nuustak 13/2018 26 april 2 mei -...
Post on 08-Nov-2018
220 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8
Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528
e-pos : kantoor@kruinies.co.za
Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za
Geagte Ouer
Vir diegene wat die Aprilvakansie ook net as ‘n verlengde langnaweek ervaar, is die langer naweek beslis welkom. Voel amper onwerklik dat ons op die drumpel van Mei staan. Baie geluk aan ons rugby- en netbalspanne wat met eer uit die stryd getree het. Ons 0/9 rugbyspan kraai koning as die Super 12 A-groep kampioen vir 2018. Ons is trots op ons seuns en afrigters. Die Gr. 1 inskrywings vir 2019 stroom fluks in. Onthou dat alle voornemende Gr. 1 en Gr. 8 (hoërskole) leerders via die Gauteng Onderwys Departement se aanlyn sisteem by skole moet aansoek doen. Maak asseblief seker dat u die verlangde dokumentasie spoedig by die betrokke skole gaan inhandig. Op 4 en 5 Mei staan ons bankvas agter ons skaakspelers wat in Pretoria aan die Super 12 skaak-toernooi deelneem. Ons hou duim vas en glo jy sal die regte skuif op die regte tyd maak. 10 Mei 2018 is Hemelvaart. Dit is nie ʼn openbare vakansiedag of skoolvakansiedag nie. Die skool gaan normaal voort. Ons het wel die oggend saalopening met ‘n Hemelvaart tema. Ons kaskarre skop eersdaags af. Byvoorbaat dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak. U positiewe gesindheid dra by tot ons skool se uniekheid. Geniet die langnaweek. Ry veilig !
Groete uit die Nuustakkantoor.
JOHAN KRUGERSKOOLHOOF
NUUSTAK 13/2018 26 April—2 Mei
Die grootse gevaar is nie dat ʼn mens
misluk nie,
maar dat jy tevrede kan wees met die
tweede beste.
-Laurence Peter-
26 April Kiané Joubert Triston Parker Lené Nel 28 April Divan Loots 30 April Jordan Jansen v Rensburg
Jayden van Tonder Nikita Vermeulen 1 Mei La-Velle Clark– Halket Kaylie Pretorius
26 April
Heidi Boshoff
Personeel Verjaarsdae
WISKUNDE GRAAD 6 4 Mei
Vermenigvuldiging (10)
11 Mei
Hoofrekene (10)
18 Mei
Probleemoplossing (10)
Eksamen (70)
VIDEO TO DVD CONVERSION
We do coversions, specialising in Video to DVD. We
offer a very affordable, reliable and speedy service.
All your old VHS wedding tapes, baby baptisms, fami-
ly gathering. Etc. don’t have to be lost! We will con-
vert them into digital format, perfectly preserving
them for many years to come. R 80 p/video. We also
convert audio tapes to Mp3 on CD.
We are in Terenure.
Contact : Patricia 082 435 2575
Natalie 084 628 3999
KRUINIE
VERJAARDAE:
NETBAL
Baie Dankie
Alet Meyer van Excellence Naskoolsentrum & Mariaan
Maritz vir die borg van die afrigters se netbalklere!
Rochelle De Lucia van Rodel Administration Services!
Baie dankie vir die Netbaldames se Super 12 hempies.
ONS WAARDEER DIT OPREG!
BAIE DANKIE
Kruinies se baie dankie aan ons
mammas wat kom help het met
toesig by die skool tydens die
gholfdag.
Die Kruinies waardeer julle
bereidwilligheid baie!
Luca du Plooy— Gr.4E
KRIEKET 1ste Krieketspan Proewe
0/12 en 0/13
4 Mei Vrydag
13:00-14:30
By krieketnette
Gee name op by Mnr. Werner.
WISKUNDE GRAAD 4
Donderdag 3 Mei
Hoofrekene Toets
(20÷2=10punte)
2 tot 12 x en ÷
SKAAKFLITSE Skaakoefening Kamer 34 Vrydag 4 Mei 6:45-7:25 Alle Kruinies wat KAN skaak speel is welkom!
Skaakliga uitslae
Kruinsig A liga teen Impala A:
0/9 A 1-11
0/11 A 8½-3½
0/13 A 6½-5½
Kruinsig B liga teen Bredell A:
0/9 6½-5½
0/11 B 10-2
0/13 B 6½-5½
Super 12 : 5 Mei Tuks Groenkloof Kampus. Ons Eerstespan en
Juniorspan speel op die dag vir Kruinsig skaak. Briefies sal
volg.
