saterdag 3 junie forum geheime van die heelal …2006/06/03  · geheime van die heelal tussen...

Post on 24-Mar-2020

1 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

Saterdag 3 Junie 2006 FORUM Die Burger, bl. 17

Laat almal net‘mense’ wees

EK verwys na die Kulturasies-rubriek (DB, 1/6)deur Willem Fransman jr.Een van die ergerlike vloeke van apartheid was

dat ek, my ouers en “die hele blêddie spul” (soosPiet Botha sing),mense in benoemde bokse geplaashet. Vandaar is ek ’n wit man, Fransman ’n bruinman en sê maar Khumalo ’n swart man.’n Mens sou glo dat die aanbreek van die demo-

krasie ons van hierdie etiketteringsjuk sou verlos.Toe nie.Wanneer gaan die dag kom dat daar wetge-wing uitgevaardig word wat Suid-Afrikaners ver-bied om na mense in terme van kleur te verwys?As ek my hand teen my wit laken hou, dan won-

der ek waar die benaming “wit” vandaan kom. Ekis nie ’n spook nie. As ek ’n goeie vriendin van myse hand teen my swart motor hou, dan is sy ookallermins “swart”.In hemelsnaam, waarom kan ons nie net bloot as

“mense” bekend staannie?Ekdinkas ons die Skep-per hieroor sou kon uitvra, sou hy soos Fransmanantwoord: “En dit maak seer, baie seer!”

ANDRÉ POTGIETERWoodstock

Hier lê ware identiteitOP ’n aardsemanierwasPappaBeets, die geskiede-nisonderwyser van Willem Fransman jr., reg toehy dit by sy leerders ingeprent het “om trotse bruinmense te wees, want bruinmense is die ras van dietoekoms”(DB, 1/6).Fransman betoog dat hy nie weet waar bruin

mense behoort nie, want wit mense wil hulle niehê nie en swart mense ook nie. Die denkfout is omin terme van groep te dink en nie mense as indivi-due te waardeer nie. Jy ismy broer wanneer ek jouas individu erken, ’n mens wat nie van minder

US het voluit gehelpMET verwysing na die berig “Matie hang homself”(DB, 1/6), vermoed ek dat talle lesers net so gerea-geer het soos André-Pierre du Plessis Xwat dit danook verwoord het in “Lees geel kennisgewing”(Brieweblad, 2/6).Du Plessis het net so min soos ander lesers die

konteks gehad van die kommentaar “hoe sleg dit

Bokke is g’n ‘outjies’EK wens die Springbok-afrigter, Jake White, wilbesin oor sy gewoonte om na die Springbokspelerste verwys as “die outjies” in radio- en TV-onder-houde.Genugtig, die spelers is in hul twintigerjare en

sommige is reeds ouer asdertig jaar. “Outjies” vindjy in ’n laerskoolspannetjie. Selfs in die geval van’n hoërskoolspan sou ek al die verkleinvormpie lie-wer vermy het.White bedoel dit seker nie sleg niemaar dit klink

regtigwaar nie van pas nie.BOK­ONDERSTEUNER

Strand

Sal staat US vernietig?ASmens so na prof. Anton vanNiekerk luister, lykdit of die onderrigmetode bekend as die T-opsie dieallerlaaste skans teen algehele verengelsing is, of,anders gestel, dat dit die US se heel beste idee (enallerlaaste een) is om “African blacks” te akkom-modeer en terseldertyd iets vir Afrikaans te red.Hy postuleer ook dat as die opvattings van die

voorstanders van Stellenbosch as Afrikaanse uni-versiteit die dominante denke word, dit die uni-versiteit se hele bestaan (voortbestaan?) in gevaarsal stel. Bedoel hy daarmee dat die universiteit ge-dwing sal word om sy deure te sluit? As dit so is,waar komhy aan dié gedagte? Prof. Chris Brinkhetdan ’n paar jaar gelede nog bewys dat die US dietop-universiteit in die land is.Wil Van Niekerk te kenne gee dat hierdie inlig-

ting as van so min waarde deur die regering geagword dat hy nie sal skroom om tot so ’n drastiesestap oor te gaan nie? En dit net omdat die universi-teit nie genoeg verengels het nie en daar nog te veelin Afrikaans klasgegee word deur te veel wit Afri-kaanssprekende (spesifiekAfrikaner-) dosente aan’n studentekorps wat nog gekenmerk word deur ’nte groot onderverteenwoordiging van “Africansblacks”?Berus Van Niekerk se donker “voorstelling” op

