sewe kruiswoorde van jesus - ngnelspruitsuid.co.zangnelspruitsuid.co.za/docs/sewe kruiswoorde van...
Post on 23-Jul-2018
219 Views
Preview:
TRANSCRIPT
2010
Jean Strydom
Weila-Marie Strydom
NG Nelspruit-Suid
Sewe kruiswoorde van Jesus
Jean Strydom
Medeskrywer
Weila-Marie Strydom
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 2
INHOUDSOPGAWE
1. Sewe kruiswoorde van Jesus p. 3
2. Vergifnis p. 7
3. Drie lesse van ‘n eenvoudige dief p. 14
4. Daar is u seun...Daar is jou moeder p. 22
5. Angskreet in die duisternis p. 27
6. Ek is dors p. 33
7. Die Oorwinningskreet! P. 39
8. In die veilige hande van my Vader p. 47
9. Ten slotte... p. 57
10. Bronnelys p. 59
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige
manier, meganies of elektronies, insluitende Cd- of bandopnames en fotokopiëring, sonder
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 3
die skriftelike toestemming van die outeur nie, behalwe redelike aanhalings vir navorsing- en
resensiedoeleindes.
SEWE KRUISWOORDE VAN JESUS
m gekruisig te word is sekerlik die mees vernederendste en
pynlikste dood wat daar is. Ek dink nie ons mense wat in die
21 eeu leef kan ooit die volle betekenis en die realiteit van so
‘n wrede dood begryp nie.
As ons na die verklarende woordeboek se beskrywing van die woord
“kruisig” of “crucify” gaan kyk, dan kan ons dalk so ‘n bietjie meer
begryp wat die daad werklik beteken:
“ It is an ancient method of painful execution, in which the
condemned person is tied or nailed to a large wooden cross.”
“ Being nailed or tied to an upright cross and left to hang until dead ”
“ An ordeal, terrible, especially malicious treatment imposed upon
someone ”
“ Death on a cross, terrible treatment ”
Die kruis van ons Here Jesus Christus vorm die hoeksteen van ons
Christelike geloof. Omdat Jesus vir ons sondes gesterf het, het God ons
sondes afgeskryf en verkry ons daardeur die Ewige lewe. Dit is tog wat
ons geloof van ander onderskei. Dit is nie iets wat ek self vermag het nie,
dit sou in elk geval nie menslik vir ons moontlik gewees het nie. Paulus
beklemtoon dit in Efesiërs 2:8-10. Sou jy kon sterf aan ‘n kruis vir elke
sondaar op aarde, terwyl jy eintlik die enigste een is wat nooit sonde
O
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 4
gedoen het nie? Haas onmoontlik! Sou jy kon sterf aan ‘n kruis selfs net
vir jou eie sondes…? Maar tog het Jesus geen weerstand gebied toe Hy
onskuldig verhoor, gevonnis en gekruisig is nie!
Gelukkig kyk ons vandag na ‘n leë kruis. Die sogenaamde oorname van
die Goeie deur die bose, word omgekeer deur die krag en almag van
God. Deur die triomf en opstanding van Jesus. Die kruis van Jesus, is
God se finale uitspraak oor die karakter en erge gevolge van menslike
sonde, wat reeds deur Adam en Eva in werking gestel is, maar ook die
wonder en opoffering van God se onvoorwaardelike liefde. Jesus is
gekruisig sodat ons deur Sy dood en opstanding ‘n persoonlike en
intieme verhouding met God kan hê en ons daardeur die krag van so
verhouding, in elke faset van ons lewe kan ervaar.
Aan die kruis hang Jesus, my en jou Verlosser en Redder. Daar is geen
plek heiliger, wat jy as mens ooit kan of sal kom nie. Die kruis is die plek
waar die Hemelse liefde en die Hemelse regverdigheid ontmoet, met
Jesus as die middelpunt. In die Bybel lees ons van Jesus se laaste
woorde wat Hy self hardop aan die kruis gespreek het. Daar is sewe
kruiswoorde opgeteken. Indien daar meer sou wees, sal ons dit nie
vandag weet nie. Omdat sewe God se perfekte getal is, sou ek sê die
sewe kruiswoorde is nogal betekenisvol.
Die getal sewe verteenwoordig algehele volledigheid en volmaaktheid.
Soos Jesus aan die kruis gehang het meer as 2000 jaar gelede, het Hy
sewe uitsprake gemaak.
Die sewe uitsprake dek van ons basiese menslike behoeftes en
eienskappe naamlik.
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 5
Uitgespreek tussen 09:00-12:00
1. Ons behoefte aan vergifnis ( om te gee en te ontvang )
Luk. 23:34 “...Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat
hulle doen nie!”
2. Ons wil graag versekering en sekuriteit hê.
Luk. 23:43 “...Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in
die paradys wees.”
3. Ons wil graag behoort.
Joh.19:27 “...Daar is u seun…Daar is jou moeder.”
Drie ure van totale stilte en duisternis (12:00-15:00)
Uitgespreek tussen 15:00-18:00
4. Ons behoefte aan ‘n intieme ouer-en-kind verhouding.
Matt.27:46 “...My God, My God, waarom het U My verlaat?”
5. Ons aardse honger en dors.
Joh.19:28 “...Ek is dors.”
6. Ons tekort aan deursettingsvermoë, ons vrees vir finaliteit en
afskeid, ons soeke na berusting en aanvaarding.
Joh.19:30 “...Dit is volbring!”
7. Om oor te beweeg van die aardse tydelike na die hemelse ewige.
Luk.23:46 “...Vader in U hande gee ek My gees oor.”
Die sewe kruiswoorde wys ons opnuut:
1. Die eenvoudige feit dat Jesus sy lewe vir ons geoffer het, als in Sy
eie en perfekte tyd
2. Die betekenis en belangrikheid van die spesifieke moment van
Jesus se dood
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 6
3. Die vertrouensverhouding tussen Jesus die Seun van die mens en
Sy hemelse Vader.
In die Bybelstudie-reeks gaan ons stilstaan by elkeen van die sewe
uitsprake of kruiswoorde van Jesus. Ons gaan kyk na die impak wat Sy
woorde daardie dag op Golgota gehad het, asook die invloed wat daardie
einste woorde vandag nog in elkeen van ons lewens het. Kom ontdek
opnuut die mees wonderbare en onselfsugtige liefdesdaad wat Jesus
Christus, vir elke mens op aarde kom doen het.
Notas:
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 7
Vergifnis
“ ...Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!“
Lukas 23:34
“When you forgive, you in no way change the past-but you sure do change the
future”
Bernard Meltzer
“The weak can never forgive. Forgiveness is the attribute of the strong.”
Ghandi
ader vergeef hulle...” sê Jesus. Ek wonder wie is dit na
wie Jesus hier verwys? Daar was so baie verskillende
groepe mense rondom die kruis. Naaste aan Hom sou
die wees, wat hom fisies aan die kruis vasgespyker het, die Romeinse
soldate. Geharde, wrede en uiters gedissiplineerde soldate. Maar heel
moontlik was hulle, die wat die minste skuld aan die kruisiging gehad het.
As hulle sou weier om die Romeinse Goewerneur se opdrag uit te voer,
sou hulle self tereggestel word. Die “hulle” waarna Jesus hier verwys,
sluit in die fariseërs en skrifgeleerdes wat Hom gehaat en verag het. Die
priesters wat Hom met silwerstukke uitverkoop het. Die verraaier wat
Hom uitgelewer het. Die skare wat geskreeu het: “ Kruisig hom!” en so
ook Pilatus in sy paleis, wat sy gewete probeer sus het deur iemand
anders die skuld vir die tragiese gebeure te gee.
Maar tog strek die groepe selfs verder na sy dissipels. Sy vertrouelinge
wat vir bykans 3 jaar, pal aan Jesus se sy was. Het enige van hulle ‘n
“ V
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 8
vinger verroer om die wrede daad stop te sit? Hulle was wel daar, maar
op ‘n veilige en onbereikbare afstand. Wat vertel dit alles vir ons?
Al die groepe was of aktief of passief besig om Jesus te kruisig – hulle
was elkeen skuldig. Maar tog bly hulle net verteenwoordigers van ‘n baie
groter groep, verantwoordelik vir die kruisiging. Die boodskap van die
Bybel is dat dit die sonde van die wêreld was wat Jesus gekruisig het. “
hulle weet nie wat hulle doen nie…” Hulle? Sou dit nie meer gepas wees
deur te sê: “Vader vergeef ons, want ons weet nie wat ons doen nie…”
Die mensdom is so verblind deur die bose en hulle eie selfregverdiging
en oortuigings, dat hulle vyandig en geweldadig gereageer het op die
heiligheid van God, soos gesien deur Jesus.
Die wonder van die eerste van die sewe kruiswoorde is, dat daar
vergifnis is. Vergifnis vir die dissipels wat die nag ingevlug het toe Jesus
hulle die nodigste gehad het. Vergifnis vir die wat Hom tot ‘n kruisdood
gevonnis het. Vir die soldate wat die spykers deur sy palms gekap het.
Vergifnis vir elke mens wat al ooit gesondig of iets verkeerd gedoen het.
Vergifnis vir selfs die mense wat my en jou so seermaak of seergemaak
het.
Vergifnis was nog altyd ‘n belangrike kenmerk van ons Christelike geloof
– soos gedemonstreer deur die Seun van die Mens, Jesus. Hy het nie
aan Homself gedink nie, maar aan die ander. Hy was nie vasgevang in
Sy eie pyn nie, maar het hom steeds bemoei met ons sondes en ons
kwytskelding. Hy maak nooit enige dreigemente nie, maar bid ‘n nederige
gebed tot God, waar Hy namens ons om vergifnis vra.
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 9
Die kruis op Golgota is ‘n simbool van “dubbele vergifnis.” Die regop
paal simboliseer God se vergifnis aan ons (vertikale dimensie) en die
dwarsbalk simboliseer ons vergifnis aan mekaar. Met Jesus as die
middelpunt.
