preekreeks triniteit: vader god is liefde en hy vergewe · martin jansen van vuuren, enalene smith...
Post on 24-May-2020
1 Views
Preview:
TRANSCRIPT
24 Februarie 2019
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Philip Scholtz
Glow Kidz Diens (Saal) Ds. Mizelle Prinsloo
18:00 @6 Diens
Bea Pretorius
Deuroffer: Hospitaalbearbeiding
24 Februarie 2019, Nagmaal Preekreeks TRINITEIT: VADER
24 Febr: NAGMAAL
25 Febr: Kerkraadsverg.
28 Febr: Seniorgroep
1 Maart: Wêreldbiddag vroue
2 Maart: Wêreldbiddag mans
3 Maart: 1ste Lydensweek,
Doop
6 Maart: Aswoensdag, Plaasfees biduur 18:00 9 Maart: Durbanville Plaasfees
10 Maart: Belydenisaflegging
12 Maart: Doopkategese
15 Maart: Skole sluit
Eienskappe van God
Hy is liefde
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 1 Johannes 4:8
Sy liefde kom sekuur in perspektief wanneer ons besef dat hy die onheiliges liefhet en sy seëninge uitstort oor diė wat na reg-te vir hulle sondes gestraf moet word.
Dit is sy liefde wat maak dat jy met vertroue na Hom toe kan gaan. Dit is sy liefde wat joú onthou, maar jou sondes vergeet.
Hy vergewe
Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk. Psalm. 103:1-5
Jy beleef twee soorte skuldgevoelens. Die een is die feit dat jy strafbaar is voor God. Jy het sy wet oortree – jy is skuldig. Die ander is die besef van jou verdorwenheid. Jy voel skuldig.
Jou skuld kan jou ver-nietig, maar jou gevoel
van skuldig wees, kan jou lei.
Dis reg dat jou sondes jou pla. Dit hoort so. Sonde is beledigend en afstootlik vir God. Maar jou geneigd-heid om daaroor moed op te gee, is nie hoe geloof maak nie. Geloof glo en ontvang God se vergifnis. Hy vergewe sy mense.
Hoe bid ons – Bid tot God ons Vader – Yahweh
God se naam Yahweh kom 6800 keer in die Ou Testament voor. Vir die Israeliete was dit die per-soonlike naam van God.
Toe sê God vir Moses: Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê, “Ek is” het my na julle toe ge-stuur.” Eksodus 3:14
God is liefde, Hy is wat Hy sê Hy is, daarom kan ons glo dat Hy vir ons lief is en dat Hy ons vergewe.
Hoe luister ons
Bid oor die volgende vrae:
Wat leer die naam Yah-weh my van God?
Wat leer die naam Yah-weh my van myself?
Wat kan ek nou gaan doen, omdat ek die naam Yahweh beter verstaan?
Hoe leef ons
1. Hoe byt en verskeur ons mekaar polities, binne gesinne, op sosiale media, binne werksverband. Noem voorbeelde. Het dit onlangs met jou gebeur dat jy “gebyt en verskeur” is? Het jy dit dalk aan iemand anders gedoen. Deel gerus, indien jy vrymoedigheid het. Deel veral julle gevoelens van slagoffer en aggressor te wees.
2. Hoe belangrik is dit dat ons onder die beheer van die Heilige Gees moet leef, om gestalte te gee aan die feit dat God is liefde – ons is trouens beelddraers, weerkaatsers van Sy liefde. (Wenk: Dit kom waarskynlik nie oornag nie, maar kos inoefening.)
3. Hoe verstaan jy dit om onder die beheer van die Gees te leef?
Gebruik die skrifgedeeltes om die vrae te beant-woord: Gal. 5:13-17, 22; 1Joh. 3:13-18; 4:7-16.
God is liefde en Hy vergewe ...
Om gemeenteleiers te be-
gelei om by God se sending
na die wêreld betrokke te
raak deur saam, as familie
van kerke, nuwe geloofsge-
meenskappe te ontwikkel.
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds.Johan Els
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Johan Els
Glow Kidz Diens (Saal) Stephanie Steenkamp
18:00 @6 Diens
Arno Mattheus
Deuroffer: Hugenote Kollege
3 Maart 2019, Preekreeks TRINITEIT: VADER
10 Maart 10:00 GlowKidz diens
Al die kinders is in die kerk
saam met die ouers vir die
eerste halfuur. Daarna sal hul
na hul kategese klasse gaan.
