jacobsdal primêre skool · web viewbekers en trofee’s moet asseblief so gou as moontlik...
Post on 13-Feb-2020
1 Views
Preview:
TRANSCRIPT
JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 34 13 - 20 Oktober 2017
KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:
Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by
die nuusbrief ingesluit. Ouers en leerders moet elke week hulle kwartaalprogram en buitemuurse rooster goed deurgaan. Indien u dit nie doen nie, gaan u nie voorbereid wees op die aktiwiteite wat gaan plaasvind nie. Indien u kind op ‘n Vrydag nie by die skool is nie, kan u Maandae ‘n nuusbrief by die boekstoor afhaal of dit oor die naweek op die webtuiste kry.
JAARBLAD 2017:
Belangstellendes en instansies wat nog ‘n advertensie in ons Jaarblad wil plaas kan met Elsabé Ueckermann in verbinding tree. Dit is ‘n pragtige kleurglansblad wat oor ‘n wye gebied versprei word. Dit is werklik die moeite werd om in hierdie blad te adverteer en u help ons so om hierdie spogblad uit te gee.
Kostes is as volg:
Volblad: R2000
Halfblad: R1000
Kwartblad: R500
U is self verantwoordelik om u advertensie te ontwerp of te laat ontwerp.
Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen.
Kontak haar gerus by: Epos: aitsadesigns@gmail.com Tel: 0725282365
BEGROTING 2017:
Die finansiële begroting vir die skool en koshuis is beskikbaar in die voorportaal ter insae van ouers.
‘n Baie belangrike Ouerbegrotingsvergadering vind op Maandag, 23 Oktober om 7:30 plaas waartydens hierdie begrotings deur u as ouers goedgekeur moet word.
PRYSUITDELING 2017:
Ouers wat nog nie trofeë en bekers laat graveer het nie, moet dit asseblief by Zane’s Trophy Centre in Georgestraat, Kimberley laat doen. Bekers en trofee’s moet asseblief so gou as moontlik ingehandig word.
Daar sal op hierdie jaar se Prysuitdeling ‘n afdeling vir kategorie B-sportsoorte wees. (Dit is sportsoorte wat nie by ons skool aangebied word nie of prestasies buite die Vrystaat, of nie-Syrec sporte). Slegs leerders wat amptelike bewyse van hulle prestasies by ons ingee, sal op die verhoog verskyn.
Ons kan selfs baadjies, diplomas of medaljes aan leerders oorhandig.
Let wel: Slegs prestasies wat in ons skool behaal is, sal erken word.
Geen deelname – geen erkenning.
KLEURATLETIEK: [BEAMPTELYS]
‘n Voorlopige beamptelys word by die nuusbrief ingesluit. Ouers kan net hulle name kontroleer en enige veranderinge met Alfred Hodgson bespreek. Ons benodig nog 9 ouers om ons as beamptes te help.
Die leiers van die GEEL en die BLOU atletiekspanne vra dat alle leerders R5 moet bring om te help met die versiering van die paviljoene en ander onkostes. Julle kan die geld op Maandag, 16 Oktober by die klasonderwysers inbetaal. Finale inskrywings of veranderings, Maandag, 16 Oktober!
Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings by die Kleuratletiek verskaf. Hulle benodig egter hulp in die verversingslokaal aangesien dit ‘n baie lang dag is. Enige pappa of mamma (van al die grade) wat hulle kan help (al is dit net vir ‘n uur of twee) kan vir Lida Botha kontak by: 071 674 8859. Ons doen veral ‘n beroep op die graad 7-mammas wie se kinders vir die laaste keer in hulle Laerskoolloopbaan deelneem om by die Kleuratletiek teenwoordig en betrokke te wees.
Die volgende bestanddele kan deur die graad 1 tot 6 leerders se ouers geskenk word, indien dit vir u moontlik is. Stuur dit sommer na die boekstoor asb. By voorbaat baie dankie!
KOEKMEEL KOOKOLIE SUIKER EIERS
KOM GENIET DIE DAG SAAM MET ONS!
VCSV SKOOLVERLATERSKAMP:
Die graad 7’s se skoolverlaterskamp vind van 27 tot 29 Oktober plaas. Daar is nog net plek vir 5 graad 7’s in die bussie.
OUERKLASBESOEKE:
Slegs ouers met wie afsprake gemaak is, het hierdie kwartaal ouerklasbesoek by die onderwysers. Enige ander ouer wat onderwysers wil spreek, kan persoonlik met hulle ‘n afspraak maak.
