redakteursbrief - brokkies · 2018. 4. 20. · die boemerang, koala-beer, didgeridoo en die...
Post on 07-Feb-2021
0 Views
Preview:
TRANSCRIPT
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies
Gemeenskapsadvertensies
Kleinadvertensies (Persoonlik)
Kleinadvertensies (Besigheid)
Geestelike Pitkos
Werksgeleenthede
Afrikaanse kerkdienste
Landswye dagboek
Riglyne vir adverteerders
Kanselleer intekening / Unsubscribe
30 Januarie 2016
Redakteursbrief
“Ek het my swaarkry met lekkerkry klaargekry.” Ek neem die vrymoedigheid om hierdie bekende spreuk van CJ
Langenhoven – ‘n verlangse familielid - te gebruik, want dit is heel beskrywend van die lang pad wat ek geloop het om
Aus-Brokkies uiteindelik die lig te laat sien. Baie welkom aan elke leser wat reeds ‘n lang ruk gelede of onlangs versoek
het om Aus-Brokkies te ontvang wanneer hy gebore word.
Ek loop al ‘n baie lang pad saam met Brokkies van Nieu-Seeland, en dit was vir geruime tyd my droom om dieselfde
resep aan te bied vir almal in Australië wat graag ‘n ‘gereelde ietsie’ in Afrikaans wil lees. Ek het die afgelope weke ‘n
paar onverwagse uitdagings ervaar wat my die aangekondigde loodsingsdatum laat uitstel het, maar ons is nou hier!
Ek het ‘n voltydse beroep, so beide uitgawes moet na ure ‘gebeur’. Daarom sal ek probeer ‘slim’ werk en sekere
generiese inhoud, wat vir Australië en Nieu-Seeland relevant kan wees, in beide Aus-Brokkies en Kiwi-Brokkies plaas.
Voorbeelde is resepte, artikels oor Anzac Day en in hierdie uitgawe die stuk oor die komende Manne wat Glo toer.
Help my om die woord te versprei sodat ons leserstal vinnig bly groei, en adverteerders die leë advertensieruimtes begin
opneem sodat mede-immigrante daaruit baat kan vind. Ek benodig ook jou stories of storie-wenke. Skryf asb ook vir my
kort lesersbriewe oor enigiets, ook oor wat jy van Aus-Brokkies dink. Lees hoe by www.brokkies.net/bydraes
Philip Langenhoven
Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.)
________________________________________________________________________________________
Ysbreker: ‘n Ander soort lesing...
Een Oujaarsaand is ou Piet in geen toestand om te bestuur nie, so heel
verstandig besluit hy om sy motor by die hotel te laat en huis toe te loop.
‘n Polisieman stop hom en vra: “Vir wat loop jy 4vm in die strate rond?”
Piet antwoord: “Ek is op pad na ‘n lesing toe”.
“Nou watter persoon by sy volle positiewe gaan op hierdie tyd van ‘n
Nuwejaarsdag ‘n lesing aanbied?” vra die polisieman sarkasties.
Ewe droogweg sê Piet: “My vrou”.
Philip Langenhoven
Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.)
http://www.brokkies.net/bydraeshttp://www.brokkies.net/http://www.brokkies.net/http://www.randreunite.com/
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Algemene nuusbrokkies
Terug na bo...
Aus-Brokkies is gebore!
Kiwi-Brokkies kry na 15 jaar ‘n boetie…of is dit nou ‘n sussie?
Só lyk die Brokkies-webwerf se tuisblad nou!
En hier is hy nou! Brokkies was vir bykans 15 jaar ‘n huishoudelike naam onder Suid-Afrikaanse en Namibiese
immigrante in Nieu-Seeland, en nou is sy eweknie in Australië gebore. Na jare se gedroom en maande se beplanning het
Brokkies in twee nuusblaaie vertak: Kiwi-Brokkies en hierdie eerste Aus-Brokkies. Lees Brokkies se geskiedenis.
Brokkies het gedurende die afgelope bykans drie jaar in sy (toe) nuwe gedaante ongelooflike groei in lesers vanuit Nieu-
Seeland, Suid-Afrika en ‘n paar ander lande ervaar. Al meer mense vanuit Australië het ook ingeteken, maar die besef
het algaande gegroei dat hulle ‘n eie Brokkies met ‘n Aussie-fokus verdien.
Oor die afgelope jaar is ‘n bemarkingsveldtog onder Afrikaanse Aussies gevoer en kan ons met ‘n skaflike intekenaarstal
begin. Nou het mense wat graag ‘n gereelde brokkie Afrikaanse leeswerk in hul Doer-Onder land wil ontvang, ‘n keuse
tussen twee publikasies. Dit is ‘n beskeie begin wat die algehele aanbieding aan betref, maar hier is hy nou.
Hier bo is ‘n afbeelding van hoe Brokkies se herontwerpte webwerf se tuisblad lyk, danksy die goeie werk van
webontwerper Jaco Swart van Christchurch in Nieu-Seeland en sy maatskappy Easy Websites.
Hier onder is vir oulaas ‘n afbeelding van hoe Brokkies se vorige tuisblad gelyk het:
http://www.brokkies.net/geskiedenishttp://www.digitalmaker.co.nz/easy-websiteshttp://www.brokkies.net
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
‘n Beskeie begin…
Hierdie Aus-Brokkies is slegs die begin van wat hopelik net soos die oorspronklike Brokkies ‘n huishoudelike naam in
Australië sal word. Die advertensie-afdeling is nog baie leeg. Enkele (egte) advertensies word geplaas as voorbeeld van
hoe mense hul kleinsake se advertensies vir die verskillende advertensie-kategorieë kan voorberei en aanbied. Daar is
egter meer voorbeelde op die Bokkies-webwerf.
Lees by www.brokkies.net/adverteer meer oor hoe om as adverteerder te registreer en hoe om ‘n advertensie in te stuur.