’n konkrete waarskuwing van regeringskant aandie universiteit oor hoe daar met die US gehandelsal word as hy nie vinniger transformeer nie?Of is dit ’n gevolgtrekking wat hy uit die duim

gesuig het en nou gebruik om voorstanders vanAfrikaans mee af te skrik van verdere optrede metdie aantygings dat as hierdie, myns insiens fik-tiewe, katastrofe die US sal tref, dit hulle is wat(met hul verstandelose weerstand teen verengel-sing en aandrang op Afrikaans) daarvoor verant-

30%

70%

JA

NEE

Sou ’n uitvoe­rende burgemees­terstelsel betergewees het vir dieStad Kaapstad?

Geheime van die HeelalGeheime van die Heelaltussen skottelstussen skottels

Duisendege­sofistikeerdeskottelsop’nKaroo­vlaktesaldiegeheime

vandieHeelalsegeboortekanontsluit,mitsSuid­Afrikasymededingers in ’nsterrekunde­wedloopkanklop,skryfElsabéBritsná’nbesoekaandievoorge­steldeterreinvir ’nreuseZradio­teleskoop(SKA)ensykleinerboetie (KAT).

“DAAR is niks nie. Nie eens skape nie.Julle sal sien as ons by die terrein kom.”Die huurvliegtuig van Kimberley na

Carnarvon land op ’n grond-aanloopbaan.Die pad na die voorgestelde terrein vir diewêreld se grootste radioteleskoop is ook ’ngrondpad – liefs aangepakmet ’n viertrek-voertuig.Die rit van sowat 100 kmduurbyna twee

uur. Die terrein K3 is op die plaas Blou-puts.En daar ís niks, net vlaktes en die koue

winterlug. Ideaal vir ’n radio-teleskoop,want die sterrekundiges soek nie seinewat met hul waarnemings sal inmeng nie.Dr. Adi Paterson, adjunk-direkteur-ge-

neraal van die departement van weten-skap en tegnologie se eenheid vir kundigedienste, was reg: hier is nie eens ’n skaapin sig nie.Suid-Afrika, Australië, Argentinië en

China het onlangs elk ’n bod ingedien omdiewêreld se grootste teleskoop tot nog toete huisves, die Square Kilometre Array(SKA). In September sal die lande aanbe-velings hoor oor wie se terreine geskik is.En in 2008 word die aankondiging gedoenoor wie die teleskoop van meer asR8,5 miljard (1 miljard euro) sal bou –

hoofsaaklik met geld van die EuropeseUnie en die VSA.“Met dié teleskoop sal ons gaan na

plekke in die Heelal waar ons nog nooitwas nie,” sê Paterson.Indien Suid-Afrika die bod kry, sal dit

die land, saam met Salt (die Suider-Afri-kaanseGrootTeleskoop) opSutherland opdie voorgrond van sterrekunde stoot, om-dat die twee teleskope in sinergie kanwerk. Dan is daar nog dieHess-teleskoop, wat oorveral gammastrale in Na-mibië navorsing doenwaarby Suid-Afrikaansenavorsers ook betrokke is.Salt is ’n optiese tele-

skoop wat sover terug aseen tot twee miljard jaarná die Oerknal kan “sien”.Met ’n radioteleskoopword elektromagnetiesestraling wat deur hemel-liggame afgegee word, be-speur. Dit “sien” radio-golwe deur middel vanskottels (antennas). Diewetenskap van Salt is ge-baseer op lig wat hemelligame uitstraal,en vorm só beelde van hulle.SKA sal tweehonderd miljoen tot drie-

