sement o8 – beton verwerking van materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar....
Post on 12-Jan-2020
5 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 8 (Verwerking van materiale) – Breinkaart Kopiereg @ www.summariessa.co.za
Meng materiale wat verhard nadat dit gemeng is.
Mengsel stol.
Nuttige eienskap want ons kan mengsel in sekere
vorm stol.
Meng bietjie water met
vastestof = pasta.
Pasta is ‘n stywe mengsel
van ‘n vaste stof en ‘n
vloeistof.
Meng bietjie water met meel
– kry taai pasta wat gebruik
kan word as gom.
Meng sement met water – loperige mengsel wat
hard word as dit stol.
Sementmengsels kan in hol, ronde en vierkantige
pilare gevorm word.
Kan gebruik word in bou van strukture soos silo’s en
kragstasies.
Meng sand, gruis en sement met water – vorm
beton wat baie sterk is.
Word vir die bou van paaie, fondasies en pilare in
raamstrukture van hoë geboue gebruik.
Kan met ysterstawe versterk word vir die bou van
damwalle en brûe.
Gips - ‘n wit, poeieragtige stof verander in ‘n sagte,
vormbare pasta wanneer dit met water gemeng
word.
Baie hard en sterk wanneer dit stol.
Kan ornamente of beelde maak van sagte gips wat
in vorms gegiet word en gelos word om droog en
hard te word.
Kan geverf word.
Net soos gips.
Gebruik om krake in
mure te vul.
Meng met water om
sagte paste te vorm wat
in gate en krake gedruk
kan word.
Baie hard en sterk
wanneer dit droog is.
Ryp mielies se sade is baie hard.
Sade word tot mieliemeel gemaal.
Mieliemeel word gekook om pap te
maak wat beter smaak en makliker
verteer.
Melk, room en suiker – meng en vries om roomys te vorm.
Jelliepoeier – mengsel van suiker, vrugtegeur en gelatien.
Gelatien los in warm water op – raak solied as dit afkoel.
Jellie word in enige mengsel gebruik om terte, poedings of
lekkergoed te maak.
Klei en bakstene – gemaak
deur te meng, dan mengsel
te droog of bak.
Klei – klein, gladde stukkies
gebreekte klip – absorbeer
water.
As water met klei gemeng
word – raak klei sag,
klewerig en vormbaar.
Bakstene op klein skaal.
Strooi, droë gras of
dieremis word met klei
gemeng – verhoed dat klei
kraak wanneer water
verdamp terwyl dit droog
word in die son.
Klei word met die hand of
in vorms tot bakstene
gevorm.
Klein klipdeeltjies word met fyn
steenkoolstof en water gemeng.
Steenkoolstof help hitte eweredig
versprei tydens bakproses.
Masjiene pers nat kleimengsel saam in
vorm van bakstene.
Word in oonde teen 600 - 900°C gebak.
Oonde verwerk materiaal deur dit te
droog, bak of verbrand.
Son nie warm genoeg om water te laat
verdamp. Klei is hard en waterbestand,
maar bros.
O8 –
Verwerking van
Materiale
Kombineer materiale
Meng ‘n vastestof en
vloeistof tot ‘n pasta
Meng en stol
Sement
Beton
Gips
Polyfilla
Meng en kook
Meng en verkoel
Meng, droog en bak Bakstene - landelik Bakstene - industrieël
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 1
8.1 Kombineer materiale8.1 Kombineer materiale8.1 Kombineer materiale8.1 Kombineer materiale (bl. (bl. (bl. (bl. 86868686----94949494) ) ) )
Sleutelbegrippe:
Meng is die proses waardeur verskillende materiale saamgevoeg word.
Materiale kan verwerk word om nuwe materiale of produkte te maak.
Die verwerking sluit meng, stol, kook, verkoeling, uitdroging en bak in.
Die eienskappe van nuwe materiale of produkte kan verskil van die
eienskappe van die grondstowwe wat gebruik is om die produk te maak.
Ons kan versterkende materiale by mengsels voeg, of dit tot sterk, hol
pilare vorm.
Sleutelwoorde:
Proses Verander op verskillende
maniere om nuwe materiale of
produkte met nuwe eienskappe
te kry.
Kombineer Om te meng of saam te voeg.
Produkte Iets nuuts en nuttig wat uit ‘n
proses voortkom.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 2
Mengsel Iets wat gemaak word deur goed
saam te meng.
Sement ‘n Produk wat uit klei en
kalksteen gemaak word, wat
verhard as dit met water gemeng
word.
Beton ‘n Mengsel van sand, gruis,
sement en water.
