op die wonniewerf - wonwen.co.za · dankie aan elke atleet wat die kwartaal getrou kom oefen het en...

Post on 07-Sep-2019

1 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

`

Wonnies gee ...

Met elke daad saai jy ‘n saadjie, selfs al sal jy nooit die oes sien nie.

Nuusbrief 18 31 Mei 2018

Geagte Ouers en Wonnie-personeel

Hierdie Nuusbrief se dankbaarheid kom diep uit my hart. Baie dankie aan elke ouer, onderwyser, sekretaresse, snoepie-tannie en leerder wat bygedra het om my verjaarsdag só spesiaal te maak. Dit was oorweldigend en het my sommer met ‘n knop in die keel en met ‘n traan agtergelaat. Ek het net weer eens besef hoe spesiaal die Wonnies is en dat u kinders my kinders is!

‘n Groot dankie aan Williams Hunt Pretoria (Visagiestraat) vir die bederf om met die Opel Grandland X te ry. Bo en behalwe dat dit ‘n ongelooflike motor is, sal ‘n mens ver moet soek om so ‘n seepgladde outomatiese ratkas te kry.

Aan die begin van die eksamen wil ek elke leerder (en ouerhuis) sterkte toewens. Mag die kennis net boustene vaslê vir toekomstige leer.

“Alles word nuut as jy kinders verstaan. ‘n Kind laat jou opnuut ontdek wat die wêreld jou laat vergeet: die wonder van alles wat leef.” – P. Bosman

Omgee-groete, L.M. Kruger

op die Wonniewerf Boodskap van die hoof

Baie dankie

Debietorders

Herregistrasievorms

Wonderklankies

Krieket

Landloop

Wonnie Teatro

Seniorkoor

Noorderkruin Kunstefees – Graad 4 tot 7

Staccato’s

Bulletjie-rugby

Junie 2018 – Eksamenreëlings

Eksamen – Skryfstukke: 1 Junie

Klawerklitsies

Netbal

Veldskool – Graad 6

Junie 2018 - Eksamenrooster

Debietorders Alle ouers wat van Debietorders gebruik maak, moet asseblief onthou dat die 2de Junie op ‘n naweek val en dat die Debietorders eers op 4 Junie sal afgaan Neem asseblief kennis daarvan en maak asseblief daarvoor voorsiening.

Herregistrasievorms

Daar is nog heelwat bewyse van woonadresse uitstaande (munisipale rekening of huur-kontrak). Ons doen ‘n beroep op ouers om dit asseblief dringend ons na die volgende e-

posadres te stuur: fin2@wonwen.co.za.

Krieket Proewe vir alle O/8- en O/9-spelers vind Woensdag, 6 Junie, vanaf 13:15 tot 15:00 in die krieketnette plaas. Toere 2018: Ons gaan nie meer Jubaweni toe toer met ons spanne nie. Kostes is baie duur en ons wil die finansiële las op u as ouers ligter maak. Ons gaan aan die Midstream College Fees gedu-rende die vakansie in Pretoria deelneem. Datums is vanaf 12 tot 15 Julie vir die volgende spanne: 9A, 10A, 11A, 12A en 13A. Briewe met bepalings en skeurstrokies

gaan volgende week uit.

Wonderklankies

Ons is trots op elke Wonderklankie vir die optrede by die Jakaranda Kinderkoor Winterkonsert. Dit was regtig baie mooi. Ons volgende optrede is op 20 Junie om 15:30 by NG Kerk Faerie Glen.

Baie dankie

Ons wil graag weer vir al die leier-ouers wat elke week sorg vir pragtige blomme in die skool se ingangsportaal, baie dankie sê! Ons waardeer elke blyk van goedhartigheid en samewerking om die beeld van ons skool positief te hou, werklik opreg!