honderd miljoen jaar ná die Oerknal kansien. Dit verteenwoordig ’n era toe net so-wat 2%vandieHeelal, soos ons dit vandagken, gevorm was.Dit is baie verder terug aswat enige tele-

skoop tans kan sien, sê dr. Bernie Fana-roff, projekbestuurder van SKA.Die skottels stuur nie self ’n sein uit nie,

maar ontvang dit net. Al die seine saamvorm dan ’n beeld van ’n hemelliggaam.

Die boetie KATMetR300miljoenvandiedepartementvanwetenskap en tegnologie sal ’n kleinerweergawe van SKA genaamd die KarooArray Telescope (KAT) gebou word. Nienet sal dit bewys ons is in staat om die teg-nologie te ontwikkel en toe te pas nie,maar bepaalde wetenskap sal ook daar-mee gedoen word.Dié projek staan onder leiding van me.

Anita Loots, ’n ingenieur. ’n Prototipe-skottel word reeds teen ’n koste van sowatR18 miljoen vervaardig.

KAT sal bestaan uit 20 skottels, elk tus-sen 15 m en 20 m in deursee. Hulle salwaarskynlik sowat 15 km van die be-plande terrein vir SKA opgerig word.KAT sal ’n opvangskapasiteit hê wat ge-

lykstaande aan 1% van SKA sal wees.Tog sal hy ’n top-instrument uit eie reg

wees. Selfs met KAT sal ’n mens tot ’n fak-tor van 10 verder kan sien asmet enige an-der radioteleskoop wat vandag bestaan.

Suid-Afrika hoop ombinnekort met die uni-versiteite van Oxford,Cambridge en Manches-ter die knoop deur te hakom hulle betrokke te krybyKATaswetenskap- engeldelike vennote. On-derhandelings het reedsver gevorder en daarword gehoop dat hullesowat R150 miljoen totdie projek sal bydra.Konstruksie van KAT

op K3 sal teen 2008 beginen hy sal teen 2010 klaarwees.

Só werk SKAMaak jou oë toe en dink aan 2500 reuseZskottels (byna soos ’n DStv-skottel) wat opdie vlaktes opdoem, en na die verste uit-hoeke van die Heelal gedraai is. Dít is hoedie kern van SKA sal lyk – gerangskik in’n sentrale area wat sistematies uitspi-raal.Die kern sal bestaan uit skottels, wat op

een gegewe oomblik in 40 verskillende rig-tings kan “kyk”, asook plat antennas opdie grond wat reg in die middel sal lê.Daar sal ook buitestasies wees, elk die

grootte van KAT en ’n bietjie (sowat 30skottels), sê Fanaroff. Die stasies sal in dieomgewingverspreiwees, asookoordie resvan Suid-Afrika. SKA sal altesame sowat4 500 skottels hê.Die res van die buitestasies sal in Nami-

bië (3), Botswana (4), Mosambiek (1),Ghana (1), Madagaskar (1), Mauritius (1)en Kenia (1) wees.Deur die stasies te versprei, gee dit aan

die teleskoop ’n lang basislyn. Saam salhulle ’n opvangsgebied van ’n miljoenvierkante meter hê.Fanaroff verduidelik die sensitiwiteit

van die teleskoop berus op die aantal skot-tels wat daar is. ’nMens kan dusmetmeerskottels verder in die Heelal insien (terugin tyd).Deur die skottels oor ’n groot gebied te

versprei, gee aan die teleskoop sy hoë re-solusie, vandaar die besluit om die langbasislyn te hê.Al die skottels en die plat antennas sal

gekoppel wees deur middel van ’n splin-ternuwe optiese kabel wat die data kanvervoer.’n Nuwe substasie sal buite Carnarvon

gebouwordomelektrisiteit afkomstig vanMpumalanga te ontvang. Daar sal ook ’nnuwe pad na die terrein gebou word.Volgens Fanaroff sal SKA ’n “super-

