede verduidelik
watter kossoorte ons meer
en van watter ons minder
moet inneem om gesond
te kan bly.
2
3
4
1
27
Voedselpiramiede
1. Vette, olies en suiker
Eet een porsie per dag. Dit gee energie maar bevat nie baie voedingstowwe nie. Dit
word in die liggaam gestoor as vet wat help om liggaam warm te hou.
2. Proteïene en suiwel
Eet twee tot vier porsies per dag. Dit bou die liggaam (spiere, bene, senuwees) en help
ons om gesond te word en om te dink.
3. Vitamiene en minerale
Eet drie tot vyf porsies per dag. Dit word hoofsaaklik in vars vrugte en groente aange-
tref. Dit hou ons gesond en voorkom siektes. Dit sluit water en vesel in en hoewel dit nie
voedingstowwe is nie, hou dit die liggaam gereeld en raak ontslae van afvalstowwe.
4. Koolhidrate
Eet ses tot agt porsies per dag. Dit moet die basis vorm van elke ete, want dit gee vir
ons energie om aktief te wees en gesond te bly. As jy egter meer eet as wat jou liggaam
gebruik, word dit as vet gestoor.
Aktiwiteit 12
Werk alleen
• Van watter voedselgroepe moet ons, volgens die piramiede, die meeste eet en van
watter moet ons die minste eet?
• Noem al die kossoorte op wat jy in een dag eet, byvoorbeeld alles wat jy gister geëet
voltooi.
Vette, olies en
suiker
Proteïene Suiwelprodukte Vitamiene en
minerale
Koolhidrate
• Kyk na jou voltooide tabel. Van watter voedselgroep het jy die meeste en van watter
die minste geëet? Het jy enige voedselgroep uitgelaat, indien wel, hoekom?
• Dink jy jou dieet is gebalanseerd, met ander woorde, eet jy van al die voedselgroepe
Ontbyt!
Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag. As jy
nie ontbyt eet nie, is jy rusteloos en geïrriteerd omdat
jou bloedsuikervlakke te laag is. Dit verlaag ook jou
konsentrasie en dit kan beslis nie goed wees vir die
28
Jou liggaam se energiebehoeftes
In elke stadium van die mens se lewe het die liggaam bepaalde
energiebehoeftes. Die energiebehoeftes word beïnvloed deur hoe hard
jy werk of hoe baie jy speel en of jy sport beoefen of nie. Energie word
verkry uit die voedsel wat ons eet, dit is daarom belangrik om ons etes so
te beplan dat ons kos met voldoende energie- en voedingswaardes eet.
Voedselkeuses word hoofsaaklik deur die volgende
faktore beïnvloed:
• Elke persoon se spesifieke energie behoefte
• Die prys van kos of hoeveel jy bereid is om te betaal
• Elke persoon se persoonlike smaakvoorkeur
Dieetversteurings
God seën die aarde mildelik en oorvloedig met kos vir mens en dier en tog is daar soveel
krisisse en probleme rondom kos. Party mense in party lande krepeer van honger en ellende
as gevolg van natuurrampe, wanbestuur van hulpbronne, oorlogvoering, ensovoorts.
Aan die ander kant is daar mense wat sukkel met gewigsbeheer omdat hulle ongesonde keuses
wat oorvloed het.
Ondervoeding Wanvoeding
Definisie
min voedsel ingeneem word – veral
energiegewende voedsel.
Wanvoeding kom voor wanneer te
min of te veel van sekere noodsaaklike
voedingstowwe soos proteïene,
vitamienes, en minerale, ingekry word.
Oorsaak Hongersnood, byvoorbeeld as
gevolg van armoede of doelbewuste
verhongering as gevolg van
sielkundige probleme.
soort voedsel, byvoor-
beeld mieliepap of eet
aanhoudend te veel,
byvoorbeeld kitskosse,
pleks van gesonde
Siektes Anoreksia, kwasjiorkor
Gevolge Swak gesondheid of
selfs die dood
Lae selfbeeld, hiperaktiwiteit,
moegheid, diabetes, swak gesondheid
29
Aktiwiteit 13
Werk alleen
aandete insluit sowel as peuselhappies tussenin. Onthou om alles in ag te neem wat jy hierbo
Die Spysverteringstelsel
help die liggaam om behoorlik te funksioneer. By tye raak sommige van die selle uitgewerk.
Hierdie verslete selle moet voortdurend vervang word. Die liggaam moet homself ook teen
siektes kan beskerm. Soos jy nou reeds weet, verrig die voedingstowwe in ons voedsel hierdie
funksies.
Die liggaam kan nie van die voedsel gebruik maak in dieselfde vorm as wat dit gesluk is nie
en dus moet die voedsel in eenvoudiger deeltjies verander word sodat dit deur die klein selle
opgeneem kan word. Die proses om die voedsel te verander, word vertering genoem. Jy weet
Die liggaam bestaan uit verskillende dele (organe) wat help om hierdie veranderinge te laat
plaasvind. Hierdie verskillende dele vorm die spysverteringstelsel.
Wat gebeur in die volgende organe?
Mond: Voedsel word fyngekou en met speeksel
gemeng.
Slukpyp: Vervoer die voedsel van die mond na die
maag.
Maag: Die voedsel word opgebreek (verteer) in
verskil- lende voedingstowwe deur
maagsappe.
Lewer: Behalwe dat die lewer bloed filtreer, skei dit
ook met die hulp van die galblaas gal af om
vette en olies op te breek sodat dit verteer kan
word.
Dunderm: Die voedingstowwe word
opgeneem (geabsorbeer)
in die bloedstroom.
Dikderm: Afvalstowwe versamel in die dikderm en word
uitgeskei.
30
Aktiwiteit 14
is.
• Watter tipes voedingstowwe is daar alles in die toebroodjie?
• Beskryf wat met die toebroodjie gebeur soos wat dit in die spysverteringstelsel af
beweeg.
• Rangskik die volgende spysverteringsorgane in die korrekte volgorde:
top related