‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie...

14
Nuusbrief 5 van 2012 Uit die hoofmeisie se pen..... Hier staan ons aan die einde van 2012 en kan ek nie glo hoe vinnig hierdie jaar verby gevlieg het nie! Die kinders is ‘n jaar ouer, ons is gryser en hopelik ‘n bietjie wyser ook. As jy deur die winkelsentrums stap speel daar alreeds vrolike kersmusiek, die winkels is versier met pragtige kersliggies en die winkelrakke is alreeds swaar gelaai met al die kersgeskenke. Met ons kinders se blink ogies is dit so maklik om perspektief te verloor en gaan ons sekerlik weer ons kinders oorlaai met speelgoed wat weer in ‘n plastiese krat gaan opeindig. Ons wil julle vra, raak stil die Kersseisoen en dink aan dié wat nie so bevoorreg is nie. Dink waaroor die seisoen werklik gaan en maak jou kinders bewus van dié wat minder het en leer hulle ook om te gee! Ons het die voorreg gehad om soveel mense se lewens aan te raak hierdie jaar - in sommige gevalle ‘n klein bedraggie en by ander kon ons ‘n lewe heeltemal verander! Baie dankie aan al ons skenkers en ondersteuners, want sonder julle sou dit alles net ‘n droom gewees het. Ons wens elkeen van julle ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar toe. Vir dié van julle wat met vakansie gaan, geniet elke oomblik, rus lekker en kom veilig terug. Ons sien julle in 2013! Anria van Heerden xxx

Upload: others

Post on 20-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Nuusbrief 5 van 2012

Uit die hoofmeisie se pen.....

Hier staan ons aan die einde van 2012 en kan ek nie glo hoe vinnig

hierdie jaar verby gevlieg het nie! Die kinders is ‘n jaar ouer, ons is

gryser en hopelik ‘n bietjie wyser ook.

As jy deur die winkelsentrums stap speel daar alreeds vrolike

kersmusiek, die winkels is versier met pragtige kersliggies en die

winkelrakke is alreeds swaar gelaai met al die kersgeskenke. Met ons

kinders se blink ogies is dit so maklik om perspektief te verloor en

gaan ons sekerlik weer ons kinders oorlaai met speelgoed wat weer in

‘n plastiese krat gaan opeindig.

Ons wil julle vra, raak stil die Kersseisoen en dink aan dié wat nie so

bevoorreg is nie. Dink waaroor die seisoen werklik gaan en maak jou

kinders bewus van dié wat minder het en leer hulle ook om te gee!

Ons het die voorreg gehad om soveel mense se lewens aan te raak

hierdie jaar - in sommige gevalle ‘n klein bedraggie en by ander kon

ons ‘n lewe heeltemal verander! Baie dankie aan al ons skenkers en

ondersteuners, want sonder julle sou dit alles net ‘n droom gewees

het.

Ons wens elkeen van julle ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige

Nuwe Jaar toe. Vir dié van julle wat met

vakansie gaan, geniet elke oomblik, rus lekker

en kom veilig terug. Ons sien julle in 2013!

Anria van Heerden xxx

Page 2: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Venette Barnard

Venette Barnard is op 5-jarige ouderdom verkeerdelik met mangelontsteking gediagnoseer.

Toe sy steeds nie gesond word nie en haar toestand drasties verswak, is sy per ambulans na „n hospitaal in Vereeniging geneem. Daar gekom, is sy met breinvliesontsteking gediagnoseer. Sy was drie weke lank in die hospitaal en as deel van die newe-effekte van die siekte het sy haar gehoor verloor. Venette moes na die De La Bat skool in Worcester, „n skool vir dowes, gaan. Omrede sy tans by haar grootouers in Pretoria woon en moet verhuis, sal sy ook in die koshuis moet tuisgaan. Die Caring Daisies help vir Vinette en haar grootouers deur haar skoolgelde en koshuisgelde te betaal vir vyf maande gedurende 2012, asook haar skoolfondse vir 2013.