As Hy aan die kruis uitroep “Vader vergeef hulle…” sê Hy eintlik aan ons
“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe
hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings
vergewe.” (Mark 11:25)
Maar wat bedoel Jesus nou eintlik met vergifnis? Drie Griekse woorde
word gewoonlik gebruik om vergifnis te definieer:
1. Charizomai - In die eerste plek moet ons ‘n gesindheid van liefde
en genade hê, soos gesien in Ef. 4:32
2. - Met die tweede woord, word vergifnis beskryf as die
vryspraak wat ek aan iemand verleen, t.o.v. iets wat hy of sy aan
my verskuldig is. (Luk. 6:37)
3. - In die derde plek word vergifnis letterlik beskryf as: om
los te maak, weg te werp. Jouself van iets te bevry. (Mark. 11:25)
Om vergifnis te gee is ‘n daad van liefde. Dit kan nie deur ‘n mens vereis
of verwag word nie. Maar tog verwag God dit van ons. Nie as ‘n daad
van verdienste nie, maar as deel van jou antwoord op sy liefde wat hy
deur Jesus aan jou bewys het. Liefde vir God kan nie maar net met mooi
woorde afgehandel word nie. Dit moet ook bewys word. Daar is geen
daad wat liefde so volkome bewys, as die daad van opregte vergifnis
nie. Het jy vir God so lief, soos hy jou liefhet? Sal jy jou lewe opoffer, ter
wille van jou mede sondige aardsbewoners?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 10
Ek wonder wat sal gebeur as ons regtig begin besef hoe wyd en ver en
hoog en diep die liefde van Christus strek? (Rom. 8:35-39)
Kom ons doen dit, kom ons leef naby God en kom ons leef naby mense.
Kom ons leef soos ons bid… Vergeef ons, ons skulde soos ons dié
vergewe wat teen ons verkeerd doen.
Notas:
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 11
Gebed
Almagtige en vriendelike Here Jesus,
soos ek U gereeld vra om my vriende te seën
vra ek nou dieselfde vir hulle wat nie my vriende is nie.
Want U het ons geleer om vir ons vyande te bid…
As U in my hart die begeerte sou skep om goeie dinge
vir my vyande te vra – gee dit dan vir hulle.
Maar as ek dinge vra wat buite U liefdesplan val,
dinge wat ek uit swakheid, onkunde of wrewel
vir hulle toebid, moenie my gebed verhoor nie!
Here, U is die ware lig; verlig dan hulle duisternis.
U is die waarheid; vergewe hulle leuens.
U is die lewe; rig hulle op, uit die geestelike dood.
U is die woord wat mens geword het;
gee die lewe terug aan hulle leë lewens…
Ek is ‘n slaaf van sonde, Here,
en as ek bid om U vergifnis vir myself,
dan moet ek dit ook vra vir hulle, my medeslawe.
Bring ons tot versoening met U, en met mekaar.
Amen
Anselmus (11 de eeu)
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 12
Besprekingsvrae vir groepe:
1. Hierdie eerste kruiswoord van Jesus kon nie maklik gewees het
nie. Hier is liefde en geduld ter sprake, meer as wat ons besef.
Liefde en geduld teenoor diegene wat Hom seermaak. Elkeen van
ons het ook al op een of ander stadium in die lewe seergekry.
Watter tipe wonde maak volgens jou die seerste?
2. Watter van fisiese en emosionele “wonde” het Jesus ervaar?
3. In watter mate besorg ons Jesus vandag ook pyn?
4. Soms wil ons wraak neem teenoor diegene wat ons seergemaak
het. Mense sê altyd “wraak is soet.” Hoe sal jy wraak beskryf?
5. Dink jy dis die moeite werd om wraak te neem? Motiveer.
6. Hoe kan ons, ons begeerte na wraak te bowe kom?
7. Hoekom maak wraak die een wat dit soek seerder as die een op
wie dit gemik is?
8. Dink jy as jy aan die kruis gehang het sou jy hierdie selfde woorde
as Jesus kon uiter, selfs al was jy onskuldig?
9. Wat dink jy sou meeste mense kwytraak?
10. As ander mense jou seergemaak het, dan is dit soms moeilik om
die gebeure te verklaar en dan vra ons of daar regtig ‘n God van
liefde is. Gesels oor hierdie verskynsel en die gevaar daarvan in
die lewe van Christene.
11. Wanneer Jesus bid, “vergeef hulle”, wat dink jy bedoel Hy regtig
daarmee?
12. Watter sin het dit gehad dat Jesus gebid het vir mense vir wie sy
verlossingswerk in elk geval nie waarde het nie?
13. Wat dink jy is die implikasie van Jesus se woorde vir ons vandag?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 13
14. Wat dink jy word bedoel met die woorde : “Hulle weet nie wat
hulle doen nie”?
15. Toe Stefanus gestenig is, het hy byna dieselfde woorde gesê as
sommige van Jesus se woorde in soortgelyke omstandighede.
Lees Handelinge 6:18-15 en 7:54-8:1. Watter ooreenstemmings
is daar tussen Jesus en Stefanus se geaardhede en hoe het hulle
sterwenswoorde die mense om hulle geraak?
16. Waarom is dit vir jou moeilik om te vergewe as iemand iets teen
jou gedoen het?
17. Watter raad kan jy vir iemand gee wat sukkel met vergifnis?
18. Hoekom is dit vir die mensdom so moeilik om te vergewe?
19. “...want hulle weet nie wat hulle doen nie...”
a. Dink jy dit is makliker om te vergewe as jy hierdie woorde in
ag neem?
b. Hoe baie keer vind jy dat mense nie altyd bewus is wat hulle
aan ander mense doen nie?
c. Maak die feit dat God jou sondes vergewe dit enigsins
makliker om ander te vergewe?
d. Hoekom dink jy sê Jesus “Vader vergeef hulle” en nie “Ek
vergewe julle” nie?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 14
Drie lesse van ‘n eenvoudige dief!
“ ...Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys
wees”
Luk. 23:43
“The hardest of all is learning to be a well of affection, and not a fountain. To
show them we love them not when we feel like it, but when they do.”
Nan Fairbrother
aar is verskeie debatte tussen teoloë en bybelkundiges oor
hoekom Jesus tussen twee diewe aan die kruis gehang is.
Aangesien Jesus in Barabbas se plek gekruisig is, kon dit
Pilatus se manier gewees het om te sê : as ons dit dan doen, dan doen
ons dit ordentlik!
Ander sê weer dis die Joodse beamptes wat ‘n voorbeeld van Jesus wou
maak, vir die wat hulle weer durf verontagsaam! Of dit kan ook die
Romeinse offisiere wees wat so besluit het, aangesien Jesus tog in elk
geval die ernstigste van die drie misdade gepleeg het!
As ons Luk. 23:39-42 lees, dan sien ons hoe Jesus blootgestel is aan
die vernedering en spot van die twee diewe. Dit moes bitter moeilik
gewees het. Hier was Hy, heilig, rein en sondelose Seun van God,
bespot en verkleineer deur eenvoudige kriminele.
In Matteus lees ons dat beide die mans aanvanklik vir Jesus gespot het.
Maar iets het met een van hulle gebeur…
D
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 15
In die eerste plek het hy heelwaarskynlik die geskryf bo Jesus se kop
gelees. “ Dit is Jesus, die Koning van die Jode.” Onthou die Joodse
leiers het baie protes aangeteken en wou die woorde verander na: “ Dit
is Jesus, die man wat beweer Hy is die Koning van die Jode.” Maar
Pilatus het sy besluit geneem en weereens kon dit deel gevorm het van
God se plan. So sekerlik het die dief hieroor nagedink, toe hy dit gelees
het.
In die tweede plek het die man gesien hoe Jesus gereageer het
gedurende die hele situasie. Hy het verseker ook Jesus se gebed tot sy
Vader gehoor. Die gebed waar Jesus om vergifnis vra vir die wat Hom
sou kruisig. Dis toe dat die man besef dat die Jesus Christus meer as
net ‘n gewone man is.
As daar al ooit ‘n gepaste sterfbedbekering was, dan was dit die een.
Die dief het bloot om genade gevra, en Jesus het hom gehoor en ook
beantwoord. Die dief hoef niks meer te gedoen het nie. Hy sou nie vir dit
moes werk nie, hy kon dit nie verdien nie. Hy sou ook geen spesiale
gebed vir die genade moes doen nie. Al wat die dief moes doen om God
se genade te ontvang, was om te glo in Sy Seun, Jesus Christus.
Daar is drie lesse wat ons kan leer uit die skrifgedeelte:
1. Niemand is ooit te ver weg van God se liefde, genade en redding
nie. Solank hulle asemhaal is daar nog hoop. Die man wat langs
Jesus gehang het was ‘n dief, ‘n moordenaar en wie weet wat nog
alles? Die apostel Paulus het Christene tereggestel en vermoor.
Petrus het Jesus drie keer verraai en tog red God elkeen van
hulle. En God kan jou ook red . Dit maak nie saak wat jy in jou
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 16
lewe gedoen het nie of wie jy is nie, Jesus het gekom om sondaars
te red! Elkeen van ons!
2. Al wat God van ons vra, is geloof in sy Seun. Ons kan nie
vryspraak verdien deur goeie dade nie. Ons kan in elk geval nooit
genoeg goeie dade doen om dit te verdien nie! Ons kan dit
verseker ook nie koop nie!
3. Ons moet nooit God se bereidwilligheid om ons dadelik en vir ewig
deel te maak van Sy familie, in twyfel trek nie. Jesus het vir die dief
gesê “vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Wanneer
jy Jesus as jou Verlosser en Saligmaker aanneem word jy
onmiddellik vergewe, aanvaar en is jy reguit oppad hemel toe.
Jesus sê tog in Joh. 14:6: “Ek is die weg en die waarheid en die
lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Geen
rituele of spesiale versoeke is nodig nie, net eenvoudige geloof in
die Seun van God!
As ons kyk na die misdadiger en Jesus se gesprek dan kan ‘n mens nie
anders as om te dink aan die woorde wat Paulus geskryf het in Ef. 3:20-
21 nie. “...meer as wat ons ooit kan bid of dink...” Die man vra vir ‘n
seëning wat toekomsgerig is. “...dink aan my wanneer U in U koninkryk
kom...” Jesus se belofte aan hom is egter meer op die onmiddellike
“vandag.”
