maak gereed die koning kom exodus

Post on 14-Jun-2015

472 Views

Category:

Spiritual

7 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

“ Maak gereed die Koning kom! “

EGIPTEGod se opdrag aan Moses Hoofstuk 3:1 tot 4:17

Die tien plae Hoofstuk 7:14 tot 11:10Die begin van Pasga Hoofstuk 12:1 tot 13:14Klowing van die Rooi See Hoofstuk 14: 13-31

WOESTYNTien gebooie Hoofstuk 20:1 tot 17

Instruksies vir die Tabernakel Hoofstuk 24:12 tot 27:21Offers vir die bou van die Tabernakel Hoofstuk 35:1 tot 36:7Bou van die Tabernakel Hoofstuk 40:1 tot 33God vul die Tabernakel Hoofstuk 40:34 tot 38.

Op reis vanuit Egipte na Kanaan

Egipte : Wereld van sonde & afgodediensWoestyn : Reiniging (afle & opneem)Kanaan : Geestelike oorwinning

Verskillende mense woon saam in Egipte

• Egiptenare

• Israeliete

• Gemengde bloed

Volbloed Egiptenare

• Geen behoefte na die Almagtige Skepper• Dien afgode (ander gode)• Geen plan om van hulle gode af te sien• Woon saam met ons in hierdie verlore wereld• Gaan selfs kerk toe• Neem geen notisie van die Evangelie• Gelukkig & tevrede in Egipte

Suiwer Joodse Bloed

• Dien reeds geslagte lank die God van Abraham, Isak & Jakob• Geen twyfel wie God is nie• Nie tevrede om afgode te dien• Verlang na die God van hul Voorvaders• Luister gewilliglik na die Evangelie• Aanvaar Christus sonder twyfel as Verlosser• Wil nie langer in Egipte bly• Soek & vind die weg na Kanaan, deur die woestynlewe . . .

Gemengde Bloed

• Uit gemengde huwelike gebore• Joods (gelowige) & Egiptiese (ongelowige) ouers• Verdeel tussen twee gelowe• Nie werklik verbind tot God nie• Kry nie vat aan afgode nie• Vind dit moeilik om kruisdood te verstaan• Begryp nie hul sondige toestand voor God nie• Vind dit moeilik om ‘n oorgawe te maak of om geestelik te groei & te volhard

Egiptenaar: Afgode

Ten volle oorgegee aan ChristusGemengde Bloed: Afgode / God van Israel

Egiptenaar, Israeliet of uit gemengde huwelik gebore, alle mense word gered deur die kosbare bloed van Jesus Christus . . . wanneer jy ‘n eie keuse maak om voor God te buig sondes te belei & Christus as Verlosser aan te neem . . .

Watter een verteenwoordig jou?

Die mense wat saam met ons in Egipte (die verlore wereld) woon is mense wat nie noodwendig ‘n keuse vir of teen die God van Israel gemaak het nie . . .

Die inwoners van Gosen (Joodse gebied) glo nie almal in dieselfde God nie, want baie van die volk het so deur die jare die gode van Egipte begin aanbid. . .

Sommige van hierdie ‘afgodbeeld aanbidders’ woon in ons huise, omdat hul met Israeliete getroud is. . .

Net soos wat daar vandag in elke gesin mense van verskillende geloofsoortuigings ‘n lewe onder een dak maak . . .

Almal werk elke dag hard saam daaraan om stene vir Farao te maak!

Hierdie mans en vroue word saam met ons teen die sprinkane & steekvliee beskerm wat Egipteland tref, net omdat hulle met mense getroud is wat die Almagtige dien en aanbid . . .

Alle mense kan die verlore wereld van Egipte verlaat , maar elkeen wat begeer om vrygemaak te word

van slawerny & afgodediensmoet God se voorskrifte noukeurig nakom . . .

“ Ek is die HERE, en Ek sal jou onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en jou red uit hulle slawerny, en Ek sal jou verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte . . . “

Ons sal nooit op ons eie uit die hand van Farao (satan) vrykom nie!

 Die God van Abraham, Isak & Jacob het vir Moses & Aaron gese dat elke gesin‘n lam moet uithou wat sonder gebrek is. . .

Die Alomteenwoordige het baie spesifiek gese dat ons die vleis met bitterkruie moet geur, en oor die kole moet braai. . .

Ons mag ook geen suurdeeg in die brood meng nie. . .

Bitter kruie herinner aan die dwangarbeid in Egipte, die vernedering & magteloosheid om in geestelike of fisiese slawerny vasgekeer te wees . . .

Dit herinner aan die sonde van ‘n volk wat eens op ‘n tyd die God van Israel gedien het,maar nou agter die gode van Egipte aan hoereer . . .

Die suurdeeg herinner aan sondes in ons lewens wat die potensiaal het om uit te reis . . . soos gis in deeg!

“ Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons Paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus . . .

“Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug & boosheid nie; maar met die ongesuurde brode van reinheid & waarheid . ..

Ondersoek jouself vir alle ongeregtighede & verwyder alle sondes & ongeregtighede uit jou midde . . .

Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet die suurdeeg uit jou

huis verwyder word . . .

Exodus 15:7

Die bloed sal vir jou ‘n teken wees aan die huis waarin jy is: “ As Ek die bloed sien, sal Ek by jou verby gaan! En daar sal geen verderflike plaag onder jou wees wanneer Ek Egipteland tref nie.”