Arno Koen

Arno Koen is op 33 weke op die 19de April 2012 gebore. Hy is sedertdien dikwels in die hospitaal opgeneem weens asemhalingsprobleme. Die familie beskik oor „n mediese fonds, maar daar is kostes aan verbonde aan die operasie wat hy benodig en wat nie deur die mediese fonds gedek word nie. Arno drink ook spesiale formule melk wat baie duur is. Die gesin kry tans swaar met maandelikse uitgawes en benodig skenkings. Die Caring Daisies skenk aan hulle „n Dis-Chem geskenkbewys om hulle by te staan met hulle uitgawes en benodigdhede vir Arno.

Ronnie van Jakaranda Kinderhuis

Ronnie is 'n 14-jarige seuntjie woonagtig te Jakaranda Kinderhuis. Hy het „n gesin wat hom die afgelope twee jaar gereeld naweke en skoolvakansies gaan haal om by hulle te gaan kuier. Altwee sy ouers is oorlede. Hy sê hy glo die Here het hom in die kinderhuis gesit, omdat ander kinders hom daar nodig het. Sy naweek mamma het „n beroep gedoen op enige skenkings om die lewe in die kinderhuis vir hom makliker te maak. Die Caring Daisies skenk aan Ronnie klere vanuit ons stoor, asook „n Ben 10 duvetstel om sy kamer bietjie op te vrolik.

Page 3: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Johnie Fisher

Mariëtte Fisher het die versoek namens haar swaer ingestuur. Johnie is 64 jaar oud en ly aan Altzheimers. Hulle het hom in Mei 2012 gaan haal by 'n plek vir hawelose mense in Tzaneen waar hy baie sleg versorg is. Hy is glad nie meer in staat om vir homself te kan sorg nie. Mariëtte en haar man is sy enigste oorlewende familie. Hulle het gebid en die Here het vir hulle uitkoms voorsien in die vorm van „n plek in Duiwelskloof se ouetehuis waar hy behoorlik versorg kan word. Op daardie stadium was Johnie in die dag alleen by hul huis terwyl sy en haar man moes werk. Die gesin benodig hulp om die maandelikse tarief by die ouetehuis te betaal. Die Caring Daisies help die gesin en betaal die ouetehuis vir drie maande.

Charmaine Daniels

Charmaine is „n 38-jarige vrou. Tien jaar gelede het hulle huis afgebrand en in die proses het sy vreeslike brandwonde aan haar liggaam opgedoen wat erge lidtekens gelaat het. Na aanleiding van hierdie lidtekens sukkel sy om werk te kry. Sy het twee dogters, onderskeidelik 9 en 18 jaar oud. Sy woon in „n houthuisie agter in iemand se erf. Ons skenk aan Carmaine „n kruideniersware geskenkbewys.

Frank Marshall

Frank Marshall was sy lewe lank „n baie fikse en aktiewe mens wat ook onder andere aan die Comrades Marathon en Argus fietswedren deelgeneem het. Hy is „n vliegtuig tegnikus wat vir homself werk wat beteken dat as hy nie werk nie, hy geen inkomste kan verdien nie. In Februarie 2012 het Frank skielik hartprobleme begin ondervind. Na vele toetse en gereelde besoeke aan hospitale het dokters gevind dat hy dringend „n hartklep vervanging benodig. Hy behoort nie aan „n mediese fonds nie en is hy by die Steve Biko Akademiese Hospitaal geregistreer. Sy operasie is uitgestel omrede die hospitaal nie oor die nodige mediese toerusting beskik nie. Intussen het Frank se gesondheid vreeslik verswak, want hy verdien nie geld terwyl hy siek is nie en het die gesin agtergeraak met hulle finansiële verpligtinge. Hulle het drie kinders op skool. Die Caring Daisies help die gesin deur die kinders se uitstaande skoolfonds te betaal.

Nadine Erika Solomons

Nadine Erika Solomons is geskei en het ‟n dogtertjie van 5 jaar oud. Sy is vroeër vanjaar gediagnoseer met kanker. Volgens haar onkoloë is die kanker terminaal en is daar medies gesproke niks meer wat hulle vir haar kan doen nie buiten om haar pyn te verlig en om haar lewensgehalte so lank as moontlik te verbeter. Verskeie pogings deur die hof om onderhoud vanaf haar geskeide man te kry, het misluk. Nadine se mediese fonds is uitgeput na haar vierde reeks chemo-behandelings en weet sy nie hoe sy haar verdere mediese uitgawes, voorskrifte, die mediese fonds, vervoer na hospitale, skoolgelde en ander maandelikse huishoudelike uitgawes gaan bybring nie omrede sy te verswak is om verder te werk. Ons het haar gekontak om uit te vind wat hulle grootste nood op hierdie stadium is.