Gips ‘n Wit poeier wat vinnig in ‘n
harde vaste stof verander
wanneer dit met water gemeng
word.
Versterk Met bykomende materiaal
versterk.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 3
Pasta ‘n Dik mengsel van ‘n vastestof
en ‘n vloeistof.
Bestanddele Die lys van grondstowwe wat
gekies word om die mengsel te
vorm.
Landelik Ver van groot, moderne stede
waar mense leef van wat in die
natuur beskikbaar is.
Oond ‘n Oond of hoogoond wat gebruik
word om materiale te verwerk
deur dit te verbrand, bak of
droog.
Industrieel Waar produkte op groot skaal
deur masjiene vervaardig word.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 4
Waterbestand Absorbeer nie water nie, maar
water kan deur klein gaatjies
sypel.
Bros ‘n Item wat maklik breek of
afskerf wanneer dit nie versigtig
hanteer word nie.
Oplos Meng heeltemal met water.
Ons kombineer materiale wanneer ons hulle op ‘n sekere manier saamvoeg.
Ons kry baie ander nuttige produkte uit die verwerking van grondstowwe.
Kartonbokse word uit dennebome gemaak. Hierdie bokse word dan gebruik
om goed te verpak en te vervoer.
Seisoengebonde vrugte, soos perskes, kan verwerk word deur dit in stroop
te kook, sodat ons regdeur die jaar ingemaakte perskes kan eet.
Materiale kan verwerk word deur dit te meng en laat stol, kook, verkoel of
uitdroog om ‘n nuwe materiaal te skep.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 5
Meng en stol
Ons meng soms sekere materiale wat verhard nadat dit gemeng is.
Ons sê dat die mengsel stol.
Hierdie eienskap is nuttig, omdat ons die mengsel kan vorm sodat dit in ‘n
sekere vorm stol.
Sement
Wanneer sement met water gemeng
word, is die mengsel loperig, maar dit
raak hard wanneer dit stol.
Sementmengsels kan in hol, ronde en
vierkantige pilare gevorm word, wat
gebruik kan word vir die bou van
strukture soos silo’s en kragstasies.
Beton
Wanneer ons sand, gruis en sement met
water meng, kombineer die materiale
en vorm beton, ‘n baie sterk materiaal.
Beton word vir die bou van paaie,
fondasies en pilare in raamstrukture
van hoë geboue gebruik.
Dit kan met ysterstawe versterk word
vir die bou van damwalle en brûe.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 6
Gips
Gips is ‘n wit, poeieragtige stof wat in
‘n sagte, vormbare pasta verander
wanneer dit met water gemeng word.
Wanneer die mengsel stol, word dit
baie hard en sterk.
Ons kan ornamente of beelde van
sagte gips maak wat in ‘n vorm gegiet
en gelos word om droog en hard te
word.
Dit kan dan geverf word.
Polyfilla
Net soos gips.
Word gebruik om krake in mure te vul.
Wanneer dit met water meng, word dit ‘n
sagte, vormbare pasta wat in gate of
krake ingedruk kan word.
As dit droog is, is dit baie hard en sterk.
Meng ‘n vastestof en ‘n vloeistof tot ‘n pasta
As ons ‘n bietjie water met ‘n
vastestof meng, kry ons ‘n pasta.
‘n Pasta is ‘n stywe mengsel van ‘n
vaste stof en ‘n vloeistof.
Wanneer ons bietjie water met meel
meng, kry ons ‘n taai pasta wat as gom
gebruik kan word.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 7
Meng en kook
Wanneer mielies ryp is, is hulle
sade baie hard.
Die sade kan tot mieliemeel
gemaal word.
Ons eet nie rou mieliemeel nie –
ons kook dit om pap te maak wat
beter smaak en makliker verteer.
Meng en verkoel
Melk, room en suiker kan gemeng
en in die vrieskas geplaas word
om roomys te maak.
Jelliepoeier is ‘n mengsel van
suiker, vrugtegeur en gelatien, ‘n
stof wat in die gewrigte van diere
voorkom.
Gelatien los in warm water op en
raak solied wanneer dit afkoel.
Jellie kan in enige mengsel gebruik word om terte, poedings, of lekkergoed
te maak.
Meng, droog en bak
Klei en bakstene word gemaak deur dit te meng, en dan die mengsel te
droog of te bak.
Klei is klein, gladde stukkies gebreekte klip wat water absorbeer.
Wanneer water met die klei gemeng word, raak die klei sag, klewerig en
vormbaar.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 8
Bakstene maak in landelike gebiede
In landelike gebiede word bakstene
op klein skaal gemaak.
