upingtonbulletinub 20140723
Post on 01-Apr-2016
392 Views
Preview:
DESCRIPTION
TRANSCRIPT
-
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Danilskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
24 JULIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS
Upington
OP Vrydag 18 Julie is Upington behoorlik oorgeneem deur maatskappye, sakeondernemings, skole en selfs die munisipaliteit wat Mandela-dagprojekte aangepak het. Tot van die raadslede
van die //Khara Hais-munisipaliteit het die strate ingevaar om Upington nog skoner te maak. Van links is Limakatso Koli (burgemeester), Thomas Basson (speaker) en Desi Ngxanga (munisipale
bestuurder) besig om die strate rondom die taxi-staanplek skoon te maak. Lees ook op bll. 11 en 12 wat ander mense op Mandela-dag gedoen het. Foto: Lizette Slabber
Doen hul deel
vir Madiba
-
2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
kaartjies is beskikbaar by Bargain Books in
die Kalahari Mall.
Vir verdere inligting kan Hildemarie
Vollgraaff by 081-852-3552 gebel word.
SUSAN COETZER, bekende akteur, skilder,
skrywer, joernalis, motiveringspreker en
sakevrou, gaan op 2 Augustus by die NG
kerk Noord in Upington as gasspreker
optree.
Hoewel die geselligheid ten bate van die
Private Skool Cum Laude as n ma-en-dog-
ter-geselligheid aangebied word, is alle
vroue welkom.
Susan, wat veral bekend is vir haar rol
as Daisy de Melker in die gelyknamige
televisiereeks, het die afgelope paar jaar
diep in mense se harte gekruip met haar
reeks boeke wat pitkos vir die siel en lewe
bied.
Haar debuutroman, Oros vir die siel, is
opgevolg met Custard vir die siel en
Smarties vir die siel waarmee sy menige
vrou deur diep waters gehelp het.
Susan tree gereeld as motiveringspreker
op en sy is passievol oor die hart van die
mens.
Volgens Susan is verhoudings haar
prioriteit.
My verhouding met my Skepper, my
kind, my vriende, is vir my veel meer werd
as my CV vol prestasies.
Sy beskryf haarself as n vrou nes ek en
jy met ups en downs op haar lewenspad.
Haar rys brand ook gereeld vas. Sy baklei
ook oor die toiletflap en die nat handdoeke
op die grond.
Juis daarom wil sy graag die soetgoed
van haar siel met die vroue daar buite deel.
Volgens Susan maak die klein dingetjies
n groot verskil en kan elkeen n positiewe
bydrae in iemand se lewe maak.
Bring jou dogter of sommer net jou
vriendin en kom geniet die oggend saam
met Susan.
Kaartjies kos R100 vir volwassenes en
horskoolmeisies en toegang is gratis vir
laerskoolmeisies.
Die geselligheid begin om 10:00 en
DIE Kalahari- en Noordwes-Kaap-sirkel
van die Vroue-landbouvereniging (VLV)
bied van 19 tot 21 Augustus die 85ste
kongres van die VLV Kaap (VLVK) in
Upington aan.
Die kongres gaan in die ouditorium
van die Volle Evangelie-kerk en by die
Horskool Duineveld plaasvind.
Die kongres se tema is vanjaar Vroue
met visie en met s n inspirerende
tema word pitkos vir elkeen van
vanjaar se 350 kongresgangers gebied.
Sprekers soos Dawie Roodt, hoof-
ekonoom van die Efficient-groep,
Christine Ferreira, die redakteur van
Lf, Johannes Moller, Agri-SA se
president, Riana Scheepers, skrywer,
Herman Lensing, oud-Upingtonner en
die kosredakteur van Sarie, dr. Carl
Albrecht, die hoof van kankernavorsing
in Suid-Afrika, en Magdie de Kock,
verteenwoordiger van Westfalia, die
kongresborg, gaan daartoe bydra om
elke vrou op die kongres se visie te
verbreed en haar te inspireer.
Op die kongres gaan verskeie mense
vereer word vir die bydraes wat hulle
lewer.
Ronella Rademeyer, die VLVK-ere-
president en kurator van die VLVK-tek-
stielmuseum, gaan vereer word vir haar
bydrae om di museum te vestig en tot
n internasionale besienswaardigheid te
ontwikkel.
Herman Lensing gaan vereer word
vir die prestasies wat hy op n jeugdige
ouderdom bereik het.
Die kultuuraand wat Dinsdag gehou
word, gaan beslis n hoogtepunt wees.
Op di aand gaan 85 kerse aangesteek
word om die 85 goue jare van die
VLVK voor te stel en Nohline Grobler
van Prieska en Franz Geldenhuys van
Jeffreysbaai gaan optree.
Melana Mller gaan die Woensdag-
oggend van die kongres, met blomme
en lofsange deur n lofsanggroep van
Prieska, Bybelvroue met visie, uit-
beeld.
Die Woensdagaand is n kuieraand.
Die vreugdevure gaan hoog brand met
skape op die spit en lede wat gaan
meedoen aan n verskeidenheidskon-
sert met nommers wat die 85 goue jare
van die VLVK van 1929 tot 2014 sal
uitbeeld.
Die Donderdagoggend gaan Johleen de
Villiers met n monoloog die vrou by
die put voorstel.
Registrasie, beoordeling van die
kompetisies en die Dinsdagaand se
dinee vind by die Horskool Duineveld
plaas en die res van die aktiwiteite by
die Volle Evangelie-kerk.
VLVKhou kongres
Susan Coetzer
praat op party
SUSAN COETZER tree op 2 Augustus by die
NG kerk Noord in Upington op. Kaartjies is be-
skikbaar by Bargain Books. Foto: Verskaf
DIE //Khara Hais-munisipaliteit voer nou
Operasie Lungisa Konke in Upington uit. Di
projek se doel is om Upington skoon en mooi
te maak.
Die opruimsessie het al in van die wyke
plaasgevind en nou is die projek op die
sentrale sakekern van Upington gemik.
Daarom vra die munisipaliteit alle eie-
naars van ondernemings in die sentrale
sakekern om hul ondernemings en geboue op
te knap en mooi te maak sodat die hele
Upington weer n vars gevoel kan kry.
Eienaars van ondernemings word veral
gevra om te kyk na die voorkant van hul
geboue en hul winkelvensterruite en dat
opknappingswerk daar sal begin.
Desi Ngxanga, munisipale bestuurder, wil
alle ondernemings wat die pleidooi te harte
neem, bedank vir hul bydrae om Upington
op te knap en ho standaarde in die versor-
ging van hul geboue te handhaaf.
Die raad is baie trots op die beeld van die
sentrale sakekern en ons maak staat op
almal se samewerking, het hy ges.
Opruimwerk vir skoner Upington begin
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 3
ONSMENSE
Siska Martin
DIE helderkleurige skilderye met
huisies en helderblou deure en
vensterhortjies tref die oog. Kyk jy
na die handtekening, Ester, val dit
op dat dit soos n kruis lyk.
Esna Badenhorst van Kuruman het
vanjaar die tweede keer op die
Vryfees in Bloemfontein uitgestal.