Hy vra net om onthou te word, dis al wat hy waarskynlik moed voor
gehad het. Jesus gee hom egter die versekering dat hy saam met Hom
in die paradys sal wees. Hierdie man het waarskynlik al gehoor van die
paradys maar besef dat hy nie daar sal kan wees nie, as gevolg van sy
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 17
lewensstyl, dis hoekom hy slegs vir Jesus vra dat bloot net die gedagte
aan hom as Hy in die paradys is sal voldoende wees. Jesus gee uit
genade vir hom dit wat hy nooit gedink het hy sal ontvang nie...’n lewe
saam met die Koning in die paradys. Paradys en hemel verwys na
dieselfde plek. Dit is waar God in sy volheid teenwoordig is. Dis ook die
plek (hemel) waar ons almal wil wees as ons, ons laaste asem op aarde
uitblaas.
Dit bly jou keuse om te glo of om nie te glo nie en jy het net die een lewe
om daardie keuse te maak. Want na hierdie lewe kom die oordeel. Wees
versigtig om nie lank die genade en vryspraak van die Vader oor die
hoof te sien nie, geen mens weet wat die toekoms en selfs die volgende
uur vir jou inhou nie. Jy mag ‘n lewe lei soortgelyk aan die van die dief of
selfs erger. Jy mag ‘n ordentlike en gerespekteerde lewe lei maar dit
maak hoegenaamd nie saak nie. Ons het gesondig en skiet ver te kort
van die heerlikheid van God, maar ons almal kan skoongewas word deur
Jesus se bloed.
Hou wel in gedagte dat die 70, 80 of 90 jaar wat jy op aarde leef, niks is
in vergelyking met die ewigheid nie. Die ewigheid is nie net ‘n baie lang
tyd nie, dit is soos ons dit sê, vir ewig en ewig!
Kom ons veronderstel ‘n voël kan tot by die son vlieg. Dit sou die voël
etlike honderde duisende jare vat om die son te bereik. Kom ons sê die
voël tel elke keer een korreltjie sand op en vlieg daarmee son toe. Die
tyd wat dit die voël sou neem om al die sandkorrels op die aarde na die
son te vervoer is nie eers ‘n druppel in die emmer van ewigheid nie.
Neem vandag vir Jesus aan of bevestig weer opnuut jou geloof in Hom.
Is jy vandag en op die oomblik gereed om die ewigheid binne te gaan?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 18
Weet dan verseker dat jy gered is, dat jou sondes onvoorwaardelik
vergeef is. Jy kan vrede met God hê! Sodat wanneer jy die ewigheid
ingaan, jy verseker kan wees van jou eindbestemming!
Notas:
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 19
GEBED
Almagtige en Genadige Vader,
ek wil vandag kom dankie sê.
Dankie dat U altyd naby is,
dankie dat U altyd vergewe ten spyte van
wie ek is...was, doen...gedoen het.
Dankie dat U my vryspreek
onvoorwaardelik en volkome.
Vader ek kom bid vandag,
maak my geloof sterk en standvastig
diep en stewig geanker.
Help my om elke dag te onthou,
hoe duur die prys was, wat
U vir my betaal het…
Al is my dae hier op aarde beperk
help my om die meeste daarvan te maak.
Ek bely vandag...nou, opnuut
U is waarlik die Seun van God,
wat vir my en elke mens op aarde
aan ‘n kruishout kom sterf het!
Dankie dat U my...ons, so lief gehad het….
Amen
(Weila-Marie Strydom)
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 20
Besprekingsvrae vir groepe:
1. Vanuit die kruiswoorde aan die misdadiger kan ons aflei dat Jesus
die individu as baie belangrik ag. Hy het nie net die groot prentjie
in gedagte gehad terwyl Hy aan die kruis gehang het nie, maar
ook die belange van die individu in ag geneem.
a. In watter mate word die mens vandag as individu beskou of
verdwyn ons in die massas?
b. Hoe sou jy sê klassifiseer ons iemand as ‘n “suksesvolle
mens”? Tot watter mate laat ons, ons lei deur die
samelewing se opinies?
c. Hoe dink jy word die samelewing se persepsie gevorm ten
einde iemand as “suksesvol” te klassifiseer?
d. Kyk weer na Psalm 139 en Psalm 8 en gesels oor die
waarde van die mens vanuit ‘n Bybelse perspektief.
2. Hoe dink jy skakel die eerste en die tweede kruiswoord in mekaar,
indien enigsins?
3. Jesus begin die tweede kruiswoord met ‘n sterk uitdrukking: “Ek
verseker jou.” In die Griekse teks word dit vertaal met die woordjie
“amen.” Wat volgens jou lê opgesluit in hierdie uitdrukking van
Jesus? Hoekom stel Hy dit so sterk?
4. Watter waarborg het ons dat as ons in Christus glo dat ons ook
hemel toe sal gaan?
5. Dink jy daar is mense wat aanhou uitstel om hulle lewens vir Jesus
oor te gee?
6. Wat is verkeerd daarmee om jou lewe as sondige mens te lewe en
dan op jou sterfbed tot bekering te kom?
7. Wat keer dat mense nie hulle lewe aan Jesus oorgee nie?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 21
8. Hoe laat dit jou voel as jy agterkom dat Jesus eintlik veel meer vir
die misdadiger gegee het as wat hy gevra of verwag het hy sal
ontvang?
9. Die hemel is ‘n plek waar God in sy volheid teenwoordig is.
a. Hoe laat dit jou voel om te weet dat as jy jou lewe aan Jesus
oorgegee het jy ook oppad hemel toe is?
b. Hoe beïnvloed die feit dat jy ‘n “hemelse koningskind” is jou
lewe op aarde?
10. Geloofsekerheid is die wete dat ek verseker weet dat ek hemel
toe gaan. Die versekering vanuit die Woord is slegs geloof in
Jesus as jou persoonlike Verlosser (Joh. 3:16, Joh. 1:12, 1 Joh.
5:12). Jou dade bring jou dus nie in die hemel nie, maar is slegs
‘n refleksie op jou verhouding met die lewende God.
a. Wat dink jy van hierdie standpunt?
b. Is daar mense wat dit verkeerd verstaan?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 22
Daar is u seun...Daar is jou moeder
“...Daar is u seun...Daar is jou moeder...”
Joh. 19:26-27
“A mother’s love is patient and forgiving when all others are forsaking, it never
fails or falters, even though the heart is breaking”
Helen Rice
lkeen van ons het al afskeid geneem op die een of ander
manier. ‘n Klein kindjie wat die eerste keer dagsorg of
kleuterskool toe gaan, ‘n man of vrou wat op ‘n sakereis gaan.
As jy by iemand gaan kuier het. Totsiens sê is nou maar eenmaal deel
van ons bestaan en dis nie altyd lekker om dit te doen nie. Saam met die
woordjie totsiens is daar baie keer trane en sakdoeke asook woorde
soos “laat weet hoe dit gaan”, “stuur e-pos”, “ek gaan jou mis.”
‘n Bebloede en duidelik verswakte Jesus hang aan die kruis.
Omstanders gaap Hom aan, sommige kyk met veragting en ander met
heimwee. Maria en haar omstanders was vol heimwee. Herinneringe het
ver teruggegaan na hoe hul en Jesus se paaie gekruis het. Die
gesprekke wat hulle gehad het die wonderwerke wat hy gedoen het, die
wyse waarop Hy ander hanteer het. Almal het geweet dat die lewe nooit
weer dieselfde sal wees sonder Jesus nie. Maria, ‘n ma wat haar oudste
seun aan die kruishout sien hang, nooit het sy haarself dit ingedink nie.
Sy het geweet hy is spesiaal, maar sjoe, hierdie maak seer. Hierdie
totsiens sê is nie maklik nie.
E
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 23
Maria was egter nie die eerste persoon wat geroep is om ter wille van
die koninkryk afstand te doen van ‘n geliefde nie. Josef is geroep om as
slaaf in Egipte te gaan werk. Jona is geroep om ‘n vreemdeling in
Nineve te wees. Hanna het haar eersgebore seun weggestuur om in die
tempel te gaan diens doen. Daniël is van Jerusalem na Babilon.
Abraham is gestuur om sy eie seun te offer en Paulus moes van sy
erfenis afstand doen. Die Bybel is vol vaarweltrane en hierdie een aan
die voet van die kruis was nie makliker nie.
Ten spyte daarvan dat Jesus aan die kruis hang, het Hy steeds tyd om
aan sy geliefde ma aandag te gee. Dit moes vir Hom ook moeilik
gewees het om te sien hoe swaar sy ma kry, die hartseer op haar gesig
wat boekdele spreek. Langs haar staan Jesus se beste vriend,
Johannes. Meteens spreek Jesus die woorde: ”Vrou, daar is u seun”. Dis
vreemd vir ons dat Jesus sy ma aanspreek as vrou, maar dit het ook al
voorheen gebeur by die troue in Kanaän. Hy het hier gepoog om die
klem te verskuif van Hom as aardse mens na Here en Verlosser. Hy wil
dat sy begin verbykyk na Hom as bloot net haar seun. Dit sou van die
pyn wat sy ervaar verlig. Sy moet Hom dus nie net beskou as haar seun
wat aan die kruishout hang nie, maar ook haar Verlosser. Jesus gee sy
moeder oor aan die sorg van Johannes, want hy weet dat hy goed na
haar sou omsien en dat hulle beide in Hom glo as Verlosser. Jesus se
eie familie het nie op daardie stadium in Hom geglo as Verlosser nie. Hy
plaas ook die plig op Johannes met die woorde: “Daar is jou moeder”,
om vir Maria te sorg soos ‘n seun vir sy moeder gesorg het. Dit word
aanvaar dat Josef, Maria se man, gesterf het reeds voordat Jesus se
openbare optrede begin het.
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 24
Tradisie vertel dat Jesus se ma hierna nog vir 12 jaar by Johannes gebly
het. Eers nadat Maria gesterf het, het Johannes op sy sendingreise
gegaan.
