menslike impak op die omgewing

Post on 12-Jan-2016

768 Views

Category:

Documents

29 Downloads

Preview:

Click to see full reader

DESCRIPTION

Menslike impak op die omgewing. Wat bestudeer moet word: Wisselwerking tussen en interafhanklikheid van die menslike impak en die omgewing Oorsake en gevolge van die menslike impak op die omgewing ten opsigte van 5 omgewingskwessies in Suid-Afrika - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Menslike impak op die omgewing

Wat bestudeer moet word:•Wisselwerking tussen en interafhanklikheid van die menslike impak en die omgewing •Oorsake en gevolge van die menslike impak op die omgewing ten opsigte van 5 omgewingskwessies in Suid-Afrika•Huidige krisis vir menslike oorlewing•Probleme wat opgelos moet word

Vyf omgewingskwessies wat bestudeer moet word

Atmosfeer en klimaatsverandering

Beskikbaarheid en kwaliteit van water

Menslike impak op die omgewing AfvalverwyderingVoedselsekuriteit

Verlies van biodiversiteit

Konsepte en terme

1. Atmosfeero Die atmosfeer rondom die aarde bestaan uit ‘n mengsel van

baie verskillende gasse. o Sommige gasse, ook genoem kweekhuisgasse, in die

atmosfeer soos bv. CO2, CH4 (metaan), N4, N2O (stikstofoksied) en waterdamp kan hitte van die son vasvang.

o Dié vier gasse speel ‘n belangrike rol in die die aarde se temperatuur.

2. Klimaat o Klimaat verwys na die gemiddelde daaglikse weer oor ‘n

tydperk van omtrent 30 tot 50 jaar. o Dit sluit in die fluktuasies, onder andere, van veranderlikes

soos daaglikse temperatuur, reënval, lugdruk, ens. in.

Konsepte en terme3. Kweekhuiseffek – Svante Arrhenius gebruik die

term eersteo Gasse in die atmosfeer absorbeer, reflekteer en

weerkaats sonenergie in die klimaatstelsel. Hou aarde se temperatuur stabiel en hou lewe op aarde in stand.

Konsepte en terme (vervolg)4. Klimaatsveranderinge

o Verwys na langtermyn veranderinge in klimaat.o Verwys gewoonlik ook na beduidende en blywende

veranderinge in langterm weerpatrone in ‘n spesifieke streek of regoor die hele aarde.

o Klimaatsveranderinge beskryf veranderinge in daaglikse weerpatrone oor 30 tot 50 jaar wat onder andere die volgende veranderlikes insluit, reënval, daaglikse temperatuur, en lugdruk.

o Om waarneming van klimaatsveranderinge te bevestig, vereis waarneming van verskeie jare se data, bv. veranderinge in reënval, temperatuur, ens. oor die laaste 30 jaar.

Konsepte en terme5. Aardverwarming

o Verwys na ‘n toename in die Aarde se temperatuur, en is slegs een aspek van klimaatsverandering.

Atmosfeer en klimaatsveranderingKweekhuisgasse in die atmosfeer soos bv. CO2, CH4 (metaan), N4 , N2O (stikstofoksied) en waterdamp kan hitte van die son vasvang op dieselfde manier as die mure van ‘n kweekhuis. Die glas van die mure van die kweekhuis laat sonenergie deur en hou die hitte binne die kweekhuis. Die gasse vang die sonenergie vas en verhit die kweekhuis.

Daarom word hulle kweekhuisgasse genoem.

Koolstofdioksiedvrystelling oor tyd

• Die toename van die vrystelling van CO2 vanaf 1880 tot 2000 kan duidelik waargeneem word.

• Tesame hiermee kan die toename in globale temperatuur ook waargeneem word.

Wat veroorsaak die verhoogde vrystelling van CO2?

Sedert 1950 het die vlak van vrystelling van koolstofdioksied skerp gestyg. Die begin van die Industriële Revolusie het dit veroorsaak. Grootskaalse veranderinge in mynbou, landbou, vervoer en tegnologie en vervaardiging het plaas gevind.

1.CO2 word vrygestel weens die verbranding van fossielbrandstof (steenkool, petrol, paraffien en diesel) in:

– Huishoudings (elektrisiteit, verbranding van hout en steenkool), en

– in voertuie en industrieë (kragsentrales, fabrieke, ens.) 2.Die vrystelling van gasse (CH4 en CO2) van afvalterreine en rioolwerke3.Boederybedrywighede (plaasimplemente en -masjienerie) laat ook koolstofdioksiedgasse vry

Gevolge van die verhoogde vrystelling van CO2 in die atmosfeer

Die aarde word al hoe warmer as gevolg van dieuitermate hoë koolstofdioksied vrystelling sedert 1950. Koolstofdioksied vang die energie van die son vas en verhit die aarde. Sien grafiek.

Verdere gevolge van verhoogde vrystelling van CO2 in die atmosfeer

Aardverwarming kan tot klimaatsveranderinge leiwat die volgende tot gevolg kan hê: • Meer ekstreme weerpatrone, toename in vloede

en droogtes• Verminderde landbou opbrengstes,• Smelt van noord- en suid-pole se ysgletsers.