`

Seniorkoor ‘n Baie suksevolle Meimaand met sewe optredes is verby! Baie dankie Seniorkoor vir julle harde werk - dit is Woensdagaand, tydens die Jakaranda Kinderkoorkonsert, beloon met ‘n staande applous! Welgedaan! Ons wil ook graag die ouers bedank vir volgehoue ondersteuning! Dankie vir elke ekstra myl wat ouers stap om kinders van Eisteddfods en sportvelde aan te ry na kooroptredes toe – dit word verseker raakgesien en geweldig waardeer. Julle maak ons hande sterk. Die koor oefen gedurende die eksamen slegs op Vrydae vanaf 13:15 tot 14:30. Sterkte met die voorbereiding vir die eksamen.

!! Vadersdag !! Mamma, ek wil graag vir Pappa ‘n verrassing maak van ‘pottery’ vir Vadersdag – sommer net hier by

die skool! Graad R tot Graad 7 – almal welkom. Slegs R100!

31 Mei – Maak verrassing 7 Junie – Verf verrassing

Bel asseblief vir Tannie Santie Nortjé

by 083 407 3112

Bulletjie-rugby

Die Bulletjies speel hul laaste wedstryd op Saterdag, 2 Junie, by

Loftus se Bulletjiedag. Dit begin om 08:00. Baie sterkte.

Wonnie Teatro Daar sal GEEN oefening gedurende die eksamen (4 en 11 Junie) wees nie. Die volgende oefening na die eksamen is op Maandag, 18 Junie, vanaf 15:30 tot 17:00.

Landloop Die wedlope vir die kwartaal is eers op ‘n einde. Baie dankie aan elke atleet wat die kwartaal getrou kom oefen het en aan die wedlope deelgeneem het. Baie sterkte aan die atlete wat aan die interprovinsiale byeenkoms gaan deelneem. Dit vind op 16 Junie in Zeerust plaas. Die oefeninge vind op 4 tot 13 Junie vanaf 13:15 tot 13:50 op ons sportveld plaas. Ons wil graag hê die atlete moet hul fiksheid behou en daarom oefen ons deur die eksamen. Ons laaste oefening vir die kwartaal is op 18 en 19 Junie en dit sal weer vanaf 13:50 tot 15:00 by Hoërskool Overkruin plaasvind. Die bussie sal dan weer die atlete vervoer. Daar sal ‘n oefenprogram beskikbaar wees vir die atlete. Moedig asseblief die atlete aan om gereeld te oefen – so sal

hulle reg wees vir die komende landloopliga.

Noorderkruin Kunstefees – Graad 4 tot 7 Die Noorderkruin Kunstefees vind einde Julie/Augustus plaas. As u kind ingeskryf is, het u kind ‘n brief ontvang. Daar is ‘n skeurstrokie en geld wat asseblief so gou as moontlik na juf. Michelle toe gestuur moet word. Op die brief is oefentye – ons begin Maandag, 4 tot 6 Junie, oefen. Dit is baie belangrik dat almal daardie week by juf. Michelle kom oefen om seker te maak dat almal stukke het en reg is met die voorbereiding. Ons oefen nie die res van die eksamen nie – sal dus eers weer die week van 18 tot 20 Junie en dan weer vanaf 18 Julie af oefen.

Staccato’s

Neem asseblief kennis dat daar geen ouervergadering op Maandag, 4 Junie, is nie. Oefeninge tydens die eksamen: Groepoefening: 4, 11 en 18 Junie vanaf 16:00 tot 17:00. Oefening vir stemopnames: 4, 11 en 18 Junie vanaf 17:00 tot 18:00 EN 13 Junie vanaf 14:00 tot 15:30.

Leerders gaan op 19 Junie vir stemopnames.

Voor-die-Berg Voortrekker Kommando FEESVIERINGKARNAVAL op Vrydag, 1 Junie vanaf

16:00 tot 22:00 by Laerskool Wonderboom

`

`

Eksamen – Skryfstukke: 1 Junie 2018 Graad 4 tot 7 leeders skryf op 1 Junie Skryfstukke in Afrikaans en Engels. Ons versoek dat elke leerder 'n woordeboek (vir Afrikaans en Engels) sal saambring skryfsessie toe. Dit moet gebruik word tydens die skryf van Skryfstukke. Leerders mag nie onder mekaar woordeboeke leen nie. Indien 'n leerder 'n probleem het, moet daar vroegtydig met die vakjuffrou 'n reëling getref word.