Kleinadvertensies is voorlopig GRATIS. Ons wil seker maak daar is ‘n sterk intekenaarsbasis voordat aan adverteerders
die keuse gebied sal word of hulle wil voortgaan teen nominale tariewe. So, registreer nou as adverteerder en stuur jou
sake-advertensie in sodat ons dit kan begin plaas. Die intekenaarsbasis groei weekliks sterk en wie wil nou nie gratis
blootstelling hê nie?
Hoe sosiale media hierby inpas
Brokkies is aanvullend tot sosiale media. Facebook is ‘n baie waardevolle metode om vinnig mense van gebeurtenisse en
geleenthede in te lig, maar daar is ook ‘n punt waar mense allergies raak as dieselfde advertensie daagliks oor en oor
geplaas word. Dit blyk dat baie mense begin om hulself af te sluit van plasings wat uitermatig heraal word, en selfs van
die blad of groep waar hulle so herhaaldelik gebombardeer word. Brokkies bied ‘n bykomende, aanvullende manier
waarmee jy jou gehoor kan bereik.
Bemark jou gemeenskapsgeleentheid
Brokkies bied die geleentheid om jou kerk of gemeenskapsaak se spesiale geleenthede in bietjie meer diepte bekend te
stel en dit versterk jou promosies op Facebook met ‘n effens anderse ‘geur’. Enige Afrikaanse kerk kan hul gereelde
dienste GRATIS adverteer. Kyk ‘Afrikaanse Kerkdienste’ elders in Aus-Brokkies. Die skakels heel bo aan maak dit maklik
om na hierdie en enige ander advertensie-kategorie te spring.
Afrikaanse radiostasies, Afrikaanse taalklasse vir kinders en Suid-Afrikaanse sosiale geleenthede soos
potjiekoskompetisies, braaivleise en musiekaande kan ook gratis geadverteer word. Wanneer privaat-inistiatief betrokke
is, gesels met die redakteur by www.brokkies.net/kontak oor die moontlikhede.
Ook ‘Aussie-gerigte’ geleenthede waarby Suider-Afrikaanse immigrante betrokke is as deel van hul betrokkenheid by hul
‘nuwe’ land kan dekking ontvang en so kan lesers van Aus-Brokkies ook gemotiveer word om jul Aussie-sake ondersteun.
Aus-Brokkies benodig jou stories of storiewenke!
Aus-Brokkies kan slegs ontwikkel en die Afrikaanse lekker aanhou versprei indien lesers stories vir plasing aanbied, of
wenke oor ander Suider-Afrikaanse immigrante in Australië deurgee wat ons kan opvolg en waaroor ons self kan skryf.
Watter soort stories word benodig? Mense se prestasies, interessante stokperdjies, belangstelling en aktiwiteite, of hul
eie skryfwerk is gewoonlik goeie materiaal. Dit kan gaan oor mense se deelname op werk-, studie-, sport-, kultuur-, sake-
of sosiale gebied. Enigiets is welkom. As jy voel jy skryf nie te lekker nie, gee net die inligting deur en ons doen die res!
Lees net eers ons riglyne vir plasing van artikels by www.brokkies.net/bydraes.
Nuwe baadjie vir Brokkies
Jy het seker die nuwe Aus-Brokkies mashoof heel bo aan hierdie nuusbrief op bladsy 1 gesien. Hiermee groet ons die
ou Brokkies mashoof wat die afgelope paar jaar lank lesers weekliks verwelkom het:
http://www.brokkkies.net/http://www.brokkies.net/adverteerhttp://www.brokkies.net/kontakhttp://www.brokkies.net/bydraes
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Behoort plakkies aan Australië of Nieu-Seeland?
Hulle noem dit plakkies of ‘slops’ in Suid-Afrika, ‘klip klapper’ in Denemarke, ‘thongs’ in Australië, ‘jandals’ in Nieu-
Seeland en ‘zori’ in Japan, waar die inspirasie vir plakkies eintlik vandaan kom. Die name vir hierdie bekende, toon-
verdelende soort skoeisel verskil nie net tussen lande nie; tussen Australië en Nieu-Seeland heers daar ook
meningsverskil oor wie die eintlike ‘eienaar’ van hierdie gewilde persoonlike item is.
In Nieu-Seeland het die ‘jandal’-handelsmerk reeds lankal meer as ‘n handelsmerk geword. Net soos Marmite en L&P
gaskoeldrank het dit ‘n kulturele ikoon geword. Australië se ‘thongs’ het ook byna so sinoniem met Australië geword soos
die boemerang, koala-beer, didgeridoo en die kangaroo. G’n wonder die lande stry soms oor wie die plakkie ‘besit’!
Die Aussies en Kiwi’s is gedurig haaks oor wie die akteur Russel Crow of die model Rachel Hunter ‘besit’. So is daar
ander nasionale simbole wat beide lande vir hulself toeëien, soos die kiwi-vrug wat Kiwi’s as ‘hul eiendom’ beskou, al kom
dit eintlik van China af. Om nie te praat van die Pavlova-poeding nie, wat vir my erg Russies klink!
So, wie het nou eintlik die gewilde rubber-en-plastiek plakkie ontwerp en aan die wêreld bekend gestel?
Die antwoord sal stoere Aussies nie gelukkig maak nie, want die handelsmerk vir ‘jandals’ is op 4 Oktober 1957 deur ‘n
Aucklandse sakeman, Morris Yock geregistreer. Sy seun Anthony het dit in ‘n motorhuis in Onehunga begin vervaardig.
Meer as 50 jaar later bestaan daar egter ook ‘n debat oor wie in die die Yock-familie die uitvinder was: Morris of Anthony.