Styging van oseaanvlakke• Uitsterf van dier- en plantspesies wat nie kan

oorleef by die vinnige klimaatsveranderinge nie

KoolstofvoetspoorKoolstofvoetspoorIs die hoeveelheid koolstof (gewoonlik uitgedrukin ton) wat as CO2 in die atmosfeer vrygestel

word deur menslike aktiwiteite.Dit word gebruik om te bepaal hoe volhoubaar ‘n lewenswyse of ‘n land is. Dit word gewoon-lik vir ‘n jaar bereken. Elke persoon, organisasie,industrie, streek, land of vasteland het ‘n koolstofvoetspoor

Koolstofvoetspoor van enkele groepe

Tipe Profiel / kenmerke Voetspoor ( ton / jaar)

Koolstofbehoeftiges Geen motor, stap, ry fiets, huis gebou van natuurlike materiaal, geen elektrisiteit, kweek self meeste voedsel, kook en verwarming met hout

0 – 0,2

Koolstofbespaarders Klein motor, reis ± 9 000 km, klein huis/ woonstel, gebruik elektrisiteit spaarsamig, songeiser, herwin, eet plaaslike onverwerkte kos, gebruik verbruikersprodukte en –dienste oordeelkundig

5 – 8

Koolstofvrate Groot motor, reis ±25 000 km, groot huis en tuin, geen energiebesparende toestelle, plaaslike en oorsese reise per vliegtuig, eet groot hoeveelheid verwerkte kosse, jongste elektroniese en tegnologiese toestelle, produkte en dienste

30

Hoe kan die koolstofvoetspoor van ons land verklein word?

Verwys na• Individue (my eie voetspoor)• Huishoudings• Skole• Regering

Ontbossing

OntbossingIs wanneer woude afgekap of verbrand word. Woude (bome en woudplante) is noodsaaklik virdie verwydering van groot hoeveelhede CO2 uit die atmosfeer vir die fotosinteseproses. Word ‘koolstof-sinkgate’ genoem.Dit help ook om ‘n doeltreffende koolstofsiklusin stand te hou.

Hoekom vind ontbossing plaas?

• Grond gebruik vir landbou.• Oes van brandhout• Bome gebruik vir boumateriaal, maak van

meubels en ornamente• Bome afgekap om houtskool te maak• Toenemende frekwensie van bosbrande• Nywerheidsplantasies van uitheemse denne- bome vir die produksie van timmerhout en

papier. Groei vinnig en regop.

Gevolge van ontbossing• Inheemse woudekostelsels word erg benadeel. Verlies van biodiversiteit.• Ontbossing is vir omtrent 20% van alle kweekhuisgas-vrystelling verantwoordelik.

Metaangas-vrystelling• Metaan is ‘n kleurlose, reuklose gas afgegee

deur organiese materiaal wat fermenteer.• Metaangas as produk van natuurlike ontbinding

van organiese materie in vleilande of klam woudvloere is deel van die natuurlike koolstofsiklus.

• Sodra dit vanaf verrottende munisipale stortingsterreine, groot beesplase, rioolwerke, mynbou, nywerheidsprosesse vrygestel word, dan raak dit gevaarlike kweekhuisgasse.

Osoonuitputting• Osoonlaag is noodsaaklik vir alle lewe omdat dit die skadelike ultravioletstrale van sonlig absorbeer voordat dit die aarde bereik.

• Waar die osoonlaag dun raak of verdwyn, bereik hierdie UV-strale wel die aarde en beskadig dit plant- en dierweefsel.

Oorsake van osoonlaag

• Osoonlaag word uitgedun of vernietig deur besoedelstowwe soos, chloorfluoorkoolstowwe (CFK’s) en hidrofluoorkoolstowwe (HFK’s).

Gevolge van Osoonlaaguitputting• UV-strale kan mutasies in die DNS van plante, diere en mikroörganismes veroorsaak.• Mense kan velkanker, katarakte en swakte immuunstelsel ontwikkel.• Mariene ekostelsels raak ontwrig omdat organismes dood gaan. • UV-B strale ontwrig die fotosinteseproses wat oesopbrengste kan laat afneem.

Beskikbaarheid van waterTans benodig SA 50% meer vars water as 50 jaar gelede. Redes ...• vinnige toename in ons bevolking• al meer landbou-besproeiingstelsels• dalende jaarlikse reënval in party streke • toename in nywerheids- en maatskaplike ontwikkeling• koste van waterOplossings• Bou van opgaardamme• Instandhouding van vleilande

Kwaliteit van waterWatergehalte word bepaal deur die volgende:• Huishoudelike waterbesoedelstowwe• Industriële afval in riviere en damme• Landbou-afval soos oormatige kunsmis• Myne – verskeie afvalprodukte• Menslike afval in riviere veroorsaak siektesOplossing• Watersuiweringsaanleg en herwinning

Voedselsekerheid Verwys na ‘n land se vermoë om fisiese en ekonomiese toegang tot genoeg veilige en voedsame voedsel te verskafOorsake• Menslike bevolkingsgroei• Klimaatsveranderings, droogtes en vloede• Swak boerderypraktyke• Geneties gemodifiseerde voedsel• Produksiekoste • Vermorsing

Oplossings• Bevolkingsgroei vertraag• Armoede verminder – werkskepping• Volhoubare landbouontwikkeling• Kweek van eie kos – groente tuine

top related