Hierdie woorde van Jesus strek verder as blote versorging van een
persoon aan ‘n ander. As ons mooi daaroor nadink was dit ook die
“geboorte van die familie van Christus” Jesus het dit duidelik gemaak
tydens sy aardse bediening dat diegene wat in God glo almal broers en
susters is. Almal wat in God glo vorm deel van hierdie familie en is
broers en susters, vaders en moeders van mekaar. Ons is tot vandag
toe verbind aan mekaar deur die woorde wat aan die voet van die kruis
aangehoor en toegepas is. Selfs vandag nog moet ons as gelowiges na
mekaar omsien en funksioneer ons as die liggaam van Christus. Ons is
geestelik as familie verbind. Kerk-wees is om werklik ‘n gemeenskap van
gelowiges te wees. Jesus vra dit van ons om liefde teenoor ander uit te
leef.
Notas:
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 25
Gebed
My hemelse en Ewige Vader,
dankie dat U my die kosbare lewenslig
laat aanskou het.
Dankie dat U my die voorreg gee,
om te kan leef, om te kan wees.
Vader, dankie vir so baie broers
en susters in die geloof.
Dankie dat ons op mekaar kan vertrou
en mekaar kan ondersteun.
Help my Vader om altyd beskikbaar te wees,
wanneer U my roep.
Om altyd bereid te wees,
om U goeie werk hier op aarde voort te sit.
Dankie dat U in my glo en,
vir U belofte om die goeie werk
wat u reeds in my begin het.
End uit te sien.
Ek gee myself vir U vandag
en elke dag wat ek op aarde oor het.
Vorm my en maak my na U wil.
In Jesus naam…
Amen
(Weila-Marie Strydom)
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 26
Besprekingsvrae vir groepe:
1. Weet jy van iemand wat al die keuse moes maak tussen familie en
vriende en om in ‘n verhouding te staan met God?
a. Hoe moeilik of maklik dink jy is dit om ‘n keuse vir Christus
te maak.
b. Dink jy baie mense kies maar eerder hulle familie en vriende
eerder as ‘n intieme verhouding met die Vader?
2. Hoekom dink jy persoonlik het Jesus hierdie woorde geuiter aan
die kruis?
3. Dink jy daar moet ‘n balans wees tussen jou geloofslewe en
verantwoordelikheid teenoor familie en vriende?
4. Hoewel die aanspreekvorm wat Jesus teenoor sy ma gebruik het
(vrou), vir ons baie kras klink, was dit tog belaai met baie
betekenis en liefde. Wat beteken dit vir jou?
5. Het Jesus se rol verander van voor en na sy kruisiging en in watter
opsig?
6. Wat was Maria, Jesus se moeder se rol voor en na sy kruisiging?
7. Jesus het tyd aan die kruis gemaak vir sy moeder. Dink jy mense
maak vandag tyd vir mekaar ten spyte van omstandighede?
8. Watter eienskappe moes by Johannes teenwoordig wees sodat
Jesus hom uitkies bo die ander dissipels om vir Maria te sorg.
9. Lees Matt 6:33 en bespreek dit in die lig van jou prioriteite ten
opsigte van jou gesinslewe.
10. Hierdie woorde was “die geboorte van die familie van Christus.”
Gesels bietjie hieroor.
11. Hoe kan ons as gemeentelede prakties by mekaar betrokke raak
in die lig van Jesus se opdrag aan Johannes en Maria?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 27
ANGSKREET IN DIE DUISTERNIS…
“...my God, my God, waarom het U my verlaat?”
Matt. 27:46
“If you are not as close to God as you used to be, who moved?”
Onbekend
esus het 3 keer gepraat gedurende Sy eerste 3 ure aan die kruis.
Eerstens het Hy gebid vir die wat Hom gekruisig het. “Vader
vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Daarna het
Hy met die dief aan sy, sy gepraat. Die dief se laaste gebed was: “Vader
dink aan my, wanneer u Heer in U ryk kom.”
Jesus antwoord toe: “Dit verseker Ek jou. Vandag sal jy saam met My in
die paradys wees.”
Die derde keer het Hy liefdevol na Sy moeder verwys. Ons lees in
Johannes “Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief
was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy
vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die
dissipel haar in sy huis geneem.” (Joh. 19:26-27)
Toe na 3 ure aan die kruis het iets vreemds gebeur. Die Bybel verwys
daarna; “Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom en
dit het tot drie-uur geduur.” (Matt. 27:45). Dit sou dus van 12:00 tot 15:00
wees. Dit was ‘n gitswart duisternis. ‘n Misterieuse duisternis. ‘n
Vreesaanjaende duisternis. ‘n Onverklaarbare duisternis…
J
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 28
“Dit moet ‘n sonsverduistering wees” het iemand onseker gesê. “ Miskien
is daar ‘n storm oppad?” het ‘n ander gevra. “Miskien is dit ‘n stofstorm”
antwoord ‘n ander persoon. Maar daar was geen stof in die lug nie.
Steeds was dit pikdonker. Totale duisternis in die middel van die dag!
Wanneer die son eintlik op sy helderste behoort te skyn. Hoe kan dit
wees?
“ Ek is bang…” roep ‘n vrou en begin huil. Die enigste geluid wat vanaf
die kruis gehoor kon word, was ons God en die twee diewe se dappere
poging om asem te haal. Die skare was doodstil. So daar was algehele
duisternis en stilte. Ons lees reeds in Amos 8:9 “Daardie dag, sê die
Here my God, laat ek die son helder oordag ondergaan, maak Ek dit
donker op aarde terwyl dit nog ligdag is.”
Skielik na die drie lang, onsekere en uitmergelende ure van duisternis,
breek Jesus die stilte. Meteens… ‘n angsvolle en vreesaanjaende kreet
wat soos ‘n mes deur die stilte sny. “Eli, Eli, lema sabagtani?” “My God,
My God, waarom het U my verlaat?” Dit was nie ‘n aanval teen God nie,
maar bloot ‘n vraag aan God. Op daardie oomblik was Jesus alleen, so
alleen as wat ‘n mens ooit kan wees. Jesus het op daardie oomblik
geweet hoe dit voel om in die steek gelaat te word. Sy familie het hom
alleen gelos, sy dissipels het gevlug en nou het God hom ook verlaat. Vir
Jesus wat in so ‘n intieme verhouding met sy Vader geleef het, was dit
die hardste slag van almal. God, sy Vader het hom verlaat! (Joh. 14:1-
14)
Vandag kyk ons na die groot vraag wat ons almal al ervaar het of juis
vandag ervaar. ‘n Vraag vol pyn, seerkry, spyt, frustrasie en dalk ook
hopeloosheid. Dit is die vraag “ Hoekom.” Hoekom het ek so seer, en
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 29
voel ek so bitter alleen. Hartseer is heel moontlik die enigste gemene
faktor wat elke mens op aarde ervaar. Selfs die wat nog altyd naby aan
die Vader leef wonder soms oor Sy weë. Hoekom Hy sekere dinge
toelaat. Ons probeer dikwels om ons pyn en hartseer weg te steek. Ons
dink dat dit verkeerd is om soms hoekom te vra. Ons koester dus ‘n
oppervlakkige geloof, deur nooit eerlik voor God te staan nie. Hoekom
nie? Hy ken tog in elk geval jou hart. Jesus voel verlate. Wat het Hy
regtig bedoel toe Hy die woorde uitgeroep het?
Hoekom het God sy teenwoordigheid van Jesus weggeneem juis in Sy
donkerste oomblik? Kom ons gebruik ons verbeelding en dink aan Jesus
wat reeds gesterf het, uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar
het. Dink aan Jesus wat nou voor sy Vader in die hemel staan, en vir
Hom vra: “Vader, Ek is so dankbaar dat U deur My kon werk. U het die
glorie en die fokus na U terug geskuif. Die wêreld kan nou sien dat U
perfek, genadiglik en liefdevol is. Maar nou dink ek terug aan daardie
verskriklike vraag wat ek U gevra het. Ek het na U geroep, soos ‘n kind
na sy pa en ek het so bitter alleen gevoel! Waar was U? Hoekom het U
nie met My gepraat soos altyd nie. Waar was U toe ek U die nodigste
gehad het? Hoekom kon ek nie U teenwoordigheid voel nie?”
En dan sou die Vader antwoord: “My Seun, Ek het jou so lief! Jy het nou
in die skoene gestaan van elke mens wat nog ooit geskape is of
geskape gaan word. Jy was alleen. Jy het nou die bittere smaak van
sonde geproe – skeiding tussen Jou en My. Jy het dit gevoel en dit was
baie seer. Jy weet nou hoe dit is om verlore te voel. En elke mens op
aarde wat seer het, van die eerste tot die laaste kan nou na Jou draai vir
krag en genade. En Jy kan hulle in jou arms neem en sê “ek verstaan…”
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 30
As jy vandag seer het. Of as jy voel asof God jou verlaat het. m.a.w.
verwerp, vergete of weggegooi voel, is daar vir jou ‘n troos. Jesus was
ook daar. Hy weet presies waardeur jy gaan en in watter diep, donker
gat jy jou bevind. En Hy is daar saam met jou. Jesus kan simpatiseer
met jou swakheid, want Hy het presies dieselfde gevoel. En dalk het Hy
dit oorweeg om eerder sy rug op die Vader te draai, aangesien Hy
gevoel het die Vader het sy rug op Hom gekeer, maar Hy het nie. So Hy
ken die versoekinge waaraan ons elkeen blootgestel word, wanneer die
lewe sy donkerkant vir ons wys. Jy kan vandag met sekerheid glo dat
God nie sy rug op jou draai nie. Hy sal jou nooit verlaat, vergeet of
weggooi as jou hart stukkend is nie. Dit is reg om soms seer en verstote
te voel - want ons is dit almal op een of ander stadium. Selfs Jesus ook!
So neem vandag die belofte van God soos in 1 Pet. 1:6-7 aan: “Verheug
julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak
word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof
getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat
vergaan...”
1 Kor. 15:57 – “Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee
deur ons Here Jesus Christus.”