Gemoedelike twis tussen twee vriende se families
Daar is ook diegene wat glo Yock se vriend John Cowie was die ware uitvinder van die jandal en dat hy die konsep na die
Tweede Wêreldoorlog saam met Yock in Japan gesien het. Hulle het volgens Cowie se seun Des saam besluit om die
idee in Nieu-Seeland te beproef. Volgens hom het hulle saam ook besluit om die plakkies ‘jandals’ te noem omdat dit in
Engels kort vir ‘Japanese sandals’ was. Hulle het glo saam besluit om in 1957 ‘n masjien na Nieu-Seeland te bring
waarmee hulle die plakkie se vorm kon maak. Dit was ook die jaar waarin Yock die naam ‘jandal’ geregistreer het.
Tot vandag toe heers daar ‘n meningsverskil tussen die twee families hieroor. Een van hulle het gesê dat die wedywering
baie herinner aan die jare-lange mededingendheid tussen die All Blacks en die Wallabies op die rubyveld.
Hulle erken egter dat Yock die jandal begin vervaardig het en dat die idee nie een van hulle s’n is nie, maar in Japan
gesien is.
Die Yock-familie het die besigheid in die laat 1970s verkoop. Deesdae word die handelsmerk besit deur Napier se
Sandford Industries. Hierdie maatskappy het bevestig dat die Nieu-Seelandse Jandal reeds vir die afgelope 25 jaar in
Maleisië vervaardig word.
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Manne wat Glo 2 kom in Maart na Australië!
Verlede jaar se groot nuus op die Afrikaanse Christen-
musiektoneel was die besluit deur vier gevestigde
Afrikaanse solosangers om ʼn supergroep te vorm. Jan de
Wet, Leon Ferreira, Willie Joubert en Dewald Gouws het
elkeen hul eie stempel op die musiekbedryf afgedruk, maar
toe hulle as Manne wat Glo bymekaarkom, was een van
die beste Afrikaanse Christenalbums en -produksies die
resultaat.
Na die sukses van hul 2015-toer in Nieu-Seeland en
Australië is hulle gerat om die Koninkryks-boodskap verder
te verkondig met Manne wat Glo 2. Hulle tree van 4 tot 20
Maart in albei lande op, en Brokkies is weer ‘n borg.
Hulle besoek hierdie twee Doer-Onderlande op uitnodiging
van Musiek Fabriek met ‘n splinternuwe album en
produksie wat “na vore tree as ‘n musikale baken van lig
met kleurryke harmonieë en energieke ritmes, afgewissel
met akoestiese- en selfs a-capella klanke”.
Hierdie is die grootste toer wat sover bekend nog deur
Suid-Afrikaanse kunstenaars in die buiteland onderneem
sal word en strek oor 2 kontinente, 9 state (provinsies) en
bestaan uit ‘n totaal van 14 konserte wat oor ‘n tydperk van
19 dae en oor 5 tydsones aangebied sal word.
Hennie Botha, die promotor van Musiek Fabriek in
Australië sê: “Met hierdie produksie bewys die Manne wat
Glo weer eens dat hulle ʼn aanwins is vir nie net
Christenmusiek nie, maar ook vir Suid-Afrikaanse musiek
oor die algemeen. Nie net kan al vier van hulle regtig sing
en liedjies skryf nie, hulle dra ook ʼn baie sterk boodskap
oor. Daarom kan hierdie produksie nie sterk genoeg
aanbeveel word vir liefhebbers van Christenmusiek nie.
“Met elke lid van dié viertal wat ‘n solo-kunstenaar in eie reg
is, is die 15 snitte op hierdie nuwe album sorgvuldig
saamgestel om elkeen se unieke klank na vore te bring,
maar steeds baie ruimte te gun vir ‘n meevoerende,
inspirerende samesmelting van vier van die land se voorste
Gospel-stemme.
“Snitte soos Geboorteland, Spore van hoop, Here leer my
om man van God te wees, Ons lê ons krone neer, Stuur U
reën en Reik na die sterre, stuur deurgaans ‘n sterk
boodskap van absolute afhanklikheid van God uit met ‘n
sentrale tema van geloof, hoop en liefde (ook die titel van
een van die snitte) en ‘n gereedheid om Hom op alle
terreine met oorgawe te dien.
“Al die snitte op hierdie album is nuutskeppings, met
uitsondering van die laaste lied: ‘n kragtige orrel-en-
simfonie verwerking van die Liedboek-gunsteling Lofsing
die Here. Hierdie snit bind die produksie uitstekend saam in
‘n majestueuse vermenging van woord en melodie. Nes die
eerste album is Manne wat glo 2’ook ‘n moet-hê vir jou
geestelike musiekversameling en sal CDs by elke konsert te
koop wees.
Besoek http://musiekfabriek.global/ vir meer inligting.
http://musiekfabriek.global/
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Dit was weer ‘n lekker ou Australia Day!
Sydney, Australië tydens Australia Day.
Australiërs het pas weer op 26 Januarie hul gewilde vakansiedag, Australia Day, gevier. Op hierdie dag word herdenk
hoe kaptein Arthur Phillip in 1788 by die huidige Sydney aan wal gestap het.
Die meeste Australiërs beskou 26 Januarie met ‘n sterk gevoel van nasionale trots, en dit sluit duisende Suid-Afrikaanse
immigrante in. Vanjaar was daar weer die gebruiklike vlae op besighede, huise, motors, oral. Mense woon feeste,
vuurwerke en sportwedstryde by. Natuurlik word daar ook in erwe, parke en strande ge-barbecue laat die rook trek, met
Suid-Afrikaners wat seker oral oor die Aussies se monde laat water het met hul boereworsgeure!
Baie mense word Australiese burgers op hierdie dag, en dit is ook die dag waarop die regering die ‘Order of Australia’
aan uitgesoekte Australiërs toeken vir hul uitstaande prestasies en merkwaardige diens aan die land.
Hoe ‘moderne’ Australië begin het
Die begin was nie maanskyn en rose nie. Kaptein Phillip se taak was om Britse kriminele na die land te vervoer en om
hier ‘n landbou-werkplaas te begin. Hy het met sy vloot van 11 skepe en 1,500 passasiers hier aangekom, wat 700
prisoniers ingesluit het. Dit het hulle agt maande geneem om Sydney Cove te bereik.