Sy het vertel dat sy verlede
Dinsdag nege skilderye verkoop het
en op Woensdag nog sewe.
Die Here is goed vir my.
Di boorling van Paardeberg
anderkant Petrusburg op die pad na
Kimberley vertel sy wou nog altyd
skilder, maar sy het eers sowat ses
jaar gelede hierdie talent begin
ontwikkel. Voor dit het sy baie
materiaalverfwerk gedoen.
In 2010 het sy haar eerste uitstal-
ling in n skoolsaal in Kuruman
gehou. Esna het tot in st. 2 (gr. 4) n
plaasskool in haar geboortedorp
bygewoon en eindelik aan die
landbouskool in Jacobsdal gematri-
kuleer.
Sy het n skool in Kimberley
diamante gesorteer totdat sy saam
met Frans, die rekenmeester met wie
sy in 1984 getroud is, na Kuruman
verhuis het.
Hulle woon nou byna 20 jaar in di
Noord-Kaapse dorp.
Toe n pastoorvriend op n keer
vra hoe dit met my skilderwerk
gaan, het ek ges ek kry nie my
werke verkoop nie. Hy s toe ons
moet bid vir n nuwe naam.
So het ons toe by Ester uitgekom.
Die eerste skildery wat ek as Ester
geskilder het, was die eerste een wat
in Junie 2010 verkoop is!
Esna vertel haar kuns is vir haar
n bediening. Dit is vir my die
lekkerste lekker as iemand oor een
van my skilderye s: Hy is elke dag
vir my mooi en beteken iets vir my
siel.
Elke skildery het n boodskap en
haar gunstelingwerke is die straat-
tonele wat sy skilder. Hierop sien jy
dikwels plekke soos die Abundance
Bank en die viswinkel Fishers of
Men waar die vangs van die dag
souls is.
Frans en Esna het drie kinders.
Die oudste, Gerlez, en jongste,
Francois, studeer nog terwyl hulle
saam met hul pa werk. Zanica werk
saam met Esna en maak al haar
rame en skilderdoeke.
Skilderye verkoop soos soetkoek
ESNA BADENHORST, 'n skilder van Kuruman, stal vanjaar die tweede
keer op die Vryfees uit. Fotos: SISKA MARTIN
EEN van Esna se helderkleurige skilderye. VOORBEELDE van Esna se werke.
-
4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
maar ek het ook daardie vermo
om na mense te kyk en dan weet
hulle kom ons loop liewer, hier
kom n ding.
Ek is darem kreatief, ook iets
wat ek van my pa gerf het.
Hy kon baie mooi teken en het
die oulikste spotprentjies van
homself geteken hy het n baie
skerp humorsin gehad.
Ek kan nie teken om my lewe te
red nie, hoewel ek ewig n poging
aanwend om dit te doen.
My dogter het seker haar
tekenvermo van my pa gerf.
Haar vermo om te sing het sy
van haar pa se kreatiewe familie
gerf.
Die blommekind is s kreatief
dat dit my eintlik vreeslik jaloers
maak. Die blommekind staar my
gedurig aan met n uitdrukking
wat s: Sal jy nou ontspan en jou
hare laat hang?.
Die blommekind weet egter dit
is nie vir my moontlik om so cool
te wees nie. Soos sy ges het: Ek
is te straight forward.
Ek wens mense wil ook vir my
van hul vreemde optredes,
persoonlikhede en geraamtes in
die kas vertel.
moeiliker as wat ek verwag het
dit gaan wees.
Al daardie karakters wat geskep
moet word. Al die navorsing wat
gedoen moet word om n boek te
kan skryf. Hulle moet elkeen hul
eie geskiedenis h.
Wat het my besiel om die taak
aan te pak?
S verskil mense.
Die een leef met haar kop in die
wolke, teken die mooiste prente,
het n vreemde sin vir humor en
die ander een is georganiseerd,
streng en n perfeksionis.
Ek is die een wat ni snaaks is
nie (grappe is nie my sterk punt
nie) en ek is die een wat vreeslik
kwaai by die werk is.
Dit het ek ongelukkig van my
pa gerf.
Hy was n tiran vir wie almal
effens bang was, maar hy was
nooit onregverdig in sy werk nie.
Sy woord was wet.
My woord is darem nie wet nie,
Ilse Watson
EK dink ek verstaan nou waar
ek inpas. Jy is die harde-nuus-
joernalis en ek is die ene wat jy
agterlaat om al die ander interes-
sante, of dalk vreemde, dinge van
mense uit te vind.
Staan daar iets op my gesig
geskryf? Hoekom vertel mense al
die vreemde goed vir my?
Dit is omdat jy so cool is dat
hulle aan jou hul vreemde dinge
vertel. As hulle vir my kyk, dan
sien hulle op my gesig geskryf:
Dont even go there.
S gesels ek en n kollega by
ons hoofkantoor Kathu se
pragtige gholfbaan.
Sy is n blommekind. Sy s ek is
die straight forward ene. Mense
kyk na my en dink: Ag, nee, sy
is te kwaai, vir haar gee ons net
die feite. Sy kry niks juicy
inligting oor ons nie.
Dit is seker so dat ek net
konsentreer op die feite en verkies
om nie-fiksie te skryf, hoewel ek
dt ook in my werk doen.
Ek het ook vanjaar besluit nou
skryf ek daardie novelle wat ek
lankal wou skryf. Dit is baie
Kinders kort
meer hulp
DIE afgelope tyd was daar weer
verskeie berigte in die nuus oor
kinders wat mishandel is of
slagoffers van wrede misdade
was.
Twee kinders was die slagoffers
van motorkapings.
In die een kaping is n vierjari-
ge kleuter 10 km ver deur sy
ontvoerders gesleep en is in die
proses dood.
In n ander motorkaping is n
vyfjarige kleuter ontvoer.
In die Vrystaat is n kleuter
met 99 meswonde aan haar lyfie
dood aangetref.
Tragedies soos di tref n mens
altyd baie diep.
Vir enige ouer is die dood van
n kind ongelooflik traumaties.
Dit hoef nie noodwendig j
kind te wees wat gewelddadig
sterf nie.
Enige kind wat op n traumatie-
se wyse sterf, laat n mens besef
hoe weerloos jou eie kinders ook
is.
Die wreedheid wat soveel
kinders daagliks beleef, is
heeltemal ongehoord, maar
ondanks n omvattende kinder-
regtemanifes van die regering
en n jaarlikse veldtog waarin
die gewelddadige optrede teen-
oor vroue en kinders aangepak
word, is dit asof kinders steeds
die grootste teiken bly wanneer
dit by geweldsmisdade kom.
Op Mandela-dag is verskeie
minder bevoorregte kinders
gehelp.
Daar is speelterreine gebou,
kospakkies en klere uitgedeel en
opvoedkundige toerusting ge-
skenk.
Maar een dag in n jaar is
heeltemal te min om die nood
van duisende kinders in Suid-
Afrika te verlig.
n Kinderregtemanifes is ook
nie genoeg nie.
