ons daaglikse brood - bergsigdv.co.za
Post on 06-Dec-2021
3 Views
Preview:
TRANSCRIPT
23 Junie - 7 Julie 2019
9:00 Vakansiedienste
(16 Jun - 7 Jul)
27 Junie: Seniors worsbraai
9 Julie: Skole open
14 Julie: Preekreeks: Triniteit
GEES begin
09:00 Familiediens Ouditorium Dr. Kobus de Jager
Deuroffer: Ramot
23 Junie 2019, Biddag Middelafhanklikheid
Holistiese dwelm, alkohol en
pille rehabilitasie sentrum vir
mense wat sukkel hiermee.
09:00 Familiediens Ouditorium Pieter Henning
Deuroffer: CAD
30 Junie 2019, Biddag Middelafhanklikheid
Ondersteun gesinne volledig
waar afhanklikheid ’n prob-
leem is.
09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
Deuroffer: Geopende Deure
7 Julie 2019, DOOP
Diens aan vervolgde Chris-
tene wêreldwyd deur Bybels
te voorsien onder andere.
Ons daaglikse brood Ek kyk na altwee foto’s en
beide spreek tot my. Wat-
ter een sal ek kies?
Sal ek die nartjies kies?
Nartjies verteenwoordig
aardsheid, eenvoud, heil-
saamheid, mens sien die
skepping van God daarin.
Dit is ’n kuns om ’n nartjie-
boom te laat groei en te
laat vrug dra.
Die pannekoeke onder
spreek weer van knus dae
voor die vuur, oorvloed,
heerlik dekadent en toon
bak talent.
Watter een kan ek elke
dag eet? Watter een is
elke dag goed vir my?
Sekerlik die nartjie in sy
eenvoud.
Kortstondige vreugde kry
ons uit dinge, uit oorvloed,
maar werklike vreugde kry
ons uit eenvoud.
Eenvoud is die vreugde
van die lewe!
Bid vandag saam dat ons
tevrede sal wees met ons
“daaglikse brood”, dat ons
daarmee sal woeker en dit
sal deel met die mense
rondom my.
PSALMS 128:2 NLV
2Jy sal die vrug van
jou arbeid geniet en
gelukkig en
voorspoedig wees.
Geniet wel ’n heerlike pannekoek
by ’n kaggelvuurtjie die winter!
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil
raak by uitreikprojekte of e-pos na uitreike@bergsigdv.co.za
POPPIES VAN LIEFDE: Suid-Oos Asië uitreik (Frontida)
Nog ’n lekker breiprojek: Poppies. Daar is patrone
en wol op die tafel by die voordeur beskikbaar. Die
poppies hoef nie toegewerk en opgestop te word nie.
Omdat dit vir ’n spesifieke uitreik is, moet die kleure asb.
groen, rooi en wit wees vir die klere en die gesiggies
geel (nie wit of swart nie) Bel: Annamaré vir inligting.
Durbanville / Bersig Seniorgroep
Ons vergadering vir SLEGS LEDE vind plaas
op
Donderdag 27 Junie 2019
Tyd: 9:30
Plek: Durbanville-Bergsig Gemeente
Lede kom geniet weer ons heerlike worsbraai.
DUITSLAND: Menges Gesin
Die nuusbrief: Loergaatjie op ons lewens is beskikbaar
by die sydeure en voorportaal. Hierin berig die Menges
sendelinggesin oor hul doen en late. Neem gerus en
lees of volg die webskakel indien jy elektronies verkies:
https://www.bergsigdv.co.za/duitsland-loergaatjie-op-ons-lewens/
Ronel van Wyk soek ‘n saamrygeleentheid tot by De
Bron (Diemersdal straat) soggens enige tyd vanaf 6:00 /
7:00 asook namiddag enige tyd vanaf 16:00 daagliks.
Sy bied ook haar dienste aan as opgeleide versorger
van kanker en Alzheimer pasiënte (met twee jaar ervar-
ing). Sy kan inwoon tydens versorging. Het bestuurs-
lisensie en is sewe dae ‘n week beskikbaar.
078 464 0614
Welgegund plaasdiens: die foto is geneem op ’n Son-
dag tydens een van hul eredienste. Lidmate van Bergsig
speel ’n sleutelrol in Woordverkondiging daar.
HET JY ‘n PREEK GEMIS? Ons poog om alle preke op die web beskikbaar te stel
vir lidmate om te luister. Met groot uitsondering
ondervind ons soms tegniese probleme en is dit nie
moontlik nie. Gaan luister gerus by
www.bergsigdv.co.za by die skakel MEDIA/preke.
Om vrywillig deel te word van die kerk se alge-
mene WhatsApp ‘broadcast’ groep
stuur jou naam en van na:
071 529 9491
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
BERGSIG FINANSIES Beste lidmaat
Ons gee vandag kortliks terugvoer oor enkele
sleutelpunte van ons finansiële posisie tans.
Die jaarstate van 2018/19 is op 12 Junie deur die
Dagbestuur goedgekeur en sal binne 10 dae vir
besigtiging beskikbaar wees. Ons sluit die jaar af
met ’n verlies.