Ons help vir Nadine om vyf maande se skoolfonds te betaal en sal ons ook verder help deur haar dogtertjie se skoolklere en skryfbehoeftes te koop vir die nuwe skooljaar wat voorlê.

Page 4: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Huis Herfsblaar

Huis Herfsblaar is die grootste ouetehuis in ons land en huisves ongeveer 500 bejaardes waarvan 80 % vroulik is. Die ouetehuis is 'n nie-winsgewende organisasie. Die maatskaplike werker van die ouetehuis het „n projek geloods om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat uit gebreide blokke bestaan. Die idee is dan om die voltooide kombers te verkoop en die opbrengs terug te betaal in die "help-mekaar-fonds". Hierdie geld wat hulle insamel vir hierdie fonds word dan weer aangewend om ander gaatjies toe te maak. Die Caring Daisies koop vir die ouetehuis genoeg wol aan om hulle projek aan die gang te sit.

Mev C du Toit

Mev du Toit is „n weduwee en pensioenaris. Haar man is onlangs oorlede en sy moet nou die oordragskostes betaal om die huis op haar naam te laat oordra. Sy het al bietjie van die geld betaal deur hanger oortreksels en slaapsokkies te brei en te verkoop, maar sy skuld nog „n aansienlike bedrag. Haar versoek was om by ons die bedrag te leen en was bereid om R200 per maand terug te betaal. Ons skenk die volle bedrag aan haar en hoef sy dit nie aan ons Caring Daisies terug te betaal nie.

Elize Fouché

Elize is in Maart 2009 gediagnoseer met Leukemia. Sy het goed reageer op die behandeling en was kort daarna in remissie. In Desember 2010 het sy „n dubbele heupvervanging ondergaan, as gevolg van die hoë dosisse kortisoon wat sy ontvang het. In Februarie 2011 was sy sterk genoeg gewees om in die huwelik te tree en in April 2012 het sy die wonderlike nuus ontvang dat sy swanger is. Die blydskap was ongelukkig van korte duur, want met verdere toetse gedurende Mei 2012 is bevind dat die kanker weer terug is. Elize het haar baba verloor en moes sy weer met chemoterapie begin. „n Dokter by die Pretoria-Oos Hospitaal het aanbeveel dat Elize so gou moontlik „n stamsel oorplanting moet ondergaan. Hulle het „n geskikte skenker in Duitsland gevind. Die mediese fonds dek ongelukkig nie al die kostes van so „n operasie nie en die familie is verantwoordelik vir R300,000. Die familie het deur middel van die verkope van melktert en koeksisters, wat hulle self gebak het, meeste van die geld al ingesamel. Hulle benodig egter nog R140,000. Die Caring Daisies skenk namens elke Daisy R300, met „n totaal van R12,000 .

Page 5: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Vicki van Zyl

Vicki en haar man verwag hul eerste baba. Vicki se man het sy werk verloor aan die begin van die jaar en sukkel sedertdien om weer werk te kry. Hulle baba word eersdaags gebore en hulle het ons bystand versoek met die geboorte van die baba. Hulle bly tans by Vicki se ma en kan nie die R15,000 bekostig wat dit sal kos vir haar om by „n privaat hospitaal te kraam nie. Ons stel voor Vicki kry haar baba by „n Staatshospitaal en ons staan hulle by deur die baba vir 12 maande op „n mediese fonds te plaas. Dit sal die druk verlig indien die baba siek word.

Suzette Binneman se vriendin, Shirley

Shirley is „n 27-jarige vrou wat gediagnoseer is met “Mutiple Sclerosis”. Hierdie siekte tas die spiere en sig van die leier aan. Hierdie siekte is ongeneeslik, maar daar is wel medikasie beskikbaar wat die pyn verlig en help dat die spiere sterk bly. Shirley benodig hulp met die duur medikasie wat sy maandeliks moet gebruik. Sy woon tans saam met twee ander dames en „n baba in „n woonstel. Ons het vir Shirley bystand verleen deur vir haar „n rolstoel te koop, sodat sy ook bietjie uit die huis kan gaan. Ons skenk ook aan haar „n badstoel en „n kruideniersware geskenkbewys van Pick „n Pay.