rekenaar nodig hê omdie data te verwerk.Dit sal die grootste rekenaarnetwerk indie wêreld wees.” Al die data wat inkom,moet verwerk en saamgevoeg word omuiteindelik een beeld te vorm. Die plan isom daardie rekenaarnetwerk in Kaapstadin te rig.Indien Suid-Afrika se bod suksesvol is,

sal SKA al in 2014 10% in bedryf wees enin 2020 heeltemal voltooi wees.Om te bepaal of K3 geskik is, het tegnici

van SKA en die Hartebeeshoek-radioster-rewag (HartRAO) drie mobiele eenhedegebou wat tot in die Karoo vervoer moesword. Die radiofrekwensieZinmengings-eenhede (RFI) is inhul geheel plaaslik ver-vaardig.Metings is ’n jaar lank gedoen om te be-

paalwatter plekdie beste is, sê prof. JustinJonas, die projekwetenskaplike.K3word van drie kante af beskerm deur

heuwels en die enigste inmenging is van’n TV-sender buite Carnarvon. Dit kan op-gelos word deur die toring se sender af teskakel en vir almal DStv te gegee. Dit salegter net gedoen word indien die bod suk-sesvol is.Die terrein sal vry van radioseine wees,

maar dit is onmoontlik om dit heeltemalgeruisloos te hou. Die radio-stil sone watbeplan word, is sowat 100 km om die ter-rein, maar dit hang af wat die betrokkediens is. Selfoontorings het ’n ander in-vloed as TV-senders.Om die terrein teen radioseine en Salt

teen ligbesoedeling te beskerm, sal ’nnuwe wet aanvaar word.Die minister van wetenskap en tegnolo-

gie, mnr. MosibudiMangena, en sy depar-

tement het al ver gevorder met die Wet opAstronomie en Geografiese Voordele. Ditsal dieminister diemag gee om te keer datbepaalde ontwikkelings wat met weten-skap sal inmeng, kan plaasvind.Mangena het aanDie Burger gesê: “SKA

is al ’n baie lang tyd in my verbeelding.Dit sal sorg dat baie wetenskaplikes entegnici vir ’n baie lang tyd hierheen salkom. Dit sal mense in baie diverse veldebyeenbring en plaaslike talent ontwikkel.Ek dink ons kanse is baie goed om die bodte kry,” het hy gesê.Mnr. Jan Louw, eienaar van Blouputs

en nog ’n plaas, Losberg, sê hy het nie ’nprobleem met die voorgestelde ontwikke-ling op sy plaas nie. Die skottels sal sowat40 ha beslaan en hy is bereid om daardiearea te verhuur of te verkoop.

Die wetenskap van SKAMetSKAsal ’nmensminstens tot ’n faktor100 verder kan sien as met enige anderradioteleskoop op Aarde.Hoe verder ’n mens in tyd terug kan

sien, in die sogenaamde Donker Era vandie Heelal (kort ná die Oerknal), hoe betervir radiosterrekundiges. Hulle stel belangin onder meer neutrale waterstof (’n bou-blok van die Heelal).Met ’n goeie radioteleskoop kan die neu-

trale waterstofstrukture wat tot die vor-ming vandie eerste sterre gelei het, gesienen gemeet word.Die waterstof tussen sterrestelsels kan

ook gekarteer word om te sien of daarenige verbintenis is. Anders as met ’n op-tiese teleskoop kan ’n radioteleskoop diéverskynsels “sien” en beelde daarvanvorm.Paterson sêwanneer sterre en later ster-

restelsels vorm, vorm kolle van die water-stof.“Hoe het die sterre en sterrestelsels ge-

vorm, wat is hul dinamika en waar lê diemagnetiese velde? Dít alles sal gesien kanword. Dit is basies die oorblyfsels van dievorming van die Heelal,” sê Fanaroff.SKA het ses bepaalde wetenskaptake:

.Die studie van algemene relatiwiteit. Ditkan onder meer getoets word deur dui-sende pulsars te karteer. ’n Pulsar, ’n neu-tronster wat baie vinnig ronddraai, is ’nbaie akkurate horlosie. Hulle stuur radio-seine uit.Albert Einstein het gesê indien ’n gravi-

tasiegolf deur pulsars beweeg, sal hullestadiger roteer.Indien ’n mens dus ’n netwerk van pul-

sars karteer en hulle monitor, sal jy dieeerste keer kan sien wanneer ’n gravita-siegolf deur hulle beweeg, en of hulle welstadiger draai, en of Einstein regwas. “Ditsal vir seker ’n Nobelprys wen,” sê Fana-roff..Die studie van kosmiese magnetisme..Die evolusie van sterrestelsels.Dit is diestudie van hoe die Heelal ná die Oerknalontwikkel het. Dit sal ook die studie vandonkermaterie en donker energie insluit.Net sowat 5% van wat ons in die Heelal

kan sien, is aan ons bekend; die res is don-ker materie en donker energie, wát pre-sies dit is, is nog ’n raaisel..Die studie van die Donker Era.Dit behelsnavorsing oor die eerste sterre en sterre-stelsels..Die onverwagte. Die ontdekking van dieonbekende in die Heelal wat tot nuwe na-vorsing sal lei ..Die wieg van lewe. Dit sal die soeke naander vorme van moontlike lewe wees.Die oorkoepelende doelwit is: Hoe ver-

staan ons ons kosmiese oorsprong en ver-duidelik ons die verskynsels wat dieHeelal vandag aan ons bied?Vrae wat gevra sal word, is: Hoe het die

Heelal begin? Hoe het die Heelal ontwik-kel? Wat is donker materie? Wat is dieaard van donker materiaal? Is daar meeraan Einstein se teorie oor gravitasie?Wat is die massa van neutrino’s en hoe

het hulle tot die ontwikkeling van dieHeelal bygedra? (Neutrino’s kom in drietipes voor en hulle het ’n neutrale lading.Dit is subatomiese deeltjies wat teen diespoed van lig trek. Duisende neutrino’sbeweeg elke dag reg deur ons elkeen son-der dat ’n mens dit eens weet).Wat is die oorsprong vanmagnetisme in

die Heelal? Hoe het die eerste sterre, ster-restelsels en planete gevorm? Is daar an-der vorme van lewe?Die vliegtuig styg weer laatmiddag van

Carnarvon af op terug na Kimberley, endie rooi grond enKarooZbossies onder onsword vinnig een groot, leë landskap.’nMenswonderhoe sal 2500 skottels, ge-

draai na die hemelruim, uit ’n vliegtuiglyk.Sal dit hiér wees waar van die grootste

vrae oor die Heelal uitgepluis sal word?

‘‘Met dié teleskoopsal ons gaan na

plekke in dieHeelal waar ons

nog nooit was nie.

’’

ook al is . . . dit is tegnies nie ’n universiteitsaange-leentheid nie”. Dit was bedoel as agtergrondkom-mentaar oorwaaromdie universiteit nie diemediain kennis gestel het van die selfmoord en self-moordpoging nie.Ons beskou dit juis nie as ’n institusionele saak

waaroor die universiteit ’n mediaverklaring be-hoort uit te reik nie. Dit is ’n private aangeleent-heid wat die betrokke student en sy/haar gesinraak.Wat interne aksies betref, word dit absoluut as

