amptelike nuusbrief van hoËrskool montana · jou kos en sout apart moet eet”. skoolgeld baie...

5
SURICATA AMPTELIKE NUUSBRIEF VAN HOËRSKOOL MONTANA Tel: (023) 347-0476 E-pos: [email protected] Faks: (023) 347-5021 Web-tuiste: www.monties.co.za Facebook: Montie Montana NUUSBRIEF 12 VAN 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR MEELEWING Ons innige simpatie met die volgende gesinne: me Nelia Cronjé met die afsterwe van haar moeder, mnr Daniël Fourie (SBL) met die afsterwe van sy vader, Neil en Inge Fourie met die afsterwe van hulle oupa, Veronique Robertson met die afsterwe van haar oupa, Jonelle Strydom met die afsterwe van haar oupa en Gurswin Frans met die afsterwe van sy ouma. Mag die Here u self in hierdie tyd vertroos. MATRIEKEINDEKSAMEN Daar is gereeld in vorige nuusbriewe verwys na die matrieks se finale eksamen wat om die draai lê. Daardie “draai” het vinniger aangebreek as wat verwag is. Die eksamen begin vroeg volgende kwartaal en die matrieks se laaste skooldag is 13 Oktober. Graag wil ons as personeel en leerders die matrieks voorspoed toewens vir die skryf van hierdie “belangrikste” eksamen. Aan elke matriekleerder: bid asof alles van God afhang en werk asof alles van jou afhang. Aan elke matriekouer: baie sterkte en geduld word u toegewens. WERK (Keur van Wysheid – Nina Smit) Nie almal van ons is ewe lief vir werk nie. Mark Twain het gesê: “Ek hou nie van werk nie, nie eers as iemand anders dit doen nie”. En tog hoort dit nie so nie, want werk behoort altyd ‘n vreugde te wees. God vra van jou om jou beste te gee in jou werk. Die werk wat jy doen, hoef nie besonder ingewikkeld of belangrik te wees nie; al wat die Here wil hê, is dat jy daardie werk wat Hy aan jou toevertrou het na die beste van jou vermoë sal doen. In die werk wat jy doen, word jy bewus van jouself en ontdek en ontgin jy jou talente en moontlikhede. Wanneer jy iets werklik goed gedoen het, gee dit jou trots en selfvertroue. Werk moet vir ‘n Christen ‘n vreugde wees. Om te kan werk, om oor gawes en vermoëns te beskik wat jy in ‘n bepaalde werk kan uitleef, is ‘n genade waaroor ‘n mens net dankbaar behoort te wees. Verder is ‘n Christen wat daagliks werk doen, besig om sy roeping as mens te vervul. Hy doen sy werk vir die Here en dank die Here vir die voorreg om te kan werk. 2 Tessalonisense 3:10 “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie”. Efesiërs 6:6-7 “Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie”. Johan Smit: “Die man wat sê dat godsdiens en werk niks met mekaar te doen het nie, kan net sowel sê dat ‘n mens jou kos en sout apart moet eet”. SKOOLGELD Baie dankie aan elke ouer wat hulle kinders se skoolgeld getrou betaal. Neem asb kennis van die volgende: ALLE skoolgelde, debietorderbetalings uitgesluit, MOET teen November klaar betaal wees. Debietorders is ingestel om van Januarie tot Desember af te gaan. Die debietorders word na afloop van die laaste aftrekking in Desember deur die skool gekanselleer. U word vriendelik versoek om dit nie self te doen nie.