Wes-Rand Vereniging vir Persone met Gestremdhede

Hierdie vereniging is betrokke by verskeie instansies in die Wes-Rand. Van die instansies waar hulle betrokke is, sluit in kleuterskole, ouetehuise asook „n sorgsentrum vir volwasse gestremdes. Die Caring Daisies besef watter diens hierdie instansie aan die publiek lewer en skenk aan hulle „n vrieskas, asook „n voedselverwerker wat hulle by die “Rainbow Day Care Facility” benodig.

Page 6: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Anna se Reis

Anna is „n 6-jarige dogtertjie. Sy was by geboorte deur haar biologiese moeder verlaat. Sy is deur „n liefdevolle gesin aangeneem. Sy het vele terugslae in haar kort lewe ervaar onder andere epilepsie, tuberkulose in haar limf-kliere asook kort spiere in haar bene. Op 23 maande het sy haar eerste operasie ondergaan om haar spiere in haar bene te verleng. Sy was vir 6 weke in gips. Dokters het nie baie hoop gehad dat Anna haar mylpale sou bereik nie. Hulle het ook nie gedink dat Anna ooit weer sal kan loop nie. Anna het weereens almal verbaas met haar moed en deursettingsvermoë. Na „n besoek aan „n ortopediese chirurg is Anna gediagnoseer met “Cerebral Palsy”. Anna het verskeie prosedures aan haar heupe, bene en aan haar linkervoet se tone gehad. Sy het nog „n lang pad na herstel en vra bystand met uitgawes vir terapie, krukke en splints wat sy bedags en snags moet gebruik. Ons gee vir Anna se aanneem mamma die fondse om die splints te koop en wens hulle sterkte toe met die pad wat hulle moet stap!

NEA Foundation

Die NEA Foundation is gestig deur „n maatskaplike werker wat graag minder bevoorregte mense die kans wil gee om hul kinders in „n veilige omgewing te plaas bedags as hulle gaan werk. Die mense sou nie anders „n kleuterskool of dagsorg vir hul kinders kon bekostig nie. Daar is van die gebiede wat nie eens elektrisiteit het nie. NEA wil die ouers ondersteun in hul taak as ouers om geleenthede te skep vir hulle kinders waar hulle net kind-wees kan geniet, die ouers in vennootskap is met die skole, die kind geleentheid vir ontwikkeling en opvoeding kan geniet en waar die skoolgereedheid van die kinders bevorder kan word. NEA Foundation ondersteun die volgende kleuterskole in die omgewing: Danville Speelgroepie (Danville) Thando Community Crèche (Westford) Sunrise Community Crèche (Gamorra) Light Day Care (Lotus Gardens) Ntsako Crèche ( Hammanskraal) Die Caring Daisies skenk twee Wendy-huisies aan die NEA Foundation. Die een huisie gaan gebruik word as „n klaskamer by die Lotus Gardens dagsorg sentrum en die ander gaan as „n speelhuisie gebruik word waar die kinders ook hul verbeelding kan uitleef. Ons skenk ook klere, doeke en ander benodigdhede vanuit ons stoor.

Page 7: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Matla A Bana

Matla A Bana is „n projek wat in 2002 gestig is deur Monique Strydom. In Suid-Afrika word daar elke drie minute „n kind verkrag, meeste van hulle is dogters tussen die ouderdomme van 8 en 12 jaar oud. 80 % van hierdie gevalle is mense wat die kind ken - „n pa, oupa, broer of oom.

Die doelwit van Matla A Bana is om die kinders te beskerm wat wel hierdie verkragtings rapporteer. Die behandeling wat hierdie kinders kry is dikwels erger as die verkragting self, omrede ons rapporteringstelsel baie onsimpatiek is. In 2011 het Matla A Bana meer as 13,000 kinders bygestaan.

