veiligheid by elektrisiteit: graad 9
Post on 14-Feb-2017
132 Views
Preview:
TRANSCRIPT
Bedrading van huishoudings:
Hoekom gebruik ons parallelle stroombane in 'n huis?
Seriestroombaan: Sodra stroom breek hou die stroombaan op met werk.
Parallelle stroombaan: As een van die takke van die parallelle stroombaan ophou werk,
kan die res van die stroombaan steeds funksioneer. Dit stel jou ook in staat om verskillende ligte en kragproppe in
die huis op verskillende tye aan te skakel.
Parallelle stroombaan
Weerstand verhoog nie wanneer daar weerstande in die
stroombaan bygevoeg word nie en die stroom neem nie af nie.
Parallelle stroombane kan oorlaai raak met te veel vertakkings en
dan raak dit 'n veiligheidsrisiko.
Die oorlading kan oorverhitting veroorsaak, en dit kan 'n brand laat
ontstaan. Die brand kan deur die huis versprei en baie skade
aanrig.
Wasmasjien:
Die elektriese stroombaan in die wasmasjien het drie verskillende drade.
'n bruin lewendige draad 'n blou neutrale draad 'n groengeel gestreepte aarddraad
o Die lewendige en neutrale drade verskaf die potensiaalverskil wat nodig is om die wasmasjien se motor te laat draai.
o Aarddraad word aan die metaalomhulsel van die wasmasjien gekoppel. Die aarddrade van al die elektriese kragpunte word saamgevoeg in een dik aarddraad en gekoppel aan 'n metaalpen wat in die grond ingekap is.
Aarddraad is onaktief.
Oop lewendige draad met die metaalomhulsel van die wasmasjien
kontak maak, kan jy 'n elektriese skok opdoen.
Eerder as om jou te skok, sal die stroom deur die aarddraad grond
toe beweeg.
Aarddraad het 'n baie lae weerstand
Die aarddraad voltooi die stroombaan en koppel die lewendige draad
met die grond. Dit is 'n kortsluiting.
Kortsluiting:
Vind geplaas wanneer 'n nuwe roete vir die vloei van elektrisiteit
geskep word.
Bykomende roete het 'n baie lae weerstand en dus verhoog die
stroom.
Verhoogde stroom kan toestelle beskadig en laat oorverhit.
Oorverhitting kan tot brande lei.
Smeltdrade: Smelt wanneer die stroom daarin te hoog word.
Wanneer die smeltdraad smelt, word die stroombaan
verbreek en daar vloei nie meer stroom nie.
Dit ontkoppel die toestel om verdere skade te voorkom.
Stroombrekers:
Soortgelyk aan 'n smeltdraad, maar kan herset word. Werk op dieselfde manier as 'n skakelaar en onderbreek die
stroombaan as die stroom te hoog raak. Op verdeelbord
Aardlek:
Veiligheidstoestel wat die elektrisiteitstoevoer na die huis kan afsluit.
Aardlek kan waarneem wanneer stroom in die aarddraad beweeg.
Die aardlekstroombreker sluit as veiligheidsmaatreël al die stroom
af.
Weerligafleiers:
’n Metaalstaaf met ’n skerp punt wat op dakke/hoë punte vasgemaak
In die grond geplant word.
Dit kan ook aan ’n koperdraad verbind word.
Die skerp punt veroorsaak dat die lading van die weerlig daarop
konsentreer.
Die weerlig gaan deur die weerligafleier, deur die koperdraad, in die
grond in.
Elektriese energiediefstal
Gevolge is: Stabiliteit en die kwaliteit van elektrisiteit word
beïnvloed. Kragonderbrekings Eskom kan nie tred hou met die toenemende
aanvraag. Groot verliese
'n onwettige verbinding is wanneer iemand sy huis se elektriese stroombaan aan die nasionale netwerk koppel sonder n meter.
Omdat Eskom nie hierdie elektrisiteitsverbruik kan monitor nie, is dit diefstal.
Party mense maak geld uit onwettige verbindings en ander gebruik onwettige verbindings omdat hulle nie 'n wettige manier het om elektrisiteit te bekom nie.
Hierdie elektriese verbindings is nie net onwettig en 'n vorm van energiediefstal nie, maar hulle is ook baie gevaarlik.
top related