Upload: vuongkhuong

Post on 29-Apr-2019

225 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: AMPTELIKE NUUSBRIEF VAN HOËRSKOOL MONTANA · jou kos en sout apart moet eet”. SKOOLGELD Baie dankie aan elke ouer wat hulle kinders se skoolgeld getrou betaal. Neem asb kennis

SURICATA AMPTELIKE NUUSBRIEF VAN HOËRSKOOL MONTANA

Tel: (023) 347-0476 E-pos: [email protected]

Faks: (023) 347-5021 Web-tuiste: www.monties.co.za Facebook: Montie Montana

NUUSBRIEF 12 VAN 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR

MEELEWING Ons innige simpatie met die volgende gesinne: me Nelia Cronjé met die afsterwe van haar moeder, mnr Daniël Fourie (SBL) met die afsterwe van sy vader, Neil en Inge Fourie met die afsterwe van hulle oupa, Veronique Robertson met die afsterwe van haar oupa, Jonelle Strydom met die afsterwe van haar oupa en Gurswin Frans met die afsterwe van sy ouma. Mag die Here u self in hierdie tyd vertroos. MATRIEKEINDEKSAMEN Daar is gereeld in vorige nuusbriewe verwys na die matrieks se finale eksamen wat om die draai lê. Daardie “draai” het vinniger aangebreek as wat verwag is. Die eksamen begin vroeg volgende kwartaal en die matrieks se laaste skooldag is 13 Oktober. Graag wil ons as personeel en leerders die matrieks voorspoed toewens vir die skryf van hierdie “belangrikste” eksamen. Aan elke matriekleerder: bid asof alles van God afhang en werk asof alles van jou afhang. Aan elke matriekouer: baie sterkte en geduld word u toegewens.

WERK (Keur van Wysheid – Nina Smit)

Nie almal van ons is ewe lief vir werk nie. Mark Twain het gesê: “Ek hou nie van werk nie, nie eers as iemand anders dit doen nie”. En tog hoort dit nie so nie, want werk behoort altyd ‘n vreugde te wees. God vra van jou om jou beste te gee in jou werk. Die werk wat jy doen, hoef nie besonder ingewikkeld of belangrik te wees nie; al wat die Here wil hê, is dat jy daardie werk wat Hy aan jou toevertrou het na die beste van jou vermoë sal doen. In die werk wat jy doen, word jy bewus van jouself en ontdek en ontgin jy jou talente en moontlikhede. Wanneer jy iets werklik goed gedoen het, gee dit jou trots en selfvertroue. Werk moet vir ‘n Christen ‘n vreugde wees. Om te kan werk, om oor gawes en vermoëns te beskik wat jy in ‘n bepaalde werk kan uitleef, is ‘n genade waaroor ‘n mens net dankbaar behoort te wees. Verder is ‘n Christen wat daagliks werk doen, besig om sy roeping as mens te vervul. Hy doen sy werk vir die Here en dank die Here vir die voorreg om te kan werk. 2 Tessalonisense 3:10 “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie”. Efesiërs 6:6-7 “Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie”. Johan Smit: “Die man wat sê dat godsdiens en werk niks met mekaar te doen het nie, kan net sowel sê dat ‘n mens jou kos en sout apart moet eet”.

SKOOLGELD Baie dankie aan elke ouer wat hulle kinders se skoolgeld getrou betaal. Neem asb kennis van die volgende:

ALLE skoolgelde, debietorderbetalings uitgesluit, MOET teen November klaar betaal wees.

Debietorders is ingestel om van Januarie tot Desember af te gaan. Die debietorders word na afloop van die laaste aftrekking in Desember deur die skool gekanselleer. U word vriendelik versoek om dit nie self te doen nie.

Page 2: AMPTELIKE NUUSBRIEF VAN HOËRSKOOL MONTANA · jou kos en sout apart moet eet”. SKOOLGELD Baie dankie aan elke ouer wat hulle kinders se skoolgeld getrou betaal. Neem asb kennis

BUITE-KURRIKULÊRE UITSLAE

VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS 2017 / 2018 Baie geluk aan die volgende leerders wat tot die VRL verkies is: Graad 9: Shafiek Burger, Hendré Jacobs, Anjé Viljoen Graad 10: Chevonne Ashley, Daniël de Bruin, Myron Seconds Graad 11: Pierré le Roux, Morné Neethling, Junné Pienaar, Salomé Smith, Eunice Stevens Graad 12: Jean Esterhuyse, Inge Fourie, Herman Hennig, Francois Jacobs, Marco Meyer, Alika Nieuwoudt, Bernice Saayman, Junior vd Westhuizen, Joré van Wyk, André Venter Die hoofleiers sal tydens die Prysuitdelingsfunksie op 11 Oktober, aangekondig word.