Exodus 12:13

Op die aand van die veertiende moet die lam geslag word . . . Die bloed daarvan moet aan die deurposte van die huise gesmeer word waar die offer vleis geeet word . . .

Maar in die offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; want die bloed van stiere & bokke kan onmoontlik die sonde wegneem . . .

Hebreers 10:3-4

Brandoffers & sondoffers het U nie behaag nie. . . Toe het Ek gese: Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – “ Kyk, Ek kom om U wil te doen, o God. Ek neem die eerste weg om die tweede te stel”. . . Hebreers 10: 5 ens.

Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus . . . Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. . . Hebreers 10:14

Die Lam is geslag & die bloed is aan die deurkoesyne gesmeer . . .

Vannag gaan die eersgeborenes van elke huis sterf waar geen bloed gevloei & aan die deure van huise gesmeer is nie . . .

Die volk van Israel neem ‘n stap in die geloof & gehoorsaamheid aan God

Die afgelope maande het ons die Mag & Krag van God aanskou toe verskeie plae oor Egipte gebring is . . .

Die wysemanne & towenaars van Farao (satan) is raadop! Daar is niks wat hulle kandoen om die straf wat God die Almagtige oor Egipte uitvoer stop te sit nie . . .

Water in bloed Paddas Muskiete Steekvliee

Pes onder die vee Swere Hael Sprinkane

Duisternis

Dood van die eersgeborenes

Die smaak van bitter kruie op die offer vleis, herinner aan die sonde& smart van slawerny in Egipte . . .

Hoekom is sondes so groot probleem?

Die God van ons voorvaders is Heilig; opreg & regverdig. Hy het al die mag daar bo in die hemel & ook hier op die aarde. . .

Om sonde te verstaan, moet ons besef wie die God van Israel is . . .

God stel ‘n standaard vir ons om na te volg . . .

Matteus 5:48 “ Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is . . .”

God stel die standaard: Alles wat nie Heilig is nie is sonde . . .

Hoe weet ek wat sonde is: God gee Sy wet & die wet openbaar ons sonde . . .

Romeine 7:7 “ Ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie . . .

Romeine 7:9-12 “ En sonder die wet het ek vroeer gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe & ek het gesterwe. En die gebod wat die lewe moes wees, die het vir my geblyk die dood te wees. Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod & my verlei & daardeur gedood. Dus is die wet heilig & die gebod is heilig & regverdig & goed.

Ons moet die hele wet onderhou . . .

Jakobus 2:10 “ Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword . . .

Jakobus 2: 11 “ Want Hy wat gese het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gese: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword . . .

Wat is die nagevolge van sonde?

Johannes 12:26 se: “ As iemand My dien, laat hom My volg . . .

• Sonde plaas jou onder die toorn van God Jesaja 5:25 Daarom het die toorn van die Here • Alle sonde is strafbaar met die dood Romeine 6:23 “ Want die loon van die sonde is die dood . . . “• Sonde skei my van God Jesaja 59: 1-2 “ ..julle sonde het ‘n skeidsmuur geword..”• Sonde kom op jou kinders & hulle kinders . . .

Hoe word ek dan geregverdig van die sonde?

Ek moet sterwe . . . 1. Romeine 6:7 “Want hy wat gesterf het is geregverdig van die sonde.

God sterf self vir ons

Romeine 6:7- : “ Want Hy wat gesterwe het is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus nadat Hy opgewek is uit die dode nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens & vir altyd gesterwe, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.”

“ Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie”

Wie verlos?

“ Ek is die HERE, en Ek sal jou onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en jou red uit hulle slawerny, en Ek sal jou verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;

Gén. 48:16; Ex. 15:13. 6 en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ’n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. Deut. 4:20. Gén. 17:8; Ex. 29:45,46; Deut. 29:13; Openb. 21:7. 7

En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee, Ek, die HERE.

BEKER VAN “SANCTIFICATION” REINIGING

Die ritueel of ander aksie word uitgevoer met die intensie om gereing te word van alle ongeregtighede en sondes.

Wat het gebeur dat Moses Egipte op 40 jarige ouderdom verlaat het?

Op Heilige Grond

Deur wie is die boek Exodus geskryf?

Hoe het die water van die Nyl in bloed verander? Exodus 7:20

Hoe het die strome, kanale, waterkuile en versamelplekke van water, ook hout en klipbakke in bloed verander? Exodus 7:19

Hoeveel dae het verby gegaan nadat die Here die water geslaan het?

Exodus 7: 20

Moses en Aaron het pas weer van die paleis teruggekom, nadat Farao weer sy hart teen God verhard het . . .

Hy weier dat ons na die woestyn trek om vir die Allerhoogste te offer!

Die Egiptiese volk en al hul towenaars is magteloos teen elke plaag wat hierdie land tref, niks wat hulle doen kan dit stopsit nie. . .

Dit is verbasend hoe hardkoppig die Egiptiese Koning is!

Kyk net hoe afgebreek is hierdie land nadat nege plae van muskiete,

paddas, steekvliee, hael en selfs sprinkane Egipte getref het . . .

Maar steeds weier Farao dat die volk trek!

Moses roep die volk bymekaar en se dat die Here nog een plaag oor Farao en Egipte gaan bring voordat Hy ons sal laat trek . . .

Dit laat almal bang en onseker voel . Wat moet nog gebeur voordat Farao hom tot God bekeer?

top related