Die eerste kolonie het swaar begin omdat hulle op swak grond probeer boer het en die setlaars nie geweet het hoe om te
boer nie. Hulle was dikwels op die rand van hongersnood, maar onder kaptein Phillip se leierskap het hulle vasgebyt.
Toe hy teen 1792 na Engeland terugkeer, was die buitepos florerend. Mense het spontaan 26 Januarie as hul
stigtingsdag begin herdenk. In 1818 is die dag as ‘n amptelike vakansiedag verklaar.
Oor die volgende 80 jaar het die bevolking geleidelik
toegeneem, en vyf selfregerende kolonies is geskep. Op
1 Januarie 1901 is al die kolonies saamgevoeg om die
‘Commonwealth of Australia’ te vorm.
Die nasie kry ‘n naam
Die naam “Australia” was eerste voorgestel deur kaptein
Matthew Flinders, ‘n Engelse navigator en landmeter.
Hy was die eerste ontdekkingsreisiger wat heeltemal om
Australië gevaar het en dit as ‘n kontinent geïdentifiseer
het. ‘Australia’ beteken ‘suidelik’ in Latyn. Die kontinent is
in 1824 amptelik na Australia herdoop.
Hoe voel jy oor jou ‘Australië-skap’?
Vertel ons hoe jy oor jou nuwe land voel. Wat is vir jou kosbaar? Of deel ‘n interessante ervaring – By www.brokkies.net/bydraes
http://www.brokkies.net/bydraes
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Gaan hierdie Aussie die klimaatdebat op sy kop omkeer?
Ons klimaat se koolstofdioksied-sensitiwiteit is tot 10 keer laer as wat die wêreld se wetenskaplikes tot op datum gemeen
het…of is dit?
The Advertiser het teen die einde van verlede jaar geskryf dat ‘n wiskundige ontdekking deur ‘n Perth-gebaseerde
elektriese ingenieur, dr David Evans, die hele klimaatdebat radikaal mag verander.
Dr Evans is glo ‘n voormalige klimaat-modelleerder by die Australiese regering se ‘Greenhouse Office’, met ses grade in
toegepaste wiskunde. Hy het die komplekse boublokke van die basiese klimaatmodel - waarvolgens die Verenigde
Nasies en groot dele van die ontwikkelde wêreld die klimaat-wetenskap benader – uitmekaar getrek en opnuut ontleed.
Hy het bevind dat die onderliggende fisika van die model korrek is, maar dat dit verkeerd toegepas is en dat die
aannames oor aardverwarming (global warming) gevolglik erg oordryf is. Hy het twee ‘foute’ herstel en deur toetsing van
die nuwe, aangepaste model bevind dat die klimaat se sensitiwiteit vir koolstofdioksied baie laer is as wat tot nog toe
aanvaar s. Hy het die bom laat val dat die Verenigde Nasies se inter-regeringspaneel wat hom op klimaatsverandering
toespits, die vlak van toekomstige aardverwarming soveel as 10 keer te hoog aangeslaan het.
Hy stem saam dat koolstofdioksied wel ‘n negatiewe uitwerking het, maar beweer dat dit slegs tussen ‘n vyfde of ‘n tiende
is van wat die VN nog altyd gesê het dit is.
Dr Evans sou gedurende Desember die VN-ringkoppe se neuse hierin gevryf het, maar dit is moeilik om op die internet
enige goeie inligting te vind wat ‘n aanduiding sal gee van hoe sy boodskap op daardie hoge vlak aanvaar is. ‘n Mens kan
jou verbeel dat dit nie baie goed afgegaan het nie, gegewe die ego’s en reputasies betrokke, en die miljarde wat al deur
lande op voorkoming en ‘regstelling’ bestee is; syfers so hoog dat dit groter as talle lande se begroting is.
“CO2 dryf nie die klimaat aan nie; dit het minder as 20 persent van die aarde se verwarming in die laaste paar dekades
veroorsaak,” het hy afgesluit.
Wat dink jy?
Het jy ‘n opinie oor hierdie onderwerp? Dink jy Evans het ‘n punt beet, of skaar jy jou by mense wat in reaksie op sy
stellings op hul perdjie gespring het en hom beskuldig het dat hy die pad byster is? Of het jy ander kennis om te deel?
Laat weet ons wat jy oor hierdie saak dink by www.brokkies.net/bydraes Kies die ‘brief’ opsie.
http://www.brokkies.net/bydraes
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Promosie-artikel
SOLAL is nou in Australië beskikbaar!
Sukkel jy om gewig te verloor? Wel, jy KAN jou metabolisme optimaliseer!
Lezanne Kruger van The Skinworx het met Aus-Brokkies
gesels en vertel dat haar besigheid wonderlike produkte bied aan
mense wat ernstig is om gewig te verloor. Sy verduidelik dat
oortollige vet verhoed dat ‘n mens se liggaam insulien reg
gebruik.
“Gewigsverlies is een van die beste maniere om jou selle weer
sensitief vir insulien te maak. Insulien-weerstand gebeur wanneer
jou liggaam nie meer op die hormoon-insulien reageer nie, wat
hoë glukosevlakke, verhoogde trigliseriede, gewigstoename en moontlik ook hoë
bloeddruk en hoë cholesterol tot gevolg ken hê. Insulien-weerstand vermeerder jou
risiko om Diabetes 2 en hartprobleme te ontwikkel.”
Neem beheer - Vandag!
Sy sê SOLAL bied ‘n reeks kwaliteit produkte waarmee jy jou eetlus (cravings) kan
beheer asook insulienweerstandigheid kan hokslaan, bloedsuiker beheer, gewig verloor
en so jou algemene gesondheidsrisiko verminder. Die volgende produkte kan verskeie
positiewe resultate meebring:
Verminder eetlus FeelFull Oil met PinnoThin®
FeelFull™ Oil met PinnoThin® en MCT (Medium Chain Triglyceride)Oil.