FOTO-CD: [AFSKEURSTROKIE]
Ouers kan ‘n foto-CD van kwartaal 1 & 2 met die afskeurstrokie bestel. CD’s kos R30.
INSIDENTESTATISTIEK:
Ouers kan kennis neem van die insidentestatistiek wat by die nuusbrief ingesluit is.
KONTROLE VAN HANDBOEKE:
Leerders se handboeke is deur leerkragte gekontroleer.
Let wel: Indien leerders hulle handboeke verniel of beskadig het, sal ouers ‘n rekening ontvang om daardie boek/boeke te vervang.
LEERDERDEELNAME:
LANDLOOP/MIDDELAFSTANDE/TWEEKAMP:
Ouers moet asseblief kennis neem van bogenoemde oefening wat elke middag van 14:30 tot 15:00 deur Irene Wilkinson aangebied word. Maak asseblief van hierdie geleentheid gebruik om atlete fiks te kry. Ons is baie dankbaar vir ouers wat ons help met die afrigting van sport by ons skool!
KRIEKET:
Ons 0/13 span verloor met 9 lopies teen Kimberley Junior in die Pro-20 liga.
Die 0/13 krieketspan speel op Woensdag, 18 Oktober om 14:00 ‘n Pro-20 krieketwedstryd teen RPC hier op ons veld. Spelers kan om 13:30 verdaag.
Sterkte aan ons 0/13 Xhariep krieketspelers wat op Donderdag,
19 Oktober teen Fichardtpark speel.
TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]
UITSLAE TEEN HARTSWATER:
0/13 (A-liga): Verloor 4 – 2
0/11 (B-liga): Verloor 4 – 2
0/9 (B-liga): Verloor 5 – 1
Baie sterkte aan Jannes en Hanru Krause wat die naweek aan die Novals Tennistoernooi op De Aar deelneem. Sterkte ook aan Dirk le Roux, Wynand Botha, JC Lübbe en Suzanne le Roux wat die naweek en volgende week aan tennistoernooie deelneem.
Schalk-Willem Engelbrecht, Edrich Olwagen, Riko Swart, Nico Smith en Jannes Krause neem op 20 en 21 Oktober aan ‘n tennistoernooi in Hopetown deel.
Die 0/13, 0/11 en 0/9 dogters tennisspanne speel op Maandag,
16 Oktober teen Hopetown op hulle bane. Vul asseblief die afskeurstrokie in om julle vervoer te bevestig. Spelers kan om 12:30 verdaag en die bus vertrek om 12:45. Busgeld van R50 is betaalbaar.
TWEEKAMP:
Baie geluk aan Leo Wilkinson wat ‘n sesde plek behaal het met die afgelope Interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Bloemfontein.
ATLETIEK:
Atlete wat nog aan die Jim Fouché atletiekbyeenkoms wil deelneem, moet
op Maandag, 16 Oktober by mnr Alfred inskryf. Laaste kans!
Inskrywingsgeld beloop R20 en ouers is self verantwoordelik om atlete na die byeenkoms te vervoer.
Baie sterkte aan die paar atlete wat op 19 Oktober aan Newton se atletiekbyeenkoms gaan deelneem. As daar nog atlete is wat wil deelneem moet hulle Maandag na mnr Hodgson toe gaan.
MUSIEK:
Baie geluk aan die volgende twee leerders wat met die afgelope UNISA praktiese musiekeksamen pragtig presteer het:
Marlien Smith: 84% (met lof)
Anica Ueckermann: 94% (eervolle vermelding)
Anica word ook op UNISA se ererol geplaas. Baie geluk!
GIMNASTIEK:
Louis-Harm Fourie het die afgelope vakansie aan die SA Gimnastiekspele in Pretoria as deel van die Noordkaap gimnastiekspan deelgeneem. Baie geluk!
“MARTIAL ARTS”:
Baie geluk aan die volgende leerders wat met die afgelope “Matial Arts” kampioenskappe in Stellenbosch goed presteer het:
Schalk-Willem Engelbrecht: 1ste plek seuns 6&7
(wit en geel belde – “Continuous fighting”)
Edrich Duvenage: 3de plek seuns 8&9 (wit en geel belde – “Point fighting”)
Pieter Duvenage: 2de plek seuns 12&13 (wit en geel belde – “Point
fighting”)
3de plek (wit en geel belde – “Continuous fighting”)
ALGEMEEN:
JOS ROOMYSVERKOPING:
Jakkies Opwaarts Sentrum verkoop om Maandag, 16 Oktober lekker roomys by die skool. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.
