week 3 vrydag - .net framework · 2020. 4. 30. · betekenis: iemand op wie jy kan reken. ‘n...

Post on 10-Sep-2021

3 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

WEEK 3 VRYDAG

Graad 5

Afrikaans

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Idiome

Leer die idioom en sy betekenis en skryf dit 3

keer uit. Teken ook ‘n prentjie om by die idioom te pas.

Idioom: Jou doring!

Betekenis: Iemand op wie jy kan reken. ‘n Staatmaker.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Spel

Soek die volgende woorde se betekenis op in ‘n

woordeboek of google dit. Skryf die woord 5 keer uit en

maak ‘n goeie sin met die woord.

8)skarrel

9)raadgewer

10)verskriklik

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Taalleer

KOMMAPUNT (p 78)

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Vul die ontbrekende leestekens in (komma, punt,

aanhalingstekens, vraagtekens, kommapunt,

uitroeptekens)

1)Die leeu brul hard sy poot is seer

2)Dink jy die muis was bang vir die leeu

3)Muis was beslis bang sê Jakkals

4)Moenie aan my blare kou nie

5)Gee pad

Laerskool Mikro Kopiereg ©

ANTWOORDE

1)Die leeu brul; hard sy poot is seer. ( ; word

gebruik waar die voegwoord want uitgelaat is)

2)Dink jy die muis was bang vir die leeu?

3)“Muis was beslis bang,” sê Jakkals.

4)Moenie aan my blare kou nie!

5)Gee pad!

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Begripslees (p. 75,76)

Lees weer die storie van die leeu en die muis en beantwoord dan die vrae skriftelik in volsinne.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Laerskool Mikro Kopiereg ©

VRAE:

1) Leeu sê iets leliks vir Muis toe hy Muis vastrap. Wat

is die eina-woord wat hy gebruik?

2) Watter belofte het Muis aan Leeu gemaak?

3) Waarom, dink jy, het Leeu vir Muis maar laat gaan?

4) Wat het Muis gedoen om vir Leeu te help?

5) Wat beteken dit as ‘n wond begin sweer?

6) Watter les leer jy uit die storie? Laerskool Mikro Kopiereg ©

ANTWOORDE

1)Die eina-woord wat Leeu gebruik is “spitsgevreet.”

2)Muis het vir Leeu belowe hy sal hom eendag help.

3)Leeu het Muis laat gaan, want hy was beïndruk met Muis

wat so piepklein was. / Muis was te klein om ‘n goeie

maaltyd vir Leeu te wees.

4)Muis het ‘n doring uit Leeu se poot getrek.

5)As ‘n wond sweer beteken dit dat dit ontsteek. Dit raak rooi

en seer.

6)Klein dingetjies of mense kan ook ‘n verskil maak.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

top related