Metaboliseer koolhidrate Garcinia-x2 ™
Dit bevat 'n gekonsentreerde Garcinia Cambogia uittreksel, sowel as chroom, om eetlus te help beheer en koolhidrate te
metaboliseer.
Verloor Gewig Irvingia Plus ™ Fat Burner
Dit bevat Afrika mangotablette wat gemaak is van die saad wat in die vrug van die Afrika mangoboom (Irvingia
gabonensis). Hierdie aanvullings word gebruik vir vetsug, hoë cholesterol, diabetes en om gewig te verloor.
Hierdie produkte en meer is ekslusief beskikbaar by The Skinworx! Kontak hulle per epos: info@theskinworx.com of
KOOP AANLYN www.theskinworx.com Kyk ook hul advertensie by Kleinadvertensies (Besigheid) / Skoonheid &
Gesondheid elders in Aus-Brokkies.
http://www.theskinworx.com/mailto:info@theskinworx.comhttp://www.theskinworx.com/
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Heerlike lamskenkelpotjie (Deur Carolie de Koster van Carolie’s Culinaire, Tauranga, Nieu-Seeland – Epos caroliedekoster@gmail.com)
Die storie
Maak die potjie buite gaar as jy ‘n potjiekoskenner is - of kul ‘n bietjie en kook binne maar bedien buite om geurryke
potjiekosherinneringe op te roep!
Oorsig
Voorbereityd: 30 minute
Gaarmaaktyd ± 2 uur vir lamskenkels plus
30 minutes ekstra vir groente
Oondtemperatuur: 160 ºC
Lewer: Bedien 6
Wenk:
Die keuse vir bykos is wyd en kan wees mieliepap, polenta,
reis, pasta of net knoffelbrood!
Bestanddele Metode
6 lamskenkels (±250 g elk)
2 E (30 ml) olie
2 k (500 ml) water
1 t (5 ml) beesvleisekstrakpoeier
1 k (250 ml) rooi- of witwyn – volgens voorkeur
en beskikbaarheid
4 lourierblare
4 knoffelhuisies, gekap
2 middelgroot uie, elk in 8 wiggies gesny
1 prei in 1 cm dik ringe gesny
1 x takkie vars of 1 t (5 ml) gedroogde
roosmaryn
1 takkie vars of 1 t (5 ml) gedroogde origanum
4 middelgroot wortels, geskil en opgesny
4 middelgroot witwortels, geskil en opgesny
6 middelgroot aartappels, geskil en in kwarte
gesny
± 1 k (250 ml) opgesnyde groenbone
± 1 k brokkoli blommetjies
spit en swart peper
6 grasuie , in 3 cm lengtes gesny
1. Voorverhit die oond tot 160 º C. Verhit die olie in ‘n
oondbraaipot en verbruin die skenkels egalig oor
matige hitte. Voeg the water and ekstrakpoeier by en
bring tot kookpunt. Bedek die pot en maak in die oond
verder gaar vir 1 ½ - 2 ure of totdat die vleis amper
sag is. Voeg ‘n bietjie ekstra water by soos nodig om
die vleis klam te hou.
2. Verwyder die pot uit die oond en voeg al die
oorblywende bestanddele behalwe die boontjies en
brokkoli by. Bedek en plaas nog ongeveer 30 minute in
die oond totdat die groente amper sag is. Voeg weer
eens ‘n bietjie water by indien nodig om alles klam te
hou.
3. Voeg die boontjies en brokkoli by en geur na smaak.
Bedek en plaas terug in die oond vir 15 -20 minute.
Voeg die grasui by en plaas terug in die oond vir nog 5
minute. Bedien stomend warm met die bykos soos
verkies.
mailto:caroliedekoster@gmail.com
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Feestelike Aarbei- en jogurtring met vrugte (Deur Carolie de Koster van Carolie’s Culinaire, Tauranga – Epos caroliedekoster@gmail.com)
Die storie
Ewe geskik as nagereg of feestelike ontbyt, met die bykomende voordeel dat dit ‘n dag of twee vooraf gemaak kan word.
Die ringvorm lyk indrukwekkend, maar individuele vormpies kan ook gemaak word.
Oorsig
Voorbereidingstyd: 30 minute
Lewer: 10-12 porsies
Wenk: In die feesseisoen loop NS se oesmandjies oor met vars
aarbeie en kiwivrugte. Dit kan aangevul word met ingemaakte
onversoete pere of pynappelstukkies.
Bestanddele Metode
1 E (15 ml) gelatien
¼ k (60 ml) water
1 k (250 ml) natuurlike jogurt
1 k (250 ml) room of addisionele jogurt
2 E (30 ml) suiker
± 300 g aarbeie, gewas en stingels
verwyder
Om te garneer en te bedien
± 300 g vrugte in seisoen - sien bo -
geskil en gesny soos gepas
1 x 400 g blikkie vrugte - sien bo -
gedreineer
1. Bespuit 'n ringvorm (1 liter) of 8 – 10 individuele vormpies (150–200
ml) baie liggies met kossproei.
2. Plaas die gelatien in ‘n glasbekertjie geskik vir mikrogolf en bedek
met die water. Mikrogolf 30 sekondes op Medium of net tot gesmelt.
3. Plaas die jogurt, room en suiker in ‘n voedselverwerker en verwerk
terwyl die gelatien bygevoeg word. Voeg die aarbeie by en verwerk
met behulp van die polsaksie om die aarbeie net grof te kap – nie te
versap nie.
4. Giet die mengsel in die ringvorm of verdeel tussen die vormpies.
Verkoel minstens 2 uur of tot gestol. Wanneer gereed om te bedien,
maak die ringvorm of klein vormpies versigtig los en keer uit op ‘n
bedienbord of bordjies en garneer met vrugte soos verkies.
As jy ‘n resep wil instuur, lees eers hierdie riglyne: Bydraes moet in Afrikaans wees, en jou resep moet 'n naam hê
Resepte kan tradisioneel of nuut wees, maar pas ou gunstelinge aan met plaaslike bestanddele.