Dit is n begin, maar indien dit
nie daadwerklik toegepas word
nie, sal kinders al hoe meer die
slagoffer wees.
Daar word so dikwels ges
kinders is ons toekoms en hulle
moet opgepas, opgevoed en vol
liefde grootgemaak word, maar
in di geval is woorde maar
hol en van bykans geen waarde
nie.
Satanwants to ruin
Gods plan for you
Past. John Clarke
JOHN 10:10: The thief does not
come except to steal, to kill and to
destroy.
We live in a country where
things get stolen all the time.
Statistics suggest we are a nation
in trouble.
But I dont want to focus on the
natural today. In the spiritual
realm a kind of stealing is going
on in many lives.
Satan is in the business of
ripping off things that do not
belong to him. Jesus said in the
Scripture the only purpose the
thief has in mind is to steal, kill
and destroy. Jesus purpose is to
give life in all its fullness.
You may say: Yes, but people
are stealing from us and breaking
into our houses. Maybe these
things have become so important
to us that we are losing sight of
Gods purpose in our lives.
Maybe God allows these things so
we can get our focus right.
Here is the catch. Satan does
not need your car, your house or
your money. But he is interested
in stealing spiritual treasures.
Things that have value with God
and are of eternal significance.
Satan wants to steal our
purpose for living. In Jeremiah
29:11 God says: I know the plans I
have for you.
God has a plan for our lives.
God has a dream for us. How-
ever, some people turn to drugs,
alcohol and even meaningless
relationships if they cannot find
their purpose for living.
Some people turn to career
achievements. Sometimes this is
just to fill the void or emptiness
we feel in our hearts or souls.
Let us turn to God today and
ask for his plan and purpose for
our lives.
If I feel that my life has no
meaning anymore, I remember
that God has a purpose for my
life.
Satan wants to steal our
families. Psalm 127:3: Behold,
children are a heritage from the
Lord. The fruit of the womb is a
reward.
Our children are supposed to
carry forward our family name.
Satan knows if he can wreck
your marriage, he can ruin both
your and your childrens lives.
Marriage is Gods initiation for
relationships.
Let us seek Gods purpose for
our lives again. Maybe well
again enjoy Gods favour and
protection on our lives.
) Past. John Clarke is of the
Kuruman Christian Church.
DIE natuur gebruik die koue om besonderse kunswerke te skep. Die versierde boom is op 16 Julie by die
Gamagara-munisipaliteit in Kathu afgeneem. Foto: Malinda Roux
2/23 0/17
0/19
4/23 1/18
1/18
6/13
1/16
2/10
Feite nog altydmy geite
Prentjiemooi in die koue
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 5
DIE Spontaanwenners kort nadat hulle Saterdag op die Vryfees in die Blrkas aangewys is.
Van links is Puleng Tsotetsi, tweede, Damaris Godoy, wenner van die Spontaan-talentkompetisie,
en Ludwig Streso, derdeplekwenner. Fotos: Tharine Hurter
LINKS: Reuben Mur-
phy Saterdag in aksie
in die Blrkas in die
Spontaan-talentkom-
petisie in Bloemfon-
tein. Hy was die Kala
hari Bulletin se finalis.
Wen
met
talent
-
6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
WRELDBORSVOEDINGSWEEK is vanjaar
van 1 tot 7 Augustus. Di week word oor
die wreld heen gevier om die gemeenskap
en wreld bewus te maak van die voordele
van borsvoeding en s borsvoeding te
beskerm en te bevorder.
Alle mammas oor die wreld heen word
aangemoedig om te borsvoed en die
eerste ses maande van die baba se lewe
eksklusief te borsvoed om sodoende die
beste vir die baba te gee.
Borsvoeding het baie voordele vir die
baba n die ma. Die algemeenste redes vir
borsvoeding is optimale voeding vir die
baba, borsmelk is altyd beskikbaar teen
die regte temperatuur en bevat al die
nodige vitamiene en minerale.
Borsmelk is gesond en higinies, die ma
hoef nie op te staan om dit voor te berei
nie en dit is boonop gratis.
Nog voordele is dat dit die immuniteit-
stelsel van die baba opbou en die ma en
baba later in hul lewe teen siektes soos
asma, infeksie, asook soorte vrouekanker,
beskerm.
Die ZF Mcgawu-voedingspan in samewer-
king met die dieetkundiges van die Dr.
Harry Surtie-hospitaal gaan vanjaar weer
aan die Big Latch On deelneem om
sodoende Borsvoedingsweek te vier en
bewustheid te skep en borsvoeding te
ondersteun, veral in die ZF Mgcawu-dis-
trik.
Die Big Latch On is waar borsvoedende
mammas bymekaarkom om saam met
ander vroue oor die wreld heen n minuut
lank te borsvoed.
Mammas van al die gesondheidsgeriewe
in die ZF Mgcawu-distrik kom op 1
Augustus om 09:00 in die Dr. Harry
Surtie-hospitaal bymekaar.
Hier sal die mammas meer leer oor die
voordele van borsvoeding, kinderontwikke-
ling en hoe belangrik borsvoeding vir die
baba is. Daar sal heelwat aktiwiteite wees,
asook pryse, kospakkies en hemde.
Alle borsvoedende vroue word genooi om
saam aan die Big Latch On deel te neem.
Rig navrae aan 054-337-0600.
Week fokus op
borsvoeding
RADIO RIVERSIDE, die gemeenskapra-
diostasie van Upington, gaan sy jaarver-
gadering op Dinsdag 29 Julie en Woens-
dag 30 Julie in die Piet Thole-gemeen-
skapsaal in Rosedale hou.
Die jaarvergadering sal ook as n
vergadering dien om n nuwe raad te
kies wat die instansie die volgende drie
jaar volgens sy grondwet moet lei.
Die jaarvergadering is uitgestel nadat
die Onafhanklike Kommunikasie-ower-
heid van Suid-Afrika (Okosa) gevra het
alle geskeduleerde jaarvergaderings
moet opsy geskuif word totdat die
nasionale en provinsiale algemene
verkiesings in Mei vanjaar voltooi is en
dat al die vergaderings nie later nie as
30 Julie moet plaasvind.
Okosa is die statutre instansie wat
vir kommunikasie in Suid-Afrika
verantwoordelik is.
Hy is ook vir die uitreiking van
uitsaai-lisensies verantwoordelik.
Die wette van Okosa beveel aan dat n
gemeenskapsradiostasie gereeld n raad
moet kies om deelname van die
gemeenskap in die radiostasie se sake te
verseker.
Die raad is n verteenwoordigende
struktuur wat verseker alle gemeen-
skapstandpunte en -aspirasies word
weerspiel in die stasie wat n Okosa-li-
sensie het.
Vernon Mfusi, die raadvoorsitter van
Radio Riverside, het vroer vanjaar
aangedui hy sal uittree uit die pos en
dit beteken dus dat die stasie n nuwe
leier sal moet kry.
Mfusi, wat in Desember verlede jaar as
n direksielid van die Nasionale Gemeen-
skapsradioforum (NGRF) in Mangaung
in die Vrystaat gekies is, s hy glo dit is
tyd vir nuwe bloed om die stasie verder
te neem.