Junie 2018 – Eksamenreëlings

Alle graad 4- tot graad 7-leerders skryf vanaf Donderdag, 31 Mei, tot Vrydag, 15 Junie, eksamen. Neem asseblief kennis dat die skool reeds Woensdag, 30 Mei tot en met Vrydag, 15 Junie, om 13:00 sal verdaag.

Afbakenings is reeds aan die leerders gegee. Soos altyd, mag geen elektroniese opsommings (Tablet, I-pad, ens.) tydens die eksamen gebruik word of skool toe gebring word nie. Slegs opsommings op papier is toelaatbaar. Let daarop dat alle skoolreëls, soos voorkoms en gedrag, steeds streng toegepas sal word.

Ons het kennis van die departement ontvang dat die graad 6-leerders wel weer ‘n algemene distriksvraestel in Engels, NW/Teg en Wiskunde skryf. Dit het ons genoodsaak om ons rooster en tye soos volg aan te pas: 07:30 – 08:30 Sessie 1 – Studietyd 08:30 – 08:50 Seniorpouse 08:50 – 10:45 Sessie 2 (Leersessie asook Graad 6-Distrikseksamens) 09:00 – 09:20 Juniorpouse 10:45 – 11:00 Pouse

11:00 – 13:00 Sessie 3 (Skryfsessie)

Junie 2018 - Eksamenrooster

Eksamen

31 Mei Afrikaans (gr. 4 – 7)

1 Junie Skryfstukke: Engels en Afrikaans

4 Junie Geskiedenis

5 Junie EBW (gr. 7)

6 Junie Tegnologie (gr. 7)

7 Junie Engels (gr. 6 Dept. Eks)

8 Junie Geografie

11 Junie Wiskunde (gr. 6 Dept. Eks.)

Algebra (gr. 7) 12 Junie KK (gr. 7)

13 Junie NW/Teg (gr .6 Dept. Eks.)

NW (gr. 7)

14 Junie LV (gr. 4 – 6)

LO (gr. 7)

15 Junie Gr. 7 Meetkunde (1e sessie)

Tydens die eksamen sal die leerders in die derde sessie skryf wat ongeveer 11:00 sal begin. Leerders is verplig om vanaf 07:30 reeds by die skool te wees. Indien ‘n leerder wel afwesig is, moet daar ‘n doktersbrief op die eerste dag terug by die skool, ingehandig word.

Ons kan spog met ‘n 8% tot so hoog as 40% verbetering

in ons studente se gemiddeld, deur die inskerping van die

Gereedskap van die lewe… Lees

Verseker u kind se optimale ontwikkeling en skryf vandag in by ons Leessentrum in Montana (Sinoville, Matlabas straat 227)

Ons doen ‘n wetenskaplike toets van u kind se lees, daarom weet ons presies hoe om

die probleem aan te spreek.

Vicky Myburgh vickymyburgh@yahoo.com

082 870 6459

Klawerklitsies

Die Klawerklitsies neem Donderdag, 16 Augustus, aan die Kaleidoscope kompetisie deel. Kaartjies kan teen R100 elk by juf. Carina Rademan aangekoop word. Die kinders sal Maandag, tydens oefening, ‘n bestelbriefie vir die kaartjies ontvang. Die sperdatum vir die kaartjie-

aankope is Woensdag, 1 Augustus.

Netbal Baie geluk aan die eerste netbalspan wat deurgedring het na die Tshwane uitspeelwedstryde. Hierdie wedstryde vind op Vrydag, 1 Junie, by Midstream College plaas. Baie sterkte, dogters! Ons hou duim vas!

Veldskool – Graad 6: 24 tot 26 September 2018

Die veldskool vir die graad 6-leerders kom al hoe nader en die leerders is baie opgewonde! Net ‘n vriendelike herinnering aan die ouers dat 24 September ‘n vakansiedag is! Die leerders vertrek daardie oggend reeds

om 08:00 vanaf die skool.

Baie dankie aan Charmaine Visser vir die pragtige foto's!

Baie dankie aan almal – Uit

top related