Stuur saam met die resep 'n foto van die gereg het wat jy gemaak het (Nie te naby sodat die foto uit fokus is nie; neem asb ‘n
paar uit verskillende hoeke en van verskillende afstande en stuur almal na my om uit te kies.)
Verskaf ‘n kort beskrywing van waarom dit vir jou spesiaal is, of enige ander agtergrond wat sin maak (onder 200 woorde)
Stuur jou bydrae vanaf Brokkies se webwerf by brokkies.net Gebruik die skakel 'Bydraes'.
mailto:caroliedekoster@gmail.comfile:///C:/Alle%20dokumente/Brokkies%20items/Brokkies%202014%20-%201Apr-31Maart/Brokkies%20uitgawes%202014/brokkies.net
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Geestelike Pitkos
Terug na bo...
‘n Nuwe begin...
Johannes 8:1-11
Johannes 8:10-11 “En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie
beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.”
Daar is ‘n opgewonde en aggressiewe energie onder ‘n groep Fariseërs en Skrifgeleerdes wat ‘n vrou vashou en half dra,
half saamsleep, want sy het die onvergeeflike gedoen; sy is op heterdaad betrap waar sy egbreuk gepleeg het. Hulle is
doelgerig en uitdagend as hulle haar na Jesus toe bring. Hulle sal graag wil sien wat Hy met hierdie saak gaan doen
want die wet sê sy moet gestenig word! Daarom dan ook hulle uitdagende vraag: “... maar U, wat sê U?”
Jesus bring amper ‘n verbaasde rustigheid oor die groep aanklaers en die toeskouers as hy neerbuk en met sy vinger in
die grond begin skryf. Die Skrif sê nie vir ons wat Hy geskryf het nie maar dit is amper of Hy ‘n nuwe begin vir haar lewe
begin beplan, ‘n tweede kans.
“Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.” En weer het Hy neergebuk en op die grond
geskrywe. Stadig en half verleë het hulle een vir een omgedraai en weggegaan. Tot net Jesus en die vrou oorgebly het,
“Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.”
‘n Nuwe jaar wat voorlê, ‘n nuwe begin met baie voornemens. En sommer nog ‘n eerste hier aan die begin van die jaar,
die eerste uitgawe van “Brokkies” vir Australië. Nieu-Seelandse Suider-Afrikaanse immigrante het al vir baie jare die
voorreg om ‘n gereelde nuusbrief in Afrikaans te ontvang en nou kan ons dit ook hier in Australië kry danksy die harde
werk en toewyding van Philip Langenhoven. Dankie daarvoor.
Maar wat nou van jou Nuwe Jaar se besluite en voornemens? Telkens wil ons met ons eie pogings en voornemens die
nuwe jaar met al sy uitdagings aanpak of soms wil ons die beplanning doen en dan net sê; “Here, seën dit wat ek reeds
besluit het, asseblief!” Wat daarvan as ons eerder sou vra; “Maar Here wat sê U, wat beplan U vir my?”
Hoekom? Eenvoudig, Jesus weet die beste vir my lewe. Uit hierdie gedeelte het ons gesien dat Hy die een is van
tweede kanse en van ‘n nuwe begin! ‘n Vrou wat op die punt staan om ‘n wrede dood onder ‘n hoop klippe tegemoet te
gaan, word vrygespreek, kry ‘n kans op ‘n nuwe begin met die woorde; “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig
nie meer nie.”
Begin hierdie jaar op ‘n positiewe manier, begin dit met Jesus en Sy liefde in jou lewe en as jou Rigtinggewer en jy sal
nooit beskaamd staan nie.
Ds Tienie Bekker Living Word Gemeente Geraldton (GEKA) - Wes-Australië
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings
Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante
werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou,
Aus-Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel.
Jy kan help deur stories self te skryf; ons sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die
agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk
by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.
Gee jy jou Brokkies aan vir iemand?
Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...
Talle lesers van die vorige Brokkies het hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie
en vriende elders aangestuur. Dit is goed dat hierdie proesel Afrikaans so versprei word, maar mense kan ons baie help
om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal lesers wat Brokkies weekiks bykry.
Daar is derduisende gesinne wat op Kiwi-Brokkies ingeteken is en Aus-Brokkies se adreslys groei reeds sterk, al begin hy
nou net. Daar is ook talle ander, ook buite Australasië, wat dit onregstreeks ontvang. Hiermee ‘n versoek dat jy liewer
hierdie skakel aan hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.
Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans
Het jy al op Facebook die onlangs hernude groep ‘Afrikaans in “Australia’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar
‘n draai en gesels lekker met ander lede. Nooi ook jou vriende uit om by die groep aan te sluit.
Besoek ‘Afrikaans in Australia’ op Facebook
Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het
Of jy wil inteken op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil bestel of hernu, of
jou adres wil verander - alles word deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van Brokkies word op die
webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.
Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur die nuwe webwerf se skakel (brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy dit ‘like’!
Kommunikeer so met Aus-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Aus-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word.
Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) Die redakteur van Aus-Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of
algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.
Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.
http://www.brokkies.net/http://www.brokkies.net/skryf-inhttps://www.facebook.com/groups/27003975442/http://www.brokkies.net/https://www.facebook.com/Brokkies.Nethttps://www.facebook.com/Brokkies.Nethttp://brokkies.net/http://www.brokkies.net/http://brokkies.net/skryf-inhttp://www.brokkies.net/https://www.facebook.com/groups/BrokkiesNZ/https://www.facebook.com/Brokkies.Net
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Gemeenskapsadvertensies
Terug na bo...
1. Afrikaans Sonder Grense (ASG) – Vars uit Australië!
Afrikaans Sonder Grense (ASG) is 'n 2 uur lange Afrikaanse musiek radioprogram wat
weekliks lewendig uitgesaai word uit Bundaberg, Queensland in Australie.