Die NGRF is die grootste verteenwoor-
digende liggaam vir gemeenskapradiosta-
sies in die land met meer as 120 gemeen-
skapradiostasies wat by di liggaam
geaffilieer is.
Mfusi s sy verkiesing tot die NGRF
bevestig dat Radio Riverside nasionaal n
toonaangewende gemeenskapradiostasie
is wat die sektor met verdere ontwikke-
ling kan help.
Mfusi s hy het saam met n dinamiese
span van mederaadslede altyd die belang
van die gemeenskap op die hart gedra en
het gemeenskapdeelname verseker.
Hy s in sy termyn het die stasie baie
indrukwekkende mylpale bereik en is hy
ook genooi om konferensies en byeen-
komste van gemeenskapradiostasies by
te woon, nasionaal en internasionaal.
Op die jaarvergadering sal die instan-
sie verslae, sowel as die geouditeerde
finansile state, voorl.
Dit is twee belangrike dokumente van
die stasie wat deursigtigheid bevorder.
Hy moedig die gemeenskap aan om
instansies te benoem, soos gemeenskap-
leiers, wat in die beste belang en die
welsyn van die stasie optree eerder as
om hul eie belange te bevorder.
Thabang Pusoyabone, die stasiebe-
stuurder van Radio Riverside, s die
raad het sekere swak punte gedentifi-
seer wat op die jaarvergadering voorge-
hou sal word vir bespreking en aanvaar-
ding om die grondwet te versterk.
Hy s benoemingsvorms is by die
Radio Riverside-kantoor beskikbaar.
Volgens hom sal slegs diegene wat deur
gemeenskapsgegronde instansies, nie-re-
geringsinstansies, nie-winsgewende
instansies of geregistreerde a-politiese
belangegroepe benoem is in aanmerking
kom om gekies te word om in die raad
van Radio Riverside te dien.
Hy s enigiemand wat gekies is, moet
n sekere instansie in die raad verteen-
woordig en nie individue nie.
Die instansies wat nie deel van die
Radio Riverside-forum is nie, kan ook
aansoek doen om deel van die forum te
wees.
Pusoyabone s vorms kan op weekdae
in kantoorure (08:00 tot 17:00) by die
Radio Riverside-kantoor afgehaal word.
Hy s op die eerste dag sal op al die
verslae gekonsentreer word.
Die tweede dag word vir die verkiesing
van die nuwe raad opsy gesit.
n Instansie wat iemand benoem, moet
n afskrif van die instansie se registra-
siedokument of grondwet van die
instansie aanheg en al die vorms moet
voor of op 29 Julie om 12:00 aan Radio
Riverside teruggestuur word.
Die stasie se kantoor kan vir meer
inligting oor die jaarvergadering by
054-332-1775 gekontak word.
Radiostasie vergader
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na
www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale
weergawes. Kuier en gesels ook saam met
ander lesers op die koerant se Facebook-blad.
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 7
-
8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
Lizette Slabber
DAAR is nog net een week oor om jou
pragtige fotos van vols na die Kalahari
Bulletin te stuur, want op 31 Julie sluit die
fotokompetisie vir Julie.
In Augustus is die tema Swart-witfotos.
Daar is nie n beperking oor die onderwerp
wat afgeneem word nie; die fotos moet net
pragtige swart-wit-fotos wees.
Die wenfoto wen elke maand n lekker prys
van Wakaberry in die Kalahari Mall en die
foto wat die meeste likes op Facebook kry,
gaan n geskenkpak van die Orange River
Cellars wen. Elke maand wen die beste foto
en die foto met die meeste likes op Facebook
pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die
12 maandwenners gekies word, word
behoorlik bederf.
Die wenfoto van die jaar wen n naweek
vir vier mense in een van die NC Famous
Lodges. Die prys sluit n daaglikse ontbyt,
asook n Sondagmiddagete, in.
Die foto wat die meeste likes op Facebook
kry, wen n naweek vir twee mense in een
van die NC Famous Lodges.
Fotos moet groter as 500 KB en 300 DPI
wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos
geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slab-
ber@volksblad.com gestuur word.
Verskaf n kontaknommer, asook inligting
oor waar en deur wie die foto geneem is en
waar die fotograaf woon.
Slegs amateurfotograwe mag hulle voor-
taan inskryf. Geen korrespondent van die
Volksblad-groep mag hom of haar voortaan
inskryf nie. Daar is geen beperking op die
aantal inskrywings per persoon nie en fotos
van oor die land heen mag ingeskryf word,
maar slegs inwoners van die Noord-Kaap
mag hulle inskryf.
Hou die Kalahari Bulletin se webtuiste,
www.kalaharibulletin.co.za, dop vir die
inskrywings wat ontvang is en sy Facebook-
blad om te sien wie as finaliste aangewys
word.
Tydmin vir volfotos
ZELDA JANSE VAN VUUREN het di tarentaal bo-op n huis se dak afgeneem.
Foto: Zelda Janse van Vuuren
DI suikerbekkie is deur Frikkie Strauss gekiek. Foto: Frikkie Strauss
DI pragtige skoorsteenver is deur Arno Cilliers afgeneem. Foto: Arno Cilliers
NICO GROBLER het di twee hoep-hoepe afgeneem. Foto: Nico Grobler
JEANE PIERRE MEEK het di twee afgeneem waar hulle snoesig teen mekaar leun.
Foto: Jeane Pierre Meek
GERT VISSER het di swerm swaeltjies teen di besonderse wolke afgeneem. Foto: Gert Visser
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 9
Andr Botha
UPINGTON. Motorfietsryers van oor die
land heen en selfs van buurlande gaan
volgende naweek, 25 tot 27 Julie, weer vir
die jaarlikse Gemsbok-rally op Upington
toesak.
Christa Marais, een van die organiseer-
ders van die saamtrek, s Upingtonners
glimlag breed oor die saamtrek, omdat
sakeondernemings daarby baatvind en die
besoekers toeriste-attraksies besoek.
Die Wildbulls Upington gee ook n die
saamtrek terug aan die gemeenskap in die
vorm van skenkings
Die aantal besoekers neem jaarliks toe.
Marais s die hoogtepunt is die kwartmyl
wat jaarliks op die lugmagterrein net verby
die lughawe aangebied word.
Die hele kontrei se mense kom deel in
die pret.
Mense wat die saamtrek bywoon, kry die
kans om een van drie blinknuwe motorfiet-
se te wen. Dit is n Honda 1000 RR, n
Honda 600 RR en n Honda 125 R. Di
motorfietse kan in die Kalahari Mall in die
dorp bekyk word.
Geen dagbesoekers word toegelaat nie,
maar almal kan hulle vir die naweek
inskryf. Mense kan ook net die kwartmyl
bywoon.
Dit kos R300. In ruil daarvoor kry
besoekers gratis toegang tot die terrein en
kwartmylbaan, n lapwapen en n metaalwa-
pen (solank voorraad hou) en natuurlik die
kans om met een van die motorfietse weg te
ry.