Navrae: Stephanie 083 278 7111
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as
jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na
uitreike@bergsigdv.co.za
ATTIE VAN WYK PRIMÊRE PLAASSKOOL Die graad 1 klassie by Attie is dringend op soek na ’n Tannie of Oom wat bereid sal wees om op ’n Woensdagoggend vir hulle ’n Bybelstorie te kom ver-tel. As die Here jou roep vir hierdie taak, kontak asseblief vir Nelda Rousseau by neldarou@gmail.com of via whatsapp of SMS op 083 235 1400
Bergsig se "Love Unveiled" Projek ondersteun 'n
nuwe projek in Mitchells Plain. Ons het twee vraghouers
geskenk gekry, maar beide moet geskuif word na die
terrein. Voorlopige kwotasies beloop R25 000. Indien
iemand kan help met vervoer of 'n finansiële bydrae wil
maak, kontak asb vir Almo Bouwer (082 774 1797) of
Andre vd Westhuizen (074 330 4431).
Die een vraghouer is deur 'n groot kleinhandelgroep
geskenk, maar alle kentekens/advertensies moet ver-
wyder word voor dit hul terrein mag verlaat. Ons soek 'n
span geesdriftige helpers om oor 'n naweek die vrag-
houer voor te berei vir vervoer.
Durbanville Kinderhuis Ons vier trots 100 jaar in Durbanville in 2019 en hoop dat julle saam met ons fees sal vier deur ʼn tafel tydens ons Jaarlikse Bal te borg. Die Jaarlikse Durbanville Kinderhuis-Bal word op 17 Mei in die Mount Nelson Hotel te Kaapstad aangebied. Dit is altyd ʼn baie populêre funksie en ons wil u graag vra dat u ons ondersteun deur ’n tafel teen R 10 000 (10 gaste) of R1 000 per persoon te bespreek. Vanjaar se Kinderhuis-Bal, beloof weer om ʼn spog- geleentheid te wees met Jo–Anne Strauss as seremoniemeester, Wicus van der Merwe wat weer die veiling vir ons gaan behartig en die orkes “Sound Images” wat die dans musiek sal verskaf. U kan uitsien na ’n smaaklike driegang-maaltyd en Durbanville Landgoedwyne sal bedien word. Hierdie is die grootste jaarlikse fondsinsameling van die Kinderhuis en ʼn ideale geleentheid om familie of werkskollegas op ʼn lekker aand uit te bederf . U sal dan ook bydra tot die versorging van die 144 sorgbehoewende kinders in die Durbanville Kinderhuis. Vir meer inligting kontak Johanna Strauss by jstrauss@durbanvillekinderhuis.org.za of 021 975 6822.
Gesinne het baie keer die behoefte om meer interaksie
met ander kulture te hê en ook hul geloof te deel, maar
weet nie altyd waar en hoe nie.
18-22 April 2019 bied so ‘n geleentheid vir gesinne in ‘n
veilige omgewing.
Die familiekamp en uitreik strek oor Paasnaweek en
sluit ’n Paasprogram in.
Bespreek vroegtydig. Meer inligting volg.
