rxurqolqhwhdfkhu fr ]d2020/04/10  · microsoft powerpoint - 10 haikoes author ridgway.matthew...

Post on 26-Feb-2021

0 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

www.youronlineteacher.co.za

10 haikoes virdie

Vredefortkoepel

Hans du Plessis

3

Vredefortkoepel

4

In 2005 het UNESCO die Vredefortkoepel tot ‘n Wêrelderfenisgebiedverklaar. Die Vredefortkoepel nabyVredefort in die Vrystaathet ‘n deursnee van 250 –300 km. Dit is die grootsteimpakkrater op aarde endie meteoriet wat die aardemoontlik 2 biljoen jaargelede getref het, moes so groot soos Tafelberggewees het.

Hoewel ‘n meteoriet allelewe vernietig, ontstaandaar tog deur die eeue

nuwe lewe. Vandag word hierdie gebied deurrioolafval besoedel.

Ontwikkelaars wou ‘n hotel oprig by die koepel, maar hulle planne is afgekeur.

Daar is egter ander sosialeaktiwiteite waardeur mensehierdie kosbare plek skade

kan aandoen. In hierdietien haikoes word die

koepel vanaf sy ontstaantot sy uiteinde bekyk. Elke haikoe verteenwoordig ‘n

episode in die skep envernietiging van die

erfenisgebied. Die leser kry‘n ander uitsig op hierdie

wêrelderfenisgebied.

Kleiner liggaampies wat om die son wentel, word

meteoroïdes of meteoorstene genoem.

Party bots met die aardeen verskyn in die naghemel

as ligblitse, sogenaamdemeteore, wat ons as

“verskietende sterre” ken. Hulle is so klein—baiemaalnet so tussen ’n millimeter

en ’n sentimeter breed—dat hulle feitlik summier in

ons suurstofryke atmosfeeruitbrand. Maar die groter

stukke wat wel op die aarde val, word meteorietegenoem wanneer ons hulleoptel. Massiewe blokke van

derduisende tonne het reeds die aarde getref.

Agtergrond

5

Uiterlike bou: ‘n Haikoe is

‘n liriese eenvoudige

Japanese digvorm uit die

13de eeu. Dit spreek die

leser se emosies aan en

daar word baie gesê met

min woorde. Dit is rymloos,

bestaan uit 3 versreëls en

17 lettergrepe

Versreël 1: 5 lettergrepe

Versreël 2: 7 lettergrepe

Versreël 3: 5 lettergrepe

Bou

6

Bou

Innerlike bou: Die storie van die

ontstaan van die Vredefortkoepel

word vergelyk met die

skeppingsverhaal. Die storie van

die mens word in haikoe 6

bygebring. (Die mens is op die 6de

dag geskape.) Die mens het ‘n

invloed op die skepping (haikoe 7

tot 9) en in die laaste haikoe is dit

‘n voorspelling van wat moontlik

sal gebeur as die mens nie meer

op die aarde is nie.

7

Titel

Die titel van elke gedig kondig die opeenvolgendefase van die koepel aan. Elke haikoe het ook syeie titel wat vertel watter aspek behandel word.

8

Tema

Die natuur en die mens se impak op die natuur.

9

1 Meteoriet

3 Water

5 Boom

7 Wêrelderfenis

9 Dankgebed

2 Wind

4 Grond

6 Mens

8 Besoedeling

10 Tien

Deur die donker klief‘n klipvuis en klap lewe uitdie aarde uit.

Jy maak so silwersonder droë woorde sin wat skoon verstom.

Veerlig dwarrel herfsvan kil takke los en broeinog ‘n lente uit.

En ons koepel skeural langs perforasies van mens-dom middeldeur.

Heer, ons paaie lêuitgeteer oor brûe met water onderdeur.

‘n Asem jaag ooryslike nagte en vee ons winternis weg.

Vang reën en son in die bakhand van jou lyf waarlewe kliphart klop.

Toe staan stof uit stofen oorheers die aarde op grond van sy bestaan.

Nou moet dier en duifhees van die rook en roet virbyl en treksaag boet.

Vuis van swael en vuurgaan duskant ons Groot Ekskuusweer kom asem haal.

10

1 Meteorite

3 Water

5 Tree

7 World heritage

9 Thank you prayer

2 Wind

4 Soil

6 Man

8 Pollution

10 Ten

Through darkness flies afist of stone and knocks life outof the earth

Without a dry wordyou make such silver senseleaving me speechless.

Lightly autumn fluttersfrom cold branches and hatchyet another spring.

And our dome tears middle throughall along perforations ofstupid man’s humanity.

God, our roads lay paved out over bridges with water underneath.

A breath races overicy nights and sweeps away out winter.

Catch rain and sun in the hollow of your body where life’s rhythm beats.