Mnr. en Mej. Gemsbok word die Vrydag-
aand aangewys. Daarna volg n kuier met
musiek.
Die kwartmyl word Saterdag aangepak.
Saterdagaand word die gelukstrekking
gehou en sal daar lekker gekuier word.
Die saamtrek word Sondag met n
kerkdiens afgesluit.
Mense wat net na die kwartmyl wil gaan
kyk, moet R50 vir volwassenes betaal, R20
vir skoolgaande kinders en dit is gratis vir
voorskoolse kinders.
Diegene wat hulle vir die hele naweek
inskryf se laerskoolkinders kan gratis
ingaan mits hulle saam met hul ouers is.
Horskoolkinders moet hulle vir die hele
naweek inskryf.
AS part of the Journey to Service Excellence
(J2SE) Public Awareness Campaign, the
Department of Tourism will be running a
campaign on Radio Riverside 98.2 FM to find
and acknowledge Upingtons service excel-
lence heroes.
The Service Excellence Hero of the Week
Radio Campaign is the final stage of a
three-phase pilot programme that began in
November 2013 with the objective to cultivate
a culture of service excellence in Upington.
The tourism value chain in Upington
embraced the J2SE programme and attended
the service excellence skills workshops,
leadership workshops and round-table
discussions facilitated by the Department of
Tourism, which resulted in the formation of
the towns own J2SE Implementation Forum.
To build on the success of the J2SE
programme, the department is taking
Journey to Service Excellence to the commu-
nity by inviting them to take part in
recognising the importance of service
excellence to the sustainability of tourism in
Upington. The Service Excellence Hero of the
Week Campaign will be conducted on Radio
Riversides Big Breakfast Show over a
six-week period from 14 July to 26 August.
Members of the Upington community are
urged to call Radio Riverside during the Big
Breakfast Show on Fridays at 08:15 to
nominate their Service Excellence Hero of
the Week. Callers must relate a memorable
experience and motivate why their candidate
deserves to be Upingtons Service Excellence
Hero of the Week. A winner will be selected
every second week by Upingtons J2SE
Implementation Forum. DJ Jay will call and
surprise the winner during the Big Breakfast
Show on Tuesday between 06:00 and 09:00. All
six heroes will be entered into a final draw,
where the final screening of the candidates
for Upingtons Service Excellence Hero will
be chosen.
)Visit www.experiencenortherncape.com
for more information.
Good service: Heroes wanted
Kwartmyl wink
DIE Gemsbok-rally vind die naweek op die skouterrein plaas. Soos gewoonlik vind die gewilde
kwartmyl weer op die lugmagterrein plaas. Foto: Verskaf
-
10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
MANDELA-DAG
Lizette Slabber
MACDONALDS VERVOER het vir sy Mandela-
dagprojek die Bavumeleni-dagsorgsentrum in
Paballelo se speelterrein opgeknap en kratte vol
speelgoed geskenk.
Die dagsorgsentrum, wat in 2008 gestig is en
116 kinders tussen die ouderdomme van 18
maande en vyf jaar het, het geen speelterrein
gehad waarop die kinders kon speel nie.
Volgens Alinda Strauss het MacDonalds
Vervoer op aanbeveling van Famsa besluit om
di dagsorgsentrum te help.
Famsa is by ons betrokke en ons het hom
genader om n aanbeveling te doen oor waar die
grootste nood is. Ons wou veral kinders help
omdat ons ander takke n ouetehuis, hawelose
mense en serebraal gestremdes help.
Daar is ook besluit dat herwinning n groot rol
in di Mandela-dag projek moet speel.
Ons het ou motorbande helder kleure geverf
en dit gebruik om klimrame en speelplekke vir
die kinders te bou.
Die personeel het die herwinningsidee selfs
verder gevoer deur kratte vol speelgoed uit
herwinde materiaal te maak.
Ons personeel het ou speelgoed geskenk, maar
ook ou materiaal herwin deur sokkie-poppe,
musiekinstrumente en n verskeidenheid ander
speelgoed self te maak.
Daarby het elke kind in die dagsorgsentrum
ook n ballon en gelukspakkie ontvang. EUGENIE MACDONALD en Mamelo Tshofetsi.
VOOR is: Annoline Brandt; van links is, middel: Van-
essa Moleon, Charmain Simanga, Dorra van Wyk,
Patrick Melodi, Johanna Dundee en Eugenie Mac-
Donald; agter: Ruan Cloete. Fotos: Lizette Slabber
VAN links is, voor: Shirley Clarke en Elrico Faban; agter: Erika Smit, Alinda Strauss, Kagiso Isaacs, Elmien de Beer
en Mavin van Wyk.
Kinders kryKinders kry
speelterrein
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 11
Lizette Slabber
DIE personeel van die Kalahari Bulletin
het besluit om Mandela-dag vanjaar
spesiaal te maak.
Met die skenkings van personeellede
en die hulp van Checkers en Pep in die
Kalahari Mall is die Afrikaanse Chris-
ten-vrouevereniging (ACVV) gehelp.
Die skenkings van personeellede het
aan n hawelose egpaar, wat onder n
boom in Straussburg gebly het, n tent
besorg wat hopelik n tydelike oplos-
sing kan bied totdat hulle n huis
vind.
n Vrou in Louisvaleweg het gordyne
vir haar huis gekry en komberse en
klere is deur die personeellede geskenk
sodat die ACVV dit soos nodig kan
aanwend.
Met die hulp van Checkers is toerus-
ting aan die ACVV se kleuterskool in
Freedom Square oorhandig en het elke
kind in di kleuterskool ook n kospak-
kie ontvang.
Pep het vir twee meisietjies van
onderskeidelik nege en twee maande
oud klere geskenk, asook n sak vol
komberse om die winterkoue mee af te
weer.
Die Kalahari Bulletin reik uit
MANDELA-DAG
JENNA-WADE VAN WYK van Pep in die Kalahari Mall oorhandig klere vir n baba
van nege maande oud en een van twee maande oud aan Maretha Kennedy van
die ACVV. Van links is Van Wyk, Kennedy en Phidelia Abrahams (verkoopsbestuur-
der van die Kalahari Bulletin).
DIE kleuters van die Klenasobi-kleuterskool in FreedomSquare het elkeen n kospakkie van die Kalahari Bulletin ontvang en Checkers
het toerusting aan die kleuterskool geskenk. By van die kinders is van links Windsor Mouton, streekspersoneelbestuurder van Chec-
kers, Edroy Abrahams, verkoopsbestuurder van Checkers, en Anna Strauss, telekonsultant van die Kalahari Bulletin. Fotos: Lizette
Slabber
MICHELLE BEE JEE het vreeslik gehuil toe sy die
vreemde mense by haar kleuterskool sien en selfs die
lekker eetgoed kon haar nie vir die vreemde tannie laat
glimlag nie.
ALVINAQUENEWMANwas tog te opgewon-
de oor die kleurkryte, inkleurboeke en leg-
kaarte waarmee sy nou lekker kan speel.
-
12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
Lizette Slabber
JOHAN CONRADIE, n bekende kunstenaar
van Pretoria, het verlede week in Upington
n reeks kunskursusse aangebied.