Navrae: Jaco van Vuuren
Heuningvlei-Cederberge
familie-vriendelike uitreik
PAASNAWEEK
Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: ds.mizelle@bergsigdv.co.za
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Knieltyd
R471 502
Ons mikpunt is R750 000
(teen Febr 2019)
Adrihan Saayman (baba) Vertitas 4, 082 551 6483 Hospitalisasie Herstel en bemoediging
Stella Malan Erf 168 Klipheuwelpad, 083 726 4167 Ma en skoonma oorlede Troos en bemoediging
Lettie Roode Waterbokstr. 26, 021 976 1794 Kankerdiagnose Herstel en bemoediging
Terry Terblanche en kinders Murraystraat 21, 021 976 6993 Vrou en ma oorlede Troos en bemoediging
Boetie van Niekerk Occultdale, 083 288 4979 Mediese behandeling Dankie vir beterskap
Stienie Lategan Fairtrees 8, 082 960 4258 Hospitalisasie Herstel en bemoediging
Babs Cronjé Fairtrees 17, 021 979 3019 Operasie Herstel en bemoediging
Wouter Grové (13 jaar oud) Lesliesingel 71, 021 982 7322 Op waglys vir
hartoorplanting Herstel en bemoediging
Magriet Roeland Fairtrees 12, 072 715 1881 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Johan Esterhuyse Manor on Lordswalk 1 Herstel na hartaanval Herstel en bemoediging
Vickie Esterhuyse Manor on Lordswalk 1 Rugoperasie Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Bemoediging
JC Smith Richterstraat 8., 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Ons verwelkom met bewys van lidmaatskap: Pieter Gysbert Steyn Neethling, Anna Gladys Cillié (nou Neethling) en dooplidmate: Carl André, Petrus Johannes
Cillié, Charl Daniël en Pieter Gysbert Steyn Neethling vanaf Durbanville
Geraldine van Jaarsveld (nou Van der Linde) vanaf Dwaalboom
Annaliese Horn (nou Cronje) vanaf Vishoek
Martin Jansen van Vuuren, Enalene Smith (nou Jansen van Vuuren) en Dian en Helani Jansen van Vuuren
(dooplidmate) vanaf Stellenberg
Deric Dudley vanaf Port Elizabeth-Wes
Hendrikus le Roux, Liezel Cornelia Janse van Rensburg (nou Le Roux) en Tania en Christian Wynand le Roux
(dooplidmate) vanaf Townsview
Hemanus Christoffel du Toit, Rachel Gezina Uys (nou Du Toit) en Talita Sophia du Toit (dooplidmaat) vanaf Ned
Herv Gemeente Oos-Moot
Hendrik Van Eeden Bester en Carolina Barendina van der Walt (nou Bester) vanaf Rietfontein-Noord
Rolene Noordman (nou Jones) vanaf Die Strand
Fernando José Coito de Oliveira en Nicolette Olivier (nou De Oliveira) vanaf Durbanville
05:45 Vrydagoggende - Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
Om vrywillig
deel te word
van die kerk
se algemene
‘broadcast’ groep
stuur jou naam en van
na:
071 529 9491
HET JY ‘n PREEK GEMIS?
Ons poog om alle preke
op die web beskikbaar te
stel vir lidmate om te
luister. Met groot
uitsondering ondervind
ons soms tegniese
probleme en is dit nie
moontlik nie. Gaan luister
gerus by
www.bergsigdv.co.za by
die skakel MEDIA/preke.
WÊRELDBIDDAG VIR
VROUENS NUWE
LIDMATE
Kom sê hallo by die
ontvangstoonbank!
Kontak die kerkkantoor
as jy wonder hoe om
lidmaat te raak
administra-
sie@bergsigdv.co.za
Datum: 1 Maart 2019
Plek: Durbanville
Katolieke Kerk
(Agter Spur restau-
rant)
Tyd: 10:00
Tema: Die vroue van
Slovenië
SENIORGROEP MAANDELIKSE VERGADERING
Datum: 28 Febr 2019
Tyd 9:30
Plek: Bergsig Gemeente
Spreker: Kobus Antonissen
Bespreking van sy boek “Dans met die lewe”.
Die boek sal teen R230 te koop wees.
Lede wat die uitstappie op 28 Maart na Hout-
baai wil meemaak moet op Do 28 Febr hul
R100 per lid betaal.
VAKANTE POS: JEUGWERKER -
KINDERBEDIENING
Durbanville Gemeente adverteer die vakature ’n Jeugwerker, met ’n spesifieke fokus op Kinderbediening.
Sluitingsdatum: 26 Februarie 2019 Datum van indiensneming: So gou as moontlik Vergoeding: Volgens Sinodale riglyne Werksure: 5/8 pos Aansoeke: moet vergesel wees van ’n kort CV met drie referente daarby, asook ’n kort narratief van waarom jy jouself as die geskikte kandidaat beskou. Aansoeke kan per e-pos gestuur word aan die volgende e-posadres vir aandag: Jackie : jackie@durbanvillegemeente.co.za gemerk: Jeugwerkpos. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie. Meer besonderhede en navrae oor die inhoud van die pos is beskikbaar.
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
27 Febr * Durbanville Laerskool
18:30 vir 19:30 * R50pp
VILLA CORTONA AFTREE-OORD
VAKATURE: OORDBESTUURDER Pos: Ten volle tweetalige (Afrikaans, Engels) Oordbestuurder
vir ‘n aftree-oord.
Villa Cortona: Die aftree-oord bestaan uit (a) 106 enkeltitel
huise, (b) 178 woonstelle in ‘n deeltitel kompleks wat ook 26
bystandwoonstelle insluit, (c) ‘n verpleegeenheid vir verswak-
te bejaardes, en (d) ruim tuine, oop areas en ontspan-
ningsgeriewe.