Wanneer : Elke Donderdag 6-8 nm (Queensland-tyd)
Waar: Via Internet by www.coralcoastradio.net.au en op radio in en om Bundaberg op 94.7 Fm.
Hoofsaaklik Afrikaanse musiek vir jonk en oud, nuusgebeure, humor en onderhoude met besoekende kunstenaars. Van
tyd tot tyd kry ons interessante Suid Afrikaners wat vir ons kom kuier in die ateljee.
'Like' ons op Facebook by Afrikaans Sonder Grense met Rochelle en word so deel van ons Afrikaanse musiekfamilie
in Australië. As jy jou e-pos met ons deel, ontvang jy altyd 'n briefie van wat in die program gaan gebeur.
Skryf vir Rochelle by rochelle.radio@yahoo.com.au
Die e-pos in die ateljee tydens ASG is: requests@coralcoastradio.net.au (stuur ons jou versoeke!)
2. TunaRadio saai wêreldwyd uit in Afrikaans – vanuit Wellington TunaRadio se leuse is “Vir Ons Mense, Met Ons Mense” en daarom kan ons lekker saamkuier met Pieter en sy span wat ons
heeldag vermaak met SA-musiek en Afrikaanse geselsies. Retha Kruger gesels in Kos&Kerjater oor eet, drink en gesond leef, terwyl
Pieter en Deon oor alles kuier, van Sport&Plesier en Taal&Kultuur tot Kort-Kort Stories en JeugJolle. Alana Bailey van AfriForum
kuier ook saam met Pieter in ‘SA in ‘n Minuut’ waar hulle hoogtepunte van die SA-week bespreek. Kuier gerus by
http://www.tunaradio.net en luister vanaf hulle Luisterblad. Volg TunaRadio op Twitter @tunaradio, skryf aan hulle by
tunaradio.net@gmail.com of gesels met hulle op Skype by tunaradio.net.
3. australia.gov.au webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Australië se regering het 'n baie bruikbare inligtingswebwerf genaamd australia.gov.au. Dit vat al die staatsdepartemente se inligting
vir die publiek in een webwerf saam. Hoewel jy 'n soektog deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied
waaronder 'n mens na inligting kan soek:
Voordele en betalings
Omgewing
IT en Kommunikasie
Openbare veiligheid en die Reg
Besigheid en Industrie
Familie en Gemeenskap
Werk en Werkplek
Sekuriteit en Verdediging
Kultuur en Kuns
Gesondheid
Geld en Belasting
Vervoer en Streke
Opvoeding en Opleiding
Immigrasie en Visas
Paspoorte en Reis
A-Z van regeringsdienste
Besoek australia.gov.au
http://www.coralcoastradio.net.au/mailto:rochelle.radio@yahoo.com.aumailto:requests@coralcoastradio.net.auhttp://www.tunaradio.net/mailto:tunaradio.net@gmail.comhttp://tunaradio.net/http://www.australia.gov.au/http://www.australia.gov.au/http://www.australia.gov.au/
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Kleinadvertensies (Persoonlik)
Terug na bo...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Kleinadvertensies (Besigheid)
Terug na bo...
Klik op die besigheidstipe van jou keuse:
Algemeen Eiendomme te huur of te koop Professionele dienste Versekering
Akkommodasie / Tydelike verblyf Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte
Ambagsmanne / Kontrakteurs Motors Skoonheid & Gesondheid
Algemeen
Terug na besigheidstipes...
1. ONStv bring die beste Afrikaanse flieks na teaters in Australië en jou woonkamer Besoek www.onstv.net en sien waar die fliek gaan wys asook die ander tuisvermaak wat NOU beskikbaar is om te
huur/te koop. 'LIKE' ons Facebookblad www.facebook.com/ONStv en bly op die hoogte van die nuutste verwikkelinge.
2. Oorweeg jy om na Nieu-Seeland te verhuis? Indien jy oorweeg om Australië vir Nieu-Seeland te verruil, kontak ons gerus vir bystand en advies. Ons netwerk kom een
keer per maand in Auckland bymekaar om nuwe immigrante by te staan met advies en netwerkgeleenthede.
Besoek ons webtuiste by www.networkfinancialservices.co.nz of kontak Eugene by
euegene@networkfinancialservices.co.nz of +64 22 276 0082
Akkommodasie / Tydelike verblyf
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Ambagsmense / Kontrakteurs
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Eiendomme te huur of te koop
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
http://www.brokkies.net/adverteerhttp://www.onstv.net/http://www.facebook.com/ONStvhttp://www.networkfinancialservices.co.nz/mailto:euegene@networkfinancialservices.co.nzhttp://www.brokkies.net/adverteerhttp://www.brokkies.net/adverteerhttp://www.brokkies.net/adverteer
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Finansiële dienste
Terug na besigheidstipes...
1. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? Rand Reunite is ‘n plaaslike maatskappy wat Suid Afrikaners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om
hulle te “reunite” met hul Rande! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse,
aandele en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank.
Kontak Marlene: 02 9098 0380 / 0420 663 562 / www.randreunite.com
2. Jou SA Rande – enige plek in die wêreld Wil jy graag met jou SA Rande herenig word? Cashkows.com doen dit tjop tjop! Met hoofkantore in Suid-Afrika het ons
direkte toegang tot SARS, SARB, versekerings maatskappye en alle SA banke. Kliek hier vir professionele advies - ons
maak die proses maklik en pynloos. ‘n Diens van Suid-Afrikaners aan Suid-Afrikaners.
Motors
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Professionele dienste
Terug na besigheidstipes...
1. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed
teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde
beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by cmgt22@gmail.com
Tipiese adverteerders in hierdie seksie sluit ook in prokureurs, dokters, tandartse, immigrasie-adviseurs, ens.
Rekenaardienste
Terug na besigheidstipes...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
Skoonheid & Gesondheid
Terug na besigheidstipes...