’n universiteitsaangeleentheid beskou en tree daartalle prosesse gelyktydig in werking om studenteen/of hul ouers en vriende te ondersteun. In diehartseer voorvalle van die afgelope naweekwas diekantoor van die studentedekaan, die sielkundigesvan die die sentrum vir studentevoorligting en-ontwikkeling (insluitende die 24-uur-krisisdiens),die US se beskermingsdienste en huidige en voor-malige inwonende hoofde almal betrokke by ver-skillende uitvloeisels van die gebeure.Verskillende personeellede het op enige manier

wat hulle moontlik kon, die Gerstner-gesin byge-staan. ’n Lid van die huiskomitee en die inwonendehoof het die nag saammet die vroue-student in diehospitaal deurgebring. Nadat sy ontslaan is, wasadministratiewe afdelings behulpsaam met dieskedulering van hereksamen-geleenthede. Die in-wonende hoof bly steeds met die vroue-student inkontak hoewel sy reeds huis toe is.Dit is vir die US ’n groot slag om ’n student in

die fleur van sy lewe te verloor, en daar wordmoeite gedoen om studente wat in krisissituasiesverkeer, te ondersteun. Die indruk van “ongevoe-ligheid” wat in die betrokke berig gelees sou konword, is werklik onbillik teenoor hierdie personeelen die universiteit as geheel.Die sentrum vir studentevoorligting en -ontwik-

keling (SSVO)bied ’n 24-uur-krisisdiens opdieStel-lenbosch- en Tygerbergkampus, en ’n ontwikke-lingsdiens om studente toe te rus met vaardighedeom trauma, hoë stres, verhoudingsprobleme en ek-samen-angs te kan hanteer.Ons doen graag ’n beroep op ouers, kamermaats

en vriende om studente aan temoedig om van hier-

die beskikbare dienste gebruik te maak.SUSAN VAN DER MERWE

Hoof, bemarking en kommunikasie: USStellenbosch

woordelik gehou sal moet word?Ek verstaan X dalk X wat Van Niekerk sê, maar

ek sal die skrikwekkende moontlikheid van dievernietiging van Stellenbosch as Afrikaanseuniversiteit net aanvaar as hy my kan oortuig datdaar bewyse is dat die regering ernstig daarom-trent is, asook dat daar rede is om te glo dat dieUS-bestuur weens sy eie verbintenis tot transfor-masie (en nie dit wat hy as oëverblindery onder dienaam transformasie aan die publiek probeer ver-koop nie) nie ’n vinger sal verroer om hom daar-teen te verset nie.

CAROLUS HEYDENRYCHVelddrif

Sygnus A soos gesien deur ’n radioteleskoop. Op die voorgrond is die voorgestelde terrein vir SKA.                                                                                                                 Grafika: HANLIE MALAN

waarde is nie. Ons broederskap lê nie daarin datek en jy gebore is in verskillende rasse, etniesegroepe en kulture nie. Só ’n broederskap is opper-vlakkig en berus op verbygaande bevordering vaneie en dus botsende belange.Dis waarom bruin mense nie langer as swart

“comrades’’ geag word nie en destyds ook nie aswit “broeders’’ geag is nie, behalwe waar hulle asgroep deur die ander groep gebruik kon word virdie bevordering van eie belange.Miskien het Pappa Beets nie bedoel “ras” van die

toekoms nie, maar “mens” van die toekoms, wie seidentiteit nie gesetel is in biologiese oorsprong nie,maar in sy geestelike wesenskenmerke. Gees isvorm- en kleurloos en kan dus nie die uiterstes vanwit en swart wees nie. Fransman besef dis waar dieware antwoord lê as hy verwys na die Groot Boekwat ons oproep om broers te wees.Is dié opdrag dalk die sogenaamde bruin mense

se ware roeping in die land: om ons wittes en swar-tes se gewetes wakker te maak? Dat ons leer datons in God één is, mede-erfgename van Sy konink-ryk as Sy seuns in Jesus Christus die Here. Dat onsidentiteit daarin lê dat ons broers in Christus is.Ons moet mekaar voortdurend daaraan herin-

ner, want onsword somaklik verlei omhalsstarrigvas te klou aan eie belange. Die onvermoë van dieNG Kerk-familie om van die sonde van geskeiden-heid af te sien en die eenheid in Christus sigbaarte bely en in die kerk te manifesteer, is ’n goeie be-wys dat mens nie groepsdenkers kan vertrou nie.

GEERT DE BOONBlaauwberg

top related