mis r eza de w et
Post on 24-Feb-2016
129 Views
Preview:
DESCRIPTION
TRANSCRIPT
MIS Reza de Wet
Saamgestel deur: C. du Preez
2012
’n Kykie na:
die monoloog as vertelstyl die magiese element die vertelling as
bevrydingselement by sommige karakters
die rol van transformasie identiteit
GERTIE Gevange in haar eng sienings en
omstandighede Gevange in Miem se dominerende
houding en beswering Soeke na bevryding dryf haar tot
desperate optrede
POGING:
BESOEK DIE SIRKUS EN KYK NA DIE FRATSE.
WAAROM JUIS FRATSE?
Die fratse raak ’n versinnebeelding van die mens se onvolmaaktheid
FRATSE
Gertie besoek die fratse, want:
Hulle raak ’n versinnebeelding van die mens se onvolmaaktheid
Gertie is bewus van haar “onvolmaakte” toestand: voorkoms, ens. en kan met hulle identifiseer
Let op hoe sy as’t ware deel word van die sirkus se magiese ruimte tydens haar vertelling
Deur die vertelling word sy ’n paar oomblikke lank in die
magiese wêreld van die sirkus ingetrek
verkry sy tydelike bevryding van haar eentonige aardse bestaan
transformeer sy in ’n mens wat deel word van ’n wonderwêreld, ook later tydens Konstabel
se vertelling van tant Hannie
WAT SÊ DIE NEWETEKS:
Gertie vryf haar hande asof sy gereedmaak vir ’n groot geleentheid
Kort stilte ter voorbereiding
Nie onthou nie - beleef
Kort sinne: “Halfdonker tent. Net fakkels in die hoeke”
Slot: (Kyk na Miem en Meisie asof sy wakker word)
MAAR
IRONIE: Hierdie mense is ook vasgevang -
binne die magiese ruimte van die sirkus en binne onvolmaakte liggame. Dit laat jou wonder aangaande Meisie se “bevryding”
HOE BEREI GERTIE SE VERTELLING ONS VOOR OP LATERE GEBEURE/SITUASIES?
Hulle is deel van die onvolmaaktes/ die randfigure, net soos die ander
karakters.
Hulle is identiteitloos. Naamborde, maar geen name nie – net tipes:
“Vetste Vrou”, “Die klein mannetjie”
Meisie is aanvanklik naamloos –
onpersoonlik
Word later juffrou, dan Margaretha
Suur sweet tussen die vetvoue. Konstabel se latere verwysing na ’n suur reuk by ouer vroue
Laaste naambord: “Die Aapmens”
Dit sou kon verwys na die evolusie Die aapmens is dood – dus die
vermiste skakel is nog steeds nie gevind nie –
Sluit aan by hul onvolmaaktheid.
MEISIE: TWEE MONOLOËVertelling van haar mislike bestaan
van vlieë en mis:
Mis om die huis
Mis van vlieë teen die ruite:
Sy is die Aspoestertjie wat alles moet skoonmaak
Mis van vlieë op die tertjies as Danie kom kuier:
Vlieë in die melk:
Hierdie monoloog gee die kyker ’n kykie op haar bestaan en maak haar soeke na vryheid verstaanbaar.
Dit is haar eerste tree na vryheid – dié uitstorting van emosie waarvoor sy nog nooit voorheen ’n kans gehad het nie.
Monoloog word ’n samevatting van die BANALE waaraan sy elke dag uitgelewer is:
MisVlieëGroot, blink brommersStankslopemmer
Die stil Meisie raak selfs byna histeries
NAAM:
Konstabel spreek haar aan as juffrou en later Margareta Johanna
Uiteindelik verkry sy ’n identiteit
Ons vind in die monoloog ’n tipe magiese meevoering.
Die magiese en banale word met mekaar vermeng – dit is die LEWE –
nie net mooi of lelik nie
IRONIE
Uit die banale kom ook die magiese te voorskyn:
Die mense soek mis om te plant; dus: nuwe lewe.
Meisie is die blom wat uit die mis groei.
Meisie se tweede monoloog bring haar nog ’n tree nader aan haar bevryding.
Die magiese krag van die sirkus kom hier sterk na vore. Sy ondergaan ook ’n gedeeltelike transformasie tydens die vertelling – word deel van die sirkusmilieu:
gordyne waai op maat van sirkusmusiek;
musiek word harder
Toon tog haar innerlike botsing wat rede gee vir haar soeke na vryheid:
Sal vertel en daarna vir ewig vergeet
Die musiek wat harder word en die liggies is asof dit haar teen haar ma se sin roep en lok soos in die slot.