Strooi, droë gras of dieremis word
met klei gemeng om die deeltjies
bymekaar te hou wanneer dit in die
son droog word.
Dit verhoed dat die klei kraak
wanneer die water verdamp.
Klei kan met die hand of in vorms
tot bakstene gevorm word.
Industriële (grootskaalse) baksteenmakery
Klein klipdeeltjies word met baie
fyn steenkoolstof en water gemeng.
Steenkoolstof help om die hitte
eweredig deur die bakstene te
versprei wanneer hulle gebak word.
Masjiene pers die nat kleimengsel
in die vorm van bakstene saam,
waarna dit in baie warm oonde teen
600 tot 900 °C gebak word.
Oonde verwerk materiaal deur dit te droog, te bak of te verbrand.
Klei raak hard wanneer al die water daarin verdamp teen 500 °C.
Die hitte van die son is nie warm genoeg om al die water in die klei te laat
verdamp nie.
Gebakte klei is hard en waterbestand, maar bros.
Verskillende baktemperature sal bakstene ligter of donkerder maak.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 9
Opsomming van die samevoeging en verwerking van
grondstowwe
Die samevoeging van materiale kan as vloeidiagramme aangetoon word.
Vloeidiagramme toon watter grondstowwe gemeng word, watter prosesse
plaasvind en watter produkte vervaardig word.
Die produkte is nuttig en vir ‘n sekere doel gemaak.
Gips +
watermeng stol Ornament
Polyfilla
+ watermeng pasta
Vul
krakestol
Sementpoeier + sand + water + gruis
meng Beton
Meel +
watermeng pasta Gom
Klei +
kalksteenhitte maal Sement
Mieliemeel +
water + soutmeng kook Pap
Jelliepoeier + warm
waterverkoeling Soliede jellie
Klei vorm
blokke
droog uit in
lug
Verhit
sterkbakstene
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 10
Aktiwiteit 1: Toets wat jy reeds oor die verwerking van materiale
weet (Bl 85)
1. Bestudeer die grondstowwe wat ons meng om ‘n koek te bak.
a) Maak ‘n lys van die materiale.
Eiers, melk, suiker, koekmeel, bakpoeier, margarien of botter.
b) Watter van die grondstowwe is vaste stowwe?
Eiers, suiker, koekmeel, bakpoeier, margarien of botter.
c) Skryf woorde neer om elke materiaal te beskryf.
Eiers is solied met ‘n harde, bros dop. Binne-in die eier is ‘n loperige
eiergeel en ‘n wit, jellieagtige vloeistof. Die suiker is klein korreltjies of
kristalle. Koekmeel is fyn, wit poeier. Margarien of botter is geel en hard.
Bakpoeier is soos ‘n poeier. Melk is ‘n wit, loperige, koue vloeistof.
d) Beskryf die eienskappe van die deeg wanneer die grondstowwe gemeng is.
Deeg is loperig en lyk nie soos enige van die grondstowwe nie.
e) Beskryf die eienskappe van ‘n koek.
Dit is solied en sponserig met klein gaatjies daarin en dit smaak baie
lekker. Die koek ruik ook lekker en voel sag. Dit neem die vorm van die pan
waarin dit gebak is aan en lyk nie loperig soos die deeg nie.
f) Wat verander die
deeg na ‘n koek?
Bak dit teen ‘n hoë
temperatuur.
g) Watter bestandeel
laat die koek meer
rys as die deeg?
Die bakpoeier.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 11
Aktiwiteit 2: Maak gom met meel en water (Bl 88)
As ons ‘n bietjie water met ‘n vastestof meng, kry ons ‘n pasta. ‘n Pasta is ‘n
stywe mengsel van ‘n vaste stof en ‘n vloeistof. Wanneer ‘n bietjie water met
meel gemeng word, raak dit ‘n taai pasta wat as gom gebruik kan word.
2. Sien Bladsy 88 vir instruksies.
3. Skryf in jou werkboek hoe die meel voel en lyk.
Koekmeel is ‘n fyn, wit poeier wat sag voel.
4. Beskryf die mengsel.
Wanneer ons meel en water meng, absorbeer die meel die water en word nat.
5. Skryf neer hoe die pasta voel.
Die pasta voel taai.
6. Plak die prent in jou werkboek.
7. Skryf ‘n paragraaf waarin jy die gom wat jy gemaak het, beoordeel.
a. Is dit taai genoeg om jou prent op sy plek te hou?
b. Het dit jou prent bederf? Waarom?
c. Hoe kan jy jou gom verbeter?