SPORTKOUSE:
Sportkousies is in die Klerewinkel beskikbaar @ R35 per paar. Hierdie kouse sal mettertyd deel van ons skooldrag word.
GEBEDSLYS:
Danél du Toit (hospitaal)
Karin Page (siek)
ONS IS DANKBAAR VIR DIE REËN!
………………….
PW Tait
SKOOLHOOF
Skenk asseblief al julle ou medaljes, wat nie meer vir julle waardevol is nie, vir liefdadigheid.
Handig by die boekstoor in asb.
Baie dankie!
AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN HOPETOWN
(Maandag, 16 Oktober)
(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________
(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________
GAAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:
EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.
BENODIG VERVOER NA HOPETOWN:
(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)
HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________
Bus/vervoergeld vir elke speler: R50
AFSKEURSTROKIE: FOTO-CD
OUER: ___________________________________
LEERDER: ______________________________
WIL GRAAG ‘N FOTO-CD @ R30 VIR KWARTAAL 1 & 2 BESTEL
BEDRAG INGESLUIT: R _______
HANDTEKENING: ___________________
DATUM: _____________
VAKANTE BETREKKING
JSM MAKELAARS – MODDERRIVIER
SEKRETARIëLE POS
CV KAN BY DIE KANTOOR AFGEGEE WORD OF KAN EPOS NA rampie@mweb.co.za
KONTAK RAMPIE NIEMANN :
078 607 1036
VIR ENIGE VERDERE NAVRAE
Poppie- en karretjieprojek:
Ons het al sowat 50 poppies en 50 karretjies
vir ons kinderprojek.
Ons het egter nog 80 poppies en 100 karretjies nodig.
Vul asseblief die onderstaande strokie in
as u by hierdie projek betrokke is en stuur dit asseblief terug na die klasonderwysers:
OUER: _______________________________
KINDER/S IN GRAAD?: __________________
EK SAL SORG VIR POPPIES
EN KARRETJIES.
HANDTEKENING: ______________________
BEAMPTELYS: KLEURATLETIEK
Aankondiger: Tjoppie Botha
Skeidsregters: Pieter Tait
Lanie Steenkamp
Afsitter: Schalk Meintjes
Afsittershulp: Delene Da Camara
Marleen le Gras
Maritza du Plooy
Wenpaalbeampte: Marisan Jacobs
Madeleine Koorzen
Rekenaar: Tersia Mostert
Rehetta Schoeman
Medaljes: Naomi v Eck
Suzaan Wessels
Verversings: Rina van Zyl
+ Helpers
Aksiefoto’s: Clivé Burger
Aantekenaars: Karin Page
Elza van Wyk
Rekords: Maryna Scholtz
Spanbestuurders:
BAAN:
Uitvangers:
Maritza de Wet (Hoof)
Clivé Burger (Kamera)
Linda Jansen
Karin Strauss
Mariska v Zyl
Anéle Hugo
Irene Wilkinson
Deandri van Vuuren
Rozanne Meyer
Tydhouers:
Riaan Jacobs (Hoof)
Pieter Groenewald
Jannie du Plessis
Abré Strauss
Jacques Conradie
Dewald Burger
Schimper van Niekerk
Tjaart v Zyl
John Roelofse
VELDITEMS:
VELDITEMS:
Verspring Put A:Peet Steenkamp (Hoof)Theuns SchutteElsabé Ueckermann
Verspring Put B:Michael Zondagh (Hoof)Charlene ZondaghRetha Schutte
Hoogspring Put A:Adéle Lübbe (Hoof) Vera SteenkampLinette Carbutt
Hoogspring Put B:Jannie du Plooy (Hoof)Nico Jacobs
Lizmari Jacobs
Gewigstoot Put A:
Suzaan Wessels
Benodig nog 2 persone
Gewigstoot Put B:
Benodig 3 persone
Spiesgooi:
Benodig 4 persone
Slingerbal:Irene Wilkinson
Noodhulp: Lizette Krause
Chrismae de Witt (fisio)
Jeanette Engelbrecht (fisio)
Kontakpersoon: Reza Hodgson - 0844137731
top related