Wegsluip: Dit dui op Miem se beswering van die Bose waaruit Meisie bevryding soek.
Let op dat sy nie Gertie se fratse (die onvolmaakte) sien nie.
Wat sien sy alles?
Sy loer net deur ’n gaatjie in die tent – sou dit kon sien as haar beperkte sig (sluit aan by hul geestelike blindheid).
Die Towenaar besig met die meisie wat ONWILLIG is om sy
“slagoffer” te wees!
Klink dit bekend?
Die meisie se worsteling laat ons dink aan Meisie se laaste innerlike botsing voor sy saam met Konstabel by die deur uit dans.
Die vertelling van die meisie wat middeldeur gesny word en dan weer “heel” gemaak word, is simbolies van Meisie wat ’n stukkende lewe voer, maar deur Konstabel heel gemaak word as hy sy towermantel oor haar swaai.
Wanneer sy by die gedeelte kom waar Miem haar betrap,
keer sy terug na die Meisie-karakter en na haar Aspoestertjie mislike werklikheid van banaliteit.
KONSTABEL en die
SONSVERDUISTERING
Konstabel: vertelling nie ’n bevryding vir homself nie
MAARdie magiese vertelling is ’n voorloper
van / gereed maak vir die uiteindelike vrymaakgebeure.
Hy manipuleer hulle as ‘t ware daarmee en stel hul sielkundig in op wat kom.
Let op sy styl wat hy aanwend om hulle te manipuleer:
Herhaal hoe graag hy daaroor praat;
Speel op hul gevoel oor hoe hy nou nie meer kan onthou hoe dinge lyk nie;
“Ek vertél dit nie. Ek sién dit. Voor my oë”.
Waarsku dat niemand hom moet onderbreek nie – skep amper ’n “heilige oomblik” en afwagting
Nes Gertie – ook stomp sinne
Magiese oomblikke: Die huis wieg en kraak
Detail, bv. tant Hannie – reeds ’n voorloper later vir Gertie
Tant Hannie fluister – skep spanning
hoenders skel,
waai teen die draad vas kwepers val soos hael.
blomme vlieg wegMa se stem klink ver en dofwegMa verdwyndie lug is vol blare en vere
Klimaks van sy vertelling:Sien, die son het my oë uitgeskroei.
Dit sluit aan by die sprokie-element en magiese
Hierdie vertelling lei hom om oor vrouens te praat, wat weer tot sy vertelling van tant Hannie lei waardeur Gertie gedeeltelik bevry word.
Soos die blomme en hoenders wegwaai en deel word van die magiese, so raak Meisie aan die einde vry van die aardse endans kaalvoet weg
Konstabel is die manipuleerder wat hulle
soos sirkusdiere in sy mag het
d.m.v. sy vertellin
g
MIEM
Haar vertelling en uitstorting van haar
seksuele frustrasie
kan nie nagelaat word nie.
Sy raak gedeeltelik bevry as sy metKonstabel praat en vertel hoe sy voel oor Gabriël wat nou al 7 jaar indie solder sit en nou is daar weer ’n man in die huis
Dit laat ons wonder:
SEWE - ’n volmaakte Bybelse getal.
Is Gabriël se sewe jaar van selfopgelegde ballingskap nie dalk verby nie?
Kom hy nie dalk af omdat Meisie weg is nie? (LW: nie omdat sy trou nie!)
Is dit die prys wat Miem moet betaal om seksuele bevryding te kry?
Ons is terug by haar borstrok wat uitgetrek is aan die begin.
Sy word ook verder gedeeltelik bevry deur te kan praat – veral met ’n man!
UITEINDELIK VRY!!!
Miem glo as sy Meisie so vashou, beskerm sy haar en is sy veilig soos ’n voëltjie in ’n nessie
Eintlik soek Meisie net bevryding uit hierdie beswerende omstandighede.
Die voëltjie wil juis uit die nes uit.
Tydens Meisie se vertelling laat die towenaar die voëls uit ’n hokkie vry
Meisie vlieg ook aan die einde vry weg soos die voëls van die sirkus.
Die moontlikheid bestaan nog altyd dat hy die slang is wat haar aan die einde in sy mag kry. Wie sal weet?
Die finale, volledige bevryding geskied in die klimaks as Meisie,na ’n innerlike botsing, kaalvoet in haar aannemingsrok
by die deur uit dans saam met Konstabel.
Die roos het uit die mis gegroei
Die “doring” is getransformeer
MOONTLIKE OPSTELVRAE
Bevryding Tyd Rol van die monoloog Biegvader en manipuleerder Bybelse verwysings IdentiteitSkynheiligheidRol van ’n jong meisie
top related