1. SOLAL* nou in Nieu-Seeland beskikbaar! SOLAL is ‘n uitgebreide verskeidenheid van gesondheid- en welstandprodukte met innoverende en doeltreffende
voedingsaanvullings wat geformuleer is om jou te help om die onderliggende oorsake van gesondheidsprobleme meer
natuurlik aan te spreek.
Kontak ons per epos by info@theskinworx.com of KOOP AANLYN by www.theskinworx.com
http://www.randreunite.com/https://www.cashkows.com/please-call-me/http://www.brokkies.net/adverteermailto:cmgt22@gmail.comhttp://www.brokkies.net/adverteermailto:info@theskinworx.comhttp://www.theskinworx.com/
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Versekering
Terug na besigheidstipes...
1. Is jy nuut in Australië? Ons help nuwe immigrante oor die laaste 15 jaar met hulle:
Lewensversekering
Pensioenfondse (Superannuation)
Aftreebeplanning
Kontak ons vir vriendelike en professionele dienste.
Marius De Lange | Nautilus Financial Planning | Tel 04 025 77 374 | E-pos riskreview@gmail.com
SA-produkte
Terug na besigheidstipes...
1. Spaza | Ons bring Suid-Afrika na JOU! Kry 'n stukkie van Suid-Afrika by Spaza. Ons bring die nuutste Suid-Afrikaanse musiek-CD's, DVD's, films en boeke na jou. Ons het ook 'n verskeidenheid mans- en vroueklere reekse beskikbaar van gewilde SA vervaardigers. Gesels met Jaco Ungerer van Spaza, by tel 04 289 64112 of 04 6857 1042, of e-pos hom by spazashopping@gmail.com Besoek ook Spaza se webwerf: www.spaza.com.au
Werksgeleenthede
Terug na bo...
Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer
_______________________________________________________________________________________________
Hierdie ruimte is beskikbaar vir advertensies van vakatures; en in die meeste gevalle word hulle GRATIS geplaas
om ons immigrantegemeenskap te ondersteun.
Doen navraag by die redakteur by www.brokkies.net deur die skakel 'Kontak' en hy sal meer riglyne verskaf.
________________________________________________________________________________________________
Afrikaanse kerkdienste
Terug na bo...
Afrikaanse kerkdienste in Australië
Terug na bo...
1. PERTH - Eredienste in Suide van Perth op 3 plekke: Deo Gloria Community Church
Afrikaanse diens in Leeming
Ons het elke Sondag om 9vm ’n diens in Afrikaans by Livingston Seventh Day Adventist Church, Nicholson Rd, Canning
Vale, waar ds Gerhard Bredenkamp die voltydse leraar is.
Daar is ook in een van die ander lokale ‘n erediens vir Engelssprekendes om 9vm elke Sondag. Ds Dirk de Swardt bied
die dienste aan. Dirk is ook die voltydse leraar vir ons hoërskooljeug en jong werkendes.
Afrikaanse diens in Secret Harbour
Terselfdertyd vergader ons elke Sondag om 9vm ook in Afrikaans te Secret Harbour Community Centre, Oasis Drive,
Secret Harbour, waar ds Peet Grobbelaar die voltydse leraar is.
mailto:riskreview@gmail.commailto:spazashopping@gmail.comhttp://www.spaza.com.au/http://www.brokkies.net/adverteerhttp://www.brokkies.net/
-
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 30 Januarie 2016
Engelse diens in Mandurah
Vir Suid-Afrikaners en ander Engelssprekendes wat dalk in Engels bedien wil word, het ons ’n gemeente in Mandurah,
wat op Sondag om 9.30vm te Foundation Christian College, Multi-Purpose Hall Valentine Drive, Greenfields
bymekaarkom. Ds Johan de Swardt is die voltydse leraar.
Besoek ons webwerf by www.deogloria.org.au of volg ons direkte uitsendings by http://deogloria.sermon.net/main
Kontak ds Peet by 0415 680 930, ds Gerhard by 0450 467 557 of ds Johan by 0417 981 614 of ds Dirk by 0481 331
138 veral vir jeug-verwante aangeleenthede.
2. WES-AUSTRALIë – Eredienste op die PLATTELAND van WA: Outreach WA in samewerking met die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië
Eredienste word gereeld op rotasiebasis in Afrikaans gehou by die volgende dorpe: Esperance, Albany, Katanning,
Brookton, Northam en Hyden. Daar word gewoonlik na die diens saam ge-eet en gekuier.
Vir meer inligting en ook vir die reël van ‘n pastorale besoek, kontak ds Gawie van der Merwe (woonagtig in Perth) op
selfoon 0415846599 of e-pos na ds.gawie@parc.org.au
3. WES-AUSTRALIë - Eredienste op Geraldton: Living Word (GEKA) Elke Sondag om 9vm in die SDA Kerk, 8 Milford Street, Geraldton. Die leraar is dr Tienie Bekker. Na die diens word daar
lekker saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee.
(Indien daar Engelse mense in die erediens is dan vind die diens in Engels plaas.)
Skakel Tienie by 0458 976 007 of e-pos na leraar@bigpond.comvir meer inligting of besoek ons webwerf:
http://www.livingwordgeraldton.com.au/
Landswye dagboek
Terug na bo...
Hierdie afdeling sal gaandeweg ontwikkel word.
Riglyne vir adverteerders
Terug na bo...
Lees Aus-Brokkies se advertensieriglyne by brokkies.net/adverteer,
Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE
Terug na bo...
Om Aus-Brokkies te kanselleer, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek kansellasie.
To unsubscribe, send an email to brokkies@afrikaansnz.net with the subject line: ‘Please unsubscribe'. Remember to
mention your email address in the body of the email.
http://www.deogloria.org.au/http://deogloria.sermon.net/mainmailto:ds.gawie@parc.org.aumailto:leraar@bigpond.comhttp://www.livingwordgeraldton.com.au/http://www.brokkies.net/mailto:brokkies@afrikaansnz.netmailto:brokkies@afrikaansnz.nethttp://brokkies.net/skryf-in
top related