Weet verseker vandag dat jy nooit alleen is nie, al is dit doodstil en
pikdonker in jou wêreld. En moet nooit dink dat ons God nie jou pyn
verstaan nie, Hy ken dit asof dit sy eie is.
“sometimes a shadow, dark and cold, lays like a mist across the road.
But be encouraged by the sight – where there’s a shadow… there’s a
light!”
“ The Road to Zion “
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 31
MY REDDING
Donker is my hart vanaand
Geen lig, geen liefde, geen lewe
Is daar nog hoop? Bid ek…
Is daar tog genade? Smeek ek…
Suutjies trap
Versigtig
Stadig
Beplan elke tree, elke besluit
Want een verkeerde afdraai
En my hart se vlammetjie
Doof vir ewig uit….
Meteens verskyn ‘n Lig…welkom
Maak U tuis hier in my duisternis
Opeens mars ek vooruit
Sonder berou
My pad lê wyd en uitgestrek
SY liefde, SY lig, in my lewe
Daar is tog hoop! Juig ek…..
daar was nog altyd genade! Jubel ek….
Ek het gesoek en tog is ek gevind
My lewe, my hart, my liefde gee ek
Want die een laaste afdraai
Laat my vlam brand, hoog en sterk
Dankie God my Vader
Vir hierdie Wonderwerk…
(Weila-Marie Strydom)
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 32
Besprekingsvrae vir groepe:
1. Gesels oor die volgende aanhaling: “If you are not as close to
God as you used to be, who moved?”
2. Was daar dalk ‘n tyd in jou lewe wat jy verlate gevoel het. Deel
dit met die groep.
3. Wat dink jy was alles opgesluit in Jesus se vraag?
4. Dink jy Jesus het geweet Hy sou so voel aan die kruis?
5. Hoekom het God sy teenwoordigheid weggeneem juis in Jesus
se donkerste oomblik?
6. Gesels oor die volgende aanhaling: “sometimes a shadow, dark
and cold, lays like a mist across the road. But be encouraged by
the sight – where there’s a shadow… there’s a light!”
7. Die getal 3 speel ‘n groot rol in die Bybel. Gesels oor waar dit
oral voorkom en dan ook hoekom juis drie ure van donkerte.
8. Wat dink jy het deur Jesus se gedagtes gegaan toe Hy
verlatenheid ervaar het?
9. Wat dink jy lê alles opgesluit in die waarom vraag van Jesus?
10. Is daar ‘n verskil tussen Jesus se waarom vraag en ons s’n?
11. Mense sê baie keer “Jesus is the answer”. Pas hierdie sêding
enigsins by hierdie kruiswoord van Jesus?
12. Was die verlatenheid wat Jesus ervaar het, bloot net ‘n emosie
of dink jy God het Hom fisies verlaat?
13. Waarom het God vir Jesus verlaat? (Jes. 53:4-5)
14. Hoekom was dit vir Jesus belangrik dat hy ‘n ruk lank heeltemal
van God geskei moes wees?
15. Watter voordeel het die feit dat Jesus verlate gevoel het vir
ons?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 33
16. Kan ons deur God verlaat word? (Vgl. Rom. 8:31vv)
17. Dink jy verlatenheid en eensaamheid is dieselfde?
18. Ken jy of is jy bewus van mense wat eensaam en verlate voel?
Wat doen jy as Christen om die lewe vir hulle toestand te verlig?
19. Kan jy jou groter pyn en eensaamheid voorstel as wat Jesus
verduur het?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 34
Ek is dors
“…Ek is dors”
Joh. 19:28
“Our lives are the only meaningful expression of what we believe and in whom
we believe. And the only real wealth for any of us, lies in our faith”
Gordon B Hinckley
k is dors”, so ‘n eenvoudige, alledaagse sêding. Hoeveel
keer het jy nie al die woorde geuiter nie. Hoeveel keer het
jou kinders nie al na jou toe gekom met hierdie einste
sinnetjie nie? Dit is ‘n basiese behoefte van die menslike liggaam. Dit is
iets wat ‘n mens nie beheer oor het nie en nie kan aan en af sit nie. Dit is
bloot hoe ons geskape is. Kenners meen dat die menslike liggaam twee
liter water per dag benodig vir optimale funksionering. Aangesien die
liggame uit ongeveer 70% water bestaan, is dit ook die eerste
noodsaaklikheid, waarsonder ‘n mens definitief en baie vinnig sal sterf.
Hoe interessant dat Jesus nie eerste sê dat Hy honger is nie, maar dors.
Jesus het ook tydens sy aardse bediening verwys na die “lewende
water” wat elke mens moet drink. Dus gebruik hy die basiese
lewensbron, naamlik water, om ook ons geestelike nood onder ons
aandag te bring (Vgl. Joh. 4).
In die Evangelie van Johannes word daar somtyds met ander oë na die
kruistoneel gekyk. Johannes was die laaste evangelie wat geskryf is. Dis
ongeveer in 100NC geskryf. In die tyd wat hy waarskynlik besig was om
“E
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 35
die evangelie te skryf het die gnostici hulle kop uitgesteek. Die filosofie
of beweging was bekend daarvoor dat hulle gesê het, die vlees is swak
en sleg en slegs die gees van die mens is goed. Van die afleidings wat
hulle hieruit gemaak het, was dat Jesus as Seun van God net goed was
en dat Hy dus nie waarlik mens was nie. Hulle het gedink dat Jesus nie
‘n ware liggaam gehad het nie en dat Hy net ‘n skynsel was. Hulle het
ook beaam dat as Jesus geloop het, Hy geen voetspore gelaat het nie.
Hy was absoluut heilig en het net uit gees bestaan. Verder het hulle
gesê dat Jesus ook nie werklik aan die kruis swaargekry en gely het nie.
Die hele kruisiging was pynloos. Die siening hou geen water nie, want
selfs Satan het geweet dat Jesus ook waarlik mens was omdat hy Hom
in die woestyn versoek het. Johannes skryf hierdie woorde “Ek is dors”,
deels as teenvoeter vir die gnostiese beweging wat baie veld begin wen
het.
As kantlyn opmerking is dit ook interessant wanneer Johannes skryf dat
hulle met ‘n Hisop takkie vir Jesus iets aangebied het om te drink. Dit
was tydens die eerste Pasga, dat die Israeliete bloed aan die
deurkosyne moes smeer met ‘n Hisop takkie, sodat die doodsengel by
hulle huise sou verbygaan. Dit was die bloed van die paaslam teen die
deurkosyne wat hulle eersgeborenes beskerm het. Hier is dit die bloed
van Christus wat die mensdom red van hulle sonde. Die volmaakte
paaslam.
Dis ook waarskynlik dat, toe Jesus hierdie woorde geuiter het, Hy steeds
daardie verlatenheid gevoel het, en dus hier weereens sy menslikheid
beklemtoon. Selfs Jesus, die Seun van God het die basiese, menslike
behoefte na water of vloeistof gesmag. Waarskynlik kan ‘n mens ook
dink dat Hy in Sy verlate toestand hier, ook verwys na die geestelike
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 36
behoefte aan die “lewende water” waarna Hy ook verskeie kere in sy
bediening verwys het (vgl. Joh. 4). Die woorde van Psalm 42:2 word hier
waar: “Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o
God”. Dit duidelik dat Jesus in Sy verlatenheid aan die kruis, ook ‘n
intense behoefte gehad om Sy geestelike dors te les. Dis ‘n dors wat
slegs geles kon word deur gemeenskap met die Vader. Daardie
gemeenskap wat vir Hom so ver verwyder en totaal verlore gevoel het.
Een van die laaste redes hoekom Johannes waarskynlik hierdie woorde
geskryf het was om te beklemtoon dat Jesus werklik die Messias is.
Deur die woorde “Ek is dors” te uiter, het Hy die Ou Testamentiese
profesie vervul. Psalm 69:22 “...toe ek dors was, wou hulle my asyn laat
drink.” Die psalm beskryf hier die swaarkry van Dawid, maar die woorde
kom ook tot volle betekenis, in die vervulling van Jesus se dood aan die
kruis.
Elkeen van ons het ook ‘n fisiese behoefte aan iets om te drink, om ten
einde aan die lewe te bly, maar daar is steeds ook die geestelike dors
waarvan Jesus gepraat het in Johannes 4. Sommige mense probeer op
verkeerde wyses hulle geestelike dors les. Sou jy jou dors op die
verkeerde manier probeer les, gaan dit vir jou geen verligting bring nie.
Slegs by die Vader kan jy ten volle jou geestelike dors les. En die
wonderlikste van alles, daardie water is in oorvloed en vir elke mens
beskik. So gaan drink uit die fontein van lewende water, die fontein wat
nooit opdroog nie. Gaan kry jou lewende water direk by die Vader, en les
vandag en elke dag wat kom, jou dors. Dit is gratis!!
Jesaja 55:1-3 “Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, self die wat ook
nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 37
betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom
werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat
julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee
aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe...”
Notas:
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 38
Gebed
Ons liefdevolle en vrygewige Vader.
Soos ek en elke lewende kreatuur op aarde
smag na water,
so smag ek ook na U, my God.
Na U lewende water,
water wat verlossing bring,
water wat vertroosting bring,
water wat vergifnis bring.
Ek dors na U o God, elke dag van my lewe.
Ek dors na die water wat net U kan gee.
Dankie vir U Seun en Sy ware menswees.
Dankie dat Hy verstaan
hoe ek en elke mens op aarde voel,
omdat Hy self, elke menslike behoefte ervaar het.
Dankie dat U so in oorvloed gee.
Gee sonder enige eise of voorwaardes.
Maak my asseblief ‘n fontein vir U Heer.
‘n Fontein wat vir die mense om my
ook ‘n bron van U lewende water is..
Amen.
(Weila-Marie Strydom)
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 39
Besprekingsvrae vir groepe:
1. Bespreek hierdie aanhaling: “Our lives are the only meaningful
expression of what we believe and in whom we believe. And the only real
wealth for any of us, lies in our faith”
2. Jesus was tegelykertyd God en mens. In watter hoedanigheid het
Hy aan die kruis gely? Sê ook waarom dit nodig was dat Hy in
daardie natuur moes ly. (Heb. 2:14-18)
3. Jesus se woorde “Ek is dors” is baie intens. Dit spreek ook iets van
Sy werklike lyding. Watter invloed het die kruisiging en meer
spesifiek hierdie woorde van Jesus op jou lewe?