Maandag en Dinsdag het sewe kunste-
naars sy klasse bygewoon, waarna hy op
Woensdag n lesing aangebied het oor
die kuns-neigings wat nou in die wreld
heers.
Donderdag is n kursus in die gebruik van
byewas aangebied.
Vrydag het hy n kursus in die gebruik
van bladgoud aangebied.
Hy het Upington in 2013 die eerste keer
besoek om kunsklasse aan te bied en 25
kunstenaars het di klasse bygewoon.
Volgens Conradie het Gideon Visser van
die Primre Skool Op die Voorpos hom
in 2013 die eerste keer laat besef hoe groot
die behoefte in Upington aan kunsklasse
is.
Ek het aan Tukkies klas gegee en het my
eie kunsskool, maar ek het ook op n plaas
grootgeword en ek besef hoe dit voel om in
afsondering te skep, het hy vertel.
Hy het sy kunsgraad aan Unisa voltooi.
Dit was vir my ongelooflik lekker om
die bykans onmiddellike demonstratiewe
reaksie te sien wanneer di mense op die
platteland met nuwe kunstegnieke te doen
kry.
Conradie s in Pretoria is mense so
gewoond dat alles op hul voorstoep gebeur
en daarom is dit vir my so wonderlik dat
mense honderde kilometers ver ry om di
klasse by te woon.
Verlede jaar was ek skaars 50 km uit die
dorp toe is ek klaar nostalgies, het hy
vertel.
Hy het dadelik besluit om terug te kom en
sal beslis weer in 2015 kunsklasse kom
aanbied.
Hy beskryf die plaaslike kunstenaars as
shockingly amazing en vertel hulle is
opgewonde oor alles wat hulle leer en
dat daar niemand is wat nie reggekom het
nie.
Hulle gee sulke gilletjies van opgewon-
denheid wanneer hulle n nuwe tegniek
baasraak.
Die meeste van di dinge wat ek hulle
die week geleer het, sien hulle net in boeke
en museums en besef nie hoe maklik hulle
dit self sal kan regkry nie.
Platteland kry n kuns-inspuiting
JOHAN CONRADIE gee raad terwyl Cerina
Kruger aan haar bladgoud-tegnieke werk.
TINETTE BURGER konsentreer hard terwyl sy met die bladgoud werk. Fotos: Lizette Slabber
MANDELA-DAG
DIE Afrikaanse Chris-
ten-vrouevereniging
(ACVV) het vir Man-
dela-dag n muntleg-
ging in die Kalahari
Mall gehou. Die geld
het aan dieACVV-kin-
derfonds gegaan. An-
r laGrange (links) en
Elmar Smit van die
ACVV het die munt-
legging aangevoor.
Foto: Lizette Slabber
RAADSLEDE, senior amptenare en ander personeellede van die //Khara Hais-munisipaliteit het
almal die strate van Upingon op Mandela-dag ingevaar om dit skoon te maak. Volgens Desi
Ngxanga, munisipale bestuurder, is Upington as een van die skoonste dorpe bekend en daarom
het hulle besluit om Upington te laat blink. Van links is Ellen Allies, Elizabeth Munnik, MM Abels,
Elize Mnyaka en Marychen Andreas. Foto: Lizette Slabber
Doen
hul deel
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 13
OM te trou is een van
die lekkerste dinge
watmet nmeisie kan
gebeur. Die dae voor
jou troue word gevul
met honderde afspra-
ke, relings wat ge-
tref moet word, keu-
ses wat jy moet doen
en besluite wat op die
daad geneem moet
word.
Natuurlik gaan dit
n baie spanningsvol-
le tyd wees en dit is
daarom belangrik dat
jy jouself in di tyd
moet troetel. Jou vel
n liggaam.
Begin met n vel-
sorgprogram. Begin
minstens een maand
voor jou troue al met
n spesiale velsorg-
program. Indien jy
reeds n vaste skoon-
heidsroetine volg,
kan jy dalk net meer
aandag aan die pro-
bleemdele bestee.
Kies n roetine wat by
jou vel pas.
Klop vir raad by n
skoonheidsterapeut
aan.
Velsorg
n Goeie velsorg-
roetine behoort nie
meer as tien minute
in die oggend en tien
minute in die aand
van jou tyd in beslag
te neem nie.
Ditmoet tenminste
uit die volgende stap-
pe bestaan: reiniging,
verfrissing en bevog-
tiging.
Diepreinig jou vel
minstens een maal
per week met n goeie
gesigmasker. Dit trek
alle onsuiwerhede
uit, stimuleer die vel
en gee aan jou vel n
rosige, gesonde gloed.
Wend die masker n
reiniging en voor ver-
frissing aan.
Moenie die dag
voor jou troue n ge-
sigmasker aanwend
nie. Dit kan die vel
oorstimuleer en non-
welkome uitslag tot
gevolg h.
Troetel jou lyf.
Hou die vel satyn-
glad en begeerlik sag
deur voor jou troue n
skoonheidsalon vir n
lyfmassering te be-
soek.
Jy kan jou vel een
maal per week met n
korrelrige skuur-
room masseer nadat
jy gebad het.
Ongewenste haar-
tjies op die bolip, ken,
naeltjie of borste kan
permanent met elek-
trolise verwyder
word. Laat dit vroeg-
tydig doen.
Laat jou beenhare
met was verwyder.
Laat gerus jouwim-
pers en wenkbroue
kleur.
Doen dit sowat
twee weke voor jou
troudag anders gaan
dit op jou groot dag
hard en onnatuurlik
lyk.
Pluk jou wenk-
broue gereeld.
Moenie n dag of
twee voor die troue
nuwe grimeermid-
dels begin gebruik
nie. Jy is dalk aller-
gies daarvoor en sit
op jou troudag met n
veluitslag.
Oefenlopie
As jy wil h n gri-
meerkunstenaar
moet jou vir jou troue
professioneel gri-
meer, moet jy n oe-
fenlopie voor die tyd
h.
Bespreek jou voor-
koms met die per-
soon. Lig hom/haar
in oor hoe jou rok lyk,
die algemene tema
van jou troue en jou
kleurskema.
S as jy nie van iets
hou nie. Onthou, jy
moenie soos n
vreemdeling lyk en
voel nie.
Grimeer jou meer
as gewoonlik as jy n
sluier gaan dra. Maar
pas op vir dik lae gri-
mering.
n Puisie of twee
kan dalk ongevraag
kop uitsteek. Skaf
vroegtydig n medisi-
nale kamoefleerstif-
fie aan wat goed by
jouvelkleur enonder-
laag pas.
Sorg dat jy genoeg
tyd het om jou grime-
ring aan te wend.
Handesorg
Jou hande gaan op
jou groot dag in die
kollig wees. Begin
minstens n maand
voor die tyd met n
spesiale versorgings-
program vir jou han-
de.
Dra rubberhand-
skoene om jou hande
te beskerm wanneer
jy in water werk.
Smeer ook dadelik
daarna n goeie han-
deroom aan.