Matla A Bana implementeer kindervriendelike rapporteringskamers by die SAPD, hospitale en howe. Hulle benodig dringend fondse om so „n fasiliteit by Pretoria Sentraal te open asook in die Wes-Kaap. In hierdie kamers verskaf hulle aan die slagoffers troospakke wat die tydperk so bietjie makliker maak en hulle het ook „n aannemingsprojek.

Die basiese troospakke bestaan uit die volgende items en kos ongeveer R240 om so „n pakkie te befonds: onderklere, sneesdoekies, teddiebeer, blaasborrels, waslap, seep, vrugtesap, koekies, skyfies, gesondheidstafie, sop, inkleurboek, inkleurpotlode, tandeborsel, tandepasta, plakkers en plastiese sakke.

Die Caring Daisies skenk fondse vir 20 sulke troospakke.

Laerskool Westerlig

Laerskool Westerlig het „n projek geloods om fondse in te samel om sodoende handboeke vir hulle graad 4 tot 6 leerders aan te skaf. Die Caring Daisies het „n kontant skenking gemaak en daag ander uit om ook aan die projek deel te neem.

Jy kan help deur die woord "Westerlig" na 48508 te SMS. Sodoende sal jy R7,50 skenk aan die projek.

Seun in Noupoort Reabilitasie Sentrum Ons het „n versoek ontvang van „n desperate ma wat hulp vra vir haar seun. Hy is tans in Noupoort rehabilitasie sentrum en hy is „n heroïen verslaafde. Hy moet minstens „n jaar in die sentrum bly en sy beskik nie oor die fondse om haar daar te hou nie. Die Caring Daisies skenk aan haar drie maande se fooie. Ons wil graag die vrou en haar seun se identiteit beskerm, maar ons wens hom alle sterkte toe in sy herstelproses.

Page 8: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Charlene en Lulu Harmse

Charlene (13), so te sê heeltemal blind en verstandelik gestrem, en Lulu (10) ook amper heeltemal blind, gaan by Prinshof skool en is daar in die koshuis. Hulle is al verskeie kere by hulle ma weggeneem en daar is nie 'n kans dat hulle nou weer in haar sorg geplaas gaan word nie.

Retha van der Merwe is tans die pleegmamma van hulle boetie en het „n versoek aan die Caring Daisies gestuur om haar moontlik by te staan met die koshuisgelde vir hierdie twee dogters. Sy het tot op hede die twee dogters se koshuisgeld ook betaal. Sy rig ook „n verdere versoek vir gesinne wat moontlik kans sien om te help met pleegsorg gedurende skoolvakansies en naweke vir hierdie twee sussies.

Lida en Andries

Lida en Andries het aanvanklik in „n motorhuis agter in mense se erf gebly, maar het intussen ‟n een slaapkamer woonstel gekry wat Lida en haar seun deel. Hulle ontvang tans een maaltyd per dag by die kerk naby hulle woonstel. Hulle het die afgelope jaar oorleef op dit wat „n weldoener, Annemarie, vir hulle kon doen deur middel van skenkings. Annemarie het ons genader vir hulp omrede nie Andries of Lida tot dusver kon werk kry nie. Linda en Andries is ook epilepsielyers. Linda se epilepsie het grotendeels vererger deur die feit dat haar tande in „n baie swak toestand was. Haar tande is oor „n termyn van drie maande alles getrek. Sy kan nie aansoek doen vir werk nie. Mense sê reguit vir haar hulle sal haar nie kan aanstel nie, nie voor sy tande het nie.

Die Caring Daisies het „n tandarts gekry wat bereid is om Lida te help om weer vir haar „n breë wit glimlag te kan gee.

Page 9: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

Dawie en Salome

Hierdie mense het alles verloor en woon in 'n tent in „n karavaanpark. Die mense het so 'n indruk op ons gemaak omdat hulle so positief is. Hulle kla nie en hulle bedel nie, maar doen 'n eerbare werk. Hulle gaan haal eiers in Cullinan, was dit, verpak dit en verkoop dit dan aan almal wat belangstel. Die eiers word weekliks afgehaal en dit is vars en vrylopend. Hulle lewer ook gratis af in die Pretoria area. Die Caring Daisies skenk aan hulle „n geskenkbewys vir kruideniersware en ons het hulle ook gehelp om „n kontrak by Bugatti‟s te kry ten einde aan hulle eiers te verskaf. Sien hieronder hulle pryslys en kontakbesonderhede indien u bestellings sou wou plaas. Dial-A-Egg: 076 112 5320 of 074 777 3490 of stuur „n e-pos aan [email protected] Super Jumbo 30‟s R40.00 Jumbo 30‟s R32.00 Extra Large 30‟s R29.00 Large 30‟s R27.00 Mixed 30‟s R30.00