Voorbeelde van antwoorde vir 7 a-c:
My pasta was te styf, dit het klonte meel in gehad wat nie goed gemeng
is nie.
Die gom was te loperig, daar was te veel water in die pasta.
Die gom het my prentjie bederf want die prentjie het die water
geabsorbeer.
Ons moes seker maak die poeier is behoorlik gemeng en dat daar nie
te veel water in die mengsel was nie.
Ons kan die gom in ons take gebruik om voorwerpe uit papier of
karton te maak.
d. Dink jy jou gom sal sterk genoeg wees om ‘n gebreekte plastiekspeelding
reg te maak? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
Nee, want die plastiek sal nie die gom absorbeer nie en daarom sal die
stukkies nie vasplak nie.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 12
Aktiwiteit 3: Ondersoek die eienskappe van bestandele voor dit
gemeng en na dit gekook is (Bl 89)
1. Sien Bladsy 89 vir instruksies.
a. Proe elke materiaal. Kies die woord wat die smaak die beste beskryf: soet;
sout; bitter; suur; geen.
b. Skryf die kleur van elke materiaal neer.
c. Bestudeer en bevoel elke materiaal. Kies vir elkeen die woord wat die
tekstuur die beste beskryf: glad; fyn; grof; sag; hard.
d. Voeg ‘n knippie van elke materiaal by ‘n klein bietjie water en skud of roer
die mengsel; kies die woord wat die beste beskryf wat gebeur: los op of
meng heeltemal; sink; niks.
2. Beskryf die eienskappe van die pap wat die onderwyser vir jou gegee het.
Die pap is glad, smaak souterig en swel omdat dit die water absorbeer. Ons
kan nie meer die water, sout of mieliemeel afsonderlik sien nie.
3. Vergelyk die eienskappe van die bestandele met dié van die pap.
Ons kan nie meer die verskillende grondstowwe sien nie. Die mieliemeel het
growwe korrels gehad, geen smaak gehad nie en was droog; die water was
nat en loperig en het geen smaak gehad nie; die sout was droog, het souterig
gesmaak en was korrelrig. Die pap het ‘n effense soutsmaak gehad. Dit het
anders as die afsonderlike
grondstowwe gesmaak. Dit
was dikker as water en dit
was glad.
Naam van
materiaal
Smaak Kleur Tekstuur Voeg by water
Mieliemeel Bitter / Geen Wit Grof Sink
Water Geen Kleurloos Glad Meng volledig
Sout Souterig Wit Fyn Los op
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 13
Aktiwiteit 4: Meng en verkoel om jellie te maak (Bl 90)
Sien Bladsy 90 vir instruksies.
1. Beskryf die eienskappe van die jelliepoeier deur jou sintuie van smaak, reuk,
sig en gevoel te gebruik.
Die jelliepoeier smaak soet, dit ruik soos vrugte, dit lyk en voel soos
suikerkorrels. Dit is rooi/groen/geel (afhangende van die geur).
2. Beskryf wat met die jelliepoeier gebeur. Is dit nog ‘n eienskap van
jelliepoeier?
Die jelliepoeier los in die water op, of meng volledig met die water. Ja, dit is ‘n
eienskap van die jelliepoeier dat dit in water kan oplos. Dit sink nie na die
bodem toe nie.
3. Verduidelik hoe die mengsel verskil van die bestandele waarmee dit gemaak
is.
Ons kan nie meer die jelliepoeier sien nie, die water het nou ‘n kleur en is
volledige gemeng met die jellie.
4. Verduidelik hoe die mengsel lyk as dit koud is. Is dit steeds loperig?
Die jellie neem die vorm van die bak aan, dit is nie meer loperig nie. Dit het
gestol.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 14
Aktiwiteit 5: Skryf oor meng, droog en bak (Bl 91)
1. Skryf vyf sinne oor die eienskappe van nat klei en hoe prosesse soos om dit
te bak of te droog, songedroogde modderstene en gebakte kleibakstene
verander.
Klei absorbeer water om nat te word. Nat klei is buigsaam en ons kan dit met
ons hande in ‘n vorm maak. Ons kan dit in blokke vorm om modderstene te
maak. Nat klei is taai en word hard wanneer die water in die son uitdroog.
Mense meng gras en strooi met die klei om sterk bakstene te maak. Ons kry
sterker bakstene as die klei gebak word om baie droog te word. Die hitte van
die oond laat al die water in die klei verdamp en die bakstene word baie hard
en sterk.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 15
Aktiwiteit 6: Lees vloeidiagramme (Bl 93)
1. Lees die volgende vloeidiagramme:
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 16
2. Skryf ‘n sin waarin jy die grondstowwe, die prosesse en die produkte vir elke
vloeidiagram noem.