Smeer saans jou
hande met petrole-
umjellie in en trek ka-
toenhandskoene aan
wanneer jy gaan
slaap.
Jy kan melkwit,
sagte hande op jou
troudag verseker
deur n bietjie suiker
en olie in jou hand-
palm te meng en jou
hande daarmee in te
vryf. Spoel dit met
louwarm water af en
wend rojaal hande-
room aan.
Bruin vlekke op jou
hande kan gebleik
word deur vars suur-
lemoen-, pomelo- of
komkommersap op
die vel te druk.
Naelbytgewoonte
Indien jy n naelbyter
is, behoort jou trou-
dagnet die regtemoti-
vering te wees om jou
van di nare gewoon-
te te laat afsien. In-
dien die spanning eg-
ter te veel is en jy nie
van jou naelbyt-ge-
woonte ontslae kan
raak nie, kan jy gerus
vals naels oorweeg.
Oefen voor die tyd
hoe omdit netjies aan
te plak.
Gebruik n naellak-
verwyderaar wat die
vliesies opknap en
versag s verhoed jy
dat hulle haak of
skeur.
Druk die naelvlie-
sies terug met n spe-
siale naelstokkie
waarvandie puntmet
watte toegedraai is
nadat die vliesies met
room of olie versag is.
Kies n ligte skake-
ring naellak vir jou
troudag, iets soos p-
relpienk.
Jou naellak moet
by jou lipstiffie inska-
keer, maar hoef nie
dieselfde kleur te
wees nie. Helderrooi
of dieppers lyk mak-
lik hard by n trou-
rok.
Koop n soort nael-
lak wat bekend is dat
dit nie gou afsplinter
nie.
Wend n besker-
mende bolaag aan
wat die naellak be-
skermenekstra glans
daaraan gee.
Haarkapper
Raadpleeg jou
haarkapper n maand
voor jou troudag en
laat jou hare dan in
die styl sny soos wat
jy dit op jou troue wil
dra. Indien jy n dras-
tiese verandering
oorweeg, byvoor-
beeld om jou haar-
kleur te verander of
die styl radikaal wil
verander, byvoor-
beeldvan langnakort
hare, is dit goed om
eers weer mooi na te
dink en dit wat jy in
gedagte het met jou
haarkapper te be-
spreek. Maak betyds
werk van probleme
soos n dro, skilferi-
ge kopvel, olierige ha-
re of lewensmoe
kleur.
Jou haarkapper sal
presies weet watter
behandeling om vir
een van di probleme
voor te skryf.
Daar is ook geen re-
de hoekom jy van jou
alledaagse haarstyl
moet afwyk nie.
Laat knip jou hare
n paar dae voor die
tyd om te verhoed dat
gesplete punte jou ha-
re vaal en droog laat
lyk.
Moenie n vreemde
haarstyl n dag voor
jou troue oorweeg
nie. Jy moenie vir
jouself soos n vreem-
deling lyk nie.
) (Van die wenke is
uit Vir jou troudag
deur Nita Conradie,
uitgereik deur JP van
der Walt-uitgewers.)
) Di berig het eers
in Die Burger ver-
skyn.
Maak reg vir jou troudag
Jymoenie vir jouself
soos n vreemdeling
lyk nie.
-
14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
DIE Kathu Village
Mall hou van 24 Julie
tot 26 Julie n bruids-
ekspo. Verskeie uit-
stallers gaan tradisio-
nele trourokke, juwe-
le, velsorgprodukte
en troudekor vertoon.
Van die bekende on-
dernemings soos Ex-
plosive Functions, sil-
ver4U, Matsimela en
Twisted Sisters is van
die uitstallers wat
daar gaan wees. Di
besonderse rok is
deur Belladonna ont-
werp en is by Twisted
Sisters beskikbaar.
Foto: Benneli Olivier van der
Walt
Besoek
ekspo
vir bruid
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 15
FAMILIE-
KENNISGEWINGS
BEGRAFNIS-
DIENSTE
1025
TE KOOP
BOUMATERIAAL
1610
SEMENTBOUBLOKKE TE KOOP.
Bou vinnig en goedkoop. Skakel
079 959 9205.
KLERASIE
1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS!
Groot nommers in winkel beskikbaar.
Kontantafslag gewaarborg. The Nu-
Shop, Palm Gate-sentrum, Kuruman.
Tel. 053 712 1264.
ALGEMENE &
HUISDIENSTE
SKOONMAAK-
DIENSTE
1805
FLORCARE MATTE EN BLIN-
DINGS: Ons installeer volvloer-
matte en blindings teen die beste
pryse. 073 558 4705. Talana
072 747 1991.
HYDRO CLEAN: Laat u matte en
meubels professioneel stoomskoon-
maak teen die beste pryse! Talana
073 558 4705 / 072 747 1991.
ELEKTRIES
1810
ELEKTRIESE HEININGS, hekmo-
tors en garagedeurmotors. Profes-
sionele installasies en diens. Skakel
First Defence 072 156 4035 of 082
829 0292.
ELEKTRIESE WERK EN
INSTANDHOUDING. Skakel ons
gerus, ook vir nuwe installasies,
Kuruman. Reik elektriese bedra-
dingsertifikate uit. Strydom Elek-
tries: 083 310 0272.
ALLERLEI
1845
WE SUPPLY and sell gas geysers at
very low prices. Household and
camping freezers. Gas, paraffin, 12
volt and 220 volt. Phone 071 533
7700 for prices.
VERVOER &
BERGING
1870
TRANSPORT OF SMALL
PARCELS in NC: Hotazel, Kathu,
Kuruman, Postmasburg, Danilskuil
and Kimberley. Phone 073 222 8923.
VOERTUIE
KARAVANE
TE KOOP/HUUR
3020
JURGENS FLEETLINE 4, 1983.
Good condition, on the road, revam-
ped the past year, full tent, fridge,
etc. A must see. R24 000. Phone 076
443 2377.
MOTORS TE KOOP
3025
HYUNDAI SONATA 2.4, 2008. 145
000 km, full service history, 1-year
warrenty left, e/w, PDC, p/s, a/c,
leather seats, ESP, etc. R89 000.
Phone 082 561 4468.
MERCEDES-BENZ 230, 1977, puik
toestand. Ideale gesingsmotor, R35
000. Skakel 083 772 2316.
SLEEPWAENS
3040
V-TEC TRAILERS, KURUMAN:
Verkoop van nuwe sleepwaens en
onderdele. Herstel ook sleepwaens.
Skakel Louwrens 083 310 0272.
EIENDOMME
HUISE TE KOOP
3275
HUISE TE HUUR
3270
BOEDELKENNIS-
GEWINGS
BOEDELS:
KREDITEURE EN
DEBITEURE
4201
KT Ejang
In die boedel van wyle Kebogile
Thomas Ejang, identiteitsnommer
570504 5836 086 van Batlharos.
Boedelnommer: 586/2014
Skuldeisers van bogenoemde boedel
word hiermee versoek om binne 30
dae vanaf 25 Julie 2014 hul eise te
bewys en hul skulde te betaal by die
ondergetekende.