Then dust from dust appearsoverruling the earth on grounds of his existence.

Now deer and dovecoughing smoke and soot mustpay for axe and chainsaw.

Fist of sulphur and firewill take a breath this side ofour Day of Pardon.

11

Die skepping van die Vredefortkoepel word hiergenoem.Die meteoriet het tydens die val alle lewe uit die aarde geklap. Dit verwys ook na die begin van nuwelewe as gevolg van die vernietiging.

Deur die donker kliefʼn klipvuis en klap leweuit die aarde uit. kl-alliterasie

1. Meteoriet

12

’n Asem jaag oor yslike nagte en veeons winternis weg. w-alliterasie

2. Wind

Hierdie verwys na die skepping van dag en nag. Die asem = wind. Dit kan as die 2de dag van die skepping beskou word. Lig en duisternis word geskep. Dit jaag die winternis (“soos winter”) weg.

Yslike kan verwys na koue nagte, maar ook na langnagte.

13

Jy maak so silwersonder droë woorde sinwat my skoon verstom. s-alliterasie

3. Water

Water was skoon, maar hier verstom dit die spreker “skoon”. Die spreker gebruik woorde om homself uit te druk, maar die water maak “sonder droë woorde sin”. Die water is dus meer sinvol as die persoon wat woorde gebruik.

14

Vang reën en son indie bakhand van jou lyf waarlewe kliphart klop. k-alliterasie

4. Grond

kliphart = woordspeling (kliphard is die intensiewe vorm van hard. Die mens se hart het soos klip geword.)

Hier word verwys na die holte in die grond nadat die meteoriet die aarde getref het. Die holte is bakhand, asof die aarde bedel. Die aarde word lyf en die holte is bakhand. Eerste teken van lewe nadat die meteoriet die aarde getref het.

15

Veerlig dwarrel herfsvan kil takke los en broei nog ʼn lente uit.

Personifikasie

van takke

5. Boom

Die boom is die teken van lewe, maar daar is nou nie meer net wind, water en grond nie, maar die lewe kom nou uit die aarde. Herfs lei tot lente.

16

Toe staan stof uit stofen oorheers die aarde opgrond van sy bestaan. k-alliterasie

6. Mens

Hierdie is ‘n verwysing na die voorspelling in die laaste haikoe.

God het die mens op die 6de dag geskape. Die mens was stof uit stof. Die mens is uit stof gemaak, maar heers oor die grond waarvan hy gemaak is = ironies. Eintlik is die mens net grond en dieselfde as die grond, maar die mens speel tog baas.

17

En ons koepel skeural langs perforasies vanmens-dom middeldeur. m-alliterasie

7. Wêrelderfenis

Die Vredefortkoepel is ‘n wêrelderfenisterrein, maar die mens vernietig dit. “ons” verwys dat die koepel aan almal behoort. Die verkeerde spellling van mensdom verwys na die dwaasheid van die mens. (woordspeling met mens-dom)

18

Nou moet dier en duifhees van die rook en roet virbyl en treksaag boet. b-alliterasie

8. Besoedeling

Besoedeling is die gevolg van die mens se domheid. Die diere dra die gevolg, want die mens het die omgewing met byl en treksaag vernietig.

19

Heer, ons paaie lêuitgeteer oor brûe metwater onderdeur.

9. Dankgebed

Hier word met God direk gepraat. Die mens se invloed op die omgewing word beskryf in die teerpaaie en die brûe (onnatuurlike dinge) wat deurdie mens gebou is. Dit kontrasteer met die natuur –die water loop steeds onderdeur.Konnotiewe/figuurlike betekenis van uitgeteer: mensis geestelik verhonger.

20

Vuis van swael en vuurgaan duskant ons Groot Ekskuusweer kom asem haal. v-alliterasie

10. Tien

’n Voorspelling word gemaak. Goddelike ingryping “vuis van swael en vuur” kan ook verwys na Sodomen Gomorra se val. (Hulle is deur swael en vuur vernietig.) Dit kan weer gebeur, want die mense het gesondig teen die aarde. Die sirkel is voltooi – as die mens dood is, sal daar nuwe lewe begin.

21

& ANTWOORDE

22

versterk die idee van die ontploffingversterk die idee van die ontploffing

Kies die korrekte antwoord: Die alliterasie wat voorkom in die herhaling van die kl-klapgeluid, versterk die idee van die ontploffing / dui op die

besoedeling wat in die koepel voorkom.

1.1

23

kragkrag

1.2

Die gebruik van “klief” wat “kap” of “sny” beteken, in plaas van “val”, beklemtoon die krag/gevaar van die meteoriet se ontploffing.

24

assonansieassonansie

2

Watter een pas nie? In haikoe een kom die volgende voor:

25

Die plante en die diere is vernietig.Die plante en die diere is vernietig.