Skaakliga: 7 Mei
A liga Aston Manor (weg)
B liga Birchleigh (tuis)
Briefies sal volg
Skaakgroete
Juf.Celesté
WOONSTELLE TE HUUR
Glen Hof kompleks Veldstraat Glen Marais
Bachelors, een, twee en drie slaapkamer
woonstelle te huur.
500m vanaf Laerskool Kruinsig
Binne veiligheidskompleks met
toegangsbeheer.
Skakel Kathy
076 743 9570
NETBAL
BAIE DANKIE Kruinies bedank graag die volgende borge van die 1ste Netbalspan 2018 Cross & EPC– Sweetpakke Tusk Signs—Blou
wedstrydrok en beffies Mugg & Bean Wit ekstra rok,
beffies en broekies Hannes Baard—Golfhemp Maritz & Belinda Jonker—
Rugsak en waterbottels Ananda Hattingh Biokineti-
cists—Wit langmou opwarm hemp
Excellence Naskool—Blou langmou opwarm hemp en blou hoodies
K-Sport—Toersakke Mariaan Maritz—T-hempie Prestige Dive School—T-
hempie Pink Ladies—hoedjie Marilette & Herman McCa-
be—hoedjie Kontantborg—Karin & Pieter
Fourie Golden Harvest—Water
KASKARPROJEK 2018 NUUSFLITS
KASKARWEDRENNE Vrydag 22 Junie 2018 in skooltyd Dis alweer sulke tyd: Die groot speel—en kuierdag by Kruinsig, tydens ons jaarlikse
Kaskarwedrenne.
Ons trek ou klere aan en die leerders, onderwysers en ouers wat af is, gaan kuier en kaskarre
ry tot ons lekker kry. Alle leerders het hierdie week ‘n borgvorm en inligtingsbrief rakende ons
kaskarprojek ontvang. Alle aansporingspryse met die verwerwing van borge en inbetaling
daarvan was reeds van vandag af beskikbaar en gereed gewees.
Hoe werk dit?
‘n Professionele maatskappy verskaf kaskarre en lê die bane uit op die A-rugbyveld.
Elke Kruinie word betrek en neem fisies deel deur minstens ‘n beurt te kry om die kaskar
te bestuur en ook om die kaskar in spanverband om die baan te stoot.
Ou klere en tekkies word aangetrek. Die hele aksie is groot pret en daar is beslis nie plek
vir skooldrag nie.
Vir die optog trek elke Graad van Gr R-7 aan volgens ‘n tema...meer inligting volg later.
Tekkies word gedra om ons voete te beskerm teen wiele.
Al die kinders neem deel en niemand word uitgesluit nie.
Hierdie projek vorm deel van die begroting wat verlede jaar tydens ‘n ouervergadering
deur die ouers goedgekeur is. Die fondse sal aangewend word vir die opknapping van
die infrastruktuur.
Die Kruinies samel borge in per rondte wat die klas die kaskar om die baan stoot. Die
baan is ongeveer 80m en ‘n maksimum van 50 rondtes word afgelê.
Werklike kostes word op die borgvorm aangedui. Alles is op die borgvorm uitgespel en
niemand word dus onder ‘n wanindruk gebring nie.
Daar is baie aansporingspryse wat reeds met die Kruinies bespreek is. Help asseblief
elke kindjie om hulle deeltjie in klasverband te doen. Almal trek voordeel al is die bedrae
hoe gering.
Die mikpunt is dat elke kind sal poog om R150 in totaal in te betaal.
Die borge word ingesamel vanaf vandag tot en met Woensdag 20 Junie.
ALLE borgvorms moet ELKE VRYDAG BY DIE SKOOL wees vir die klas se WEEKLIKSE
OPNAME.
Beloofde geld wat leerders ontvang kan asseblief dadelik inbetaal word.
Daar sal ook weekliks ekstra aansporingspryse toegeken word…hou die Nuustak dop!
Ons weet dat elke Kruinie weer eens saam met ons opgewonde gaan raak om sodoende nog
‘n suksesvolle projek hiervan te maak.
Gebruik die langnaweek en kry die wiele aan die rol!
Kaskarkomitee 2018
top related