Dit is ‘n mooi prestasie wat met groot verantwoordelikheid gepaard gaan. Mag julle gelukkig en voorspoedig wees in die geleentheid wat julle te beurt geval het. Ons huidige hoofdogter Emma Bosman, neem Saterdag 30 September deel aan : Senior Leerders, 2017 Kom praat, dink en doen in Afrikaans. Hierdie geleentheid word deur die Afrikaanse Taalraad in samewerking met Afrikaans.com, ATKV en Fedsas gereël.

WP SKEIDSREGTER Hanru Colling ontvang die trofee vir die skeidsregter wat die meeste vordering getoon het vir die seisoen en Johan Lombaard ontvang die trofee vir Junior skeidsregter van die jaar. Mnr Ben Theron van die WP skeidsregtersvereniging het die oorhandiging waar geneem.

Beide van hulle tree van 4 Oktober tot 11 Oktober in Mauritius as skeidsregters op by die Vision Sports Sevens Toernooi. Baie geluk. Ons is baie trots op julle!

FIETSRY HS Montana het na afloop van die Spur Skole Bergfietsliga 3de geeïndig in die meisies en gemengde afdeling en 4de in die seuns afdeling. Ons is baie trots op die 12 leerders wat gekwalifiseer het om ons skool te verteenwoordig by die Nasionale Finale rondte in Magaliesburg. Die span bestaan uit Juarnett West, Mia Joubert, Jason de la Harpe, Christiaan de Wet, Keegan Richards, Renier Loots, Daniël du Toit, Christo Rall en André Venter.

PERDRY Baie geluk aan Annika Behrens en Martli Theron wat gedurende die Septembervakansie aan die Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg as deel van die Wes-Kaapspan gaan deelneem.

GYMKHANA Baie geluk aan Mejeanne Combrink wat opgeneem is in die Wes-Kaapspan.

EISTEDDFOD Die volgende leerders ontvang medaljes vir 95% en hoër: Hendré Jacobs - Poetry; Luné Janse van Rensburg - Solosang; Angelika Lippert - Sangduet Hendré Jacobs in graad 8 het by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod die volgende trofeë gewen: Beste Gr 8-seun - prosa Beste Gr 8-seun - “prose”

Baie geluk!

Page 3: AMPTELIKE NUUSBRIEF VAN HOËRSKOOL MONTANA · jou kos en sout apart moet eet”. SKOOLGELD Baie dankie aan elke ouer wat hulle kinders se skoolgeld getrou betaal. Neem asb kennis