4. Hoekom het Jesus nou eers aan Sy fisieke nood aandag gegee?
Wat vertel dit ons weereens van Sy karakter?
5. Wat het Hy deur hierdie kruiswoord aan ons verkondig? (Vgl. Jes.
53:4a; Joh. 4:13-14; Op. 22:17)
6. Dink jy die dors wat Jesus gehad het verskil van die dors wat ons
het?
7. Kan gelowiges ook steeds geestelik dors raak?
8. Hoe probeer mense vandag hulle geestelike dors les?
9. Noem voorbeelde van hoe ons ons eie dors kan les en hoe ons
ander kan help om hulle dors te les. (vgl. Joh. 4:10, 13-14 en Ef.
5:18-20)
10. Wat dink jy is die oorsaak dat “strome lewende water” nie uit ons
binneste vloei (Joh. 7:38) om ander se dors te les nie?
11. Lees en bespreek Jes. 55:1-3.
12. In watter opsig sal Joh. 15:1-8 en Joh. 17:16-19 ons help om nie
geestelik te verdroog nie?
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 40
Die Oorwinningskreet!
“...Dit is volbring”
Joh.19:30
“Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. And today? Today is a gift that’s
why they call it the present”
Onbekend
“The fear of death follows from the fear of live. A man who lives fully is
prepared to die at any time”
Mark Twain
y die ouderdom van 33, sou die meeste mense oor hulle
lewens sê: “dit begin nou eers..” maar vir Jesus, ouderdom 33,
terwyl Hy aan die kruis hang, verklaar Hy: “dit is volbring”
m.a.w. dit is afgehandel, verby, klaar. Let wel , Hy het nie gesê: “ek is
klaar of moeg of ek gee moed op nie…” Hierdie was nie ‘n erkenning dat
Hy verloor of eerder die wil handdoek ingooi nie. Dit was in elke opsig ‘n
oorwinningskreet!
In die oorspronklike Griekse teks word ons drie Afrikaanse woorde “dit is
volbring” in een woord saamgevat nl. “Tetelestai”. Die woord was baie
bekend in Jesus se tyd. Vandag kyk ons na ‘n paar algemene wyses,
waarin die woord gebruik is. Ons vind dat die woord “Tetelestai”, twee
belangrike waarhede aan ons openbaar:
B
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 41
Tetelestai beskryf die Missie van Christus:
Die woord gebruik deur kunstenaars
Wanneer ‘n kunstenaar sy kunswerk voltooi het, het hy teruggestaan
en gesê: “Tetelestai – dit is voltooi.”
Jesus het gekom en vir ons dieselfde gedoen. Hy het vir ons die beeld
van God voltooi. Hy was God in die vlees. Hy het gekom om God aan
ons bekend te maak. Ons lees in Joh. 1:1,14 “In die begin was die
Woord daar, en die Woord was by God en die Woord was self
God...Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy
heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die
Vader het, vol genade en waarheid.”
Daar lees ons dat Jesus se koms die uitbeelding was van ‘n prent
(kunswerk) wat toe nog net ‘n idee en ‘n voorspelling was.
Lank gelede het God baie kere en op verskeie maniere met ons
voorvaders gepraat, d.m.v. profete. En nou in hierdie finale dae praat
Hy met ons deur Sy seun. Die Seun straal die glorie van God uit en
beklemtoon die unieke karakter van God.
Wanneer ons die Ou Testament lees, sukkel ons om ‘n ware prent of
afbeelding van God te kry. ‘n Spieëlbeeld van wie God werklik is. In die
Ou Testament is daar verskeie seremonies, profesieë en vreemde
simbole, wat nie werklik God se karakter presies kon vaslê nie.
Die beeld wat ons van God uit die Ou Testament kry is soos ‘n
onvoltooide kunswerk. Elke profeet wat ons van lees in die Ou
Testament is soos ‘n kunstenaar wat elkeen net ‘n klein deeltjie van die
uiteindelike meesterstuk kom verf het. Party verf net met blou of rooi,
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 42
ander sit weer net skaduwee in wat diepte gee. Afsonderlik maak die
dele nie sin nie, maar as mens die finale deel bysit en die geheelbeeld
sien maak alles skielik sin. Jesus se koms en kruisdood voltooi
uiteindelik die meesterstuk. Hy kom voltooi die uitbeelding van God aan
die mensdom.
“ Dit is volbring…”
Die woord gebruik deur diensknegte
Die meester sou vir die dienskneg ‘n opdrag gee, en wanneer die
opdrag klaar uitgevoer is, sou die kneg terugkom en sê: “ Tetelestai –
ek het die opdrag wat u my gegee, het voltooi.”
Jesus is deur die Vader gestuur met ‘n spesifieke opdrag. Ons lees
daarvan in Mark.10:45 “Die Seun van die mens het ook nie gekom om
gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir
baie mense.” Dit was geen maklike taak nie en tog het Jesus geensins
getwyfel of Hy regtig daarvoor kans sien nie. Hy sou mens word en vir
al ons sondaars aan ‘n kruis moes sterf. Sy lewe gee, sodat ons die
ewige lewe kon verkry. Jesus het gesien hoe sondig die mense was,
maar steeds gee Hy Homself as lewende offer. Vir ons as mense sou
dit onmoontlik gewees het. Hoekom moet ek my lewe opoffer vir
diegene wat dit nie verdien nie en verseker ook nie dankbaar daarvoor
is nie. Maar Jesus het Sy taak gekry en Hy moes dit voltooi. Wat se
ongelooflike deursettingsvermoë moes dit nie geverg het nie. Die pyn
en lyding vir etlike ure, en dit vir mense wat dit openlik verwerp het.
Dankie tog Jesus het die groter prentjie gesien, en die taak voltooi.
Voltooi vir my en jou! Jesus was gehoorsaam aan sy Vader, net soos ‘n
kneg gehoorsaam is aan sy meester.
“Dit is volbring..”
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 43
Tetelestai – beskryf die betekenis van die kruis.
Die woord gebruik deur priesters
Die Jode moes eers hulle offerhande na die priesters bring vir
goedkeuring, voor dit op die altaar geoffer kon word. Dit was in daardie
tyd onwettig om ‘n offer vol foute te gee.
Nadat die priester die offer deeglik ondersoek het, en geen fout kon
vind nie het hy die Hebreeuse of Arabiese ekwivalent vir die Griekse
woord “Tetelestai” gebuik – “die offer is perfek.”
Jesus, aan die kruis, was God se perfekte en foutlose offer. Die Lam
van God wat die sonde van die wêreld kom wegvat het. Hoe weet ons
dat Jesus foutloos was? God het so gesê! Toe Jesus gedoop is het
God die Vader vanuit die hemele gepraat en gesê: “ Dit is my geliefde
Seun. Oor Hom verheug Ek My.” (Matt. 3:17)
Self sy vyande moes erken dat Hy foutloos is, omdat hulle leuenaars
moes kry om valse getuienis teen hom te lewer. Geen van die apostels
het ooit gesê: “ Ons het Jesus ‘n leuen hoor vertel” of “ Ons het Jesus
iets verkeerd gesien doen.” Hy was absoluut vlekkeloos, die perfekte
offer!
Selfs Pilatus het ook bevestig; “ ...Ek vind geen skuld in hierdie man
nie” (Luk.23:4) Judas het ook erken: “Ek het gesondig. Ek het ‘n
onskuldige man verraai.” (Matt.27:4) Ons sal nêrens anders, enige
ander offer vir ons sondes kry wat so perfek, vlekkeloos en foutloos is
nie. Jesus is die enigste.
“The One who was perfect, chose to give Himself for the imperfect, so that we,
who are imperfect, might become perfect in Him! Right now, I am imperfect,
but one day, because of Jesus, I will be made perfect. Right now, I am
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 44
unfinished, but one day, because of Jesus, I will be finished! And when God is
finished with me, I will be just like Jesus! Perfect!!!”
Die woord gebruik deur handelaars.
Vir die algemene handelaar het die woord “Tetelestai” verwys na die
betaal van iets wat geskuld word. As jy iets koop, sou die handelaar jou
geld neem en aan jou ‘n bewys van betaling, ‘n kwitansie uitreik. Op die
kwitansie sou staan –“ Tetelestai- ten volle betaal!”
As sondaars was ons baie diep in die skuld by God. Die tipe skuld wat
ons nooit alleen sou kon delg nie. Ons sou êrens hulp moes kry om die
skuld te kon dra! In Jesus, het God besluit om self ons skuld te betaal
of te vereffen. Geen wonder die Bybel praat van die Ewige lewe as ‘n
geskenk nie! (Rom. 6:23; Ef. 2:8-9). Omdat dit ‘n geskenk is, is dit vry
en verniet en aangesien dit ‘n geskenk is, moet ons dit aanneem. So
Jesus was in werklikheid ons bewys van betaling, wat beteken ons is
vrygekoop. Die prys vir ons sonde is ten volle betaal. Ons dra geen
skuld meer op ons skouers nie. Wat ‘n wonderlike geskenk is dit nie?
In ‘n sekere sin van die woord is die werk van verlossing nog nie
afgehandel nie. God wil die vrykoop, wat Jesus op Golgota vir ons
bewerkstellig het aan elke mens op aarde bring. Dus solank as wat
daar iemand is wat nog nie die vryspraak ontvang het nie, is God,
Jesus, my en jou werk nog onafgehandel.
Baie van ons het nog onafgehandelde sake met God, Hy het voorwaar
Sy deel gedoen. Nou lê die verantwoordelikheid by ons om Jesus as
my Redder en Here aan te neem. Ontvang dus jou geskenk. Ons werk
as Christene sal nie voltooi wees solank daar nog mense is wat se
saak met God nie reg en afgehandel is nie.
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 45
Daar is net een tipe mens op aarde. Die mens vir wie Jesus gesterf het.