3

Noem die twee gevolge wat die vuishou in die eerste strofe vir die aardegehad het.

26

s-klanks-klank

4

Watter klank boots die geluid van water na in die haikoe Water?

27

“Die bakhand van jou lyf”“Die bakhand van jou lyf”

5

In reël 10 en 11 kry ons ‘n voorbeeld van ‘n metafoor. Skryf die metafoorneer wat die stelling WAAR maak.

28

Boom: die herfsblare val af, kaal takke (winter) endaarna volg die lente.

Boom: die herfsblare val af, kaal takke (winter) endaarna volg die lente.

6

In watter haikoe is dit duidelik dat die seisoene wissel? Motiveer jouantwoord.

29

Denotiewe betekenis: hierdie slag verwys na die oomblik toe die meteoriet die aarde getref het.

Konnotiewe betekenis: met die val van die meteorietis alle lewe in die omgewing vernietig.

Denotiewe betekenis: hierdie slag verwys na die oomblik toe die meteoriet die aarde getref het.

Konnotiewe betekenis: met die val van die meteorietis alle lewe in die omgewing vernietig.

7

Wat is die denotiewe en konnotiewe betekenis van “klap lewe / uit die aardeuit” in haikoe 1?

30

Letterlik: swak kwaliteit van die teerpaaie

Figuurlik: God bepaal ons pad wat mag lei oor brûe/ die mens is geestelik verhonger.

Letterlik: swak kwaliteit van die teerpaaie

Figuurlik: God bepaal ons pad wat mag lei oor brûe/ die mens is geestelik verhonger.

8

Wat is die denotiewe (letterlike) en konnotiewe (figuurlike) betekenis van “uitgeteer” in haikoe Dankgebed?

31

Op die oordeelsdag gaan daar swael en vuur wees.Op die oordeelsdag gaan daar swael en vuur wees.

9

Na wat word verwys in die laaste haikoe?

32

“bakhand van jou lyf” = die holte in die aarde waardie meteoriet die aarde getref het, is ook soos die

bakhand van ‘n mens.

“bakhand van jou lyf” = die holte in die aarde waardie meteoriet die aarde getref het, is ook soos die

bakhand van ‘n mens.

10

Verduidelik waarom die personifikasie en metafoor wat in haikoe Grondgebruik word, so funksioneel is.

33

Die blare val saggies van die kaal bome af en dit is tyd vir ‘n nuwe seisoen.

Die blare val saggies van die kaal bome af en dit is tyd vir ‘n nuwe seisoen.

11

Verduidelik die betekenis van reël 13 en 14.

34

“stof uit stof”“stof uit stof”

12

Haal DRIE opeenvolgende woorde uit haikoe 6 aan wat na die mensverwys.

35

Yslike nagte kan daarop dui dat die nagte yskoudis, maar dit kan ook daarop dui dat dit lang nagte is.

(Die nagte word baie koud in daardie deel van die Vrystaat.)

Yslike nagte kan daarop dui dat die nagte yskoudis, maar dit kan ook daarop dui dat dit lang nagte is.

(Die nagte word baie koud in daardie deel van die Vrystaat.)

13

Dui die woordspeling aan in haikoe 4 Grond en verwys na die woord“yslike”.

36

BybelBybel

14

Die digter maak gebruik van intertekstualiteit waar hy in gesprek tree met ‘n ander teks. Na watter ander teks word hier verwys?

37

15.1 H15.2 G15.3 I15.4 F15.5 J15.6 E15.7 D15.8 A15.9 B15.10 C

15.1 H15.2 G15.3 I15.4 F15.5 J15.6 E15.7 D15.8 A15.9 B15.10 C

15

Pas die kolomme. Skryf die antwoord in die middelste kolom:

38

Lug- en geraasbesoedeling wat deur die mensveroorsaak is, benadeel die natuur. Daar is ‘n tekort

aan suurstof.

Lug- en geraasbesoedeling wat deur die mensveroorsaak is, benadeel die natuur. Daar is ‘n tekort

aan suurstof.

16

Wat gebeur volgens reëls 22 tot 24 met die natuur?

39

Die mens kan nie meer die skade aan die natuurherstel nie.

Die mens kan nie meer die skade aan die natuurherstel nie.

17

Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

“Dis water onderdeur die brug” is ‘n idioom wat beteken dat dit te laat is om iets aan ‘n saak te doen. Hierdie idioom word in reëls 16 tot 27 waar, want die mens kan nie meer die skade aan die natuur herstel nie / die mens sal

nog die skade aan die natuur kan herstel.

40

vuisvuis

18

Watter woord in die laaste haikoe wys daarop dat hierdie gedig ‘n siklusvorm? Let op na die woord wat herhaal word in strofe 1 en 10. Kyk na die

verskil in betekenis.

www.youronlineteacher.co.za

top related