nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam
Post on 14-Jun-2015
572 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Nie die bloed van ‘n vegter, maar die bloed van ‘n Lam . . .
Wanneer ‘n sondige Israeliet sy saak met God wou regstel, was dit die bloed
van ‘n lam wat gestort & op die altaar gesprinkel moes word . . .
Sodoende het die mens vergifnis vir sy sonde verkry, maar moes
telkemale die ritueel herhaal indien hy sy verhouding met God
wou herstel . . .
Jeshua die Lam van God het die sonde van die wereld op Hom gedra & die offers van lammetjies wat die mens deur soveel jare gebring
het, finaal afgehandel aan die kruis . . .
Maar waarom het Hy Sy lewe afgele vir die mens?
Waarom het die kosbare bloed van Jeshua Ha Mashiah soveel Krag by God?
Omdat God die Skepper ‘n bloedverbond met Jeshua die Messias gesluit het
om in te staan vir die sondes van die mens . . .
Handelinge 4:12
Die saligheid is in niemand anders nie, want daar is
ook geen ander naam onder die
hemel wat onder die
mense gegee is, waardeur ons gered moet
word nie –
Die Titel: “Die Lam van God” wat dikwels aan die Messias gegee word in die Woord, is eerstens . . .
Om ‘n offer te wees vir die sondes van die mens . . .
‘n beskrywing van Sy werk:
Maar die Titel “ Lam van God” het ‘n dieper betekenis . . .
Jeshua is die Lam omdat Hy (1)Saggeaard;(2) nederig;
(3)Sagmoedig;(4)onderdanig &
(5)temoedkomend is
Hy onderwerp Sy eie wil aan die wil van Sy Vader vir die seen & redding van die
mens . . .
Dit beskryf Sy karakter . . .
Dit is die karakter van die persoon wat die bloed gestort het wat die kosbare bloed van Jeshua soveel krag gee. . .
Jeshua het die temperament van ‘n lammetjie & nie die karaktereienskappe van ‘n vegter nie . . .
Toe Hy gehaat is, het Hy nie teruggehaat nie, toe Hy
gely het, het Hy nie vir Sy regte opgestaan & gedreig
nie.
Hy het niemand teruggeslaan nie, Jeshua het nie gemurmereer of in
opstand gekom nie . . .
Toe die Vader se wil & die wreedheid van die mens na ‘n bitter ondervinding op Golgotha lei, het die Lam Sy Hoof gewillig &
nederig gebuig . . .
Dit is hierdie Lam wat Jesaja in hoofstuk 53 vers 7 beskryf: “ Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was & Hy het Sy mond nie
oopgemaak nie; soos ‘n Lam wat na die slagplek gelei word & soos ‘n skaap wat stom
is voor Sy skeerders – ja, hy het Sy mond nie oopgemaak nie . . .
Enige ander persoon sou weerstand bied & in opstand kom teen die manier
waarop die Romeinse Soldate Hom hanteer het. . .
Die bespotting, die uitskel, die
sweepslae oor Sy lyf, die spoeg & uitpluk van sy
baard, die martelinde
opmars na die heuwel; die
vasspyker teen die kruis , die meswond in Sy sy, en die vloei van die bloed…
geeneen van hierdie dinge
sou ooit plaasgevind het,
as Hy nie die sagte
temprament van ‘n lammetjie
gehad het nie . . .
In gehoorsaamheid aan God, stel Hy Homself ondergeskik aan die Vader & uit liefde vir die mens, bly Hy onderdanig op die kruistotdat
die offer afgehandel is
Vandag nog hanteer die mens Jeshua net soos wat hulle wil, maar Hy verdra alles in stilte, terwille van ons . . .
Al hierdie marteling… om vir my sondes te betaal …
Jeshua is nie die Lam omdat Hy op die kruis gesterf het nie…
Hy het aan die kruis op Golgotha gesterf… omdat Hy die Lam is!
Jeshua se bloed is uiters kosbaar vir God omdat Hy saggeaard, liefdevol
& uiters onderdanig aan die Skepper, Sy bloed gestort het vir die redding van die ganse mensdom . . .
Waar word Jeshua se
liefde beter uitgeleef, of duideliker
gedemonstreer, as juis in die
afle van Sy lewe, om
sodoende ‘n persoonlike verhouding tussen die mens & die
Skepper God moontlik te maak . . .
Daarom het God Jeshua uitermate verhoog & Hom ‘n Naam gegee wat bo elke naam is,
sodat in die Naam van Jeshua sou buig, elke knie van die wat in die hemel & die wat op die aarde & die wat onder die aarde is &
elke tong sou bely dat Jeshua die Christus,
die Here is tot heerlikheid van God die Vader
- Filippense 2:9-10
God wil met élke mens ‘n persoonlike verhouding hê, ‘n huweliksverhouding volgens die beginsels van ‘n
huweliksverbond . . .
Christus is die Bruidegom, &
elke wedergebore
Kind van God, Sy Bruid!
Soos in enige huwelik, wil God met jou ‘n intieme persoonlike verhouding hê.
So intiem, dat Hy Sy Woord soos saad in jou gees wil stort, sodat dit in jou kan groei tot volwassenheid in die geloof & geestelik vrug kan
dra . . .
Waarom is die liefdesverhouding in die huwelik vir God so belangrik?
“En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou, en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van
my vlees. Sy sal mannin (vrou) genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees
wees.”
Eerstens omdat Hy ons as man en vrou geskape het, soos na verwys in Genesis 2:22-24:
Dit was dus van die begin af God se plan dat huweliksmaats hulle sal losmaak
van hulle ouerhuise en EEN sal word in gees, sowél as vlees. . . Net so moet jy jou van die wereld losmaak & God aankleef wanneer jy jouself tot ‘n verhouding met Hom verbind . . .
Die eenwording van die vlees in ‘n huweliksverhouding is in God se oë die toppunt van liefde. . .
Op die oomblik van vleeslike omgang, wanneer die man
die vrou se maagdevlies breek,word letterlik 'n
bloedverbond aangegaan, nét soos wat God 'n
bloedverbond aangegaan het deur die tempel se voorhangsel (die
maagdevlies) te skeur by die aangaan van die nuwe
bloedverbond toe Jeshua se bloed aan die kruis vir ons
gestort is. . .
Dít is inderdaad die presiese oomblik wat daardie man & vrou in God se oë met mekaar getroud is. . .
Hierdie bloedverbond tussen God & Jeshua vorm die basis vir die Christelike geloof
Elke mens wat Jeshua as die Seun van God die Vader erken & Sy offer aan die kruis in geloof aanneem, word in die
huweliksverbond bevestig tussen Jeshua & die Kerk op aarde . . .
Laat ons bly wees & ons verheug & aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom & Sy vrou het haar gereed
gemaak. Aan die Bruid (Gelowiges) is gegee om bekleed te wees met rein & blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van
die heiliges . . . Openbaring 19:7-8
top related