Ten spyte van uitgawes wat streng onder beheer
is, personeel wat ’n verhoging van 3% aanvaar het
en met dankoffers wat oor 4 jaar stagneer, selfs
verlede jaar verminder het, dui die 2019/20 be-
groting ook op ’n tekort.
Deeglike finansiële kommunikasie sal jou gereeld
bereik met die aanvang van die derde kwartaal.
Daar word positiewe planne beraam om die inkom-
ste te verbeter, wat ons met lidmate wil deel.
Hou dus dié spasie dop vir meer detail inligting en
kom gesels met my indien jy vrae of voorstelle het.
In Sy diens
Pieter Henning. Gemeentebestuurder
FASILITEITE VERSORGING: Oom André lys behoeftes wat nodig is om die kerksen-
trum mooi te versorg en op te gradeer. Ons het nie ge-
noeg fondse om al die onderhoudswerk te behartig nie.
Ons skryf daarom hier en hoop dat mense in die Ge-
meente hiermee kan help (gratis / teen beter prys) of
kontakte kan aanbeveel wat koste-effektief is.
Laat weet ons asseblief.
1. Grondbedekking/bolaag vir gras
2. Diens van dakke, herstel en skoonmaak
3. Tuinafvalverwydering
4. Aanry van klippies/klippe vir tuin
5. Was van stoele
6. Stoomskoonmaak van matte
7. Opknap van ouditorium - verf
8. Tuin besproeingsisteem - toets en herstel
Bel Andre 021 976 4106 / fasiliteite@bergsigdv.co.za
WINTERKLERE BENODIG
Het klere nodig vir twee volwasse vroue.
Kleregroottes tussen 34 en 38
Skoengroottes: 5 en 6
Het klere nodig vir twee seuns, ouderdomme 10 & 13
en hul skoengroottes 6 en 7.
Merk vir maatskaplik en bring asb. na kerkkantoor.
Word deel van 'n
Kleingroep in 2019.
Individue, egpare,
gesinne, vriendegroepe
ensovoorts, kan hier
registreer om deel te
word van 'n kleingroep
by Durbanville-Bergsig
NG Kerk. Die indeling
sal so gou moontlik
plaasvind.
Kliek op hierdie skakel
of scan die QR code:
http://bit.do/registreer
KLEINGROEPE
NG Kerk Durbanville-Bergsig
021 976 4106 • administrasie@bergsigdv.co.za •
www.bergsigdv.co.za
Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550
Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551
Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.
24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning bergsig911@bergsigdv.co.za
S33 48.966 O18 39.728
Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527
VAKANSIEPROGRAMME
Diep Sarie verteenwoordig verskeie DIEP vroue wat die
lewe bepeins. Sy is so oud soos sy die dag wil wees en
vir haar kan jy nie maklik bottel nie. Sou jy haar kon
bottel sou sy net beter word met die jare, haar wysheid
verstom ander.
Sarie en ’n vriendin gesels oor die VAKANSIE! Party
mense sonder skoolgaande kinders weet nie eers dis
vakansie nie en die vakansiekoors het hul glad nie beet
nie. Ander ma’s is net te dankbaar dat hulle geen
kosblikkies hoef te maak nie en ’n blaaskans kan vat.
Dan is daar ma’s wat totaal raadop is. Bly die kinders
veilig tuis, sit hul heeldag voor die TV of met een of an-
der vorm van tegnologie. Hoekom, omdat die ouers by
die werk is en die huishulp te dankbaar is dat sy soet
kinders oppas wat nie omkrap nie. Dit sou soveel lek-
kerder vir die kinders wees om buite fiets te ry, maar ai
wie weet watter euwel in die strate vir hulle wag?
Diep Sarie kyk na die kerkprogram en is dankbaar dat
haar gemeenskap ’n vakansieprogram aanbied. Hoe
geseënd is ons nie hier nie? Ons is werklik bevoorreg.
Sarie is ook dankbaar dat twee kerke hande vat en
saam die program aanbied.
Diep Sarie praat ook baie met haar huishulp oor land-
sake en besef dat Mitchells Plain se ma’s se
vakansieuitdagings nog groter as ons s’n is. Hul kinders
moet binneshuis koes vir verdwaalde bende koeëls.
Wie weet watter euwels wag in hulle strate?
Diep Sarie dink met vreugde daaraan dat Bergsig, haar
kerk, die vragskeephouers geskenk het aan Mitchells
Plain om ’n Gemeenskap Gebedslokaal in te rig en dit
word deels gebruik om ’n veilige hawe te skep in
vakansies om ook ’n vakansieprogram aan te bied vir
kinders wat daar woon.
Waar begin ons om ’n verskil te maak? Die maklikste is
sommer hier in jou eie kring te begin, om deel te neem
en betrokke te raak by bestaande inisiatiewe. Om deel
te wees van die kerk se UITREIKprojekte, om diens te
doen in die kerk by die eredienste, om lief te wees vir
jou mense, om saam met hulle pannekoek te eet en in
die oomblik te wees. Om saam in ’n oomblik van een-
voud ’n nartjie af te skil en in die oomblik te wees.
Jean van Niekerk, Stephanie Steenkamp en
Leoné Steyn (Gr. 11)
top related