Ek en jy is geroep om aan elke mens wat ons pad kruis die goeie nuus
mee te deel. Die goeie nuus wat Jesus die dag aan die kruis uitgeroep
het: “ Dit is volbring” die prys is ten volle betaal – die ewige lewe is
gratis en vir elkeen bedoel - jy moet dit net ontvang!
Notas:
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 46
GEBED
Liefdevolle en Getroue Vader
as ek vandag vir iets mag vra,
dan sou dit mannemoed en gehoorsaamheid wees.
Dieselfde mannemoed en gehoorsaamheid,
wat ek in U Here, aan die kruis gesien het!
Jesus, dankie dat ek deur U,
ons Vader kon sien,
kan ervaar en kan aanbid.
Dankie vir ons geskenk,
wat u so onselfsugtig
aan elke sondaar bring.
Maak my liggaam, my siel en my gees,
ontvanklik vir U seën.
En maak my U instrument,
wat U vrede, U geduld en U genade
op hierdie barre aarde laat reën.
Amen
(Weila-Marie Strydom)
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 47
Besprekingsvrae vir groepe:
1. Wat in die geskrewe het jou die meeste getref? Deel dit met die
groep.
2. Die woordjie “Tetelestai” dui die voltooide oorwinning aan oor die
sonde en die dood. In kort – redding van die wêreld.
a. Wat dink jy is die impak van hierdie woord wat Jesus gespreek
het op ons lewens?
b. Voel dit vir jou asof die oorwinning wat Jesus aan die kruishout
aangekondig het, somtyds nie ‘n werklikheid is nie?
3. Wat beteken die woordjie “volbring” vir jou?
4. Dink jy die kreet was ook ‘n kreet van verligting van Jesus se kant
af, want Hy was immers volledig mens gewees?
5. As Jesus dan die sonde aan die kruis oorwin het, hoekom moet ek
en jy steeds daarmee worstel? Is ons besig om iets verkeerd te
doen? (Rom. 7)
6. Hoe sou jy hierdie kruiswoord van Jesus kon gebruik om iemand te
help wat nog in die wurggreep van sy eie sondigheid vasgevang is?
7. Jesus het die wet van God vir ons volbring. Watter betekenis het ons
gehoorsaamheid aan die wet vir ons redding?
8. Jesus het alles volbring volgens die wil van God. Watter
waarskuwing oor die oordeel van God kry ons hieruit? (vgl. Jes.
1:18-20)
9. Watter rol speel hierdie kruiswoord om iemand te verseker dat God
hom of haar in totaliteit vergewe het?
10. Lewe jy so, dat jy ook as jou lewe nou tot ‘n einde sou kom kan sê:
“Dit is volbring”
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 48
In die veilige hande van my Vader!
“ ...Vader, in u hande gee Ek my gees oor.”
Luk.23:46
“I would rather walk with God in the dark, than go alone in the light”
Mary Gardiner Brainard
“A Father’s goodness is higher than the mountain, a mother’s goodness deeper
than the sea”
Japanese Proverb
andag kom ons by die laaste van Jesus se 7 kruiswoorde. Ons
het gedurende die bybelstudie verskeie teologiese skatte
ontdek, wat steeds vandag die krag besit om elkeen van ons se
lewens onherroeplik te verander!
Ons sien dat Jesus vergewe, al word vergifnis nie gevra nie. Ons sien
dat Jesus die geskenk van ewige lewe gee, selfs aan diegene wat
volgens wêreldse standaarde, dit hoegenaamd nie verdien nie. Ons sien
dat Jesus ten spyte van Sy pyn en lyding, steeds aan die welstand van
sy aardse moeder dink. Ons hoor die vreeslike eensaamheid en
verlorenheid in Sy stem, toe Hy vra hoekom God hom verlaat het. Hy
bewys aan ons Sy menslikheid deur vir iets te drinke te vra. En laaste
hoor ons Sy oorwinningskreet, wat in werklikheid vir ons elkeen ‘n
oorwinning is. Hy het kom doen wat Sy Vader van Hom verwag het, hoe
moeilik die opdrag ook al was. Wyse en ware woorde was dit verseker!
V
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 49
Hier kan ons weer die wonder van die Vader en Seun verhouding tussen
Jesus en God waardeer. Selfs aan die kruis sterf Jesus, net soos wat ‘n
seun in sy pa se arms aan die slaap sal raak. Ons elkeen ken die vrees
en angs wat drome soms vir ‘n kind kan bring. Toe ek nog ‘n kind was,
en ek sou bang wakker word na ‘n nagmerrie kon ek net uitroep en my
ma of pa sou dadelik na my toe kom. Hulle sou my styf in hulle arms
vashou en vertroos. So al wat ek op daardie stadium nodig gehad het
was om hulle liefdevolle en vertroostende arms om my te voel, en alle
vrees sou in die niet verdwyn. Ek dink dat dit net so was vir Jesus. Dat
na al die pyn en lyding wat Hy aan die kruis ervaar het, Hy geweet het
dat Hy aan die einde net by een persoon die troos en beskerming kon
geniet, naamlik by Sy Vader.
Wat ons ook sien is dat Jesus weer na God as Sy Vader verwys. Dit was
nie meer “My God, My God waarom het U my verlaat nie?” Toe Jesus
uitgeroep het, “Dit is volbring” het Hy eintlik ook gesê, die skeiding
tussen God en My is verby. Die vertrouensband is weer herstel. Die prys
is betaal. En deur hierdie vertrouensband gee Jesus sy gees oor aan Sy
Vader, soos Hy aan die einde van Sy aardse reis kom. Die eerste les
wat ons hieruit leer is, dat die hande van die Vader veilig en betroubaar
is. Jesus het vir geen oomblik getwyfel nie, aangesien Hy geweet het dat
daar geen beter hande is om Sy gees in oor te gee nie. Hy het volle
vertroue in Sy Vader gehad. Net soos ons vroeër gesê het, net so veilig
soos ‘n kind voel wat in sy pa se arms aan die slaap raak. Daar is volle
vertroue!
Daar is so baie mense wat bang is om hul gees en hul lewens in God se
hande te plaas. Sommige is bang wat God dan van hulle sou vra om te
doen of wat God van hulle sou verwag om prys te gee. Party is net nie
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 50
bereid om die stuur van hulle lewens aan Hom oor te gee nie. Hulle wil
in beheer wees van die rigting wat hulle lewens inslaan.
Graag verwys ek na een van my gunsteling teksverse: Jer. 29:11 “Ek
weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed
nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Die woorde is nie net
vir Jeremia bedoel nie, maar vir elke mens op aarde. God het ‘n plan vir
ons elkeen se lewe, ‘n plan wat jou net sal bevoordeel. ‘n Droom wat ons
alwetende Vader reeds voor ons geboorte, vir ons gehad het. ‘n Plan
wat hoop bring, vir elke dag. Steeds is daar baie mense wat so
hardkoppig vashou aan hulle eie planne en drome en dus nie kan weet
wat ons Almagtige God se plan vir hulle lewe is nie. Ons God vir wie niks
onmoontlik is nie. En tog wat doen God? Hy hou steeds Sy hand na ons
toe uit. Daarmee vra Hy my om my lewe in sy veilige en
verantwoordelike hande te plaas. Hy vra van my, om Hom te vertrou.
Tog sal ons ook baie mense kry wat sê “ek het al verskeie mense
teëgekom wat hulle lewens aan God toevertrou het, en steeds het daar
verskriklike dinge met hulle gebeur. Dieselfde dinge wat met mense
gebeur wat nie kinders van God is nie.” Die waarheid is dat die wêreld
vol hartseer en tragedie is, en ons wat Christene is, word ongelukkig nie
gevrywaar daarvan nie. Maar ons glo aan ‘n God wat ons krag gee. Die
krag wat ons nodig het, om heel en sterker deur die diep waters van die
lewe te stap. ‘n God wat my nooit alleen sal laat nie. So al gaan ek deur
donker dieptes, my God sluimer of slaap nooit nie. Hy dra my wanneer
ek te swak is, om self die harde pad van die lewe te stap. Wat kan ek
dan nou meer vra?
Wat Jesus se woorde ons ook wys is dat wanneer ek my gees aan die
Vader oorgee, dat Hy my van ‘n geestelike dood opwek, en lei na die
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 51
opstanding van my nuwe lewe. ‘n Lewe in Hom. Toe ons self aan die
stuur van ons lewens gestaan het, was ons geestelik dood. Dit beteken
dat geestelik daar geen pols was, in ons verhouding met God nie. As ek
geestelik dood is, is daar geen konneksie tussen my en God nie, is die
deur van my hart agter slot en grendel. Maar net soos wat Jesus
opgewek is uit die dood, net so kan ek en jy weer opgewek word uit ons
geestelike dood, deur Jesus. Soos ons reeds weet kan ons slegs
opgewek word deur genade, ek kan dit nie verdien nie. Jesus as offer
aan die kruis, het reeds daardie genade aan ons elkeen gegee. Ons
moet net vertrou en glo. Ek moet net die geskenk neem wat Hy aan my
gegee het. Maar as God ons opwek uit ons geestelike dood, wek Hy
ons op as nuwe mense. Ons kan nie meer dieselfde mens wees wat ons
was nie. soos Paulus sê in 2 Kor.5:17 “Iemand wat aan Christus
behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” Ja ons
lyk miskien nog dieselfde, maar dis met ons dade waar die verandering
inkom. Deur die Heilige Gees, begin God my hart verander en wanneer
my hart verander het, begin my dade en aksies verander.
Die laaste les wat ons kan leer uit Jesus se woorde is, wanneer ek my
gees en my lewe in God se hande plaas, ek die versekering kry dat ons
liggaamlike dood, nie die einde is nie. Jesus het geweet, toe Hy sy gees
aan God gegee het, dat dit verseker nie verby is nie. Hy het geweet dat
Hy sou aanhou leef. Hy het geweet dat Hy binnekort weer aan Sy Vader
se sy gaan sit. Ons kan dus vandag weet dat wanneer ons aardse lewe
tot ‘n einde kom, dat dit nie die einde vir ons is nie. God het vir ons ‘n
lewe na hierdie een voorberei. ‘n Lewe wat so wonderlik is, dat ons nie
eens kan begin om ons dit in te dink nie! Wat ‘n ongelooflike vooruitsig!