Verantwoordelikhede: Die persoon wat aangestel word, sal
verantwoordelik wees vir die professionele bestuur van die
oord. Dit sluit in, maar is nie daartoe beperk nie, algemene
administrasie, finansies, kontrakte en kontrakteurs, in-
standhouding van die infrastruktuur, versorging van die ruim
oop areas en ontspanningsfasiliteite, sowel as enige billike
taak wat die uitvoerende komitees van hom/haar mag verwag.
Kwalifikasies en Kennis (sommiges kan na aanstelling verwerf
word): Matriek of hoër, basiese rekenaarvaardighede (bv.
Excel, Word en Pastel), opleiding in Bestuur van Deeltitels en
Basiese Arbeidswetgewing.
Ervaring en Ander Verwagtinge: Ervaring van spanwerk,
bestuur en leierskap; gesonde balans in taak vs persoon
georiënteerdheid, sober gewoontes, te alle tye aanvaarbaar
van voorkoms en gedrag, oopdeur-beskikbaarheid wanneer
nie in konsultasie of vergadering.
Vergoeding: Salaris R240 000 p.j., 13de tjek en 21 opeenvol-
gende kalenderdae betaalde jaarlikse verlof
Aansoek: Stuur CV van nie meer as 2 bladsye aan
yoellmj@mweb.co..za
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2019
TGIF MANNE KONFERENSIE
Hier sit die manne … om God se Woord en leer meer
oor hulle identiteit in Christus. Dit maak so groot verskil
as jou identiteit in Christus is en nie in jou werk, kar of
huis nie. As jy kan RUS by God omdat jy ’n skepsel van
Hom is en dus ’n spieëlbeeld. Die reëls van die ‘Royal
Hotel” word eenkant toe gestoot en maak plek om by
God se voete te sit.
SUSTERSconnect - ’n Veilige ruimte waar vroue oor
generasies heen saam kan dink en praat in geloof en ’n
reis kan begin met ’n vriendelike “vreemdeling”. Ons het
in die skoene van Naomi gestap en kyk na haar vanuit ’n
nuwe invalshoek. Die reis stop nie hier nie. Jy kan deel
daarvan wees. Kyk gerus na ons reisplan hieronder.
NG Kerk Durbanville-Bergsig
021 976 4106 • administrasie@bergsigdv.co.za •
www.bergsigdv.co.za
Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550
Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551
Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.
24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning bergsig911@bergsigdv.co.za
S33 48.966 O18 39.728
Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527
Bring kinder- blikkies terug op
3 Maart - wenner word op 5 Maart bekend gemaak.
Grootmensblikkies moet in wees teen 15 Maart en pryswenners sal op 7 April aangekondig word.
ALLE PLAASFEESBELOFTES
handig in asb. voor of teen
3 Maart 2019
Met dank
kinderBLIKKIES KOMPETISIE
1STE PRYS geborg deur
www.opikopipartytjies.co.za
BLIKKIES KOMPETISIE 1STE PRYS
geborg deur www.thetops.co.za
BAIE DANKIE VIR ALMAL WAT HARD BESIG IS OM TE WERK AAN DIE PLAASFEES. ELKE INSET
MAAK ‘N REUSE-VERSKIL T.O.V. DIE SUKSES VAN DIE DAG.
Elke mens is in staat om op ‘n ander manier by te dra.
Ons kort nog heelwat van die volgende:
KONTANT om produkte aan te koop vir die Roosterkoek-, Braai- & Hamburgerstalletjies
ALGEMEEN:
Jaffels: kort mense wat maalvleis gaarmaak, brood-smeer
Handwerk: enige iets wat jy kan maak
Hande: op die dag van Plaasfees vir verkope Gebak: Pasteie (Wild, bees, hoender, groente)
Tombolatafel - ons kort ’n konvenor
Yskaste - dit word by jou huis op en afgelaai met groot
sorg.
AANDAG ALLE BESIGHEDE:
Indien jy graag in die Ekspo area jou
besigheid wil bemark, kontak vir Jana Louw
om jou plek te bespreek
jana.plaasfees@gmail.com
Regeneration: Die graad 7
aand was ’n lekker lawwe kuier-
aand by die kerk. Die groep het
sommer gou tuis begin voel as
deel van die tieners.
top related