lansering van afrikaanse sosiale media platform

Post on 19-Jun-2015

212 Views

Category:

Social Media

12 Downloads

Preview:

Click to see full reader

DESCRIPTION

Die getal Afrikaansprekendes buite Suid-Afrika gee ʼn wêreldwye stem aan Afrikaans deur sosiale media. In die uitbouing van Afrikaans as ʼn minderheidstaal moet geleenthede in die “new media” of te wel die nuwe media wêreld aangegryp word.

TRANSCRIPT

ELEKTRONIESE MEDIA AS INSTRUMENT OM MINDERHEIDSTALE TE BESKERM EN TE BEVORDER

21 NOVEMBER 2013

Lansering van Afrikaanse Sosiale Media Platform

Die Verenigde Nasies bereken dat die helfte van die wêreld se beraamde 6000 tale teen die einde van hier die eeu sal uitsterf as minderheidstale nie beskerm word nie.

Navorsing dui daarop dat elektroniese media ʼn bepalende effek het op minderheidstale soos Afrikaans se oorlewing, status en ekonomiese deelname.

Elektroniese media behels baie meer as net die gebruik van sosiale media tegnieke.

Elektroniese media is waar die inhoud deur die eindgebruiker met ʼn elektroniese toestel soos ʼn e- leser of ʼn tablet-rekenaar ontsluit word.

Kleiner tale gebruik sosiale media, YouTube en teksboodskappe om hul stem wêreldwyd hoorbaar te maak.

Die getal Afrikaansprekendes buite Suid-Afrika gee ʼn wêreldwye stem aan Afrikaans deur sosiale media.

In die uitbouing van Afrikaans as ʼn minderheidstaal moet geleenthede in die “new media” of te wel die nuwe media wêreld aangegryp word.

Nuwe media verwys na “op aanvraag” toegang tot inligting of inhoud enige tyd, op enige plek op enige digitale toestel wat interaktiewe gebruikers-terugvoer en kreatiewe deelname moontlik maak.

ʼn Nuwe media Afrikaanse digitale platform sal gedefinieer word deur sy vermoë om deur stagnante inligtingsbronne en uitgediende paradigmas te breek.

Die Afrikaanse digitale platform kan beskryf word as ʼn netwerk van netwerke wat tradisionele verhoudings en verbintenisse herskep. Die potensiaal van ʼn Afrikaanse digitale platform is in die uitruil van kreatiewe idees en goedere.

So ʼn platform sal die gebruikers die geleentheid bied om te skryf, kuns te skep, gemeenskappe op te hef, opleiding te verskaf en nog meer wat letterlik en figuurlik grense sal verskuif.  

Die bevordering van Afrikaans as 'n middel tot sosiaal ekonomiese ontwikkeling

Die ontwikkeling en implimentering van 'n Afrikaanse Kubergemeenskap: Afrikaans in die wolke!

Die skep en ontwikkeling van 'n aantal aanlyngemeenskappe vir groei

Projekdoelwitte

Die instument:

21 November 2013ʼn Inisiatief van:myafrikaans.com en digitaaldialoog.com+31 (0) 613415881 / +27 (0) 12 734 6827

top related