KBVS PROKUREURS
Posbus 565
Bearestraat 51
Kuruman
8460
BOEDELS:
LIKWIDASIE EN
DISTRIBUSIE
4205
GB Makoku
In the estate of the late Gobatlwang
Beginning Makoku, identity number
570815 0945 080 of House No. 25,
Tsineng.
Estate number: 3237/2013
The first and final liquidation and
distribution account in the above-
mentioned estate will be open for
inspection of all persons with an
interest therein for a period of 21
days from 25 July 2014 at the Office
of the Master of the High Court,
Kimberley and the Magistrate,
Mothibistad.
KBVS ATTORNEYS
PO Box 565
51 Beare Street
Kuruman
8460
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
Die gebruik van die letter
, leestekens soos
of of die gebruik van
syfers met die doel om die
advertensie na die bopunt
van die klassifikasie-lys te
skuif, is streng verbode.
"A" "!"
"*"
SMALLS NOTICE
AANDAG
ALLE
ADVERTEERDERS
-
16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 17
-
18 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
PICKING OUT
PERFORMANCE
We make a point of recognising success.
www.humanjobs.co.za Human Communications 110922
SENIOR INSTRUCTORS, FUNCTIONAL TRAINING MINING,
HUMAN RESOURCES, SISHEN IRON ORE MINE, NORTHERN CAPE
Band 8
Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron
ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes,
were a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne
iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading
global mining company.
In this role, you will conduct training on relevant mining equipment and PTOs in
the field of expertise on trained groups, as well as support and advise learners on
specific mine work instructions and Mining Qualifications Authority- (MQA-) specific
unit standard outcomes. The facilitation and conducting of assessments of learners
in accordance with standards and procedures, maintenance of learner portfolios
as required by SAQA and active participation and presentation of STEP and HIRA
programmes will also form part of your functions.
A Grade 12 Certificate and 2-3 years training experience on primary/secondary
mining/blasting equipment and simulators (competency certificates must be
attached to application) are the minimum requirements. A Code 08 drivers licence,
preparedness to work shifts on and off and computer literacy (Word, Excel and
PowerPoint) are essential. Facilitation, Assessor and Moderator registration with MQA
will serve as a recommendation. Ref: S710052
Kick your career into high gear: Join Kumba Iron Ore Ltd by visiting
www.angloamerican.com/careers and following the links to Careers/Current
Vacancies/Job Search, entering the above reference number and continuing, or
sending your application to sishen1@angloamerican.com
Internal applicants can apply via Eureka. Closing date: 31 July 2014.
All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us
within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.
Communication will be with short-listed candidates only.
NATURALLY
DIFFERENT
We make a difference because our people do.
www.humanjobs.co.za Human Communications 111014
PSYCHOMETRIST INTERN LEARNERSHIP: HUMAN
RESOURCES, KUMBA IRON ORE, SISHEN MINE, NORTHERN CAPE
Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron
ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes,
were a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne
iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading
global mining company.
You will be offered exposure to meet the needs of the one-year psychometrist
internship programme stipulated by the University. The key activities will include,
amongst others, coordinating the assessments of candidates for selection and
development purposes, conducting assessments, writing reports and providing
feedback under the supervision of a Psychologist. You will also provide regular
information to all stakeholders regarding use and trends specific to the assessments,
prepare monthly assessment reports for management, update the assessment records
and ensure safe storage of the material.
To qualify, you need an Honours degree in Industrial Psychology/Psychology,
a working knowledge of relevant legislation and knowledge of SAP R/3 and
Microsoft Office. You need to be registered with the University and the HPCSA as
a Psychometrist Intern. Excellent communication (verbal and written), analytical, HR
technical, planning and implementation skills are essential. Ref: S710144
Kick your career into high gear: Join Kumba Iron Ore Ltd by visiting
www.angloamerican.com/careers and following the links to Careers/Current
Vacancies/Job Search, entering the above reference number and continuing, or
sending your application to sishen2@angloamerican.com
Internal applicants can apply via Eureka. Closing date: 31 July 2014.
All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us
within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.
Communication will be with short-listed candidates only.
-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014 19
GRIEKWAS-PLATTELAND het
vanjaar n goeie Cravenweek beleef
en die spelers en afrigters kan
beslis tevrede wees.
Die span het twee seges oor
onderskeidelik Zimbabwe (26-20) en
Grens-Platteland (60-21) behaal.
Die span het slegs op die eerste
dag in n opwindende wedstryd voor
die Limpopo-Blou Bulle die knie
met 25-19 gebuig.
Die span se kaptein, een van slegs
n hand vol seniors in die span,
Ryno Karstens, het van voor gelei.
Hy was in elkeen van sy span se
kragmetings uitstekend.
Die agtsteman, Reinhard Hayes,
en slot Cobus Wiese het ook goeie
toernooie beleef, met Hayes wat
teen Grens-Platteland met twee
drie en Wiese teen Zimbabwe met
een drie vir hul spel beloon is.
Coenie Lamprecht het n stewige
bydrae gelewer en 25 punte op die
toernooi behaal. Hy het met 10
doelskoppe geslaag en self een keer
agter die doellyn gaan kuier.
Die spelers het veral teen Grens-
Platteland gebaljaar en Denvill
Joseph, Erik Jordaan en Hayes het
elkeen twee keer in di wedstryd
gedruk. Joseph het ook teen
Zimbabwe die bal aan die ander-
kant van die doellyn gaan neersit.
Die driedrukkers teen Zimbabwe
was Wiese, Lamprecht, Dillon
Magerman en Joseph.
Teen Grens-Platteland het Joseph
(2), Jordaan (2), Hayes (2), Coby
Willemse, David du Toit, Gert Nel
en Ettienne Kruger drie aangete-
ken.
Die driedrukkers teen die Limpo-
po-Blou Bulle was Elmo Jantjes,
Andr Share en Dian Dry.
GW-Platteland blink
op Cravenweek uit
ANDR SHARE en Cobus Wiese van die Horskool Upington het albei n groot bydrae tot die
Griekwas-Plattelandspan se sukses op die Cravenweek gelewer. Hier is Andr (links met die
bal) en Cobus (middel) in een van Upington se o.19A-wedstryde. Foto: Carine Krapohl
ELMO JANTJIES van die Horskool Duineveld word op die Cravenweek geplettervat.
Foto: Middelburg Observer
COENIE LAMPRECHT van dieHorskool Duineveld in aksie op dieCra-
venweek. Foto: Witbank News
-
20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014
DIE jaarlikse Gariep-perdesportdag het Saterdag 19 plaasgevind. Die dag is weer gekenmerk deur interessante kompetisies soos pensteek, die vlegresies, naald-en-gare-resies en die
stapresies. Die twee Vollgraaff-broers, Jean (links) en Neil, was weer n formidabele kombinasie. Hier steek hulle die penne in die halfswaard-kompetisie presies raak.
Foto: Lizette Slabber
Kies en keur uit perdesportsoorte
Kies en keur uit perdesportsoorte
www.kalaharibulletin.co.za
Kuier en gesels ook saam met ander
lesers op die koerant se Facebookblad.
top related