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 52
Op ‘n dag is twee babaseuntjies in hulle mamma se baarmoeder
gevorm. Sekondes, minute, ure het verby getik soos wat die twee
lewentjies gevorm het. Met die ontwikkeling van hulle breine het hulle
begin voel en met die gevoel het persepsie ontstaan. Die persepsie van
hulle omgewing, mekaar en hulle kort lewens. Hulle het gou agtergekom
dat hulle lewe ‘n wonderwerk is, en in hul hartjies het hulle gelag. Die
een seuntjie het vir die ander gesê hoe gelukkig hulle is om geskape te
wees in die wonderlike wêreld, veilig en warm. Die ander het dit beaam,
en hulle mamma geseën wat aan hulle die lewe gegee het. Gou het
elkeen begin arms, vingers, bene en tone ontwikkel. Hulle het begin rond
voel in hulle wêreld en gou die naelstring ontdek. Die einste naelstring
wat hulle lewe onderhou d.m.v. hulle moeder se bloed. Die ontdekking
het hulle dankbaar gehad vir die feit, dat die mamma hulle so liefhet dat
sy alles wat sy het, met hulle twee deel. Soos die maande verby beweeg
het, het hulle ‘n verandering in mekaar agtergekom. Hulle het albei
gewonder wat dit sou beteken. Gou het die een seuntjie tot die slotsom
gekom, dat hulle geboortedag aan die kom is. Bang het hulle besef dat
die geboorte sou beteken dat hulle, hulle wêreld warm en veilig sou
moes verlaat. Die een seuntjie het hardkoppig gesê dat as hy kon
besluit, hy sou bly net waar hy is. Die wêreld wat hulle ken en vertrou.
Maar gou het die ander seuntjie gesê dat die geboorte moes plaasvind,
dit het met ander voor hulle reeds gebeur.
Die tekens dat hulle mamma reeds aan ander kinders geboorte geskenk
het was duidelik sigbaar. Maar hoe kan daar dan lewe wees na hierdie
wat ons geken het, het die een boetie vir die ander gevra. Moet ons dan
nie afstand doen van die naelstring wat ons nog altyd aan die lewe
gehou het, met ons geboorte nie. Het sy boetie dan al met iemand
gepraat wat self deur die proses is, nee. Soos wat die seuntjie gepraat
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 53
het, het hy al meer terneergedruk geword. As die doel van ons vorming
en groei in die baarmoeder dan tot ‘n einde moet kom met geboorte dan
is ons lewens totaal sinneloos! Daarmee het hy sy naelstring teen sy
bors vasgedruk en gesê “ as dit dan so is, en die lewe is absurd, dan het
ons verseker nie ‘n mamma nie. Maar daar is ʼn mamma, het die ander
boetie geprotesteer. Wie anders het ons gevoed en beskerm, die
perfekte wêreld vir ons geskep?
Alhoewel ons haar nog nie kan sien nie, het ons haar reeds gehoor
praat. Al verstaan ons nie wat sy sê nie weet ons dat sy daar is. Soos
wat die twee toe aanhou stry oor die betekenis van hulle lewe, het die
een seuntjie hom reeds begin regmaak vir die geboorteproses en het hy
besluit om sy vertroue in sy mamma te stel. Ure het in dae verander en
dae in weke en gou het die tyd aangebreek. Beide het geweet dat hulle
die onbekende nader, hulle sou gebore word in ‘n vreemde wêreld. Hulle
het beide gehuil toe hulle in die lig gebore is. Hulle het vog uitgehoes en
hulle eerste asemteug gevat. Eers toe hulle seker was die vreemde
proses is verby, het hulle oë oopgegaan, en hulle het vir die eerste keer
hulle nuwe wêreld aanskou. Wat hulle eerste gesien het, was die
liefdevolle oë van hulle mamma soos wat sy hulle veilig in haar arms en
teen haar vasgehou het. En die vrede het tot hulle deurgedring, hulle
was uiteindelik waar hulle moet wees. Veilig in die arms van hulle
moeder!
Is jy vandag in jou hemelse Vader se arms, veilig, en waar jy moet
wees? Het jy sekuriteit in die wete, dat daar geen beter arms is om in te
wees nie? Niemand anders kan jou dra soos God jou dra nie. Wanneer
die lewe jou onderkry en jy nie meer weet waar bo en waar onder is nie,
onthou dat jy in jou Vader se arms is. Jy het Hom vertrou met jou lewe,
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 54
en Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Maak vandag daardie besluit om
gebore te word. Al is dit onbekend en al weet jy nie wat vir jou voorlê nie,
die troos is in die wete dat jy nie alleen is nie. Geniet jou geboorte saam
met jou broers en susters. En geniet die wonderlike en nuwe lewe saam
met God, ons hemelse Vader.
Notas:
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 55
Gebed
Aan my hemelse Vader,
Aan die Seun Jesus Christus
En aan die Heilige Gees.
Wat ‘n voorreg, om U te ken!
Wat ‘n gawe, om deel te wees van hierdie familie!
Wat ‘n seën, om deel te hê aan U groot genade!
Wat ‘n vooruitsig, om eendag permanent
In u arms te wees….
Dankie dat U altyd daar is, as ek roep.
Vergewe my, as ek soms dink
dat U nie luister nie.
Vergewe my ongeduld, as U nie altyd
gou genoeg na my sin, antwoord nie.
Ek weet, U weet beter…
Vergewe my as ek dit soms vergeet.
Dankie dat ek my lewe in U hande kan gee.
Dankie dat U my nooit in die steek laat nie.
Dankie dat ek nie self my lewensbootjie
deur die storms van die lewe, hoef te stuur nie.
Dankie dat die dood nie die einde
van my reis is nie,
maar die begin van my lewe.
My nuwe lewe, in U, deur U, en tot eer van U…
Amen
(Weila-Marie Strydom)
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 56
Besprekingsvrae vir groepe:
1. Bespreek die aanhaling: “I would rather walk with God in the dark,
than go alone in the light”
2. Wat dink jy bedoel die Bybelskrywer met die beeld “God se hande”
(Ps. 89:14 en Ps. 145:16)?
3. Hoekom dink jy praat Jesus hier van Vader en nie van God nie?
4. Watter vrede bied hierdie kruiswoord vir jou?
5. Waarom kan ek en jy veilig voel in God se hande?
6. Hoe het Jesus sy eenheid met God die Vader beskryf volgens
hierdie gedeeltes: Joh. 10:38; 14:10-11; 17:20-21?
7. Wat was so belangrik daaromtrent dat Jesus met God verenig
moes word?
8. Wanneer ervaar jy die grootste gevoel van eenheid met Jesus?
9. Wat is, volgens Joh. 17:20-26, die gevolg van hierdie eenheid?
10. Hoe moet ons tydens ons aardse lewe na ons liggaam en gees
omsien?
11. Wat gebeur as ‘n mens sterf en wat het gebeur volgens die Bybel
toe Jesus gesterf het?
12. Volgens hierdie laaste kruiswoord is elke gelowige veronderstel
om nie die dood te vrees nie. Hoekom?
13. Hoe sou jy iemand troos wat bang is vir die dood? (Vgl. Ps. 23 en
2 Kor. 4:16-5:10)
14. Deel die hoofgedagtes van die sewe kruiswoorde met mekaar en
sê wat jou die meeste getref het van die reeks.
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 57
Ten slotte...
oe kan ek nie anders as om vandag verwonderd en baie
dankbaar voor God te staan nie. Hy het Sy Seun se lewe gegee
vir my en jou. Ons vryheid is gekoop en ten volle betaal. Watter
ongelooflike skat het ons nie in die Bybel nie?
Dis vanuit die woord van God dat ek die voorreg het om Jesus se laaste
woorde aan die kruis, te kan lees. Kan ek hierdie skatte deel maak van
my rykdom as ‘n koningskind. Kom ons kyk vir oulaas na die sewe skatte
wat ons ontdek het hierdie laaste paar weke:
1. Vergewe elkeen wat my te na kom, onvoorwaardelik, al word ek
nie daarvoor gevra nie.
“Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
2. Help en bemoedig ander wat deur soortgelyke hartseer, trauma,
en moeilike tye gaan, as wat ek al moes deurmaak.
“Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met my in die paradys
wees”
3. Wees ten alle tye bereid om na die wat naaste aan my is en die
wat nie so na aan my is nie, om te sien. Terwyl ek nog kan….
“Daar is U seun…Daar is jou moeder.”
4. Rig eerder jou moeilikste vrae aan God, as aan jou medemens.
“My God, My God waarom het U my verlaat?”
H
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 58
5. Wees menslik en eerlik genoeg om jou feilbaarheid en behoeftes
te erken.
“Ek is dors.”
6. Wees verseker daar is vir alles ‘n doel en dat alles wel tot ‘n einde
kom.
“Dit is volbring”
7. En ten slotte: erken jou menslike swakheid, gee jou hart en gees
aan die Vader en geniet die wete dat jy veilig is in Sy arms!
“Vader in U hande gee ek my gees oor.”
Sewe Kruiswoorde van Jesus Bladsy 59
Bronnelys
1. Bybel in Praktyk, Christelike Uitgewersmaatskappy, 1993
2. Hendriksen, W; MATTHEW: NT Commentary, Banner of Truth,
1979
3. Hendriksen, W; MARK: NT Commentary, Banner of Truth, 1979
4. Hendriksen, W; LUKE: NT Commentary, Banner of Truth, 1979
5. Hendriksen, W; JOHN: NT Commentary, Banner of Truth, 1979
6. Henry, M; Matthew Henry’s Commentary on the whole Bible, Vol.
V, USA, 1961
7. Lucado, M; G’n wonder hulle noem Hom die Verlosser nie, Struik
Christelike Boeke, 2000
8. Van der Merwe, M; Sewe woorde aan die kruis, Lux Verbi BM,
2001
9. Verklarende Woordeboek,
10. Verklarende Bybel, Lux Verbi, 1989
top related