TOPTIEN AKADEMIESE UITSLAE – Derde kwartaal 2017

GRAAD 8 GRAAD 9

1 Hendré Jacobs 93.1 1 Carli Jacobs 94.8

2 Aasiyah Isaacs 85.6 2 Talisa van Wyk 92.1

3 Roché Cupido 80.7 3 Chevonne Ashley 91.9

Mari Giani 80.7 4 Krislie Fourie 89.1

5 Franké Cupido 80.3 5 Niel Fourie 88.6

6 Anjé Viljoen 79.6 6 Berna van der Walt 85.9

7 Wynand van Zyl 78.6 Johan Victor 85.9

8 Daniël du Toit 76.4 8 Martli Theron 84.9

9 Elca Rossouw 75.3 9 Baredine Swanepoel 81.6

10 Mekyla Scholtz 74.8 10 Ruany Feast 79.8

GRAAD 10 GRAAD 11

1 Suné-Mari Viviers 94.1 1 Francois Jacobs 97.0

2 Pierre le Roux 91.4 2 Mia Joubert 88.7

3 Junné Pienaar 90.1 3 Inge Fourie 88.1

4 Mia Viljoen 89.8 4 Annika Behrens 87.2

5 Lezanne Louw 89.0 5 Tamryn Jordaan 87.0

6 Salome Smith 86.1 6 Juarnett West 86.8

7 Mia Barnard 76.8 7 Joré van Wyk 86.0

8 Megan Jefferies 76.7 8 Bianca Coetzee 85.5

9 Aimée Beukes 76.1 9 Jean Esterhuyse 85.0

10 Tamlyn Louw 75.8 10 André Venter 84.2

GRAAD 12

1 Meghan Smith 91.7

2 Anke Vlok 90.7

3 Chanèl de la Rosa 89.5

4 Emma Bosman 89.1

5 Lizelle Nieuwoudt 85.4

6 Maryna Adshade 82.5

7 Müller le Roux 82.2

8 Aidan Forbes 80.4

Karla Taljaard 80.4

10 Carla Steyn 80.1

Veels geluk aan elkeen van hierdie leerders, ons weet dit is net harde werk wat verseker dat mens se naam op hierdie lys verskyn. Ons is trots op julle.

Page 4: AMPTELIKE NUUSBRIEF VAN HOËRSKOOL MONTANA · jou kos en sout apart moet eet”. SKOOLGELD Baie dankie aan elke ouer wat hulle kinders se skoolgeld getrou betaal. Neem asb kennis

GEDAGTE VIR DIE WEEK:

Geniet die kort vakansie.

D J Diedericks SKOOLHOOF

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE PROJEK 1 SPAR Q Square in die middedorp het tans ’n skoleprojek waarin hulle maandeliks ’n bedrag aan ons skool uitbetaal.

Twaalf posbussies is voor in die winkel aangebring en die waarde van die uitbetalings sal bepaal word deur die hoeveelheid koopstrokies in die skole se onderskeie bussies. Die bestuurder het ’n persentasie met ons ooreengekom wat sal geld vir ’n jaar. Hiermee moedig ons u aan om ons skool te ondersteun deur u koopstrokies by SPAR Q Square in die bussie te gooi waarop ons skoolwapen verskyn. Hoe meer ouers hulle strokies ingooi, hoe groter sal die uitbetaling wees wat ons kan aanwend waar dit ookal die nodigste is in ons skool. PROJEK 2 WeBenefit is ‘n aanlynplatvorm soortgelyk aan Take a Lot. Van skryfbehoeftes, klerasie tot hardeware kan aanlyn gekoop word. Pryse is werklik baie mededingend en u word versoek om hulle te ondersteun. Aflewering is gratis. Hoe meer u of u vriende aanlyn koop, hoe meer baat die skool. Pamflette vir beide projekte is by die nuusbrief ingesluit vir meer inligting.

DAGBOEK: 2 Oktober – 21 Oktober 02 Okt – 4 Okt : Lenteskool Wisk Gr 12 06 Okt – 8 Okt: Fietsry Magalies 09 Okt: Dag 1 Formele Voorkoms Inspeksie Ouervergadering: Gr 12 Akademiese -Toppresteerders om 18:30 in skoolsaal 10 Okt: Dag 2 Beste tweetalige spreker 18:00 11 Okt : Dag 3 Prysuitdeling 19:00 12 Okt : Dag 4 Gr 12-leerders vergader met Skoolhoof (Laaste Periode) 13 Okt: Dag 5 Gr 12 Laaste skooldag

14 Okt: Krieket: o.15 vs Swellendam (tuis) o.19 vs Swellendam (weg) 16 Okt: Dag 6 17 Okt: Dag 1 Gr 9 Sistemiese Toetse Begrotingsvergadering met ouers 18:00 Krieket: Dogters vs Esselenpark (weg) 18 Okt: Dag 2 Krieket: o.19 vs Worcester HUB (weg) o.15 toernooi by Villiersdorp 19 Okt: Dag 3 Fietsry: Laerskole TT 20 Okt: Dag 4 21 Okt: Montie-Klop en Grappe -Aand

“ Maak jou ouers trots, jou vyande jaloers en jouself gelukkig” Onbekend

SUKSES IS ‘N KEUSE