Angels Hotel

Angels Hotel is gestig in Februarie 2008 deur die ouers van Alma Skool vir serebraal, verstandelik en liggaamlik gestremde kinders. Alle rasse en ouderdomme tussen 2 en 21 jaar word daar gehuisves. Die Caring Daisies het besluit om die Angels Hotel as projek aan te neem en hulle te ondersteun in hul poging om fondse in te samel.

Op die 2de Augustus moes „n groep derde jaar studente „n funksie reël en het Stone Cradle genader. Stone Cradle het die lokaal verniet aangebied met die voorwaarde dat die fondse wat ingesamel word aan „n instansie van die Daisies se keuse geskenk word. Dewald Wasserfall, Elizma Theron en MD Greyling was onder die bekendes wat opgetree het en R15 000 is daardie aand ingesamel. Die fondse is aan Angels Hotel geskenk.

Ons kan ook met trots sê dat die Daisies in staat was om met die hulp van Dis-Chem Brooklyn aan al 51 kinders van Angels Hotel se kerswenslysies te voldoen! Ons hoop hulle gaan heerlik Kersboom hou!

Gaan lees gerus meer oor hierdie wonderlike instansie op www.angelshotel.za.org

Page 10: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat
Page 11: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

‘n Kornea vir Angelique Human

Die Caring Daisies het die “Spaarvarkie-Projek” begin ten einde geld in te samel vir Angelique se kornea oorplanting. Die Daisies het die spaarvarkies die hele Pretoria vol versprei en ons is baie trots om te wys hoeveel geld ons tot dusvêr ingesamel het! Angelique se oë moet eers vry van infeksie wees voordat hulle met die planne vir die oorplanting kan begin. Angelique was in Oktober maand vir haar ondersoek en die dokter het bevestig dat daar ongelukkig steeds infeksie in haar oog was. Haar medikasie is nou aangepas en haar opvolgondersoek is geskeduleer vir April 2013. Ons wens Angelique alle sterkte toe!

Huis Heneka

Huis Heneka is „n huis in Elarduspark, Pretoria, wat gestremde kinders van alle ouderdomme en rasse huisves. Die Caring Daisies hou op die 21ste November „n funksie waar ons die agt personeellede en twaalf kinders bietjie gaan bederf. Die personeel ontvang elkeen „n bederfpak en die Daisies gaan tyd saam met die kinders spandeer. Die kinders ontvang ook elkeen „n geskenkie.

Die twee huisouers Hanna en Fanie, gaan ons ook bederf met geskenkbewyse van Romans Pizza, Stone Cradle, geskenkbewyse by „n spa en elkeen „n lekker haarsny. Hanna en Fanie sit hart en siel in die huis en het elke kind lief soos hul eie.

Ons wil die dag gebruik om dankie te sê vir God vir al die seën in 2012 by Huis Heneka.

Page 12: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat
Page 13: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat
Page 14: ‘n plastiese krat gaan opeindig. in sommige gevalle ‘n ... · om die inwoners so „n bietjie te motiveer en te inspireer. Hulle wil saamwerk aan 'n paar laslappieskomberse wat

CARING DAISIES BESONDERHEDE Posadres: Posbus 1714, Erasmuskloof, 0048

Tel: +27 86 155 3333

Faks: +27 86 632 9409

E-pos: [email protected]

Web: www.caringdaisies.co.za

Facebook: Caring Daisies

Twitter: @CaringDaisies

Rekeningnaam: CARING DAISIES

Bank: RAND MERCHANT BANK

(Eerste Nasionale Bank)

Rekeningnommer 62321551906

Takkode: 222-026

Verwysing: Naam en Van

Bewys van inbetaling: Faks: 0866329409

Of e-pos: [email protected]

NPO Nommer 104-418-NPO