Gips wat met water gemeng is, sal in ‘n gietvorm stol;
Pollyfilla wat met water gemeng is, vorm ‘n pasta wat krake sal opvul
wanneer dit stol;
Sementpoeier, sand, water en gruis word gemeng om beton te maak;
Koekmeel en water kan in ‘n pasta gemeng word wat ons as gom kan
gebruik;
Mieliemeel, water en sout kan gemeng en gekook word om pap te maak;
Jelliepoeier en water kan gemeng word en afgekoel word om soliede jellie
te maak;
Klei kan in blokke gevorm word, in die lug uitgedroog en verhit word om
sterk bakstene te vorm.
3. Skryf waaroor die produk in elke vloeidiagram gebruik word.
Gips kan gebruik word om ornamente te maak om ‘n tuin te versier, dit
word gebruik om gebreekte ledemate op so ‘n manier te bedek dat die
bene kan genees en herstel nadat dit gebreek is;
Pollyfilla kan krake of gate in mure opvul;
Beton word gebruik om plaveiselblokke, paaie, pilare en waterpype te maak;
Gom kan gebruik word om verskillende stukke papier of karton aan mekaar
te plak;
Pap kan geëet word;
Jellie kan geëet word;
Bakstene word gebruik om mee te bou.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 17
Hersiening van Onderwerp 8 (Bl 94)
Pas die woorde in Kolom A by die regte betekenis in Kolom B
A B
1. Kombineer a. Iets nuuts en nuttig wat die resultaat van ‘n proses is
2. Proses b. Iets wat gemaak word deur goed te meng
3. Produk c. Op verskillende maniere verander om nuwe
materiale of produkte met nuwe eienskappe te kry
4. Sement d. ‘n Produk uit klei en kalksteen wat verhard wanneer
dit met water gemeng word
5. Gips e. ‘n Wit poeier wat vinnig ‘n harde vaste stof raak
wanneer dit met water gemeng word
6. Mengsel f. ‘n Mengsel van sand, gruis, sement en water
7. Beton g. Om te meng of saam te voeg
1. Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae:
a) Kyk na figuur 7 op bl 91.
Wat is die verskil tussen die bakstene in A en B? (4)
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 18
b) Waarom dink jy is daar so ‘n verskil? (2)
2. Bestudeer die bostaande vloeidiagram.Verduidelik:
a) Watter grondstowwe gemeng word.
____________________________________________________________
b) Watter proses plaasvind.
____________________________________________________________
c) Watter produk geskep word.
____________________________________________________________
d) Skryf oor die gebruike van die produk. (5)
Sementpoeier + sand
+ water + gruismeng Beton
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 19
Hersiening van Onderwerp 8 (Bl 94) (MEMO)
Pas die woorde in Kolom A by die regte betekenis in Kolom B
A B
1. Kombineer a. Iets nuuts en nuttig wat die resultaat van ‘n proses is
2. Proses b. Iets wat gemaak word deur goed te meng
3. Produk c. Op verskillende maniere verander om nuwe
materiale of produkte met nuwe eienskappe te kry
4. Sement d. ‘n Produk uit klei en kalksteen wat verhard wanneer
dit met water gemeng word
5. Gips e. ‘n Wit poeier wat vinnig ‘n harde vaste stof raak
wanneer dit met water gemeng word
6. Mengsel f. ‘n Mengsel van sand, gruis, sement en water
7. Beton g. Om te meng of saam te voeg
1. Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae:
a. Kyk na figuur 7 op bl 91.
Wat is die verskil tussen die bakstene in A en B? (4)
Die modderstene is geërodeer, die kleistene is sterker en het hulle vorm behou.
c) Waarom dink jy is daar so ‘n verskil? (2)
Die modderstene is in die son uitgedroog en die kleibakstene is in ‘n oond
gebak.
Onderwerp 8: Verwerking van materiale
Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)
GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 20
2. Bestudeer die bostaande vloeidiagram.Verduidelik:
a. Watter grondstowwe gemeng word.
Sementpoeier, water, gruis.
b. Watter proses plaasvind.
Meng en stol.
c. Watter produk geskep word.
Beton.
d. Skryf oor die gebruike van die produk. (5)
Beton word gebruik om sterk strukture soos damme te bou of om plaveisel te
maak.
Sementpoeier + sand
+ water + gruismeng Beton
top related